01.05.2013 Views

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

Preview - Hoërskool Jan Viljoen

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2 Junie 2011

OMSENDBRIEF 18

Liewe Ouers en Leerders

Hoërskool Jan Viljoen

Verwysingsnommer 270116

t – 6935204/5/6 f – 6935930

h/v Maugham – en Hoofrifweg Randfontein

Privaat sak x3 Randfontein 1760

Aan die einde van die tweede kwartaal van 2011 kan ons met groot vreugde en `n tikkie heimwee terugkyk oor die

afgelope twee maande. Ons het baie gelag, gehuil, soms was ons bekommerd en soms was ons gelukkig. Wat `n

wonderlike voorreg om daagliks al ons gevoelens en vrese aan ons Hemelse Vader te kan opdra! Baie dankie aan

elke ouer, leerder, onderwyser en Janna-vriend vir jul harde werk en toewyding! Met die volgende woorde van

Mahatma Ghandi word u `n wonderlike rustyd toegewens:

Ons swakhede en mislukkings is net soveel `n seëning van God as ons suksesse en talente.

Hy wil hê dat ons dit altwee aan Sy voete moet lê.

Die skool sluit op Vrydag, 24 Junie 2011, om 11:00 en heropen weer op Maandag, 18 Julie 2011, om 07:20.

Hierdie nuusbrief sal die laaste nuusbrief vir die kwartaal wees.

JANNAS CHAT MET TANNIE CORRIE

Jannas dis alweer eksamentyd en ons almal “worry” mos maar so bietjie in hierdie spanningsvolle tyd, maar weet

julle wat - navorsing het bevind dat die gemiddelde persoon se bekommernis is gefokus op:

40% dinge wat nooit sal gebeur nie.

30% dinge oor die verlede wat nie verander kan word nie.

12% dinge oor kritiek van ander (meestal onwaar).

8% oor egte probleme wat ons in die gesig staar.

Baie sterkte met die eksamen. Gebruik elke geleentheid sinvol deur te studeer, moet nooit vandag verlam deur

jou spyt oor gister en jou vrees vir môre nie.

Wenk van week: Onthou bekommernis is ‘n tyddief. As jy oor alles “worry”, vul jy jou tyd, jou dag met negatiewe

gedagtes. Deel jou probleme met tannie Corrie per sms by: 0840500162

PERSONEEL

TOTSIENS AAN ME. MONA SAAIMAN

Hoërskool Jan Viljoen groet me. Mona Saaiman wat na 36 jaar by Jannas aftree. Me. Saaiman is `n fundi op haar

vakgebied en Jan Viljoen sal beslis haar kundigheid mis. Me. Saaiman is bekend vir haar mensliewendheid en dat sy

leerders en personeel tydens haar loopbaan met respek en empatie behandel het. Haar beste getuigskrif is verseker

dat sy haar Christenskap daagliks uitleef en vir elkeen van ons `n voorbeeld bly.

Juffrou Mona, geniet die aftreedae saam met u gesin, maar weet dat u altyd `n spesiale plekkie in elkeen van ons

harte sal hê. Hoërskool Jan Viljoen salueer u!!

WELKOM TERUG

Me. Chanelle v.d. Berg sluit haar weer op Woensdag, 8 Junie 2011, by ons aan na haar kraamverlof. Ons is bly om u

weer in ons midde te hê!

BAIE GELUK

Baie geluk aan mnr. Gerhard Myburgh wat op Woensdag, 22 Junie 2011 verjaar asook die personeellede wat

gedurende die vakansie hul geboortedae herdenk. Ons bid u `n geseënde en voorspoedige nuwe lewensjaar toe:

Mee. Monique Wewege (1 Jul), Sonja Tuck (4 Julie), Anna Molete – koshuis (5 Jul), Marietjie Allen (15 Jul) en

Alta Steenekamp (16 Jul).

SBL-VERGADERINGS

Die finansiële vergadering vind op Maandag, 13 Junie 2011, in die hoof se kantoor plaas en die SBL-vergadering op

Maandag, 20 Junie 2011, in die klubhuis.

KWARTAALPROGRAM

Indien daar van ons ouers is wat graag `n bydrae of `n belangrike datum op die program vir die 3de kwartaal wil

plaas, is u welkom om die skool te kontak.

JANNAS-LEERDERS WORD VERMAAN

• Skaatsplanke by die skool is VERBODE. Indien `n leerder met `n skaatsplank by die skool betrap word, sal dit

gekonfiskeer en in die kluis bewaar word.

• Leerders moet die “taxi-rank” by die Spar winkel oorkant die skool ten alle tye vermy. Geen leerder het

nodig om daar rond te luier en kuier nie.

ANNEBEL-KLUB

Die Annebel-klub onderneem `n uitstappie na Pretoria-skaatsbaan op Donderdag, 23 Junie 2011. Baie dankie aan

Mariska wat hierdie leerders sal vergesel.

AKADEMIE

EKSAMENREËLINGS VIR LEERDERS

NB!!! INDIEN `N LEERDER ENIGE UITSTAANDE WERKSTUKKE OF PORTEFEULJE STUKKE HET, SAL HIERDIE

LEERDER GEEN VRAESTEL ONTVANG ALVORENS UITSTAANDE WERKSTUKKE NIE INGEHANDIG IS NIE!!

• Afwesighede gedurende die eksamen moet deur ‘n doktersbrief gestaaf word en word deur die hoof,

mnr. Julius Katzke, self hanteer!

LW: Alle doktersbriewe moet in die algemene kantoor ingehandig word vir mnr. Katzke se aandag.

• Die eksamen vir Gr. 8 en 9-leerders begin op Maandag, 6 Junie 2011. Hulle kan op Vrydag, 3 Junie 2011,

tuis studeer, indien hulle geen uitstaande detensie of werktukke het nie.

• Gedurende die eksamentyd het alle leerders die KEUSE om eksamen te skryf in skoolklere of gewone

klere.

• Gewone klere kan gedra word deur `n donasie van R30,00 per leerder te betaal. Die fondse wat hiermee

geïn word, sal vir ons minderbevoorregte leerders aangewend word.

• Indien leerders met skoolklere eksamen skryf, geld die volledige skoolreëls. `n Baadjie en das moet

gedra word en geen grimering, juwele, of vreemde baadjies en haarstyle sal geduld word nie!!

• Leerders moet hul eksamenroosters deeglik bestudeer en seker maak van die sessies wat hulle skryf. Vir

die eerste sessie geld gewone skoolure. Leerders moet reeds 07:25 by die skool wees om aan te tree vir die

opening. Geen laatkommers sal in eksamenlokale toegelaat word nie. Laatkommers sal saam met die

detensieleerders skryf en eers om 13:00 verdaag.

• Leerders mag tydens die eksamensessie geen selfone, handboeke, skrifte, notas, penneblikkies en/of -

sakkies by hulle hou nie. Slegs die nodige skryfbehoeftes en/of sakrekenaar mag op die skoolbank wees.

Skryfbehoeftes mag nie oor en weer geleen word nie. Eksamensakke en boeke moet voor in die lokaal

gelaat word. Niks mag onder die leerders se stoel gebêre word nie.

• Geen leerder mag in ‘n eksamenlokaal ingaan voordat ‘n personeellid daar is en hulle alfabeties laat instap

nie.

• Daar sal baie streng opgetree word teenoor leerders wat dissiplinêre probleme openbaar, ontwrigting

veroorsaak of enige van bogenoemde reëls verontagsaam. Sulke leerders sal onverwyld uit die

eksamenlokaal verwyder word en na die detensieklas toe geneem word. Hulle sal saam met die

detensieleerders skryf en eers om 13:00 verdaag.

• Leerders wat eksamendetensie gekry het of onafgehandelde detensies het, sal daagliks uit die sisteem

geneem word na die detensielokaal. Maak seker dat jy studiemateriaal by jou het om te kan studeer.

Detensieleerders maak 13:00 klaar.

• Die detensielyste sal gereeld op die kennisgewingsborde aangebring word, sodat jy kan seker maak of jy

detensie het of nie. Geen uitstel word in die eksamentyd gegee nie.

• Geen versoeke kan toegestaan word aan leerders wat saam met detensieleerders wil skryf nie.

• Geen balspelery sal gedurende die eksamentydperk toegelaat word nie.

• Indien `n leerder klaar geskryf het, moet hy/sy asseblief binne die terrein en nie voor die motorhek vir hul

ouers wag nie.

LW. Geen leerder mag gedurende die eksamen in die vierkant rondluier nie. Daar SAL `n lokaal wees waar jy

kan studeer!!

KULTUUR

BAIE GELUK

• Drie van ons leerders wat aan die ATKV-Redenaarskompetisie deelgeneem het, het deurgedring na die

semifinale rondte – Cohen Grootboom, Lieschen le Roux en Ricardo Liut.

MASTERMINDS

Op Donderdag, 26 Mei 2011, het Jannas se slimkoppe weer ons naam hooggehou by Randfontein High se jaarlikse

Mastermind kompetisie. Die kompetisie was straf en Jannas en nog sewe ander Engelse Hoërskole het

deelgeneem. Jannas het derde uit hierdie agt skole geëindig, wat `n uitstekende prestasie is. Ons is besonder trots

op Ricardo Liut wat as die “most entertaining” deelnemer van die aand aangewys is. Baie geluk!!

MUSIEKBLYSPEL

Oefening vind op die volgende dae plaas: Vrydag, 10 Junie 2011, ter voorbereiding van die klankopname wat

later plaasvind. Gr. 12-leerders oefen vanaf 3 tot 10 Junie 2011 vanaf 13:00 – 15:00 in die skoolsaal.

SPORT

BAIE GELUK

• Hendrik Khumalo en Siphiwe Tefo, het op Vrydag, 27 Mei en Saterdag, 28 Mei 2011, aan die Afrika Suidstreek

Atletiekkampioenskappe in Namibië deelgeneem en weereens met die louere weggeloop! Hendrik het stof in

die oë van sy teenstanders geskop en die 100m en 200m gewen. Siphiwe het derde in sy afdeling geëindig.

WOW!!

• Tien van ons O/16-rugbyspelers is ingesluit in die Bokkieweek-rugbyspan wat vanaf 4 – 8 Julie 2011 by

Kroonstad aan wedstryde deelneem.

• Op Saterdag, 11 Junie 2011, neem die O/14-, O/16- en eerstespan aan die Goue Leeus-Semifinaal deel. Sterkte!

• Zandré J van Vuuren neem vanaf 16 – 19 Junie 2011 aan die SA-Tweekampkampioenskappe te Kaapstad deel.

JANNAS VS RIEBEECKRAND

Op Saterdag, 28 Mei 2011, het hierdie ligawedstryde plaasgevind. Jannas se toeskouers het bankvas op die paviljoen

gesit en `n ongelooflike eenheid gevorm met hul geel serpe. Die gees wat onder Jannas-ondersteuners geheers het,

was die wenners!. Baie dankie aan elke leerder, personeellid en ouer wat deel van Saterdag se skouspel was. Julle is

die hartklop van ons pragtige skool.

DIE KAMAKAZI’S SÊ DANKIE

Ons sluit graag `n brief in wat ontvang is van die eerstespanspelers na afloop van verlede naweek se sportgebeure:

Graag wil ons die volgende persone bedank vir hul ondersteuning en bereidwilligheid om ons in so `n belangrike

wedstryd by te staan.

• Eerstens wil ons ons Hemelse Vader bedank vir die talent om goeie rugby te kan speel en dit te kan geniet.

• Ons borge, mnre. Pierre de Koker en Karel Burger, wat dit vir ons moontlik gemaak het om Vrydagaand se

“Manne van die Woord”-funksie te kon bywoon. Die oud-springbokslot, Moaner van Heerden, het ons

toegespreek tydens die geleentheid en ons rugbypresident, oom Johann Rossouw, het sy getuienis gelewer.

Tydens die gelukkige prystrekking die aand, het ons kaptein een van die drie pryse gewen en dit was vir ons `n

teken dat die Here met ons sal wees tydens die volgende dag se wedstryd.

• Hoërskool Jan Viljoen vir die eer om in die Eerste Span te kan speel.

• Mnr. Katzke vir die toestemming om die geel serpe aan te koop en sodoende meer ondersteuners te lok - dit

het gewerk soos `n bom!

• Mnre. Julius Katzke en Pierre de Koker vir die ondersteunende woorde voor die aanvang van die wedstryd.

• Mee. Almarie Katzke en Sylvia Maas wat die serpe uitgedeel het en die hele skool gemotiveer het om gees te

vang, mooi te sing en goeie sportmangees aan die dag te lê.

• Al die ondersteuners op die paviljoen, dit het indrukwekkend gelyk van die veld af om net geel te sien waar jy

kyk en te weet dat dit jóú skoolmaats is wat jou ondersteun.

• Ons twee afrigters, mnre. Fanie Schoonraad en Joe Rossouw, wat so baie van hul tyd aan ons afstaan en ons

deeglik voorberei het om Riebeeckrand oortuigend met 22 – 9 te wen.

Die hoogtepunt van die hele dag, vir ons rugbypresident, oom Johann Rossouw, was na die wedstryd toe ons almal

in `n kringetjie staan en bid het en ons kaptein ons versoek het om so hard as moontlik “We love You, Jesus” te

skree. Oom Johann se hy is al sedert 1981 betrokke as spanbestuurder van verskeie rugbyspanne en dit was die

heel eerste keer wat so iets gebeur het. Of ons wen of verloor, ons gee aan die Here die eer vir ons talente. Kom

ondersteun ons Vrydagaand wanneer ons die laaste tuiswedstryd teen Hoërskool Alberton gaan speel. Ons het al

ons ondersteuners met hul geel serpe nodig om te kan wen.

Groete. Die Eerste Rugbyspan.

Die uitslae is soos volg:

RUGBY

1STE (JV – 22, RR – 9) 2DE (JV – 0, RR – 6) 3DE (JV – 20, RR – 3)

O/16A (JV – 5, RR – 3) O/15A (JV – 5, RR – 15) O/14A (JV – 7, RR – 19)

HOKKIE

Groot dank aan elke speler en afrigter vir die uitstekende sportmangees wat tydens jul wedstryde geheers het.

Onthou, `n mens hoef nie te wen om `n wenner te wees nie! Baie geluk aan die O/16 span wat met `n wentelling

van 2 – 1 van die veld gestap het.

O/14 RUGBY OEFENING

Hierdie span oefen op Saterdag, 4 Junie 2011, om 12:00. Alle spelers MOET hierdie oefening bywoon aangesien

die tyd min is.

JAN VILJOEN vs HOËRSKOOL ALBERTON

Hierdie kragmeting vind op Vrydag, 3 Junie 2011, op ons velde plaas. Sterkte aan al die spelers en afrigters.

Komaan, Jannas, kom ons maak weer soos verlede Saterdag!! Die program is soos volg:

15:30 (O/14A en 3DE –A-veld;); 16:30 (O/15A – A-veld); 17:30 (2DE – A-veld); 18:40 (O/16A – A-veld);

19:45 (1STE – A-veld);

JAN VILJOEN vs HOËRSKOOL DINAMIKA

Hierdie kragmeting vind op Woensdag, 8 Junie 2011, op Hoërskool Dinamika se velde plaas. Sterkte aan al die

spelers en afrigters. Die program is soos volg:

14:30 (O/15A en 3DE –A-veld;); 15:30 (O/14A en 2DE – A-veld); 16:30 (O/16A – A-veld); 17:30 (1STE – A-veld)

NETBAL

Sterkte aan al die 1ste-, O/14A- en O/15A-spanne wat op Donderdag, 2 Junie en Vrydag, 3 Junie 2011 aan die finale

uitspeelwedstryde op ons bane deelneem. Ons hou duimvas!!

JUKSKEI

Oefening vind plaas op Donderdag, 9 Junie 2011 vanaf 13:15 – 14:30. Leerders wat graag wil deelneem, moet

hierdie oefening bywoon.

CONNIE MULDER PRETDRAF

Jannas se landloopatlete neem op Saterdag, 4 Junie 2011, aan die 5km en 10km-pretdraf tydens die Connie

Mulder Sentrum se pretdag deel. Sterkte!

ADVERTEER HIER

Dance a Volanté Dansskool bied Saterdag, 4 Junie 2011 om 17:00, ‘n opelugvertoning van BOBBY VAN JAARSVELD aan op

Hoërskool Riebeeckrand se rugbyveld.

Kaartjies R100,00 (volwassenes) en R50,00 (kinders onder 12 jaar) is beskikbaar by me. Enza Steyn

Geniet die vakansie en kom veilig tuis.

JJ KATZKE

HOOF

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!