12.09.2015 Views

University of Cape Town Research Report 2008

full document - UCT Research Report 2008 - University of Cape Town

full document - UCT Research Report 2008 - University of Cape Town

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VOORWOORD

In 2008 het die Universiteit van Kaapstad sy rekord

van uitnemendheid op die terrein van navorsing

gehandhaaf. Hierdie verslag onderstreep die gehalte

van ons navorsingsuitset – soos blyk uit die omvang

van ons plaaslike betrokkenheid en internasionale

mededingendheid – waardeur die Universiteit van

Kaapstad weereens in staat was om sy posisie as ‘n

toonaangewende universiteit in Afrika gestand te

doen.

In die Times Higher Education QS (THE-QS) se rangordening

vir 2008 van universiteite wêreldwyd is die UK in posisie

179 geplaas – 21 posisies hoër as in 2007, en 78 posisies

hoër as in 2006. Vir sowel die THE-QS se ranglys as

die Shanghai Jiao Tong se ranglys vir die akademiese

rangordening van universiteite wêreldwyd, het die UK sy

posisie as die universiteit met die hoogste rangordening op

die vasteland van Afrika gehandhaaf.

Op die nasionale toneel het die jaar 2008 verskeie

uitdagings gebied met betrekking tot befondsing en

geleenthede vir vennootskappe. In sowel die Nasionale

Navorsingstigting as die Departement van Wetenskap

en Tegnologie het finansiële beperkinge ‘n impak op

navorsingsbefondsing van die Hoër Onderwyssektor in

Suid-Afrika gehad. Ondanks hierdie uitdagings was die

Universiteit in staat om die topposisie in die nasionale

befondsingskaal te beklee. Dit is bereik deur die fokus

van ons navorsingspogings te versterk en ons hulpbronne

uit te brei. Dissiplinegerigte navorsing met die oog op

kennisvermeerdering vorm steeds die grondslag van die

UK se navorsingstrewe. Deur egter van vyf verskillende

samewerkingsinstrumente gebruik te maak, kon die

Universiteit daarin slaag om eksterne toekennings sowel

as beurse vir nagraadse studente en postdoktorale genote

te bewerkstellig. Hierdie instrumente is: (a) die Suid-

Afrikaanse Navorsingsleerstoelinisiatief (SARChI); (b) die

UK se Voorkeurtemas vir Navorsing; (c) die nasionale

Sentrums van Uitnemendheid en Bekwaamheidsentrums;

(d) navorsingsgroeperinge wat deur die Universiteit se

Navorsingskomitee (URC) geakkrediteer is; en (e) strategiese

vennootskappe met eksterne navorsingsorganisasies.

Vordering met hierdie inisiatiewe word reg deur die huidige

verslag gemeld.

‘n Groot uitdaging vir Hoër Onderwys in Suid-Afrika is om

met welslae die volgende geslag van geleerdes te kweek, en

om die huidige profiel van aktiewe navorsers te transformeer.

Om hierdie dringende uitdaging die hoof te bied, word ‘n

reeks ontwikkelingsprogramme vir akademiese personeel

geïmplementeer, en uit ‘n voortgaande beoordelingsproses

blyk dit dat hierdie programme reeds vrugte afwerp. Ons

is dank aan die donateurs verskuldig wie se ondersteuning

van hierdie inisiatiewe ons pogings fasiliteer om kapasiteit

te bou en om die profiel van Suid-Afrikaanse navorsers te

transformeer.

Terwyl ons poog om ons posisie as ‘n toonaangewende

navorsingsinstansie te handhaaf, sal gehalteversekering

steeds die hoeksteen van navorsing aan die UK wees.

Voeg hierby die strewe om meer ‘afropolitaans’ te wees:

‘n middelpunt van deskundigheid en kennisvorming wat by

ons posisie in Afrika pas, en wat van die UK ‘n uitverkore

vennoot vir navorsing in die Suiderwêreld maak.

Ek wil graag al ons donateurs, strategiese vennote en

navorsingsmedewerkers bedank. My waardering gaan

aan die hele universiteitsgemeenskap wie se onvermoeide

toewyding en verbintenis tot die navorsingspoging

steeds beslag aan ons rol op sowel die vasteland van

Afrika as die internasionale verhoog gee.

Dr. Max Price

Visekanselier

6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!