26.07.2018 Views

VLU WILDEKASTAIING AANDTAK

Goue Suide Vroue Landbou Unie

Goue Suide Vroue Landbou Unie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

VLU WILDEKASTAIING AANDTAK

APRIL VERGARDERING

Gasvroue: Sandra Badenhorst & Rina Gertzen

Tema: Skrywers van die Jaar

Ronelle Marais, ‘n onderwyseres in die Dramatiese Kunste Afdeling by Dinamika Hoërskool en

voorheen Bibliotekaresse in Alberton en Brackenhurst Biblioteke, vertel ons so ‘n bietjie meer van die

skrywer P G du Plesssis en Deon Meyer. Die meeste lede het Deon Meyer se Afrikaanse boeke gelees

maar nie juis die Engelse boeke nie. P G du Plessis is egter beslis baie gewild onder die lede. Hy

weerspieel ‘n deernis in sy werk, skryf in ‘n baie mooi Afrikaans en kan baie pittig wees maar daar is

ook altyd ‘n boodskap in sy werk.

Ronelle lees vir ons 2 kortverhale voor uit P G du Plessis se Kortetjies en ‘n Lange o.a. “Het Olifante

emlboë” en “Potyster sweis nie”.

Na hierdie pragtige voorlesings en ‘n leersame en genotvolle vergadering het almal gesmul aan

heerlike verversings.

Van links na regs:

(gasvrou)

Rina Gertzen (gasvrou), Ronelle Marais (gasspreker) & Sandra Badenhorst

MEI VERGADERING

Gasvroue: Mimi Engelbrecht

Tema: Vandag se Vrou

Rika Bothma lewer ‘n baie insiggewende praatjie oor die opheffing van die vrou en die rol wat ons

kan speel in die samelewing.

Van links na regs: Mimi Engelbrecht (gasvrou) en Rika Bothma (gasspreker)

JUNIE VERGADERING

Gasvroue: Mandie van Niekerk

Tema: Kreatiewe en Produktiewe Vaardighede

Mandie van Niekerk demonstreer aan die lede hoe om ‘n serp / krale halssnoer te maak.

Werkspakkies was opgemaak en almal het vinnig hul gunsteling kleur gekies en aan die werk

gespring. Almal was baie opgewonde want dit is ‘n vinnige en maklike manier om jou uitrusting ‘n

nuwe voorkoms te gee.

Daarna smul almal aan ‘n lekker koppie botterskorsie sop en broodjies.

Van links na regs: Rina Gertzen, Sandra Badenhorst en Rina Mostert met hulle pragtige krale werk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!