01.05.2013 Views

Skoolbeleid - Laerskool Phalaborwa Noord

Skoolbeleid - Laerskool Phalaborwa Noord

Skoolbeleid - Laerskool Phalaborwa Noord

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

1. Visie en Missie

VISIE:

Laerskool Phalaborwa Noord

Ons skool, Laerskool Phalaborwa-Noord ‘n toonaangewende skool sal wees ten opsigte van

die totale

ontwikkeling van ons leerders deur die leiding, bydrae en ondersteuning van ons

skoolgemeenskap om sodoende ons roeping te vervul.

MISSIE:

Ons verskaf voortreflike moedertaal en kwaliteit opvoedende onderrig met ‘n Christelike

Kurrikulêre agtergrond.

Ons sien ons opvoedingstaak in vennootskap met die ouer as begeleiding van die kind in

totaliteit op sy weg na volwassenheid.

Om ‘n aangename en gebalanseerde milieu vir ons kinders te skep waarin hy/sy hom/haar

in totaliteit as mens kan uitleef.

Om ‘n werkomgewing te skep waarin elke personeellid ‘n effektiewe en doeltreffende

bydrae maak tot die bestuur en bedryf van die skool tot voordeel van die kinders van dié

skool.

DOELSTELLINGS:

ONS SKOOL STEL ONS TEN DOEL DAT:

Onderrig sal geskied vanuit Christelike perspektief.

Hoë akademiese standaard gehandhaaf word.

Personeel bekwaam en kundig sal wees.

Leerders fisies sal ontwikkel deur verskillende sportaktiwiteite.

Leerders as ‘n kulturele wese sal ontwikkel.

Leerders gemotiveer word om hulle volle potensiaal te bereik.

Ouers ‘n integrale rol as prominente deel van die opvoedingspan sal speel.

‘n Harmonieuse en stimulerende opvoedkundige klimaat geskep word.

Die hoogste vlak van effektiewe bestuur verseker word.

Die leerders se kreatiewe denke geprikkel en ontwikkel word.

2. SKOOLBESTUUR

2.1 SAMESTELLING VAN SKOOLBESTUUR :

Skoolhoof

Departementshoofde

Gekoöpteerde persone

2.2 WERKSAAMHEDE VAN DIE SKOOLBESTUUR :

Beplan die dag – tot – dag bestuur van die skool.

Neem besluite oor Kurrikulêre aangeleenthede.

Administreer en organiseer onderrig en leergebeure in lyn met

Beheerliggaam se missiestelling.

Besluit oor onderrig en leergebeure binne skoolure.

Bestuur en hou toesig oor die werksaamhede van die personeel.

Hanteer algemene klagtes.

Toepassing van die beleidsdokumente van die skool.

Verseker goeie orde en goeie gedrag van ‘n ideale leeromgewing.

Bestuur die skoolgeld in lyn met die besluite van die Beheerliggaam.

Pas gesonde begrotingsbestuur toe.

3. pligte / rol van die opvoeder

3.1 DIE OPVOEDER EN DIE GEMEENSKAP :

Die opvoeder aanvaar die beginsel dat die skool in diens van die

gemeenskap

staan en die opvoeder onderneem om die gebruike, gewoontes, tradisies

en

gedragskodes van die gemeenskap te respekteer.

Die opvoeder aanvaar die rol om binne die gemeenskap leiding te gee in

verband met opvoeding en gesindheidsvorming.

Die opvoeder moet ook bereid wees om binne die gemeenskap te dien en

‘n bydrae te lewer tot die opheffing van die gemeenskap.

Die opvoeder erken dat die onderwysprofessie ‘n openbare

vertrouensposisie beklee waarby die opvoeder se menswees, persoonlike

gedrag en leefwyse betrokke is.

Die opvoeder erken die wisselwerkingsverband tussen skool en

gemeenskap.

Die opvoeder sal poog om die beeld van die onderwysprofessie te

versterk.

Die opvoeder onderneem om die etos van die skool uit te leef na die breër

gemeenskap.

3.2 DIE OPVOEDER EN DIE WERKGEWER :

Die opvoeder sal altyd lojaal teenoor sy werkgewer wees en hulle na die

beste van sy vermoë dien.

Die opvoeder sal alle voorskrifte en regulasies gehoorsaam en getrou alle

opdragte van die werkgewer uitvoer.

2

Die opvoeder sal professionele aangeleenthede binne die regte kanale

hanteer.

Die opvoeder sal hom of haar daarvan weerhou om amptelike sake met

persone buite die skool te bespreek.

Die opvoeder sal alle gedelegeerde opdragte wat hy ontvang uitvoer na

die beste van sy vermoë in die gestelde tydsbeperking vir die opdrag.

3.3 DIE OPVOEDER EN DIE KOLLEGAS :

Die opvoeder sal sy of haar deel bydra tot die waardigheid en openbare

aansien van die onderwysberoep deur ‘n navolgenswaardige voorbeeld

daar te stel.

Die opvoeder se optrede en gedrag teenoor sy of haar kollegas sal altyd

professioneel wees.

Die opvoeder aanvaar die gesag en opdragte van persone wat in ‘n

gesagsposisie aangestel is sonder om noodwendig sy of haar eie

standpunt of eie professionele selfstandigheid prys te gee.

Die opvoeder aanvaar sy verantwoordelikheid teenoor sy of haar kollegas

om altyd respekvol gekleed te wees.

3.4 DIE OPVOEDER EN DIE PROFESSIE :

Die opvoeder weerhou hom of haar daarvan om sy of haar professionele

vertrouens-posisie te misbruik vir partypolitieke of eie gewin.

Die opvoeder aanvaar die eise van die professie en onderneem om op

hoogte te bly van opvoedkundige denke en verwikkelinge binne die

professie.

Die opvoeder onderneem om die ideale van die onderwysprofessie te dien

en om altyd bereid te wees om die voorbeeld aan ander te stel.

Die opvoeder se professionele ingesteldheid moet van so ‘n aard wees dat

hy of sy die professie dien met uitstaande gehalte werk.

Die opvoeder onderneem om deel te neem aan professionele

aangeleenthede.

Die opvoeder sal in die openbaar optree met keurige taalgebruik.

3.5 DIE OPVOEDER IN DIE KLAS :

Die opvoeder se belangrikste taak in die klas is om doeltreffende onderrig

aan te bied.

Die opvoeder tree as bestuurder op binne sy of haar eie klas en

onderneem om die leergebeure so te rig dat die leerders maksimaal

daarby sal baat.

Die opvoeder toon geesdrif vir die leergebeure en sal die leerders

stimuleer tot deelname.

Die opvoeder sal binne die klas streef na ordelikheid en ‘n atmosfeer skep

wat bevorderlik is vir goeie leer.

Die opvoeder handhaaf ‘n professionele afstand met die leerders en raak

nie familiêr met enige van die leerders nie.

Die opvoeder sal in sy klaslokaal die menswaardigheid van elke leerder

respekteer en geen afbrekende opmerkings teenoor enige leerder maak

nie.

Die opvoeder sal binne die klas vereis dat die leerders die opvoeder se

opdragte gehoorsaam.

3

Die opvoeder sal binne klasverband sekere klasreëls neerlê wat sal bydrae

tot die ordelike verloop van die leergebeure.

Die opvoeder sal hou by die voorgeskrewe kurrikuluminhoud en sal

voorkom dat daar van afgedwaal word.

die opvoeder sal die skoolhoof as bestuurder van die skool in sy klas

verwelkom en homself onderwerp aan klasbesoekprosedures.

Die opvoeder sal ook bereid wees om die skool se dissiplinêre beleid in die

klas toe te pas en inskrywings te doen van leerderoortredings.

Die opvoeder sal alle leerareabeleidvoorskrifte in sy leerarea tot uitvoer

bring in sy leerarea-aanbieding.

3.6 DIE OPVOEDER EN DIE LEERDERS :

Die opvoeder onderneem om die leerders menswaardig te behandel en aan

alle leerders die geleentheid te bied tot gelykwaardige deelname.

Die opvoeder erken die regte van die leerder in die klas en sal aan elke

leerder die geleentheid bied om te leer.

Die opvoeder sal nie teen enige leerder in sy of haar klas diskrimineer nie.

Die opvoeder sal aan leerders erkenning gee vir goeie resultate.

Die opvoeder sal streng onderskeid tref tussen menslike foute en kroniese of

moedswillige optrede deur die leerders.

Die opvoeder onderneem om nie teen leerders op te tree as gevolg van

gebrekkige dissipline in die klas nie.

Die opvoeder sal altyd op sy of haar pos wees binne die klas en nie onnodig

toelaat dat die leerders sonder toesig gelaat word nie.

Die opvoeder sal binne die klas duidelike riglyne stel wat die ordelike verloop

van die leergebeure sal verseker.

Die opvoeder onderneem om die leerders in sy of haar klas in te lig oor die

vereistes wat die skool stel aan leerders van die skool.

Die opvoeder erken die leerder se reg om aangehoor te word.

Die opvoeder sal leerders wat binne die klas oortree onderwerp aan die

voorgeskrewe straf-maatreëls.

Die opvoeder sal alle gelde binne die klas met sorg hanteer en nie ‘n

uitnodiging tot diefstal veroorsaak nie.

Die opvoeder sal vertroulike inligting oor leerders sodanig hanteer dat dit nie

die leerder in verleentheid plaas nie.

Die opvoeder onderneem om sy of haar professionele verantwoordelikheid

teenoor elke leerder in sy of haar sorg na te kom.

Die opvoeder sal keurige taal teenoor die leerders besig en voorkom dat die

leerders verval in swak taalgebruik.

Die opvoeder sal nie tydens onderrigtyd ontspannende aktiwiteite verrig soos

“koerant lees nie.”

3.7 DIE OPVOEDER EN DIE OUERS :

Die opvoeder streef na hartlike samewerking met die ouers wie se kinders in

die opvoeder se klas is.

4

Die opvoeder tree op as die plaasvervangende ouer en doen alles om die

ouerlike gesag te handhaaf, om die vertroue van die kind in haar / sy

ouerhuis te bevestig.

Die opvoeder lig die ouers in as daar ‘n probleem met die leerder se

vordering op skool ontstaan.

Die opvoeder tree in vennootskap met die ouers op en onderneem om die

waardes van die ouerhuise ook in die skoolsituasie te bevestig.

Die opvoeder moet ook inisiatief neem om die ouers te versoek tot hulp in

projekte wat in die klas aangepak word en tuis voltooi moet word.

Die opvoeder onderneem om tydens oueraande die ouers op ‘n eerlike wyse

in te lig oor die kind se vordering en gedrag.

Die opvoeder sal weier om omkoopgeskenke te aanvaar in ruil vir sekere

gunste.

Die opvoeder moet die ouers probeer motiveer om deel te hê aan

skoolaktiwiteite en betrokke te raak by fondsinsamelings en komitees.

4. KLIMAATSKEPPING

Klimaatskepping behels 4 (vier) gebiede, naamlik :

Leerderbetrokkenheid en leerder verantwoordelikheid.

Die fisiese omgewing waarin die leerder gedurende die skooldag moet leef,

beweeg en leer.

Erkenning, aanmoediging en leerder ontvanklikheid.

Positiewe leerdergedrag.

5. PLIGTE VAN ONDERWYSER / OPVOEDER

5.1 KURRIKULêRE PLIGTE :

U is voltyds klasonderwyser / fasiliteerder.

U is verantwoordelik vir die opstel en aanvulling van leerprogramme van

die leerareas of graad aan u toegewys.

U is verantwoordelik vir die voorbereiding van leerprogramme in die

verskillende leerareas en grade aan u toegewys om aan te bied naamlik :

Beplanning.

Voorbereiding.

Klaswerk en tuiswerk.

Nasien en kontrole van skrifte en projekte.

Assessering van werkstukke en opdragte.

U is verantwoordelik vir die :

Opstel van standaardtoetse / eksamenvraestelle.

Opstel van memorandums.

5

Nasien van antwoordstelle.

Inhandiging van assessering.

U is verantwoordelik om op hoogte te bly van die jongste benadering ten

opsigte van u leerareas.

U is verantwoordelik vir die uitvoering van die skoolbeleid en

leerareabeleide.

U is verantwoordelik om alle vergaderings waarby u betrokke is by te

woon en stiptelik uitvoering te gee aan alle besluit :

Graadvergadering.

Leerarea- / fase vergaderings.

Departementele vergaderings.

U is verantwoordelik vir die opleiding en hulpverlening aan mede-kollegas

soos aangewys deur die Hoof.

U is verantwoordelik vir die opleiding van studente tydens praktiese

onderwys.

U is verantwoordelik vir die skep van goeie gesindheid tussen die

ouergemeenskap en die skoolhoof.

U is verantwoordelik om ‘n klaskameromgewingsatmosfeer daar te stel

wat positiewe leer sal stimuleer en die leerproses sal bevorder.

U is verantwoordelik vir nasienwerk : Nasienwerk - sien fasebeleid /

leerareabeleid in verband met nasienwerk.

U is verantwoordelik om leerders te identifiseer wat moontlik R.O.

(Remediërende Onderwys) moet kry.

5.2 BUITE – KURRIKULêRE PLIGTE :

U is verantwoordelik :

vir die afrigting en organisering van sportsoorte aan u toegeken.

vir die afrigting en organisering van kultuuraktiwiteite aan u toegewys.

om bogenoemde groepe of individue te vergesel na alle byeenkomste

deur skool gereël.

(Dit sal van u verwag word om bogenoemde aktiwiteite in groep of geheel

te

organiseer.)

om alle dienste buite klastyd noukeurig en met verantwoordelikheid uit te

voer :

: Terreindiens

: Busdiens

om te help met alle skoolfunksies waar die skoolhoof u hulp benodig.

5.3 ADMINISTRATIEWE PLIGTE :

U is verantwoordelik :

vir u voorraad in u klas :

Meubels.

Verbruikbare voorraad.

6

Handboeke.

Instrumente en apparaat.

Programmatuur.

vir die bevoorrading van u leerareas by u graad- / leerarea- /

Kurrikulumhoof :

Begroting.

Bestelling.

Organisering.

om alle omsendbriewe en omsendminute te bestudeer voordat u dit

parafeer.

vir die bywoningsregister :

Opstel.

Byhou.

Afwesigheidsbriefies met afwesigheidsdatums te bewaar.

vir die liassering en aanvulling van al ons dokumente :

Skoolbeleid.

Leerareabeleide.

Fase beleide.

Limpopoprovinsie – studiegidse.

om leerders wat positiewe inskrywings in Rooiskoolboek moet kry, te

identifiseer, inskrywings te doen en positiewe briewe deur te stuur vir

ondertekening.

vir die inneem van gelde soos skoolgelde, foto’s, busgelde, ens.

5.3 ANDER PLIGTE :

U is verantwoordelik om aan die leerders ‘n Christelike lewensbeskouing

voor te hou met ‘n nasionale karakter.

Rapporte / vorderingsverslae van u register / voogklas vanaf drukstate

(Grondslagfase raadpleeg beleidstuk vir Grondslagfase oor assessering.)

Deelname aan onderwyser / skool se evalueringsproses om die standaard

van opvoeding, leer en bestuur van die skool te bevorder.

Bydrae te lewer tot die professionele ontwikkeling van kollegas deur

kennis te deel, idees en hulpmiddels.

5.5 VERANTWOORDELIK VIR VOOGONDERWYS

vir die welsyn van die leerder wat deur u hande gaan.

vir die optimale ontwikkeling van elke leerder se persoonlikheidsaspekte.

7

vir die voogfunksie - kontinuefunksie in elke faset van die skooldag en

na skool te vervul.

(Dit word nie aan ‘n bepaalde periode gekoppel nie.)

vir die voltooiing van die leerderprofiel asook alle dokumente wat daarin

geplaas moet word.

Om leerderprofiel maandeliks aan te vul soos die behoefte ontstaan ten

opsigte van deelname aan sport, kultuur, positiewe of negatiewe

prestasies, gedrag (positief en/of negatief), ens.

6. DIE POS VAN DEPARTEMENTSHOOFDE

6.1 WERKSBESKRYWING :

‘n Departementshoof se werksbeskrywing is “Opvoeder Publieke skool.” Die

rang is

Departemenshoof en die posvlak is posvlak 2.

6.2 DIE DOEL VAN DIE DEPARTEMENTSHOOF

Om klas te gee.

Om verantwoordelik te wees vir die effektiewe funksionering van sy /

haar departement.

Om relevante en verwante ekstra - kurrikulêre aktiwiteite te organiseer

en te verseker dat die fases so aangebied sal word dat behoorlike

onderwys aan en vordering van leerders sal geskied.

6.3 PLIGTE EN VERANTWOORDELIKHEDE VAN DEPARTEMENTSHOOF

6.3.1 Onderrig :

Om klas te gee - dus onderwyser / fasiliteerder.

Om klasvoog te wees.

Te assesseer en leiding aan die leerder in sy/haar klas te gee.

6.3.2 Ekstra – kurrikulêre en mede – kurrikulêre aktwiteite :

In beheer van leerareas en/of fases.

Gesamentlik die beleid vir die spesifieke departement te

ontwikkeling.

Koördineer huiswerk, geskrewe opdragte, evaluering en

assessering van al die leerareas in die departement.

Effektiewe leiding aan die opvoeder / fasiliteerder in sy / haar

departement :

Vir die nuutste idees wat leerarea behels metodes, tegnieke,

evaluering, onderrig en hulpmiddels in hul veld.

8

Vir leeareaprogramme, werkskemas, huiswerk, praktiese werk

en reme-diërende werk.

Om algemene belange van die opvoeders in hul departement te

hanteer.

Nasien van :

Die werk van leerders en opvoeders in hul departement.

Die rapporte / vorderingsverslae aan die Hoof voorgelê sal

word soos aangevra.

Assesseringstate (lêer).

Toetse en eksamenvraestelle, memorandums.

Dat personeel hulle administratiewe pligte sal nakom.

Deel in die verantwoordelikhede van die organisering en bestuur

van ekstra-

kurrikulêre en mede – kurrikulêre aktiwiteite.

6.3.3. PERSONEEL

Om advies te gee aan die Hoof oor regverdige verspreiding van

werk in sy / haar departement.

Deel te neem aan die skool / opvoeders se erkenningsproses om

die professionele opvoeder se beeld te bevorder.

6.3.4. FASEVERGADERING

Fasevergaderings ten minste een maal ‘n kwartaal te hou.

Addisionele fasevergaderings sal ook gehou word wanneer nuwe

beleidsdokumente ten opsigte van leerareas ontvang word asook

na samesprekings met vakadviseurs, distrikshoofde of ander

amptenare wat betrekking mag hê.

Alle belangrike sake en aspekte rakend die fase/s – probleme uitlig

en bespreek.

Verslaggewing van kursusse en werkswinkels word gedoen deur

die persoon wat bygewoon het.

Geleentheid vir kommentaar / opmerkings deur Hoof sal geskep

word.

‘n Agenda van vergadering sal vooraf aan personeel beskikbaar

gestel word.

Notules van vergadering word aan elke betrokke opvoeder verskaf

asook aan Hoof.

6.3.5 ALGEMENE EN ADMINISTRATIEWE PLIGTE :

9

Is verantwoordelik aan die Hoof vir alle sake in verband met sy /

haar fase en voer sy opdragte uit.

Sy / hy is die akademiese en professionele leier in sy / haar fase

en is verantwoordelik vir die doeltreffende funksionering daarvan.

Beplanning en organisering van skoolvoorraad en apparaat van sy

/ haar fase.

Implementering van riglyne wat tydens werkswinkels kursusse

gegee word, asook in studiegidse of departementele handleidings

vervat is.

Oefen kontrole uit oor werk van opvoeder / fasiliteerders en

leerders in die fase ten minste een keer per kwartaal. Kontroleer

ook administratiewe stukke en portefeuljes. Verslag word aan die

Hoof gedoen.

Om te help met die beplanning en beheer van die begroting van sy

/ haar departement.

Behulpsaam met buite – kurrikulêreprogram waar benodig.

Behulpsaam te wees met nie-onderrig administratiewe pligte

byvoorbeeld :

Om sekretaris/resse te wees gedurende personeelvergaderings.

Inventarisse.

Opstel van tydroosters.

Welvaart van personeel.

Ongelukke.

In neem van skoolgelde of ander gelde.

6.3.6 KOMMUNIKASIE :

Dit is die Departementshoof se plig om :

Samewerking met kollegas om ‘n hoë standaard van onderwys en

vooruitgang te handhaaf onder die leerders en om administratiewe

effektiwiteit in die departement te bevorder.

Samewerking met opvoeders van ander skole te ontwikkel en die

departement en bestuur van ekstra kurrikulêre aktiwiteite.

Ontmoet van leerders se ouers om die leerders se vordering en

gedrag te bespreek.

Om deel te neem aan departementele en professionele komitees,

seminare en kursusse wat die standaard van die

onderwysprofessie bevorder.

Onderhou kontak met sport, sosiale, kultuur en

gemeenskapsorganisasies.

Skakeling met die publiek in die Hoof se afwesigheid.

7. kurrikulum / leerareahoofde (Intermediêre en Seniorfase)

Is verantwoordelik vir die volgende in betrokke leerarea.

7.1 ADMINISTRATIEWE PLIGTE :

Die opstel van leerareabeleide in oorleg met Departementshoof / Hoof.

10

Die saamstel van meesterlêer van betrokke leerarea. Meesterlêer word in

kantoor gehou.

Ontwerp van beplanning- en assesseringsvorm vir leerarea.

7.2 LEERAREAVERGADERING :

Die hou van vergaderings ten opsigte van leerarea. Handel hoofsaaklik

oor didaktiese aangeleenthede ten opsigte van Uitkoms Gerigte Onderwys

en Kurrikulum 2005 volgens die Nasionale Kurrikulum Verklaring.

Notule word na afloop van vergadering so gou as moontlik aan die Hoof

en ander betrokke kollegas voorsien.

7.3 VERNUWING :

Om studiegidse en beleide in diepte te studeer asook kursusse rakend

leerarea en dit tydens ‘n vergadering te behandel en dan nodige

aanpassings te doen.

7.4 KONTROLE :

Vir die kontrole van u leerarea ten opsigte van :

Skriftelike werk van leerders.

Lêers van onderwysers / fasiliteerders.

Na elke kontrole ‘n verslag by die Hoof in te dien asook afskrif vir

onderwyser.

7.5 TOETSE EN EKSAMENS :

Bepaal die peil van toets- en eksamenvraestelle van kollegas.

7.6 INDIENSOPLEIDING :

Vir die opleiding van elke kollega in u leerarea deur hulpverlening,

bespreking van sekere aspekte asook persoonlike onderhoude.

7.7 WELVAART :

8. GRAADHOOF

Vir die welvaart van u leerarea, kollegas en leerders.

Is verantwoordelik vir :

8.1 ADMINISTRATIEWE PLIGTE :

11

Reël en koördineer alle administratiewe en organisatoriese belange van u

graad soos bv. instuur van registers, statistieke wat benodig word in

kantoor, kontrole van portefeuljes, Ed-Labs drukstate en

assesseringstate.

8.2 BEPLANNING (Grondslagfase)

Reël vir gesamentlike beplanning vir werk wat gedoen gaan word, Makro

en Meso.

8.3 UITSTAPPIES :

Beplan en reël uitstappies - voltooiing van nodige vorms, plek busse,

ens.

8.4 FONDSINSAMELINGSPROJEKTE :

Reël en koördineer verkiesing van ouerkomitee. Koördineer gesamentlik

met graad-

kollega projekte met Hoof en ouers.

9. DIE NIE-ONDERWYS PERSONEEL

9.1 Die nie-onderwys personeel bestaan uit die persone wat in die

administratiewe afdeling van die skool werk asook op die terrein.

9.2 Die nie-onderwys personeel se pligstate word deur die Hoof bepaal.

9.3 Alle versoeke aan die nie-onderwys personeel word deur die korrekte kanale

hanteer.

9.4 Die administratiewe kantoor sal oop wees vanaf 07:15 - 13:30 en weer

14:30 tot 16:00

op Maandae tot Vrydae gedurende die skoolkwartale.

9.5 Die finansiële kantoor sal oop wees vanaf 07:15 - 13:15 Maandae tot

Vrydae.

10. hoe doen ons dit :

10.1 AFKONDIGINGS :

Algemene afkondigings word voor skool gedurende en voor pouses

gedoen.

Afkondigings word soggens voor skool en betrokke pouse in die

afkondigingsboek geskryf.

Afkondigings word in die “derde-persoon - styl” geskryf sodat dit vlot en

vinnig gelees kan word.

Slegs afkondigings in afkondigingslêer sal afgekondig word.

10.2 AFRIGTING :

12

Organiseerders van sportsoorte en kultuuraktiwiteite moet verseker dat

ouers en deelnemers vooraf skriftelik in kennis gestel is van die spesifieke

afrigtingstye wanneer die sportsoort of kultuuraktiwiteit plaasvind.

Die afrigting van elke groep reël vooraf onderling met die groep waar

versamelpunt sal wees.

Die afrigter reël individueel met die groep hoe laat hulle moet opdaag vir

die aktiwiteit en wanneer hulle die skoolterrein moet verlaat.

Geen groep mag na ‘n aktiwiteit aangaan nadat die afrigter vertrek het

nie.

Geen groep of leerder mag na ‘n aktiwiteit op die skoolterrein ronddwaal

nie.

10.3 AFWESIGE LEERDERS :

Ouers skryf ‘n brief aan die Hoof en vra toestemming vir afwesigheid

indien die rede vir die afwesigheid vooraf bekend is.

Die Hoof teken die brief en gee deur aan die voogopvoeder wat die

oorspronklike brief van die ouers in die vooglêer liasseer.

By afwesigheid moet die leerder ‘n brief van die ouers inhandig by die

voogklasopvoeder.

Indien siekte- afwesigheid 3 (drie) of meer dae geduur het, word ‘n

mediese sertifikaat verlang.

Alle briewe of sertifikate word in die vooglêer geliasseer.

10.4 AANVRAAG VAN VOORRAAD :

Die aanvraag van voorraad geskied deur middel van die aanvraagvorm.

Voltooi ‘n aanvraagvorm vir alle voorraad wat benodig word.

Oorhandig die voltooide aanvraagvorm aan die verantwoordelike persoon vir

die uitreiking van voorraad.

Apparatuur of items wat in kluis en in kamer 16 bewaar word, sal tydens

aanvraag teen opvoeder se naam in uitleenboek aangeteken word.

Na funksie of aktiwiteit moet apparatuur of item die volgende dag

terugbesorg word.

10.5 AFWESIGHEID TYDENS KWARTAALTOETS :

Leerders wat tydens kwartaaltoets afwesig is as gevolg van siekte mag by

sy/ haar terugkeer die kwartaaltoets skryf mits die afwesigheid deur

middel van ‘n ouerbrief bevestig word.

Die verantwoordelike opvoeder reël dat die leerder wat die toets moet

skryf na die admin-kantoor geneem word met slegs skryftoerusting.

Die hulp van ‘n admin dame word vooraf gereël om die leerder te laat

skryf. Die antwoordstel word deur die betrokke onderwyser by die kantoor

afgehaal nadat die leerder geskryf het.

10.6 AGTERSTALLIGE SKOOLGELDE :

Geen opvoeder mag teen ‘n leerder diskrimineer wie se ouers agterstallig

is met skoolgelde nie.

13

Optrede teen ouers wat agterstallig is ten opsigte van hulle skoolgelde

word deur die Beheerliggaam gedoen.

10.7 ALGEMENE ASSISTENTE :

Die Hoof saam met die faktotum is verantwoordelik vir die algemeneassistente.

Alle versoeke met betrekking tot die algemene-assitente moet tot die

Hoof gerig word.

Die algemene assistente se take is beperk tot die terrein en geboue.

Gedurende die skoolvakansies word alle klaslokale se vloere deur die

algemene assistente gewas.

Indien ‘n lokaal deur die kwartaal weens een of ander rede gewas moet

word, word sodanige versoek via die Hoof gerig.

10.8 AMPTELIKE SKOOLVORMS :

Die amptelike interne skoolvorms staan bekend as LPN-vorms.

Elke betrokke leerarea / departement stel sy eie LPN-vorms saam.

Alle LPN-vorms is in die admin-kantoor beskikbaar.

Hoofde van graad / leerarea / Departementshoofde moet jaarliks die LPNvorms

wat nie meer in gebruik is nie, uit die register verwyder en nuwe

byvoegings in die register aanbring.

10.9 APPARATUUR :

Alle apparatuur word op die voorgeskrewe vorms aangevra vanaf die

verantwoordelike persone.

Die veilige bewaring van apparatuur in die opvoeder se besit bly die

verantwoordelikheid van die betrokke opvoeder.

Apparatuur word met sorg hanteer en enige brekasies of skade aan

apparatuur moet onmiddellik aangemeld word by die verantwoordelike

beampte.

Apparatuur word aan die einde van elke kwartaal ingehandig by die

verantwoordelike beampte.

Geen apparatuur mag gedurende vakansie in klaskamers gelaat word nie.

Skoolapparatuur mag nie privaat aangewend word nie.

10.10 BATEREGISTER :

Die skool se totale bateregister bestaan uit verskillende afdelings of

komponente.

Elke deel van die bateregister word deur ‘n verantwoordelike persoon

hanteer.

14

inne 3 (drie)

Nuwe aanwinste word in swart op die bateregister aangeteken, terwyl

afskrywings in rooi gedoen word.

Afskrywings word aanbeveel na die finansiële komitee wat die afskrywings

magtig.

Alle aanwinste op die bateregister moet korreleer met die aankoopfaktuur

van die artikel(s).

Nuwe artikels wat aangekoop is moet, binne 3 (drie) werksdae op die

bateregister aangeteken word deur inventarishoof.

10.11 BEGROTING :

Die skool se begroting bestaan uit ‘n aantal sub-begrotings wat deur

verskillende persone aan die Hoof voorgelê word.

Elke persoon wat verantwoordelik is vir die bestuur van ‘n

begrotingsitems op die skool se begroting moet ‘n begroting vir die

begrotingsitem voorlê aan die Hoof. Die jaarlikse keerdatum vir die voorlê

van die begrotings vir die verskillende begrotingsitems is die tweede

Vrydag in Oktober.

Die Hoof konsolideer al die kleiner begrotings en lê aan die Finansiële

komitee die skool se algehele begroting voor.

10.12 BELOFTES AAN OUERS :

Wanneer ‘n opvoeder ‘n belofte aan ‘n ouer maak om ‘n sekere taak by

die skool

uit te voer, moet die opvoeder verseker dat die belofte uitgevoer word

skooldae.

Dit is verkieslik dat die opvoeder, indien dit nodig sou wees, met die ouer

kontak maak om te bevestig dat die saak afgehandel is in die belang van

goeie skakeling.

Beloftes en die resultaat daarvan word op skrif gestel en op die vooglêer

geliasseer.

10.13 BESERING VAN LEERDERS :

In gevalle waar leerders tydens skoolure of op die skoolterrein beseer

word,

behoort die skoolhoof, waar moontlik, persoonlik die

verantwoordelikheid vir

optrede te neem.

Die volgende stappe behoort gevolg te word :

o Die ouers behoort onmiddellik gekontak te word ten einde mediese

behandeling en vervoer na ‘n medikus, hospitaal of die huis te

reël.

15

o Indien die ouers nie dadelik bereikbaar is nie, behoort die Hoof vir

mediese

behandeling te reël by :

o Die huisdokter;

o Die naaste dokter indien die huisdokter nie beskikbaar is

nie;

o die ongevalle afdeling van ‘n hospitaal;

In alle gevalle moet die ouers onverwyld in kennis gestel word.

Dit is belangrik dat hoof gedetailleerde verslae van alle beserings wat

leerders

tydens skoolure opdoen, sal hou. Die verslag behoort onder andere die

volgende

gegewens te bevat :

o datum van besering, omstandighede waaronder die besering

plaasgevind het;

o aard van beserings, stappe wat gevolg is, name van ooggetuies;

o Ooggetuieverslae behoort aangeheg te word.

Die verslag word deur die Hoof aan die distrikskantoor besorg. Dit is egter

raadsaam om ‘n volledige afskrif van sulke verslae by die skool op rekord

te hou.

Dieselfde prosedure geld vir gevalle waar ‘n leerder sterf as gevolg van ‘n

ernstige

besering.

10.14 BESERING VAN PERSONEEL :

Die Hoof reël mediese sorg vir die beseerde persoon, indien nodig.

By die beseerde persoon se terugkeer na die skool of na gelang van

omstandighede

word die voorgeskrewe dokumentasie voltooi oor die aard van die

besering aan

diens en oorhandig aan die Hoof.

Die Hoof verwittig die distrikskantoor.

10.15 BESOEKERS :

Besoekers meld aan by ontvangs in die kantoor.

Besoeker teken besoekersboek en ontvang ‘n besoekerskaartjie.

Besoeker handel sy / haar besigheid af by skool.

Besoeker handig besoekerskaartjie in by ontvangs.

Ontvangs registreer besoeker se vertrek.

Personeel mag slegs besoekers te woord staan wat ‘n besoekerskaartjie

dra /

vertoon.

Personeel moet besoekers wat by die klas opdaag sonder ‘n

besoekerskaartjie direk na die kantoor verwys.

10.16 BEHEERLIGGAAM :

16

Die oogmerke en doelstellings van die Beheerliggaam is om binne sy

vermoë, enige toepaslike regsbepalings en die bepalings van die grondwet

die beheer en bestuur van die skool wat aan hom opgedra is op ‘n

wettige, kundige, verantwoordelike en koste-effektiewe wyse te behartig.

Deurgaans die beste belange van die skool te bevorder; enige

onregmatige ontwrigting of moontlik onregmagtige ontwrigting van die

onderwysproses by die skool te voorkom of teen te gaan; die voorsiening

van onderwys van die hoogste moontlike gehalte in die heersende

omstandighede aan alle leerders in die skool te verseker.

Die ontwikkeling van die skool te bevorder deur die gehalte van

opvoeding vir alle leerders te probeer verhoog; al sy pligte teenoor die

leerders, ouers en opvoeders van die skool, enige ander belanghebbende

persoon of liggaam en die staat behoorlik na te kom; die regte van alle

leerders, ouers en opvoeders van die skool te handhaaf en om die

aanvaarding van verantwoordelikheid vir die organisasie, beheer en

finansiëring van die skool in vennootskap met die Staat te bevorder.

Die fondse en ander bates van die skool, sowel as die bate van die Staat

of andere wat deur die skoolgebruik word, op die beste moontlike wyse te

bestuur of te laat bestuur; en die hulpbronne deur die Staat aan die skool

voorsien deur redelike maatreëls aan te vul.

Die hoofdoel van enige Beheerliggaam moet wees om die personeel in

staat te stel om kwaliteit onderwys te lewer aan die leerders van die

skool.

Die Beheerliggaam behoort die professionele terrein van die opvoeder te

respekteer.

Die bestuur van die professionele komponent van die skool bly die

verantwoordelik-heid van die skoolhoof en sy bestuurspan.

Die Beheerliggaam besluit oor sake rakende die globale bestuur van die

skool.

10.17 BEMAGTIGING VAN PERSONEEL :

Elke personeellid is bemagtig om ‘n leerder wat steurend, ontwrigtend en

tydverkwistend optree, te hanteer op een van die volgende wyses soos

wat hy/sy oordeel :

o Aantekening van oortreding in Rooiskoolboek.

o Waarskuwing.

o Leerder sy/haar klas uit te sluit totdat versuim / oortreding

reggestel is of onderneming deur leerders gegee word om

gesindheid te wysig. Hierdie tydelike uitsluiting moet gerekordeer

word in die Rooiskoolboek.

o Rapportering aan die betrokke voog, en hoof vir hantering.

o Leerder te laat skoolsit om sodoende agterstallige werk in te haal.

o Ouers word skriftelik in kennis gestel na 3 (drie) oortredings.

o Waak teen vernederende / afkrakende optrede ten alle tye.

10.18 BEWARING EN VERNIETIGING VAN DOKUMENTE :

‘n Afskrif van elke vraestel saam met sy memorandum moet aan die

leerareahoof gegee word. Die leerareahoof sal sorg dat dit ingebind word

en in die kantoor geliasseer word.

Antwoordvelle van elke eksamen moet bewaar word. Hierdie

antwoordvelle kan aan die einde van die eerste kwartaal van die volgende

jaar vernietig word, m.a.w. bewaar vir vyf kwartale.

17

Alle assesseringstate en antwoordvelle word aan die einde van die

skooljaar na die kantoor gestuur vir bewaring.

Alle stukke wat bewaar moet word, word in ‘n bruinpapier omslag verpak

en die inhoud word buite op aangedui, asook die datum van vernietiging.

Klasregisters word aan die einde van die jaar by die kantoor ingehandig.

Die persoon verantwoordelik vir die registers moet dit inbind. Dit moet vir

6 (ses) jaar bewaar word.

Enige ander dokumente wat aan die skool behoort word by die kantoor

ingehandig vir bewaring.

10.19 BRIEWE AAN OUERS :

Organistoriese briewe aan ouers word deur die opvoeder wat die brief

uitstuur onderteken, asook deur die Hoof wat alle briewe medeonderteken.

Briewe wat buite-kurrikulêre aangeleenthede reël moet al die tersaaklike

inligting bevat sodat die ouers nie onnodig die admin-dames moet lastig

val met oproepe nie.

10.20 BUITE - WERK :

Geen opvoeder mag enige betalende werk buite die diens van die skool

verrig sonder voorafgaande toestemming van die departement nie.

Opvoeders wat die reël verontagsaam, maak hulle self skuldig aan

wangedrag.

10.21 BUSVERVOER EN TERUG :

Indien u busvervoer verlang moet u die Hoof nader om vir u ‘n kwotasie

te bekom. Alle busvervoer moet 1 (een) week voor die vertrekdatum by

die Hoof bespreek word. Die organiseerder van enige uitstappie moet

10% by die gekwoteerde prys voeg om verskuilde administratiewe kostes

te dek voordat die prys per leerder uitgewerk word.

Vir elke 40 leerders of klas wat op ‘n uitstappie gaan, moet daar een

opvoeder wees om verantwoordelikheid vir die 40 leerders of klas te

neem en te sorg vir deurlopende toesig op die bus.

Tydens sportuitstappies is die onderwyser op busdiens verantwoordelik vir

die toesig en beheer oor die leerders op die bus, asook nadat die leerders

by die gasskool aangekom het en ook na die leerders se terugkeer by die

skool.

Enige leerder wat skade aan die bus of bussitplekke aanrig moet by die

Hoof gerapporteer word.

Toesighouers op busse moet sorg dat geen liggaamsdele van die leerders

op die bus by die vensters uitsteek nie.

Geen voorwerpe mag by die busvensters uitgegooi word nie.

Personeel op busdiens is verantwoordelik vir leerders totdat almal

verdaag het na die groep se terugkeer by die skool.

Leerders wat skade aanrig op ‘n bus sal verantwoordelik gehou word vir

die skade wat aangerig is.

Alle rommel word uit die busse verwyder na ‘n groep se terugkeer by die

skool. Personeel op busdiens is verantwoordelik om noodhulptrommel,

swartsak en vrywaringsvorms saam te neem en terug te besorg.

10.22 BYWONINGSREGISTER :

18

Elke voogklasopvoeder voltooi aan die begin van die skooljaar ‘n

bywoningsregister vir sy/haar voogklas.

Elke voogklasopvoeder moet soggens nadat daar in die klas geopen is,

register neem van die aanwesige en afwesige leerders.

Die plig moet elke oggend stiptelik uitgevoer word.

Die bywoningsregister moet Vrydae voor 09:00 na die betrokke

personeellid gestuur word om die skool se weekstaat te kan voltooi.

Alle afwesigheidsbriewe en doktersertifikate wat leerders aanbied na

afwesigheid moet binne 3 (drie) skooldae in ‘n lêer geliasseer word.

Bywoningsregisters moet vir 6 (ses) jaar bewaar word in K.16.

10.23 DEURSIGTIGHEID :

Die beginsel van deursigtigheid word in terme van die voorskrifte van die

skolewet in Laerskool Phalaborwa-Noord toegepas.

Assessering en punte :

o Die assesseringsproses wat u in u klas / leerarea toepas moet

aan die leerders wat geassesseer word en hulle ouers bekend

wees.

o Die opvoeder stel die evalueringsproses vooraf aan die leerders

bekend en verduidelik aan almal waarop gelet sal word

wanneer die assessering plaasvind.

o Die leerders moet ingelig word oor die wyse hoe ‘n punt

bereken is.

o Die leerders moet kennis dra waarom ‘n sekere punt vir ‘n

sekere taak / opdrag toegeken is.

o Dit word aanbeveel dat mondelinge opdragte geassesseer sal

word op ‘n standaard vorm wat die leerder na die

assesseringsproses ontvang om te sien hoe hy/sy gepresteer

het.

Assesseringstate (Puntestate) :

o Ouers het in terme van die reg toegang tot hulle kinders se

evalueringstate.

o Leerders kan ook vra om te sien hoe hulle geassesseer is.

o Opvoeders mag geen punt lukraak toeken sonder om die punt

te kan regverdig nie.

Edlab / voogkaarte / leerderprofiel :

o Elke ouer het die reg tot insig in sy / haar kind se Edlab /

voogkaart.

o Opvoeders moet verantwoordelikheid neem vir wat hulle in

leerders se Edlab / voogkaarte / leerderportefeulje skryf.

10.24 DEURSOEKING VAN LEERDERS :

Die skoolhoof of opvoeder mag leerders deursoek gebaseer op ‘n redelike

vermoede en gevolg deur deursoekingsmetodes wat redelik van aard is.

19

Dit gaan dus daaroor dat waar daar ‘n redelike vermoede en voldoende

inligting bestaan dat ‘n leerder in besit mag wees van ‘n gevaarlike

wapen, vuurwapen, dwelms of ‘n skadelike gevaarlike middel, gesteelde

eiendom of pornografiese materiaal, die skoolhoof of ‘n opvoeder die

wetlike bevoegdheid het om enige leerder of eiendom in besit van die

leerder te deursoek of te laat deursoek vir daardie verbode items en dan

daarop beslag kan lê.

Gedurende so ‘n deursoeking moet die leerder se menswaardigheid

eerbiedig word; die leerder moet deursoek word deur ‘n persoon van sy of

haar eie geslag en dit is wenslik dat daar minstens een ander persoon

teenwoordig moet wees.

‘n Behoorlike verslag moet gehou word van die deursoekingsprosedures

en die uitslag daarvan.

Deursoeking van leerder geskied in opdrag van die Hoof.

10.25 DISSIPLINE :

Goeie dissipline is ‘n integrale deel van ons skool se karakter.

Dit is elke opvoeder se verantwoordelikheid om goeie dissipline in sy /

haar klas / leerarea te handhaaf.

Goeie dissipline word verseker deur ‘n opvoeder wat deeglik voorbereid

by die skool opdaag.

Leerders mag nie net in klasse sit nie. Die opvoeder moet die kurrikuluminhoud

so aanbied dat elke leerder die geleentheid kry om te leer.

Dissiplinêre probleme word hanteer volgens die voorskrifte van die

dissiplinêre beleid.

Elke opvoeder moet die oortreders in sy / haar klas / leerarea penaliseer

vir oortredings wat die leerders begaan.

10.26 DIE VOLGENDE MOET OP KLASKAMERMUUR WEES :

Klasreëls

Lys van klasleierbeurte

Inventaris van klas.

10.27 EKSAMEN :

Die leerders van graad 4 - 7 skryf jaarliks in November die jaareindeksamen.

Eksamenprosedures word voor die eksamen deur die Hoof aan die

opvoeders voorsien.

10.28 FISIESE KONTAK MET LEERDERS :

Opvoeders word versoek om ten alle tye fisiese kontak met leerders te

vermy. Handhaaf ‘n gesonde opvoedingsafstand met u leerders.

Voorkom familiariteit met die leerders in u sorg.

Beywer u vir ‘n klimaat van wedersydse respek tussen opvoeder en

leerders.

20

Betasting van ‘n leerder kan lei tot permanente skorsing.

10.29 FOTOSTATE :

Opvoeders mag self fotostate maak vir amptelike gebruik voor en na

skool. Die fotostaat-register moet elke keer nadat daar fotostate gemaak

is, voltooi word. Beperk asseblief die maak van fotostate tot die

noodsaaklike stukke wat u moet fotostateer.

Privaat fotostate kan gemaak word teen bedrag wat deur finansiële

Komitee vasgestel is. (Hierdie bedrag sal jaarliks deur die Finansiële

Komitee vasgestel word.)

10.30 FOTODAG :

‘n Fotodag vir groepfoto’s word jaarliks in Augustusmaand gereël.

Dit word van alle opvoeders en leerders verwag om op die foto’s te

verskyn.

Foto’s word aan die leerders te koop aangebied teen ‘n prys wat bepaal

sal word.

Die aankoop van die foto’s is opsioneel.

Waar foto’s gebruik word vir die Jaarblad moet betrokkenes wat afwesig

is by naamlys bygevoeg word as afwesig.

10.31 GASSPREKERS :

Gee kennis aan die Hoof dat u ‘n gasspreker wil nooi om u leerders te

kom toespreek oor ‘n opvoedkundige-of-leerarea onderwerp.

Dui aan wie die persoon is en wat die tema is waaroor die persoon sal

praat.

Die Hoof kan die persoon vra om ‘n manuskrip van sy / haar praatjie vir

keuring of die betrokke onderwyser en aan Hoof rapporteer.

Tydens die praatjie sal ‘n monitor (die onderwyser of Hoof) in die saal

teenwoordig wees om te verseker dat die persoon nie afwyk van die

inhoud soos ooreengekom nie.

Indien spreker praat buite die ooreengekome inhoud hy/sy gevra word

om die gesprek met die leerders af te sluit.

10.32 GEBOU-BELEID :

Opvoeders is verantwoordelik vir die versorging van hulle klaslokale.

Leerders moet met sorg optree sodat daar nie onnodige skade aan die

skoolgebou aangerig word nie.

Vensters word nie toegeslaan nie, aangesien ruite so kan breek.

Alle vensters word aan die einde van die skooldag toegemaak, terwyl die

ligte en lugversorgers afgeskakel moet word en die stoele op die tafels

gesit word.

Klasse word gesluit aan die einde van die dag.

10.33 GEHEIMHOUDING :

21

Personeel aanvaar dat hulle geen inligting van watter aard ookal oor

die skool, leerders of hulle ouers aan buitestaanders mag verstrek nie.

10.34 GELYKE BEHANDELING :

Opvoeders moet alle leerders in die klas ‘n gelyke kans bied om te

ontwikkel.

Geen subjektiewe gevoelens teenoor ‘n leerder mag by die opvoeder

waargeneem word nie; dus geen “witbroodjies” nie.

Geen optrede van ‘n opvoeder teenoor ‘n leerder mag enigsens

diskriminerend van aard wees nie.

10.35 GELD :

Opvoeders moet ouers wat in die verbygaan kontant by hulle wil

inbetaal na die finansiële beampte verwys.

Geen opvoeder mag kontant van ouers aanvaar om dit later weer by die

finansiële beampte te gaan inbetaal nie.

Opvoeders ontvang slegs soggens geld van leerders wat skoolgeld of

ander gelde gebring het, en teken dit in die opgawelêer aan.

Die geld word in die opvoeder se geldsakkie geplaas en voor eerste pouse

na die finansiële beampte gestuur.

10.36 HERSTEL VAN GEBREKE IN KLASLOKALE :

Rig ‘n skriftelike versoek vir herstelwerk in ‘n klaslokaal op ‘n amptelike

vorm.

Handig die voltooide vorm by kantoor in vir nodige aandag.

10.37 KLASPROSEDURES OM ROETINE TE VESTIG :

Die volgende beginsels moet deur alle opvoeders aangeneem en toegepas

word in alle klasse :

o Wees goed voorbereid vir u dagtaak en beskik oor die nodige

leermiddele en onderrigmiddele om op ‘n gedifferensieerde wyse

onderrig te voorsien in u leerders se onderrigbehoeftes.

o Maak seker dat u klaslokaal georden is en dat alle leermiddele vir die

dag beskikbaar is in die klas.

o Vestig die volgende roetine so gou as moontlik by die leerders wat u

klaslokaal besoek :

Leerders tree voor die klas aan waar die opvoeder hulle inwag.

Leerders stap flink in die klas in op die opvoeder se bevel.

Leerders sit slegs op die aangewyste sitplekke.

Opvoeder verduidelik die dag / periode se take en gee sekere opdragte in

die verband :

22

o Wyse hoe werkstukke of skrifte ingeneem en uitgedeel word.

o Werkwyse in die klas / leerarea.

o Samewerking in die klas / leerarea.

o Aandag gee wanneer die opvoeder werk verduidelik.

o Luister as ‘n medeleerder ‘n vraag stel.

o Wedersydse respek toon vir opvoeder en mede-leerders.

o Gereëlde doen van huiswerk en die uitvoer van opdragte.

o Wyse om verlof te vra om die kamer te verlaat.

o Opruim en skoonmaak van klas voordat leerders verdaag.

o Ordelike verdaging uit klas waar dogters by die deur aantree en

van daar verdaag word en die seuns volg.

o Alle leerders en mede-opvoeders word met respek behandel.

o Positiewe waardes by alle leerders gevestig.

Hanteer alle negatiewe gedrag in lyn met die voorskrifte van die

dissiplinêre beleid.

Prys en moedig goeie samewerking aan.

Spreek die leerder wat gedragsprobleme openbaar privaat aan.

Handhaaf ‘n goeie vlak van humor, dit is ‘n plesier om te leer.

10.38 KLASKAMERBELEID :

Elke klaskamerbestuurder moet aan die begin van die jaar in

samewerking met die leerder ‘n klaskamerbeleid daarstel vir duidelike

prosedure en reëls in die klas / leerarea.

Die klasbeleid moet prosedures en werkswyses in die klas verduidelik.

Doelwitte en doelstellings met die spesifieke vak wat in die klas onderrig

word moet duidelik wees vir die leerders.

Dissiplinêre maatreëls vir swak of wangedrag moet duidelik uitgespel

word.

Klasleiers moet aangewys word.

Die werkswyse in die spesifieke leerarea moet aan die leerders

uiteengesit word.

Spreekbeurte moet toegeken word aan leerders.

Keerdatums vir opdragte moet duidelik gestel word.

Die klaskamerbeleid moet aan almal duidelik wees sodat geen

misverstande kan ontstaan nie.

10.39 KLUIS EN KAMER 16 :

Wanneer personeel sleutels, apparaat of toerusting uit die kluis of K.16

benodig, sal een van die admin-dames dit aan personeellid besorg.

Die item sal teen die personeellid se naam uitgeteken word en is die

personeellid vir die item verantwoordelik.

Personeellid moet item terug besorg na afloop van die gebruik daarvan;

nie later as die volgende dag nie.

23

10.40 KULTUURAKTIWITEITE :

Kultuuraktiwiteite vorm deel van Laerskool Phalaborwa-Noord se buitekurrikulêre

program.

Dit word van alle opvoeders verwag om by die kultuuraktiwiteite van die

skool in te skakel soos deur die Hoof op die opvoeders se pligstate gereël.

Die skool se kultuurprogram bestaan uit koorwerk, revue aanbiedings,

kunswedstryddeelname, redenaars, eko-klub, Wet-expo, ACSV, skaak en

ander aktiwiteite soos deur die Beheerliggaam bepaal word.

10.41 LEERDERS NA KANTOOR :

Beperk dit tot ‘n minimum gedurende klasse. Stuur net een leerder.

Leerders moet nie direk na skoolhoof deurgestuur word nie, maar eers by

die kantoor aanmeld.

10.42 LEERDERS NA SIEKEBOEG :

Wanneer leerder siek is moet onderwyser die leerder met daargestelde

siekebrief na die kantoor stuur.

Die admin-dames sal dienooreenkomstig optree.

Geen leerder sal in die siekekamer opgeneem word sonder die nodige

brief nie.

Slegs in die uiterste gevalle moet ‘n leerder siek leerder vergesel.

10.43 MENSWAARDIGHEID :

Dit word van opvoeders verwag om die leerders in sy / haar klas se

menswaardigheid te respekteer en andersom.

Leerders wat nie werk verstaan nie, moet gehelp word.

Die opvoeder benader sodanige leerder positief en gaan so te werk dat

die leerder se selfvertroue in leerarea / graad aangemoedig word.

Onder geen omstandighede mag ‘n leerder verkleineer of beledig word in

die klassituasie nie, veral nie as leerders met werk sukkel nie.

10.44 NASIENWERK :

Vir die Senior-Primêre fase, is nasienwerk leerareagekoppel en die

spesifieke leerarea se leerareabeleid moet geraadpleeg word vir meer

besonderhede oor nasienwerk in die betrokke leerarea.

Raadpleeg die “Fasebeleid vir die Grondslagfase” in verband met

nasienwerk in die Junior Primêre fase.

10.45 NUWE LEERDERS :

Nuwe leerders en hulle ouers word op ‘n vriendelike wyse by die skool

ontvang. Nadat die nuwe leerder by die kantoor ingeskryf is, word die

nuwe leerder na sy/haar klas vergesel deur die Hoof.

24

Die ouers is welkom om die nuwe leerder en die Hoof te vergesel na sy /

haar klas.

Die opvoeder wys dadelik twee maats aan om die nuwe leerder tuis te

laat voel.

Die voogmaats vergemaklik die nuwe leerder se inskakeling by die skool.

NUWE PERSONEEL :

Die Hoof wys ‘n personeellid aan wat as mentor moet optree vir elke

nuwe personeellid by die skool.

Die mentor maak die nuwe personeellid touwys in die administrasie en

funksionering van die skool.

10.46 OMSENDBRIEWE - OUERS :

Omsendbriewe word op ‘n gereëlde basis deur die Hoof aan die ouers

gestuur.

Omsendbriewe bevat inligting oor skoolsake waarvan die ouers kennis

neem.

Omsendbriewe vorm deel van die skool se openbare skakeling na buite.

Die inhoud van ouer-omsendbriewe moet regs-tegnies korrek wees.

Omsendbriewe moet in Rooiskoolboek aangeteken word en ouers vir

ontvangs teken.

10.47 OMSENDBRIEWE - PERSONEEL :

Die Hoof reik jaarliks skrywes uit aan die personeel om die skool se

bestuursorganisasie en administrasie te reël.

Alle personeelskrywes word op lêer geplaas vir latere verwysing.

10.48 ONDERRIG :

Alle opvoeders moet vir die duur van die periode wat leerders in die

opvoeders se klasse is onderrig aan die leerders verskaf.

Geen leerder mag gedurende akademiese periodes rondgestuur word of

onderrig ontneem word nie.

Suksesvolle onderrig is die sleutel tot ons skool se akademiese sukses.

Geen opvoeder behoort by sy / haar tafel te sit en leerders onderrig nie.

10.49 ONDERWYSSTUDENTE :

Onderwysstudente skakel tydens hulle besoek aan die skool in as

personeel van die skool.

Elke onderwysstudent word aan ‘n sekere personeellid toegeken.

Onderwysstudente moet daagliks ‘n voorbereide les aanbied wat die

opvoeder, in wie se klas die les aangebied word, moet beoordeel en

bepunt.

Dit word van die onderwysstudente verwag om tydens lesure in die klasse

teenwoordig te wees.

Onderwysstudente verrig ook terreindiens op ‘n rotasiebasis.

25

Onderwysstudente wat afwesig is weens siekte moet by hulle terugkeer ‘n

doktersertifikaat inhandig by die Hoof.

10.50 OUERAANDE :

Oueraande dien as ‘n geleentheid waar die opvoeders en ouers met

mekaar kan kommunikeer oor leerderaangeleenthede.

Daar sal jaarliks 4 (vier) oueraande plaasvind.

Die eerste oueraand vind plaas in die eerste kwartaal in die vorm van ‘n

ouer-vergadering. Met die vergadeirng sal algemene sake rakend die

skool aan ouers deurgegee word. Daar sal ook sake rakend die

Kurrikulum soos assessering,

huiswerk, werkmetodes, ens. met die ouers bespreek word.

Aan die begin van die tweede, derde en vierde kwartaal vind die

onderskeie ouer-

aande normaalweg in die tweede week na die skole begin het plaas.

Met die tweede en derde oueraand word rapporte aan ouers uitgedeel

deur voog-

onderwysers waarby ouers op klaslys teken vir ontvangs. Daarna kry

ouers geleent-

heid om met opvoeders oor hulle kind se vordering te praat.

Daar word ook ‘n uitnodigingsbrief aan ouers vir die derde en vierde

oueraand

uitgestuur met ‘n skeurbriefie, sodat ouers erkenning van ontvangs teken

asook

aandui of hulle oueraand sal bywoon al dan nie.

Ouers wie uitgenooi word aangaande hulle kind se akademiese vordering,

moet in vooglêer aangeteken word, asook of bygewoon het of al dan nie.

10.51 OUERVERSOEKE :

Opvoeders moet ouerversoeke op meriete hanteer.

Opvoeders se reaksie op ‘n ouerversoek vorm deel van die skool se

antwoord aan die ouer en raak die skool se openbare beeld na buite.

Geen beledigende of swak geformuleerde antwoorde mag aan ouers

deurgegee word nie.

Opvoeders behoort elke versoek eers te oorweeg en daarna te besluit oor

die verantwoord-baarheid van sy / haar antwoord aan die ouers.

Ouers is en bly bekommerd oor hulle kinders se welsyn en waar die

opvoeder as “in loco parentis” optree, behoort daar ‘n vennootskap tussen

die skool en die ouers te bestaan.

Indien enige onsekerheid oor ‘n ouerversoek bestaan, kan die kantoor

genader word vir hulp in die verband.

10.52 OUERTOESTEMMING :

Opvoeders moet oor die nodige ouertoestemming beskik voordat enige

leerder vanaf die skoolterrein geneem word vir uitstappies of ander

deelname.

Opvoeders moet ouers betyds in kennis stel van ‘n uitstappie of deelname

aan ‘n aktiwiteit weg van die skool.

26

Daar moet vir elke leerder wat vervoer word, vanaf die skool ‘n getekende

vrywaringsvorm beskikbaar wees, waarin die ouers hulle toestemming

verleen dat die leerder(s) die uitstappie mag meemaak.

10.53 PLIGSTATE :

10.54 POS :

Die skoolhoof bepaal jaarliks elke opvoeder se pligstaat in samewerking

met die betrokke personeellid.

‘n Pligstaat weerspieël ‘n opvoeder se verantwoordelikheid in die pos wat

die opvoeder beklee.

‘n Pligstaat vorm deel van die kontraktuele verpligtinge van ‘n opvoeder.

Enige verantwoordelikhede moet stiptelik nagekom word.

Enige billike versoeke deur die loop van die jaar vorm ook deel van die

opvoeder se pligstaat.

Die skool se pos word daagliks by die poskantoor afgehaal.

Die Admin-dame verantwoordelik maak alle posstukke self oop en

allokeer die pos na die verskillende opvoeders / persone vir wie die

posstukke bedoel is.

‘n Admin-dame teken die pos aan in die posregister.

Die skool ontmoedig die gebruik dat personeel die skool se posbus

gebruik vir privaatpos.

10.55 PROFESSIONELE OPTREDE :

Dit word van elke opvoeder verwag om professioneel op te tree in die

uitvoering van alle amptelike pligte.

‘n Professionele persoon handhaaf ‘n sekere standaard in sy / haar werk.

‘n Professionele persoon is ‘n kundige op sy / haar gebied.

10.56 RADIO’S :

Geen opvoeder of leerder sal toegelaat word om gedurende onderrigtyd

na ‘n sportuitsending op die radio te luister nie.

10.57 REGISTERPERIODE :

Open met skriflesing en gebed.

Aanteken van register.

Insameling van alle gelde. Stuur leerder na kantoor of na persoon soos

gereël.

Afskeurstrokies word ingeneem.

Gaan die dag se program na met leerders, soos bespreek in

personeelvergadering.

Indien kind afwesig was moet hy / sy volgende periode brief inhandig.

10.58 RUILING VAN KLASSE OP STOEPE :

Nadat dogters geloop het, vorm die seuns ‘n ry en loop uit.

27

Leerders loop links in een ry na volgende klas. Staan in twee rye voor die

klas.

Alle personeel moet toesig hou op stoepe terwyl die klasse ruil al het hulle

klas.

10.59 REëLINGS VIR EERSTE DAG :

Kontroleer klaslys met leerders. Bring die nodige wysigings aan en stuur

deur na kantoor vir die nodige regstelling.

Tydelike register.

Gee rooster aan leerders.

Stel klasleier-lys saam.

Stel klassreëls op.

Gaan gedragskode met leerders deur.

10.60 SEKURITEIT :

Toegang tot die skool word beperk tot die hoofingang waar besoekers

moet aanmeld by administratiewe kantoor.

Alle besoekers teken die besoekersregister by die ontvangsdame.

Enige verdagte persone op die skoolterrein moet aangemeld of

gekonfronteer word.

Alle hekke word met die aanvang van die skooldag toegesluit.

Die hekke word weer met skoolverdaging oopgesluit.

10.61 SKOLIERPATROLLIE :

Die skolierpatrollie word jaarliks saamgestel uit Gr 6-leerlinge.

Die Hoof-skolierpatrollieleiers neem verantwoordelikheid vir die

funksionering van die skolierpatrollie onder leiding van ‘n opvoeder wat

verantwoordelik is vir die skolierpatrollie.

Die skolierpatrollielede funksioneer op ‘n weeklikse rotasiebasis.

Ouers moet skriftelik toestemming daartoe verleen voordat ‘n

skolierpatrollielid diens mag verrig as ‘n skolierpatrollielid.

10.62 SPORTAKTIWITEITE :

Die sporthoof staan in beheer van sportaktiwiteite. Waar daar leemtes en

probleemareas is, hanteer hy / sy dit saam met sportorganiseerder.

Sporthoof moet Hoof op hoogte hou indien probleemareas ontstaan.

Sportaktiwiteite vorm deel van die skool se buite-kurrikulêre program.

Opvoeders wat sportitems afrig moet op hoogte wees van die korrekte

afrigtingsmetodes.

Afrigters moet die volle duur van die toegekende afrigtingstyd besig wees

met afrigting van die aktiwiteit waarvoor hy / sy verantwoordelik is.

Leerders mag nie voor die tyd verdaag nie, aangesien die afrigter

verantwoordelikheid neem vir die leerders in sy sorg vir die amptelike

tydperk wat die oefening duur, waarvan die ouers vooraf per brief in

kennis gestel is.

Indien oefentye verander moet ouers skriftelik in kennis gestel word.

Indien die afrigter as gevolg van onvoorsiene omstandighede ‘n oefening

vir die middag moet afstel, moet die hele span bymekaar geroep word en

in kennis gestel word - nie slegs ‘n afkondiging oor die interkom nie.

Geen sportoefening of wedstryd mag willekeurig afgestel word nie.

28

In die geval van reën sal die sporthoof beslis of sportoefening

gekanselleer word.

10.63 SPORTKENNISGEWINGS :

Alle sportkennisgewings aan ouers of leerders behoort volledige inligting

te bevat.

Sportkennisgewings moet regs-tegnies korrek saamgestel word, want die

afrigters word deur die bepalings van die sportkennisgewings geraak.

Moet betyds saamgestel word, sodat die ouers lank genoeg vooraf kennis

ontvang van ‘n sekere sportsoort se reëlings.

Alle sportkennisgewings moet deur die Hoof en sportkoördineerder

gekeur en onderteken word, voordat die organiseerder die

sportkennisgewing mag uitstuur aan die ouers.

Organiseerders en afrigters moet ‘n afskrif van die sportkennisgewing op

lêer hou vir verwysingsdoeleindes.

10.64 TELEFOON :

Die telefoon is beskikbaar vir amptelike oproepe wat in verband staan

met skoolaan-

geleenthede.

Privaatoproepe kan deur personeel gemaak word tot ‘n bedrag wat deur

Beheerliggaam per maand vasgestel is. Indien die bedrag oorskry word,

sal personeellid vir die bedrag verantwoordelik wees.

Privaatoproepe moet slegs in noodgevalle of dringendheid gemaak word.

Alle oproepe word aangeteken in die telefoonlêer.

Opvoeders sal nie gedurende onderrigtyd uit die klasse geroep word vir

telefoonoproepe nie.

Amptelike oproepe moet verkieslik gedurende pouses of na skool gedoen

word.

Selfone van opvoeders moet gedurende klastyd afgeskakel wees.

10.65 TERREINDIENS :

Terreindiens word op ‘n rotasiebasis deur posvlak 1-opvoeders verrig.

Alle posvlak 1-opvoeders doen op ‘n rotasiebasis, terreindiens.

Terreindiens is ‘n amptelike verpligting en die opvoeder op diens moet

stiptelik op die dienspunt kom.

Diensbeurte word verrig vanaf 07:00 soggens, gedurende pouses en

smiddae tot 15 min. na skoolsluiting.

Terreindiens behels die aktiewe toesig oor leerders se gedrag en optrede,

asook inspeksie in die kleedkamers.

Die opvoeder aan diens moet ook bedag wees op vreemde persone by die

skoolheining wat met leerders probeer kontak maak.

10.66 TIKWERK- EN AFROLWERK :

29

Voorsien alle tik- of afrolwerk van die nodige omslag : “Aanvraag :

Tik- en Afrolwerk”.

Handig die tik- of afrolwerk via die sekretaresse in by die Hoof vir finale

goedkeuring.

Laat 2 (twee) dae toe vir afhandeling van enige tik- of afrolwerk.

10.67 VERTREKKENDE LEERDERS :

Ouers stel die Hoof skriftelik in kennis dat die leerder die skool gaan

verlaat.

Die kantoor berei ‘n oorplasingsertifikaat voor vir die leerder.

Voorsien aan leerder handboekvorm.

Die leerder handig alle handboeke in by die verskillende onderwysers.

Die opvoeders teken die “uitstaande handboekvorm.”

Alle skrifte word aan die vertrekkende leerder oorhandig.

Die Hoof stempel die skrifte en kontrolleer of al die skrifte tot op datum

gemerk is.

Die vertrekkende leerder handig die getekende handboekvorm in by die

sekretaresse en ontvang dan die oorplasingsertifikaat.

Finansiële beampte word deur sekretaresse in kennis gestel van

vertrekkende leerder.

Indien enige uitstaande skoolgelde, word ouers geskakel en staat saam

met oorplasingsertifikaat oorhandig.

10.68 VERTREKKENDE PERSONEEL :

Alle amptelike dokumentasie, skryfbehoeftes en ander skooleiendom word

by die verant-woordelike Departementshoof of Hoof ingehandig.

Alle sleutels word aan die admin-dame oorhandig verantwoordelik vir

sleutels.

Alle ander apparaat word terugbesorg aan die verantwoordelike beampte

wat dit uitgereik het.

Die klaslokaal word skoon agtergelaat.

“ Groot take word nie deur krag volbring

nie maar deur volharDing! ”

LAERSKOOL PHALABORWA NOORD

30

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!