08.01.2015 Views

24 pgr summer 08 afr USE.indd - Omnia

24 pgr summer 08 afr USE.indd - Omnia

24 pgr summer 08 afr USE.indd - Omnia

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

’n Omnia Kunsmis Publikasie

somer 2008

Mielies

Kunsmispryse

bewaringsbewerking 2008

deense landbou

nuwe produkte

suksesStories

aartappels

24 pgr summer 08 afr USE.indd 1 9/5/08 1:13:59 AM

Praat met ons. Dit betaal.

Omnia Huis Posbus 69888 Tel: +27 (011) 709 8778

Sloanestraat 13 Bryanston, 2021 Faks: +27 (011) 463 3022

Epsom Downs, RSA

Gauteng, RSA

www.omnia.co.za

hjvanvuuren@omnia.co.za

PLAASLIK

WESKAAP

LAEVELD

Tel: (021) 983 1462 Tel: (013) 792 4234/5/6

Faks: (086) 627 1232 Faks: (013) 792 4240

OOSKUS

HOËVELD

Tel: (033) 239 9700 Tel: (013) 665 2291/2

Faks: (033) 239 9735 Faks: (013) 665 2284

VRYSTAAT

NOORDWES

Tel: (058) 304 8000 Tel: (018) 462 9831/2

Faks: (058) 304 1830 Faks: (018) 462 2098

OOS-KAAP

Kontak asseblief Ooskus

INTERNASIONAAL

ZAMBIË

ZIMBABWE

Tel: +260 1 243 441 Tel: +263 4 369 390/1/2/4

Faks: +260 1 246 542/3/4/5 Faks: +263 4 369 393

UITVOERE

AUSTRALASIA

Tel: +27 11 709 8899 Tel: +64 9 534 0309

Faks: +27 11 709 8927 Faks: +64 9 534 0319

MALAWI

Tel: +26 51 71 1310 / 71 0271

Faks: +26 51 71 0287

2

24 pgr summer 08 afr USE.indd 2 9/5/08 1:13:59 AM

SUKSESSTORIES

Groot opwinding oor maksimum opbrengsproewe ................................................................................. 5

Nutrilogie ® red mielies ............................................................................................................................ 14

Goeie resultate met Vrystaatse aartappelproewe .................................................................................. 15

Sukses met Nutrilogie® op probleemgronde ........................................................................................ 16

OmniSap ® -ontleding spaar geld ............................................................................................................ 17

Goedkoop koop is duur koop ................................................................................................................ 18

INHOUD

ARTIKELS

Deense Landbou gebruik tegnologie tot hul voordeel ............................................................................. 9

Waarom is kunsmis nou so duur.......................................................................................................... 10

“Landbou: Van Aspoestertjie na Sexy Prinses” ..................................................................................... 20

Landboukundige Konferensie ................................................................................................................ 21

Bewaringsbewerking boeredae .............................................................................................................. 22

NAVORSING EN ONTWIKKELING

Knolgrootte en –gehalte van aartappels drasties verbeter .................................................................... 19

GEREELD

Briewe en kommentaar ............................................................................................................................ 4

Produkfokus: NUTRICAL 19 ................................................................................................................. 8

Profiel: Ontmoet die deskundiges .......................................................................................................... 12

Boek-oorsig ............................................................................................................................................ 23

Op ’n ligter noot ..................................................................................................................................... 24

Nutrilogie ® Nuusbrief

Redakteur

Hantie Jansen van Vuuren

Kontaknommer (011) 709-8778

E-pos

hjvanvuuren@omnia.co.za

Posadres Posbus 69888, Bryanston, 2021

Straatadres

Omnia Huis, Sloanestraat 13, Epsom Downs

alle regte voorbehou. Geen deel van hierdie publikasie mag in enige vorm hervervaardig word, hetsy

elektronies, meganies, kopiëring, of andersins, sonder die geskrewe toestemming van Omnia Kunsmis nie.

3

24 pgr summer 08 afr USE.indd 3 9/5/08 1:14:02 AM

Briewe en kommentaar

Briewe en kommentaar

BRIEF UIT DIE VELD

Ons doen al sewe jaar met Omnia Kunsmis in Zambië besigheid en ek kan net met die grootste lof van hulle

produkte en diens praat. Hulle landboukundiges se kennis en die gewilligheid om raad te gee is vir ons

van die grootste waarde.

Skryf asseblief aan:

Verlede jaar het ons vir die eerste keer koring geplant. Ons het baie inligting en raad nodig

gehad met betrekking tot kunsmistoediening, grondvoorbereiding, die plantproses – die lys

is baie lank. Gelukkig kon ons meeste van hierdie inligting by ons Omnia landboukundige

in Mazabuka kry. Nadat die koring teen 180 kg/ha saad geplant is en die voorgestelde

kunsmis toegedien is, het die koring ’n mooi kleur gehad en goed gegroei. Ons het

komplimente gekry oor die grootte van die vlagblare en die are. Die opbrengs

was goed as mens in ag neem dat dit ons eerste poging was. Baie dankie aan

die Omnia landboukundige vir sy geduld en advies oor die laaste paar jaar.

Ons sal beslis weer van sy waardevolle diens gebruik maak.

Hantie Jansen van Vuuren

Posbus 69888

Bryanston

2021

Suid-Afrika

of

E-pos: hjvanvuuren@omnia.co.za

of

Faks no.: +27 11 463-3022

086 639 7003 (net in RSA)

LEAH & SEAN REEVE, MAZABUKA (Brief verkort en uit Engels vertaal)

Baie dankie Leah & Sean

vir hierdie mooi brief. Geluk met julle

eerste koring-plant poging!

Ongelukkig het julle nie ’n adres ingesluit

waarheen julle prys gestuur kan word nie.

Laat weet my asseblief wat julle fisiese adres

is en ek sal die baadjie vir julle per koerier

stuur.

Redakteur

WEN ’n PRYS!

Leah en Sean Reeve wen ’n baadjie vir hierdie wenbrief. As u die beste brief vir

die volgende uitgawe skryf, kan u ’n warm baadjie wen. Skryf gerus in Engels of

Afrikaans en rig u briewe aan Hantie Jansen van Vuuren. Die posadres, e-pos adres en

faksnommer verskyn elders op hierdie bladsy. U mag onder ’n skuilnaam skryf, maar

sluit asseblief u regte naam, posadres en telefoonnommer by die brief in. Hou dit maar

kort – ons hou die reg voor om enige brief te redigeer. U brief moet ons voor einde

Januarie 2009 bereik om in aanmerking vir die prys te kom.

4

24 pgr summer 08 afr USE.indd 4 9/5/08 1:14:21 AM

67% styging!

Groot opwinding oor

Noordwes

Deur Kobus van Zyl

Landboukundige, Noordwes

Maksimum opbrengsproewe

’n Profielgat by een van

die proefpersele waar die

vrywater duidelik sigbaar is.

Nuwe tegnologieë soos

opbrengsmonitors, spesifieke

grondklassifikasie en presisieboerdery

maak nuwe deure oop ten opsigte van

opbrengs, mits hierdie hulpmiddels

korrek toegepas word.

In die verlede is daar gereeld opbrengste

van meer as 10 ton/ha op droëland mielies

gerealiseer. Daarom het die landboukundiges

by Omnia Noordwes ’n paar proewe gedoen

om die maksimum opbrengs onder ’n gegewe

klimaatstoestand te bereik.

Die OmniPresies -span het die grondpotensiaal

en chemiese status van die vyf proefpersele

bepaal. Daar is besluit om ’n prys toe te ken

aan die medewerker wat die hoogste opbrengs

bokant die geskatte potensiaal stroop. Ons het

gepoog om, sover moontlik, al die regstellings met

kalk, gips en fosfaat voor plant te doen om enige

voedingstekorte op die mielies te voorkom.

In Tabel 1 volg meer inligting oor die verskeie

proefpersele.

Op vier van die vyf persele is die kultivar DKC

78-15B aangeplant, behalwe by Lichtenburg

(Grootpan), waar DKC 80-12B geplant is.

Die opbrengsresultate word in Tabel 2

weergegee. Die produsent se standaard

bemestingspraktyk het as die kontrolebehandeling

gedien. Van die persele het redelik

baie fosfaat benodig om die grond tot op ’n

optimale vlak reg te stel.

OmniSap ® -monsters is op ’n gereelde basis

by al die persele getrek om te evalueer of alle

voedingselemente beskikbaar is. Enige tekorte is

met blaarvoedings aangevul.

Die Coligny-perseel het, as gevolg van baie lae

reënval, nie soos die ander persele gereageer

nie. Dié grond is ook vlakker en het nie ’n kleikeerlaag

om vog op te gaar nie. Die grond as

hulpbron moet die beginpunt wees om te bepaal

of hoër opbrengste wel moontlik is.

5

24 pgr summer 08 afr USE.indd 5 9/5/08 1:14:39 AM

(k

Stry

ee

en

Noordwes

Groot opwinding oor maksimum opbrengsproewe (vervolg)

Tabel 1

Lichtenburg

(Grootpan)

Koppies

Perseel Grondtipe Gronddiepte

(m)

Opbrengspotensiaal

(ton/ha)

Vorige gewas

Tabel 2: Opbrengsresultate by die vyf persele gedurende die 2006/2007 seisoen

Vogstatus voor

plant

Reënval vir die

seisoen (mm)

Bloemdal 1.8 4.9 Mielies Droog 459

Avalon

Westleigh

Tukulu

1.6 6.2

Oorlê vanaf

mielies

Vry water 358

Coligny Clovelly 0.8 3.3 Mielies Droog 138

Schweizer-Reneke

Avalon

Pinedene

Clovelly

Bloemdal

1.6 4.8 Grondbone Vry water 200

Viljoenskroon Tukulu 1.6 6.3 Mielies Vry water 320

Perseel

Behandelings

Opbrengsmikpunt

(ton/ha)

N

kg/ha

P

kg/ha

K

kg/ha

S

kg/ha

Mikroelemente*/

K-humate

Plantestand/

ha

Opbrengs

(ton/ha)

Kg graan

per mm reën

(kg/mm)

Marge bo

bemestingskoste

Mielies @

R1500/ton (R)

Lichtenburg

(Grootpan)

Kontrole

B1

B2

4.0

8.0

12.0

112

200

266

12.9

79.3

79.3

0

5.8

5.8

0

10.0

20.0

Beide

Beide

Beide

30,000

(0.9 m)

3.72

5.72

7.43

8.16

12.54

16.28

4576.5

5029.5

7295.5

Koppies

Kontrole

B1

B2

4.0

8.0

12.0

70

120

200

12.0

68.5

72.5

0

0

0

21.0

39.0

71.0

Beide

Beide

Beide

18,000

(1.5 m)

4.34

7.80

5.76

12.12

21.78

16.08

5353.00

8877.00

4824.00

Coligny

Kontrole

B1

B2

3.0

6.0

9.0

54.5

133

220

10.5

19.6

38.5

15.0

32.6

55.0

12.0

29.0

44.0

Geen

Geen

Geen

18,000

(1.6 m)

tremspoor

1.06

1.07

1.08

7.29

7.29

7.30

724.17

-205.23

-1501.78

Schweizer-

Reneke

Kontrole

B1

B2

5.0

7.0

9.0

85

99

140

22.0

33.0

33.0

0

0

0

18.0

27.0

27.0

Geen

Geen

Geen

18,000

(1.17 m)

5.46

6.62

8.58

27.30

33.10

42.90

7090.00

8496.00

11033.00

Viljoenskroon

Kontrole

B1

5-5.5

9-10

96.6

151.2

20.7

36.4

7.7

11.4

9.0

9.0

Geen

Mikro

20,000

(1.5 m)

6.5

8.4

20.30

26.30

8452.00

10419.00

* Mikro-elemente wat bykomend toegedien is: sink (Zn), koper (Cu), mangaan (Mn), yster (Fe), boor (B) en molibdeen (Mo)

6

Regs van die persoon is die mielies wat 6.62 ton/ha opgelewer het. Die mielies aan sy linkerkant het 8.58 ton/ha opgelewer.

24 pgr summer 08 afr USE.indd 6 9/5/08 1:14:52 AM

Noordwes

Grondkaart:

06 (20.17 ha.)

effektiewe worteldiepte:

06 (20.17 ha.)

(20.2ha.) Field boundary

Grondvorm

av - avalon (7.1 ha. - 35.8%)

Tu - Tukulu (8.1 ha. - 39.9%)

We - Westleigh (4.9 ha. - 24.3%)

(20.2ha.) Field Boundary

Grondvorm - effektiewe worteldiepte

40-50cm (0.0 ha. - 0.0%)

60-70cm (0.0 ha. - 0.0%)

80-90cm (2.8 ha. - 13.7%)

100-110cm (2.1 ha. - 10.5%)

120cm (3.7 ha. - 18.2%)

120-140cm (11.6 ha. - 57.5%)

140-160cm (0.0 ha. - 0.0%)

160-180cm (0.0 ha. - 0.0%)

180-200cm (0.0 ha. - 0.0%)

210+cm (0.0 ha. - 0.0%)

10.00 – 12.00

9.00 – 10.00

8.00 – 9.00

7.00 – 8.00

6.00 – 7.00

5.00 – 6.00

4.00 – 5.00

3.00 – 4.00

0.00 – 3.00

Die boonste opbrengsmonitorkaart

(Viljoenskroonperseel) bevestig ook die rol wat

grond ten opsigte van potensiaal speel. Die vlakker

gronde het duidelik steeds goeie opbrengste

gelewer, maar dit was heelwat swakker as die

dieper, beter gronde.

Die gemiddelde styging in opbrengs oor die

vier persele met positiewe resultate was 67%.

Wat die resultate meer merkwaardig maak,

is die lae reënval wat op die meeste van die

persele voorgekom het. Die vorige seisoen

(2005/2006) was egter ’n baie nat seisoen, wat

die waarde van oordragvog op watertafelgronde

bevestig.

Met die tipe proewe bevestig Omnia sy

verbintenis tot die kliënt se sukses. Die proewe

was voorwaar ’n uitdaging vir elke medewerker

en landboukundige van die Omnia Noordwes

Besigheidseenheid. Dit was ’n lekker spanpoging

en daar is nuttige lesse geleer.

Geluk aan Mnr. Schalk Fourie van Schweizer-

Reneke wat die kompetisie gewen het met ’n

opbrengs van 87% hoër as die potensiaal wat voor

die seisoen bepaal is.

Prysuitdelingsgeleentheid

in

Lichtenburg met

Schalk Fourie

(kliënt) links, Louis

Strydom (Besigheidseenheidbestuurder)

en Stefan de Jager

(landboukundige)

regs.

wer.

7

24 pgr summer 08 afr USE.indd 7 9/5/08 1:17:42 AM

Summer Produkfokus 08

NUTRICAL 19

Verhoog Opbrengs en Bevorder

Hoë Vruggehalte

Toedienings van NUTRICAL 19 op appelbome verhoog opbrengs en

verskeie gehalte parameters aansienlik:

• Hoër persentasie opbrengs in die “optimale klas”

• Beter fermheid, vrugkleur en styselinhoud

• Groter vrugselle

Kultivars wat die beste op hierdie produk reageer is ‘Granny Smith’

en ‘Golden Delicious’.

NUTRICAL 19 bevat bykans 140 g/kg kalsium wat gebruik word om

selwande en membrane te versterk, om hulle vir langer heel te hou

en sodoende raklewe te verleng.

Opbrengs (t/ha)

130

120

110

100

90

80

70

60

50

40

effek van NUTRICaL 19 op appelproduksie

in die 2006 seisoen

effek van NUTRICaL 19 op appelproduksie

in die 2005 seisoen

30

Witvlei Protea Lorraine Beaulieu Witvlei Protea Twaalffontein

Opbrengs (t/ha)

100

90

80

70

60

50

40

Dit is ’n uitdaging om seker te maak dat die verdelende selle al die

kalsium kry wat hulle benodig. Plante kan nie kalsium van ouer weefsel

neem en gebruik waar dit nodig is nie. Kalsium moet uit die grond

onttrek word wanneer dit nodig is.

Kalsiumopname verminder wanneer grondtemperature te laag

of oormatig hoog is, of wanneer ontwikkelende vrugte die suiker

beskikbaar vir wortelontwikkeling beperk. As dit eers opgeneem is, is

daar nie ’n waarborg dat kalsium die ontwikkelende weefsel sal bereik

nie; kalsium beweeglikheid hang van transpirasievloei af en dit is

dikwels laag vir ontwikkelende vrugte en blare.

8

Proewe wat in die Wes-Kaap gedoen is, wys skerp opbrengsverhogings met die toediening van

NUTRICAL 19. ’n Verhoging in vruggewig, -grootte en -gehalte is ook verkry. Mikroskopiese ontleding

van die vrugte het op statisties-betekenisvolle verhoging in sellengtes gedui.

Kontak jou Omnia Nutrilogie ® landboukundige vir meer inligting oor hierdie produk.

24 pgr summer 08 afr USE.indd 8 9/5/08 1:18:06 AM

Gebruik Tegnologie tot hul Voordeel

artikel

Deur Megan A’Bear

Bestuurder: Navorsing &

Deense Landbou

Ontwikkeling

Dit is maklik om te dink dat die gras groener aan

die ander kant van die draad is, maar ’n onlangse

besoek aan Denemarke om die Landboukundige Veldproewekonferensie

by te woon, het bevestig dat boere

oral uitdagings in die gesig staar.

Deense boere word gesien as voedselprodusente,

omgewingsbestuurders en werkgewers. Die klem is op

omgewingsake en dit word in boerderypraktyke weerspieël.

Toediening van voedingstowwe word so beperk dat

boere net 85% van wat benodig word, kan toedien. En,

om kraalmis beter te bestuur, moet 75% van die stikstof

in die vorm van kraalmis wees. In sekere gevalle mag

boere amper geen chemiese stikstofkunsmis gebruik nie.

Hulle streng registrasiebeleid beteken dat boere baie min

plantbeskermingsprodukte het om van te kies en kan hulle

’n heffing van tot 50% betaal.

Die Deense Landbou-advies Diens (DAAS) help boere om

hierdie uitdagings tegemoet te kom. DAAS word besit en

gebruik deur Deense boere en is in 1875 begin toe boereorganisasies

hul eie raadgewers begin gebruik het. Die

fokus van hul navorsing weerspieël boere se belange: die

beste variteit, wanneer is plantbeskerming nodig, watter

pesdoder om te gebruik, die kleinste dosisse benodig

en hoe om dierlike afval aan te wend om die maksimum

voeding verkry Dit is ’n tweeledige organisasie met ’n

nasionale sentrum en 46 plaaslike raadgewende sentrums.

Met ’n besoek aan ’n raadgewende sentrum, was dit

fasinerend om die kreatiewe denke te sien wanneer dit

by die oplos van dié probleme kom. Behalwe die roetine

proewe wat pesdoderdosisse, ens. toets, was daar ’n

proef wat mostert gebruik om stikstof uit die grond te

‘myn’. Koring word gevolg deur mostert wat vinnig groei

en ’n diep wortelstelsel het (2m) en tussen 80 en 90 kg/

ha N opneem. Deur die stikstof in die grond uit te put,

kan boere meer stikstof op die volgende gewas toedien

omdat stikstof in die grond in aanmerking geneem word.

In die lente word die mostert in die grond teruggeploeg

as kompos en vul só die toegelate stikstof aan en help

die boer om optimale opbrengs te verkry. Gelukkig maak

hul koue winters die mostertsaad dood en is hergroei

nie ’n probleem nie. Hierdie sentrums gee die plaaslike

raadgewers die geleentheid om eerstehands te sien hoe

nuwe variteite en strategieë werk. Dit verbeter die gehalte

advies wat aan boere gegee word. Dit was skokkend om

te hoor dat die boer 100 Euro per uur vir advies betaal.

Die sentrums het ook ’n skakelfunksie en wandelpaaie en

piekniekplek is vir die plaaslike gemeenskap van die dorp

na die sentrum uitgelê. Baie word gedoen om die publiek

in te lig oor die rol wat die boer in die gemeenskap speel.

Gewasse word spesiaal geplant om die gemeenskap in te

lig en ons het hops en inheemse spesies gesien wat voëls

en wild aantrek.

Die ontwikkeling van nuwe variëteite is krities om die

uitdagings tegemoet te kom. Die teel van variëteite wat

aan die vereistes van Deense landbou voldoen, word

voortdurend getoets en ek was beïndruk deur die spoed

waarteen dit gedoen word. Na die aanvanklike ontwikkeling

in die glashuis, word variëteite (met potensiaal) vermeerder

deur ’n tegniek genaamd ‘Pendelgroei’ te gebruik. Dit

beteken dat, nadat die saad in Denemarke geoes word,

word dit New Zeeland toe verskeep en in ’n area met ’n

ooreenkomstige klimaat verbou. Dit gee hulle, in effek,

twee groeiseisoene per jaar. Uitstekende navorsingswerk

is ook aanlyn aan boere beskikbaar. Veldnavorsers

gebruik handterminale en, soos wat hulle data versamel,

word dit dadelik aanlyn aangeteken. Dit help met vinnige

verslaggewing en maak dit moontlik om die data gedurende

die seisoen te gebruik, vir bv. siektes. Proefresultate kan

binne ’n paar uur na oes gesien word, maar word as

“voorlopige proewe” geraporteer. Binne 24 uur is word

dit nagegaan en gepubliseer. Vir dié wat nie mal is oor

tegnologie nie, publiseer DAAS hulle jaarlikse verslag van

omtrent 1200 veldproewe net voor Kersfees elke jaar. DAAS

skat dat dié vinnige publikasie van resultate die tydperk wat

dit neem vir ’n variëteit om kommersieël beskikbaar te word

met een jaar verkort in vergelyking met die tradisionele

toetsstelsel. Die waarde hiervan is konserwatief teen

10-miljoen Euro beraam.

Deense landbou weet duidelik dat om vooruit te gaan is dit

nodig om tegnologie te gebruik, maar mens kan nie help

om te voel dat dit ook hul samewerkende benadering is

wat hulle uiteindelik die voorsprong sal gee nie.

9

24 pgr summer 08 afr USE.indd 9 9/5/08 1:18:39 AM

Industrie Nuus

Waarom is kunsmis nou so

DUUR

In die landbou is daar deesdae goeie nuus

en slegte nuus. Die goeie nuus is dat die

huidige graanpryse dit die moeite werd

maak om te boer. Die slegte nuus is dat

die insetkostes so duur geword het, dat

die risiko verbonde aan plant baie mense

senuweeagtig maak.

Kom ons kyk na wat kunsmis roumateriaalpryse

so dramaties beïnvloed.

Grafiek 2: Wêreld Populasiegroei

waT VEROORSaaK

HIERDIE HOË PRYSE

Tot nou toe was daar meer

roumateriale as wat daar ’n

aanvraag voor was. Gevolglik

was die pryse redelik laag. As

gevolg van faktore soos die

verhoogde populasiegroei, hoë

voedselpryse, voedseltekorte

en die vervaardiging van

biobrandstof, is die vraag na

roumateriale nou aansienlik

hoër. Dit veroorsaak tekorte aan

roumateriale, wat die pryse baie

opstoot.

POPULaSIEgROEI

10

9

8

7

6

5

4

3

Populasie in biljoene

In Grafiek 2 is dit duidelik hoe die wêreldpopulasie

in die laaste klompie jare gegroei het. As gevolg

van beter ekonomiese toestande kan al hoe meer

mense dit deesdae bekostig om vleis te eet instede

van graanprodukte. Grafiek 3 wys hoeveel graan

nodig is om vleis te produseer. Hierdie verhoogde

graanproduksie lei na ’n hoër vraag na kunsmis.

Grafiek 1: Wêreld vleisverbruik per persoon

45

40

35

30

25

20

13

2

1922

jare

15

1804

1

jare

37 jare

118 jare

0

1800 1850 1900 1950 2000

2050

Bron: United Nations (1995b); U.S. Census Bureau, International Programs Centre, International Data Base and unpublished tables.

1959

1974

1987

1999

12

jare

Grafiek 3: Kilogram graan nodig om een

kilogram vleis te produseer

Bees

Vark

Pluimvee

Deur Jan Vermaak

Afdelingsdirekteur

1980 1985 19190 1995 2000 2005 2010F

Totale wêreldpopulasie

2013

14

jare

0 2 4 6 8

2028

15

jare

2048

20

jare

10

24 pgr summer 08 afr USE.indd 10 9/5/08 1:18:55 AM

Industrie Nuus

Omdat daar nou meer mense is wat moet eet en

graan ook vir bio-brandstof gebruik word, is daar

tans wêreldwye voedseltekorte. Aardverwarming

maak hierdie situasie nog erger deur droogtes wat

op plekke soos Australië voorkom.

Graan, olies, rys en suikerriet word veral deur die

tekorte geraak. As gevolg hiervan het China, in ’n

poging om uitvoere te ontmoedig, uitvoerbelasting

op roumateriale na gemiddeld 135% opgestoot.

Dit het natuurlik ’n groot invloed op wêreldwye

roumateriaalpryse aangesien kunsmis wat vanuit

China uitgevoer is nou nie meer vir uitvoer

beskikbaar is nie.

Omdat daar voedseltekorte is, het voedselpryse

natuurlik ook gestyg. Boere sal eerder in kunsmis

belê as hulle weet dat hulle ’n goeie prys vir hul

produkte sal kry. Dit dra dan weer by tot die hoë

vraag na kunsmis.

Nuwe aanlegte

Die lae kunsmispryse in die verlede

het nie nuwe beleggings aangemoedig

nie. Die vraag na roumateriale het ook

vinniger gestyg as wat voorsien is.

’n Nuwe stikstofaanleg neem minstens

drie jaar om op die been te bring;

Fosfaatinstallasies neem tussen drie

en vier jaar. Kalium word op moeilik

bereikbare plekke gemyn en dus neem

dit omtrent sewe jaar om ’n nuwe

kaliummyn te ontwikkel, aangesien

die nodige infrastruktuur ook gevestig

moet word. Die situasie word vererger

deur sterk kompetisie vir boumateriale

en toerusting.

Dit beteken dat kunsmispryse

waarskynlik in die afsienbare toekoms

hoog sal bly.

Thorleif Enger, die President van

IFA (“International Fertilizer Industry

Association”) het dit mooi opgesom:

“Huidige kunsmispryse is ’n illustrasie

van die basiese beginsels van vraag

en aanbod. Dit weerspieël ’n behoorlik

funksionerende, maar baie beperkte

globale mark.”

Een ding is seker:

Die landboubedryf beleef baie interessante tye.

Die enigste manier om in hierdie omstandighede

nog steeds genoeg wins te maak, is om seker

te maak u kry soveel waarde uit u kunsmis as

Grafiek 4: Mielieprys teenoor N-, P- en K-pryse

Geelmielies fob USD/ton

Grafiek 5: N, P & K Vraag/Aanbod Balans

Kapasitiet

100%

90%

80%

70%

60%

50%

40%

30%

20%

10%

0%

US no 2 Geelmielies US Golf

DAP US Golf

Totale potensiaalkapasiteit

Stikstof Fosfaat MOP

Vraag

Ureum korrel ME

MOP NW Europa

Potensiële Surplus

fob USD/ton

moontlik. Met die kundige advies van die Omnia

landboukundiges, asook bykomende dienste soos

grondontledings, OmniSap ® en OmniPresies , kan

u seker wees dat u gewas (en opbrengs) in goeie

hande is!

11

24 pgr summer 08 afr USE.indd 11 9/5/08 1:19:16 AM

Profiel

Ontmoet

DIE DESKUNDIGES

Landboukundiges

Hoëveld

ST Potgieter 083 414 4595

Brits, Koedoeskop, Thabazimbi

Omnia se Hoëveld Besigheidseenheid het ’n span ervare

landboukundiges met kennis oor ’n wye reeks gewasse.

Chris Burbidge 083 702 0760

Groblersdal, Marble Hall

David Fouche 082 923 0438

Witbank, Oos-Rand, Delmas, Bethal

Gerrit de Jager 082 388 2176

Ermelo, Piet Retief, Middelburg

Jan Schoonraad 083 441 2508

Standerton, Volksrust

Johan Engelbrecht 082 573 3877

Bethal, Delmas

Pieter de Jager 082 456 4563

Bronkhorstspruit, Balfour, Grootvlei,

Johannesburg

Wilhelm de Koker 082 567 1977

Naboomspruit, Sterkrivier

Wes-Kaap

Marinus de Beer 083 655 0129

Hexrivier, Grabouw, Robertson

Attie Haasbroek 083 557 5321

Sandveld & Swartland

Jan van Zyl 083 283 8311

Vredendal & Citrusdal

Pietman Wessels 072 582 0019

Ceres

Laeveld

André Smit 082 893 2785

Noord-Transvaal

Hentie Cilliers 082 904 2429

Kaapmuiden – Komati

Kobus van Heerden 079 500 7514

Hectorspruit

Noord Wes

Johan Fourie 082 880 3965

Upington

Jannie Peyper 083 288 7131

Parys, Koppies, Klerksdorp, Potch.,

Ventersdorp

Schalk Lombaard

is die Besigheidseenheidbestuurder

vir die

Hoëveld. Selfs al het hy

’n landbou agtergrond, is

Schalk lank reeds meer by

bestuur betrokke - eers

in die Laeveld en nou

in die Hoëveld. Hy was

voorheen Bestuurder

van Landboukundige

Ontwikkeling by Omnia se

hoofkantoor.

ST Potgieter het ’n B.Sc.

Agric en ’n Honeursgraad in

Landbouvoorligting. Hy het

meer as 30 jaar ondervinding

as ’n landboukundige en

werk al die afgelope agt

jaar vir Omnia Hoëveld.

Hy diens die Krokodilrivier

Besproeiingskema en

die Tarlton-area en werk

hoofsaaklik met mielies,

koring, sojabone en lusern.

ST het ook ondervinding met

groente, sitrus en intensiewe

tonnelboerdery.

Kobus van Zyl 083 633 9540

Viljoenskroon, Bothaville

Phillip Venter 082 496 1144

NWK

Jan du Toit 083 627 4402

NWK

Stefan de Jager 082 376 8915

Wolmaransstad, Schweizer, Delareyville

Chris Burbidge werk al 13 jaar David Fouche, ’n

vir Omnia as landboukundige landboukundige by Omnia

in die Groblersdal, Marble Hoëveld, het ’n M.Sc. Agricgraad

Hall, Loskopvallei en Stofberg

van die Universiteit van

areas. Hy was voorheen by Pretoria. Hy werk hoofsaaklik

die LNR Kleingraan-instituut

met mielies, sojabone,

werksaam. Chris het ’n M.Sc. droëbone, besproeiingskoring

Landbougraad en werk met en aartappels en bedien die

koring, tabak, mielies, katoen, Witbank, Delmas, Hoëveld Rif,

sitrus, groente, tafeldruiwe en

Bethal en Nigel areas.

soja. Hy is ook baie vertroud

met besproeiingskedulering van

koring.

12

ONTMOET DIE D

24 pgr summer 08 afr USE.indd 12 9/5/08 1:19:47 AM

Ontmoet

DIE DESKUNDIGES

Profiel

Landboukundiges

Oos-Kus

Kevern Macaskill 082 887 2653

Eston, Richmond, North Coast

Peter King 083 679 4066

Oos-Kaap

Francois du Plessis 082 887 4614

Port Elizabeth

Brian Hesom 083 679 1962

Noord-Natal / Midlands

Rollo Woodhead 083 679 1953

Oos-Griqualand

MC Veldsman 082 771 5495

Humansdorp

Gerrit de Jager

(Bethal) werk saam

met die agente in Piet

Retief, Middelburg,

Stoffberg,

Wonderfontein,

Belfast, Carolina,

Hendrina, Ermelo

en Dirkiesdorp. Hy

het ’n landbougraad

en spesialiseer

in aartappels en

presisieboerdery.

Johan Engelbrecht

het ’n B.Sc.-graad van

Potch Universiteit en

’n M.Sc. (Agric) van die

Universiteit van Natal.

Sy area is hoofsaaklik

Bethal, maar hy bedien

ook Delmas, Heidelberg,

Middelburg, Ermelo en

Standerton.

Jan Schoonraad het

’n B.Sc. (Agric)-graad

van die Universiteit van

Pretoria. Hy werk as

’n agent hoofsaaklik

in die Standerton- en

Volksrust areas met

mielies, sorgum,

sonneblom en sojabone.

William Gibson 082 856 2581

Noordkus, Richmond, Spesialiteite

Vrystaat

Johan Bredenkamp 082 304 6867

Hoopstad, Wesselsbron, Hennenman

John Craven 083 626 1783

Bethlehem, Reitz, Warden

Lafras Fouche 083 235 6556

Bethlehem, Heilbron, Frankfort, Vrede

Piet de Wet 082 788 5342

Clocolan, Bloemfontein, Ladybrand

Stefan Vrey 082 610 4184

Christiana, Hopetown, Douglas

Australië

Troy Morgan (Queensland N.) +61 429897074

Bob Wilson (Bundaberg) +61 419554207

Bruce de Gersigny (Brisbane) +61 400887876

Dr. Sammy Heng (Melbourne) +61 448064860

Jan de Jager (Perth) +61 429898131

Janus Erasmus (Melbourne) +61 448064860

Malawi

Ken McKenzie +265 1710287

Zambië

Bertie Serfontein +26 097770590

Met ’n B.Sc. Honsgraad in

Landbou Ekonomie, het Pieter de

Jager al as ’n dosent, ’n tegniese

adviseur, ’n gewasspesialis en ’n

tegniese verteenwoordiger gewerk

voordat hy by Omnia aangesluit

het as landboukundige. Hy diens

die Grootvlei, Bronkhorstspruit

en Vereeniging areas en werk

meesal met mielies, maar ook met

aartappels, koring, sonneblom,

sojabone, droëbone, kitsgras en

tot ’n mindere mate, groente.

Wilhelm de Koker het ’n B.Sc.

graad in Plantproduksie van die

Universiteit van Pretoria. Hy is vir

vyf jaar by Omnia in verskillende

streke werksaam en is tans

in die Nylstroom omgewing.

Hy het ondervinding met

presisieboerdery-aanbevelings en

doen ook die afgelope vier jaar

besproeiingskedulering. Wilhelm

werk met mielies, aartappels,

koring, tabak, sojabone, droëbone

en aangeplante weidings.

Kobus Smith +26 096764351

Vincent Mkuyamba +26 097999697

Gerhard Eloff (South) +26 097770589

Gawie Peens (North & Central) +26 097999226

Zimbabwe

Mark Tindle +263 4369393

Navorsing & Ontwikkeling

Teferi Yeshitela (Noord & Sentraal) 072 584 8783

Charles Wright (Noord-Wes,Vrystaat) 082 782 1379

Tanya Singh (Glashuis) 011 709 8930

Marinda Kellerman (Wes-Kaap) 082 899 7780

DESKUNDIGES

13

24 pgr summer 08 afr USE.indd 13 9/5/08 1:20:20 AM

Vrystaat

NUTRILOGIE ®

red mielies!

Deur Stefan Vrey,

Landboukundige: Vrystaat

Ons kliënt het aan die einde van 2006

’n plaas van 200 hektaar met twee

100 hektaar blokke in die Vrystaat

gekoop. Grondontledings is gedoen

en die landboukundige het 3 ton/ha

dolomietiese kalk voorgestel. Die kalk

is gedurende Junie 2007 toegedien

waarna die eerste mielies in Oktober

2007 geplant is.

Die kliënt het in November gekla dat die mielies

op die een blok besig is om dood te gaan. Na ’n

deeglike ondersoek is bevind dat die probleemblok

met ’n buurman se foutiewe planter geplant is.

Die planter het die kunsmis ver van die saad geplaas

en die swak wortelstelsel kon dit nie bereik nie.

Die landboukundige het voorgestel dat die kliënt

200 ml/ha ORGANOCELL en 3 kg/ha MAP39

toedien. ’n Week later het die kliënt al ’n 100%

verbetering gesien. Twee weke later het die kliënt

geskakel om te sê dat dié betrokke blok nou baie

beter is as al die ander mielies.

Die mielies op die plaas. Regs op die foto is die

behandelde mielies met die kontrole links.

14

Die twee blokke mielies is in Maart 2008 ge-oes.

Die opbrengs van die behandelde blok was 300

kg/ha meer as die res van die aanplantings. Die

waarde hiervan was R540 per hektaar en

R54 000 vir die 100 hektaar.

In Februarie 2008 het hierdie kliënt gevra dat

Omnia se verkoopspersoon die bestelling vir

kunsmis kom skryf. Nadat die bestelling geskryf

is, het die kliënt ons ingelig dat Omnia se voorstel

R270 per hektaar duurder as die opposisie s’n

is. Dit gee ’n premie van R 351 000 op die 1300

hektaar wat volgende seisoen geplant gaan word.

Die boer het dit duidelik gemaak dat hy gewillig is

om dit te betaal vir die kennis, diens en moontlike

hoë opbrengs op sy plaas.

Die foto wys die wortelontwikkeling van die behandelde

teenoor die kontrolemielies.

24 pgr summer 08 afr USE.indd 14 9/5/08 1:20:44 AM

Vrystaat

R 11,585 meer verdien!

Deur Lafras Fouche, Landboukundige: Vrystaat

Vrystaat aartappelproef

lewer

GOEIE RESULTATE

’n Proef is onlangs in die Vrystaat op aartappels gedoen, met die volgende resultate:

Behandelings

Groot

@ R26/sakkie

Groot/Medium

@ R24/sakkie

Medium

@ R23/sakkie

Klein

@ R16/sakkie

Totaal

Verskil

R/ha teenoor

kontrole

KELP-P-MAX +

OMNIBOOST

R 50,394 R 12,831 R 9,931 R 4,644 R 77,800 R 11,585

KELP-P-MAX +

MAP39

R 39,195 R 21,405 R 9,643 R 3,687 R 73,930 R 7,715

MAP39 +

ORGANOCELL

R 28,388 R 18,748 R 9,132 R 4,770 R 61,038 R -5,177

OMNIBOOST +

ORGANOCELL

R 44,217 R 16,607 R 4,813 R 1,989 R 67,626 R 1,411

KONTROLE R 23,636 R 23,770 R 15,231 R 3,578 R 66,215 -

Die foto links wys die aartappeltjies met die MAP(39) en

ORGANOCELL behandeling, terwyl die een regs die

OMNIBOOST en KELP-P-MAX behandeling aantoon.

15

24 pgr summer 08 afr USE.indd 15 9/5/08 1:21:09 AM

Vrystaat

Sukses met

Nutrilogie ®

op probleemgronde

Deur Piet de Wet

Landboukundige: Vrystaat

Een van ons kliënte in die Brandfort-omgewing het geskakel vir advies.

Hy produseer lusern en het met swak opbrengste gesukkel.

Die Omnia landboukundige het grond- en

watermonsters geneem wat aangetoon het

dat die watergehalte swak was. Daar was

baie lae kalium, baie hoë magnesium en hoë

natriumvlakke in die grond gewees.

Die lusern is op Arcadia-gronde geplant

en ’n drupstelsel is ondergronds

geïnstalleer.

Ongelukkig is die druppers te wyd gespasieer

en het die water nie goed versprei nie.

Die landboukundige het voorgestel dat gips

teen 2 ton/ha bo-oor die lusern toegedien

word. Daarna is 5 kg/ha MAP39 en 200 kg/ha

VITA K toegedien.

Die foto’s onder wys hoeveel die lusern al

verbeter het.

16

Kontrole

Behandelde lusern

24 pgr summer 08 afr USE.indd 16 9/5/08 1:21:48 AM

Hoëveld

OMNISAP ®

ontleding spaar geld

Deur ST Potgieter

Landboukundige: Hoëveld

Een van ons kliënte in die Hoëveld gebied het onlangs baie geld

gespaar. Die kliënt boer met saadmielies in die Krokodilrivier

Besproeiingskema.

Onlangs het ’n saadinspekteur wat by hom

aangekom het, genoem dat die mielies lyk of dit

’n kaliumtekort het.

Die kliënt het Omnia geskakel en die

landboukundige het gaan kyk. Hy het besluit

dat dit eerder na ’n stikstoftekort gelyk het.

Die gebied het baie nat toestande ondervind

– toestande wat stikstoftekorte gewoonlik

aanhelp. OmniSap ® -ontledings is gedoen, wat ’n

stikstoftekort bevestig het.

Aanvullende stikstof is toegedien en die mielies

het herstel. Geld is op die korrekte voedingstof

spandeer.

OmniSap ® kan help om te bepaal wat met ’n

plant fout is en sodoende die produsent baie geld

spaar.

OmniSap ® Verslag

Stikstof (68)–

Fosfaat–

Kalium (131)–

Kalsium (168)–

Magnesium (142)–

Natrium–

Swael–

Koper–

Mangaan (104)–

Sink–

Yster–

Aluminium–

Boor (50)–

Vormnommer 111911

Datum 2008/02/08

Kliënt

Landboukundige S T POTGIETER

Monsternommer Land 1

Gewas

Mielies

Weke na Opkoms 7

Verbouing

Besproeiing

Aanbeveling

Die SAP analise lyk baie mooi en bevestig wat ek gesien het

- ons kort net stikstof. Ek dink ons moet dalk 5kg/ha Solubor

ook gee met die volgende toediening. Die boor is baie laag

alhoewel ek nog nie die tekortsimptome gesien het nie. Soos

ek vir jou gesê het kan die SAP analise tekorte uitwys voor

dit sigbaar is en reeds skade veroorsaak het.

Silikon–

GEVOLGLIKE SKADE OF GEBREK AAN REAKSIE

Al ons analitiese werk word uitgevoer met die grootste sorg, en dus word die verslag as korrek aanvaar. OMNIA kan egter nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, aangesien gewasopbrengs en

kwaliteit beinvloed word deur verskeie onbeheerbare faktore, en OMNIA geen kontrole kan uitoefen oor die bestuur van die gewas nie, en gevolglik kan OMNIA geen verantwoordelikheid aanvaar vir skade

of onvoldoende reaksie van die toedienings as gevolg van die bevindings en/of aanbeveeling van die verslag nie. Die monster wat ingedien is, is getoets en die resultate verkry word hierbo weer-gegee. Die

verslag is egter net van toepassing op die monster wat getoets is en kan egter nie gewaarborg word as verteenwoordigend van die totale aanplanting nie. Die SAP mengsel mag nie met onkruiddoder gemeng

word nie.

Dit is hoe die OmniSap ® -ontledingsverslag gelyk het. Dit is duidelik hierop dat die stikstof laag was. Die

boor was ook te laag en is deur die ontleding opgetel nog voordat enige tekortsimptome op die plante

gesien kon word of voordat skade aan die plante gedoen is.

17

24 pgr summer 08 afr USE.indd 17 9/5/08 1:22:11 AM

Hoëveld

Goedkoop

is duur koop!

koop

Een van ons lusernboere in die Krokodilrivier Besproeiingskema

het ’n standaard aanbeveling by ’n ander kunsmismaatskappy

van 1 t/ha Supers(10.5) en 200 kg/ha KCl(50) gekry.

Deur ST Potgieter

Landboukundige: Hoëveld

Met Nutrilogie ® kan u seker wees van die regte advies op

die plaas. U is verseker dat die regte produkte aangekoop

en toegedien word om die beste opbrengs te verseker. Selfs

met die premie wat vir Nutrilogie ® betaal word, kan dit baie

duurder wees om die “goedkoper” roete te volg.

Omnia se landboukundige het grondmonsters geneem en voorgestel dat geen kunsmis voor plant

toegedien word nie.

Die produsent wou die standaard aanbeveling van 100 kg/ha Supers en 150 kg/ha KCl elke keer na die

lusern gesny is toedien. ’n OmniSap ® -ontleding is gedoen en die landboukundige het voorgestel dat

geen kunsmis toegedien word nie. Mikro-elemente is eerder voorgestel.

Met hierdie advies het die kliënt R 10,268 per hektaar gespaar by die plant van die lusern en R 2,074 per

hektaar op bobemesting met elke sny.

Vormnommer 185353

OmniSap ® Verslag

18

LABORATORIUM

ONTLEDINGSVERSLAG

Kliënt Landdrosdistrik BRITS

Verteenwoordiger

JAN RABIE

S T POTGIETER

Landboukundige

0836758150 0834144595

Monster Datum 2007/06/04 Verslag Datum 2008/07/23

ROeTINe GRONDONTLeDING

Plaasnaam

Landnommer A9 A17 L26 L30

Lab nommer 17296 17296 17301 17302

Gewas Koring Koring Lusern Lusern

Hektaar 11.0 16.0 22.0 12.0

Monsterdiepte Bo-grond Bo-grond Bo-grond Bo-grond

Kleur Ro Br Ro Br Ro Br Ro Br

Brutodigtheid (kg•m –2 ) 1430 1485 1430 1365

pH (KCI) 6.5 (M) 7.1 (H) 6.0 (M) 6.2 (M)

Uitruilbare suur NVT NVT NVT NVT

Suurversadiging (%) NVT NVT NVT NVT

S (% van norm) 111 (M) >150 (BH) >150 89

P (mg•kg –1 ) 38 (BH) 49 (BH) 30 (BH) 36 (BH)

K (mg•kg –1 ) 216 (BH) 145 (BH) 286 (BH) 240 (BH)

K(% van EKUK) 9 49 10 10

Ca (mg•kg –1 ) 667 (BH) 1050 (BH) 790 (BH) 690 (BH)

Ca(% van EKUK) 56 60 52 55

Mg (mg•kg –1 ) 224 (BH) 283 (BH) 302 (BH) 228 (BH)

Mg(% van EKUK) 30 27 33 30

Na (mg•kg –1 ) 63 183 96 73

Na(% van EKUK) 4 9 6 5

EKUK (cmol c –kg –1 ) Bereken 6.1 8.7 7.6 6.3

Ca/Mg 1.9 2.3 1.6 1.6

Mg/K 3.3 6.3 3.4 3.0

(Ca + Mg)/K 10 20 9 9

Eletriese geleiding (mS•m –1 ) NVT - NVT NVT

Stikstof (225)–

Fosfaat–

Kalium–

Kalsium–

Magnesium–

Natrium–

Swael (87)–

Koper (91)–

Mangaan (147)–

Sink–

Yster–

Aluminium (139)–

Boor (31)–

Silikon (65)–

GEVOLGLIKE SKADE OF GEBREK AAN REAKSIE

Al ons analitiese werk word uitgevoer met die grootste sorg, en dus word die verslag as korrek aanvaar. OMNIA kan egter

nie verantwoordelik gehou word vir enige foute, aangesien gewasopbrengs en kwaliteit beinvloed word deur verskeie

onbeheerbare faktore, en OMNIA geen kontrole kan uitoefen oor die bestuur van die gewas nie, en gevolglik kan OMNIA

geen verantwoordelikheid aanvaar vir skade of onvoldoende reaksie van die toedienings as gevolg van die bevindings en/of

aanbeveeling van die verslag nie. Die monster wat ingedien is, is getoets en die resultate verkry word hierbo weer-gegee. Die

verslag is egter net van toepassing op die monster wat getoets is en kan egter nie gewaarborg word as verteenwoordigend van

die totale aanplanting nie. Die SAP mengsel mag nie met onkruiddoder gemeng word nie.

Bo is die OmniSap®-verslag wat aanwys dat van

die mikro-elemente laag was, maar P en K was

nog voldoende.

Links is die grondontleding waarop die

landboukundige sy besluit baseer het. Dit is

duidelik dat die P, en K in die grond hoog of baie

hoog was.

24 pgr summer 08 afr USE.indd 18 9/5/08 1:22:14 AM

Knolgrootte en gehalte van

aartappels drasties verbeter

Navorsing & Ontwikkeling

Deur Attie Haasbroek, Landboukundige: Weskaap

Proewe gedoen deur M. Kellerman en J. Steenkamp (Omnia Navorsing & Ontwikkeling)

Aartappelproduksie is die hoofvertakking in die

Sandveldgebied in die Wes Kaap. Die Sandveld

is bekend vir goeie gehalte aartappels, maar om

winsgewend en kompeterend te bly, moet opbrengs

en gehalte deurentyd verhoog word. Die ekonomiese

volhoubaarheid word deur drie faktore bepaal:

opbrengs, gehalte en knolgrootte. Deur die gebruik van

’n gebalanseerde bemestingsprogram is daar reeds ver

gevorder om hierdie faktore in balans te optimaliseer.

Gedurende die somerseisoen van 2007/08 is

N-Gas -toedienings in die Sandveld gedoen.

Die effek van N-Gas op die gehalte en knolgrootteverspreiding

van die oes is ondersoek. Drie

verskillende hoeveelhede N-Gas is aanvullend tot

die normale kunsmisprogram toegedien. Die normale

bemestingsprogram het as die kontrole gedien.

Die behandelde persele het deur die groeiseisoen

duidelik groener vertoon en het ook langer groen

gebly. Dit dui moontlik op die feit dat die plant langer

fotosinteties aktief gebly het, wat die knolgrootte en

gehalte kan verbeter.

Al die behandelings het ’n hoër persentasie Klas 1

aartappels produseer. Behandeling C, die hoogste

toedieningspeil, het 50.4% Klas 1 aartappels

produseer, teenoor die 34.5% van die kontrole.

Met Behandeling C is 86.8% van al die aartappels in

Klas 1 en 2 gesorteer. Hierdie verbetering in klas hou

finansiële voordeel vir die produsent in.

Effek van verskillende behandelings op die gerealiseerde prys

N-gas Sandveld 2007/2008

Vertikale lyne dui op 0.95 sekerheids intervalle met gem.

Met die knolgrootteverspreiding was 53% van alle

Klas 1 aartappels groter as medium by behandeling

C, en slegs 39% by die kontrole. Die N-Gas -

toediening het ’n verbetering in knolgrootteverspreiding

teweeg gebring, wat beteken dat

die produsent ’n groter persentasie van sy oes as

medium en groot kon bemark. Dit beteken ’n hoër

inkomste vir die produsent.

Die gerealiseerde prys van Behandeling C was

R2,43 per kilogram hoër as dié van die kontrole.

In Behandeling A was die verbeterde gehalte nie

voldoende om die koste van die behandeling

ekonomies te regverdig nie, terwyl in Behandelings B

en C ekonomies dit wel regverdigbaar was.

Dit is noodsaaklik dat elke toediening wat ’n

produsent op sy aartappels doen, ’n finansiële

verskil moet maak. Omnia Kunsmis beskik, binne die

Nutrilogie ® -benadering, oor ’n hele reeks produkte en

dienste, waarvan N-Gas maar net een is. Nutrilogie ®

as besigheidsmodel het ten doel om, soos hier

gedemonstreer, welvaart vir almal te skep.

Persentasie

60

50

40

30

20

10

0

Kontrole Behandeling A Behandeling B Behandeling c

Klas 1 Klas 2 Klas 3 Ander

R/kg

Kontrole A B C

Behandeling

Gedurende die groeiseisoen was die verskille reeds in die

behandelde persele sigbaar

19

24 pgr summer 08 afr USE.indd 19 9/5/08 1:22:20 AM

Industrie Nuus

Landbou:

Van Aspoestertjie tot

Sexy Prinses”

Mnr Deon van Rooyen, Besturende Direkteur van Pannar Saad (regs), is die

eerste Suid-Afrikaner wat verkies is tot Voorsitter van die Internasionale

Saadfederasie. Sy twee jaar in die posisie het gedurende die Federasie se

jaarlikse Algemene Kongres in Prague, hoofstad van die Tsjeggiese Republiek,

onlangs tot ’n einde gekom. Hier is ’n paar uittreksels uit sy openingsrede.

20

“Ons industrie is in globale terme redelik

klein. Die waarde en bydrae tot nasionale

en streeksekonomie en, uiteindelik ook die

wêreldekonomie en die welstand van die

mensdom is, na my mening, vir baie dekades

onderskat. Dit het nou verander. Die bio-brandstof

revolusie en die nuwe en vinnige tegnologiese

vooruitgang in die laaste paar jare, het landbou

se beeld (en daarom ook ons industrie s’n) op

so ’n manier verhoog dat politici en beleggers

daarop agslaan. Landbou is besig om van die

Aspoestertjie van baie ekonomieë in ’n taamlike

sexy prinses met goeie potensiaal te verander.

Terwyl ons hier in Prague byeen is vandag, is

die warm onderwerp in baie lande en gebiede,

die Verenigde Nasies, die Wêreld Bank en ander

globale instansies ingesluit, die huidige en

potensiële tekorte aan voedsel en voer wat die

wêreld in die gesig staar. Gepaardgaande hiermee

is die skerp verhogings in kospryse wat al klaar

tot voedselonluste en betogings in verskeie lande

gelei het. Wêreldgraan en -olie voorrade is baie

laag en dit, saam met die groeiende vraag en

ander faktore, soos die dramatiese verhoging in

die olieprys en die effek wat dit het op produksie

en verspreidingskostes, het tot voedselinflasie

aanleiding gegee.

Die ‘blaam of rede’ vir potensiële en werklike

voedseltekorte en -inflasie word dikwels deur

verskillende belanghebbendes gepak op

redes soos ekonomiese groei en stygende

lewensstandaarde van lande soos China en

Indië, tot ’n nuwe aanvraag deur hoofsaaklik die

VS en Europese bio-brandstof industrieë. In die

ontwikkelende wêreld waar ek vandaan kom, word

verskeie partye, van boere tot ander rolspelers in

die voedselketting, van winsbejag beskuldig’.

Die bio-brandstof industrie bly die onderwerp

van ernstige debatte aangaande die waarde

daarvan om brandstof uit potensiële voedsel om te

skakel. Die ekologiese en omgewingswaarde van

biobrandstof word in baie gebiede bevraagteken.

Ook die ekonomiese waarde en lewensvatbaarheid

daarvan op die langtermyn.

Die GM (geneties gemodifiseerd) debat in

landboukultuur duur voort en in sekere lande het

belowende vordering onlangs tot stilstand gekom

of selfs agteruit gegaan, gewoonlik as gevolg van

emosionele instede van rasionele redenasies.

Ek wil die bewering beklemtoon wat ek laasjaar

in Christchurch gemaak het dat die saadindustrie

die sleutel of sleutels hou tot die oplossing van

baie van die ernstiger probleme wat ons planeet

vandag trotseer. Die vooruitgang in biotegnologie,

insluitend vakgebiede soos molekulêre

teling, tesame met presisieboerdery en ander

gesofistikeerde boerderytegnieke, kan ver gaan

om die wêreld se groeiende vraag na kos, voer,

vesel en hernubare energie te bevredig deur hoër

produktiwiteit op dieselfde of minder land in ’n

omgewingsvriendeliker manier te verkry.

Die verantwoordelike evaluasie, bekendstelling

en implimentering van nuwe tegnologië in

landbou wat die huidige en toekomstige

vooruitsigte vir ons planeet en sy mense kan

verbeter, behoort aangemoedig, ondersteun en

geprys te word. (Ongelukkig gebeur dit nie altyd

nie!)

As ons na die wêreld vandag kyk en hoe ons

verwag dit in die toekoms moet ontwikkel, word

dit baie duidelik dat landbou ’n al meer prominente

posisie op die agendas van wêreldinstansies op

nasionale en streeksvlakke sal inneem.”

24 pgr summer 08 afr USE.indd 20 9/5/08 1:22:46 AM

Omnia Nuus

Landboukundige Konferensie

Hoe kan ons waarde skep op die plaas Dit is die vraag wat by die onlangse

Omnia Landboukundige Konferensie te Hartbeespoortdam bespreek is.

Landboukundiges van regoor Suid-Afrika, sowel

as Zambië, Zimbabwe, Australië, New Zeeland en

Brasilië het saamgetrek om van mekaar te leer oor

waardetoevoeging op die plaas en om te sien hoe hulle

kollegas op ander plekke waarde toevoeg.

Die Voorsitter van die Omnia Groep, Rod Humphris,

het die konferensie geopen. Hy het gepraat oor die

gunstige omstandighede wat boere tans, ten spyte

van hoë insetkostes, ondervind. Graanpryse is goed

en boere het ook ’n beter kans om internasionaal te

kompeteer.

Renier Rabie van Chemtech, Omnia se laboratoriums,

het verduidelik waartoe hulle in staat is. Die

grondlaboratorium doen 120,000 grondontledings

per jaar en het die kapasiteit om 2,000 monsters per

dag te hanteer. Tot 10,000 OmniSap ® -ontledings

word jaarliks gedoen. Verder word alle roumateriale

en finale produkte vir gehaltedoeleindes ontleed. ’n

Volledig toegeruste mikrobiologiese laboratorium

hanteer OmniBio -ontledings en doen waardevolle

landboukundige navorsing.

Die Navorsings en Ontwikkelings- en OmniPresies -

afdelings het aan landboukundiges die nuutste

proefresultate en tegnologieë bekend gestel.

Op die tweede dag het die verskillende

besigheidseenhede die kans gehad om te wys hoe hulle

waarde op die plaas toevoeg. Baie suksesstories is

vertel waar produsente meer wins gemaak het deur van

Omnia se produkte en dienste gebruik te maak.

Jan Wolmarans, Omnia se Besigheidontwikkelingsbestuurder,

het gepraat oor hoe Suid-Afrika se BEEwette

die produsente raak en wat hulle kan doen om

aan die vereistes te voldoen. Nico Smit het nuwe

produkte in die pyplyn bekendgestel en ook die

afgevaardiges ’n kykie na die nuwe Omnia verpakking

gegee.

Laastens het Danie Schoeman, Hoofbestuurder van

Spesialiteite, afgesluit deur te praat oor hoe die hele

Nutrilogie ® -pakket waarde vir die boer kan toevoeg.

Ons doel is tog om welvaart vir Omnia te skep deur

eerstens welvaart vir die boer te verseker.

INDIEN ONS

NIE

’n VERSKIL

MAAK NIE ...

WYS ONS DIE

DEUR!

By Omnia weet ons

waardetoevoeging

gebeur nie net nie.

Dit verg:

Wêreldgehalte

laboratoriums – tot

voordeel van die

produsent

meer winsgewendheid

– verhoog opbrengs,

verlaag risiko

ontwikkeling – hou

produsente kompeterend

– pasmaak vir elkeen

is ononderhandelbaar

Al hierdie saamgevat

by Omnia

Tel: +2711 709-8778 Faks: +2711 463-3022 www.omnia.co.za

21

B0050

24 pgr summer 08 afr USE.indd 21 9/5/08 1:23:13 AM

Omnia Nuus

Omnia-Boeredag, Loskopdam:

Bewaringsbewerking waarborg die boer se toekoms

22

Beter opbrengste teen ’n laer insetkoste,

maar veral volhoubare produksie, is

moontlik met bewaringsbewerking. Dit is

die bevinding van etlike kenners wat boere

tydens die onlangse Omnia boeredae oor

dié akkerbou-praktyk toegelig het.

Maar bewaringsboerdery beteken

volstrek nie jy moet net al jou ploeë

wegsmyt en dan sal die geld inrol nie.

Prof. Alan Bennie, grondkundige van

internationale aansien en self ’n boer, sê

vir die beste resultate moet ’n mens jou

bewerkingsbesluite volgens jou soort

grond neem: Vir sanderige bogrond met

minder as 6% klei is stoppelbewerking

met diep skeurtandbewerking en beheerde

spoorverkeer die beste keuse.

Sanderige tot sandleemgrond met ’n

klei-inhoud van tussen 7 en 18% en ’n

swak bogrondstruktuur: Konvensionele

bewerking of stoppelbewerking met ’n diep

beitelploeg.

Sandkleileembogrond en vlak, klipperige

grond: Konvensionele of stoppelbewerking

met ’n vlak beitelploeg.

Sandkleileem- tot kleibogrond:

Geenbewerking as dit ekonomies haalbaar

is.

Waar geenbewerking moontlik is, hou

dit die voordele in van meer doeltreffende

erosiebeheer, ’n meer buigsame planttyd,

beter waterbewaring en hoër opbrengste.

Die hoofspreker, mnr Roberto Peiretti

is al 35 jaar by geenbewerking betrokke

en boer self volgens dié beginsels

in Argentinië, waar hy aansienlike

resultate behaal. Hy was twee termyne

lank President van die Amerikaanse

Konfederasie van Boereorganisasies vir

Volhoubare Boerdery.

Tydens die boeredag het hy gesê dat

bewerking en grondblootlegging een

van die hoofoorsake van mensgeskepte

grondagteruitgang regoor die wêreld is.

In Argentinië het hulle met ’n program

van geenbewerking, stoppelbewerking,

wisselbou en oordeelkundige bemesting

binne tien jaar die opbrengs van graan en

oliesade verdubbel.

Hy het ook foto’s gewys van ’n opbrengs

van 4 ton koring per hektaar met ’n totale

reënval van net 30 millimeter gedurende die

groeiseisoen!

Geenbewerking is ’n opsie op die regte

grondsoorte in Suid-Afrika, soos Willem van

der Walt van Walt Landgoed naby Settlers

op hulle turfgrond bewys.

Die Van der Walts het in 1988

trapsgewys na geenbewerking begin

oorskakel en boer nou nege jaar volskaals

volgens dié beginsels. Hulle plant

graansorgum, mielies, sonneblom, koring

en katoen.

Volgens mnr Van der Walt stel geenbewerking

hoë eise aan bestuur en dwing

dit die boer om deurgaans skeppend

te dink, om uit sy foute te leer en om

verantwoordelikheid vir die resultate te

aanvaar.

Belangrike beginsels wat die uitslag

beïnvloed is dat die stoppels tydens die

stroopproses eweredig oor die land versprei

moet word, dat onkruid onverbiddelik

beheer moet word en die toepassing van

spoorverkeer, wat beteken dat die Van der

Walts al hul werktuie se wiele uitgeskuif het

om in die stroperspore te loop.

Al die sprekers het die belangrikheid

beklemtoon van ’n doeltreffende planter.

Geenbewerking vereis ’n swaar, stewige

planter wat nie met stoppels verstop raak

nie en wat regdeur die stoppels elke pit

presies ewe diep en perfek gespasieer

plaas.

Volgens dr Johan van Biljon, Omnia

Kunsmis se Bestuurder: Landboudienste,

is die regte bemesting en die regte

toedieningstyd en -metode daarvan baie

belangrik en Omnia se kundiges kan die

boer daarmee help.

Geenbewerking is

’n manier om die

grondgehalte so te

herstel dat dit verder

as volhoubaarheid

gaan, sê mnr

Roberto Peiretti, ’n

internasionale kenner

van geenbewerkingsmetodes.

Prof. Alan

Bennie, afgetrede

grondkundige en

boer het boere vertel

oor hoe om, na

gelang van hul grond,

te besluit watter

bewerkingspraktyk

om te gebruik.

Dr Johan van

Biljon van Omnia

het die eiesoortige

bemestingsbehoeftes

wat geenbewerking

vereis verduidelik en

boere nuttige advies

gegee.

24 pgr summer 08 afr USE.indd 22 9/5/08 1:24:00 AM

Boekoorsig

Olive Production in

South Africa

Bewerker:

Landbou Navorsingsraad

Prys: R 450.00

ISBN-10 Nr: 1-86849-100-4

Uitgewer:

LNR Infruitec-Nietvoorbij

Hierdie bygewerkte, maklik-leesbare handboek

bevat waardevolle inligting vir dié wat

belangstel in olywe en die kweek daarvan. Dit

is spesiaal geskryf vir boordbestuurders, boere

en voornemende boere om olywe suksesvol te verbou. Die boek se fokus

is op die Wes-Kaap, die volledige inligting daarin is gebaseer op plaaslike

ondervinding sowel as internasionale en nasionale navorsing. Daarom is

dit relevant vir olyfboere regdeur Suid-Afrika en selfs buite ons grense.

Onderwerpe sluit in botaniese eienskappe van die olyf, klimaat-, voeding-,

water- en grondvereistes, ekonomiese aspekte, kultivars, boordbestuur,

verwerking en bemarking. Hierdie boek hoort op elke olyfboer se boekrak.

Kontak Amelia per e-pos by Amelia@igg2.agric.za indien u belangstel.

Veldgids vir die identifikasie van

koring insekte in Suid-Afrika

BOEK OORSIG

Outeur:

G.J. Prinsloo, V.L. Tolmay & J.L. Hatting

Pys: R 50.00

ISBN Nr.: 1-86849-131-5

Bladsye: 56

Uitgewer:

ARC Small Grain Institute

Die skade wat deur insekte aan koring gedoen word,

verskil merkbaar. Dit is daarom nodig om die pes

korrek te identifiseer voor ’n besluit geneem word oor

hoe en wanneer om die spesifieke insek te beheer.

Die doel van dié veldgids is om die identifikasie van

insekte, asook die natuurlike vyande van insekpeste,

op koring te vergemaklik. Elke insek word na gelang van sy verspreiding in

die land beskryf en ook voedingsimptome wat deur die insek op die plant

veroorsaak word. Die sigbare karaktertrekke vir identifikasie vir elke insek is

in kleur foto’s geïllustreer. ’n Pamflet is ook ingesluit wat al die insekdoders

aangee wat in Suid-Afrika geregistreer is. Die boekie is tweetalig (Engels en

Afrikaans). Kontak Elri Burger by (058) 307 3507 of per e-pos op burgere@

arc.agric.za indien u belangstel.

23

24 pgr summer 08 afr USE.indd 23 9/5/08 1:24:37 AM

Op ’n ligter noot

OP ’N LIGTER NOOT

Brief van ’n Vrystaatse

plaaskind, nou vir Basiese

Opleiding in die Weermag

op ’n ligter

posbus by die huis. Dan kry die outjies van die dorp seer

voete en moet ons almal in lorries terug ry.

My boeties sal hulle doodlag … ek bly medaljes kry vir skiet.

Ek weet nie hoekom nie. Die teiken is amper so groot soos

’n dassie se kop en beweeg glad nie. En dit skiet nie terug

soos daai simpel Venter-seuns van die plaas langsaan nie. Al

wat jy moet doen is rustig lê en dit skiet. Jy hoef nie eers jou

eie koeëls te maak nie. Hulle kom in boksies.

Liewe Pa en Ma,

Dit gaan goed met my. Ek hoop met julle ook.

Sê vir my boeties Wouter en Kobus dat die Weermag baie

beter is as om vir oom Piet te werk. Sê hulle moet gou kom

aansluit voor dit vol is.

Ek was eers bietjie rusteloos, want ons moet in die bed bly tot

amper 06:00, maar ek begin dit nou geniet om laat te slaap.

Al wat jy voor ontbyt moet doen is jou bed opmaak en

iets blinkvryf. Geen varke om te voer, koeie om te melk,

mampoer om te meng of hout om te kap nie. Amper niks.

Die ouens kan skeer, maar dis nie so erg nie, daar is warm

water.

Ontbyt is sterk op vrugtesap, pap, eiers, spek, ens. maar

bietjie kort aan steak, boerewors, chops, aartappels en

Julle liefdevolle dogter,

ander gewone kos soos vetkoek. Maar as jy tussen twee

dorpenaars sit wat op koffie leef, kan hulle twee se kos saam Ester

met joune, jou tot die middag hou wanneer ons weer gevoer

word.

Vrou is weg

Hierdie outjies van die dorp kan nie baie loop nie. Ons gaan

op roetemarse en die sersant sê dis lang ente se loop om

ons sterk te maak. As hy so dink, is dit nie my plek om hom

anders te vertel nie. ’n Roetemars is omtrent so ver soos ons

Dan het ons man-tot-man vegopleiding. Jy kan met die

outjies van die dorp stoei. Ek moet net versigtig wees, hulle

breek maklik. Dis nie soos om teen Swart Duiwel, die ou

bul op die plaas te baklei nie. Ek is die beste, behalwe vir

Groot Jan Jordaan van iewers in die Noord-Transvaal. Hy het

dieselfde tyd as ek aangesluit, maar ek is net 5’6” en 130

pond en hy is 6’8” en weeg oor die 300 pond, droog.

Onthou om my boeties te sê hulle moet gou maak en

aansluit voor ander ouens uitvind van die Weermag en die

plek stormloop.

Die verkeersbeampte stop ’n man op ’n

verlate pad.

“Meneer, is u bewus daarvan dat u

vrou al twee kilometers terug uit die

motor uitgeval het”

“Dankie tog,” sê die man, “ek dog

ek het doof geword.”

Snaakse pyn

’n Man kla by die dokter oor

pyn in sy lyf. Na ’n deeglike

ondersoek sê die dokter: “Ek is

jammer meneer, maar ek kry nie

die oorsaak van die pyn nie. Dit

kan dalk wees as gevolg van

drank.”

“Toemaar,” sê die man, “ek sal

weer terugkom as jy nugter is.”

Glad met die mond

Met sy eerste dag by ’n supermark, vra

iemand die jong man of hy ’n halwe

blaarslaai kan koop. Die jong man sê hy

sal eers die bestuurder moet gaan vra.

“Meneer, hier is ’n idioot wat net ’n

halwe blaarslaai wil koop.” Net toe sien

hy dat die kliënt hom gevolg het en agter

hom staan. Hy voeg toe by: “en hierdie

goeie man wil die ander helfte koop.”

Nadat die kliënt gehelp is, roep die

bestuurder die jong man. “Jy het jouself

amper daar in die moeilikheid gehad,”

sê hy.

“Maar ek is beïndruk dat jy jou so

vinnig daaruit gekry het. Waar kom jy

vandaan”

“Pretoria”, antwoord die jong man.

“En hoekom is jy daar weg”

“Daar is net lelike vrouens en

rugbyspelers,” antwoord hy.

Die bestuurder lyk ergerlik: “My vrou is

van Pretoria,” sê hy.

“O,” sê die jong man, “het sy vir die

Blou Bulle gespeel”

24

24 pgr summer 08 afr USE.indd 24 9/5/08 1:24:50 AM

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!