01.05.2013 Views

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

Information Booklet - Darling College / Kollege

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Die Beheerliggaam sal nie diskrimineer teen aansoekers op grond daarvan dat die kind

nie in die omgewing van Darling / Yzerfontein woon nie, behalwe in die geval waar so „n

aansoek die skool se toelatingsbeleid hierbo weerspreek.

Soos in die Grondwet vermeld, word getalle en aanvaarde toelatingsgetalle vir elke

klasgroep bepaal deur die Skool se kapasiteit om leerders te akkomodeer. Die aantal

toelatings vir enige klas sal slegs in buitengewone omstandighede en ná raadpleging

met die Beheerliggaam en die Skoolhoof oorskry word, soos dit in die Grondwet van

Darling Kollege vervat is.

„n Onafhanklike paneel vir appèl sal deur die Beheerliggaam en die Skoolhoof aangestel

word.

Die skool se Bestuur sal die toelatingsbeleid jaarliks in die skool se prospektus publiseer.

Die toelatingsbeleid streef na ooreenstemming met Darling Kollege se Grondwet.

Darling Kollege se aansoekvorms vir toelating sal onder al die voorskoolse

inrigtings in Darling versprei word.

Aansoekvorms sal ook saam met die skool se Prospektus aan alle ouers wat

navraag doen, gestuur word.

Navrae in verband met aansoeke word meestal per telefoon, e-pos of persoonlik

ontvang.

„n Aansoekvorm en skedule van fooie word dan óf per faks, e-pos, landpos óf

per hand afgelewer.

Die skool se verhoudingsgetal vir toelating is vasgestel op 1:20 per graad.

Aansoeke om toelating tot die skool moet teen die einde van die tweede termyn

in Junie vóór die jaar waarin die kind moet begin, voorgelê word.

Aansoeke wat laat ontvang word, sal alleen in die volgende omstandighede as

tydige aansoeke hanteer word:

(a) Waar „n gesin hulle pas in die Darling / Yzerfontein-omgewing kom vestig

het.

(b) Waar die Beheerliggaam aanvaar dat individuele omstandighede geld en die

vertraging in die gegewe omstandighede redelik is.

(c) In elke geval hierbo sal stawende dokumente as bewyse verlang

word.

In enige ander geval, of indien die aansoek nie ná einde September ontvang word nie, sal

laat aansoeke minder prioriteit geniet en eers oorweeg word ná aansoeke wat betyds was of

as sodanig beskou word.

Ouers sal teen Oktober kennis ontvang van „n aanbod vir „n enkele plek in die

skool kragtens die Skoolhoof en Beheerraad se magte ná „n ooreenkoms met die

skool.

PROSEDURE VIR TOELATING

1. By ontvangs van die voltooide aansoekvorm, saam met die ID van albei ouers en die

leerder, word „n brief gestuur wat ontvangs erken.

2. Die Tesourier mag „n finansiële navraag doen om seker te maak dat die leerder se

skoolfooie betaal sal word.

9

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!