01.05.2013 Views

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SBL-VERGADERINGS

Die finansiële vergadering vind op Maandag, 13 Junie 2011, in die hoof se kantoor plaas en die SBL-vergadering op

Maandag, 20 Junie 2011, in die klubhuis.

KWARTAALPROGRAM

Indien daar van ons ouers is wat graag `n bydrae of `n belangrike datum op die program vir die 3de kwartaal wil

plaas, is u welkom om die skool te kontak.

JANNAS-LEERDERS WORD VERMAAN

• Skaatsplanke by die skool is VERBODE. Indien `n leerder met `n skaatsplank by die skool betrap word, sal dit

gekonfiskeer en in die kluis bewaar word.

• Leerders moet die “taxi-rank” by die Spar winkel oorkant die skool ten alle tye vermy. Geen leerder het

nodig om daar rond te luier en kuier nie.

ANNEBEL-KLUB

Die Annebel-klub onderneem `n uitstappie na Pretoria-skaatsbaan op Donderdag, 23 Junie 2011. Baie dankie aan

Mariska wat hierdie leerders sal vergesel.

AKADEMIE

EKSAMENREËLINGS VIR LEERDERS

NB!!! INDIEN `N LEERDER ENIGE UITSTAANDE WERKSTUKKE OF PORTEFEULJE STUKKE HET, SAL HIERDIE

LEERDER GEEN VRAESTEL ONTVANG ALVORENS UITSTAANDE WERKSTUKKE NIE INGEHANDIG IS NIE!!

• Afwesighede gedurende die eksamen moet deur ‘n doktersbrief gestaaf word en word deur die hoof,

mnr. Julius Katzke, self hanteer!

LW: Alle doktersbriewe moet in die algemene kantoor ingehandig word vir mnr. Katzke se aandag.

• Die eksamen vir Gr. 8 en 9-leerders begin op Maandag, 6 Junie 2011. Hulle kan op Vrydag, 3 Junie 2011,

tuis studeer, indien hulle geen uitstaande detensie of werktukke het nie.

• Gedurende die eksamentyd het alle leerders die KEUSE om eksamen te skryf in skoolklere of gewone

klere.

• Gewone klere kan gedra word deur `n donasie van R30,00 per leerder te betaal. Die fondse wat hiermee

geïn word, sal vir ons minderbevoorregte leerders aangewend word.

• Indien leerders met skoolklere eksamen skryf, geld die volledige skoolreëls. `n Baadjie en das moet

gedra word en geen grimering, juwele, of vreemde baadjies en haarstyle sal geduld word nie!!

• Leerders moet hul eksamenroosters deeglik bestudeer en seker maak van die sessies wat hulle skryf. Vir

die eerste sessie geld gewone skoolure. Leerders moet reeds 07:25 by die skool wees om aan te tree vir die

opening. Geen laatkommers sal in eksamenlokale toegelaat word nie. Laatkommers sal saam met die

detensieleerders skryf en eers om 13:00 verdaag.

• Leerders mag tydens die eksamensessie geen selfone, handboeke, skrifte, notas, penneblikkies en/of -

sakkies by hulle hou nie. Slegs die nodige skryfbehoeftes en/of sakrekenaar mag op die skoolbank wees.

Skryfbehoeftes mag nie oor en weer geleen word nie. Eksamensakke en boeke moet voor in die lokaal

gelaat word. Niks mag onder die leerders se stoel gebêre word nie.

• Geen leerder mag in ‘n eksamenlokaal ingaan voordat ‘n personeellid daar is en hulle alfabeties laat instap

nie.

• Daar sal baie streng opgetree word teenoor leerders wat dissiplinêre probleme openbaar, ontwrigting

veroorsaak of enige van bogenoemde reëls verontagsaam. Sulke leerders sal onverwyld uit die

eksamenlokaal verwyder word en na die detensieklas toe geneem word. Hulle sal saam met die

detensieleerders skryf en eers om 13:00 verdaag.

• Leerders wat eksamendetensie gekry het of onafgehandelde detensies het, sal daagliks uit die sisteem

geneem word na die detensielokaal. Maak seker dat jy studiemateriaal by jou het om te kan studeer.

Detensieleerders maak 13:00 klaar.

• Die detensielyste sal gereeld op die kennisgewingsborde aangebring word, sodat jy kan seker maak of jy

detensie het of nie. Geen uitstel word in die eksamentyd gegee nie.

• Geen versoeke kan toegestaan word aan leerders wat saam met detensieleerders wil skryf nie.

• Geen balspelery sal gedurende die eksamentydperk toegelaat word nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!