06.03.2015 Views

VOETSLAANKLUB STELLENBOSCH NUUSBRIEF JANUARIE 2010

VOETSLAANKLUB STELLENBOSCH NUUSBRIEF JANUARIE 2010

VOETSLAANKLUB STELLENBOSCH NUUSBRIEF JANUARIE 2010

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1

VOETSLAANKLUB STELLENBOSCH

NUUSBRIEF JANUARIE 2010

Algemeen

1.1 Voetslaanklub webwerf

www.stb-voetslaan.co.za

1.2 Bestuur 2009/2010

Voorsitter Jaap van Wyk (021) 887 5335 084-240 5918 jfvw@absamail.co.za

Ondervoorsitter

Sophia Buys (021) 851 8943 082-846 6733

Sekretaresse Linda du Toit (021) 887 1548 072-107 0213 lindadt@mweb.co.za

Tesourier Erika Swart (021) 887 0485 082-0533 727 erikaswa@gmail.com

Addisionele

lede

Louise van der (021) 880 1875 082-492 4293 lvdm2@sun.ac.za

Merwe

Chris Denner (021) 864 8173 082 5784 176 chris.denner@gmail.com

Estelle Denner 083 442 6965

1.3 Uitstappies – kennis gee van voorneme om saam te stap

Elke persoon wat van voorneme is om saam te stap, moet asseblief die stapleier op die laatste die

Vrydagaand voor die stap daarvan in kennis stel.

1.4 Lidmaatskap 2010

Baie welkom aan nuwe lede: Ann Jooste, Antoinette Malan, Barbara Stewart, Gerrit van der Veen.

Mag julle nog vele kere saam met die klub stap.

1.5 Betalings

Alle betalings deur lede: hernuwing van lidmaatskap en besprekings vir naweek– en permitstappe

moet direk in die klubrekening (Absa Aktief Spaar rekening no 1658 7141) gedoen word. Die

tesourier sal dan die oorbetaling aan die betrokke instansie doen.

Probeer die korrekte bedrae vir petrol- en permitgelde op dagstappe saambring.

Om te verhoed dat die klub finansiële verliese lei, sal plekke nie gereserveer word vir lede

wat nie betaal voor of op die sperdatum vir ‘n stap nie.

1.6 Lidmaatskapgeld

Lidmaatskapfooie vir 2010 is soos volg: R80-00 per persoon en R120-00 per egpaar.

Die verhoging in ledegeld word genoodsaak deur stygende bankkostes.

Besoekers sal R20-00 per stap moet betaal.

1.6 Die volgende Bestuursvergadering

Die volgende bestuursvergadering is belê vir Woensdag 24 Februarie 2010. As daar sake is waaraan u wil

hê dat die bestuur aandag moet gee, kan u dit aan een van die bestuurslede deurgee.

2

2 Inligting ten opsigte van al die daguitstappies

Vertrekpunt

By die parkeerarea voor die J S Maraisgebou, Victoriastraat, Stellenbosch; regoor die

Konservatorium

Aanmeldtyd Oktober tot Maart: 07:00 vir 07:15

April tot September: 07:30 vir 07:45

Klere

Noodhulp

Kos ens

Maak voorsiening vir alle weersomstandighede. Neem ALTYD warm klere; trui of baadjie,

saam. In die winter is dit raadsaam op altyd ‘n reënbaadjie in te pak.

Elkeen bring sy/haar eie noodhulpbenodighede. Die stapleier is nie verantwoordelik om pille,

salf, pleisters, ens te verskaf nie.

Elkeen voorsien sy eie eetgoed en drinkgoed vir teetyd en middagete, asook voldoende

drinkwater.

Donasie Besoekers: R20-00

Vervoer

Vervoer kan moontlik onderling gereël word. By elke stap sal ‘n bedrag voorgestel word wat

passasiers kan bydra tot die brandstofkoste

Indien ander reëlings getref word, sal dit onder die spesifieke stap genoem word

Gradering van die moeilikheidsgraad van stappe

1 Maklike stap A Geen blootstelling aan hoogtes

2 Matig maar vermoeiend B Soms klouter op rotse, maar nie

moeiliker as om ‘n kort leer te klim nie

3 Veeleisende oefening C Matige blootstelling aan hoogtes,

persone met hoogtevrees moet nie

hierdie stappe doen nie

4 Net vir die fikses D Baie blootgestel aan hoogtes

Bogenoemde kan in kombinasie die moeilikheidsgraad van ‘n stap aandui, bv 2A, 3B of 2D

Permitstappe Wanneer ‘n permitstap gedoen word beteken dit gewoonlik dat net met ‘n beperkte aantal

persone mag stap. Daarom is dit noodsaaklik dat u ten minste ‘n week vooraf met die aangeduide stapleier

moet skakel en seker maak dat daar vir u plek op die stap is.

Wanneer ‘n persoon plek op ‘n permitstap bespreek is hy/sy verantwoordelik vir die permitgeld,

tensy iemand anders in sy/haar plek gekry word. Die onus ten opsigte van die koste bly dus by die

staplid.

3

2. Gedragskode vir Stappers

1 Die Stapleier moet te alle tye gehoorsaam word. Die stapleier stap voor en al die lede agter hom/haar.

By elke stap sal ‘n addisionele stapleier aangewys word wat agter sal stap.

2 Met die oog op die groep se veiligheid mag die stapleier te enige tyd ‘n persoon se toerusting nagaan en

mag hy ‘n persoon wegwys indien hy reken dat die persoon die groep mag verontrief of in gevaar stel.

3 Moenie rommel strooi nie. Neem ‘n plastieksakkie saam om gebruikte snesies in te sit.

4 Beskerm en bewaar die natuurlike prag van ons berge deur nie die omgewing te bemors nie, op die

voetpaaie te bly en nie kortpaaie te neem nie. Onder geen omstandighede mag plante, bolle ens. uit

bewaringsgebiede verwyder word nie.

5 Neem net foto’s en laat net voetspore.

6 Gehoorsaam die reëls en regulasies van, en verkry toestemming of permitte van die betrokke instansies

voordat gebiede met beperkte toegang binnegegaan word.

7 Wanneer daar om spesifieke redes die wandelpad verlaat moet word, laat ‘n rugsak langs die voetpad

sodat dit vir ander sigbaar is.

8 Bly in verbinding met die groep – moenie afdwaal nie.

9 Tree altyd bedagsaam teenoor mede-stappers op.

10 Voetslaan is ‘n voorreg, moet dit nie misbruik nie.

3. Vergaderings en Funksies

ALGEMENE JAARVERGADERING EN 25- JARIGE VIERING

Ons klub is op 7 Maart 1985 gestig. Alle huidige lede, oud-lede, vriende en familie word uitgenooi na

‘n braai op 6 Maart 2010 te Helderbergplaas.

Verdere inligting in die verband sal gedurende Februarie 2010 aan lede gestuur word.

Die jaarvergadering sal plaasvind en daarna verkeer ons gesellig saam. Gedurende die vergadering

sal die werksaamhede van die klub gedurende 2009 in oënskou geneem word en die bestuur vir 2010

gekies word.

4

4 Naweek en langer stappe

4.1 19 – 22 Maart 2010: Boesmanskloof (Greyton na McGregor) en Genadendal roete

Getal

Stapkoste

12 persone

Boesmanskloof:R55-00 pp

Genadendal: R25-00

Ryafstand 160 km x 2

Bydrae tot brandstof koste R160-00

Oornagkoste 19 Maart: Zebra Moon, Backpackers, Greyton: R80-00

20 Maart: Die Galg, Kothuis, McGregor: R75-00 Bring eie slaapsak en kos.

Hout R15-00

21 Maart: Zebra Moon, R80-00

Stapafstande en gradering

Boesmanskloof: 2 x 14 km

Genadendal: 15 km

Ons vertrek Vrydagmiddag en slaap die aand in die Zebra Moon Backpacker op Greyton. Ons begin

so teen 8:00 stap met rugsakke van Greyton af in die rigting van McGregor. Op pad kan ons by

“Breakfast rock” ontbyt eet en teen middagete behoort ons by een van die mooiste poele in die

Boland te wees. Tyd vir lekker swem. Daarna stap ons tot by die Galg waar ons oornag. Ons braai

die aand lekker vleis en stap dan die Sondag terug, waar ons weer by Zebra Moon oorbly. Die

Maandag (Menseregtedag) stap ons die Genadendal roete – hopelik is dit al teen daardie tyd oop of

ons kuier lekker op Greyton.

Slegs enkele plekke oor, bespreek so spoedig moontlik.

Navrae: Linda du Toit (Tel. 021) 887 1548 of 072-1070213.

4.2 23 – 27 April 2010: Sederberge: Sanddrift

Getal

16 persone

Stapkoste

Maltese kruis: R35-00 pp Wolfbergskeure: R25-00 pp

Wolfbergboog: R50-00

Ryafstand 300 km x 2

Bydrae tot brandstof koste R300-00

Oornagkoste

Kothuise: R450-00 vir die vier nagte

Stapafstande en gradering Wissel

Ons vertrek die Vrydagmiddag na Sanddrift. Ons oornag in volledig toegeruste kothuise (Venus,

Jupiter en Orion). Beddegoed en handdoeke is ingesluit. Daar is ‘n verskeidenheid stappe wat

aangepak kan word. Dit wissel van ‘n besoek aan Maalgat (35 min heen en weer) tot ‘n 8 uur

lange stap tog vir ‘n besoek aan die Wolfbergboog. Dinsdag 27 April (Vryheidsdag) keer ons

terug na Stellenbosch.

Slegs enkele plekke oor, bespreek so spoedig moontlik.

Navrae: Linda du Toit (Tel. 021) 887 1548 of 072-1070213.

4.3 1 – 2 Mei 2010: Jan du Toitskloof

Getal

8 persone

Stapkoste R10-00

Ryafstand

80 km

Bydrae tot brandstof koste R80-00

Oornagkoste

Geen

Stapafstande en gradering 3B

Ons vertrek Saterdagoggend om 06:00 en ry tot by die ingang tot die Jan du Toitskloof.

Daarvandaan stap ons al met die rivier langs die kloof in. Gedurende die stap word baie

“boulder hopping” gedoen – fiksheid is dus ‘n vereiste. Ons stap tot by ons slaapplek (geen

geriewe behalwe water, ook geen brandhout) waar ons ons sakke laat en nog verder met die

kloof opstap. Sondagoggend slaap ons bietjie laat en keer dan terug Stellenbosch toe

Navrae: Jaap van Wyk: Tel. (021) 887 5335 of 084-240 5918

5

4.4 12 – 16 Junie 2010: Visrivier-canyon, Namibië.

Vol bespreek.

4.5 7 – 12 Desember 2010: Walvis roete

Slegs een plek oor, bespreek en betaal so spoedig moontlik.

Navrae: Linda du Toit (Tel. 021) 887 1548 of 072-1070213.

5 Dagstappe

5.1 Saterdag 9 Januarie 2010 Kromrivier, Du Toitskloof, Paarl

Hierdie is ‘n permitstap vir 12 persone.

Bespreek voor 4 Januarie by Jaap van Wyk: (021) 887 5335 of (084) 240 5918

Ryafstand 60 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R60-00

brandstofkoste

Stapafstand 9 km Toegangsgeld R25-00 of Wild card

Gradering 2B Stapleiers Jaap van Wyk en Chris

Denner

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap al met die oewer van die Kromrivier langs totdat ons ons skynbaar vasloop teen ‘n rotsmuur. Dan

klim ons langs die bruisende waters op tot by ‘n asemrowende 100 meter hoë waterval wat na benede stort

in ‘n allemintige swempoel. Neem dus swemklere saam. In hierdie pragtige omgewing is die disas en

nuwejaarslelies hierdie tyd van die jaar in volle blom!

5.2 Saterdag 16 Januarie 2010 Die Dam tot Buffelsjagbaai

Let op die vroeër vertrektyd.

Ryafstand 180 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R180-00

brandstofkoste

Stapafstand 14 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2B Stapleiers Sophia Buys (021) 851

8943 of 082-846 6733

en Linda du Toit

Aanmeldtyd 6:15 Vertrektyd 6:30

Staproete

Ons stap van Die Dam af al langs ‘n stuk ongerepte kuslyn tot by Buffeljagsbaai. By Quin Point roep ons in

herinnering die stranding van die “City of Lincoln” op 9 November 1946. Die skip is weer vlot gemaak maar

in die proses het twee van die drie bergingsbote gesink. Die skip is toe op sleeptou geneem na die Kaap,

maar tydens ‘n ontploffing aan boord het die kaptein, H F van Delden, en sy assistant omgekom. Na al

hierdie moeite moes die skip toe maar gesink word! Bring swemklere saam.

6

5.3 Saterdag 23 Januarie 2010 Bobbejaansrivier, Bainskloof , Wellington

Hierdie is ‘n permitstap vir 12 persone.

Bespreek voor 18 Januarie by Jaap van Wyk: (021) 887 5335, (084) 240 5918

Ryafstand 60 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R60-00

brandstofkoste

Stapafstand 8 km Toegangsgeld R25-00 of Wildcard

Gradering 2B Stapleiers Jaap van Wyk (021) 887 5335

of (084) 240 5918

en Chris Denner

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van die Eerste Tol af deur pragtige fynbos al in die kloof in op tot by die waterval. Daar is heerlike

swemplekke. Bring swemklere saam!

5.4 Sondag 31 Januarie 2010 Palmietrivier stap, Kogelberg

Hierdie is ‘n permitstap vir 12 persone.

Bespreek voor 25 Januarie by Linda du Toit : (021) 887 1548 of (072) 1070213

Ryafstand 65 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R65-00

brandstofkoste

Stapafstand 18 km Toegangsgeld R25-00 of Wildcard

Gradering 2B Stapleier Linda du Toit

(Tel. 021) 887 1548 of

072-1070213

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van die kantoor by Oudebosch af al langs die Palmietrivier tot waar die Palmietrivier by die Louwsen

Dwarsriviere aansluit. Dan swenk ons weg na regs en stap langs die Dwarsrivierpiek tot by die Stokoei

brug vanwaar ons ‘n pragtige uitsig het. Ons keer terug tot by die rivierineenvloeiing en dan met ‘n

alternatiewe roete terug na die beginpunt. Helderblou poele noodsaak die saambring van swemklere.

5.5 Saterdag 6 Februarie 2010 Steenbraspoele

Hierdie is ‘n permitstap vir 12 persone.

Bespreek asseblief voor 25 Januarie by Linda du Toit (Tel. 021) 887 1548 of 072-1070213

Let op die vroeër vertrektyd. Ons moet 7:30 by die hek wees vir permitte.

Ryafstand 36 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R35-00

brandstofkoste

Stapafstand 10 km Toegangsgeld R15-00

Gradering 2A Stapleiers Cynthia Slattery en Linda

du Toit

Aanmeldtyd 6:45 Vertrektyd 7:00

Staproete

Ons stap van Steenbrasmond af al in die pragtige kloof, met sy hoë rotswande, op tot by die lieflike

swempoele. Hier gaan ons heerlik ontspan in die koel water van die Steenbrasrivier, terwyl ons ons verlustig

in die pragtige plantegroei en watervalle in die kloof. Ons stap dan verder totdat ons die bopunt van die kloof

bereik. Onthou die swemklere.

7

5.6 Saterdag 13 Februarie 2010 Disa stap, Tafelberg, Kasteelpoort

Ryafstand 60 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R60-00

brandstofkoste

Stapafstand 16 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2B Stapleiers Jaap van Wyk

(021) 887 5335 of

(084) 240 5918

en Sophia Buys

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van Kampsbaai af met Kasteelpoort op tot bo en vandaar deur die "Valley of the Red Gods". Hier

kies ons koers deur die fynbos tot by Eggo-vallei waar ons ons gaan verlustig aan die pragtige disas.

Vandaar gaan maak ons 'n draai by die ou watervoor voordat ons afdaal in Disakloof en verby die Hely-

Hutchinson- en Woodhead- damme stap tot ons weer die bo-punt van Kasteelpoort bereik

5.7 Saterdag 20 Februarie 2010 Jonkershoek, Tweede waterval

Ryafstand 10 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R10-00

brandstofkoste

Stapafstand 12 km Toegangsgeld R25-00 of Wild Card

Gradering 2A Stapleiers Erika en Sakkie Swart

(021) 887 0485 of

082-0533 727

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons parkeer motors by Witbrug en stap deur die pragtige kloof langs die Eersterivier tot by die Tweede

waterval en terug. Hoed en sonskerm noodsaaklik. Bring ekstra geldjie vir ete en drinke in die Teetuin by

die ingang van die reservaat.

5.8 Saterdag 27 Februarie 2010 Sutherpeak, Houtbaai

Ryafstand 65 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R65-00

brandstofkoste

Stapafstand 4 – 5 ure Onkoste: Geen

Gradering 3C Stapleiers Louise van der Merwe

(021) 880 1875 of 082-

492 4293

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Sutherpiek is gelëe noord van Karbonkelberg in Houtbaai. Die klim begin met ‘n steil opdraande teen ‘n paar

sandduine uit. Gedurende die klim is daar ‘n paar klouterplekke met vaste toue om klimmers te help. Ons

klim tot by ‘n stel kranse waar ons skerp regs draai en aanbeweeg tot by die piek waar ons uitsigte het op

die strandjie direk onder ons, Kommetjie, asook Houtbaai en na die vallei op na Constantianek. Vanaf die

piek stap ons ‘n entjie terug op ons oorspronklike pad en neem ‘n afdraaipaadjie waar ons onderdeur rotse

en deur ‘n tonnel kruip en dan by ‘n boom in ‘n grot opklouter. ‘n Entjie verder stap ons deur diep skeure in

die kranse tot by die oorspronklike paadjie waarmee ons opgeklim het en beweeg terug na die motors.

5.9 Saterdag 6 Maart 2010: Algemene Jaarvergadering

8

5.10 Saterdag 13 Maart 2010 Suikerbossie, Houtbaai

Ryafstand 65 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R65-00

brandstofkoste

Stapafstand 12 km Toegangsgeld Geen

Gradering 3B Stapleiers Louise van der Merwe

(021) 880 1875 of 082-

492 4293 en

Linda du Toit

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Van die Suikerbossie restaurant af stap ons na Myburgh-kloof en met die kloof op na Judaspiek toe.

Hiervandaan gaan ons in die Llundudno-kloof af en oor Houtbaai-hoek terug na die motors. (Op een plek is

dit redelik steil af en is daar ysterrringe waaraan mens kan vashou)

5.11 20 – 21 Maart 2010: Naweekstap: Boesmanskloof en Genadendal

5.12 Saterdag 27 Maart 2010 Duiwelspiek via Mowbrayrif

Ryafstand 2 x 55 km Voorgestelde bydrae tot R55-00

brandstofkoste

Stapafstand 6 km Toegangsgeld Geen

Gradering 4D Stapleiers Jaap van Wyk

(021) 887 5335 of

(084) 240 5918

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van die Rhodes gedenkteken na die Koningsblokhuis. Daarna volg ons die rif tot op die nekkie aan

die bopunt van die Eerste Waterval-kloof. Hiervandaan bestyg ons die piek aan die oostekant. Op ‘n paar

plekke moet ‘n mens teen die rotse uitklouter en soms stap jy op plekke waar dit redelik blootgestel is aan

hoogtes.

5.13 3 April 2010 Geen stap: Paasnaweek

5.14 Saterdag 10 April 2010 Panorama en Swartboskloof, Jonkershoek

Let op die vroëer vertrektyd.

Ryafstand 17 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R15-00

brandstofkoste

Stapafstand ± 23 km Toegangsgeld R25-00 of Wildcard

Motor: R10-00

Gradering 4B Stapleiers Louise van der Merwe

(021) 880 1875 of 082-

492 4293 en

Linda du Toit

Aanmeldtyd 6:45 Vertrektyd 7:00

Staproete

Ons begin by Witbrug en stap tot by die Bergrivier-nek waar ons ‘n pragtige uitsig op die Jonkerhoekvallei en

Assegaaiboskloof het. Hiervandaan stap ons verby die Drieling-Pieke en Guardian Peak. By Pic Sans Nom

het ons ‘n pragtige uitsig oor die Hottentos-Holland kom. Ons daal af in Swartboskloof en stap terug na waar

ons motors by Witbrug wag.

9

5.15 Saterdag 17 April 2010 Fernkloof, Hermanus, Rotary roete

Ryafstand 100 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R100-00

brandstof

Stapafstand 10 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2A Stapleiers Linda du Toit

(Tel. 021) 887 1548 of

072-1070213

en Sophia Buys

Aanmeldtyd: 7:00 Vertrektyd: 7:15

Staproete

Ons stap in die pragtige Fernkloof-natuurreservaat en ons loop deur die mooiste fynbos. Dis 'n maklike stap

en ons klim baie geleidelik met die Klipspringerroete teen die steiltes uit tot by Kanonkop. Dan vat ons die

paadjie na links en stap met die Rotary roete tot waar ons ‘n mooi uitig oor Hermanus en Onrust het. Met die

terugkom kan ons die Groenroete om Lemoenkop probeer.

5.16 Saterdag 24 April 2010 Tafelberg: India-venster op, kabelkarretjie of Platteklipkloof af

Ryafstand 55 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R55-00

brandstofkoste

Stapafstand 10 km Onkoste: Geen

Gradering 3C Stapleiers Jaap van Wyk (021) 887 5335 of

(084) 240 5918 en

Louise van der Merwe

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van die onderste stasie van die kabelspoor af met die Venster-Indiaroete tot by die Kloofhoekrif

(Kloof Corner Ridge). Daarvandaan stap ons met Fountain Ledge na die bopunt van Platteklip en vandaar

na die boonste stasie van die kabelspoor. Die stap bied ons pragtige uitsigte oor verskillende dele van

Kaapstad en sy omgewing. Diegene wat moeg gestap is en wie se bene lam is, kan dan met die kabelkar na

die onderste kabelspoorstasie ry. Die res stap dan met Platteklipkloof terug na waar ons motors staan by

die onderste stasie van die kabelspoor.

5.17 23 – 27 April 2010 Naweekstap: Sederberge

5.18 1 – 2 Mei 2010 Naweekstap: Jan du Toitskloof

5.19 Saterdag 8 Mei 2010 Perdeberg, Kleinmond

Ryafstand 90 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R90-00

brandstofkoste

Stapafstand 12 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2B Stapleiers Sophia Buys

(021) 851 8943 of 082-

846 6733

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap met die kuspaadjie langs die oewer van die Palmiet rivier. Ons stap deur Feetjiesbos en verlustig

onsself aan die groot verskeidenheid heide en ander fynbos in blom langs die roete. Dan klim ons geleidelik

uit teen Perdeberg tot op Perdebergpiek van waar ons ‘n panoramiese uitsig oor die kus en see het. Ons

stap terug met die kontoerpad in die rigting van Bettiesbaai en eindig by die Kleinmondgholfbaan.

10

5.20 Saterdag 15 Mei 2010 Vlakkenberg, Constantia

Ryafstand 60 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R60-00

brandstofkoste

Stapafstand 13 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2B Stapleiers Louise van der Merwe

(021) 880 1875 of 082-

492 4293 en

Sophia Buys

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap van Constantianek af, deur pragtige fynbos, teen die hang van die berg uit tot bo-op

Vlakkenbergnek. Voordat ons aan die Tokai-kant van die berg afsak kyk ons eers 'n slag om en bekyk

Orange-kloof uit 'n ongewone hoek. Ons kruis die Bokkemans-stroom en daarna kies ons koers deur die

proteas in die rigting van Houtbaai. Voordat ons teen die westelike hang van Constatiaberg afdaal kyk ons

eers of die Baviaansrivier na die winterreën nog teen die berghang afstort. By die ou mangaanmyne snuffel

ons 'n bietjie rond voordat ons tot by die motors stap.

5.21 Saterdag 22 Mei 2010 Helderberg dome

Ryafstand 20 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R20-00

brandstofkoste

Stapafstand 15 km Toegangsgeld Voertuig: R5-00

Persoon: R5-00

Gradering 3B Stapleiers Jaap van Wyk

(021) 887 5335 of

(084) 240 5918 en

Louise van der Merwe

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Ons stap deur die Helderberg-natuurtuin tot by Disa-kloof en daarvandaan klim ons teen Porcupine Buttress

uit tot by die nek tussen West Peak en Central Peaks. Hier wag ‘n pragtige uitsig oor die Hottentots Hollandkom

aan die een kant en die Stellenbosch-vallei aan die ander kant, voordat ons verby die Central Peaks

stap tot aan die voet van The Dome. Vandaar is dit net so 'n hupstoot voordat ons die 1137 m kruin bereik,

vanwaar die mooiste uitsig denkbaar ons begroet.

5.22 Saterdag 29 Mei 2010 Botmaskop, Stellenbosch

Ryafstand 10 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R10-00

brandstofkoste

Stapafstand 14 km Toegangsgeld R25-00

Gradering 3B Stapleiers Linda du Toit

(Tel. 021) 887 1548 of

072-1070213 en

Louise van der Merwe

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Die stap begin by Karendal vanwaar ons stap tot op die kruin van Botmaskop (914m). Hier verlustig ons

ons eers aan die pragtige uitsig oor Stellenbosch en die vlaktes tot by Tafelberg in die verte. Daan stap ons

op die rug van die berg langs na Jonkershoek en geniet die pragtige uitsigte oor die Banghoekvallei aan die

een kant en die Jonkershoekvallei aan die anderkant.

11

5.23 Saterdag 5 Junie 2010 Houwhoek

Ryafstand 45 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R45-00

brandstofkoste

Stapafstand 12 km Onkoste: Geen

Gradering 2B Stapleier Marieke Warnich

(Tel 021) 854 3442 of 082-531 0277 en

Linda du Toit.

Aanmeldtyd 7:30 Vertrektyd 7 :45

Staproete

Ons stap van die Houwhoekhotel af in die rigting van Botrivier. Die pad loop geleidelik al hoër tot op die rand

van die berg. Die sirkelroete is meestal tussen fynbos. Ons keer deels met ‘n “Jeep track” terug na die hotel,

net betyds vir heerlike koffie en skons.

5.24 Langer stap 12 – 16 Junie 2010 Visrivier canyon, Namibië

5.25 Saterdag 19 Junie 2010 Chapman’s peak, Houtbaai

Ryafstand 65 km x 2 Voorgestelde bydrae tot R65-00

brandstofkoste

Stapafstand 12 km Toegangsgeld Geen

Gradering 2B Stapleiers Louise van der Merwe

Aanmeldtyd 7:00 Vertrektyd 7:15

Staproete

Van die Chapmanspiek-tolhek af, aan Houtbaai se kant, stap ons met Blackburnkloof op tot amper by die

saaltjie in die nek tussen Chapmanspiek en Noordhoekpiek. Daarvandaan stap klim ons tot op

Chapmanspiek. Ons volg dieselfde roete weer terug na die motors.

5.26 Saterdag 26 Junie 2010 : Geen stap nie

’n Geseënde Kersfees en vele heerlike en opwindende stappe in die komende jaar.

Groete

Linda

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!