28.09.2013 Views

Lees die Prins Albert artikel - dekat

Lees die Prins Albert artikel - dekat

Lees die Prins Albert artikel - dekat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

68

Dis ’n tipiese Karoose langhuis wat jou in Prins

Albert se hoofstraat begroet wanneer jy die nuutste

aantrekking op díe gewilde Karoodorp besoek. Loop

egter deur die pragtig gerestoureerde “brakdakkie”

van 1780 en daar wag ’n verassing…

A is vir aartappel

Alles het by die kookskool begin, verduidelik mede-eienaar

Jeremy Freemantle. Ou vriende en nou vennote Philip en

Lisa Key het die langhuis jare gelede reeds aangeskaf,

tussendeur inspirerende kosvakansies in Italië, Marokko,

Frankryk en Spanje.

“Daar was nêrens in Suid-Afrika ’n fasiliteit wat van meet af

gebou is as ’n kookskool en wat in so ’n unieke omgewing

is nie,” voeg Jeremy by. “Stellenbosch en Franschhoek

was reeds oorvol, en Prins Albert se gewildheid het begin

toeneem onder plaaslike en internasionale toeriste.”

Die skool is dan ook sedert sy opening in Augustus 2009

lid van die International Culinary Tourism Association. Die

plan was van die begin af om kort kursusse aan te bied

vir entoesiastiese tuiskokke wat meer wil leer oor Suid-

Afrikaanse koskultuur, al die invloede daarop – soos

Khoi-San, Maleisies, Indies en Europees – asook fynere

kombuiskunsies. Terwyl tradisionele metodes seëvier, is

hedendaagse aanbieding van kernbelang. “Ons eet vandag

soveel meer met ons oë en ander sintuie,” sê Jeremy.

So ’n kursus is ’n gesellige affêre, met baie vertellings wat

die agtergrond rondom ’n betrokke tema skets (waar kom

die woord blatjang vandaan), gesprekke oor streeksinvloede

(waarom ’n bobotie anders smaak in die Bo-Kaap as in Prins

Albert), en ’n goedige geskerts rondom die eilande in die

spogkombuis (gebruik jou verbeelding!).

Dan is daar ’n vroegoggend besoek aan die boere

mark, of dalk aan een van die wêreldklas-spesialisverskaffers

in die omgewing, of aan die plaaslike dokter met die groen

vingers se welige groentetuin – alles om die mandjies te

vul met kraakvars voorbeelde van gewone én ongewone

variëteite.

Voorslag met die voorskoot

Net so belangrik soos daardie onmisbare knippie sout is

die deurgaanse teenwoordigheid van African Relish se

uitvoerende sjef, Vanie Padayachee.

Met haar voete plat op die aarde en ’n hemelse aanvoeling

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!