18.10.2016 Views

AHI OORSIG 2016 17102016

AHI Oorsig 2016

AHI Oorsig 2016

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AHI HOOF UITVOERENDE BEAMPTE

JAARVERSLAG 2015/2016

‘n Kenmerk van die huidige tydsgewrig is die geweldige spoed

waarteen verandering plaasvind. Wat eens as normaal bestempel was,

bestaan nie meer nie. Die nuwe normaal het weinig kans om gevestig

te word. Dan is daar weer nuwe uitvindings wat die bestaande

situasies totaal verander.

Dr. Ernest Messina

AHI Uitvoerende Hoof

Hierdie toedrag van sake vereis intellektuele en emosionele

soepelheid. Daardeur kan ‘n mens steeds ‘n bydrae maak tot die

ontwikkeling en relevante voortbestaan van organisasies.

Die AHI is ‘n gevestigde organisasie wat volgende jaar

75 jaar oud is – een van die langsbestaande

georganiseerde instellings in Suid-Afrika. Oor die

afgelope aantal dekades het die AHI onder die leiding

van verskeie presidente baie verander. Tog word

gereeld gevra wat die relevansie van de AHI vandag

is, gegewe die spesifieke historiese en kulturele

agtergrond waaruit die AHI onstaan het.

As ‘n sakeorganisasie was die AHI se gesamentlike

bydrae tot Suid-Afrika se ekonomie in dié tyd

beduidend. In sekere opsigte was die afgelope jaar ‘n

opwindende en merkwaardige jaar. In lyn met die AHI

visie en strategie het die Direksie, Uitvoerende Hoof

en res van die personeel ‘n hele paar fokuspunte

gehad en nagestreef. Ons kan met genoeë verslag

doen oor goeie vordering wat gemaak is. Gegewe die

snel veranderende nasionale en internasionale

omgewing waarbinne die AHI haar bevind, sal daar

voortdurend heerlike nuwe uitdagings wees om aan te

pak.

Die vertrekpunt vanjaar was die AHI se visie naamlik

Saam Skep Ons Volhoubare Welvaart. Daar is werklik

gepoog om nuwe inhoud, betekenis en substansie aan

die visie te gee. Verder is voortgegaan om te bly fokus

op:

Entrepreneurskapsontwikkeling & Opleiding:

Nadia Carolissen

Opleiding Aliwalnoord

Netwerk

Marieta van Zyl

Opleiding Johannesburg

Opleiding Nelspruit

Opleiding Bothaville

Plaaslike Ekonomiese ontwikkeling

Charl du Plessis

Kirkwood

Mandeladag

waterprojek

Aliwalnoord

beroemde

warmwater bronne

AHI Kongres 2015

AHI Nasionale raad

AHI Nasionale raad

Raad van Trustees ete

nie deel van die AHI se voedingsbron is nie, vanjaar

aangesluit.

Die Werkgewersorganisasie:

Lorraine Lefyedi

AHI webwerf en Sosiale media:

Leandre du Plessis

Finansies – Sandra Rousseau, en,

3. Volhoubare welvaart –

Volhoubaarheid is een van die wagwoorde van ons

tyd, veral finansieël. Met die oog op die toekoms is

begin om meer jongmense by die AHI te betrek. Vir die

komende jaar gaan dit ‘n belangrike fokus van ons

strategie wees. Die opwindende geleentheid van

hierdie fokus gaan wees om wysheid en ervaring met

Theo van Wyk wat as COO toegesien het dat die

administratiewe aspekte rondom die inisiatiewe belyn

is.

Met al hierdie aktiwiteite is vordering gemaak en ons

het in die loop van die jaar tot nuwe insigte gekom.

Projekte soos hierdie verg voortdurend nuwe denke en

aanpassing.

Van die belangrikste fokusareas na gelang van die

visie en die uitrol daarvan is die volgende:

1. Saam – daar was sterk klem daarop geplaas

om saam met ander rolspelers ‘n beskeie dog

aktiewe bydrae tot die bou van die land se

ekonomie te lewer. Baie tyd en energie is bestee

aan die verstewiging van verhoudinge met

nasionale, provinsiale en plaaslike regerings. Hierin

lê groot uitdagings, maar ons ingesteldheid is om

aan te hou.

2. Ons – Om die AHI op alle vlakke van die

organisasie meer inklusief te maak is ‘n

noodsaaklikheid. Ofskoon ons geskiedenis een is van

‘n homogene groep mense, is die AHI goed op pad om

‘n inklusiewe organisasie vir alle Suid-Afrikaanse

besigheidsmense te raak. As voorbeeld noem ons

graag dat op aanbeveling van voormalige AHI

President Matthews Phosa, die National Black

Contractors & Allied Traders (Nabcat) na die AHI

verwys is. Na drie gesprekke het die Nasionale Raad

van Nabcat besluit om by die AHI aan te sluit. Dit

word nou na al die provinsies deurgevoer. Ons wag

met groot belangstelling op die uitslag van hierdie

konsultasieproses. Gesprekke is ook gehou met die

besigheidseienaars van die Nuwe Apostoliese Kerk in

Kaapstad. Baie van hulle is nou gereed om by die AHI

aan te sluit. Verdere gespekke word gevoer om aan

die kwessie van inklusiwiteit die aandag te gee wat dit

verdien. En intussen het sakemense wat tradisioneel

jeugdigheid te verbind. Dit kan wondere vir die AHI

beteken as deel van die vorming en skep van ‘n

verjongingskultuur.

Verder is die verhouding met korporatiewe lede

beduidend anders benader. Die klem het geval op die

skep van wedersyds voordelige verhoudinge.

Ontmoetings is gehou met voorsitters, Hoof

Uitvoerende Beamptes en/of ander senior

korporatiewe leiers. Korporatiewe leiers van Media24,

Sanlam, Santam, Remgro, RCL, Auto & General,

Vodacom, Exxaro, ABSA, Sasol, Telkom, Eskom,

Vodacom en Kumba is gespreek. By die meeste,

indien nie almal nie, is daar rede tot optimisme oor die

pad vorentoe. Daar word egter duidelik besef dat die

breër Suid-Afrikaanse ekonomie groot uitdagings

inhou. Om hierdie uitdagings te trotseer en enigsins ‘n

kans te staan om sukses te behaal, is dit veel beter om

dit saam aan te pak as elkeen op eie stoom.

4. Verstewig die verhouding met die provinsies.

Die meeste van ons provinsiale strukture beskik nie

oor voltydse personeel nie. Dit bied groot

administratiewe en organisatoriese uitdagings vir

beide die provinsie en die Hoofkantoor. Planne word

beraam om betroubare en effektiewe strukture in plek

te kry om groter impak te maak. Hierdie proses word

deur die provinisiale strukture self gedryf.

5. Verstewig die verhouding tussen hoofkantoor

en sakekamers. Aangesien baie tyd en energie aan

korporatiewe bestee is, is minder as die helfte van die

sakekamers individueel besoek. Elke besoek het

egter elke keer nuwe feite en insigte aan die lig

gebring. Die meeste sakekamers het ‘n aktiewe

program wat deur die loop van die jaar uitgerol word.

Sommige sakekamers doen geweldig baie moeite om

die sakekamers te laat floreer. .

6. Bou goeie verhoudinge met die media en wees

meer sigbaar. Die Direksie het in die afgelope jaar ‘n

mediabeleid aanvaar. Die oogmerk is om stewige

bande met die media te sluit en sodoende toegang vir

die AHI en al ons strukture te vergemaklik. Ons

behoort ook gereeld indien daar kontensieuse

vraagstukke van nasionale belang of in belang van die

lede opduik, uitsprake daaroor te maak. Op hierdie

stadium het ons baie goeie bande met Media24 wat ‘n

korporatiewe lid is.

7. Finansiële volhoubaarheid is die

enkele grootste uitdaging vir die AHI. Sonder

genoegsame befondsing kan ‘n organisasie nie

voortbestaan nie. Hierdie is nie uniek aan die AHI nie,

want ander georganiseerde sakeorganisasies word

met dieselfde uitdagings gekonfronteer. Een van die

mees netelige kwessies is dat Suid-Afrika steeds in

gebreke bly om een verteenwoordigende liggaam vir

besigheid te hê wat met een stem praat. Amper almal

nader dieselfde instansies vir finansiële ondersteuning.

Boonop behoort korporatiewe op hul beurt aan

industrie-organisasies wat dit moeilik maak om by

verskillende organisasies te affilieer. In die afgelope

jaar het sekere korporatiewe besluit om hul

betrokkenheid by sakeorganisasies te verminder. Ten

spyte van die besluit het die AHI korporatiewe lede byof

teruggekry. Korporatiewe en individue met wie

gedurende die jaar ontmoet is, sluit in:

Media24 – Esmaré Weideman, CEO, Anika

Abrahams

Engen – Tasneem Suliman-Bray

Transnet – kontak gemaak met HUB

Siyabonga Gama

Nedbank – Goolam Kader

Sasol – Nolita Fakude, Justice Magagula en

Brenda Nkosi

Standard Bank – Sim Tshabalala CEO,

Joshua Zwane Gauteng Hoof

Eskom – Brian Molefe, Chose Choeu en

Marion Huges

Bestmed – Chris van Wyk en Natalie

Hendricks

Business Leadership South Africa – Saki

Macozoma

Old Mutual – Savario Arendse

Automobile Association – Linda Evans

Ryk Neethling – Bemarkingshoof Val de Vie

Andrew Golding – Voorsitter van die Pam

Golding groep

Sanlam – Desmond Smith, voorsitter, Ian Kirk,

CEO, Sana-Ullah Bray, Group Company

Secretary, Ainsley Moos, Jan Steenkamp

Pepkor – Christo Wiese

Naspers – Ton Vosloo en Koos Bekker

Investec – Fani Titi en Hendrik du Toit

Videovision – Anant Singh

African Rainbow Capital – Johan van Zyl

Het Jan Marais Fonds – Niel Krige

Verhoudingsbou is ‘n lang proses, maar ons het baie

ver gevorder in die afgelope jaar. Enersyds was die

ontmoetings daarop gemik om die bande te verstewig,

en andersins om te verseker dat die korporatiewe

betrokke bly en groter waarde uit die lidmaatskap kry

vir beide die AHI en die lid.

Vodacom – Shameel Joosub, CEO

RCL Foods – John du Plessis, MD

Auto & General – John October,

Remgro – Jannie Durand en Neville Williams

ABSA – Maria Ramos, Gavin Ellis en die KZN

provinsiale hoof

Die oplossings vir finansiële volhoubaarheid is nie voor

die hand liggend nie en ons sukkel om volhoubaarheid

effektef aan te spreek. Daar is nie uniformiteit ten

opsigte van lidmaatskapgelde nie en die kultuur van

sakekamer-outonomiteit is ‘n verdere belemmerende

faktor. Wat bepalend is om die situasie aan te spreek

is die hele model van lidmaatskap, die

waardeproposisie. Verder is die ingesteldheid van

maatskappye oor of hulle die AHI nodig het of alleen

wil staan faktore wat bepaal hoe sterk die organisasie

is. Oor die afgelope aantal jaar het groot maatskappye

byvoorbeeld hulle vlerke internasionaal gesprei. Groot

korporatiewe het ook direk toegang tot die nasionale

regering. Die behoefte by hulle om by ‘n AHI aan te

sluit is dus nie meer so sterk soos in die verlede nie.

Universiteit van Stellenbosch Sakeskool se Good

Governance Forum onder leiding van Professor Erwin

Schwella en sy span. Dawie Roodt van die Efficientgroep

is ook betrokke. Die oogmerk is om deur middel

van die Indeks aan te dui hoe munisipaliteite vaar en

watter beleggingsmoontlikhede munisipaliteite bied.

Nedbank toon ook groot belangstelling om betrokke te

wees.

Korporatiewe en kleinsake is egter interafhanklik van

mekaar en behoort ‘n eenheid te vorm om sodoende

die beeld uit te dra dat klein en groot saam met die

regering op alle vlakke saamwerk in die beste belang

van die AHI en die land se ekonomiese groei. Sulke

verenigde pogings sal baie doen om moraal te

verhoog en vertroue in te boesem. Om saam te werk

is beter as om teen mekaar of in isolasie te werk.

Tans is die hoof inkomstestrome van die AHI:

• Korporatiewe lede

• Silwer sakelede

• Gewone sakelede

• Werkgewersorganisasie

• Sakekamer-bydraes

• Buitelandse fondse vir spesifieke projekte

• Bydraes vir die jaarlikse konferensie.

Befondsing uit hierdie bronne is nie naasteby

genoegsaam om die AHI op ‘n volhoubare wyse te

bedryf nie. Dit is dus ‘n werklike krisis en drastiese

stappe sal geneem moet word om die situasie te

beredder. En, tog is daar maatskappye wat AHI-lede

is wat van die grootste markkapitalisasie op

effektebeurse soos die JSE het. Gesamentlik besit die

AHI-lede bates wat miljarde rande beloop. Tog sukkel

die moedermaatskappy. Een van die pogings wat van

stapel gestuur is, is om ‘n trustfonds te stig. Die

gedagte is dat verskeie potensiële befondsers ‘n

bedrag oormerk, dit dan self te belê en die rente

daarop aan die AHI bemaak vir die uitvoer van

spesifieke programme.

Die werf van korporatiewe en kleiner sakelede alleen

gaan nie die uitdaging aanspreek en blywend oplos

nie. Die oplossing lê ook nie alleen in die stig van

nuwe sakekamers nie. Pogings om passiewe inkomste

te genereer neem ook langer om te realiseer as wat

gehoop is.

Vennootskappe

Heelwat aanvoorwerk is vanjaar gedoen om

vennootskappe te vestg of te verstewig. Een van die

voordele is dat ‘n wye spektrum van kundiges betrek

kan word by die werksaamhede van die AHI. Op

hierdie manier word kostes bespaar en kapasiteit

verhoog sonder om sulke kundiges in diens te neem.

Munisipale Indeks vir dienslewering op Plaaslike

Regeringsvlak. Hier werk ons saam met die

Etiek Instituut

‘n Formele ooreenkoms is met die Instituut gesluit. Die

AHI is nog meer formeel daartoe verbind om etiese

norme en praktyke te handhaaf en uit te bou. Alle

AHI-lede word derhalwe verder aangemoedig om die

hoogste standaarde ten opsigte van etiek te handhaaf

om sodoende ‘n voorbeeld te stel oor die morele

hoëgrond in ons land.

SALGA

Die ooreenkoms met Salga en die Departement van

Samewerkende Regering en Tradisionele

Aangeleenthede wat ‘n paar jaar gelede onderteken

was, sukkel om werklik van die grond af te kom. Die

Departement van Minister Des van Rooyen bly in

gebreke om hulle deel van die ooreenkoms te

eerbiedig, selfs met ‘n ontmoeting. Ons het egter met

Salga in twee munisipaliteite ‘n proses aan die gang

gekry om kwessies gesamentlk aan te spreek in plaas

daarvan dat die verskillende partye mekaar in die hof

moet uitdaag en dan daarna weer met mekaar moet

saamwerk. Alle aanduidings is dat alhoewel die

proses stadig verloop, daar tog vordering is. Ook hier

kan en durf ons nie moeg raak om die heel beste vir

ons onderskeie dorpe na te streef nie. Ons

gewilligheid om by te dra tot die ontwikkeling van ons

dorpe en sukses wat ons uiteindelik gaan bereik al dan

nie word ons nalatenskap.

Ons 100 plus sakekamers het ‘n verpligting en ‘n

grondwetlike en morele verantwoordelikheid om seker

te maak dat die dorpe reg funksioneer. In die woorde

van die 32-jarige voorsitter van Hoedspruit

Sakekamer, Patrick Jordan, oor hoekom hy die

sakekamer dien – “Ek doen dit omdat ek my dorp

liefhet.”

Na die verkiesing is ‘n indringende werksessie met

amptenare van Cogta gehou en daar is beslis

belowende geluide wat gemaak word oor hoe om

plaaslike ekonomiese ontwikkeling en bestuur op ‘n

peil te kry wat aanvaarbaar en nastrewenswaardig is.

Georgia Business Chamber in

South Africa

graag in die toekoms met die AHI saamwerk.

Staatsbeheerde ondernemings: Minister Lynne Brown

het die AHI Nasionale Raad op 10 Maart toegespreek.

Ofskoon daar nie tasbare resultate uit die interaksie

voortgekom het nie, is waardevolle kontak

bewerkstellig. Ons wag steeds op die Department vir

antwoorde op van ons versoeke.

Na verskillende gesprekke tussen die AHI is die MOU

formeel onderteken deur onsself en Ambassadeur

Dvali. Voortaan kan ons spesifiek kyk na samewerking

vir ons lede en hoe om geleenthede met die staat

Georgia te ontsluit. Ondertussen het Georgia die AHi

begin voorstel aan ander ambassades met wie hulle

goeie bande het. Dit kan werklik baie beteken vir AHIlede

en uiteindelik vir die land se ekonomie, indien

hierdie vehoudinge begin vrugte afwerp.

Dirco: Deur bemiddeling van Suid-Afrika se nuwe

Ambassadeur Stone Sizane is die AHI versoek om dit

te oorweeg om betrokke te raak by die ontsluiting van

geleenthede wat die tientalle bilaterale ooreenkomste

tussen Suid-Afrika en die onderskeie lande bied. Daar

was ‘n gesprek met Adjunk Direkteur-Generaal Yolisa

Maya en ‘n verbintenis is gegee om saam met die AHI

hieraan te werk. Die moontlikhede is baie belowend vir

uitruil, uitvoer en die ontwikkeling van jongmense.

Kontak Met Die Regering

Tesourie: Kontak word gereeld gemaak met

amptenare van die Tesourie. Wanneer ons versoeke

rig om met hulle te ontmoet, word ons feitlik altyd te

woord gestaan. Op dié manier bou ons nie net

verhoudinge nie maar inligting word gedeel, beter

begrip word ontwikkel sonder dat die AHI bo ander

bevoordeel word. Die beeld wat hierdeur uitgedra

word, is dat die regering en die besigheidsektor

saamwerk. Dit kan net bevorderlik wees vir alle

betrokke partye asook vir die beeld van ons land.

Openbare Werke: ‘n Ontmoeting is met dr Stanley

Henderson gehou waartydens maniere bespreek is oor

hoe om met die Departement Openbare Werke saam

te werk. Daar is beslis baie goeie gronde om

gesamentlik armoede, werkskepping en ongelykheid

aan te spreek en op te los. Die Department wil nou

DTI: Al was die kontak beperk, het ons vanjaar goeie

kontak met die DTI gehad. Dit het onder meer daartoe

gelei dat ons ‘n baie konstruktiewe ontmoeting tussen

een van die DTI-amptenare en ons BEE-komitee kon

reël. Dit was die eerste formele kontak tussen die AHI

en DTI in meer as twee jaar.

Kommunikasie

Effektiewe, gereelde en impakvolle kommunikasie bly

’n groot uitdaging. Ons ondersoek verskillende vorme

van kommunikasie. Een van die vorme waarmee ons

reeds vordering gemaak het, is die sosiale media.

Ons wil graag alle sakekamers op Facebook kry. Die

idee is om met almal kontak te maak en deur

Facebook met sakekamers te skakel bo en behalwe

met e-pos en sms.

Die webblad raak toenemend een van die belangrikste

vorme van kommunikasie. Die AHI moet aan die

voorpunt van hierdie verwikkeling wees en ek kan met

reg sê ons het hierdie jaar ver gevorder om deur

middel van sosiale media groter deelname en

kennisgewing te bevorder van al die aktiwiteite wat in

die verskillende fasette van die AHI plaasvind.

Die kanale na die koerante, radio- en TV-stasies is

oop. Ons kan en moet kwessies lug sodat ons dit

wyer bekend kan maak. Die gedagte is steeds om die

verhouding met die mediagroepe te vestig sodat die

verhouding tussen hulle en die AHI bestaan en nie

gesentreer is in individue nie. Om kontinuïteit te

verseker is dit belangrik. Daar was verskeie radio-,

televisie- asook koerantberigte oor die AHI. DIe

meeste hiervan is op ons webblad geplaas. Ons het

ondertussen met ons vennoot Media24 oor ‘n baie

belangrike projek ooreengekom, naamlik om van ons

lede se profiele te plaas. eNCA het ‘n soortgelyke

versoek gerig, en ons ontmoet eersdaags met

Ontbytsake om die AHI weer groter prominensie te

gee.

75 Jaar Koffietafelboek

Volgende jaar bestaan die AHI vir 75 jaar. Om die

geleentheid te vier, is ons besig met

‘n projek om ‘n publikasie die lig te

laat sien. Daarin sal vervat wees

bydraes van leiers op verskillende

vlakke van die organisasie,

sakekamer-aktiwiteite asook

hoogtepunte en laagtepunte van die

AHI. Inligting, foto’s en ander

kosbare bronne is reeds ontdek en

sal daartoe bydra dat die geskiedenis

van die AHI op ‘n besondere manier

opgeteken sal word. By Vrystaat

Universiteit is 66 meter rakspasie

van leers met inligting oor die AHI.

Ons doen ‘n verdere beroep op al ons lede en

voormalige lede om inligting wat sekere aspekte van

die AHI sal toelig, vir ons beskikbaar te stel vir

moontlike insluiting in die publikasie.

Ten Besluite

Die AHI bevind haarself binne ‘n omgewing waar

veranderinge baie snel gebeur. Om te oorleef en

relevant te bly, moet ons almal intellektueel en

emosioneel rats wees om aan te pas by hierdie

veranderinge. Dit is die groot suurtoets. Ons moet nie

net reageer nie, maar inderdaad aan die voorpunt

wees om leiding te neem en pro-aktief wees. Sulke

optrede sal bepaal of die AHI 20 jaar van nou af en

daarna nog ‘n beduidende rol in ons land en

georganiseerde besigheid gaan speel. Die utdagings is

groot, dog opwindend. Die AHI is in ‘n unieke posisie

om ‘n wesenlike bydrae te lewer tot elke dorp en stad

waar ons 'n teenwoordigheid het. Kom ons gryp

hierdie geleenthede aan. Die tyd is ryp om dit met

oorgawe te doen en sodoende ‘n nalatenskap te bou

wat prysenswaardig en tasbaar is. Ons het werklik

spreekwoordelik ‘n groot deel van die toekoms in ons

hande. Kom ons gaan oor tot aksie en maak só ‘n

verskil waarop ons, ons kinders en ons landsgenote

met reg trots op kan wees. ‘n Opregte woord van dank

word aan elkeen gerig wat die AHI vanjaar positief en

konstruktief op ‘n wenpad geplaas en gehou het.

Elke bydrae word werklik opreg waardeer.

Presidensiële Oorsig 2015/16

Inleiding

Die jaar 2015/16 was vir my as individu 'n ervaring van 'n leeftyd.

Dit was inderdaad 'n groot voorreg om deel te kon wees van en

diens te kon lewer aan hierdie uitmuntende besigheidsorganisasie

met sy ryke besigheidsgeskiedenis wat oor 'n periode

van 74 jaar strek.

Mr. Christo Botes

AHI President

Die AHI se diensaanbod en relevansie was weereens voor 'n

uitdaging gestel. Ek kan egter sonder twyfel sê dat ons

organisasie die mees gerespekteerde besigheidsorganisasie in die

land is en dat dit deur die regering in die breë en korporatiewe

(groot besighede) erken word as 'n organisasie wat objektief is,

besighede dien en, meer spesifiek, steeds die mondstuk is van

klein en medium besighede wat deel vorm van die breër

ekosisteem van besigheid bedryf, werk skep en ons ekonomie aan

die gang hou.

Besigheidsbeginsels

Die wêreld beleef stormagtige tye, gesien vanuit 'n

politieke, ekonomiese en sosiale perspektief. Alles

wat in die afgelope jare/dekades as stabiel en gevestig

voorgekom het, word uit verskillende hoeke voor 'n

uitdaging gestel. Individue is konstant besig om van

gedagte te verander en basiese beginsels word ook

die hele tyd uitgedaag. Dit veroorsaak 'n

vertrouensbreuk onder individue, groeperinge van

mense, nasies en die samelewing in die breë.

Dit is nodig dat ons 'n kultuur inskerp waar gefokus

word op basiese waardes en beginsels soos integriteit,

eerlikheid, betroubaarheid, ekonomiese meriete,

respek vir menswaardigheid en omgee vir mekaar. Ek

het al dikwels gewonder of die huidige ekonomiese en

politieke uitdagings unieke leierskapsvaardighede

vereis. Ek dink egter nie so nie, want leierskap verg

bloot die uitleef van kernwaardes wat veronderstel is

om diep binne-in jou as mens gesetel te wees, met

eksterne faktore, positief sowel as negatief, wat jou

gedurig toets ten opsigte van hierdie kernwaardes.

Jou optrede as 'n besigheidseienaar en -leier moet

altyd in die beste belang van almal wees, sonder dat

jou kernwaardes gekompromitteer word. Indien jy

begin toegee aan druk, behoort jy nie 'n

besigheidseienaar en -leier te wees nie, want jy bewys

'n ondiens aan jouself en aan die samelewing in die

breë. Dit is in daardie tye wat alles onderhandelbaar

lyk dat ons rotsvas moet staan vir dit wat reg is.

Globale vooruitsigte

Die globale vooruitsigte begin al meer onseker lyk.

Ons sien hoe voorspellings ten opsigte van

ekonomiese groei in die wêreld afwaarts aangepas

word tot 'n beskeie groeivlak van 3.1% vergeleke met

die gemiddelde 3.7% voor die globale ekonomiese

krisis van 2008. Die onsekerheid, teweeggebring deur

die Verenigde Koninkryk se besluit om die Europese

Unie te verlaat en 'n nuwe Eerste Minister wat daardie

besluit uitvoer, asook faktore soos terreuraanvalle in

verskeie oënskynlik "stabiele" stede soos Parys, Nice

en Istanbul, die VSA se presidensiële

verkiesingswedloop, die krisis in die Midde-Ooste met

vreemde alliansies, die skuldkrisis in die EU wat nog

nie verby is nie, en China se gestadigde groeikoers

dra alles by tot hierdie onsekerheid.

Suid-Afrika Beperk se hoofuitdagings

Sonder om 'n verhandeling te skryf en ons nie veel

hoop te gee nie, het ek probeer om die top tien

uitdagings van ons mooi land te lys, in geen spesifieke

prioriteitsorde nie:

1. Te lae BBP-groei vir te lank

2. Te veel politieke onsekerheid en 'n gebrek aan

sterk leierskap

3. Te min entrepreneursaktiwiteite

4. 'n Te hoë vlak van werkloosheid met lae

vaardigheidsvlakke

5. 'n Lae kredietgradering en die konstante risiko

van 'n afgradering

6. Regeringsbesteding nog nie onder beheer in

alle departemente nie

7. Die “fees must fall”-veldtog deur studente aan

tersiêre instellings

8. Steeds te veel burokratiese rompslomp

9. Steeds nie voldoende ekonomiese hervorming

nie

10. Unies steeds suksesvol met kollektiewe

bedinging selfs al is hulle lidmaatskap verdeel

Hierdie uitdagings kan oorwin word deur gesamentlike

pogings en met behulp van die platforms wat geskep is

om hierdie kwessies aan te spreek. Die AHI en sy

belanghebbendes is almal verbind tot die

implementering van aksieplanne, want vir die meeste

van hierdie uitdagings is daar eenvoudig nie meer tyd

oor om te debatteer nie.

Is daar 'n silwer randjie vir Suid-

Afrika Beperk?

Wat is die top tien positiewe dinge van die afgelope

jaar wat beskou kan word as die silwer randjie in die

donker wolke wat ons geneig is om raak te sien, veral

wat die afgelope 12 maande betref?

1. Die Regering het deur die Nasionale Tesourie

met Besigheid en Arbeid begin saamwerk, en

dit sou tot ekonomiese groei, werkskepping en

die voorkoming van 'n kredietafgradering kon

lei.

2. Die beter as verwagte ekonomiese groeikoers

in die tweede kwartaal van 2016 wat lyk asof

dit op 'n ommeswaai dui.

3. Die Rand as geldeenheid vaar nou heelwat

beter teen die geldeenhede van ons

vernaamste handelsvennote vergeleke met

ses tot nege maande gelede.

4. Die stygende rentekoerssiklus wat lyk asof dit

tot stilstand gekom het met selfs sprake van

die begin van koersverlagings.

5. Die Nasionale Tesourie se sukses met die

verkryging van oorsese lenings in die afgelope

tyd.

6. Die skynbare stabilisering van

kommoditeitspryse.

7. Suid-Afrika se handelstekort is besig om af te

neem.

8. Die beperkings ten opsigte van

elektrisiteitsvoorsiening is nie meer 'n

bedreiging nie, altans vir die huidige.

9. Die positiewe en vreedsame afloop van die

demokratiese plaaslike verkiesing van die 3de

Augustus.

10. Suid-Afrika se 47 ste posisie uit 138 lande in die

Globale Mededingsindeks is twee plekke

beter as die vorige meting.

Hoogtepunte in die beskouing van die

afgelope jaar

My prioriteite vir die jaar was, onder andere, om meer

op 'n nasionale, provinsiale en plaaslike vlak te

kommunikeer en om meer met ons gewaardeerde

korporatiewe lede, regeringsdepartemente en ook

ander besigheidsorganisasies in interaksie te tree. Dis

vir my aangenaam om opsommenderwys te kan

rapporteer oor die hoogtepunte van die jaar soos wat

ek dit ervaar het:

Die Nelson Mandela Gedenklesing was weer deur

die AHI aangebied en wel op 4 Desember 2015.

Hierdie jaarlikse geleentheid is bygewoon deur die

presidente, voorsitters en uitvoerende hoofde van

die meeste sakekamers en sakebewegings. Almal

het 'n geleentheid gehad om hul herinneringe aan

die ikoon van ons jong demokrasie te deel. Die

hoofspreker was die nou afgetrede Regter Richard

Goldstone. Watter wonderlike herinneringe van sy

persoonlike interaksie met wyle Madiba het hy nie

met ons gedeel nie.

Met behulp van ons HUB, dr. Ernest Messina,

kon ons al ons korporatiewe lede en die meeste

van ons silwer besigheidslede besoek. Dit sluit

in besoeke aan Sanlam, ABSA, Naspers,

Remgro, Auto & General, RCL Foods,

Vodacom, Sasol, Eskom en Business Partners.

Talle besoeke aan provinsies en plaaslike

sakekamers staan uit as hoogtepunte. Almal

doen naamlik hul uiterste bes om

entrepreneurskap en besigheid in die algemeen

te verbeter en 'n betekenisvolle rol te speel in

die maatskaplike opheffing van hul onderskeie

gemeenskappe.

BUSA President: Jabu

Mabusa

vordering met die drie vlakke van interaksie

tussen besigheid en die regering te bespreek.

Die drie HUB-werkgroepe is:

1. Om alles moontlik te doen om 'n

beleggingsafgradering te verhoed.

2. Om sektorspesifieke planne te

ontwikkel om sukkelende sektore om

te draai, en om groeiende sektore te

stimuleer tot verdere groei ten einde 'n

algehele hoër ekonomiese groeikoers

te bereik.

3. Om 'n KMMO-fonds te skep gemik op

die stimulering van entrerpreneurskap

en die daarstelling en uitbreiding van

nuwe besighede; en die R1.5 bn wat

alreeds vir hierdie doel gewerf is.

Teen die einde van September het my

interaksies met die verskillende

belangegroepe van die AHI reeds op meer as

140 intervensies gestaan.

Die webtuiste asook 'n hoogs aktiewe sosiale

media-platform wat vroeg in 2016 geloods is.

Voorsiening is gemaak om ook die provinsiale

strukture van die AHI en die individuele

sakekamers en hul lede te akkommodeer. Die

interaktiewe en buigsame aard van hierdie

ontwikkeling maak dit 'n besonderse platform

vir die toekoms.

Die SA Raad vir Sakevroue vorm 'n integrale

deel van die AHI en word dikwels ons 10 de

provinsie genoem. Hulle energie, dryfkrag en

passie blyk uit hulle talle aktiwiteite. Dit was 'n

eer om deel te wees van 'n aantal van hulle

aktiwiteite.

Die trekkrag na Africa Business Connect

(ABCONN) het nie na verwagting gerealiseer

nie, maar groot vordering word gemaak om

verdere waarde te bied deur dit te koppel aan

'n voorsieningsketting-netwerkfasiliteit wat van

groot betekenis vir al ons lede kan wees.

Dit was ook 'n voorreg om op BUSA (Business

Unity South Africa) te dien en om in Junie

2016 op hul direksie gekies te word. Die

hoogtepunt van my vergaderings met hulle

was toe ons met beide Minister Gordhan en

Adjunkminister Jonas ontmoet het om

Ons het vroeg in 2016 'n baie meer aktiewe

bedingingsrol vervul as in die afgelope jare.

Verskeie persverklarings is gedurende die jaar

uitgereik en talle mediakommentare is gelewer

via die pers, radio en televisie. Baie was ten

opsigte van kwessies van nasionale belang vir

besigheid. Plaaslike sakekamers het ons ook

van tyd tot tyd versoek om hulle te help deur

standpunt in te neem in 'n plaaslike krisis en

om namens besighede druk uit te oefen in

hulle area. Selfs al het ons ons opinie meer

aktief gelug, is daar nie genoeg gedoen nie.

Dit is dus 'n gebied waar ons 'n prominenter rol

kan speel deur namens besigheid te praat oor

kwessies relevant vir besigheid en op die

voorgrond van die openbare debat.

Ons hoop om binnekort die loodsing van 'n

diensleweringindeks vir plaaslike regeringsvlak

te kan aankondig. Dit is 'n inisiatief wat 'n jaar

gelede begin is en nou uiteindelik begin

realiseer.

Entrepreneurskapsopleiding en -ontwikkeling

het in verskeie areas plaasgevind met behulp

van vennootskappe, gesamentlike projekte en

skenkings. Ons is ingenome met die werk wat

gedoen is om potensiële en bestaande

entrepreneurs beter toe te rus deur middel

opleiding en ontwikkeling.

Ter afsluiting

Op die Plaaslike Ekonomiese

Ontwikkelingsfront was ons ook aktief in

verskillende sakekamers en hul onderskeie

plaaslike owerhede. Ek is ingenome met die

nuwe kontakte wat deur beide COGTA en

SALGA gemaak is.

Die AHI Werkgewersorganisasie bly 'n

belangrike diens wat ons aan ons lede bied.

Ons is ook ingenome met die nuwe formaat

van die AHI-konferensie wat deur 'n interne

span gekonseptualiseer en op 'n bekwame

wyse deur Marieta van Zyl geïmplementeer is.

Ons is vol vertroue dat die nuwe formaat 'n

basis sal vorm vir 'n baie meer gesogte

jaarlikse konferensie waar relevante nasionale

kwessies/onderwerpe wat 'n beduidende

impak op besigheid het, gedebatteer kan word

en praktiese oplossings gevind kan word. Dit

behoort besighede beter toe te rus om hierdie

kwessies/onderwerpe te hanteer.

Dis met groot genoeë dat ek die knap AHIkantoorpersoneel,

wat onder die leiding van dr. Ernest

Messina van krag tot krag gegaan het, te erken en

bedank. Die Provinsiale Raad onder leiding van

Hettiene von Abo Moolman het uitsonderlike werk

gelewer. Die baie aktiewe span het uitstekende idees

gegenereer wat nog tot talle positiewe en volhoubare

projekinisiatiewe sal lei. Winda Austin Loeve het die

10 Kundigheidslessenaars op 'n bekwame wyse gelei

en was ook instrumenteel in die toevoeging van 'n

elfde lessenaar, die Ekonomiese Lessenaar. Die

Nasionale Raad was 'n belangrike klankbord, wat my

gehelp het om die Raad se funksionering te verbeter

deur 'n meer gefokusde benadering. Laaste, maar nie

die minste nie, wens ek my mede-direksielede te

bedank. Julle is 'n uitstaande span wat my deurgaans

ondersteun het. Dankie dat ek my te eniger tyd tot

julle kon wend en dat ons selfs in uitdagende tye die

spandinamika verder kon versterk. Ek het my tyd as

president terdeë geniet en is dankbaar vir die

geleentheid wat my gegun is om so 'n wonderlike

organisasie te dien.

Christo Botes

Oktober 2016

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!