07.03.2022 Views

GOSSIP GAZETTE MAGAZINE - 1 March 2022 - Issue 5

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Skielik het alles we e r begin verander met Covid- inentings en nuwe kennis van die Virus en variante; Die samelewing

het meer oop geraak, en ons is bly as ons ons sertifikate van inenting het. Ons kan weer vir die kinders oorsee gaan

kuier en stadig begin rugby en konserte bywoon en kerktoe gaan as ons die ree ls hou. Die maskers bly, asook die

sanitering en afstand. Daar is ‘n stoel tussen-in. Ek moet inenting sertifikate of dalk resultate van ‘n negatiewe Covid

toets wys as ek oorsee wil reis. Dalk gaan die noodtoestand opgehef word. Die kinders kan almal skooltoe gaan. Daar

het selfs meer toelaes van die staat gekom.

Dis egter ‘n “aangepasde normaal” - iewers tussen wat lankal was en wat die afgelope tyd met onder andere “lock

down” was.

Mense is bang om kerktoe te gaan of het aan YouTube dienste gewoon geraak; baie leerders en ouers verkies aanlyn

studies of gaan net soms na ‘n onderrig sentrum. Internet aankope en bestellings het deel gebly van ons

funksionering. Net sommige werkers gaan soms kantoor toe. Hospitale word weer plek vir ander siektes en gevalle

behalwe Covid. Jy kan egter steeds nie sommer in besoektye in hospitaalgange ronddrentel nie. Covid is steeds ‘n

werklikheid. Sommige aanvaar inentings - vir ander is dit die merk van die dier en mense dryf in bek- en

internetgevegte van mekaar af weg. Jy soen en druk steeds nie sommer ander wat jy graag in die verlede gesoen en

gedruk het nie. Is hulle gee nt of wat toets hulle of jy?

Ons weet Covid gaan steeds lank by ons wees, maar ons weet steeds nie hoe en met watter intensiteit. Mense gaan

minder, maar steeds aan Covid dood en ons herstel steeds van die emosionele skade van afsondering, dood en Covid

gevolge, ekonomies en fisies.

Eintlik weet ons nie meer wat is “normaal” of wat is “nuwe normaal”. Ons weet net verandering is ons deel en ons is

in ‘n “aangepasde normaal”.

Verandering, voortdurende verandering en onvoorspelbaarheid van omgewing was altyd die mensdom se deel en sal

dit ook bly. Die konstante is dat daar voortdurende verandering is.

Ek verheug my baie in die Prediker in die Bybel. Party se hy was ‘n realis, ander se hy was ‘n pessimis, ander hy was

‘n fatalis. Hy se hy het gekyk en gesien. Niks is eintlik nuut nie, alles gebeur maar weer, maar tog bly alles in God se

hand en moet ons ons steeds kan verbly binne ons omstandighede.

Prediker 3:11v: 11 God het elke ding gemaak dat dit pas in ‘n bepaalde tyd, maar hy het ook aan die mens die besef

gegee van die onbepaalde tyd. Tog kan die mens die werk van God van begin tot einde nie begryp nie. 12 Ek het tot

die insig gekom dat daar vir die mens niks beter is as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. 13 Dat die

mens kan eet en drink en onder al sy arbeid nog die goeie kan geniet, ook dit is ‘n gawe van God.

Moenie dat die verskillende “normale” jou vreugde steel nie. Aanvaar egter die uitdaging van die oomblik. Wat God

doen is blywend.

Groete

Arnold (Dr. Arnold Smith is ‘n Pastorale Berader en Terapeut in Privaat Praktyk 0722215671)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!