10.05.2017 Views

Pg 24 - 25

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

slaphaakskeentjies

Dit fassineer my waar die naam vir hierdie uie slaai

vandaan kom. Ek lees op daaroor en kom toe af op

hierdie mooi storie wat deur Pieter Spaarwater in die

Burger geplaas is.

Hier bel 'n kêrel en sê hy weet van slaphakskeentjies en

waar die naam vandaan kom. Maar hy praat eers om

hierdie bos, en dan om daardie bos, en hy kan nie by die

punt kom nie. Hy wil nie sy naam sê nie, maar sy stem sê

hy's 'n Overberger. En hy sê ook hy't in Caledon se

wêreld egte slaphakskeentjies geëet. Lekker. Daar's

mense wat dit nog eet, sê hy. ``Dis nou, hoe sal ek sê,

iets wat die mense in die lamtyd eet,'' vertel hy. ``Ja, net

in die lamtyd. Of kort ná lamtyd.

Wanneer die ramlammetjies net lammetjies gemaak

word. Kapatertjies. ``Dan kook hulle wat nou nie meer

deel van die lammetjies is nie saam met uie. Dan het jy

slaphaakskeentjies.'' Maar waarom nou juis slaphakskeentjies?

``Meneer, wat wil jy dit noem?'' is sy

antwoord. Al ooit gesien hoe loop 'n ramlam kort nadat

hy 'n lam geword het? Dit lyk mos of die vernedering

hom laat loop asof hy slap hakskeentjies het. Die lesers

van Robertson se mense het dus reg as hulle praat van

uieslaai. Uieslaai word eers slaphakskeentjies wanneer

ramlammetjies 'n bydrae daarvoor lewer en lammetjies

word.

Bestanddele

1 kg klein uitjies of sjalotte

1 koppie suiker

1½ koppies asyn

3 eiers

2 eetlepels mosterd poeier

Metode

Skil die uitjies af en kook hulle totdat hulle gaar is

maar nog ferm. Jy wil nie hê hulle moet uitmekaarval

nie.

Meng al die ander bestanddele saam in 'n pot en

kook op 'n lae hitte. Hou aan roer sodat dit nie

skif nie. Die sous sal verdik wanneer dit

gaar is.

Haal van die hitte af en gooi

oor die uitjies. Hierdie sousie

is ook baie lekker met aartappelslaai

en enige ding wat 'n

skerp sousie soek. Jy kan die

uitjies in die yskas of in 'n

verseëlde fles hou vir jare.

Dit sal nie oudword nie.

Ons maak Adel, Lappies se vrou, se resep vir die haakskeentjies.

Plaastoe! [25] Tafeltoe!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!