01.05.2013 Views

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

3. In die loop van die eerste jaartermyn, voor toelating, kan „n brief aan alle voornemende

leerders gestuur word waarin hulle genooi word om die vereiste assessering /

vaardigheidstoets (Graad 2 – 7) af te lê. „n Afskrif van die leerder se jongste rapport

moet die aansoekvorm saam met die registrasiefooi vergesel. Afsprake word vir die

ouers en voornemende leerders gereël om die Skoolhoof te ontmoet en die skool te

besigtig.

4. In die geval van „n graad R-leerder moet alle assesserings deur „n terapeut of spesialis

asook een of ander aanbeveling van skoolgereedheid voorgelê word. Wanneer die

assessering / vaardigheidstoetse verwerk is, word briewe aan suksesvolle kandidate

gestuur, insluitend alle relevante dokumente vir die leerder se toelating. Indien „n

voornemende leerder nie „n Suid-Afrikaanse burger is nie, is dit noodsaaklik dat „n

studiepermit voor die leerder se toelating bekom word. Dit is gebruiklik dat ons die

nodige deposito en aanvaarding van „n plek in die skool voor die einde van die tweede

termyn, d.w.s. Junie, verlang.

5. „n Bekendstellingssessie word jaarliks vir voornemende graad 1-leerders gehou.

6. Die ouers van voornemende graad 1-leerders wat aanvaar is, sal in November na „n

inligtingsessie genooi word.

Indien „n kind nie „n plek in die skool aangebied word nie, sal die ouers skriftelik ingelig

word, saam met hul reg om te appelleer. Die Beheerliggaam en die Prinsipaal sal alle

aansoeke hanteer. Die skool sal die Beheerliggaam oor alle toelatings inlig. Indien ouers

teen „n afwysing appèl wil aanteken, sal „n paneel hul saak aanhoor ná ontvangs van „n

skriftelike appèl, wat binne 14 dae ná die afwysing gerig aan die Beheerraadsvoorsitter by

die skool se adres ontvang word. (Die paneellede sal bestaan uit die Skoolhoof, die

Voorsitter van die Beheerliggaam, die Tesourier en óf „n senior grondslagfase, óf „n senior

intermediêre fase-onderwyser.)

In elke kategorie sal prioriteit gegee word aan kinders wat die naaste aan die skool

woon met die naaste staproete wat bestaande voetpaaie insluit.

Vir kinders wat in terme van die statutêre Verklaring oor Spesiale Onderwysbehoeftes na

hierdie skool verwys word as die mees gepaste plek vir hul onderrigbehoeftes, sal „n plek in

die skool aangebied word.

10

WAGLYS

Wanneer alle beskikbare plekke in „n skool gevul is, stel die skool „n waglys op. Ouers wat

hul kinders op die waglys wil plaas, moet die skool skriftelik in kennis stel. Alle plekke wat

ontstaan, sal toegewys word volgens die kriteria van die toelatingsbeleid. Geen

tydsduur of volgorde van prioriteit as deel van die eerste toelatingsrondte sal vir die waglys

geld nie.

Die waglys sal hersien en aangepas word –

sodra „n kind tot die waglys bygevoeg of daarvan verwyder word;

wanneer veranderde omstandighede „n kind se prioriteit beïnvloed;

aan die einde van elke skooljaar wanneer ouers met kinders op die waglys

gevra sal word of hulle vir die volgende jaar op die waglys wil bly.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!