31.03.2021 Views

Die Straatkat April 2021

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

April 2021

Ontwerp en Uitgegee deur: Elmarie Kotze

diestraatkat@gmail.com

1


Inhoud

Resepte

Heerlike Omelette vir Ontbyt 3

Kosblik/Middagete idees 5

Vinnige Aandete 7

Boererate/Skoonheids

Asma 9

Aknee en Puisies 11

Tuisgemaakte maskers vir aknee 12

Essential Olies wat werk

Waarvoor help Lavender Olie als 13

Hoe kan mens Lavender Olie gebruik 14

Huishoudelike wenke 16

Ouma Ella gee raad 17

Brokie Nuus van ons Lesers 19

Reis deur ‘n lewe

Grappies - Kom lag saam 20

Jongspan - Vier print aktiwiteite 21

Storietyd - Jaloerse Skoonma 22

Gedagte vir die Maand – Godsdiens 26

Advertensies 27

Bl.

2


Resepte

Ham en Kaas Omlet:

Ontbyt: Heerlike Omlette

Bestandele:

4 Eiers per Omlet

100gram Ham

100gram Kaas

Olyfolie

Pietersielie (Opsioneel)

Sout en peper na smaak

Metode:

Meng eiers, gesnipperde ham, pietersielie, sout en

peper saam. Verhit jou olie in ‘n diep pan. Sodra die

olie warm is gooi mengsel in pan. Strooi kaas in die

middle van jou omlet en bak tot kaas begin smelt.

Sodra jou omlet gaar is vou die omlet toe (Van die punte

na die middel). Indien jou omlet nie styf genoeg is nie,

draai om en bak aan die anderkant nog so bietjie.

Hierdie resep gee jou 2 vinnige en maklike Ham en Kaas Omlette.

Jy kan meer eiers insit afhangende van hoe jy van jou omlet hou.

3


Sampioen en Kaas Omlet:

Bestandele:

8 Eiers

125gram Sampioene

2 Knoffelhuisies (fyn gesny)

4 Eetlepels Olyfolie

4 Eetlepels botter

25gram sprietuie fyn gesny

100gram gerasperde cheddar kaas

Sout en peper na smaak

Metode:

Eiers Moet geskei wees en apart geklits. Die eier wit

moet styf geklits wees. Verhit 2 eetlepels botter en

braai die sampioene tot gaar. Voeg knoffel by en braai

vir nog ‘n kort rukkie. Vou die 2 dele eiers saam tot dit

goed gemeng is. Verwyder sampioene uit die pan en

verhit nog 2 eetlepels botter in dieselfde pan. Voeg

eiers by en bak vir ongeveer 2 tot 3 minute. Sit jou

sprietuie, sampioene en kaas op die een helfte. Geur

met sout en peper. Vou toe en bak todat die kaas

gesmelt is.

Hierdie resep gee jou genoeg om 4 mense te bedien met ‘n heerlike

Kaas en Sampioen omlet.

4


Mengelslaai met Pynappel

Kosblik/Middagete

Bestandele:

Kwart engelse Komkommer

1 Klein Pynappel

Driekwart Groen soetrissie

300gram Baba tamaties

Knoffel

Swart peper

Gemengde kruie

Metode:

Sny alles fyn en meng saam. Geur met kruie. Jy het

nie nodig om slaaisous by te voeg nie, as jy gebruik

maak van geblikte pynappels. Jy kan die sous van die

pynappels in die blik oorgooi. Indien jy vars pynappel

gebruik behoort die sappigheid van die pynappel

voldoende te wees.

Hierdie resep maak ‘n medium bakkie slaai vol.

5


Hoender en Pastaslaai

Bestandele:

3 Hoenderborsies sonder die vel

Sout en peper

Olie

Halwe suurlemoen se sap en skil

250gram pasta (Penne-pasta of Macaroni)

Halwe slaaikop

100ml Mozzarella kaas in blokkies gesny

50ml Swart olywe ontpit (Opsioneel)

1 Teelepel Italiaanse speserye

3 Eetlepels Italiaanse slaaisous

Metode:

Braai die hoenderborsies saam sout, peper,

suurlemoensap en skil. Kook pasta tot gaar. Pak jou

slaaiblare in ‘n slaaibak. Sny die hoenderborsies in

stukkies en meng dit met die res van die bestandele.

Gooi die slaaisous oor en bedien.

Die resep maak genoeg slaai vir 4 mense.

6


Aandete

Maalvleispasteie

Bestandele:

Metode:

500 gram maalvleis

Sout en peper

500 gram gemengde groente

Hand vol gekapte pietersielie

800g rolle blaardeeg

1 Eier

Verhit oond tot 200 grade Celsius. Meng maalvleis,

sout en peper, gemengde groente en pietersielie. Rol

blaardeeg uit, sny 8 sirkels met ‘n deursnit van 11cm uit

die deeg. Skep 80ml maalvleis op die een helfte van die

sirkel. Verf die rand met geklitste eier. Vou die ander

deeghelfte oor en knyp die rand stewig toe, jy kan ‘n

vurk gebruik. Verf die pastei met liggies met eier en bak

op ‘n bakplaat vir ongeveer 15 tot 20 minute. Die pastei

sal goudbruin wees van kleur

Die resep maak genoeg vir 4 mense.

7


Frikkadelle met kruierysous ( ook bekend as Monkey Gland sous)

Bestandele:

250 gram bees maalvleis

250 gram vark maalvleis

5 – 10ml Sout

Peper na smaak

125 ml Natuurlike jogurt

180 ml Vars broodkrummels

1 Geskilde en gerasperde appel

1 Gerasperde ui

Kruierysous: 250 ml Vrugteblatjang

25 ml Port of sjerrie

25 ml Rooiwyn

2 ml Tabasco-sous

Metode:

Verhit oond tot 160 grade Celsius. Smeer ‘n oondbak

van 22cm met olie. Meng al die bestanddele saam. Vorm

balletjies en pak in die oondbak. Bak vir 30 - 40 minute

tot deurgaar.

Om die sout te maak verhit die al die bestandele tot

kookpunt terwyl aanhoudend geroer word. Sit voor

saam met frikkadelle, aartappels of rys.

Die resep maak genoeg vir 6 mense.

8


Boererate

Wenke vir Asma:

1. Eet 1 tot 2 eetlepels van ‘n mengsel van 500g Heuning, 1

botteltjie Paragorie, 1 botteltjie Turlington, 1 Bottel

Pepermint druppels, 1 botteltjie Borsdruppels en @ eetlepels

Asyn. Skud goed voor jy dit gebruik en stoor in yskas.

2. Kook ‘n stukkie Salie bos in water totdat dit lyk soos sterk

tee. Neem ‘n koppie daarvan saam met 2 koppies suiker en

kook totdat dit ‘n stroop vorm. Gooi 1 botteltjie borsdruppels

by en ‘n halwe koppie suurlemoensap, skud goed. Drink

1.5ml, 3 maal per dag.

3. Drink swart sterk koffie.

4. Drink 1 teelepel witdulsies in ‘n halwe glas water 3 maal per

dag.

5. Sit kanfer in ‘n pan, gooi soetolie daarop, maak dit goed warm

en sit dit op jou bors. Jy kan ook bokvet op ongebleikte linne

smeer, skoorsteenroet daaroor strooi en dan op jou bors sit.

6. Smeer bloekomolie aan jou bors, dit sal help dat jy makliker

asem haal.

7. Stoom jou met Vicks, deur 1 eetlepel Vicks in 3 koppies warm

water te meng en ‘n handdoek of kombers bo-oor te gooi

terwyl jy onder die kombers sit.

9


8. Maak ‘n flennie doek nat met kookwater, draai toe in

handdoek en sit dit op jou longe. Haal dan diep asem en kap

liggies oor die rug dat slym op die longe los kom. Neem dan

‘n ysblokkie en smeer oor die rug sodra die handdoek koud is.

Baie goeie raad vir oud en jonk wat sukkel met bors of slym

op bors.

9. Doen gereeld long oefeninge, trek diep asem in en hou so

lank as wat jy kan en blaas dan liggies en stadig uit. Doen dit

in die oggende.

10


Wenke vir Aknee (Dit werk vir puisies ook)

Kry by die naaste apteek, soos Dis-Chem of Clicks tissuesalts

nommer 3 of 12.

1. Spons jou gesig af met verdunde suurlemoensap of smeer

vars suurlemoensap aan.

2. Maak ‘n pasta met 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel.

Smeer voor slaaptyd aan puisies en spoel jou gesig die

volgende oggend met louwarm water af. Jy behoort na 2

weke n groot verskil te sien.

3. Smeer aartappelskil daagliks aan jou gesig.

4. Druk ‘n knoffelhuisie pap en sit die olie aan die puisie.

5. Smeer ʼn masker van Calemine lotion aan voor jy gaan slaap

en spoel met louwarm water in die oggend af dit droog die

puisies uit.

Die volgende kan gedrink word vir Aknee:

Drink elke oggend 1 eetlepel vol van die volgende mengsel

op ‘n nigter maag. Meng 1 pakkie kremetart, 2 pakkies Engelse

sout saam met een groot bottel water. Skud goed tot opgelos.

11


Skoonheid

Tuisgemaakte maskers wat ook kan help met Aknee en Puisies

1. Maak ‘n masker met komkommers, hawermeel, druiwe en gis.

Meng goed en smeer aan soos masker. Spoel af na 30minute.

2. Gryp ‘n paar vars druiwe van jou yskas en jy het ‘n gesig

reiniger. Sny 2 of 3 druiwe korrels in die helfte en vryf die

vlees oor jou gesig en nek en spoel dan af.

3. Druk ‘n halwe suurlemoen en meng die sap met 1 geklitste

eierwit, laat die masker oornag op terwyl jy slaap. Spoel die

volg oggend af met warm water.

4. Meng avokadopeer en heuning en smeer dit op vir ongeveer

30 minute. Spoel af met warm water en dan weer met koue

water om porieë te sluit.

12


Essential Olies

Waarvoor help Lavender Olie alles?

• Anti-inflammatoriese

• antifungale

• antidepressante

• antiseptiese

• antibakteriese

• antimikrobiese

• Verminder stres en angs

• verbeter Slaap

• verlig Hoofpyn

• Balanseer Bloedsuiker

• anti-oksidant beskerming

• Naarheid

• hooikoors

• Koorsblare

• genees snye

• seer spiere

• Oorpyn

• moegheid

• Langtermyn Reis

• Menstruasie krampe

• sinusitis

• Skoonmaakmiddel

• Kamer vervrisser

• reuk

• ontspannend bad

• hartkloppings

• respiratoriese infeksies

• Na 'n operasie pyn

verligting

• deodorant

13


Hoe gebruik mens Lavender essential Olies?

1. Lavender olie vir Aknee

Voeg 'n paar druppels lavender olie op 'n watte of in U room en

gebruik as 'n bevogtiger of reinigingsmiddel

2. Laventel olie vir Jeukerige kopvel

Meng lavender olie met water en masseer in die kopvel Jy kan ook

'n paar druppels byvoeg tot jou gunsteling conditioner nadat jou

hare gewas het.

3. Laventel olie vir Skilfers

Voeg 'n paar druppels in warm water en skud goed. Eweredig

bedek jou kopvel en hare met die water mengsel. Spoel uit na 'n

paar minute.

4. Laventel olie vir swam infeksies

Meng 'n paar druppels lavender essensiële olie saam 1 teelepel

olyfolie. Sit bietjie op watte en wend aan besmette area. Laat dit

vir ten minste 30 minute, spoel dan af met lou water en droog

deeglik. Herhaal twee keer per dag tot jy heeltemal ontslae is van

die infeksie.

6. Laventel olie vir Sonbrand

Meng 'n paar druppels met jou gunsteling draer-olie en smeer aan

geaffekteerde area. Dit versnel genesing en verhoed dat letsels

agterbly. Lavender olie moet slegs gebruik word na U gesonbrand

het en nie tydens U op die strand lê nie.

14


7. Laventel olie vir ligte brandwonde

Sit 2-3 druppels Lavender olie op ligte brandwonde om pyn te

verminder. Sal ook help met littekens wat die brandwond moontlik

kan agterlos.

8. Laventel olie vir Ekseem

'n Paar druppels lavender olie saam ‘n draer-olie gemeng sal help

vir jeukerige vel.

9. Laventel olie vir insekbyte

Sit 'n druppel laventelolie op 'n bysteek na jy die angel verwyder

het of op insekbyte, dit sal help met die gejeuk en swelling. U kan

ook die volgende resep probeer: 2 druppels Lavender – 1 druppel

Peppermint olie.

Laventel Side-effek en Veiligheid

Lavender olie kan hardlywigheid veroorsaak, hoofpyn, en 'n

verhoogde eetlus indien dit per mond ingeneem word. Wanneer dit

toegepas word op die vel, kan lavender olie soms irriteer, maar dit

gebeur in baie min gevalle.

10. Ontspannend bad

Drup ‘n paar druppels Lavender olie in jou badwater vir ‘n

ontspannend bad.

15


Huishoudelike Wenke

1. Om Lipstiffie skoon te maak.

Spuit die lipstiffie met haarsproei los vir 10 minute en spoel

af. Maklik en eenvoudige manier sonder ‘n gesmeer van

lipstiffie.

2. Om jou oond maklik skoon te maak.

‘n Halwe koppie ammoniak in ‘n koue oond. Die volgende

oggend haal jy die beker uit en vee die oond binne uit.

3. Maak jou glase weer glinster.

Vee jou glase uit met gedempte asyn lap.

4. Seep aanpaksel op jou stort deure.

Spuit die stortdeur met kookspuit en wag 5 minute, verwyder

dan met die seep.

16


Ouma Ella gee Raad

Liefdelose lewe:

Anoniem: My man het nou al menige kere verhoudings gehad met

verskillende vrouens. Elke keer voel dit vir my of ‘n stuk van my hart

uitgeruk word. Hy het al menige kere belowe dat hy nie weer na ‘n

ander vrou sal kyk nie maar as ons, ons weer kom kry hoor ek dat daar

weer ‘n vrou saam hom was in die nagklub. Ek kan nie saam met hom

uitgaan nie ons kinders is nog klein en ek het nie altyd ‘n oppasser nie.

Dit maak my seer om te dink dat hy weer besig is met sy ou gewoontes.

EK is moeg vir seerkry maar dit voel vir my asof ek in ‘n liefdelose

huwelik vasgevang is. Asof ons al twee net bly omdat die kinders nog so

klein is. Ons het al huweliksberading probeer en dit het goed gegaan

maar nou begin hy weer uitgaan en ek hoor gerugte van vriende dat

hulle hom sien saam met ‘n vrou. Ek wil nie sê hy is skuldig nie en ek wil

nie net loop as daar nie rede is nie, naar ek kan nie meer so aangaan

nie. Ek het hom gevra om nie uit te gaan nie en al wat hy doen is om

hom net af te vee aan my versoek en steeds uit te gaan. Soms soek hy

skoor met my sodat daar ‘n argument sal ontstaan sodat hy sy uitgaan

kan regverdig en sê hy wou net bietjie afkoel. Wat moet ek doen ek sit

met my hande in die hare, want ek is verskriklik lief vir hom.

17


Antwoord: Ek verstaan dat jy hom lief het maar soms is die een wat ons

lief het nie ons liefde werd nie. Jy het al soos dit my klink alles probeer

om jou huwelik te red, selfs huweliksberading. Nou moet jy rustig raak

en mooi dink is dit die voorbeeld wat jy vir jou kinders wil stel? Dat dit

okay is dat pappa nagte uitgaan en wie weet watse tyd huis toe kom.

Onthou net een ding ons kinders leer by ons. Dit wat hulle sien in hulle

ouerhuis neem hulle aan is reg al is dit nie. Die kinders kan ook jou pyn

en frustrasie aanvoel ons dink soms hulle kan nie maar kinders is baie

meer oplettend as wat ons dink en is baie sensitief vir sulke situasies.

Dink jy hulle sien nie dat pappa jou ontstel nie hulle doen want al

probeer ons dit wegsteek. Dit is nie reg nie en ek dink ook nie enige ouer

wil hê hulle kinders moet hulle lewensmaat eendag so behandel nie. En

jy is reg hy soek rusie met jou sodat hy kan uitgaan in sy oë regverdig

dit alles, maar dit doen nie en jy moet nooit daaroor skuldig voel nie al

was die baklei jou skuld. Onthou hy het steeds ‘n keuse om te ry of te

bly by julle. Nee mens daar is ‘n spreekwoord wat sê ‘n jakkals verander

nie van streek nie, en dit is baie waar. As jy kans sien om so aan te gaan

vir die volgende paar jare wens ek jou sterkte toe want jy gaan hare op

jou tande moet hê . Maar as jy sê genoeg is genoeg, tot hier toe en nie

verder nie stel ek voor jy pak jou tassie so gou jy kan en begin ‘n

gelukkige lewe bou vir jouself en jou kinders. En moenie huil nie want hy

is jou trane nie werd nie. Jy is kosbaar en hy is besig om jou net deur sy

g*t te trek, en hy is jou ou skoene nie werd nie. My raad is beweeg aan,

begin oor en moenie terug kyk nie want as jy bly gaan jy nog lang trane

huil. Vra die Here vir leiding en vra Hom om vir jou ‘n deur oop te

maak en Glo my Hy sal.

18


Brokkies Nuus

Leser se Brokkies Nuus:

Skryf gerus aan ons oor enige iets. Deel met ons, selfs iets

wat in jou area gebeur het of selfs net ‘n goeie bemoedigende

storie. Ons sien uit daarna om van julle te hoor.

Ons het ʼn Brokkie nuus, almal moet op die uitkyk wees vir die

volgende bundel. Die boek word binne kort bekend gestel. Reis

deur ‘n lewe - Geskryf deur

Elmarie Kotze.

Reis Deur ‘n Lewe is gebaseer op ʼn ware

verhaal. Vanaf geboorte is dit asof ongeluk

Ella oral volg.........

As ‘n 450 gram baba oorleef sy menige

bloedoortappings en tot die dokters se

verbasing verander sy in ‘n spekvet en

gesonde baba. ‘n Orrelis in die kerk wat Ella

eerder in haar pienk panty wil sien as in haar

kerkrok, en al die tragiese gevolge daarna wat

haar noodsaak om te vlug. ‘n Nuwe liefde met

ongekende misbruike bring weereens

hartseer in Ella se lewe. Ella smag na

aanvaarding in ‘n verhouding en met ‘n skok

word sy wakker met die polisie langs haar

bed.

Vele Kortverhale uit Ella se lewe word almal

vasgevang in die bladsye van hierdie bundel.

Die beskrywing hierbo is maar slegs ‘n paar

brokkies van die groter storie in hierdie boek,

wat ‘n verhaal van menslikheid vertel.

Lees die bundel om meer uit te vind.

Sit vandag nog jou naam op die waglys by:

ellaverhale@gmail.com

19


Grappies

1. Koffie maak ‘n mens

definitief aggressief!!!

Ek het gisteraand 12

dubbel brandewyne

gedrink en my vrou

Net 2 koffie’s. Jy moes

sien hoe bedonnerd was

sy!!!

2. Wat het die mense gesê

van die hond wat

verslaaf was aan knoffel?

"Sy blaf is baie erger as

sy byt.”

3. Koos word gearresteer

vir dronkbestuur deur ‘n

vroulike polisiebeampte.

Sy noem dit vir hom dat

enigiets wat hy se teen

hom gehou mag word,

Koos skree: “Tiete!”

4. Polisie: “Mevrou

Koekemoer U man is in ‘n

motor-ongeluk oorlede,

kan jy asseblief lykshuis

toe kom om sy liggaam

uit te ken?”

Mev: “ Ek kyk 7de laan

nou, vat ‘n pic dan tag

julle my op facebook. As

dit hy is sal ek die pic

like”

5. Vrou soek haar man oral

en kry hom in die garage

langs die kar en huil. Sy

vra: “Wat is fout?” Hy sê:

“Onthou jy die dag toe

jou pa ons die eerste

keer gevang het en

onthou jy toe hy sê ek

moet met jou trou of

tronk toe.” “Ja, sê sy

“Wel, vandag sou ek

uitgekom het.”

20


Jongspan

Help Mia deur die

Blommetjie.

Soek die vyf verskille.

Help elke mamma om

om haar baba te vind.

Kom ons tel gou op sodat

al die diertjies kan eet.

21


Kortverhale

Jaloerse Skoonma – Deur Elmarie Kotzê

Susan hou net mooi niks van haar nuwe skoondogter Marietjie nie. Die gevoel is egter

weder sydig. Net so min as wat Susan van Marietjie hou, hou Marietjie van haar. As

Marietjie die gordyne toetrek, trek Susan dit weer oop. Dit irriteer Marietjie geweldig.

Marietjie pluk dan die gordyne humeurig toe. Dit is tog immers haar huis. Dit voel vir

Marietjie asof Susan niks goeds in haar kan sien nie. Veral nie die manier waarop sy haar

huis bestuur nie. Nie eens om te praat van oor hoe Marietjie en Leon met liefde teenoor

mekaar optree nie. Daaroor het Susan altyd agteraf baie te sê. Niks maar niks is reg in

haar skoonma se oë nie.

Marietjie is ‘n gewone kaalvoet meisie wat hou van laat lê en dinge op haar eie tyd te

doen. Susan aan die anderkant is net mooi die teenoorgestelde. Sy is soggens op nog

voor die hane kraai. Susan hou daarvan dat dinge op ‘n sekere manier gedoen raak.

Marietjie is nie een wat inval by ‘n ander een se nukke en giere nie, nog minder gaan sy

dit duld in haar eie huis. Susan moet maar net inpas by hoe sy dinge doen en klaar.

Hierdie kuiertjie hoop Marietjie kom sommer gou tot ‘n end. As sy langer in hierdie

volstruisnek ouvrou moet vaskyk gaan sy skree. En as Susan eers begin inmeng met hoe

sy haar baba versorg, voel dit asof Marietjie ʼn aar kan bars.

“Moenie die kind so koel aantrek nie, dit is nog ‘n baba” Kom Susan die kamer

vroegmore binne. Marietjie voel hoe haar ore warm raak soos sy haar vererg. “Ma

luister nou mooi, hierdie is my baba. Ma het ma se kans gehad om kinders groot te

maak. Hierdie is my kind en ek sal maak soos ek goed dink.” Susan vererg haar so dat sy

die kamer uitstorm terwyl sy mompel, die onbeskofte meisiekind. Wie dink sy is sy om so

met my te praat". Marietjie steur haar nie veel aan die uitbarsting nie. Dit is middel

Desember. As Susan dink sy gaan haar drie maande ou baba in ‘n winters babygrow

aantrek, maak sy ‘n groot fout. Genoeg is nou genoeg dink sy.

Daardie middag begin die ouvrou weer krap aan Marietjie.

“Wonder waar draai Leon so lank?” vra Susan terwyl Marietjie die aartappels skil.

22


“Ek weet nie ma, hy werk. Ma weet mos hy kom baie aande eers na nege by die huis en

dit is nog nie eens ses uur nie.”

“Ek wonder of hy regtig solank werk.” Haak Susan af.

“Wat probeer ma sê”

Susan bly verder stil en stap weg om televisie te gaan kyk. As die ouvrou nou wil

insinueer dat Leon rondloop of eerder by vriende gaan kuier as om huis toe te kom….

Nee, wag sy gaan haar nou net weer van vooraf vererg. Wat dink sy, dink sy dat Leon so

tipe mens is. Dan ken sy haar eie kind maar swak. Marietjie bly kalm… dink sy, die

volstruisnek probeer nou net rusie veroorsaak tussen my en Leon. Moet haar nie daardie

genot gun nie. Haar skoonma wil net krap waar dit nie jeuk nie. Marietjie sal Susan wys

dat haar woorde haar nie pla nie. En sy begin ‘n liedjie neurie terwyl sy verder skil.

Leon kom doodmoeg net na tien by die huis. Susan kloek soos ‘n hoenderhen om hom.

Sy bedien hom hand en voet terwyl Marietjie die baba bottel gee. Gelukkig is Leon die

naweek af, so hy en Marietjie kan bietjie saam laat lê. Vroeg die volgende oggend is

Susan op soos haar gewoonte en trek al wat ‘n gordyn in die huis oop. Marietjie trek

weer die gordyne toe, toe sy opstaan. Met die neem Susan haar kans, Leon is mos by die

huis. Sy is seker hy sal haar kant vat. Sy stap en trek die gordyne weer oop. “Nee

Marietjie die huis moet lig kry” sê sy terwyl sy na Leon loer. Marietjie stap nader en trek

weereens die gordyne toe…. Dit is asof alles in Susan stuipe wil kry. Soos Susan nader

stap na die venters haak Leon af “Ma los Marietjie, die is haar huis. As sy die gordyne

heeldag wil toe hê, is dit ook haar keuse”. Leon gaan verder om te sê..." Al gaan

Marietjie ook lê terwyl die baba bedags slaap en al maak sy lê, lê huis skoon, het dit niks

met ma te doen nie. Sy doen dit immers, al is dit op haar eie tyd en haar manier. Susan is

skoon geskok dat haar kind sy vrou se kant bo haar vat, en boonop so met haar praat.

Susan het die boodskap gekry en byt maar elke keer op haar tande as sy nie van iets hou

wat Marietjie doen nie. Stilbly is maar die antwoord, want Leon het haar mos nou klaar

gewys vir wie hy meer voel. En so word sy nie weer verneder voor hierdie skoondogter

van haar nie. Om te wys dat sy jammer is, gaan maak sy vir Marietjie en Leon ‘n lekker

koppie koffie. Marietjie voel nie lekker nie en sak op die bank neer. Wat kan dit tog nou

wees Marietjie, dat jy sommer so uit die bloute neersak. Marietjie spring op en haas haar

na die badkamer, sy gryp net betyds haar hare vas voor sy opgooi. Leon stap nader

Marietjie is als reg my lief vra hy besorg. Sy verseker hom dat sy okay sal wees, maar dat

sy net ‘n rukkie wil gaan lê. Die koffie het haar nou so naar. Daardie middag slaap

Marietjie steeds en Leon sien om na hulle baba. Is nie lank nie of Susan kan haarself net

nie keer nie. Sy het haar kinders versorg al is sy siek haak sy af. “Ma moenie weer begin

nie, sê Leon met ʼn ferm stem. Susan kan sien dat sy nie gaan wen teen Marietjie nie. Leon

is heel duidelik so verlief dat hy nie kan sien dat Marietjie nie die vrou vir hom is nie. Die

23


laaste tyd bly Marietjie moeg en naar, en dit gee Susan die gulde geleentheid om langer

te kuier met die verskoning dat sy Marietjie sal help om die baba te versorg.

Leon kom soos sy gewoonte laat die aand by die huis na werk. Marietjie begin om vir Leon

koffie te maak, maar merk dat daar geen melk meer is nie. Sy vra Leon om gou te gaan

melk koop, maar Susan steek vinnig ‘n stokkie daarvoor. “Jy kan mos sien jou man is moeg,

ry jy gou.” Marietjie voel te swak om te baklei met die ouvrou sy gryp die sleutels en stap

uit nog voor Leon haar kon keer. Leon haas hom na Marietjie en net voor sy uitry by die

erf, sê hy vir haar om eerder in te gaan en te gaan lê. Sy klim uit en hy klim agter haar

motor se stuur in. Nie ver van die huis af nie probeer Leon rem trap maar dit is ter vergeefs

daar is geen remme nie. En hy voel hoe hy vinniger en vinniger teen die afdraande ry. Met

die volgende skerp draai verloor Leon beheer oor die voertuig en land onderstebo met die

stylte af. Tyd stap aan en Marietjie raak meer bekommerd oor Leon wat so lank wegbly.

Susan lui sy selfoon maar tevergeefs. Susan besluit om hom te gaan soek, maar dit is

donker buite en sy let nie op dat die motor nie vêr van die huis af onderstebo lê nie. Dit is

nie hoe Leon is nie….. Waar is hy. Die volgende oggend lui Marietjie se foon. Dit is die

hospitaal. Hulle verwittig haar wat gebeur het en sy jaag na die hospitaal.

Dit was nie ‘n ongeluk nie. Daar was met Marietjie se motor se remme gepeuter. Na ‘n

week word Leon ontslaan en by die huis dra Susan en Marietjie omtrent kos en koffie aan

vir Leon. Gelukkig sterk Leon gou aan met al die bederf by die huis. Susan probeer hard

om met Marietjie oor die weg te kom. ‘n Nuwe blaadjie soos sy sê om te slaan.

Maar aan die ander kant raak Marietjie swakker. Sy word so swak dat Leon haar hospitaal

toe neem, waar sy gelukkig aansterk onder dokters behandeling.

Die polisie daag onverwags by Leon se woning op met ʼn lasbrief om die huis te deursoek.

Leon het geen beswaar daarteen nie. “Mevrou staan asseblief eenkant toe, ons wil die

kombuis ondersoek asseblief.” Susan beweeg weg van die wasbak en vra Leon wat nou

aangaan. “Ek weet nie ma, ek dink hulle verdink my van iets.” Die polisie offisier haal ‘n

boksie gif uit die kas. Hulle kry ook ʼn bottel sap in die yskas wat ʼn wit laag bo-op het, en

konfiskeer dit ook. Dit is die sap wat Leon vir Marietjie gekoop het. Die polisie vra ook

Leon om nie die provinsie te verlaat nie. Hoe kan hulle my verdink van enige iets dink Leon

terwyl hy kyk hoe die polisie wegtrek. Nie lank nie of die polisie is terug om Leon en Susan

te ondervra. Die bewyse dui daarop dat daar met Marietjie se remme gepeuter is, en daar

is ook bewyse dat Marietjie vergiftig word. Die sap het dieselfde gifstowwe in wat in

Marietjie se bloedstroom gevind is. Die enigste persoon wat hulle verdink is Leon. Dit

maak nie sin dat Leon met Marietjie se remme gepeuter het en dan self die motor bestuur

het nie. Niks wat Leon doen of sê dui daarop dat hy skuldig is nie, so ook niks wat Susan

sê kan hulle teen Leon gebruik nie.

24


Daar is net een manier om die saak finaal af te handel en dit is vingerafdrukke te neem

van almal in die huis insluitend Marietjie. Susan is nie baie gelukkig dat haar seun verdink

word nie. Sy deel Leon mee dat dit tyd geraak het vir haar om terug te gaan huis toe. Maar

nes sy haar tasse in die motor laai, daag die polisie op en arresteer haar. Sy is die een wat

Marietjie se remme gesny het en die gif in haar koffie en sap gegooi het om haar uit haar

seun se lewe te kry. Sy het geweet Leon sal Marietjie nooit los nie.

En dit alles oor laat lê en toetrek van gordyne. Leon was geskok dat sy ma so iets kon doen.

Finaal moes hy ‘n besluit neem__ sy ma heeltemal afskryf of haar ondersteun. As hy kyk

na Marietjie en hulle baba, en kyk na wat sy ma gedoen het. Is daar net een keuse.

Gelukkig het Marietjie gou aangesterk. Sy, Leon en hulle baba het ‘n gevulde liefdevolle

lewe verder sonder die gemene jaloesie van haar skoonma gelei.

Susan is gevonnis tot vyftien jaar tronkstraf. Gelukkig is sy uit Leon en Marietjie se lewe.

Wie weet waartoe sy nog in staat kon wees.

25


Gedagte van die maand

Lees Mat 6: 25-34

Ons moet leer om op God te vertrou en sy aangesig te soek. Hy

weet presies wat ons nodig het en sal vir ons gee. Ons moet net

bly glo in hom en vertrou. Hy los ons nooit alleen nie. Ons moet

nederig bly voor God en gehoorsaam wees in dit wat Hy van ons

vra. Hoe kan ons gehoorsaam wees in hom? Deur net na sy woord

te luister en sy gebooie te onderhou en Hy sal ons paaie vir ons

gelyk maak.

26


Advertensies

Hanneman Area

Enige plek in Suid Afrika

mailto:rentia.gebhardy@gmail.com

mailto:info@amdebtdoc.co.za

Enige area in Suid-Afrika

mailto:dietawayprogram@gmail.com

WhatsApp 068 193 6530

27


Strand / Somerset west / Gordonsbay Area

mailto:zumiamaintenance@gmail.com

28


Suid – Afrika

pos via paxi

mailto:peggypagliari@icloud.com

Suid – Afrika

Adverteer hier

Epos diestraatkat@gmailcom

mailto:hcgsaf@gmail.com

29


Adverteer hier

Kontak ons by

diestraatkat@gmail.com om

jou advertensie te plaas

Onthou om ons te epos met die volgende:

Nuus uit jou gebied.

Ouma Ella vir raad.

Jou kortverhaal.

Sien uit daarna om van julle te hoor.

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!