21.04.2021 Views

Splash 2021 - Kwartaal 1 - Uitgawe 3_Final

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Proudlysponsoredby


Van die

redakteur

Lag ‘n slag.

Dit maak jou hele dag!

Ek het my oë uitgevee en hier is ons nou…

Ons is aan die einde van die eerste kwartaal

van 2021! Ons het dit nie net gemaak nie, ons

het dit oorwin! Niks kon De Hoop stop om

steeds ‘n suksesvolle kwartaal te hê nie.

Dit was definitief ‘n interessante en unieke

kwartaal, maar elke onderwyser en leerder het

dit reggekry om pret te hê op nuwe maniere in

die klas. Maar moet asseblief nie dink dat daar

nie gewerk was nie. O nee, dan sal jy verseker

verkeerd wees. Ek sou eerder sê dat daar meer

as ooit tevore gewerk was. Minder tyd in die

klas het beteken kwaliteit onderrig in slegs

drie ure se tyd.

Behalwe al die pret in die klas, het ons ook

weer begin met sport. Al is dit nou eers die

einde van die eerste kwartaal, is ons al reeds

besig met wintersport!

Hierdie was ‘n unieke kwartaal met nuwe en

interessante uitdagings elke dag. Nuwe graad,

nuwe juffrou of meneer en ’n nuwe jy.

Maar nou is dit eers tyd vir lekker vakansie

hou. Sit terug en geniet die Splash! Jy verdien

‘n lekker ruskans. Rus behoorlik en maak

jouself gereed vir ‘n warrelwind, woeste en

wonderderlike tweede kwartaal!

Tot volgende keer! - Juffrou Ené

by Pieter Myburgh

deur Zanli van der Merwe

Jokes

by Regardt Swart

My boss told me to have a good day,

so I went home.

Why did the vampire not attack Taylor Swift?

Because she had Bad Blood

I got fired from my job at the bank today.

A lady came in and asked me to check her

balance, so I pushed her over…

deur Xulé Engelbrecht


Spot-

prente

deur Karli Erasmus

by Pieter Myburgh

Riddle -Altus de Villiers

Samuel was out for a walk when

it started to rain. He did not have an

umbrella and he wasn't wearing a hat.

His clothes were soaked, yet not a

single hair on his head got wet.

How could this happen?

A pet shop owner had a

parrot with a sign on its cage that said

"Parrot repeats everything it hears."

Davey bought the parrot and for two

weeks he spoke to it and it didn't say a

word. He returned the parrot but the

shopkeeper said he never lied

about the parrot.

How can this be?

Answers will be given

in the next Splash.

I’m pretty sure that

everything in 2021

happened because of

something this dude did.

deur Leila Hölscher


Aktueel

De Hoop

se Skoolhoofde:

Jy het miskien al die foto’s gesien in die voorportaal

voordat jy mnr. Cillié se kantoor haal.

Dit is die skoolhoofde van De Hoop.

Ons gaan nou deur die tydlyn loop.

Spot the difference

Meet the dream team:

1. Teacher Heunis

2. Teacher Strömbeck

3. Teacher den Hartog

De Hoop 2000 – Year book – We are 30

Eerste was daar meneer Boshoff.

Hy was glad nie onbeskof,

hy het van 1970 - 1988 regeer,

hy was in beheer.

Toe kom meneer Combrinck.

Hy was net perfek,

hy het begin in 1989,

en geeïndig in 1996.

De Hoop 2020 – Year book – We are 50

Sedert 1997 is daar ’n nuwe meneer.

Hy het vir ons baie geleer.

Mnr. Cillié staan vir harde werk,

eerlikheid en volharding.

Dit is hoekom hy net sukses bring.

Ons eer ons fantastiese skoolhoof.

- Milah Derks


Words of wisdom from our leaders

Rulan Rossouw

The path forward may be uncertain, but the

way home is clear in the hands of our

heavenly Father. God will lead us down the

path of righteousness, if we follow Him

completely and without reservation.

Tertia du Plessis

Go for it! Whether it ends up good or bad.

It will be an experience.

Ready Made Role Models for Young People

Malala

Growing up we all need role models and heroes. They

could be our parents, teachers or our heroes like Siya

Kolisi, Bethany Hamilton and Serena Williams.

Normally one’s role models are adults, but can their

place be taken by children or teenagers? You would

think not, but there are young people who are

changing and shaping the world. One such person is

Malala Yousafzai.

Malala was born in Mingora, Pakistan on 12 July 1997.

She loved school, but everything changed when the

Taliban took control of her town. They banned many

things e.g. owning a television and playing music. The

Taliban harshly punished those who disobeyed their

orders. They also said girls could no longer go to

school. Malala spoke out publicly on behalf of girls

and their right to learn. This made her a target for

which she received death threats.

In October 2012, on her way home from school, a

masked gunman got on to her school bus and asked,

“Who is Malala?” When she answered, he shot her on

the left side of her head. She woke up 10 days later in

a hospital in Birmingham, England. The doctors and

nurses told her about the attack, and that people all

around the world were praying for her recovery.

After months of surgeries and rehabilitation, she

joined her family in their new home in England.

Malala knew she had to make a choice: live a quiet,

normal life, or make the most of the new life she

had been given. She was determined to continue

her fight until every girl could go to school.

Along with her father, who had always been her

hero and inspiration, she established the Malala

Fund. This charity is dedicated to giving every girl

an opportunity to achieve the future that they

choose. In recognition of her work, she received

the Nobel Peace Prize in December 2014, aged

17, and became the youngest-ever person to

receive this award.

Every day she fights to ensure all girls around the

world receive 12 years of free, safe and quality

education.

- Mieke Neethling


Diep spore by De Hoop

Hoe lank is juffrou al by De Hoop?

Ek is al min of meer 27 jaar by De Hoop.

Hoe lank is juffrou al ’n noodhulp juffrou?

Ek skat dat dit so rondom 20 jaar is.

Wat is ergste ongeluk wat al by De Hoop se Noodhulp

gebeur het? Die eerste een was destyds toe die

biblioteek anders gelyk het. Die kinders het ’n video

gekyk en van die kinders het op die rakke gesit wat teen

die vensters was. Een seun het sy vuis deur die venster

geslaan en het toe ‘n groot sny op sy hand gehad.

‘n Ander keer was toe ‘n meisiekind by die pawiljoen

geval het en haar bobeen het by haar heup uitgesteek

soos sy dit gebreek het.

Watter vakke gee juffrou? Ek het by De Hoop omtrent

al alle vakke gegee, tot naaldwerk, maar ek gee meestal

Afrikaans en Geskiedenis.

Hoekom het juffrou besluit om ‘n juffrou te word?

Ek wou eintlik graag ‘n dokter of ‘n veearts geword het,

maar my Wiskunde punte was nie goed genoeg nie. My

tweede keuse was om ‘n onderwyseres te word.

Wat doen juffrou in juffrou se vrye tyd?

Ek werk baie in die tuin en lees.

Wat is juffrou se gunsteling kos? Omtrent alles, maar

ek is nie so mal oor sjokolade nie. Ek hou baie van

bredie en Sondagkos soos my ma dit gemaak het.

Wat is die stoutste ding wat ‘n leerder al in juffrou se

klas gedoen het? Daar was ‘n paar kinders wat ‘n

bietjie moeilik was. Die snaakste ding wat ek al beleef

het was net nadat ek begin skoolhou het. Ek was by ‘n

hospitaalskool en daar was kinders met emosionele

Juffrou Heunis

probleme. Ek het eendag by my tafel gesit en ek is

nie seker wat ek vir die meisietjie gesê het of wat

ek gedoen het nie, maar sy het nie daarvan gehou

nie. Sy het my hele tafel opgelig en alles van die

tafel afgegooi, maar ons het later goeie vriende

geraak.

Het juffrou enige troeteldiere?

Ja, ek het ‘n kat, Stoffel.

Wat is juffrou se gunsteling quote?

“Go placidly among the noise and haste and

remember what peace there may be in silence…”

Uit: “The Desiderata of Happiness.”

- Milah Derks

Strange things in 2021...

by Adriaan Visser


Juffrou Gaus

Wat is die stoutste ding wat juffrou al gedoen het?

Ek het een aand uit die huis uitgeglip en my ouers het

nie daarvan geweet nie.

Wat is die grootste les wat juffrou al geleer het?

Jy moet elke dag wat God vir ons gee voluit leef, want jy

weet nie hoe lyk môre nie.

Wat het juffrou alles gedoen tydens die grendeltyd?

Ek het elke kas uitgepak en goed wat ek nie gebruik het

nie vir ander organisasies geskenk.

Waar is juffrou se gunsteling vakansie bestemming en

hoekom? Ek is mal oor Hartenbos, want jy voel so

veilig daar, almal is vriendelik en dit het ‘n baie

ontspannende atmosfeer.

Wat is juffrou se gunsteling kos?

Ek is baie lief vir Duitse kos, omdat ek daarmee groot

geraak het, soos Rouladens.

As juffrou nie ‘n onderwyser sou word nie, wat sou

juffrou word? Ek sou baie graag nog steeds iets wou

doen waar ek met kinders werk, omdat ek so ‘n passie

het vir klein kinders.

Wat was juffrou se lekkerste?

Ek het een nag gedroom dat ek ‘n sak vol geld

gewen het en dat ek op ‘n groot vakansie saam

met al my familie kon gaan.

Wat is die beste ding wat juffrou kan onthou van

juffrou se kinderdae? Dit was altyd vir my lekker

om by my ouma te gaan kuier, want my ouma het

‘n groot rol in my kinderjare gespeel.

Geniet juffrou die masker dra?

Nee glad nie! Ek kan nie wag vir die dag wat hulle

aankondig dat ons maskerloos in die publiek kan

rondloop nie en dan gaan ons ’n groot

vreugdevuur maak en al die maskers daarin gooi.

Wat was juffrou se gunsteling vak op skool?

Wiskunde was my gunsteling gewees, maar ek

het net so baie van Rekeningkunde gehou.

- Altus de Villiers

Say what?

Guinness World

Records:

- Regardt Swart

The longest milk tooth is 10cm long.

The fastest time to solve a Rubik’s cube is 3.47 seconds

The oldest living person is 116 years and 73 days old.

The tongue of a blue whale weighs the same as an adult elephant.

Some more strange things in 2021...

by Adriaan Visser



Cats for

Africa

What happens here at Cat Café and what makes it

unique? It is the first Cat Café in South Africa. There is

an indoor and an outdoor café where you can enjoy a

cup of coffee or a cupcake while cats are walking

around you. There is also a gift shop for cats and cat

lovers.

When did this Café open its doors?

On the sixth of June 2018.

Valerie

Where did the idea come from? My husband and I

used to travel the world. In Switzerland, in a little

town called Thun, I saw a tiny shop filled with things

for cat lovers and I was in heaven! I wanted such a

shop. I have also been at many Cat Cafés where the

cats are indoors and I wanted my own Cat Café where

the cats can walk outside and be free.

Where did the cats come from and how many are

there? We rescued 22 cats from the shelter. Twenty

one of them came from the Stellenbosch Animal

Welfare and one came from Khayelitsha.

Who came up with their names?

I named them; each one has a special name. For

example: Tutu reminds me of Desmond Tutu, he was

black with a white collar. Coco is so elegant, she

reminds me of Coco Chanel, my favourite perfume.

How do you take care of all the cats? At this stage

we are a non-profit organisation, but we get some

money through the Paw-parent organisation that we

use to feed and maintain the cats.

At 35 Bright Street, right under our noses,

lies an extraordinary place called Cat Café.

Tertia du Plessis popped in to have a look

and had a wonderful chat with Valerie, the

owner of this unique café.

How does this Paw-parent organisation work?

You can’t adopt a cat to take home, but you can

become a Paw-parent. Instead of paying a R20

entrance fee, you pay R120 monthly. In this way

you can adopt a cat but the cat stays at the café.

You can come visit your cat if someone at home is

allergic to cats. Each week your cat sends you

messages and selfies.

On 16 December there is an Annual Thanksgiving

where the cats say thank you to their Paw-parents

and each Paw-parent receives his/her Christmas

present.”

When did you get your first cat?

I got my first cat when I was seventeen. It was a

rescue cat. Back then, I lived with my sister. My

baby nephew was asthmatic and the doctor said

that he was allergic to cats. They made me give my

cat away. I cried and cried and then I promised that

it will never happen again. Later my nephew and I

stole his brother’s milk and gave it to the stray cats.

What are the Cat Café’s goals and what do you

want to achieve? Our goal is to bring awareness to

all stray animals. We do not want people to buy

cats but to save cats.

How can we support the Cat Café?

Tell people about us, bring awareness to the Cat

Café. Please come visit us, it is for a good cause.


Mode

Style is a

way to say

who you are

without having

to speak.

- Rachel Zoe

Juffrou Charise die

fashionista

Watter winkel sal juffrou voorstel vir ander mense?

Ek sal voorstel dat jy die tipe winkels moet besoek wat

by jou spesifieke styl pas. Elke persoon se smaak verskil

mos.

Het juffrou ’n stylikoon?

Ja, Rolene Strauss. Sy was in 2014 Mej. Suid Afrika en

Mej. Wêreld. Ek kyk op na haar, want sy leer jong

mense om in hulleself te glo en sy leer ook vir jong

dames om volgens hulle eie smaak aan te trek en om

daarin te glo.

Hou juffrou van koop en hoe gereeld koop juffrou

klere? Ek is mal daaroor om klere te koop, maar ek is

nie mal daaroor om te lank te shop nie. As ek winkelsentrum

toe gaan, weet ek wat ek soek en gaan dan net

na daardie winkels toe. Ek hou nie daarvan om ure in

die winkelsentrum deur te bring nie.

Dink juffrou dit is belankrik om klere volgens die

nuutste modes te dra? As jy hou van mode en daarin

belangstel, sal ek sê dit is interessant en lekker om rond

te speel, maar as jy ’n ander smaak het kan jy dit ook

aantrek. Dit gaan ook baie oor groepsdruk, so trek aan

wat vir jou pas en wat vir jou gemaklik laat voel.

By watter winkel koop juffrou die meeste van jou

klere? Ek is mal oor Woolworths, want hulle het baie

verskillende afdelings en ook Mr Price.

Sal juffrou eerder gemaklik wil wees of mooi wil lyk?

Ek glo vir jong dames is dit baie belangrik om gemaklike

klere te dra en as jy gemaklik en vol selfvertroue is, kan

jy ver kom. Moenie dat groepsdruk jou beïnvloed nie.

Volg jou eie smaak en keuses.

Het juffrou al gedink om juffrou se hare te kleur?

Ek het al baie daaroor gedink, maar ek het nog nie die

groot stap geneem om dit te doen nie.

Watter kleur verkies juffrou om aan te trek?

Pikswart

Beskryf juffrou se styl in een woord: Klassiek.

- Xulé

Engelbrecht

Wat is een van die vreemdste modegiere wat juffrou

al gesien het?

‘n Interessante een was ’n eenstuk-swembroek wat

net in die middel aanmekaar vas was. Dit was vol

blomme en dit was hoog in die mode.

Wat is die duurste kledingstuk wat juffrou al gekoop

het en by watter winkel?

’n Duur leerbaadjie wat ek by Poetry gekoop het, maar

ek koop ook graag op uitverkopings.


Social

Meneer van die kwartaal

this that

or

4 x 4 4 x 2

- with

Mr Neethling

hunting

fishing

summer

winter

braai

jeans

burger

neither

potjie

chino’s

pizza

colgate

aquafresh

shoes

flip flops

mask

movie at home

viser

movie at the cinema

- by Altus

de Villiers

gifts

cash


Ware

troukoors

Juffrou Willemse – toekomstige Juf Gunter

Hoe het julle ontmoet?

Ons het ontmoet toe ek in Graad 8

was en Uli was in Graad 10. Uli het

my nommer gevra die aand van ons

sotte konsertoefening. Ek het ’n

swartsak gedra, maar hy het steeds

my nommer gevra. Ons het daardie

aand op Mxit begin praat. Ek was

BAIE skaam gewees, so ek het wye

draaie in die gang gestap, partykeer

sommer boonste verdieping om, al

was my klas net langs die klas waar

Uli staan. Uli het deurgedruk en

aanhou probeer al was ek baie

skaam. Hy het vir my in

Septembermaand in Graad 8 gevra

om sy meisie te wees, met ’n teddie

en nagemaakte roos. Hy het daardie

dag belowe om my lief te hê totdat

die roos eendag doodgaan, baie

romanties vir ’n Graad 10 seun.

Alles het net daar begin en min

het ons geweet ons gaan die res

van ons lewe saam spandeer.

Ons verlowingstorie:

Hy het vir my gesê ons gaan draf

op die strand. Toe ons daar kom,

wou hy net stap. Ek kon dit nie

verstaan nie omdat hy altyd die

een is wat eerder wil draf in plaas

van stap. Hy het dit baie mooi

beplan, want ons het eenkant toe

gestap en toe ons terugkom het

die son mooi gesak. Uli het vir my

gesê om te kyk hoe lekker al die

mense surf en toe ek weer omdraai

om na hom te kyk was hy op

sy knieë. Dit was beslis die

mooiste oomblik van ons 10 jaar

saam, vanaf Graad 8 en beslis die

maklikste, ja!

Gaan dit ‘n groot of ‘n klein

troue wees?

Daar gaan baie familie wees, so

dit gaan redelik groot wees,

omtrent 150 mense.

Waar gaan die troue

plaasvind?

Dit gaan by Dwarsberg

plaasvind.

Juffrou Watkins

– toekomstige Juffrou Mills

Hoe het julle ontmoet?

Ek en Nick se suster was goeie maats en het ook saam

gewerk. Ek en Nick het toe deur haar vriende geraak.

Wat doen julle graag saam?

Ons durf graag nuwe staproetes saam aan, is mal

oor bergklim en om sommer net in die natuur te wees.

Ons verlowingstorie:

Hy het die mooiste uitkykpunt gekies op 'n staproete

wat ek nog nie voorheen gestap het nie. Ek het gedink

dat hy wil stop om water te drink, maar toe ek weer

sien was hy op sy knieë. Dis eers toe dat ek verstaan

het hoekom hy die oggend so stil was...

En die troue?

Ons gaan nie 'n tradisionele troue hê nie, maar beplan

'n spesiale dag by 'n wynplaas in Somerset-Wes in die

middel van Desember.

Wat sê die familie?

My oudste suster leer reeds haar dogtertjie hoe om

in die gangetjie af te stap en die ringe aan te gee. Sy

sê die stap is maklik, maar om die ringe weer by

haar te kry is die probleem...


Juffrou Smuts

– toekomstige Juffrou Stegmann

Hoe ons ontmoet het:

Ons tweetjies se pad het in Graad 1 by Laerskool

Durbanville saam begin. Hy was in die Engelse klas en

ek was in die Afrikaanse klas. Ons eerste foto saam was

in Graad 7 toe ons saam cheerleaders was vir dieselfde

kleurspan, die donkerblou span. Ek onthou dit soos

gister toe die cheerleaders by hulle huis gaan posters

en banners maak het en opgewonde geraak het vir die

volgende dag se cheerleading. Ons ouerhuise is 3

minute uitmekaar en in Graad 7 was ons saam op

hokkie-toere. Ons was nie baie goeie vriende nie en

hy beweer dat hy toe al gedink het ek is oulik! Ons het

heeltemal kontak op hoërskool verloor, maar gelukkig

het ons paaie weer op Universiteit gekruis. Hy was in

die manskoshuis, Majuba en ek was in die

dameskoshuis, Nerina. Ons koshuise was ook letterlik

3 minute se stap uitmekaar. In ons tweedejaar was

ons albei op die tweedejaarskomitee, waar ons saam

aktiwiteite moes reël en in ons derdejaar was ons albei

op die HK (Huis Komitee). Hy het gereeld op my

knoppie gedruk om te vra wat aangaan en so het ons

saam begin werk aan projekte. Hy het aan die einde

van ons derdejaar vir my gevra na sy Huisdans en dit

was ons eerste dans saam. Hy het die dans beskryf as

die wonderlikste agt ure. In daardie agt ure het ons

verskriklik lekker gesels en net dadelik “geclick” en hy,

spesifiek, het net dadelik geweet daar is iets meer. Dit

is hoe ons romantiese reis begin het. Hy het my daarna

beter leer ken en my gevra om sy meisie te wees op

die strand by Plettenbergbaai. Hy het toe reeds in sy

hart geweet dat ek eendag, hopelik sy vrou gaan wees

en hy het dit neergeskryf. Hy het vyf jaar later vir my

gewys waar hy dit neergeskryf het en my gevra om vir

ewig sy lewensmaatjie te wees. Natuurlik het ek ja, ja,

ja gesê en ek kan nie wag om sy vrou te word nie!

Ons verlowingstorie:

Hein het my teruggeneem na waar ons verhouding

begin het in Stellenbosch toe ons studente op kampus

was. Hy het my gevra om met hom te trou voor my

koshuis, Nerina, waar ons ook ons eerste spesiale

oomblikke saam spandeer het. Dit was ‘n

verlowingsnaweek gewees. Hy het my om elke hoek en

draai verras met nog en nog en nog. Ek was uit my vel

uit toe hy my gevra het en ek het nie gedink ek sal ooit

so baie kan huil soos op daardie naweek nie. Dit was

net trane van vreugde. Ons het dit die hele naweek

verder met familie en vriende gevier. Dit was so ‘n

spesiale naweek en ek sal dit vir ewig en altyd koester.

Gaan dit ‘n groot of ‘n klein troue wees? Ek het ‘n baie

groot familie. Hein se familie is ‘n bietjie kleiner, maar

ons vriendekring is redelik groot. Ons het probeer om

dit klein te hou, maar dit gaan op die oomblik nogal

‘n redelike groot troue wees.

Waar gaan die troue plaasvind? Ons beplan om by

‘n venue te trou net buite Durbanville, wat baie

spesiaal is omdat ons albei in Durbanville groot

geword het en ons ouers bly steeds albei daar.

Gaan Juffrou ‘n blommemeisie hê? Ek is bevoorreg

om drieling niggies te hê. Hulle is nou in Graad 7 en

hulle sal ons blommemeisies wees. Ons ringdraer is

hulle boetie, wat nou in Graad 3 is. Ons is baie lief vir

hulle.

Gaan julle strooijonkers en -meisie hê?

Ons gaan definitief ons boeties en sussies betrek,

vriende van Universiteit en hartsmense in ons lewe.

Ons het nogal ‘n groot gevolg, maar ons is baie

dankbaar daarvoor.

Waar gaan Juffrou op wittebrood gaan? Ons beplan

om eers ‘n plaaslike wittebrood te hou. Ons sal baie

graag oorsee wil gaan en sal dalk ‘n tropiese eiland of

so iets gaan besoek, maar as gevolg van Covid en die

onsekerheid wat daarmee saamgaan sal ons dalk

eers volgende jaar kan gaan en die wittebrood

sodoende vir eers in twee deel.

- Leila Hölscher


minutes with

a random stranger

My mission was to find a random stranger and

interview them. So I decided to go to Bargain

Books on Saturday and interview one of the

cashiers there. She was very friendly so I

What is your name?

My name is Hannelie.

asked her a few questions.

How many books do you sell in a year?

We sell at least over 1 million books each year .

What is your favourite kids book at the moment and

why?

My favourite childrens book at the moment is Oi Frog

by Kes Gray. The sentences all rhyme, which I really

enjoy, and the frog tells everyone where they should

sit.

Have any of your wildest dreams ever come true?

If so, what was it?

Yes , it was to go to England and see all the castles

there and luckily that dream came true.

When did you discover your love for reading books?

When I was growing up I was the only child so the

only thing I could do was read. Because I had no one

to play with, my play mates were books.

If you could be any animal what would it be and

what would you do?

I would want to be a cat. I would sleep all day and

drink lots of milk .

What childrens book would you be in and what

character would you be?

Mmmmmm… That is a hard question but I think

maybe in the book Pippy Longstocking and I would

want to be the main character.

How many books do you read in a month?

I read at least 20 books each month which is a lot,

but I am a book worm.

What subjects in school did you excel in?

I was very good at History and Afrikaans but even

though I read books I was still horrible at spelling .

Do you watch Netflix?

Well, sometimes but I don’t really watch television,

because I read more.

- Jean-Mari Rautenbach

by Adriaan Visser


Mnr Sharp

die TikTok

sensasie!

Wanneer het Meneer kreatiewe opnames op TikTok

begin maak?

Dit het begin in lockdown ek moes verander en anders

begin dink. Die beste manier om te groei

is om dinge te doen waarmee jy glad nie gemaklik is

nie. Dit is wanneer mens groei.

Party mense sê TikTok is meer vir die jonger

generasie, stem Meneer saam daarmee?

Ek voel dat om kreatief te wees is nie gekoppel aan

ouderdom nie. Ek hou daarvan om elke dag iets nuuts

te leer en dan begin ek tyd spandeer om dit te

verstaan.

Waaroor gaan meeste van Meneer se TikTok

opnames?

My kinders en ek pobeer iets snaaks doen. Ek hou

daarvan om snaakse goed te kyk en lekker te lag.

Meneer het al 1036 aanhangers, hoe voel Meneer

daaroor?

Ek stel nie eintlik belang daarin nie. Ek wil mense

bereik wat ek nie dag tot dag sien nie.

Wie of watter TikTok opname het Meneer

geïnspireer om dit te begin maak?

Youngbloods. Dit is ’n YouTube channel van iemand

wat opnames maak oor wat hy dag tot dag

doen en hy spandeer baie tyd in die see.

Ek is MAL daaroor!

Watter opname is Meneer se gunsteling of watter

een het Meneer die meeste geniet om te maak?

Die een waar my seun, Sameul, op die kabel ry en

amper in die man vasry. Nie ek of hy het gesien die

oom staan daar nie. Skielik toe ek draai toe sien ek

hom. Op die opname kan jy nie hoor hoe ek vir hom

“PASOP PASOP” skree nie. Gelukkig het dit nie skeef

geloop nie.

Watter tipe TikTok opnames be-oog Meneer, om in

die toekoms nog te maak?

Daar is nie iets wat ek beplan nie. Ek voel dit moet

vanself gebeur. Ek hou nie van scripted opnames nie,

maar ek leer nog baie en ek love dit.

- Annerie Havenga

deur Emma de Lange

deur Emma de Lange


Juffrou Hoffman

Stel juffrou voor, juffrou het 3 wense

– wense sonder grense. Wat sou dit wees en

wat sou juffrou met hulle doen en hoekom?

My eerste wens is eintlik nogal hoe ek lewe en hoe

ek graag die wêreld wil sien, dat almal in die wêreld,

vir almal anders ‘n plekkie onder die son gun as dit

hulle tyd is. Baie keer wil mense beter wees as die

ander en baie keer beteken dit dat hulle mense so

vertrap. Ek wil hê dat mense ander ’n kans gee om

ook in die kollig te staan. Dat almal erken word vir dit

waarin hulle goed is.

En wat sou Juffrou met Juffrou se 2de wens doen?

Ek sou wens dat alle diere ’n goeie lewe het en as

hulle nie het nie dat hulle by ’n plek uitkom waar

hulle dit kan hê. Dat diere met die selfde liefde

behandel word as mense.

Is dit Juffrou se wens omdat Juffrou so lief is vir

diere? Ja, maar ek dink dit het daarmee te doen dat

ek baie keer kinders, bejaardes en diere vinnig

jammer kry, want dit voel vir my dat ons as mense ‘n

verantwoordelikheid het om na hulle te kyk en dat

ons dit nie altyd doen nie.

Wat sou Juffrou met die derde wens doen en

hoekom? Ek wens dat mense gelukkig is, gelukkig

met hulle situasie is en dat mense ook meer van die

dinge doen wat hulle self gelukkig maak.

Byvoorbeeld as iemand kuns wil studeer maar

ander mense sê dat hulle eerder ’n juffrou moet

word as gevolg van die beskikbare

werksgeleenthede. Dan sal die persoon opoffer wat

hulle gelukkig maak om iets anders te gaan doen. Ek

sou wens dat mense doen wat hulle gelukkig maak.

- Martha Fontannaz

>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>>

1

Mars se bynaam is

ROOI PLANEET

omdat dit met ‘n

rooistof bedek is

5

Jy kan op mars

3 KEER hoër

as op die aarde spring

6

Van mars se

OPPERVLAKTE

af is die lug se kleur soos

botterkaramel

2

Die gemiddelde

temperatuur is

63 grade

9 Feite oor

MARS

7

Teen 2030

sal ruimtevaarders

dalk al Mars besoek

3

Dit sal

6 TOT 11

MAANDE

neem om van

die aarde na

Mars te REIS

9

Mars se

TWEE MANE

is Phobos en

Deimos - die griekse

woorde vir “vrees”

en “paniek”

4

‘N JAAR OP

MARS

is twee keer so

lank soos ‘n jaar

op die aarde

8

Een VULKAAN op

Mars is 3 KEER

hoër as die berg

Everest

- deur Carlien Erasmus


The travel chronicles

Travel with Jacques Swart

to...

Was this your first time overseas?

Yes it was .

What food was the yummiest to eat?

It was the pizza there , it tasted amazing.

Barcelona

I decided to interview

Jacques Swart to find out

how his holiday in

Barcelona went. Something

happened that was a disaster. Read this article to

find out what happened.

Did anything go wrong while you were on the trip?

Yes, the hotel we were going to stay at gave us the

wrong address and one of our bags were stolen as well,

but at least it was the bag with toothpaste and toiletries

and not the bag with our passports and ID`s in it.

What made this trip unique?

At night there was a lightshow in the fountains and that

was very cool.

Was the plane ride there smooth flying or was there

turbulence? It was smooth flying and even if there was

turbulence, I would have been distracted because I was

watching movies.

Did you struggle to communicate with people

because there is a big language gap? No,

there was surprisingly a lot of people that were

English so communicating wasn`t hard to do .

Was there anything disgusting or horrible that

you ate? I am not going to lie most of the food

there was amazing so nothing tasted that bad,

but there was a person who decided to drink

water from the tap and they were nauseous

the rest of the day.

Would you want to go back to Barcelona?

To be honest, I think it is more of a one-time

experience.

Were the TV programs there very weird to

watch? Yes, it was very funny actually,

because I couldn`t understand anything they

were saying.

Were you anxious to fly on the plane?

A little bit, but when we climbed on the plane

my nerves began to dissapear.

What country do you want to go to next?

I would love to go to Australia some time soon.

- Jean-Mari Rautenbach


Menings

Movie madness

Mulan

This film is directed by Niki Caro. The

age raiting is PG-11 and the genre is

fantasy, adventure, action and drama.

It’s a Disney film about a Young

Chinese maiden that disguises herself

as a male warrior in order to save her

father. Then she sets out on her

adventure and sets out to be a brave,

loyal and true warrior.

It’s an amazing movie to watch with

friends or family. Please add this great

movie to your “what to watch list” this

holiday.

Books are better

- Annika de Wet

Max Einstein is a book about a 12 year old,

orphan girl that is a genius.

The CMI (Change Makers Institute) asked

her to participate in a competition against

other genius children from around the

globe. The winner could choose a problem

and solve it.

The winner could also choose adults to

work with. Max won and she chose the children

who participated in the competition.

They went to the Congo and they put up

solar panels for electricity, but the CORP (an

evil organisation) wants to stop them.

Dr.Zimm, who works for the corp, knows

about Max’s past. Can she trust him?

The book has lessons in

hard science and

humanity.

I really enjoyed this book and

it is a real page turner.

- Karli Erasmus


Ready, steady, pudding!

Die lekkerste tregter koek

Bestanddele:

3 Eiers

2 Koppies melk

¼ Koppie witsuiker

3 Koppies koekmeel

2 Teelepels bakpoeier

½ Teelepel sout

Olie vir braai

Versiersuiker of jou gunsteling versiering

Benodigdhede:

- Teelepel

- Mengbak

- Handklitser

- Pan

- 250ml koppie

Metode:

1. Voeg die eier, melk, suiker, bakpoeier, sout en meel saam in die mengbak.

2. Klits die bestanddele met ’n handklitser todat dit goed gemeng is.

Maak seker daar is geen klonte in die mengsel nie.

3. Gooi die mengsel deur n tregter met n gaatjie van 1cm.

4. Verhit jou olie tot 350C°.

5. Gebruik handbewegings en druip die mengsel in die verhitte olie in enige

vorm waarvan jy hou bv. sirkels, hartjies en driehoeke.

6. Laat die mengsel braai vir 2-3minute lank todat dit ’n geel bruin lagie vorm.

7. Versier jou Tregterkoek met versiersuiker of enige ander smullekker

versiering.

8. Geniet dit!

- Annerie Havenga

Chocolate cake in a mug

- Annika de Wet

Ingredients:

• ¼ cup plain flour

• 1 tablespoon cocoa powder

• ¼ teaspoon baking powder

• 1 ½ tablespoons sugar

• Pinch of salt

• 5 tablespoons milk

• 2 tablespoons vegetable oil

Note: You can mix this whole recipe

in your mug if you want to avoid

washing up an extra bowl, but it will

be easier to get rid of lumps in a bowl.

Method:

1. Mix together the flour, cocoa

powder, baking powder,

sugar, and salt, using a whisk.

2. Add the milk and vegetable

oil and mix until well

combined.

3. In a microwave-safe mug, cook the

cake in your microwave for around

70 seconds on high (Note: a piece

of paper towel underneath the

mug will catch any overflow).

4. Add a scoop of ice cream on top

and serve right in the mug.


Kultuur

Suksesvolle sussies

Lua

Wie was jou gunsteling persoon op

die toneel? My familie, maar al die

mense met wie ons gewerk het,

was ook baie gaaf.

Het dit vreemd gevoel dat daar ‘n

vreemdeling by jou gewoon het?

Ja, dit het baie vreemd gevoel.

Is dit wat jy gesê het voor die tyd

op skrif gestel? Nie regtig nie, hulle

sê net waaroor ons moet praat en

dan kan ons kies wat om te sê.

Het jy en Burger goed oor die weg

gekom? Ja, redelik.

Is jy bly dat jy nie in daardie huisie

hoef te gaan woon het nie?

Ja, ek is baie bly!

Sal jy dit weer doen?

Ja, definitief.

Is jy en Burger nou vriende?

Nie regtig nie, want ons sien

mekaar nooit nie.

Het dit vreemd gevoel dat kameras

jou oral volg?

Ja, dit het baie vreemd gevoel.

Het jy na jou suster en ma verlang?

Ja, ek het hulle nogal verlang.

Was dit ‘n lekker ervaring?

Ja, dit was ‘n baie lekker ervaring!

Stander

sussies

skitter soos

sterre op TV!

Lua en Ami Stander

was op ‘n televisie program

“Myne vir Joune,” waar hulle

met ‘n gesin, met ‘n ander tipe

leefstyl, huise geruil het. Ameli

het saam met haar ma na die

ander huis toe gegaan en Lua

het by haar pa gebly het.

Ameli

Het jy fiets gery daar?

Nee, ek het nie daar fiets gery nie.

Ek hou nie baie van fietsry nie.

Het jy dit geniet daar?

‘n Bietjie.

Het jy al voor die vertoning kerk

toe gegaan?

Ja, ek het al kerk toe gegaan.

Het jou ma goeie kos daar

gemaak? Nee!

Het jy na jou pa en suster verlang?

Ja, maar ek het my pa meer

verlang.

Was die mense by wie jy gebly het

aangenaam?

Ja, baie.

Sal jy dit weer doen?

Ja, dit was lekker om te sien hoe

ander mense leef.

Wat was jou gunsteling deel van

die avontuur?

Ek het baie klein hasies gesien!

Het jy enige snaakse diere gesien?

Nee, glad nie.

Was dit ‘n lekker ervaring?

Ja, definitief!

- Elaine van der Merwe


Twee is altyd beter as een!

Watter vreemde kos kombinasies eet julle?

Juané: Ek eet Branflakes met joghurt.

Ansoné: Ek eet tamatiesous op brood.

Watter een van julle is eerste gebore?

Ansoné: Ek is eerste gebore.

Ek is 5min vroeër as Juané gebore.

Wat is julle gunsteling wegneemete?

Ons hou baie van KFC.

Wat is jou grootste irritasie van jou suster?

Ansoné: Ek hou van pampoensop en sy doen nie.

Juané: Ek hou van Branflakes met joghurt en sy

doen nie.

Wat sou julle eendag as ‘n werk wil doen?

Ansoné: Ek sal enige soort juffrou wil word.

Juané: Ek sal dalk ‘n masseuse wil word.

Wat is julle gunsteling TV-reeks?

Ons hou baie van Freerane.

Wat is julle gunsteling ding om te doen weg

van die skool? Ons hou baie van swingball, swem, op

die bed lê en video’s en TV kyk.

Wie het julle geïnspireer om te sing?

Ons ma het ons geïnspireer.

Wat is julle gunsteling vak op skool?

Ons hou altwee baie van kuns.

Watter vak op skool hou julle die minste van?

Ansoné: Ek hou nie van NWT nie.

Juané: Ek hou nie van Engels nie.

Wat is julle gunsteling sport?

Ons hou van tennis

Wie hou meer van sport of kultuur?

Juané: Sport Ansoné: Kultuur

Watter een van julle sal langer oorleef op ’n eiland?

Juané

Wat is julle gunsteling kleur?

Ansoné: Pienk!

Juané: Blou en groen.

Wat is julle gunsteling bordspeletjie?

Juané: Cluedo Ansoné: Twister

Watter roomysgeur hou julle die minste van?

Ons hou die minste van bubblegum roomys.

- Zanli v.d. Merwe

Top 8

Rekenaar

speletjies

- Lukas Slabbert


Sport

Winter is on its way, but don’t forget to

keep on practicing these summer sports:

Athletics

• 20 jumping-jacks

• 10 squats

• 30 second jog on place

• 30 second high-knees

• 30 second butt-kicks

• 20 lunges

• 10 push-ups

• 20 star-jumps

• 30 second plank

Excercises – to keep you fit!

Swimming

Warm up:

• Easy laps with stroke of own

choice

Swim:

• 3 laps freestyle

• 2 laps breaststroke

• 1 lap freestyle

• 2 laps backstroke

• 1 lap freestyle

• 1 lap backstroke

• 1 lap breaststroke

• Cool down: easy laps with

stroke of own choice

Tennis

• Ball Striking/Swing Drill (involve a

family member)

• Forehand/Backhand Volley & Split-

Step Drill (pack markers in

triangular shape-with ball)

• Forehand/Backhand Volly Control

Drill (involve a family member,

repeat previous-with ball)

• Neutral Stance forehand &

recovery drill (4 markers in a line,

move to each + backpaddle)

• Open Stance forehand & recovery

drill (4 markers in a line-move to

each marker& step with outside

foot)

- Annika de Wet

Cricket

• Bowling: Bowl the ball against

a wall.

• Catching: Throw a tennis ball

on the bottom of the wall and

catch.

• Batting: Let a family member

bowl for you and you bat.

• Bounce the ball on a bat (right

hand, left hand, both).

• Throw the ball against the wall

and then bat.


De Hoop Crossword

- Reece Booysen

Across

1. Who is Mr. Cillié?

2. What do teachers give you to do at

home?

3. What do we call the rooms we work in

at school?

Down

1. Who do the teachers teach?

2. Name a language we learn at school?

3. What do Grade 4-7 learners write at the end of

the year?

4. What is the name of our school?

Across

1. principal

2. homework

3. classes

Down

1. learners

2. English

3. exams

4. De Hoop


Juf. le Roux

Splash

fun

Juf. Wichers

Juf. Neethling

Juf. Smuts

Mnr. Oosthuizen

Juf. van Rensburg

Whose pet am I?

Krummel

& Vlooi

Nikita

Stella

Marmite

Bacon

Boeta

-Linka van der Walt

Juffrou le Roux – Boeta Meneer Oosthuizen – Nikita Juffrou van Rensburg - Krummel & Vlooi

Juffrou Wichers - Stella Juffrou Smuts - Bacon Juffrou Neethling - Marmite

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!