02.05.2013 Views

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

17 Maart 2011

OMSENDBRIEF 10

Liewe Ouers en Leerders

Hoërskool Jan Viljoen

verwysingsnommer 270116

t – 6935204/5/6 f – 6935930

jannas@lantic.net

h/v Maugham – en Hoofrifweg Randfontein

Privaat sak x3 Randfontein 1760

Dit is voorwaar `n fees om deel van die Jannas-familie te wees! Ons sportmanne en -vroue het beslis die afgelope

paar weke hul staal gewys.

Baie dankie aan ons ouers wat opdaag om ons leerders op die sportveld te ondersteun. U kinders waardeer dit!

Hulle soek u tussen die skare en herken u stem bo die gedruis van die menigte!!!

MAANDAG, 21 MAART 2011, IS MENSEREGTE DAG EN DUS `N PUBLIEKE VAKANSIEDAG.

Dinsdag, 22 Maart 2011 tot Vrydag, 25 Maart 2011, is gewone skooldae. Leerders MOET hierdie dae skool

bywoon, aangesien daar nog toetse en portefeulje opdragte is wat afgehandel moet word!

LIEF EN LEED

Sara Windvoël, kafeteria, vier vandag haar geboortedag. Ons wens u `n voorspoedige nuwe lewensjaar toe.

Me. Stephanie Reitsma se dogter, Margeretha (oudleerder), het haar Nasionale Diploma in Grafiese Ontwerp aan

die Universiteit van Johannesburg verwerf. Baie geluk! Sy is tans besig met haar finale jaar BTech Grafiese Ontwerp

aan dieselfde instansie.

Me. Magdie de Winnaar se seun, Gerald, is in die Gauteng Judospan opgeneem. Hy neem op Saterdag, 19 Maart

2011, aan die Gauteng-Vaal Kampioenskappe te Vanderbijlpark deel. Baie geluk en sterkte! Jy is `n wenner!!

Daniel Viljoen, oudleerder, het haar BSC Honneurs (Fisika en Wiskunde) aan die Universiteit van Noordwes behaal

en is tans besig met haar Meestersgraad. Baie geluk!

Ané van Wyk, gr. 12, ondergaan vandag `n groot knie-operasie. Ons bid haar spoedige herstel toe!

JANNAS CHAT MET TANNIE CORRIE

Jannas ek wil hierdie week iets met julle deel wat die Here regtig sterk op my hart gedruk het. Dit is egter niks nuuts

nie want, in my jare ervaring as sielkundige in die Suid Afrikaanse Polisie en in my privaat praktyk kry ek daagliks te

doen met die aspekte van persoonlike keuses en die grense waarbinne mense leef. Ek staan nog steeds verbaas as

persone verkeerde keuses maak en nie bereid is om die gevolge daarvan te dra nie. Dit is mos logika en weet julle

wat, dit is ook een van die belangrikste lewenslesse wat ons moet leer in die skool. Daar is ‘n stel reëls en al wat jy

moet doen is om binne die grense van hierdie reëls te bly. Indien jy dit nie doen nie is dit veronderstel om

moeilikheid te beteken. Die Wow! van alles is dat jy die keuse moet maak tussen reg en verkeerd. Jy moet ook besef

die lewe is nie - doen-dit-jouself nie, maar doen-dit-saam met God.

Wenk van die week:

Onthou deur net te luister na jou eie lewe – wat wil ek hê – ontdek jy ‘n kompas wat jou help om reg te lewe. Deel

jou probleme anoniem met tannie Corrie per sms by: 0840500162

DANKSEGGINGSDIENS

Ons kwartaallikse dankseggingsdiens vind op Dinsdag, 22 Maart 2011, in die skoolsaal plaas. Die diens word gelei

deur ds. Llwellyn Oliver van die NG-Kerk Randfontein-Noord. Ouers word ook uitgenooi om hierdie diens by te

woon.

JANNAS PERSONEEL VERSKERP HUL KENNIS

Op Vrydag, 18 en Saterdag, 19 Maart 2011, woon al ons departementshoofde `n Bestuurspan Bemagtingingssessie

by die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit by. Sterkte!!

VRL

DIENSWEEK

22 – 25 Maart 2011: Diensweek 1

DETENSIE EN GEMEENSKAPSDIENS

Die detensie en gemeenskapsdiens vind vandeesweek op Vrydag, 18 Maart 2011 en aanstaande week op Donderdag,

24 Maart 2011, plaas.

SBL-VAKATURE

Daar moet `n SBL-tussenverkiesing gehou word vir die vakature wat ontstaan het met mnr. Gerhard Henning se uittrede.

Die nominasie- en verkiesingsvergadering sal op Donderdag, 24 Maart 2011, om 18:00 plaasvind.

MATRIEKAFSKEIDFONDS

Die koste van vanjaar se matriekafskeid beloop R450,00 per persoon. Hierdie gelde moet voor einde Julie betaal wees.

Oudisies vir die talentaand wat op Woensdag, 23 Maart 2011, vanaf 14:00 sou plaasvind, is a.g.v. die netbalwedstryde wat

gespeel word, na Dinsdag, 22 Maart 2011, verskuif.

Die sanger, Burger le Roux, tree op Vrydag, 20 Mei 2011, in die skoolsaal op, ten bate van die matriekafskeidfonds.

Gr. 12-leerders moet asseblief so gou moontlik hul lootjielyste en bestanddele-vorms inhandig.

Ri Lo Misjaun Hare- en Skoonheidsalon bied spesiale matriekafskeidaanbiedinge vir die groot aand!

10 Sonbedsessies - R150,00; Naels – R180,00; Hareverlengstukke – R20,00 en nog baie meer!

SMS-STELSEL

`n SMS is op Woensdag, 16 Maart 2011, aan alle ouers gestuur. Het u `n SMS ontvang? Indien nie, kontak asseblief onmiddellik

vir mnr. Sarel Steyn by die skool.

Ouers word versoek om, indien `n leerder op `n dag nie skool gaan bywoon nie, die skool voor 08:00 op die betrokke dag te

skakel.

LEERDERS SE SELFONE

Die SBL het op `n vergadering besluit dat, indien `n leerder se selfoon van hom/haar weggeneem word, hulle nie meer toegelaat

sal word om die simkaart te verwyder nie. Dit sal saam met die selfoon in veilige bewaring gehou word.

EREROLLE

Die ererolle in die skoolsaal is in die proses om op gedateer te word. Indien `n leerder of ouer bewus is van `n verandering, kan

hulle mee. Hannie Jonker of Elzita Oberholzer kontak.

OUERBEGELEIDING

Ondersteuningsgroepe vir enkelouers sal vanaf Maart 2011, maandeliks by NG-Kerk Randpoort vergader. Die doel van hierdie

ontmoetings sal hoofsaaklik wees om begeleiding aan enkelouers te bied wat vele uitdagings in hul taak as ouer ondervind.

Belangstellendes kan Sandri kontak by 082 923 8967.

AKADEMIE

KLAS VAN 2010

Twee van ons gr. 12-leerders van 2010 se uitslae het na die hermerk verbeter.

Baie geluk aan: Charney Lindner - Besigheidstudie 79% → 81% (Sy is ons toppresteerder met 5 onderskeidings) en

Alta v.d. Westhuizen - Engels 75% → 80%.

GR. 8-12 RAPPORTE EN OUERAAND

Leerders ontvang op Vrydag, 15 April 2011, hul rapporte, akademiese verslagvorms asook afspraakvorms. Die gr. 8-12 oueraand

vind op Woensdag, 20 April 2011, plaas.

TEGNOLOGIE

Gr. 8 en 9-leerders het op Woensdag, 16 Maart 2011, `n distrikvraestel in hierdie vak geskryf. Hierdie vraestelle is uiters

belangrik en leerders moet asseblief deeglik voorberei!!

GRAAD 10 LEWENSORIËNTERING

Bogenoemde taak moet voor of op Vrydag, 18 Maart 2011, by mnr. Dirk Odendaal ingehandig word. Geen verskonings sal

aanvaar word nie.

GRAAD 11 EN 12 LEWENSORIËNTERING

Ten spyte van die verlengde afsnydatum vir die inhandiging van die gr. 11 en 12 Lewensoriëntering take, is daar nog heelwat

leerders wat nie hieraan gehoor gegee het nie. Die inhandigingsdatum word dus FINAAL verleng tot Dinsdag, 22 Maart 2011.

2

KULTUUR

BAIE GELUK

Ons leerders het weereens hul staal tydens die Eisteddfod Kunstefees gewys en uitstekende resultate behaal – Ricardo Liut

(Speech & Drama (All languages) – 92,5%, Angelo Almeida dring deur na die kwartfinaal wat `n uitsonderlike prestasie is en

ons musiekgroep Die Waarheid behaal 75%. Baie geluk!

MUSIEKBLYSPEL

Hoërskool Jan Viljoen bied vanjaar `n musiekblyspel aan. Massadeelname onder leerders word sterk aangemoedig. Oefeninge

sal tydens skooltyd in aktiwiteitsperiodes plaasvind. Oudisies vir die hoofrolle vind op Woensdag, 23 Maart 2011, in die

skoolsaal plaas. Die oudisies begin om 14:00.

MNR. EN MEJ. JAN VILJOEN

Die sluitingsdatum vir alle inskrywings is op Dinsdag, 22 Maart 2011. Inskrywingsgelde moet by leerders se voogde inbetaal

word en saam met die voltooide inskrywingsvorms aan me. J van Vuuren oorhandig word.

Elke deelnemer sal vier kaartjies ontvang wat hulle moet verkoop. Foto’s vir hierdie kompetisie word op Dinsdag, 12 April 2011,

vanaf 14:00 geneem.

TONEEL

Sterkte aan al die toneelspelers wat gedurende die vakansie hard moet oefen. Oefeninge wat op Saterdag, 26 en

Maandag, 28 Maart 2011, plaasvind, is uiters belangrik. Geen verskonings sal aanvaar word nie!!

SPORT

BAIE GELUK

• Taryn Golden, gr. 12, is deur Gauteng-Wes verkies om gedurende die naweek van 18 – 20 Maart 2011 aan boks-proewe deel te

neem en sodoende vir die 2012 Suid-Afrikaanse span te kwalifiseer wat ons land tydens die Olimpiese Spele sal verteenwoordig.

WOW!!!

RUGBY

JAN VILJOEN VS HTS RUSTENBURG

Hierdie kragmeting het op Vrydag, 11 Maart 2011, plaasgevind. Die uitslae is soos volg:

1ste (JV – 24, HTS – 24) 2de (JV – 17, HTS – 7) 3de (JV – 5, HTS – 38)

O/15 (JV – 0, HTS – 27) O/14 (JV – 38, HTS – 5)

JAN VILJOEN VS HTS CAREL DE WET

Hierdie wintersportdag vind op Saterdag, 19 Maart 2011, te HTS Carel de Wet plaas. Die program is in die algemene katoor

beskikbaar. Die busse vertrek om 06:15 en sal, DV, om 16:00 weer by die skool terug wees.

NETBAL

BAIE DANKIE

Groot dank aan die volgende borge wat ons eerste netbalspan met verskeie artikels geborg het. U hulp en bystand is vir ons

ongelooflik baie werd en dra beslis by tot die sukses van ons span!!

Mnr. Jaco Taute, Pro-International (Sweetpakke), mnr. Emile Pienaar, Randgate Apteek (Sportsakke)

Randfontein Skryfbehoeftes (Sportsakke) en mnr. Johan Booysen, EPR (Geel netbalbaadjies)

Ons kan nie nalaat om al ons eerste netbalspan se ouers te bedank vir hul volgehoue ondersteuning nie! Sonder julle sal ons

nie soveel sukses behaal nie!!

NETBALPROEWE

Sterkte aan die speelsters wat aan die D2-proewe deelneem. Die datums vir die proewe is soos volg:

O/14 D2-Areaproewe (Donderdag, 17 Maart 2011 te Hoërskool Riebeeckrand) en O/16 D2-netbalproewe

(Woensdag, 23 Maart 2011 te Hoërskool Jan Viljoen. Sterkte aan: Elouise Oberholzer, Varuschka Zaayman, Andrea Harms,

Angi Greyling en Vicky Grimbeeck.

O/18 Gauteng netbalproewe (Vrydag, 18 Maart 2011, te Hoërskool Randburg) Sterkte aan: Koketso Leema en Leoné Woest.

Baie geluk aan Twané Ernsting wat opgeneem is in die O/17 D2-netbalspan.

JAN VILJOEN vs RANDFONTEIN HIGH SCHOOL

Al ons spanne speel op Dinsdag, 22 Maart 2011, vriendskaplike wedstryde teen RHS. Sterkte!

NETBALKLINIEK TE “SEROBE”

Alle uitstaande gelde moet voor of op Donderdag, 24 Maart 2011, betaal wees. Inligtingsdokumente en

vrywaringsvorms sal aanstaande week aan leerders oorhandig word.

3

GHOLF

Oefentye is op Vrydae vanaf 14:00 – 17:00 en vind op Venterspost-gholfbaan plaas. Koste vir nege putjies beloop

R25,00 per speler. Spelers moet op `n Donderdag reeds hul name vir afslaantye en op Vrydae hul betaling afgehandel

hê.

TENNIS

Jan Viljoen Dogters vs Hoërskool Riebeeckrand - Jan Viljoen wen

Jan Viljoen Seuns vs Hoërskool Bekker - Jan Viljoen wen

Oefening vind op Dinsdae en Donderdae vanaf 14:30 – 15:30 plaas.

Op Woensdag, 23 Maart 2011, meet ons kragte met Hoërskool Fochville, op ons bane. Sterkte!!

Alle tennisspelers word uitgenooi na `n ken-mekaar-kuier by die Spur Familie Restaurant vanaand vanaf 17:30 – 19:00.

Alle tennisspelers word ook daaraan herinner om hul mates by tannie Ria Botha van JANKAS te laat neem vir hul

tennisklere

SPORT OEFENTYE

HOKKIE

Oefening vind vanaf Maandae tot Donderdae in die volgende tydgleuf plaas:

1ste (15:45 – 17:00); 2de (15:30 – 16:30); O/14 (15:30 – 16:30); O/15 (15:00 – 16:30); O/16 (14:30 – 16:00)

NETBAL

Oefening vind in die volgende tydgleuf plaas:

1ste Ma. – Di. (16:00 – 17:15); O/14 Ma., Di. en Do. (14:45 – 16:00);

O/15 Ma., Di. en Do. (14:45 – 16:00); O/16 & O/17 Di. en Do.(15:30 – 17:00)

DIE “SPORTSMANS WAREHOUSE” PRESTIGE O/13 RUGBYREEKS

Die wedstryde begin om 13:00 en duur tot 20:30. Elke wedstryd duur 50 minute. Die finale wedstryde vind op

Woensdag, 23 Maart 2011, plaas. Die program is soos volg:

A-VELD VELD VELD B-VELD VELD WESTGOLD WESTGOLD WESTGOLD PRIMARY

PRIMARY

VERLOORDER I VS VERLOORDER J WENNER A VS WENNER B VERLOORDER A VS VERLOORDER B

WENNER E VS WENNER F WENNER C VS WENNER D VERLOORDER C VS VERLOORDER D

WENNER G VS WENNER H AFDELING A – C3 VS D3

WENNER I VS WENNER J VERLOORDER E VS VERLOORDER F

VERLOORDER K VS VERLOORDER L

VERLOORDER M VS VERLOORDER N

VERLOORDER O VS VERLOORDER P

WENNER K VS WENNER L

WENNER M VS WENNER N

WENNER O VS WENNER P

VERLOORDER G VS VERLOORDER H

GEBED VIR DIE VAKANSIE

Here, ons het `n moeë generasie geword! Ons is moeg gewerk, moeg vir probleme en moeg vir mense.

Ons het veral moeg geword om alles altyd reg te doen. Om aanvaarbaar te wees moet ons:

suksesvol, begaafd en finansieel sterk wees, met duidelike doelwitte.

Verder moet ons goeie ouers, lojale vriende, toegewyde familie mense en betrokke gemeenskapswerkers wees!

Sjoe, dit is `n mondvol!

Vandag wil ek sommer net by u kom rus en vra dat U my die regte prioriteite sal wys.

Sal U my help onderskei tussen die dinge wat regtig saakmaak en die dinge wat die wêreld ons probeer voorskryf?

Ja, help my om te weet wat vir U belangrik is. Maak huis skoon met my, Here.

Verwyder die selfopgelegde eise in my oorvol lewe En leer my om sommer net U kind te wees.

Geniet die vakansie, rus lekker en kom veilig terug!

JJ KATZKE

HOOF

Amen

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!