10.05.2017 Views

Pg 32 - 33

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Pasella-lam

Soos Schalk van der Merwe sê, "Die heuning is

pasella." Dit beteken ons moet ekstra moeite

doen om dit ordentlik te geniet aangesien dit die

naaste sal wees wat jy aan 'n free lunch mag kom.

Wanneer jy beplan om hierdie dis te maak, gee

jouself ʼn dag of twee tyd om die vleis in die

speserye te lê sodat dit ordentlik intrek. As

mense eers hul lippe om dié lammetjie kry, hou

hulle nie op eet nie. Die dis word ook lekkerder

met tyd. Hy is op sy beste die volgende dag.

Bestanddele

1 ½teelepels sout

1 teelepel swartpeper

3/4 teelepel kaneel

1 teelepel borrie

1/8 teelepel Cayenne-peper

1 kg lam

3 eetlepels olyfolie

2 medium uie opgekap

2 eetlepels gekapte knoffel

1 koppie beesaftreksel

¼ koppie heuning (of minder as jy

die dis nie so soet wil hê nie)

1 stokkie kaneel

1¼koppies gedroogde

Montagu Dried Fruit-appelkose

1/3 koppie amandels ook van

Montagu Dried Fruit and Nuts

Metode

Vat al die droë speserye en vryf dit in die lam in.

Maak seker jy kry daarvan in elke hoekie sodat dit

lekker kan intrek.

Maak toe met kleefplastiek en laat hom so 4 uur of

langer staan.

Kies 'n pot wat op die stoof en in die oond gebruik

kan word en verwarm die olie daarin. Braai die

gemarineerde lam totdat al die kante mooi bruin

is. Voeg nou die uie en knoffel by en braai nog so

rukkie totdat die uie deurskynend is. Gooi die

beesaftreksel en heuning by en sit die stokkie

kaneel in. Sit jou pot 'n uur lank in die oond teen

180 °C. As jy sien die sousie raak te dik gooi nog

bietjie water by en roer die pot so ʼn keer of twee

net om jou hand daarop te hou.

Roer die appelkose by ná 'n uur en bak daarna vir

nog so 15 minute. Maak reg om jou vingers af te

lek. Gee vir elkeen van jou gaste 'n jammerlappie.

Hulle gaan hom nodig kry.

Plaastoe! [33] Tafeltoe!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!