01.05.2013 Views

Hoërskool Overkruin

Hoërskool Overkruin

Hoërskool Overkruin

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hoërskool Overkruin

NIE WINSGEWENDE ORGANISASIE NR 004 654 NPO

BRAAM PRETORIUSSTRAAT TEL: (012) 567 5115/6 POSBUS 13709

WONDERBOOM FAKS: (012) 543 1790 SINOVILLE

PRETORIA E-Pos: info@overkruin.com 0129

OVIE-AKSENT NR.3 VAN 2010

Beste Ouers

1. LEERDER/AKADEMIESE AANGELEENTHEDE

1

28 Januarie 2010

1.1 UITSONDERLIKE PRESTASIE

Towan Nöthling is aangewys as toppresteerder in Tshwane-Noord vir Fisiese Wetenskap in die 2009 Senior

Sertifikaateksamen. Hy ontvang by die Mayoral Excellence Awards-geleentheid ʼn sertifikaat vir dié

prestasie.

1.2 TOETSROOSTER

Elke leerder het op 21 Januarie ‘n toetsrooster ontvang. Sien asseblief toe dat leerders betyds begin

voorberei vir toetse. Die toetsrooster sal ook op die skool se webtuiste verskyn.

1.3 AFHAAL VAN LEERDERS TYDENS SKOOLURE: MAANDAE TOT DONDERDAE (07:25 - 13:45)

VRYDAE (07:25 – 13:30)

Die Gauteng Departement van Onderwys se vereistes is soos volg:

• ʼn Ouer moet vooraf skriftelik met die skool reël wanneer ʼn leerder by die skool gehaal moet word –

dui die datum, tyd en rede aan.

• ʼn Ouer is persoonlik verantwoordelik om sy/haar kind by die algemene kantoor op die voorafgereëlde

tyd te ontmoet.

• Die ouers moet persoonlik die afwesigheidsregister by mev. M. Booysen (by ontvangs) teken.

• Indien u nie u kind persoonlik kom haal nie, dui asseblief in die brief aan wie u kind sal kom haal. Die

bogenoemde reëling geld ook vir hierdie persoon.

• In hoogs uitsonderlike gevalle waar u kind self huis toe moet gaan, moet u dit baie duidelik in u brief so

aandui en die rede daarvoor verstrek.

• Leerders mag nie self hulle ouers skakel om huis toe te gaan nie – dit moet deur die kantoor gereël

word.

1.4 HANDBOEKE

Ons verwys ouers weer na die webwerf: www.overkruin.com onder die skakel Inligting: Akademie om alle

omsendskrywes en bestelvorms na te gaan wat reeds gedurende November na alle leerders gestuur is. CM

Boeke is primêr verantwoordelik vir bestellings van handboeke wat deur leerders geplaas is en doen hul bes

om bestellings so gemaklik as moontlik afgehandel te kry.

Leerders wat egter na die afsnydatum van 13 November 2009 bestel het, moet daarmee verlief neem dat

hul bestelling langer sal neem om uit te voer. Vergewis u vooraf waar handboeke nie gekoop hoef te word

nie, maar waar die bruikhuurstelsel in plek is. Ons ondervind dat leerders nie die handboeklyste behoorlik

bestudeer het nie, en sodoende word daar van ouers verwag om boeke te koop wat by die skool op

bruikhuur geplaas is.

Let asseblief daarop dat CM Boeke wel alle bestellings betyds na die uitgewers deurgestuur het, maar dat

van die boeke in herdruk is en daarom nog nie oral beskikbaar is nie. Ons vra regtig dat ouers en leerders

die nuwe handboekwinkel en -stelsel ‘n regverdige kans sal gun, aangesien dit ‘n nuwe stelsel is wat vanaf

Januarie geïmplementeer is.

Leerders is steeds oningelig en ongeërg rakende die tweedehandse mark vir handboeke. Handboeke wat in

onbruik by die huis rondlê kan by die boekwinkel herverkoop word. Daar is ook reeds etlike afgehandelde

bestellings by die boekwinkel wat nog nie deur die leerders afgehaal is nie. Ons doen ‘n ernstige beroep op

ons leerders om alle handboeke sorgvuldig oor te trek en op te pas en toe te sien dat die tas wat hulle

gebruik, handboeke behoorlik sal beskerm. Dit verseker dat boeke ‘n goeie herverkoopwaarde het en dat

die skool ook nie aanvullings hoef te doen nie.

Waar ‘n bestelling by CM Boeke uit skryfbehoeftes en handboeke bestaan het, moet die leerder met die

eienaar in verbinding tree om seker te maak dat hulle solank die skrifte kan kry ten spyte van die feit dat

alle handboeke nog nie van die uitgewers ontvang is nie.

Ons vertrou dat die stelsel met verloop van tyd beter sal loop. Enige nuwe stelsel het maar sy groeipyne!

1.5 KLEREBANK

Die skool se klerebank word deur mev. H. Schalekamp (Verbruikerstudies) bestuur. Daar is heelwat

skoolklere beskikbaar, ook as u wil klere skenk. Kontak Mev. Schalekamp by die skool by 012 5675115

vanaf 13:45 – 14:30.

2. KULTUUR

2.1 PRETORIA EISTEDDFOD

Voornemende deelnemers aan die Pretoria Eisteddfod kan by Dr. Le Roux in Kamer 26 inskryf. Alle

inskrywingsvorms en –geld moet teen 15 Februarie afgehandel wees. Leerders wat privaat deur hul

onderskeie afrigters inskryf, word vriendelik versoek om ook by Dr. Le Roux aan te meld vir kennisname.

Inligting is ook op die Eisteddfod se webwerf beskikbaar: www.pretoriaeisteddfod.co.za. Daar kan vir die

volgende afdelings ingeskryf word: Beeldende Kuns, Drama (Afrikaans en Engels onderskeidelik), Klavier,

Sang, Strykinstrumente, Blaasinstrumente, Slagwerk, Orkeste, Klassieke Kitaar, Kerkorrel en Ligtemusiek

(Instrumentaal en Vokaal onderskeidelik). As gevolg van die Sokker Wêreldbeker sal die Eisteddfod in

April/Mei en Julie/Augustus plaasvind. Die presiese datums is by dr. Le Roux beskikbaar.

2.2 AFRIKAANS INTERNE REDENAARS

Die Afrikaans Interne Redenaarskompetisie vind op Donderdag 4 Maart om 17:00 plaas. Inligting rakende

die kompetisie kan by Dr. Pieterse in Kamer 4 gekry word.

2.3 DUNAMIS

Hierdie jaar begin Dunamis met ‘n nuwe opwindende reeks wat handel oor die tema “God thinks…” waarin

elke Ovie gaan ontdek wat God dink, en nog meer verstommend, dat Hy wel oor ons dink en natuurlik wat

Hy van ons nietige mense dink. Hierin lê die geheim van ons identiteit in Christus. Ons gaan ontdek wat God

wil hê ons moet wees. Ons nooi elke Ovie hartlik uit na ons gebedsgroepe elke oggend om 7:00 op die

rugbyveld en na ons selgroepies wat Woensdae tydens pouse vergader. Ons nooi ook die graad 8’s uit om

deel te wees van hierdie Christelike Vereniging.

2.4 KOOR

Die koor hervat sy werksaamhede op Donderdag 4 Februarie om 18:30 in die skoolsaal. Die koorfonds vir

2010 beloop R200. Die koorkamp vind die naweek van 19 tot 21 Februarie plaas en die koste vir die kamp

beloop R400. Alle koorlede is verplig om die kamp mee te maak, aangesien die repertoire vir die res van die

jaar op die kamp ingestudeer word. Boonop bied die kamp ‘n wonderlike geleentheid vir koorlede om

mekaar op sosiale vlak beter te leer ken. Die voorlopige jaarprogram sal by die eerste kooroefening

uitgedeel word.

2.5 ABSA WÊRELDKENNIS-OLIMPIADE

Ons skool is gekies om in ‘n nasionale Wêreldkennis-Olimpiade deel te neem. Dit vind vanjaar vir die

negentiende keer plaas. Die doel van die olimpiade is om hoërskoolleerders van graad 8 - 12 se algemene

kennis te toets en hulle aan te moedig om dit uit te brei deur onder andere koerante te lees. Die olimpiade

is oop vir elke belangstellende leerder.

Die Universiteit van die Vrystaat stel vier beurse van R5 000 elk beskikbaar aan die graad 12toppresteerders

om aan die Universiteit te studeer. Die totale prysgeld beloop R27 000.

Die verdeling van die pryse is as volg:

Graad 8: Eerste prys R900, tweede prys R800, derde prys R700

Graad 9: Eerste prys R1 000, tweede prys R900, derde prys R800

Graad 10: Eerste prys R1 100, tweede prys R1 000, derde prys R900

Graad 11: Eerste prys R1 200, tweede prys R 1 100, derde prys 1 000

Graad 12: Eerste prys R1 300, tweede prys R1 200, derde prys R1 100.

2

3. SPORT

Elke leerder wat aan hierdie Olimpiade deelneem, ontvang ‘n sertifikaat van ABSA.

Die Olimpiade vind op Donderdag 22 April vanaf 14:00 tot 15:15 hier by die skool plaas. Die inskrywingsgeld

beloop R15 per leerder. Die sluitingsdatum is Donderdag 4 Maart. Die vraestel bestaan uit meervoudige

keuse-vrae. Die vrae oor aktuele onderwerpe kom uit koerante, tydskrifte, boeke, radio, TV en

ensiklopedieë. Ongeveer ‘n derde van die vrae kom uit die hoofstroom-koerante. Die 2010 Sokker

Wêreldbeker is ‘n historiese gebeurtenis in Suid-Afrika en daar sal heelwat vrae oor wêreldsokker gestel

word. Verdere inligting en inskrywingsvorms is by dr. Le Roux in K 26 te kry.

3.1 KRIEKET

Die o.15A-span speel Donderdag 29 Januarie ʼn vriendskaplike wedstryd teen Hoërskool Menlopark. Baie

sterkte met hulle voorbereiding vir die seisoen. Die span speel ook Woensdag 3 Februarie weg teen CBC.

Die o.14-span speel Maandag 1 Februarie tuis teen Willowridge.

3.2 ATLETIEK

Op Dinsdag 2 Februarie vind die Noord van die Berg-byeenkoms by Hoërskool Gerrit Maritz plaas.

Dit is belangrik dat alle atlete in die korrekte Overkruin-atletiekdrag deelneem, wat beskikbaar is by

Overkruin Uitrusters en Mercron in Braam Pretoriusstraat. Toeskouers moet netjies in volledige skooldrag

geklee wees. Atlete kom skool toe in atletiekdrag.

Tyd: Stiptelik 12:00

Skool sluit: 10:30

Busse vertrek: 11:00 (Koste R15)

Die volgende uitsonderlike prestasies is tydens die Interhuis-byeenkoms op 22 Janaurie behaal:

Mercia Venter Victrix Ludorum Junior Dogter

Carien Dreyer Victrix Ludorum Senior Dogter

Walter Language Victor Ludorum Junior Seun

Francois Oberholzer Victor Ludorum Senior Seun

Suané Truter Junior Veldatleet o.15 Meisies 750 punte Verspring

Mercia Venter Junior Baanatleet o.15 Meisies 806 punte 100m

Carien Dreyer Senior Veldatleet o.19 Meisies 769 punte Diskus

Mantoiné

Language

Senior Baanatleet o.17 Meisies 742 punte 100m

Enzo Bernardo Junior Veldatleet o.14 Seuns 780 punte Hoogspring

Walter Language Junior Baanatleet o.14 Seuns 849 punte 100m

Johan Viljoen Senior Veldatleet o.16 Seuns 670 punte Hoogspring

Roan Nel Senior Baanatleet o.16 Seuns 777 punte 100m

3.3 TENNIS

Die senior dogters speel Maandag, 1 Februarie weg teen Hoërskool Waterkloof.

3.4 SWEM

Die swemseisoen is volstoom aan die gang. Swemmers oefen Maandag-Woensdag 14:00 – 15:00 by Deon

Malherbe-swembad. Swemmers moet ʼn seisoenkaartjie hê en dit is beskikbaar by Mev. Bierbaum.

Gala datums: Donderdag 28 Januarie - Pretoria High School for Girls

Donderdag 4 Februarie - DSG

Donderdag 11 Februarie - Pretoria Boys’ High

Dinsdag 16 Februarie - Hillcrest

Buskaartjies is R15.

3

3.5 NETBAL-, HOKKIE- EN RUGBYTOER-REëLINGS

Daar is heelwat ouers wat graag hulle vakansie wil beplan en sodoende navraag doen oor bogenoemde

toerdatums. Hier volg die beplande toere/kursusse vir die April-vakansie. Ons probeer die datums so

akkuraat as moontlik deurgee.

NETBAL

SPAN DATUM TOERNOOI/TOER

o.19A 1 – 5 April Waterkloof-toernooi

o.14 – o.17 7 – 10 April Camp Discovery

Seniors Toer sal bevestig word

HOKKIE

SPAN DATUM TOERNOOI/TOER

o.14 4 & 5 April TUT

o.15 29 Maart – 1 April Camp Discovery

o.16 26 & 27 Maart Hoërskool Linden

Seniors 26 -30 Maart Hoërskool Ben Viljoen (Kursus)

Eerste Span 1 – 5 April Waterkloof-toernooi

RUGBY

o.14, o.15, o.16 & Tweede Span 6 – 10 April Hansie Week/Naboomspruit

Seniors 26 – 30 Maart Oefenkamp (Meer inligting sal volg)

Eerste Span 1 – 5 April Waterkloof-toernooi

3.6 SOKKER – GAUTENG FUTURE CHAMPS

Cesare Rossi is uitgenooi om die o.17-span van die Tshwane-streek te verteenwoordig wat deelneem aan ʼn

internasionale kompetisie in Johannesburg vanaf 24 tot 31 Januarie. Baie geluk!

4. ALGEMEEN

4.1 GRAAD 11-LEIERSKAPSKURSUS

Sterkte aan Kimberley Fraser wat genooi is vir dié kursus by die Partnership Foundation.

4.2 HULP MET TUINBOU

Ons wil graag die tuin by die voorportaal verbeter. Enige persoon of ouer met ʼn tuinboukundige

agtergrond , wat tot hulp kan wees, skakel gerus Mnr. Nel.

Vriendelike groete

MNR. P.J. NEL

PRINSIPAAL

Daar word ook dringend na ʼn Freesmasjien met ʼn verdeelkop (milling machine and dividing head) gesoek

vir opleiding in die Meganiese Tegnologie-sentrum. Indien enigeen ʼn skenking kan maak kontak Mnr.

Kobus Malan by 083 4262618 of 012 5675115/6.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!