01.05.2013 Views

Omsendskrywe nr.5 van 7 Februarie 2013 - Laerskool Tuine

Omsendskrywe nr.5 van 7 Februarie 2013 - Laerskool Tuine

Omsendskrywe nr.5 van 7 Februarie 2013 - Laerskool Tuine

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

7 Februarie 2013

OUEROMSENDBRIEF NR. 5 van 2013

Geagte Ouers en Voogde

1. UIT DIE HOOF SE KANTOOR:

1.1 PERSONALIA:

Personeel is op vol sterkte. Baie welkom aan mnr. Stephan de Wet wat weer by ons

aangesluit het en ons vertrou dat hy werklik weer sy deel soos gewoonlik sal doen.

Baie welkom aan mnr. Ferdi Naude, wie by ons aangesluit het. Ons vertrou dat u ’n baie

aangename tydperk by Laerskool Tuine sal beleef.

1.2 ATLETIEK:

Geluk aan al die atlete wat by die Sub-Cluster pragtig presteer het. Ons het in totaal 33

atlete wat eerskomende Maandag, 11 Februarie by Laerskool Danie Malan aan die

Cluster byeenkoms gaan deelneem. Aan hulle baie sterkte en doen net julle bes. Dankie

aan elke afrigter wat tyd bestee het aan die atlete.

In totaal was ons 8 skole wat deelgeneem het aan die Sub-Cluster en was Laerskool

Tuine die skool wat uiteindelik die byeenkoms gewen het.

1.3 NUWE SKOOLTYE VIR 2013:

Skool begin en verdaag om die volgende tye:

Grade 1 en 2 07:20 – 12:45

Graad 3 07:20 – 13:10

Grade 4 tot 7 07:20 – 13:34

Pouse is vanaf 10:12 tot 10:42.

Ons ondervind tans weer ’n geweldige toeloop van ouers wat leerders uit klasse laat roep

vir afsprake. Dit is geweldig steurend en onderbreek onderrig tyd. Daar is steeds ouers

wat daarop aandring om persoonlik met die onderwyser te gaan praat. Help asseblief in

hierdie saak.

Indien ‘n leerder laat is, moet die leerder self vanuit Ontvangs na sy/haar klas toe stap.

U mag nie u kind verder vergesel nie.

2. FINANSIES:

Baie dankie aan almal wat so getrou hulle skoolgeld betaal ons waardeer dit opreg. Sluitings-

datum vir subsidies is 28 Februarie 2013.

Onthou, 10% korting is van krag indien u voor einde Februarie ten volle betaal.

Indien u elektroniese betalings maak meld asseblief u familiekode as verwysing.

3. SCHOOL COMMUNICATOR:

Alle ouers wat die School Communicator op hulle selfone wil gebruik kan dit aftrek by:

http://schoolcommunicator.mobi

4. LAERSKOOL TUINE - 60 JAAR VIERING:

Laerskool Tuine word 60! Ons beplan ’n groot reünie.

Ons benodig u as ouers se hulp om ons asseblief te help met inligting rakende oud-leerlinge. As

u ’n oud-leerling was of ken iemand wat ’n oud-leerling was, voltooi asseblief onderstaande

strokie met volledige inligting sodat ons almal kan nooi na ons reünie.

Dankie, vir u hulp hiermee!

Onthou om ’n kontak nommer te verskaf.

Vorms is by kantoor beskikbaar.

5. OEFENTYE VIR ATLETIEK:

Seuns en dogters o/10, o/11, o/12 en o/13

Maandae, Dinsdae en Donderdae:

13:45 – 14:05 Hoogspring

14:05 – 14:25 Verspring

14:25 – 14:45 Gewigstoot

Aflosse en naellope vind in aktiwiteitsperiode gedurende skooltyd plaas.

Middelafstande:

600m, 800m, 1200m, 1500m vind plaas om 16:00 by Laerskool Tuine.

6. ATLETIEKBYEENKOMSTE VIR 2013:

11 Februarie Atletiek Cluster byeenkoms te Laerskool Danie Malan - middag

1 Maart Atletiek Distrikskampioenskappe

7. LOKETTE:

Beskikbaar teen R120 per jaar. Betaal by finansies.

8: SNOEPIE – 11 tot 15 Februarie:

Maandag Vienna + Chips R10

Dinsdag Toast R7 / R9

Woensdag Worsrol R15

Cheesegriller R10

Hotdog R9

Donderdag Hoenderburger R10

Vrydag Pastei R9

9. VELDSKOOL:

U kan nou reeds begin om af te betaal vir die Veldskool vir Graad 6 wat in Oktober plaasvind.

Die bedrag is R775. Kampgelde moet voor of op 18 September betaal wees.

10. NETBAL:

Alle o/9 tot o/12 dogters wat hierdie jaar wil netbal speel en nie in die Atletiekspan is nie, is

welkom om elke Dinsdag en Donderdag vaardighede en fiksheid te kom oefen.

Leerders wat in die atletiekspan is, mag nie saam oefen nie en sal NIE benadeel word nie. Dit is

slegs om die onaktiewe leerders aan die gang te kry voor die seisoen binnekort afskop.

Die sessies sal deur Juffroue Marilise, Antonet, Tanya en Cherise aangebied word.

Dae van sessies is: Dinsdae en Donderdae

Tye van sessies is: Vanaf 14:00 tot 15:00.

Die dae wat daar ’n atletiekbyeenkoms is, sal daar GEEN oefening plaasvind nie.

11. PARKERING:

U moet asseblief nie parkeer by die ingangshekke wanneer u leerders op- of aflaai nie. By die

skolierpatrollie moet u asseblief ook ’n spasie laat sodat leerders gemaklik oorbeweeg. Indien u

saam met die leerders die straat sou kruis, moet u asseblief ook gebruik maak van die

skolierpatrollie. Sodoende leer hulle vroegtydig om reëls na te kom en te gehoorsaam.

12. PYTHAGORAS WISKUNDE KLUB:

As gevolg van almal se betrokkenheid by die Atletiekbyeenkoms van Vrydag, verskuif ons

Graad 4 en 5-speletjiemiddag na Vrydag, 15 Februarie.

Dit sal dan ’n Wiskunde-speletjiesmiddag vir almal van Graad 4 tot Graad 7 wees, in Kamer 7

vanaf 13:45 tot 14:45.

13. SUBSIDIES:

Kan afgehaal word by Finansies.

14. GRAAD 1 SKRYFBEHOEFTES:

Daar is nog beginnerspakkette teen R350 beskikbaar by die kantoor.

15. NETBAL 2013:

Netbalklere sal beskikbaar wees by die skool. U as ouer kom self u kind se rok pas soos by ’n

klerewinkel. Kostes sal volgende week deurgegee word.

Netbaltoer is vanaf 12 tot 14 April en net A-spanne gaan die jaar toer. Kostes is R900 te Raloka.

Ligadatums is nog nie bekend nie.

Vriendskaplike Datums:

26 Februarie Tuis teen Magalieskruin o/8A+B tot o/13A+B

2 Maart Midstream o/10 – o/13

9 Maart Boerefort o/13A

5 Maart Doxa Deo

12 Maart Louis Leipoldt o/8 – o/11 A en B asook o/12B en o/13B

12 en 13 Maart Proewe o/12A en o/13A

14 Maart Garsfontein en Proewe volg

18 Maart Boerefort Aandreeks o/11 – o/13 A + B

Liga begin in April

11 Mei Mini Netbaldag te Hoërskool Pretoria-Noord o/7 – o/9

Klere is nog nie beskikbaar nie, maar sal saans vanaf 17:30 – 18:30 beskikbaar wees vanuit

agter die saal.

16. INTERNE REDENAARS:

Ons interne redenaars vind plaas op 7 Februarie 2013.

Grade 1 tot 3 Vanaf 17:00 – 18:00

Graad 4 tot 7 18:30 tot klaar

Leerders tree op in netjiese skooldrag met skoene en kouse.

17. LEERDERONDERSTEUNINGSKLASSE:

Maandae Dinsdae Woensdae Donderdae

Gr. 4 Afrikaans Gr. 6,7 Afrikaans Gr. 4-7 Engels Gr. 5 Afrikaans

Gr. 7 Wiskunde Gr. 5 Wiskunde Gr. 6 Wiskunde Gr. 4 Wiskunde

Klasse het reeds begin en eindig 7 Maart.

Die fokus is op die volgende aspekte:

Wiskunde: Basiese getalbegrip

Afrikaans: Luidleesvaardighede

Engels: Luidleesvaardighede

Klasse word aangebied deur Juffrou Nicolena v/d Linden (eerste klas naaste aan die kantoor op

die tweede verdieping) en Juffrou Annatjie de Jonge (Mediasentrum by die sementvierkant).

Enige leerder is welkom om die klasse by te woon. Dit is egter spesifiek bedoel vir leerders wat

in die vorige akademiese jaar probleme in Afrikaans, Engels en Wiskunde ondervind het.

Indien leerders die klasse gaan bywoon, moet u asseblief toesien dat hulle ekstra kos en ’n

drinkdingetjie inpak, aangesien dit ’n lang skooldag word.

Klasse begin direk na skool en sluit af om 14:35.

18. SKOOL KLERE:

Ons het so ’n toeloop gehad wat skoolklere betref, dat ons kaste byna leeg is. Stuur asseblief vir

ons al daardie klere wat te klein geword het of indien u kind Hoërskool toe is. Ons benodig nou

veral winterklere vir die volgende seisoen. Enige ou skooldrag is meer as welkom. Skoene,

kouse en selfs ’n tas wat nog bruikbaar is en wat u kind nie meer gebruik nie, kan help vir die wat

dit nodig het.

Baie dankie aan almal wat al vir ons gestuur het.

19. SOKKIE:

15 Februarie 2013, is daar ’n Valentynsdag sokkie in die saal vir Grade 4 tot 7. Toegang R10.

Daar sal die volgende verkoop word:

Worsbroodjie R10

Worsbroodjie met slaai R15

Ons sal volgende week meer besonderhede aan u verskaf in ’n aparte brief waarop u kan aandui

of u sou belangstel om van die worsbroodjies en slaai te bestel.

20. BOEKEBUDDIES:

’n Baie goeie produksie om die leerders se lees te prikkel op 8 Maart teen R15 per leerder vanaf

Graad 1 tot 7.

21. SAAMRY GELEENTHEID:

Vanaf Laerskool Mayville of Mayville Mall vir ’n seun in Graad 5. Indien u sou kan help kontak

Dion - 073 239 0436 of 083 619 6009.

MNR. W.J. STEYN

HOOF

GRAAD 4 – HUISWERK:

AFRIKAANS:

Beplanningsdokumente in die werkboek is belangrik. Die leerders se werkspoed is baie stadig en ons is

nie by die weke soos beplan nie.

Leerders moet egter nog steeds voorberei vir alles wat vir daardie spesifieke week beplan is.

Speltoetse word op Vrydae van gelyke weke (soos in die huiswerkboeke gemerk) geskryf, bv. week 4,

week 8.

Week 10 se speltoets word op die Maandag in die week wat die skool sluit geskryf.

Hou asseblief huiswerkboeke en werkboeke dop vir oefeninge wat huiswerk word indien leerders nie in

klastyd klaarkry nie.

WISKUNDE:

Indien klaswerk nie voltooi is nie, word dit huiswerk.

SW:

Museum-uitstalling se inligting in u kind se boek wat Maandag, 11/2 en Dinsdag, 12/2 huis toe gestuur

sal word.

ENGELS:

Spelling: Write sentences with the words and write out dictation three (3) times. All work not completed

in class must be finished at home except if told not to.

ADVERTENSIES

SWEMKLASSE:

Skakel (012) 379-4370 Abel

083 321 3026 Lorraine

Vanaf Kleuterskool stadium.

Halfuurlesse vir beginners en gevorderd.

Gekwalifiseerde afrigting in alle style.

Maandae tot Saterdae

Beginners R35

Gevorderd R40

Betaalbaar per les

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!