12.06.2020 Views

Therese Bam 2020

Motiveringspreker en Seremoniemeester

Motiveringspreker en Seremoniemeester

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Therese Bam

“Ek besef die

kosbaarste goed

wat ‘n mens het is

tyd, vriendskappe

en familie!”

EK GLO VAS IN DIE RITME VAN DIE LEWE

Therese Bam het werklik geen bekendstelling nodig nie. Sy is reeds vir

die afgelope 17 jaar in die vemaaklikheidsbedryf as aktrise, aanbieder en

stemkunstenaar.

Therese het in duisende Suid Afrikaners se harte gekruip as Katryn Bekker

in “Song vir Katryn”, Riette Durandt in “7de Laan” en mense warm onder

die kraag gehad as Astrid in “Villa Rosa”. Maar dit is haar rol as Cherise

van Tonder in “Home Affairs” op SABC 1 wat haar ‘n Golden Horn en

Saftatoekenning vir beste ondersteunende aktrise besorg het.

Therese het onlangs ook ‘n draai in die sepie “Suidooster” gemaak. Sy

vertolk die rol van Glenda – ‘n effense opportunis. Sy weet hoe om op

mense se gevoelens te speel vir finansiële gewin.

Benewens haar nuwe rol in “Suidooster”, is Therese ‘n aanbieder van die

gewilde TV-program Kwêla.

Vir die afgelope 5 jaar was sy voltyds werksaam as inhoudsvervaardiger

en veldaanbieder by kykNET se Kwêla waar sy die land deurkruis het. As

aanbieder het sy gesels met presidente, skoonheidskoninginne en

gewone Suid- Afrikaners, oor hul lewens en wat hulle so uniek maak.


Van die onderhoude wat die grootste indruk op Therese

gemaak het was gewone mense wat ten spyte van trauma

aanhou veg, hul omstandighede aanvaar en boonop ander

mense help. “Daardie mense wat jou laat skaam kry

omdat jy enigsins oor jou eie lewe kla. Dis mense wat jou

baie nederig maak maar ook dankbaar maak vir wat jy het.

Hul stories gee jou perspektief”.

“Ek het geleer om my mening te oorweeg – om anders na

mense te kyk en nie so maklik te kritiseer of menings te

vorm, voor ek nie die storie ken nie. Ek het geleer om

myself uit te daag om anders na dinge te kyk, dat jy

mense eers ‘n kans moet gun”.

- MOTTO -

“Ek is konstant bewus daarvan dat die lewe kort

is. Alles wat jy doen in die lewe is ‘n keuse. Dit is

belangrik dat jy kies wat goed is vir jou”.

Op ‘n persoonlike noot…..

As sy nie voor die kameras

is nie, is sy lief daarvoor om

in Houtbaai te draf, joga te

beoefen en nou en dan perd

te ry.

Om by die huis te wees en

die deur toe te maak

(sonder grimering of fancy

hare), lekker te lees of die

kombuis in te vaar met 'n

resep vir kos of gebak en 'n

glas wyn, is vir haar

kosbare tye.

PERFEKTE KEUSE VIR MOTIVERINGSPREKER of SEREMONIEMEESTER

As motiveringspreker deel Therese Bam haar persoonlike pad van uitdagings, groei en selfaanvaarding, in ‘n

eerlike praatjie. Waar begin n mens as jy op 43 van vooraf ‘n loopbaan moet loods? As jy skielik besef jy is wees,

en jou grootste begeerte om sélf ‘n ouer te word, nie realiseer nie? Hoe maak ’n byna middeljarige vrou vrede met

‘n onsekere wêreld wat skielik op sy kop gekeer is? Therese se beste raad: “Dit is goed om uit te kyk vir jouself, en

eerlik te wees daaroor dat jy ‘n keuse het. JY mag kies wat jou gelukkig maak en vir jou werk. En om nie so hard

op jouself te wees nie…… as ma’s, as dogters, as vrouens, en as vriendinne”.

Therese se reise as onderhoudvoerder reg oor die land en buite sy grense maak van

haar ‘n uiters ervare seremoniemeester. Sy is vlot in Afrikaans en Engels en beslis die

regte keuse om van jou funksie ‘n groot sukses te maak!!

BESPREKINGS & NAVRAE: Artist Warehouse CC

Tel: 0860 278 478

Sel: 083 300 5447 (Nelius Ferreira)

Epos: info@artistwarehouse.co.za

Web: www.artistwarehouse.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!