01.05.2013 Views

Afr Rubicon 2012.1

Afr Rubicon 2012.1

Afr Rubicon 2012.1

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Reproduksie Indekse - Karalogusse

‘n Bul moeder se Reproduksie Indeks moet 90 of bo 90 wees. Hierdie reëling geld net vir

veilings bulle en hulle moeders. As die Reproduksie Indeks van die moeder onder 90 is,

kan sodanige bul uit die hand verkoop word. Op ’n veilingskatalogus sal ’n bul uitgegooi

word as sy moeder se RI onder 90 is!

Bulle vir Omatjene

Jakob Theron, die hoof oor proefplase, bedank die raad en telers vir die 2 bulle wat elke jaar

beskikbaar gestel is aan Omatjene. Die proef is afgesluit en bulle hoef nie meer voorsien te word nie.

SENIOR KEURDER BESLUITE

VEILINGS:

• ’n Bul wat ’n kyk weer nie slaag nie, mag verkieslik nie verder op die veillingstrerrein toegelaat word nie en

ook nie op die veilingsdag en op die veilingsterrein uit die hand verkoop word nie. Kyk-Weer-Beamptes moet

toesien dat die diere verwyder word.

• Oormatige oorvet bulle moet voorkom word in die belang van die Bonsmara ras, maar dit is nie moontlik om

definitiewe riglyne neer te lê nie.

• Daar is twee Kyk-Weer-Beamptes of Senior Keurders by veilings wat onder mekaar besluit of ‘n bul

aangebied sal word of uitval en die twee moet die redes persoonlik en privaat/individueel aan die teler

meedeel. Die voordeel van die twyfel gaan altyd na die teler as die twee Kyk-Weer-Beamptes v erskil.

SENIOR KEURDER AANSOEKE:

Daar word besluit op die volgende prosedure wat gevolg moet word om in aanmerking te kom om as Senior

Keurder aanvaar te word en op ’n reserwe lys geplaas te word.

Vereistes:

• Sodanige teler moet aansoek doen om Senior Keurder te word en sal nie meer aangewys word nie.

• Die persoon moet die SA Senior Keurder Kursus en Eksamen (teoreties en praktiese) bywoon en slaag.

• Namibiese ondervinding sal die volgende behels:

o 5 keer as Junior Keurder saamgery met ’n Senior Keurder in ‘n 8 jaar tydperk.

o 3 Telersdae in ‘n 5 jaar tydperk bywoon

o 3 Raspromosiedae in ‘n 5 jaar tydperk bywoon

o 3 AJV in ‘n 5 jaar tydperk bywoon

• By ‘n Namibiese Senior Keurder Dag sal hierdie aansoeker prakties geëvalueer word deur Namibiese Senior

Keurders en indien gunstig geëvalueer is, finaal aanvaar word deur die Senior Keurders.

• Sodanige persoon kan dus kwalifiseer as Senior Keurder, maar sal steeds op aanbeveling van die Senior

Keurders voorgestel word aan die Raad vir goedkeuring. Indien sodanige persoon se status deur die Raad as

Senior Keurder erken word, sal die persoon se naam op ’n reserwe lys van Senior Keurders geplaas word en

na behoefte aangestel of gebruik word. Dus, al het so ’n persoon die status verwerf as Senior Keurder deur

daarvoor te kwalifiseer en al sal sy status deur die Raad erken word, kan hy eers as aktiewe Senior Keurder

dien as die behoefte ontstaan en hy deur die Raad versoek word om as Senior Keurder op te tree.

SENIOR KEURDER STATUS

Kiep Lepen, Barend Dörfling en Japie Bestebreurtje ontvang die status van Senior Keurder, maar dan net gebruik

kan word as Kyk-Weer-Beamptes.

• Hulle kan eers keurings waarneem en as volwaardige Senior Keurder aangestel word as hulle vir 2 jaar as

Senior Keurder saamgery het met ‘n ander Senior Keurders tydens die Jaarlikse Keuring, soos wat Rolli

Heiser voorgestel het.

• Daar word ook besluit dat hierdie Senior Keurders nie kan keur by die kuddes waar hy ook as konsultant

optree nie.

• Hierdie persone moet verkieslik al die AJV, Senior Keurder dae en ander Bonsmara Dae bywoon.

NUWE TELERS

Nuwe telers moet die jaar ná aansluiting as Junior Keurder saam met die Senior Keurder ry tydens die Jaarlikse

Keuring as daar daardie jaar nie ’n Opleidingsdag aangebied word nie.

STAMBOEK

Geen data moet meer na die Namibiese Bonsmara kantoor gestuur word om weggestuur te word na

Stamboek nie. Al die kontakbesonderhede is aangeheg en die teler is self verantwoordelik vir die

wegstuur van data na Stamboek, asook die veilige bewaring van oorspronklike dokumente. Sleg die

nuwe teler aansoeke en keuring dokumente/inspeksie lyste sal van die kantoor weggestuur word.

STAMBOEK KONTAKNOMMERS

Registrasies, kansellasies, produksie data:

edata@studbook.co.za

(Maak seker dat BeefPro programme nie meer opgestel is as edata@intergis.co.za nie)

Navrae vanaf Namibië

Marietjie Delport:

marietjie@studbook.co.za

00 27 51 410 0912

(Faks) 00 27 51 447 3964

(Faks na e-pos) 00 27 86 679 1467

Posbus 270

Bloemfontein

9300

Fisiese adres: 118 Henry straat, Westdene, Bloemfontein

Nico, baie geluk met jou verkiesing as president!

Beste Telers

Ek hoop dit gaan goed met almal en dat julle veilig terug is by die huis na die afgelope Algemene

Jaarvergadering. Vir die persone wat dit nie kon bywoon nie het ek goeie nuus - dit is dat die

belangrikste sake uit hierdie vergadering gelys sal word in die nuutste Rubicon wat binnekort gaan

verskyn.

Gun my ook die geleentheid om my dank uit te spreek vir die vertroue wat daar in my geplaas is met

verkiesing tot President van die Genootskap. Ek wil Nick ook bedank vir sy leiding gedurende die

afgelope 4 jaar en hoop hy gaan lekker rus in die Kalahari.

Vir diegene wat nie teenwoordig was by die vergadering nie kan ek net noem dat Christo Strydom

van Gobabis verkies is tot die Raad saam met Etienne Jooste en Dries Venter wat herkiesbaar was.

Die volledige raad met kontaknommers is dus :

Nico Visser (081 1241168) Finansies, Stamboek, Katalogusse

Rolli Heiser (081 1245940) Skoue, Veilings, Dissipline, Grondwet

Dries Venter (081 2406546) Senior Keurder, Tegnies, Keurings, Opleiding,

Etienne Jooste (081 3711599) Benarking, Media, Opleiding

Christo Strydom (081 3178325) Bemarking, Media, Veilings

Marinda Labuschagne (061 222753) Administrasie, Rubicon, Kommunikasie met telers

Ek heg ook ’n lys aan sodat jy presies kan sien hoe die taaktoedeling van die Raad gedoen is. Die

taaklys gee telers ook ’n baie goeie idee waarmee raadslede en die Raad hulle gaan besig hou vir die

onmiddellike toekoms. Kontak asb die raadslid verantwoordelik vir ’n spesifieke aksie direk sou jy

enige navrae hê.

Die aanvraag na Bonsmaras is ongekend en ek is vol vertroue dat ’n opwindende tydperk voorlê vir

die vleisbedryf en veral vir ons ras.

Kom ons staan saam teen die hoender en vis en maak 2012 ’n groot jaar vir die Bonsmara.

Voel vry om my ook persoonlik te kontak by bg. nommer of stuur epos aan

nvisser@joggie.com.na.

Nico Visser

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!