27.09.2016 Views

LowCarbDirect.net Issue 03

LowCarbDirect.net Issue 03

LowCarbDirect.net Issue 03

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Banting

is nie ‘n hoë

proteïen dieet nie

24 | LowcarbDirect Directory - Issue 3 - October 2016

Deur Madele Burger

Selfs nadat daar al soveel oor LCHF, of, in my geval,

banting, geskryf is, is daar steeds mense wat dink

dat as jy van banting praat, jy van ‘n hoë proteïen

dieet praat. As dit dan nie ‘n hoë proteïen dieet is nie, hoe

kry jy meer vet in sonder om meer proteïene in te neem?

Die geheim is dat ‘n mens nie noodwendig meer proteïene

inneem nie, maar wel proteïene met ‘n hoër vetinhoud.

Ons eet nie hompe vet nie, maar konsentreer net op vetter

kosse. Die maklikste manier hoe ek dit onthou, is om

te konsentreer op die kosse wat vir so lank taboé was, die

kosse met die hoë ‘cholesterol’!

In die verlede sou ons die droë hoenderborsies sonder

die vel verkies, nou eet ons eerder die heerlike, sappige

hoenderdye en -boudjies, met die vel en stukkie vet aan.

Die proteïen het dus nie meer geword nie, net die vet.

Voorheen is verkondig: Eet eerder net die eierwit, los die

geel. Dít kon ek natuurlik nooit regkry nie. Nou eet jy die

hele eier, met geel en al, en nie net drie eiers per week nie,

maar soveel soos jou liggaam vra!

Hoekom sal ‘n mens afgewaterde 2% melk gebruik as jy

alias Toortsie

(https://toortsie.com)

lieflike volroommelk kan gebruik? Of sommer net room?

Dieselfde geld vir laevet joghurt, fetakaas, roomkaas en

margarien, wat vervang word deur dubbelroom joghurt,

normale fetakaas, volroom roomkaas en natuurlik, botter!

Hoe moeilik kan dit nou wees?

Die stukkie vet aan die vleis wat jy voorheen sou afsny, of

die vet wat jy sou afgooi as jy ‘n bredie kook, word nou

behou en heerlik aan gesmul. Dis immers die vet wat die

heerlike geur aan die kos gee!

Ag, en dan is daar afval, lewer in netvet (skilpadjies),

niertjies, beesstert en -tong, alles kosse wat ons net

op ekstra spesiale geleenthede kon eet omdat dit so

‘ongesond’ is, wat ons nou na hartelus mag geniet sonder

om een oomblik skuldig te voel daaroor.

Moenie die avokado’s, neute, kaas, biltong en droëwors

vergeet nie!

Eet daardie vet, dis daar gesit vir ons eie gesondheid.

Maar die heel belangrikste, geniet dit!

Toortsie

Groetnis

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!