01.05.2013 Views

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Darling

College/Kollege

Posbus 24, Darling,

7345

/ 022 492 3429

admin@darlingcollege.org.za

Jakarandastraat, Darling

www.darlingcollege.org.za

VERWELKOMING DEUR SKOOLHOOF

Darling Kollege is „n onafhanklike skool in die rustige en kalm dorpie, Darling. Die huislike

geboue en kindervriendelike klaskamers word omring deur „n pragtige, veilige speelgrond.

Kreatiewe onderwysers bied „n gebalanseerde, relevante, interessante en stimulerende

opvoedkundige program aan in „n ontspanne omgewing.

Ons gedissiplineerde leerders baat by die rustige dorpsatmosfeer. Hulle is gelukkig en

sorgvry. Hulle mag selfs kaalvoet skool toe kom.

Ons is een groot familie en daarom glo ons dat die aktiewe rol wat toegewyde ouers speel

van onskatbare waarde is vir die skool.

Met die ondersteuning van „n entoesiastiese Beheerraad, strewe ons daarna om „n verskil te

maak in die lewens van elke indiwidu wat Darling Kollege bywoon.

Al die positiewe terugvoering wat ons van ons oud-skoliere ontvang, bevestig hoë standaard

en dat ons wel `n verskil maak.

Dit sal „n voorreg wees om „n verskil in u kind se lewe te maak.

Vriendelike groete

S Jones

Skoolhoof

DARLING KOLLEGE BEHEERLIGGAAM 2012

Hannes Wessels Voorsitter & Grondwet

Nick Pentz Tesourier (Bygestaan deur Jacqui Sherwood)

David Tullie Geboue & Gronde

André Kirsten Sport

Karen Kirsten Sekretaris

Stanton Jones Skoolhoof

Henriëtte Louw Onderwyser & addisionele lid

Anne Hintenaus Bemarking en Fondsinsameling

Shaun McLaughlin Lid sonder portefeulje

Ons is geaffilieer by die Wes-Kaapse Onderwys Departement en ook by ISASA. (Suid-

Afrikaanse Raad van Onafhanklike Skole).

1

2

MISSIE

By Darling Kollege streef ons daarna om „n veilige, gelukkige leeromgewing te skep, waar

leerders in „n plattelandse omgewing gekoester en gestimuleer word om kreatief, weetgierig,

ywerig, aanpasbaar en verantwoordelik te wees. Die Christelike waardes vorm ons

grondslag; ons onderrig en beoefen verdraagsaamheid en respek. Ons doelwit is om ons

leerders te motiveer dat hul met selfvertroue „n sinvolle bydrae tot hul gemeenskap en die

wêreld in geheel sal maak.

GESKIEDENIS

In Januarie 1998, na maande van harde werk deur „n klein groepie ouers, het Darling

Kollege sy deure vir die eerste keer geopen. Sewentien leerders en twee leerkragte het

daardie eerste dag aangemeld. Na net een jaar het die leerdertal gegroei met 100%.

Gedurende 1999 is ons by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement geregistreer as „n

onafhanklike skool en het ons deel geword van die Suid-Afrikaanse Raad van Onafhaklike

Skole (ISASA).

Die skool is 14 jaar oud en het „n leerdertal van 103.

SKOOLLIED

Aan die Suidpunt van Afrika, is „n reënboogland teen die see.

Waar ons vrye Weskuskinders daar graag leer en ook baljaar.

Ons is Darling se blomme, goue koringlande.

Ons streef daarna om die hoogste te bereik.

Met die krag van bo en met blommeprag getooi.

Sal ons trou bly aan jou ons skool.

We care to share our love with our fellow human beings

We are happy to be here all of us to learn still more and more.

We love all the earth with creatures great and small

Where every child is so special and unique

We‟re the future‟s dream

We‟re the light that shines and shines

For our school our school so fine.

- geskryf deur Elmie Erasmus

- getoonset deur Louise Potgieter

ALGEMENE INLIGTING

2012 SKOOLGELDE

Aansoekgeld: R200 per gesin

Intreegeld: R2500 per kind

Jaarlikse ontwikkelingsheffing R1000.00 per kind

Maandelikse gelde: R1685 per kind vir 12 maande

As gelde „n jaar vooruitbetaal word, is daar R1685 korting.

Die Beheerraad sal daarna streef om nie skoolgelde gedurende die jaar te verhoog nie, maar

behou die reg om so te maak indien omstandighede dit vereis. Skoolgelde sal jaarliks met „n

minimum van 5% styg.

2012 KWARTAALDATUMS

OPEN SLUIT

Eerste kwartaal: 11 Jan (Wo) 23 Mar (Vry)

Tweede kwartaal: 10 Apr (Di) 22 Jun (Vry)

Derde kwartaal: 17 Jul (Di) 28 Sep (Vry)

Vierde kwartaal: 9 Okt (Di) 30 Nov (Vry)

ROOSTERS

GRONDSLAGFASE: Gr. 1,2, 3

SOMER SKOOLTYE 2012 (1ste & 4de Kwartaal)

GR. 1 SLEGS - 1ste 2 Weke

Maan Dins Woens Don Vry

07:30 - 12:00 07:30 - 12:00 07:30 - 12:00 07:30 - 12:00 07:30 - 12:00

RES VAN KWARTAAL

GR. 1 SPORT SPORT

09:00 – 10:00 09:00 – 10:00

07:30 - 12:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 12:00

GR. 2 SPORT SPORT

09:00 – 10:00 09:00 – 10:00

07:30 - 12:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 12:00

GR. 3 SPORT SPORT

09:00 – 10:00 09:00 – 10:00

07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 12:00

3

4

GRONDSLAGFASE: GR 1, 2, 3

WINTER SKOOLTYE 2012 (2de & 3de Kwartaal)

Maan Dins Woens Don Vry

GR. 1 SPORT SPORT

14:00 – 15:00 14:00 – 15:00

08:00 - 12:30 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 12:30

GR. 2 SPORT SPORT

14:00 – 15:00 14:00 – 15:00

08:00 - 12:30 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 12:30

GR. 3 SPORT SPORT

14:00 – 15:00 14:00 – 15:00

08:00 – 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 12:30

Let asb. daarop dat sport (rugby & netbal) op Dinsdae en Donderdae tussen 14:00 - 15:00

plaasvind indien die weer dit toelaat. Indien nie, mag leerders huis toe gaan. Gr 1 en 2

kry op Dinsdae en Donderdae 20 minute pouse voor die sport.

GRAAD 4 - 7

SOMER SKOOLTYE 2012 (1ste & 4de Kwartaal)

Maan Dins Woens Don Vry

SPORT SPORT

09:00 – 10:00 09:00 – 10:00

07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 14:00 07:30 - 13:00

GRAAD 4 - 7

WINTER SKOOLTYE 2012 (1ste & 4de Kwartaal)

Maan Dins Woens Don Vry

SPORT SPORT

14:00 – 15:00 14:00 – 15:00

08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 14:00 08:00 - 13:30

Let asb. daarop dat sport (rugby & netbal) op Dinsdae en Donderdae tussen

14:00 - 15:00 plaasvind indien die weer dit toelaat. Indien nie, mag leerders

huis toe gaan.

ALGEMENE SKOOLBELEID EN -REËLS

LEERDERS MAG NIE LAAT WEES VIR SKOOL NIE. LEERDERS WAT ‘N

GEWOONTE DAARVAN MAAK, SAL POUSES MET DETENSIE GESTRAF

WORD.

AFWESIGHEID

Ouers word vriendelik versoek om die Kollege voor 08:00 te skakel om u kind se

afwesigheid aan te meld. U kan dit telefonies doen of „n e-pos stuur aan

admin@darlingcollege.org.za. NB Neem asseblief kennis dat dit die leerder se

verantwoordelikheid is om werk in te haal.

VERLENGDE VAKANSIES

Die skoolhoof word soms versoek om „n leerder ekstra dae verlof te gee as gevolg van „n

verlengde vakansie. So „n versoek plaas „n akademiese las op die leerder sowel as op die

onderwyser/s wat op „n later stadium verlore werk moet inhaal.

ANDER AFSPRAKE

1) Maak asseblief alle afsprake, (medies, tandarts, terapie), na skool-ure indien

moontlik.

2) Maak asseblief „n afspraak indien u „n onderwyser of die skoolhoof wil spreek.

Hierdie afspraak moet asseblief vir na skool-ure gemaak word. Onderwysers moet

nie voor skool of gedurende klastye gesteur word nie.

GRIEWEPROSEDURE VIR OUERS.

Indien u „n skoolverwante probleem ondervind, versoek ons u vriendelik om die volgende

prosedure te volg:

a) Probleme of ander sake rakende onderwysers moet privaat gehou word en nie

openlik of voor skoliere bespreek word nie.

b) Daar is „n beleid betreffende die toegang tot onderwysers en personeel.

c) Maak „n afspraak met die betrokke onderwyser by die sekretaresse.

d) Hierdie afspraak moet asseblief vir na skool-ure gemaak word, aangesien die

onderwysers soggens die aktiwiteite van die dag finaliseer.

e) Meld asb. ook aan die sekretaresse waaroor u met die onderwyser wil gesels sodat

sy/hy ook hul gedagtes kan formuleer.

f) Onder geen omstandighede moet onderwysers voor ander ouers, leerders ens.

gekonfronteer word nie

g) Sensitiewe gesprekke moet binne die vier mure van die klaskamer plaasvind en

nie openlik bespreek word nie.

h) Meld asseblief altyd by die kantoor aan as u die skool besoek.

i) Onder geen omstandighede mag u, u kind by die klas gaan haal sonder geskrewe

toestemming nie. Meld altyd eers by die kantoor aan.

j) Onderwysers mag nie tydens skoolure gepla word nie.

k) Ons versoek u vriendelik om die onderwysers na skool en voor 15:00 te

skakel of laat „n boodskap by die sekretaresse.

5

6

l) Indien u en die betrokke onderwyser nie die saak bevredigend kon oplos nie, moet

u asb. „n afspraak met die Skoolhoof maak.

m) Indien die Skoolhoof nie die saak bevredigend kan oplos nie, sal die saak na die

Beheerraad verwys word. Die finale oplossing van die probleem berus by die

Beheerraad.

n) Ons verseker u dat ons, ons beste sal doen om sake bevredigend op te los. Dankie

dat u die gesprek op ʼn volwasse wyse en met respek sal hanteer.

AFLAAIPLEK

Ouers moet leerders asseblief in die parkeerterrein aflaai en nie in die pad nie. Leerders

moet asseblief betyds afgehaal word. Hulle raak redelik bekommerd as hul ouers laat kom.

Alle oproepe na ouers deur leerders sal verhaal word teen R5 per oproep.

ROOKVRYE OMGEWING

Darling Kollege is „n rookvrye omgewing. Dankie dat u nie op die skoolgronde rook nie.

KLEREDRAGKODE

Die persoonlike beeld wat ons uitdra deur ons kleredrag is vir ons belangrik. Leerders word

uitgeken aan hul skooldrag. Ons versoek dus dat u as ouer, ons sal ondersteun op die gebied

en sal sorg dat die kleredragkode streng nagevolg word. Leerders moet hul skoolklere met

trots dra. Skooltasse moet donkerblou wees met afskortings binne-in. Tasse met wieletjies

word nie toegelaat nie. Tekkies moet verkieslik wit en donkerblou wees en kan toeryg.

Merk asseblief alle items en skoolklere. Leerders sal vermaan word as hulle nie aan die

kleredragkode voldoen nie.

SKOOLUNIFORM

Skooluniforms is by die skool verkrygbaar. Sommige items is verkrygbaar by PEP Stores

(sien kleredragkode). Bestelvorms is beskikbaar by die kantoor. Die bestelvorm moet

voltooi word voor of op Woensdae en teruggestuur word kantoor toe tesame met betaling.

(GEEN KLERE SAL SONDER BETALING DAARVAN GEGEE WORD NIE). Bestellings

kan Vrydae afgehaal word.

SNOEPIE

Daar is `n snoepie op Vrydae tydens pouse. Maak seker dat u kind daagliks ontbyt eet en pak

asseblief vir hulle gesonde kospakkies in.

TELEFOON- EN SELFOONGEBRUIK

Leerders mag nie oproepe by die kantoor ontvang of maak nie. Dit sal slegs in noodgevalle

toegelaat word. Ouers sal verantwoordelik wees vir die betaling van hierdie oproepe.

Leerders wat selfone byderhand moet hê, moet dit afgeskakel en in hul tasse hou tydens

skoolure. Die skool aanvaar geen verantwoordelikheid vir verlore of beskadigde selfone nie.

Selfone sal gekonfiskeer word indien dit tydens skooltyd gebruik word.

AKADEMIESE KURRIKULUM

Ons volg „n kruis kurrikulêre sillabus, bedoelende dat ons leermateriaal byvoeg by die

uitkomsgebaseerde onderwys soos voorgeskryf deur die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Assessering word op „n daaglikse basis in alle grade gedoen. Terugvoering word tydens

persoonlike onderhoude aan ouers gegee in die eerste drie kwartale. Tydens hierdie

persoonlike onderhoude ontvang die ouer die leerder se rapport.

Graad 4 en 5 skryf „n toetsreeks en graad 6 en 7 skryf eksamen in Junie en November.

Graad 1 – 7 skryf ook een maal per jaar „n eksterne toets waaraan ons, ons standaarde meet.

Graad 6 & 7 skryf ook eksterne Tweekamp- en Driekamptoetse, wat Wiskunde- en

Taalvaardigheid toets.

Gr. 1-7 skryf ook „n rekenaarvaardigheidstoets aan die einde van elke kwaartaal.

HANDBOEKE & SKRYFBEHOEFTES

Gr. 1- 3 gebruik nog nie handboeke nie.

Handboeke word in alle vakke voorsien vir graad 4 – 7. Die leerder is verantwoordelik

vir die handboek. Indien die handboek beskadig is of weggeraak het, sal „n boete betaal

moet word. Skryfbehoeftelyste van Waltons word in die derde/vierde kwartaal

voorsien. Maak asseblief seker dat alle skryfbehoeftes gemerk is.

HUISWERK

Huiswerk word gegee om werk wat bedags gedoen word, vas te lê.

Huiswerk word daagliks gegee en moet te alle tye gedoen word. Ouers moet die

onderwysers ondersteun deur die huiswerkboekies daagliks te teken. Projekte en mondeling

onderwerpe word lank vooruit gegee. Daarom sal geen verskoning aanvaar word as take nie

betyds ingehandig word nie. Graad 6 en 7‟s kry huiswerk en klein toetse oor „n naweek.

Alle huiswerkopdragte (gr. 4-7) word op die bord geskryf en dit is elke leerder se

verantwoordelikheid om die huiswerk in hul huiswerkboekie aan te teken.

Gr. 1- 3 leerders ontvang „n weeklikse huiswerkskedule.

SPORT

SOMER

1ste KWARTAAL: Gr. 1 - 7 Atletiek

Gr. 4 - 7 Tennis / krieket

Gr. 1 – 3 Tennis / mini-krieket

4de KWARTAAL: Gr. 4 - 7 Tennis / krieket

Gr. 1 - 3 Tennis / mini-krieket

Of Fiksheid en Vaardigheidsprogram

WINTER

2de & 3de KWARTAAL: Netbal / Rugby

Darling Kollege borg tennisafrigting op Woensdae vanaf 2:15 – 17:15

7

8

GODSDIENSBELEID

Darling Kollege verkondig nie die beleid van „n spesifieke kerkverband nie. Getrou aan die

grondwet van die skool, respekteer ons alle godsdienste. Ons onderrig Christelike waardes

en moedig die leerders aan om geestelik te groei en Godvresend te lewe.

Beleidsverklaring

TOELATINGSBELEID

Ons skool is „n tweetalige, Christelike primêre skool vir kinders van beide geslagte tussen 6

en 14 jaar oud.

Die skool se Beheerliggaam en die Skoolhoof sal volgens die wet redelik optree wanneer

aansoeke om toelating tot die skool oorweeg word. Die volgorde van prioriteit vir opname is

soos volg:

1. Kinders wat reeds broers of susters in die skool het.

2. Kinders met broers of susters in kleuterskole in die dorp, maar nie in die skool nie.

3. Kinders wat in die omgewing van Darling / Yzerfontein woon.

4. Kinders met „n verklaring van onderrigbehoeftes wat ons skool as die

diensverskaffer meld.

5. Kinders wat nie in hierdie kategorieë val nie.

Die volgende toelatingskriteria word in die skool se prospektus in volgorde van

prioriteit vermeld:

1. a) „n graad R-leerder wat vyf jaar oud is en wat voor of op 30 Junie van die toelatingsjaar

6 word, of „n leerder wat in die loop van die toelatingsjaar sewe word.

b) „n kind wat in die Darling / Yzerfontein omgewing woon.

c) Graad 2 – 7 : heersende getalle is die eerste faktor wat die aanvaarding van

kinders in hierdie grade bepaal.

Ander faktore wat oorweeg kan word, sluit in:

- „n leerder se ouderdom

- akademiese, sosiale en emosionele faktore

- vorige promosieverslae (oordragte en jare wat herhaal is)

2. „n Kind wat moontlik ten tye van toelating „n broer of suster in die skool het

3. „n Kind wat „n spesifieke rede vir toelating het, bv. mediese of sosiale behoeftes.

By die aansoek sal die nodige onafhanklike dokumente oor bv. mediese inligting

verlang word.

4. Leerders wat die naaste aan die skool met die kortste loopafstand daarvandaan

woon. In die geval van „n ooraanbod, sal prioriteite in die volgorde van 1 tot 4

toegepas word.

In gevalle waar aansoeke die getal plekke in bogenoemde kategorieë oorskry, sal die

afstand in „n reguit lyn tussen die kind se huis en die skool se ingang beslissend wees.

Die skool se Beheerliggaam sal nie diskrimineer teen applikante ten opsigte van hul

geslag, ras, kleur, geloof, burgerskap of land van herkoms nie.

Die Beheerliggaam sal nie diskrimineer teen aansoekers op grond daarvan dat die kind

nie in die omgewing van Darling / Yzerfontein woon nie, behalwe in die geval waar so „n

aansoek die skool se toelatingsbeleid hierbo weerspreek.

Soos in die Grondwet vermeld, word getalle en aanvaarde toelatingsgetalle vir elke

klasgroep bepaal deur die Skool se kapasiteit om leerders te akkomodeer. Die aantal

toelatings vir enige klas sal slegs in buitengewone omstandighede en ná raadpleging

met die Beheerliggaam en die Skoolhoof oorskry word, soos dit in die Grondwet van

Darling Kollege vervat is.

„n Onafhanklike paneel vir appèl sal deur die Beheerliggaam en die Skoolhoof aangestel

word.

Die skool se Bestuur sal die toelatingsbeleid jaarliks in die skool se prospektus publiseer.

Die toelatingsbeleid streef na ooreenstemming met Darling Kollege se Grondwet.

Darling Kollege se aansoekvorms vir toelating sal onder al die voorskoolse

inrigtings in Darling versprei word.

Aansoekvorms sal ook saam met die skool se Prospektus aan alle ouers wat

navraag doen, gestuur word.

Navrae in verband met aansoeke word meestal per telefoon, e-pos of persoonlik

ontvang.

„n Aansoekvorm en skedule van fooie word dan óf per faks, e-pos, landpos óf

per hand afgelewer.

Die skool se verhoudingsgetal vir toelating is vasgestel op 1:20 per graad.

Aansoeke om toelating tot die skool moet teen die einde van die tweede termyn

in Junie vóór die jaar waarin die kind moet begin, voorgelê word.

Aansoeke wat laat ontvang word, sal alleen in die volgende omstandighede as

tydige aansoeke hanteer word:

(a) Waar „n gesin hulle pas in die Darling / Yzerfontein-omgewing kom vestig

het.

(b) Waar die Beheerliggaam aanvaar dat individuele omstandighede geld en die

vertraging in die gegewe omstandighede redelik is.

(c) In elke geval hierbo sal stawende dokumente as bewyse verlang

word.

In enige ander geval, of indien die aansoek nie ná einde September ontvang word nie, sal

laat aansoeke minder prioriteit geniet en eers oorweeg word ná aansoeke wat betyds was of

as sodanig beskou word.

Ouers sal teen Oktober kennis ontvang van „n aanbod vir „n enkele plek in die

skool kragtens die Skoolhoof en Beheerraad se magte ná „n ooreenkoms met die

skool.

PROSEDURE VIR TOELATING

1. By ontvangs van die voltooide aansoekvorm, saam met die ID van albei ouers en die

leerder, word „n brief gestuur wat ontvangs erken.

2. Die Tesourier mag „n finansiële navraag doen om seker te maak dat die leerder se

skoolfooie betaal sal word.

9

3. In die loop van die eerste jaartermyn, voor toelating, kan „n brief aan alle voornemende

leerders gestuur word waarin hulle genooi word om die vereiste assessering /

vaardigheidstoets (Graad 2 – 7) af te lê. „n Afskrif van die leerder se jongste rapport

moet die aansoekvorm saam met die registrasiefooi vergesel. Afsprake word vir die

ouers en voornemende leerders gereël om die Skoolhoof te ontmoet en die skool te

besigtig.

4. In die geval van „n graad R-leerder moet alle assesserings deur „n terapeut of spesialis

asook een of ander aanbeveling van skoolgereedheid voorgelê word. Wanneer die

assessering / vaardigheidstoetse verwerk is, word briewe aan suksesvolle kandidate

gestuur, insluitend alle relevante dokumente vir die leerder se toelating. Indien „n

voornemende leerder nie „n Suid-Afrikaanse burger is nie, is dit noodsaaklik dat „n

studiepermit voor die leerder se toelating bekom word. Dit is gebruiklik dat ons die

nodige deposito en aanvaarding van „n plek in die skool voor die einde van die tweede

termyn, d.w.s. Junie, verlang.

5. „n Bekendstellingssessie word jaarliks vir voornemende graad 1-leerders gehou.

6. Die ouers van voornemende graad 1-leerders wat aanvaar is, sal in November na „n

inligtingsessie genooi word.

Indien „n kind nie „n plek in die skool aangebied word nie, sal die ouers skriftelik ingelig

word, saam met hul reg om te appelleer. Die Beheerliggaam en die Prinsipaal sal alle

aansoeke hanteer. Die skool sal die Beheerliggaam oor alle toelatings inlig. Indien ouers

teen „n afwysing appèl wil aanteken, sal „n paneel hul saak aanhoor ná ontvangs van „n

skriftelike appèl, wat binne 14 dae ná die afwysing gerig aan die Beheerraadsvoorsitter by

die skool se adres ontvang word. (Die paneellede sal bestaan uit die Skoolhoof, die

Voorsitter van die Beheerliggaam, die Tesourier en óf „n senior grondslagfase, óf „n senior

intermediêre fase-onderwyser.)

In elke kategorie sal prioriteit gegee word aan kinders wat die naaste aan die skool

woon met die naaste staproete wat bestaande voetpaaie insluit.

Vir kinders wat in terme van die statutêre Verklaring oor Spesiale Onderwysbehoeftes na

hierdie skool verwys word as die mees gepaste plek vir hul onderrigbehoeftes, sal „n plek in

die skool aangebied word.

10

WAGLYS

Wanneer alle beskikbare plekke in „n skool gevul is, stel die skool „n waglys op. Ouers wat

hul kinders op die waglys wil plaas, moet die skool skriftelik in kennis stel. Alle plekke wat

ontstaan, sal toegewys word volgens die kriteria van die toelatingsbeleid. Geen

tydsduur of volgorde van prioriteit as deel van die eerste toelatingsrondte sal vir die waglys

geld nie.

Die waglys sal hersien en aangepas word –

sodra „n kind tot die waglys bygevoeg of daarvan verwyder word;

wanneer veranderde omstandighede „n kind se prioriteit beïnvloed;

aan die einde van elke skooljaar wanneer ouers met kinders op die waglys

gevra sal word of hulle vir die volgende jaar op die waglys wil bly.

KEURING VAN ALLE KANDIDAAT-LEERDERS BY DARLING KOLLEGE

1. Darling Kollege is „n Onafhanklike Skool en behou die reg op toelating voor. Die

Beheerliggaam en die Skoolhoof, wat „n lid is van die Beheerliggaam, is

verantwoordelik vir en het die vryheid om enige kandidaat-leerder te keur. (Lees

Artikel 6.5.1 van die Grondwet.)

2. Darling Kollege is nie „n remediërende skool nie en is nie vir remediërende

onderrig toegerus nie. Artikel 3.4 bepaal: “Die skool streef daarna om „n hoë

standaard van onderrig te handhaaf.”

3. Elke kind word gekeur met die doel om te verseker dat die skool geskik is vir die

kind se behoeftes.

4. Hierdie toetse sal die kind se verbale en nie-verbale vaardighede, asook sy of haar

algehele gedrag assesseer.

5. Indien die keuringstoets aandui dat gespesialiseerde advies nodig is, sal die ouers

na „n kinderspesialis verwys word. In so „n geval berus die onus op die ouers om

vir verdere toetse te betaal.

6. Ouers van moontlike gr. 1-leerders wat Darling Kollege vir die onderrig van hul

kind kies, sal versoek word om enige vorm van aanbeveling, bv. „n gr. R-verslag

(in die geval van „n graad 1-leerder) wat die kind se skoolgereedheid verklaar,

asook enige ander evaluerings van „n beroepsterapeut-onderwyser of ander

terapeute of spesialiste voor te lê. Darling Kollege sal „n kandidaat wat nie

voorskoolse ervaring het nie, assesseer.

7. In die geval van „n ouer leerder sal die mees onlangse skoolrapport gevra word.

Daarbenewens kan keuringstoetse gedoen word soos in 2. vermeld.

8. Die skool sal kennis neem van dit wat in die kind se belang is.

9. Ouers wat versuim om „n kind se rapport in te handig soos in 6. neergelê, kan

kennis kry dat die kind voorwaardelik aanvaar word en sal in die derde kwartaal

ingelig word indien hul kind se vordering onbevredigend was. Daarna kan

voortgesette bywoning geweier word. By die oorweging van toelating en elke

leerder se volgehoue bywoning, sal ons altyd gelei word deur dit wat in die beste

belang van die meerheid leerders in elke klas geag word.

10. Soos duidelik in die Toelatingsbeleid gestel, sal Darling Kollege nie op grond van

enige kind se ras, geslag, geloof, burgerskap of land van herkoms diskrimineer

nie. Binne ons vermoë sal Darling Kollege alles doen om „n nuwe kandidaat te

akkomodeer.

„n Ware, lojale familielid van Darling Kollege sal die bogenoemde reëls respekteer en hul

kind/ers aanmoedig om die reëls te onderhou asook om „n goeie voorbeeld tuis te stel.

Dankie dat u help om „n verskil te maak.

11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!