02.05.2013 Views

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VRL

DIENSWEEK

22 – 25 Maart 2011: Diensweek 1

DETENSIE EN GEMEENSKAPSDIENS

Die detensie en gemeenskapsdiens vind vandeesweek op Vrydag, 18 Maart 2011 en aanstaande week op Donderdag,

24 Maart 2011, plaas.

SBL-VAKATURE

Daar moet `n SBL-tussenverkiesing gehou word vir die vakature wat ontstaan het met mnr. Gerhard Henning se uittrede.

Die nominasie- en verkiesingsvergadering sal op Donderdag, 24 Maart 2011, om 18:00 plaasvind.

MATRIEKAFSKEIDFONDS

Die koste van vanjaar se matriekafskeid beloop R450,00 per persoon. Hierdie gelde moet voor einde Julie betaal wees.

Oudisies vir die talentaand wat op Woensdag, 23 Maart 2011, vanaf 14:00 sou plaasvind, is a.g.v. die netbalwedstryde wat

gespeel word, na Dinsdag, 22 Maart 2011, verskuif.

Die sanger, Burger le Roux, tree op Vrydag, 20 Mei 2011, in die skoolsaal op, ten bate van die matriekafskeidfonds.

Gr. 12-leerders moet asseblief so gou moontlik hul lootjielyste en bestanddele-vorms inhandig.

Ri Lo Misjaun Hare- en Skoonheidsalon bied spesiale matriekafskeidaanbiedinge vir die groot aand!

10 Sonbedsessies - R150,00; Naels – R180,00; Hareverlengstukke – R20,00 en nog baie meer!

SMS-STELSEL

`n SMS is op Woensdag, 16 Maart 2011, aan alle ouers gestuur. Het u `n SMS ontvang? Indien nie, kontak asseblief onmiddellik

vir mnr. Sarel Steyn by die skool.

Ouers word versoek om, indien `n leerder op `n dag nie skool gaan bywoon nie, die skool voor 08:00 op die betrokke dag te

skakel.

LEERDERS SE SELFONE

Die SBL het op `n vergadering besluit dat, indien `n leerder se selfoon van hom/haar weggeneem word, hulle nie meer toegelaat

sal word om die simkaart te verwyder nie. Dit sal saam met die selfoon in veilige bewaring gehou word.

EREROLLE

Die ererolle in die skoolsaal is in die proses om op gedateer te word. Indien `n leerder of ouer bewus is van `n verandering, kan

hulle mee. Hannie Jonker of Elzita Oberholzer kontak.

OUERBEGELEIDING

Ondersteuningsgroepe vir enkelouers sal vanaf Maart 2011, maandeliks by NG-Kerk Randpoort vergader. Die doel van hierdie

ontmoetings sal hoofsaaklik wees om begeleiding aan enkelouers te bied wat vele uitdagings in hul taak as ouer ondervind.

Belangstellendes kan Sandri kontak by 082 923 8967.

AKADEMIE

KLAS VAN 2010

Twee van ons gr. 12-leerders van 2010 se uitslae het na die hermerk verbeter.

Baie geluk aan: Charney Lindner - Besigheidstudie 79% → 81% (Sy is ons toppresteerder met 5 onderskeidings) en

Alta v.d. Westhuizen - Engels 75% → 80%.

GR. 8-12 RAPPORTE EN OUERAAND

Leerders ontvang op Vrydag, 15 April 2011, hul rapporte, akademiese verslagvorms asook afspraakvorms. Die gr. 8-12 oueraand

vind op Woensdag, 20 April 2011, plaas.

TEGNOLOGIE

Gr. 8 en 9-leerders het op Woensdag, 16 Maart 2011, `n distrikvraestel in hierdie vak geskryf. Hierdie vraestelle is uiters

belangrik en leerders moet asseblief deeglik voorberei!!

GRAAD 10 LEWENSORIËNTERING

Bogenoemde taak moet voor of op Vrydag, 18 Maart 2011, by mnr. Dirk Odendaal ingehandig word. Geen verskonings sal

aanvaar word nie.

GRAAD 11 EN 12 LEWENSORIËNTERING

Ten spyte van die verlengde afsnydatum vir die inhandiging van die gr. 11 en 12 Lewensoriëntering take, is daar nog heelwat

leerders wat nie hieraan gehoor gegee het nie. Die inhandigingsdatum word dus FINAAL verleng tot Dinsdag, 22 Maart 2011.

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!