23.07.2018 Views

Stabilis Junior Julie 2018

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6

Navorsing

STABILIS Junior Julie 2018

Staan in jou ry, Chris! Watter Chris, meneer?

CHRIS GOOSEN

‘n Naam is ‘n draer van identiteit. Dis

sóveel meer as net ‘n naam. Dis altyd

die eerste ding wat mense van jou

wil weet as hulle jou ontmoet, skryf

Shirmoney Rhode op www.litnet.co.za.

Stabilis het gaan uitvind wat die

kortste en langste name in Grey Kollege

Primêr is. Hier is van die interessantse

bevindinge:

• Daar is 50 leerlinge wat net twee

letters in hul noemname het. FJ

en JG is maar net twee voorbeelde

van dié kort name.

• Die kortste noemnaam is K.

• Die drie langste noemname

is Tshireletso, Muddaththir en

Christopher.

• Elkeen van die 26 letters in die

alfabet word verteenwoordig op

Grey se naamlys. Van AC tot Zyven!

Dit blyk dat Chris, Jaco en Franco Grey

se eie Tom, Dick en Harry is.

Die mees algemene noemnaam

onder Grey-linge, is die naam wat

teruggevoer kan word na die Griekse

woord christos (gesalfde) en die Latynse

afleiding christianus, wat Volgeling van

Christus beteken. Daar is meer as 30

Grey-linge met ‘n variant van die naam

Christiaan. Chris, Christian, Christiano,

Christopher en natuurlik Christiaan

self, is almal voorbeelde hiervan.

Volgende op die gewildheidslys

is Jacobus. Die Latynse vorm van dié

Hebreeuse naam, wat teruggevoer

kan word na die Bybelse verhaal van

Jakob en Esau, beteken Die slimme.

Onder Grey-linge is daar 17 variante

en afleidings van Jacobus! Jac, Jack,

Jaco, Jacques, James, Jamie en Jimmy

is almal geseën met ‘n naam wat

verband hou met slimwees.

‘n Germaanse naam afgelei van

frank (vry), wat Vrye man beteken, is

ook baie gewild onder Grey-linge. Daar

is 16 name wat afleidings van Frank is.

Franco, Francois, Franklin en Frans is

maar net ‘n paar voorbeelde.

Veertien Grey-linge spring regop

as ‘n onderwyser Danie, Daniel of

Daniël uitroep, wat weer almal variante

is van die naam Daniël. Daniël is ‘n

Hebreeuse naam wat saamgestel is uit

die woorde dôn, dûn (reg, regspraak)

en El (God), dit wil sê Regter van God’

Dan is daar ‘n hele 14 Aidans in

Grey Kollege Primêr. Aidan is van

Skotse afkoms en beteken Klein

vuurtjie.

As jy nege of meer naamgenote

het, sal jou naam hier verskyn: Ethan

(10), Jaden (10), Joshua (12), Juan (10),

Liam (11), Ruben (10), Stefan/Stephan

(11), Tristan (10).

Bron: Die Afrikaanse Naamboek deur Annelize van Rooyen.

Can you spell? Hayi…what?

JEAN ROSSOUW

Jean Rossouw asked a number of grade

six boys if they know how to spell the

surname of our deputy principal and

head of Discipline and Administration,

Mr Andrewe H’s surname?

Here is what he got:

• Hayedakis

• Hidaktes….oops!

• Haydigis….oh dear!

• Hyidacus

• Hidactis….no comment.

• Heidakias…not quite.

• Hidakis

• Haidakus…nearly!

• Haïdakies….really?

• Hyadakes……nice try.

• Haydiakis ….almost there!

To spare these boys the

embarrassment, Stabilis decided not

to mention their names.

The right way: Hayidakis!

Hayidakis Hayidakis Hayidakis Hayidakis

Here are a few “interesting” ways how gr 6 learners spell the surname of Mr Andrewe ...

Hidakis

Haydakis

Hayidakis

Haidakis

Hidaktes

Hyidacus

Hidactis

Hayidakis

Hayidakis Hayidakis Hayidakis Hayidakis Hayidakis

Hayidakis

Hidakts

Hidactis

Haydakis

Hayidakis Hayidakis Hayidakis Hayidakis

Busstories

JEAN ROSSOUW

Hoe ervaar sommige gr. 6-seuns ‘n bustoer?

Waarheen het jy in die laaste jaar / paar maande met die bus getoer?

Stephan Jacobs: “Na Pretoria toe.”

Danie Kruger: “Kuruman en Pretoria”

Hanu Pieterse: “Rooihuiskraal”

Heinz Stockenström: “Rooihuiskraal en Durban”

Pieter van der Merwe: “Naudéville, Rooihuiskraal”

Neem jy altyd jou eie kussing / kombers saam?

Stephan Jacobs: “Net my kussing.”

Danie Kruger: “Ek neem altyd my eie kussing saam.”

Hanu Pieterse: “Nee, nie een van die twee nie.”

Heinz Stockenström: “Ek neem altwee saam.”

Pieter van der Merwe: “Net ‘n kussing.”

Wat doen die onderwysers wat saam toer, gewoonlik op die bus?

Stephan Jacobs: “Hulle kyk ‘n storie of praat met mekaar.”

Danie Kruger: “Vat DVD’s saam om te kyk.”

Hanu Pieterse: “Hulle sit voor en slaap.”

Heinz Stockenström: “Hulle slaap meeste van die tyd of gesels met mekaar.”

Pieter van der Merwe: “Slaap in die bus of sit ‘n fliek aan.”

Wat neem jy gewoonlik saam om te eet en drink op die bus?

Stephan Jacobs: “Water, Energade en Sprite.”

Danie Kruger: “Powerade, klein kossies.”

Hanu Pieterse: “Koeldrank en pannekoek.”

Heinz Stockenström: “Koeldrank en lekkernye.”

Pieter van der Merwe: “Water, koeldrank en broodjies, “sweets”, “chips”.”

Wat was vir jou die lekkerste van so ‘n bustoer?

Stephan Jacobs: “Om saam met my vriende te ry.”

Danie Kruger: “Om die spangees te bou.”

Hanu Pieterse: “Om saam met jou vriende te kuier.”

Heinz Stockenström: “Om saam met al my pelle te wees en lekker te gesels.”

Pieter van der Merwe: “Die gees van die span.”

Luister julle na musiek op die bus?

Stephan Jacobs: “Ons vat ons eie oorfone saam.”

Danie Kruger: “Ons luister musiek.”

Hanu Pieterse: “Ons speel musiek op ‘n luidspreker.”

Heinz Stockenström: “Ja, ons luister en ons mag luidsprekers saamvat.”

Pieter van der Merwe: “Ons gebruik oorfone en sing soms saam.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!