07.03.2015 Views

April 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

April 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

April 2011 Nuusbrief - The Potato Foundation

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

potato nuus

UITGAWE DRIE: APRIL 2011

Paasfees ‘n Tyd om stil te staan

As ons hierdie jaar aan April 2011 dink,

dan is die volgende op almal se lippe: Jy

hoef SLEGS drie dae verlof te neem om 11

dae aanmekaar af te hê! Baie besighede

sluit die hele week en watter ekonomiese,

onproduktiewe, middel-van-die-jaar

vakansie is dit nie vir werkgewers nie!

Onderwysers vra met rede waarom die

regering nie die skoolvakansie in hierdie

tydperk beplan nie, want hulle gaan nie

deur hul skoolwerk kom nie.

Ten spyte van onderwysers en werknemers

is almal se vakansies bespreek en wag ons

angstig dat die tyd nader kom. Dit is soos

Kersfees in die middel van die jaar! Vir die

wêreld is dit soos Kersfees – Kersvader

verruil net sy pak vir die Paashaas en ons

steek eiers weg in plaas van geskenke

onder die boom. Maar as Christene het

ons soveel meer om na uit te sien! Die

Here se hele koms word in hierdie tyd

gekristaliseer. Hy het aan die kruis vir ons

sondes gesterf EN hy het op die derde dag

opgestaan uit die dood. As Christene vier

ons Paasfees vanaf 22 tot 25 April 2011.

Ons moet hierdie tyd gebruik om stil te

staan in Sy teenwoordigheid om sodoende

die Here se LIEFDE in Sy volheid te ervaar.

Ons wens elke vrywilliger ‘n heilige,

geseënde Paasfees toe!

Food from Heaven

Dankie aan Willow Ridge High School

Mens kry hoop vir die toekoms as jy ‘n

skool soos Willow Ridge High School in

Die Wilgers besoek en al wat jy sien is hoë

GEHALTE personeel en leerders. Lanklaas

het ons ‘n skool teëgekom wat so ‘n passie

het om te gee en ‘n verskil te maak in hul

gemeenskap. Sulke skole lewer die leiers

van more op!

Ons het op Maandag, 7 Maart 2011, op die

skool se uitnodiging, die kinders bewus

gemaak oor die nood van ons behoeftige

gesinne wat sukkel met kosvoorraad.

Die kindertjies van Blessings Crèche and

Orphanage Centre tesame met Spuddy

Buddy het vir hulle gesing. Die onderwysers

en leerders se reaksie was oorweldigend en

hulle het ongelooflik baie onberfbare kos

vir ons ingesamel!

Graag wil ons hul skoolhoof, Mnr. André du

Plessis en die wonderlike onderwyseres wat

alles georganiseer het, Me. Riette Moller,

al die personeel en VERAL die leerders

van Willow Ridge High School uit ons hart

bedank. Saam het hulle ‘n groot verskil in

die families in ons voedingskema se lewens

gemaak!

Pieter is verras met hierdie geskenkies

Belangrike datums

Angels without wings

Nog ‘n manier om uit te reik

Omkring hierdie datums op

jou kalender

1 April 2011 – “Gekkedag”

13 April 2011 – Scrabble-dag

15 April 2011 – Potato Kaalvoetdag!

Julle mis uit as julle nie

deelneem nie.

16 April 2011 – Vrywilligersdag!

ONS SOEK HANDE ASSEBLIEF!

22 April 2011 – EARTH DAY

23 April 2011 – Wêreld-boekedag

Skoolvakansie: 25 Maart tot 8 April 2011

Angels without Wings fokus daarop

om families te ondersteun met kinders

wat lewensgevaarlike siektes of

lewensveranderende toestande het. Hulle

dienste wissel vanaf iets so kleins soos die

verskaffing van etes aan ouers terwyl hul,

hul tyd en energie langs ’n hospitaalbed

spandeer tot by hul bekendste projek,

‘Home away from Home’. Hulle help

families ook om mediese uitgawes te dek

om te verseker dat hul kinders die beste

moontlike sorg ontvang.

Hulle grootste behoefte op die oomblik

is nommer 3 en 5 doeke, baba-blikmelk

en epizone room. Ons wil graag hierdie

organisasie help deur die kindertjies in

die hospitale saam met Spuddy Buddy

te besoek. Baie van hierdie kinders bly in

hospitale vir meer as ses maande sonder

dat iemand hulle ooit kom besoek, want hul

ouers bly net te ver om te kom kuier.

Ons was op Donderdag, 24 Maart 2011

so opgewonde om ’n baie spesiale

pasiëntjie te besoek. Pieter (5) lê in Steve

Biko Akademiese Hospitaal se chirurgiese

kindersaal na ’n operasie waar sy dikderm

verwyder is. Hy is ’n weeskind en sy

aanneemouers woon in Middelburg wat

dit moeilik maak vir besoeke. Ongelukkig

kon ons geen foto’s neem nie, maar Pieter

was lekker verras met ’n geskenkpakkie wat

nagklere, inkleurboeke en kryte, boeke en

karretjies ingesluit het.

Hospitaalbesoeke word opgedeel tussen

Steve Biko Akademiese hospitaal en Dr.

George Mukhari hospitaal. As jy saam met

ons hierdie hospitale wil besoek, kontak

ons by karina@thepotatofoundation.co.za.

Vind meer uit by http://www.

angelswithoutwings.co.za/home1.html

The Harvest Projek

Om opreg te bid – net soos ‘n kind

Een van die hoogtepunte by ons Harvest

projek dié maand was toe ons die

kinders geleer het om te bid. Met hierdie

handdiagram (links bo) kon ons die kinders

leer waarvoor om te bid:

• Duim – Die vinger is die naaste aan

ons as ons ons hande ophou. Die duim

staan vir die mense naaste aan ons – ons

familie en vriende.

• Wysvinger – Die vinger is ’n sterk

vinger en word gebruik om te

wys. Die wysvinger herinner ons

om vir ons onderwysers, skole en

onderwysdepartement te bid.

• Middelvinger – Dis die langste vinger

en herinner ons aan die mense wat ons

lei. Hier bid ons vir die regering, vir wyse

besluite en dat God ons leiers sal lei in

elke besluit.

• Ringvinger – Die vinger is ons swakste

vinger en herinner ons om te bid vir

siekes en mense wat ons liefde nodig

het.

• Pinkie – Die kleinste vinger herinner

ons dat ons vir onsself moet bid. Ons

onthou dat God ons perfek gemaak het,

in Sy beeld.

By ons skole het ons die kinders in ’n ry laat

staan, en elkeen het ’n onderwerp gekies

vir wie of wat hulle wou bid. Dit maak ons

nederig om te sien hoe die kindertjies bid

as ons hulle nie voorsê nie! Wow, hulle bid

so opreg. Een van die seuntjies het ’n ander

maatjie se hande gevat en hom gehelp om

te bid, en toe sit die trane maar vlak in ons

oë. Nou verstaan ons net weereens hoekom

die kinders so kosbaar is vir God.

Martin by Sophy van die Boitumelo Community Home Centre

toe Potato daar gaan speelgoed aflewer het

Nuwe projekte Drie projekte waarby JY betrokke kan raak

Voordat ons ’n projek-instansie aan julle bekend stel, doen ons eers ’n volledige

behoeftebepaling sodat ons die korrekte inligting kan deurgee as iemand navrae het. Dit is

vir ons baie belangrik dat ons kan identifiseer met die waardes van die instansies wat ons

ondersteun.

Indien ’n besigheid, skool, groeigroep of enige individu ’n projek wil loods kan hulle ons

skakel en dan kan ons ’n projek aanbeveel, uitwys wat die grootste behoefte by ’n instansie is

of ons kan ook die projek namens hulle behartig.

Hier is drie instansies van wie julle meer volledige behoeftelyste op ons webwerf kan kry:

Eldaa Children’s Foundation (ECF) – Die doel van EFC, wat in die hart van Ga-Rankuwa

geleë is, is om hul minderbevoorregte gemeenskap te help. Dit is ’n dagsorgfasiliteit wat tans

na 40 kinders omsien. Hulle werk uit ’n baie klein huisie met net drie kamers. Tans benodig

ECF basiese benodighede, soos tafeltjies en stoeltjies, ’n stoof en yskas.

Boitumelo Community Home Centre (Sophy’s Home) – Boitumelo Community Home

Centre is deur Sophy Msiza begin om behoeftige kinders te help. Sophy het tans 32 kinders

wat in die huis bly, meestal weeskinders, straatkinders en pleegsorgkinders wat deur

maatskaplike werkers na haar gebring word. Sophy ontvang nie geld om vir meeste van die

kinders te sorg nie. Haar doel is om die kinders in haar sorg die beste onderwys te gee sodat

die kinders ’n beter toekoms kan hê.

Vos Community Centre and Creche – Die CMR (Christelike Maatskaplike Raad) is ’n

organisasie wat, tesame met ander organisasies, ’n maatskaplike diens lewer aan behoeftige

kinders, families en gemeenskappe. Hulle doel is om ’n vroeë kinderontwikkeling diens te

lewer aan ten minste 120 van die mees behoeftige kinders in Sunnyside, deur twee etes per

dag en algemene maatskaplike dienste aan hulle te voorsien.

Getru Eloff en Christi Warren

oorhandig die toerusting aan die

adjunkhoof, George Parker van

Laerskool Gen Beyers

Go Green Projek

Earth hour op 26 Maart 2011 was ‘n

wêreldwye geleentheid wat deur die World

Wildlife Foundation gereël is. Op hierdie

dag word besighede en huishoudings

gevra om alle nie-essensiële ligte en

elektroniese apparate af te skakel vir ‘n UUR

– 20.30 tot 21.30 – om bewustheid te skep

oor klimaatsverandering.

Ons het met die oploop tot en met 26

Maart die kinders bewus gemaak van

wat dit beteken om elektrisiteit te spaar

en die positiewe uitwerking wat dit op

die omgewing sal hê. Vir diegene wat nie

elektrisiteit het nie, het ons geleer om hulle

hulpbronne spaarsamig te gebruik. Ons

uiteindelike doel was dat die kindertjies

Ons doen ons deel vir Earth Hour

hulle ouers sou herinner om die ligte af te

skakel.

Het jy onthou om dit by jou huis te

doen? Indien jy vergeet het, is daar nog

‘n geleentheid om jou steun vir ‘n groener

aarde te gee.

EARTH DAY

Earth Day is ‘n dag wat bedoel is om

bewustheid te skep en ‘n waardering te

kweek vir jou omgewing. Earth Day word

nou globaal gekoördineer deur Earth Day

Network en word in meer as 175 lande

gevier. In 2009 het die Verenigde Nasies

22 April (toevallig hierdie jaar op Goeie

Vrydag) geallokeer as Mother Earth Day.

Help ons herwin

Indien jy ons kan help met

gebruikte papier skakel

asseblief ons kantoor. Ons

gebruik ongelooflik baie

papier in ons projekte.

DANKIE AAN:

SANSAS

Op 22 Maart 2011 het die South African National

Accreditation System (SANAS) verskeie rekenaars en

kantoortoerusting aan Laerskool Generaal Beyers in

Danville geskenk nadat ons die skool genomineer het.

‘n Spesiale dank aan Getru Eloff en Christi Warren van

SANAS wat die oorhandiging en al die moeite gedoen

het om die goedere aan die skool te skenk.

METRO

Metro skenk op ‘n gereelde basis vir ons klere en niebederfbare

goedere. ‘n Spesiale dankie aan Bonnie

Eekhout met wie ons elke keer korrespondeer! Hierdie is

voorwaar ‘n maatskappy wat vir sy gemeenskap omgee!

Vrywilligersdag, 16 April 2011

‘n Spesiale Paasfeesdag vir die kinders van Salem

Gemeente in Danville

Ons het jou hulp nodig om dié dag

‘n sukses te maak!

The Potato Foundation en Salem Gemeente in Danville (by die Danville Kamers) span kragte

saam en reël ‘n uitstappie vir die kinderkerk se kindertjies voor Paasfees. De Haven Oost troue

onthaalplek en restaurant (http://www.dehavenoost.co.za/) is die gasheer vir die dag. Daar is

lekker oop spasies asook ‘n mini-dieretuin! Ons beplan ‘n dag propvol pret, maar is gefokus

daarop om die Paasboodskap effektief aan die kinders oor te dra. Ons program sien kortliks

soos volg daarna uit:

10vm – 12nm: Boeresport, springkasteel, gesigverf, dierevoer en sakkies verf (elke kind

ontvang ‘n sakkie waarin hy of sy paaseiers huistoe kan vat)

12vm – 1nm: Etenstyd

1nm – 2nm: Praktiese lesing oor Paasfees

2nm – 3nm: Paaseiers jag!

3nm:

Huistoe-gaan tyd

Hier is hoe jy betrokke kan raak.

Ons benodig die volgende:

• Tent (Ons kort eintlik net skaduwee!

Daar is ‘n 150m strook wat ons gebruik

waar geen boom is nie!)

• Kruis (‘n Grote waarop ons elke kind se

naam kan graveer.)

• ‘n Springkasteel of twee

• Padkos en koeldrank vir wanneer

kinders op die bus klim

• Paaseiers (soos in BAIE!)

• Klanksisteem

• Bruin papiersakke wat die kinders kan

verf

• Bus

• Dan die heel belangrikste… Ons kort

JOU as vrywilliger om ons te kom help!

Kom geniet die dag saam met ons en

maak ‘n verskil in ‘n kind se lewe! Kontak

asseblief die kantoor of epos martin by

martin@thepotatofoundation.co.za.

Bly op hoogte

‘n Vinnige manier om op hoogte te bly en aktief deel te neem aan ons aktiwiteite is

om ons webwerf, Facebook-bladsy of ons op Twitter te besoek. Jy gaan uitmis as

jy dit nie doen nie!

• www.thepotatofoundation.co.za

• http://www.facebook.com/pages/The-Potato-Foundation/130107300360975

• http://twitter.com/#!/ThePotato1

Kom leef jou passie uit en

maak ‘n verskil!

Kontak The Potato Foundation

Telefoonnommer: 082 967 6258

Faksnommer: 086 612 6532

E-pos: info@thepotatofoundation.co.za

Webwerf: www.thepotatofoundation.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!