BYLAAG TO ELD 24 FEBRUARIE 2009 GR AAD 4 – 6 - 24.com
BYLAAG TO ELD 24 FEBRUARIE 2009 GR AAD 4 – 6 - 24.com
BYLAAG TO ELD 24 FEBRUARIE 2009 GR AAD 4 – 6 - 24.com
You also want an ePaper? Increase the reach of your titles
YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.
LEER EN PRESTEER

BYLAAG TOT BEELD 24 FEBRUARIE 2009 GRAAD 4 – 6
Kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

Antwoorde van

werkkaarte:

www.beeld.com

onder afdeling spesiaal

kliek op skool toe

Opvolg bylae

vir graad 4-6

5 Mei en 4 Aug

Skoolkoerantkursus

21 Februarie

Hoërskool Gimnasium

Potchefstroom

28 Februarie

Laerskool Pierneef

Pretoria

Afrikaans Huistaal

Graad 4: Lees en kyk (Leeruitkoms 3)

Jerome en Kenny vang vis – deur J Butler

Jerome stap vroegoggend saam met

Kenny oor die rotse. Oor hul skouers

rus die visstokke. Jerome dra ’n

emmertjie met aas. Hy weet presies

hoe om oor die rotse te trap. Kenny

se voete kry maar seer. Daarom loop

hy bietjie stadiger as Jerome. Jerome

frons, want hy word vies vir hierdie

stadsjapie van ’n neef. “So ’n sissie!”

brom hy onderlangs.

Dis gelukkig laagwater vanoggend.

Hulle sal gou moet maak, want hy wil

tog nie met Kenny hier staan tot

hoogwater nie. Netnou slaan die

branders hom nog van die rotse af.

By ’n klompie lae rotse kom Jerome

tot stilstand. Hy wys vir Kenny presies

hoe om die aas aan te sit. Dan

verduidelik hy hoe om die lyn diep in

die see in te gooi.

Kenny klou aan die visstok asof hy

enige oomblik ’n vis gaan voel

Graad 5: Wees waterveilig!

spartel. Jerome vang al lankal vis en

wag rustig. “Speel jy rugby ook,

Kenny?” probeer hy geselserig die

tyd omkry.

“Natuurlik!” antwoord Kenny. “Ek

speel…” Voordat hy sy sin kan

klaarmaak, gee hy so ’n gilletjie. “Ek

dink ek voel iets!”

Jerome kyk na Kenny se visstok wat

effens buig. “Begin versigtig inkatrol.

Moenie oorhaastig raak nie,” help

Jerome hom.

“Ek sukkel! Die vis haak vas!”

Jerome is sommer geïrriteerd met sy

stadsneef. “Nee man, visse kan nie

vashaak nie.”

“Dit voel so. Regtig! A… daar’s weer

beweging. Jerome, hier kom ’n

grote!” roep Kenny uit.

Lees en kyk

Lees die volgende opskrifte van berigte wat tussen Oktober en

November 2008 in Beeld verskyn het. Beantwoord dan die vrae.

Derde kind verdrink binne ’n paar dae. Hou swembad ’n plek van pret.

Waterveiligheid polisie se prioriteit. Maak babas waterveilig.

Vrae:

1. Wat het al die berigte in gemeen?

2. Waarom dink jy kom daar in Oktober en November meer verdrinkings voor?

3. Soek in die woordeboek wat prioriteit beteken?

4. Wat is die feestyd waarvan gepraat word?

5. Maak ’n lys van voorstelle om waterveiligheid in die kleuterskool aan te leer.

Leesbegrip:

Lees die volgende berig wat op 13 November 2008 in Beeld verskyn het.

Vermy swembadtragedies – Karen Janse van Vuuren

Die somer is hier en dit beteken dat daar weer heerlik rondom die swembad gekuier

gaan word. Dit is egter belangrik om in gedagte te hou dat ’n swembad in ’n

oogwink van ’n plek van pret in ’n plek van tragedie kan verander. Nick Dollman van

Netcare 911 sê hy was al baie op die toneel van verdrinkings en noue ontkomings

en dat die storie van ouers en oppassers byna almal dieselfde is. “Kinders glip

ongesiens weg en word later in die water gevind. Dit is dikwels onduidelik hoe lank

hy of sy sonder suurstof was. “Vir elke kind wat verdrink, is daar vyf kinders wat

permanente breinskade opdoen as gevolg van ’n suurstoftekort tydens ’n noue

ontkoming. “Dit neem slegs vier minute sonder suurstof voordat permanente

breinskade veroorsaak word.“ Nick beklemtoon dat verdrinkings voorkom kan word

en dat ouers nie moet dink dat dit nie met hulle kind kan gebeur nie. “Statistieke wys

dat daar ’n dramatiese verhoging is in gevalle van verdrinking of amperverdrinkings

gedurende die somer en vakansieseisoen.” Verdrinking is een van die hoofoorsake

van onnatuurlike kindersterftes in S.A.

Voorkoming moet die wagwoord wees.

Statistiek

• 1 September 2006 tot 31 Augustus 2007: 29% van alle verdrinkings in

Suid-Afrika vind plaas in Gauteng.

• 1 September 2007 tot 31 Augustus 2008: 28% van alle verdrinkings in

Suid-Afrika vind plaas in Gauteng.

• Gauteng is die provinsie met die hoogste aantal binnelandse verdrinkings in

Suid-Afrika.

Graad 6: Lees en kyk (Leeruitkoms 3)

Seegras

Verwerk uit Mieliestronk.com/seewier.html

http://152.111.1.251/argief/berigte/beeld/1996/11/25/13/1.html

1. Het jy al langs die strand geloop en die seegras, wat op die strand

uitgespoel het, gesien? Miskien is dit hoe jy hierdie marine-alge ken: as

seegras. Moenie vir een oomblik dink dis sommer net “gras” nie.

2. Het jy geweet dat seewier in baie produkte voorkom? Die ekstrakte kom

onder andere voor in tandepasta. Ja, selfs in jou troeteldierkos, slaaisous en

melkdrankies kom dit voor. Skoonheidsmiddels beskik ook oor seewier as

bestanddeel. Gedroogde seewier word versnipper en kan gebruik word as

gesondheidsmiddel (kelptablette), kruie en speserye. Dit kan met melasse

gemeng en verpak word vir beeslek. Verder kan dit in groter stukke gedroog

word as “koubene” vir honde.

3. Seewier is baie belangrik vir die natuur. Dit vorm – saam met filoplankton –

die basis van die voedselketting van die see. Filoplankton is die

mikroskopiese klein drywende plantjies. Hoe werk die voedselketting? Die

klein diertjies wat op die seewier teer, word weer deur groter diere geëet.

Hierdie groter diere word weer deur ander diere geëet en so hou dit aan.

4. Daar is 3 groepe seewiere. Ons ken hulle uit aan die pigmente wat hulle rooi

of bruin of groen maak. Seewiere het lig nodig om aan die lewe te bly.

Daarom tref ons hulle langs die kus aan waar die seebodem net die regte

diepte is.

“Bring hom in, Kenny!” skree Jerome

opgewonde. “Dis jou eerste vis.

Stadig nou. Hy moenie wegkom nie!”

Kenny probeer alles doen wat Jerome

vir hom sê. Sy arm is al ’n bietjie

moeg van die inkatrol.

En dan…

Jerome bars uit van die lag. “Jou

eerste vis is toe al die tyd ’n

seebamboes. Miskien het sy wortels

aan die rotse vasgesit. Geluk, Kenny!”

Kenny kry sommer skaam. “Toe maar,

netnou sal my eerste vis regtig byt.

Help my net gou om die seebamboes

los te kry en ander aas aan te sit.

Ek is seker dis vandag my gelukkige

dag.”

Jerome giggel onderlangs oor hierdie

stadsneef se baie selfvertroue.

Miskien is dit vandag Kenny se

gelukkige dag. Wie weet?

Opdrag:

Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

1. Watter tyd van die dag stap Jerome en

Kenny na die rotse?

2. Dink jy Jerome is vies, omdat Kenny so

stadig loop? Hoekom sê jy so?

3. Op watter plek vang hulle vis?

4. Hoe weet jy dat Kenny nog nooit visgevang

het nie?

5. Kenny is onseker oor die visvangery. Beskryf

hoe hy die visstok vashou.

6. Kies ’n woord wat dieselfde beteken

(sinoniem) vir geïrriteerd:

kwaai/vererg/ongeskik.

7. Watter emosie ervaar Jerome as Kenny sy

eerste vis inkatrol?

8. Waarom dink jy kry Kenny skaam?

9. Kenny is vol selfvertroue. Hoe weet ons dit?

Wat sê hy?

10. Voorspel of Kenny regtig ’n vis gaan uittrek.

Hoekom sê jy so?

• ’n Hoë persentasie van dié verdrinkings behels jong kinders en vind plaas binne

’n huishoudelike omgewing (visdamme, swembaddens en borrelbaddens).

Voorkom ’n tragedie

• Alle swembaddens moet bedek word deur ’n net of omring word met ’n heining

met ’n hek wat toegesluit kan word.

• Wees op die uitkyk vir moontlike gevare en moenie klein kinders sonder toesig

laat nie.

• Volgens die webwerf www.childsafe.org.za moet klein kinders so gou as

moontlik leer swem.

Hulle moet ook geleer word hoe om in die water te dryf en hulle moet oefen wat om

te doen as hulle met hul klere aan in die water val. Kinders moet nooit alleen swem

nie en slegs ’n paar honderd milliliter water kan dodelik wees vir klein kinders.

Ouers moet bewus wees van alle watergevare in en om die huis, insluitend

troeteldiere se waterbakke, fonteine, emmers water, damme, riviere, boorgate, oop

dreine, toilette en baddens.

Tieners en volwassenes moet onthou dat alkohol en water of watersport ’n dodelike

kombinasie kan wees. “Moet nooit in water induik as jy nie die bodem kan sien nie.

Daar is dikwels gevare onder die water soos rotse, sandbanke of gebreekte glas, “sê

Nick. Die nasionale noodnommer vir Netcare 911 is 082 911.

1. Wat beteken die volgende sin: ’n Swembad kan in ’n oogwink van ’n plek van

pret in ’n plek van tragedie verander. Verander die sin in jou eie woorde sodat

die betekenis dieselfde bly.

2. Noem een persoon wat vir Netcare 911 werk.

3. Watter stories van ouers en oppassers is dieselfde?

4. Wat kan met ’n mens gebeur as jy langer as vier minute sonder suurstof is?

5. Wat is die hoofoorsaak van onnatuurlike kindersterftes in Suid-Afrika?

6. Wat behoort die wagwoord by elke swembad te wees?

7. Watter plekke by jou huis hou ’n gevaar vir verdrinking vir mens en dier in?

8. Wat is die telefoonnommer vir Netcare 911?

9. Gebruik die inligting in die berig onder Statistiek en trek ’n blokgrafiek om die

aantal verdrinkings in Gauteng aan te toon.

10. Ontwerp en maak ’n brosjure wat aan kinders uitgedeel gaan word om

verdrinkings te voorkom.

Onthou: wees altyd versigtig by water!

5. In sommige rooi seewier kom agar voor. Dis ’n soort jellie wat baie belangrik

is vir die kweek van swamme en bakterieë. Agar word vir mediese navorsing

gebruik.

Opdrag:

Beantwoord die volgende vrae in volsinne:

1. Noem drie groepe seewier.

2. Wat is filoplankton?

3. Hoekom dink jy tref ons seewier langs die kus aan?

4. Gee jou mening of die rooi seewier nuttig is.

5. Verklaar wat ’n seewier is.

6. Wat is die hoofgedagte van par. 3?

7. Lees die volgende sin uit par. 4: Ons ken hulle uit aan die pigmente wat hulle

rooi of bruin of groen maak. Skryf die sin oor en begin met: ”Die

pigmente…”

8. Watter woord beskryf sommige in “In sommige rooi seewier…” (par. 5) die

beste: almal/party/geeneen.

9. Soek in die leesstuk ’n woord wat dieselfde beteken as mikroskopies klein

eensellige organisme.

10. Verduidelik in jou eie woorde wat voedselketting is.

2 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009
Kuns en Kultuur

Water, klanke en musiek

Wat is musiek?

Musiek bestaan uit klank, maar nie alle klank is musiek nie. Die kortste omvattende

definisie is: Musiek is georganiseerde klank.

Eienskappe van klank

Klank word veroorsaak deurdat ’n voorwerp begin vibreer. Die vibrasie veroorsaak

golwe wat sirkelvormig deur die lug voortbeweeg totdat ons dit hoor deurdat ons

oordromme die vibrasie optel. Die gehoorsenuwee gelei dit na die brein en ons herken

dit of nie.

Jy kan die voortbeweging van klankgolwe vergelyk met die rimpelings wat ’n klippie

wat jy in die water gooi, maak. Die golwe wat veroorsaak word, kring in sirkels uit.

Alle klanke het vier eienskappe, naamlik toonhoogte, toonduur, toonvolume en

toonkleur.

Klanke in die see

Klanke in die see ontstaan as gevolg van ’n verskeidenheid natuurlike bronne, naamlik

golwe, reën en die onderwaterseelewe. Dit kan ook voortgebring word deur ’n

verskeidenheid mensgemaakte bronne soos skepe en militêre sonars.

Mense en visse gebruik klanke in die see om verskillende take uit te voer. Aangesien

klank baie groter afstande as lig aflê in die oseaan, maak diere juis van klank gebruik

om hul kos te vind, te navigeer en te kommunikeer. Seediere stuur vir mekaar

boodskappe met behulp van klankgolwe. So “praat” walvisse kilometers ver met

ander walvisse.

Sonar

Sonar staan vir Sound Navigation and Ranging en is ’n tegniek wat verspreiding of

versending van klank hoofsaaklik onder water toepas om te kommunikeer of ander

skepe op te spoor. Sonar kan ook as wyse van klankopsporing gebruik word, wat die

wetenskap van klank gebruik om die afstand en rigting van ’n voorwerp vas te stel.

Opsporing kan aktief of passief toegepas word en kan in gasse (soos in die atmosfeer)

vloeistowwe (soos in water) en soliede voorwerpe (soos die aarde) plaasvind.

Sommige soogdiere soos dolfyne en walvisse gebruik klank reeds vir miljoene jare as

’n manier van kommunikasie, om inligting omtrent hul omgewing te versamel en om

kos op te spoor. Dit staan bekend as eggoopsporing

of eggolokasie. Eggolokasie is baie

belangrik vir hierdie diere aangesien dit hul in staat

stel om te navigeer en voedsel op te spoor in die

donker.

Eggo-opsporing of eggolokasie is vir die eerste keer in die 1940’s deur mense

gebruik. Tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorloë het die

behoefte om duikbote op te spoor, verdere ontwikkeling van die

tegnologie aangespoor.

Aktiewe en passiewe sonar

Daar is basies 2 maniere waarop klank gebruik word: passief en

aktief.

Passiewe akoestiek is wanneer die dier of organisme geen klank van sy eie maak nie,

maar net luister na ander klanke wat gemaak word. Die see, en veral die kusgebiede,

kan baie lawaaierig wees. Deur net na die geluide te luister, kan jy baie van jou

omgewing leer ken.

Passiewe sonar: Die dier of gebruiker ontvang

klank vanaf ’n ander bron.

Die tweede manier wat gebruik word, is aktiewe

akoestiek. In hierdie geval word klank deur een bron

gemaak en ontvang deur ’n ander. Klank kan vanaf

Lewensoriëntering

Waterbesoedeling

(Bron: Verskeie webtuistes, bv. Explain that stuff: Introduction to waterpolution; Mieliestronk.)

Water is belangrik vir alle lewens. Sonder water kan niemand oorleef nie. As ons

water het, dan moet dit ten minste skoon wees. Maar is ons water skoon?

Waterbesoedeling beteken dat ons water bevuil of besmet word.

Meer as twee derdes van die aarde se oppervlak is bedek met water. Die ander

derde is land. Soos wat die inwoners se getalle groei, so plaas ons al hoe meer

druk op bestaande waterbronne. Hoe swakker die kwaliteit van die water, hoe

sterker is die waterbesoedeling.

Riool

Water word ook besoedel deur rioolswamme, skuim en slik wat afkomstig is van

rioolplase.

Daar is omtrent 8 biljoen mense op die aarde. In veral ontwikkelende lande waar

mense nie basiese sanitasie of skoon water het nie, lei dit tot siektes soos o.a.

diarree. Drie tot vier miljoen kinders sterf jaarliks weens diarree.

Al het mens ’n toilet wat riool wegspoel, hou die probleem nie daar op nie. Mense

word siek a.g.v. virusse soos bv. hepatitus, tifus en cholera wat hulle op hierdie

manier opdoen.

Kunsmis

Boere dra ook skuld in die besoedeling van ons riviere. Kunsmis, plaagdoders en

kunsmis besoedel ons water. Kunsmis bevat baie nitrate en fosfate wat alge se

groei bevorder. Alge vat die suurstof uit die water, wat beteken dat die waterlewe

vrek. Tesame met kunsmis help die storting van rioolvuil om die groei van alge te

bevorder. Hoe kom hierdie middels in ons riviere? Die reën spoel dit in die riviere

en dan beland dit uiteindelik in die see. So word ons oseane ook besoedel.

Plastiek

Plastiek word orals gebruik: van kledingstukke tot motoronderdele. Plastiek is lig

en dryf op die water. Die meeste plastiek kan nie in die natuurlike omgewing

afbreek nie. ’n Plastiekbottel kan tot 450 jaar in die oseaan wees en ’n plastiek

vislyn tot 600 jaar lank. Plastiek is nie giftig nie, maar dit het ’n invloed op die

seelewe, want visse kan daarin verstrengeld raak en vrek.

die bron afbons van ’n ander voorwerp af en dan terug na die bron beweeg. Deur

hierdie eggo te ontleed, kan baie informasie ingewin word aangaande die omgewing

bv. afstand, grootte en komposisie.

Walvisse en dolfyne gebruik aktiewe sonar om

voorwerpe onder die water te ontleed en ook om

kos op te spoor.

Spoed van klank

Net soos dit in die lug gebeur, pers enige klank in die water die water om die bron

van die klank saam en vorm dit ’n klankgolf. As gevolg van die watermolekules wat

soveel nader aan mekaar lê as lugmolekules, trek klank vinniger in water as in lug.

Doen die volgende eksperiment:

Wat het jy nodig?

• Bad met water in en ’n maatjie.

Wat om te doen?

• Een persoon moet sy oor onder die water hou, terwyl die ander klop teen

die bad.

• Nou luister hy/sy weer buite die water na dieselfde geluid.

Gevolgtrekking

• Hoe klink die verskillende klanke? Wanneer ’n mens onder die water is, klink

die geluid baie duidelik en harder as buite die water.

• Wat het jy waargeneem? Klank beweeg vinniger in die water as in die lug.

Water as musikale middel

Waterorrel/ Hydraulis

’n Musiekinstrument wat klank as volg produseer: Die dinamiese

energie van water word omgesit in lugdruk om die orrel se pype aan

te dryf. Hydrualis beteken letterlik “wateraangedrewe pypinstrument”.

Waterdromme

Hierdie tipe instrumente word gemaak deur ’n drom binne in ’n groter drom te plaas.

’n Verskeidenheid dromme word gebruik en die dromme in die binnekant word met

verskillende hoeveelhede water gevul wat sodoende ’n invloed op die toonkleur van

die klank het.

Watersimbale

Tradisionele simbale word gespeel en dan direk daarna in

water geplaas om die toonhoogte te verlaag. Die

teenoorgestelde kan ook gedoen word, die simbale kan

binne die water gespeel word en dan verwyder word om die

toonhoogte te verhoog.

Het jy geweet van die see-orrel (Morske Orgulje)

Die musikale see-orrel op die oewer van Zadar, Kroasië is die eerste musikale

orrel in die wêreld wat deur die see “gespeel” word.

Die konstruksie bestaan uit trappies gebou uit wit marmer ongeveer 70 meter

lank met fluitopenings aan die kante. Aan die onderkant van die trappies is daar

35 musikale ingestelde pype.

Die beweging van die see druk lug deur die

pype en afhangende van die grootte en snelheid

van die golwe word musikale akkoorde gevorm.

Hierdie musikale klanke wat gehoor word, dien

as kommunikasie middel tussen die mens en

natuur en bied ’n eindelose konsert van verskeie

musikale variasies.

Fabrieke

Fabrieke skend ons omgewing, want hulle stort hul afvalwater in ons riviere en

damme. Daar beland ook giftige chemikalieë wat ons water bevuil. Die wêreld

produseer biljoene tonne industriële afval waarvan baie onverwerk in riviere

beland.

Gewone mense besoedel ook die water, want almal gooi chemikalieë van een of

ander aard by die drein af of in die toilet. Selfs die wasmiddels wat in

wasmasjiene en skottelgoedwasmasjien gegooi word, beland een of ander tyd in

ons riviere of oseane. ’n Klomp afval wat op die paaie gestort word, soos

gemorsde petrol, remvloeistof, stukkies verweerde buitebande en afval uit

uitlaatpype beland op die pad. As dit reën, spoel dit in die drein of riviere.

Olie

Oor die 70% oliebesoedeling in die see kom van skeepvaart en van mense wat

olie by die drein afgooi. Kan jy dink hoe die seelewe hierdeur vernietig word?

Opdrag:

Graad 4:

• Trek 6 blokke van ongeveer 8 X 5 cm met ’n potlood en liniaal.

• Teken in elke blok 2 visse. Teken spraakborrels by elkeen.

• Skryf met pen in die spraakborrels waaroor die visse met mekaar praat. Die

gesprek moet handel oor die inligting wat jy in die leesstuk oor

waterbesoedeling geleer het.

Graad 5:

• Maak ’n plakkaat op ’n A-4 bladsy.

• Skryf ’n treffende opskrif oor waterbesoedeling op die plakkaat.

• Teken prente waarin jy waterbesoedeling (soos jy dit in die leesstuk gelees

het) uitbeeld.

Graad 6:

Beplan ’n rolspel tussen ’n joernalis en ’n inwoner oor water wat besoedel word

by die inwoner se blyplek.

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009 3

‘n Groot verskeidenheid

werkboeke vir die

Afrikaanse klas

Skakel die kantoor – Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!
WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Sosiale Wetenskappe

Graad 4: Nedersettings Graad 6: Klimaatstreke van die wêreld

Aktiwiteit 1

In die blok hieronder kruip woorde

weg wat met nedersettings

geassosieer word.

Soek die onderstaande woorde in die

blok en omkring dit soos aangedui:

’n Nedersetting is ’n plek waar groepe

mense saam woon. Nedersettings sluit

landelike nedersettings, dorpe, stede

en informele nedersettings soos

plakkerskampe in.

Plakkerskampe Cholera Reservoir Kliniek

Biblioteek Boerderye Nywerheidsgebied Kantoorblokke

Hoë geboue Arm Klein dorpies Stil

Hospitale Eensaam Fabrieke Boorgat

Silo’s Vuil rivier

Informele nedersettings Landelike nedersettings Stedelike nedersettings

Blou Rooi Groen

A L Y O P G F U D T B R T S O L A K A M S

B K S B K L E I N D O R P I E S S H K L P

K R K E E H P P H R O S A L P O S B U R P

E F A E K A N T O O R B L O K K E T O P L

E E B L S R E T E E G R E S O L V E L G A

T P O B O M K L G G A E K K P I U G F J K

O E B S S E A E E R T T E O P N I T C A K

I T E E T T F E B E U E I L E I L E H O E

L T L K I E E S O T I E R E S E R V O I R

B O K P L S E K U R T B B R T K I T L U S

I B S A A K S O E E N S A A M S V S E S K

B O E R D E R Y E O E S F E O E I O R T A

H A A O O R R P A P E O O P E K E O A E M

N Y W E R H E I D S G E B I E D R K P R P

Aktiwiteit 2

Vind die betekenis van die volgende woorde in ’n verklarende woordeboek.

• Cholera • Boorgat • Reservoir • Kliniek • Silo’s

Aktiwiteit 3

3.1 Identifiseer die komponente (dele) in die skets wat nie in ’n informele

nedersetting voorkom nie. Trek ’n sirkel om die komponente (dele).

3.2 Noem 3 faktore uit

die skets wat die

water kan

besoedel?

3.3 Noem die siekte wat mense kan opdoen indien hulle van die besmette

water gebruik?

Graad 5: Siekte gepaardgaande met water

Beeld, Vrydag 28 November 2008

Cholera: Durban begin veldtog om uitbreking te keer in plakkerskamp

– Dries Liebenberg

Durban – Dié stad se gesondheidsamptenare

het ’n veldtog van stapel gestuur

om ’n cholera-uitbreking in ’n groot

plakkerskamp te keer nadat drie Zimbabwiërs

die laaste paar dae in plaaslike hospitale

opgeneem is.

Volgens KwaZulu-Natal se

gesondheidsdepartement is twee neefs van

Zimbabwe wat in ’n plakkerskamp naby

Welbedacht woon, Maandag in die R. K.

Khan-hospitaal in Chatsworth opgeneem.

Die een man het verlede week van Zimbabwe

teruggekeer waar hy ’n begrafnis bygewoon

het.

Die derde pasiënt is ’n vrou wat gereeld

tussen Suid-Afrika en Zimbabwe reis.

Hulle het al drie simptome soortgelyk aan

dié van cholera getoon, soos braking, diarree,

krampe en ontwatering.

’n Vragmotorbestuurder wat van

Zimbabwe na Durban gereis het, het verlede

week in ’n hospitaal in dié stad aan cholera

gesterf.

Volgens dr. Ayo Olowolagba, hoof van die

eThekwini-minisipaliteit se afdeling vir

oordraagbare siektes, word die mense

nagespoor met wie vermeende cholera-

pasiënte in aanraking was en kry hulle dan

voorligting oor hoe die siekte vermy kan

word.

Die volgende stap was ook om die

inwoners van die plakkerskampe in die

algemeen in te lig. Die plakkerskamp het

lopende water, maar geen toilette nie, het

Olowolagba gesê.

Toetse het gister getoon dat die drie

pasiënte nie cholera het nie, het hy gesê.

’n Cholera-epidemie wat van Augustus

2000 tot April 2002 in KwaZulu-Natal en

ander provinsies gewoed het, het 265 lewens

uit die 177 147 pasiënte geëis.

Voorsorgmaatreëls het destyds meer as

R198 Miljoen gekos.

Vrae:

1. Soek nog soortgelyke voorbeelde

van berigte uit Beeld oor die

dreigende cholera-epidemie, asook

berigte wat handel oor

waterbesoedeling.

2. Skryf 5 simptome van

cholera neer.

3. Verduidelik hoe cholera

versprei.

Cholera Bakterieë

LU 1: Die leerder is in staat om aardrykskundige en omgewingskennis en begrip te toon.

Gebiede word in klimaatstreke verdeel, afhangende van die gebied se

klimaat.

Vladimir Köppen, ’n Russiese weerkundige, het ’n klimaatstelsel ontwerp en dit staan

bekend as Köppen se klimaatsklassifikasie. Dit dui ’n hele paar klimaatstreke aan. Die

klimaatstreke hieronder genoem, is die streke waar die reënval baie hoog of baie laag

is. Daar is ander streke ook, wat nie hier bespreek word nie.

Tropiese klimaatstreke (hoë reënvalgebiede met hoë temperature):

1. Reënwoude:

• Baie hoë reënval.

• Gemiddelde reënval per jaar is tussen 1 750 – 2 000 mm.

• Baie warm. Gemiddelde temperatuur is 18°C en hoër dwarsdeur die jaar.

• Kom hoofsaaklik by die ewenaar voor.

2. Moeson:

• Dit is gebiede waar winde (moesonwinde) baie reën veroorsaak in die somer en

wat vir maande aaneen duur bv. in Indië.

3. Tropiese savanna (grasvlaktes):

• Gemiddelde reënval is 1 750-1 270 mm per jaar.

• Gemiddelde temperatuur is 18°C of hoër dwarsdeur die jaar.

Droë klimaatstreke (lae reënvalgebiede met groot temperatuurverskille):

1. Ware woestyne:

• Baie min of geen reënval nie. Reën verdamp vinnig.

• Groot verskil tussen die dagtemperature en die nagtemperature.

• Dagtemperature is hoog. In die somer kan dit styg tot 45°C, terwyl

nagtemperature laag is. In die winter kan nagtemperature daal tot 0°C.

• Vogtigheid in die lug (humiditeit) is baie laag.

2. Die steppe:

• Dit is ’n droë graslandgebiede.

• Groot temperatuurwisseling kom voor in die gebiede.

• In die somer kan temperature styg tot 40°C en in die winter kan dit weer daal tot

so laag as -40°C.

Aktiwiteit 1:

Gebruik die bostaande inligting om elk van die onderstaande leidrade onder die

korrekte kolom in die gegewe tabel te sorteer:

(Van die leidrade kan van toepassing wees op meer as een klimaatstreek.

Skryf slegs die nommer in die kolom neer.)

1.1 ’n Wind wat vir maande lank kan duur en baie reën veroorsaak.

1.2 Baie min of geen reënval.

1.3 Droë grasland.

1.4 Gemiddelde reënval tussen 1 750-2 000 mm.

1.5 Gemiddelde jaarlikse temperatuur 18°C of hoër.

1.6 Vogtigheid in die lug is baie laag.

1.7 Kom hoofsaaklik by die ewenaar voor.

1.8 Temperature kan styg tot 40°C en daal tot -40°C.

Klimaatstreke: Woestyn Steppe Moeson Tropiese savanna Reënwoud

Biome van die aarde:

Aktiwiteit 2:

Inligting oor die verskillende biome word hieronder gegee. Nadat jy die inligting

deurgelees het, behoort jy te kan aflei by watter biome die volgende diere en plante

pas: (Daar is oop spasies gelos vir die diere en plante wat by die spesifieke bioom

aangepas is. Voltooi die oop spasies, nadat jy die inligting gelees het.)

Diere: Orang-Oetang, “thorny devil” (kan water uit klam sand absorbeer), ysbeer,

kleurvolle voëls/papegaaie, poolhaas, kameel, renoster, woestynakkedis, rooi

eekhoring (eet denneboomsaad), ’’moose” (Amerikaanse eland),

leeu, rendier, pikkewyne, arktiese wolwe, bruin en swart bere, koedoe, boomslang.

Plante: Kaktusse, dennebome met naaldvormige blare, hoë bome waarteen

klimplante groei, aalwyne, geen bome - dwergstruike, mos en klein blomplantjies

gedurende kort somermaande, kremetartbome, orgideë, grasvelde, groot en klein

varings, doringbome.

’n Bioom is die klimaat, plant-en dierlewe van ’n gebied. Daar is

verskillende biome:

1. Tropiesewoudbioom:

• Dit is die reënwoude.

• Baie nat en warm gebiede.

• Tropiese klimaatstreek.

• Diere:

• Plante:

2. Woestynbioom:

• Soos die naam aandui, is dit die

woestyne.

• Baie warm en baie droë gebiede.

• Droë klimaatstreek.

• Diere:

• Plante:

3. Toendra-bioom (Yskapbioom):

• Kom voor by die pole.

• Baie droë en koue gebiede

(sneeu en ys).

• Poolklimaatstreek.

• Diere:

• Plante:

4. Grasveldbioom:

• Kom voor in die tropiese en

gematigde gebiede.

• Nat en warm gebiede.

• Diere:

• Plante:

5. Naaldwoudbioom:

• Kom voor in die middel-breedtegraad

gebiede.

• Nat en koel/koue gebiede.

• Diere:

• Plante:

4 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009
Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Graad 4: Kom ons spaar water

Tema: Mors en besparing van water

Uitkomste: Integreer: Sosiale Wetenskappe, Lewensoriëntering

Aktiwiteit 1

Kyk na die rympie hier onder en ontwerp jou eie gedig. Neem daardie gedig en

maak ’n plakkaat, sodat jou ander maats kan onthou om elke druppel water te

Water is baie kosbaar,

elke druppel moet ons spaar

ons gebruik water in die tuin en in die bad

moet net nie te veel water vat!

So kom nou maats kom ons staan saam

en draai toe daardie kraan!

Hier is ’n paar prentjies wat jou kan help

Graad 5: Hulpbronne

In ekonomie is ’n hulpbron nie net ’n grondstof (natuurlike hulpron) nie, maar

kan ook mense (menslike hulpbron), geld (kapitale hulpbron), water

(natuurlike hulpbron) en kennis (menslike hulpbron) insluit.

Die ekonomie gaan oor hoe mense, besighede, regerings en ander

organisasies in ons samelewing keuses maak en hoe die keuses bepaal hoe die

hulpbronne in ons samelewing gebruik word.

Natuurlike hulpbronne:

Suid-Afrika het volop natuurlike hulpbronne, waarvan water sekerlik een van die

belangrikste is. Natuurlike hulpbronne kom in die natuur voor en voorsien in ons

basiese behoeftes naamlik: lug, water, bosbou, grond, wildlewe, minerale, hengel

en landbou.

Wanneer dit nie reën nie, groei die oeste nie. Die regering moet dus kos uit ander

lande kry. Arm mense wat gewoonlik hul eie kos kweek, kan dalk honger ly,

daarom moet die regering vir hulle voorrade gee tot dit weer reën.

Hulpbronne is nie altyd hernieubaar nie – mens kan bv. nie vars lug wat jy

inasem, weer gebruik nie.

Ons moet dus as ’n nasie saamstaan om hierdie hulpbronne te bewaar, nie net vir

ons nie, maar vir ons toekomstige geslagte.

Graad 6: Die ekonomiese siklus

LU 1: Die ekonomiese siklus

Tema: Die rol van huishoudings en die regering t.o.v. water as ’n hulpbron

Almal neem deel aan die ekonomiese siklus.

Die verbruiker het behoeftes en begeertes

Besighede verander roumateriale in produkte wat aan verbruikers verkoop

word om hul behoeftes te bevredig.

Die regering bestuur die land se geld en

maak wette ten opsigte van alle besigheidsaktiwiteite.

Aktiwiteit 1

Jy is ’n verbruiker. Jy het elke dag ’n behoefte aan water.

• Gebruik die onderstaande skema om ’n breinkaart van die gebruike van

water in jou huishouding te maak.

• Gebruik woorde, sowel as prente.

Gebruike van

water

Almal in die wêreld het sekere regte, maar met regte kom daar ook

verantwoordelikheid.

Aktiwiteit 2

Skryf jou siening oor die volgende sake neer.

• Jou regte as verbruiker van water.

• Jou verantwoordelikhede as verbruiker van water.

• Skryf jou antwoord in die tabel hier langsaan neer.

Aktiwiteit 2

Kyk na die onderstaande prentjies. Gebruik die tabel wat verskaf word en plak

langs elke prentjie ’n of ’n .

= Regte gebruike van water

= Verkeerde gebruike van water

My regte as verbruiker van water My verantwoordelikhede as verbruiker van water

Water is baie skaars in Suid-Afrika. Baie areas in Suid-Afrika het ’n lae reënval.

Aktiwiteit 3 (Groepwerk)

Watter verantwoordelikhede dink jy het die regering t.o.v. water in Suid-Afrika?

Bespreek die volgende punte:

• Water en besproeiing by kommersiële plase.

• Bewaring van water.

• Besparing van water.

• Wette rondom water.

• Besoedeling.

• Water vir die toekoms.

Aktiwiteit 4

Beantwoord die volgende vrae.

1.1 Waarom dink jy dat sekere mense in Suid-Afrika minder betaal vir water as

ander?

1.2 Dink jy dat hierdie reëling regverdig is? Gee ’n goeie rede vir jou antwoord.

2. Hoe gaan ’n watertekort Suid-Afrika se ekonomie beïnvloed?

3. Waar dink jy sal die regering water kan kry as Suid-Afrika se water

opraak? Gee twee moontlike oplossings.

Water word gebruik om krag op te wek.

Daar is twee hidro-elektriese wateraanlegte wat krag aan Suid-Afrika voorsien.

Die een is die Kaborrabassa-aanleg in Mosambiek en die ander een is die

Lesotho Hoogland hidro-elektriese skema.

Aktiwiteit 5

Beantwoord die volgende vrae.

1.1 Watter natuurlike hulpbron gebruik Suid-Afrika om krag op te wek?

1.2 Wat is die nadele van hierdie bron van krag?

2.1 Dink jy dat water ’n goeie bron vir kragopwekking is? Gee redes vir jou

antwoord.

2.2 Watter ekonomiese voordele hou die kragopwekkingstasies in vir Mosambiek

en Lesotho?

2.3 Dink jy dat dit ’n goeie ekonomiese besluit was vir Suid-Afrika om krag by

Mosambiek en Lesotho te kry? Gee redes vir jou antwoord.

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009 5

Tabel

1. Kleur al die prentjies

waarby jy ’n geplak

het, blou in.

2. Kleur al die prentjies

waarby jy ’n geplak

het, rooi in.

3. Hoekom is dit so

belangrik om water te

spaar?

4. Noem nog TWEE

maniere hoe jy dink

mense water kan spaar.

Die regering wil hê ons moet hulpbronne spaarsamig gebruik:

Ons het nie

meer

hulpbronne nie!

Ek het ’n dak

vir my huis

nodig.

Ek het werk

nodig.

Uit die vloeidiagram langsaan

kan ons aflei hoe belangrik

hulpbronne vir ons land is. Die

ekonomiese siklus kan nie

behoorlik werk as daar nie meer

hulpbronne is nie. Daar is nooit

genoeg hulpbronne dat almal

alles kan hê wat hulle nodig het

nie, daarom moet ons sorg dat

ons ons hulpbronne spaarsamig

gebruik.

Beantwoord nou die volgende vrae:

1. Wat is Suid-Afrika se belangrikste hulpbron? (1)

2. Gee ’n definisie van “hulpbron”. (3)

3. Gee een voorbeeld by elk van die volgende:

3.1 Natuurlike hulpbron (1) 3.2 Menslike hulpbron (1)

3.3 Kapitale hulpbron (1)

4. Watter invloed sal min of geen reën op Suid-Afrika se ekonomie hê? (2)

5. Wat sal jy doen om Suid-Afrika se kosbare hulpbronne te bewaar? (1)

WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147
WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

HIER KRY ONS VLERKE

Natuurwetenskappe

Graad 4: Wolke en weer Graad 6: Water

Wat moet ek weet?

• Wolke is groot massas klein swewende druppeltjies water.

• Ons kry verskillende tipes wolke.

Kom ons kyk na die verskillende tipes wolke.

Cirruswolke ook

“veerwolke” genoem:

• Yl streperige wolke - dit

beteken dit gaan baie

koud wees.

• Wolke met ’n basis bokant

6 000 meter.

• Hulle bestaan uit

yskristalletjies en hulle

bring nooit reën nie.

Cumuluswolke ook

“stapelwolke” genoem:

• Groot wollerige wolke – dit

beteken dit gaan mooiweer

wees.

• Ontwikkel dikwels in die

loop van die dag tot

donderwolke

(cumulonimbuswolke).

• Cumulonimbuswolke bring

reën, donderweer, weerlig

en selfs hael.

• Wolke met ’n basis tussen

2 000 en 6 000 meter.

Uit bostaande inligting kan ons sien dat wolke verantwoordelik is vir neerslag soos

reën en hael. Ons gaan vandag meer spesifiek kyk na reën.

Hoe word reën gemeet?

• Die hoeveelheid reën wat val, word neerslag genoem.

• Die neerslag word in ’n reënmeter gemeet.

• ’n Reënmeter is in millimeter (mm) afgemerk (gekalibreer).

Hoe lyk ’n reënmeter?

• ’n Reënmeter word hoofsaaklik gemaak van harde plastiek.

• Dit is ’n kegelvormige apparaat wat die reëndruppels

opvang.

• Die hoeveelheid reën vir ’n spesifieke tydperk kan volgens ’n

gekalibreerde skaal in mm gemeet word.

• Baie belangrik: na elke lesing wat oor 24 uur geneem word,

moet alle water uit die meter uitgegooi word.

Kom ons bestudeer die reënval in ons omgewing vir Maart 2009.

Opdrag: Gebruik die onderstaande kalenderblad om die reënval in jou omgewing

aan te teken vir Maart 2009.

Graad 5: Die waterkringloop

Stratuswolke ook

“bankwolke” genoem:

• Groot digte wolke versprei

deur die lug - dit beteken

dit gaan reën.

• Die wolke hang in die lug

soos ’n grys kombers.

• StratuswoIke kom laer as

2 000 meter bokant

seespieël voor.

• Namate die mikrodruppels

in stratuswolke verdig en ’n

motreën dalk uitsak, raak

die wolke donkerder – dan

word hulle nimbostratuswolke

genoem.

SONDAG MAANDAG DINSDAG WOENSDAG DONDERDAG VRYDAG SATERDAG

1 2 3 4 5 6 7

8 9 10 11 12 13 14

15 16 17 18 19 20 21

22 23 24 25 26 27 28

29 30 31

1. Teken daagliks die reënval aan op die kalenderblad. Indien geen reënval

plaasgevind het nie – trek ’n kruisie deur die dag.

2. Werk met ’n potlood. 3. Op 31 Maart moet jy die volgende statistiek beantwoord.

Omkring die regte data;

a) Gedurende week 1 , week 2, week 3, week 4 – het die meeste reënval plaasgevind.

b) Gedurende week 1 , week 2, week 3, week 4 – het die minste reënval plaasgevind.

c) Die reënval in my omgewing vir Maart was meer/minder as 50 mm.

d) Dit was ’n goeie/slegte reënvalmaand.

e) Dit het daagliks meer as die helfte van die maand/minder as die helfte van die

maand gereën.

Water is gedurig besig om van gedaante te verander. Die waterkringloop is ’n

nimmereindigende proses dwarsoor die wêreld: dit is die proses van water wat

van die seë, mere en die land af verdamp, opstyg en afkoel om wolke te vorm en

dan weer op die aarde of seë neerslaan in die vorm van reën, hael of sneeu.

Neerslag wat op land voorkom, kan verskillende weë volg. Party daarvan verdamp

nog voordat dit die grond bereik, ander word deur plante onderskep en die res val

op die grond, of op binnelandse wateroppervlaktes. Van die water wat wel die

grond bereik, verdamp ’n groot gedeelte en keer weer na die atmosfeer terug.

Van die water sypel in die grond in, waar dit miskien deur plantwortels opgesuig

word en deur die blare weer verdamp word (transpirasie) of dit sypel by die

wortels verby en vul later die onderaardse watervoorraad aan. Net ’n klein

gedeelte van die water sypel by die wortelvlak verby na onder.

Die grondbeginsel is eenvoudig: water gaan van die oseaan na die wolk, na

die land, na riviere en terug na die oseaan; maar daar is so baie onderdele in

hierdie waterkringloop en soveel wisselwerkinge tussen hulle, dat dit eintlik ’n baie

ingewikkelde proses is. Die studie van hierdie waterkringloop staan bekend as

die wetenskap van die hidrologie.

Maak ’n voorstelling van die waterkringloop

Wat jy vir die projek benodig:

’n A4-karton, watte, blou silofaanpapier, sand en skulpies, kleurpotlode of verf,

skêr, sterk gom, ou tydskrifte en Beeld.

Berei jou A4-karton voor deur na die voorbeeld te kyk en die nommers en pyle op

jou karton aan te dui.

Wat moet ek weet?

1. Water het die chemiese formule H2O wat beteken dat ’n watermolekule uit

twee waterstofatome en een suurstofatoom bestaan.

2. ’n Druppel water bestaan uit duisende kleiner waterdeeltjies wat ons

molekules noem.

3. Water is kleurloos, smaakloos en reukloos.

4. Water dien as ’n oplosmiddel wat algemeen gebruik word om sekere stowwe

op te los tot ons eie voordeel. Hierdie stowwe kan vaste stowwe, vloeistowwe

of gasse wees.

5. Wanneer jy net ’n klein bietjie suiker in water oplos, noem ons dit ’n verdunde

of onversadigde oplossing.

6. Wanneer jy baie suiker in water oplos, vorm dit ’n gekonsentreerde of

versadigde oplossing.

7. Vloeistowwe soos gekonsentreerde koeldrank kan in water oplos, terwyl olie

nie in water kan oplos nie.

8. Gasse soos suurstof is ook oplosbaar in water, anders sal plante en diere

soos visse nie in water kan leef nie.

9. Water as oplosmiddel is voordelig vir die mens, want dit dien as

reinigingsmiddel. Voedsel los op in water, sodat ’n mens dit kan proe, suurstof

los in water op, sodat visse en plante in water kan leef, medisyne los op in

water, sodat dit makliker in ons bloedstroom opgeneem kan word.

10.Water as oplosmiddel kan soms ook nadelig wees, want gif en vuilgoed kan in

water oplos en so waterbesoedeling veroorsaak. Kalk en chloor los op in

water en dit pak aan in pype en ketels.

11.Om ’n stof makliker in water te laat oplos, moet die oplossing geroer, geskud,

verhit, of die stof moet fyngemaak word.

12.Kristalle ontstaan wanneer water langsaam uit ’n versadigde oplossing

verdamp.

Aktiwiteit 1 - Leer definisies

Taak 1: NW#LU 2 AS 1.2

Die volgende woorde in die woordbank is baie belangrik. Jy moet sorg dat jy

elke woord goed verstaan. Ons gaan baie met die woorde werk.

Woordbank:

Oplos = As ’n stof in water verdwyn.

Oplosbaar = As ’n stof in water kan verdwyn.

Onoplosbaar = As ’n stof nie in water kan verdwyn nie.

Oplosmiddel = Water

Opgeloste stof = Dit is die stof wat in water verdwyn het.

Oplossing = ’n Oplossing bestaan altyd uit twee elemente nl. ’n oplosmiddel

en opgeloste stof.

Onversadigde oplossing = Daar is nog plek tussen die watermolekules vir

die opgeloste stof se molekules om in te beweeg.

Versadigde oplossing = Daar is nie meer plek tussen die watermolekules vir

die opgeloste stof se molekules om in te beweeg nie.

Eksperiment 1 – Wat beteken oplos?

Taak 2: NW#LU 1 AS 2.2

Neem ’n proefbuis en maak dit halfvol met water.

Voeg 1 teelepel suiker by die water.

1. Kan jy die suiker sien?

2. Skud nou die suiker. Kan jy die suiker nog sien?

3. Wat het met die suiker gebeur?

Voltooi nou die sinne ten opsigte van bogenoemde eksperiment. (Gebruik

woorde uit die woordbank om die sinne te voltooi).

1. Die suiker het in die water

2. Die suiker is in water.

3. Ons noem die water waarin die suiker opgelos het die

4. Die suiker wat in die water opgelos het noem ons die

5. Die water met die opgeloste suiker noem ons

6. Suiker + = suikeroplossing.

Maak ’n afskrif van die volgende stadiums in die waterkringloop. Knip dit uit en

plak dit op die nommer waar die inligting ontbreek.

6. Die reënwater beweeg

in die grond in en vorm

weer fonteine, stroompies

en riviere wat

terugvloei in damme,

mere en die seë.

1. Water van die seë,

damme, riviere en mere

verdamp en verander

in waterdamp.

2. Waterdamp word ook

deur diere wat

asemhaal en sweet

afgegee en dit kom

ook van die nattigheid

in die grond.

3. Hierdie waterdamp wat

vorm, word deel van

die lug en styg op.

7. Die waterkringloop

5. Reënwolke kan op

hierdie manier vorm, en

dan val die water weer

in die vorm van reën na

die aarde toe.

4. As waterdamp hoog

genoeg opstyg, sal dit

afkoel en kondenseer

om wolke te vorm.

Gebruik nou jou watte, blou silofaanpapier, sand en skulpies, kleurpotlode of verf,

skêr, sterk gom en ou tydskrifte om die waterkringloop in kleur en met kreatiwiteit

uit te beeld.

6 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009
WGWWW

Graad 4: Agt glase water

Uitkomste: LU 1,4,5 Integreer: NW,LO

Juffrou sê ons moet elke dag agt glase water drink om gesond te bly!

Dis reg, maats! Dit is baie belangrik om elke dag genoeg vars water te drink. Dit

hou ons liggame gesond en sterk!

Ekstra: Vind uit hoekom dit so belangrik is om elke dag 8 glase water te drink.

Aktiwiteit 1

Karel probeer baie hard om elke dag 8 glase water te drink.

Onthou: 1 glas = 250 ml a) Hoeveel ml water drink Karel elke dag?

1000 ml = 1 l

b) Hoeveel liter water drink Karel elke dag?

1000 l = 1 kl

Doen ook die volgende herleidings:

c) Hoeveel liter water drink Karel dan in 1 week?

3 glase = ______ ml= ______l

4 glase = ______ ml= ______l

5 glase = ______ ml= ______l

d) Daar is 31 dae in Januarie. Hoeveel glase

water drink Karel in ’n HALWE maand?

Aktiwiteit 2

Soos dit kouer word deur die jaar, drink Karel al minder water.

a) In die herfs en lente drink Karel elke dag net die helfte van die water. Omkring

hoeveel glase water Karel in die herfs en lente elke dag drink:

Die Olimpiese Spele was in 2008 in Beijing, China gehou. Die Olimpiese Spele

bestaan uit verskillende sportsoorte. Daar is verskillende watersporte soos roei, duik,

gesinchroniseerde swem, waterpolo, kanoe en nog baie meer. Ons swemmers het in

2008 nie so goed gevaar soos in 2004 in Athene nie.

Omtrek:

’n Swembad moet aan Olimpiese standaarde voldoen. Die

lengte van die swembad moet 50 m lank wees. Daar kan

8 of 10 bane wees. ’n Baan se breedte is 2,5 m.

Ons gaan nou die omtrek van die swembad bepaal.

50 m

= _______ ml

= _______ l

• Wat is die breedte van die swembad as daar 10 bane is?

• Om die omtrek te bepaal, moet ek al die sye bymekaar tel.

Die omtrek van die swembad is dus

’n Makliker manier om die omtrek van ’n reghoek uit te werk, is op een van hierdie

maniere:

’n Vierkant se sye is

(L + B) x 2 of (2 x L) + (2 x B)

ewe lank, dus is sy In hierdie geval is L = 50 m en B = 25 m

formule 4 x L

• Bereken die omtrek van die figure met die volgende afmetings.

Oppervlakte:

Hierdie vierkant se 4 sye is elk 1 cm lank. Die vierkant beslaan dus ’n

oppervlak van een vierkante sentimeter.

Ons skryf een vierkante sentimeter so: 1 cm 2 Lengte Breedte Omtrek Lengte Breedte Omtrek

8 cm 6cm 37 m 25 m

15 m 7 m 78 km 12 km

45 mm 34 mm 56 cm 43 cm

27 km 13 km 38 mm 24 mm

. Om die oppervlakte van ’n

figuur te bepaal, moet ons kyk hoeveel vierkante pas in die vorm.

Bepaal die oppervlakte van die volgende figure deur die vierkante sentimeter

blokkies te tel.

c) Hoekom dink jy drink Karel al minder water soos dit kouer word?

d) Gee ’n slim plan vir Karel om in die koue maande meer water te drink.

e) Kom ons kyk hoeveel water Karel in 2008 gedrink het. Onthou dit was ’n

skrikkeljaar!

i) Hoeveel dae is daar in ’n skrikkeljaar?

ii) Hoe weet ons wanneer dit ’n skrikkeljaar is?

iii) Voltooi die tabel vir 2008:

Graad 5: Omtrek en oppervlakte Graad 6: Inhoudsmate

Omtrek is die

afstand rondom ’n

figuur.

Het jy agtergekom dat die oppervlakte vir ’n reghoek is L x B ?

Vir ’n vierkant is dit L x L

• Bereken die oppervlakte van die figure met die volgende afmetings.

Reghoeke Vierkante

Lengte Breedte Oppervlakte Lengte Oppervlakte

9 cm 6 cm 7 m

8 m 7 m 12 km

45 mm 3 mm 30 cm

20 km 12 km 9 mm

Het jy geweet? ’n mens se liggaam

bestaan 70% (dit is 2/3 uit water)

b) In die winter drink Karel nog minder water. Hy drink elke dag net ’n kwart

van die water. Omkring hoeveel glase hy nou drink:

= _______ ml

= _______ l

iv) Tel nou Totaal A, B en C bymekaar om uit te werk hoeveel glase water Karel

in 2008 gedrink het. Totaal A: ______ +Totaal B: ______ +Totaal C: ______

Totaal 2008: _______

v) Ek wonder hoeveel ml en l dit is? (gebruik ’n sakrekenaar en maal jou totaal

2008 met 250 om ’n antwoord te kry).

_________ X 250 ml= _________ ml = _________ l

SJOE! Dit is darem vreeslik baie!

1. Bereken die volgende inhoudsmate

a) Vind die som van 7,635 l; 15 ml; 12 l; 5,4 l

b) Bereken die verskil tussen 81 km en 175 l

c) ’n Maatbeker is gevul met 1,5 l water en ’n koppie met 250 ml water.

Hoeveel meer water is in die maatbeker as in die koppie?

d) Vind die produk van 12,762 ml en 23.

2a. Gebruik die inligting in die tabel hieronder en trek ’n staafgrafiek wat 2008 se

reënval vir die jaar in die verskillende provinsies aandui. Beantwoord daarna

die vrae.

Provinsie Reënval (ml)

Oos-Kaap 50 ml

Vrystaat 450 ml

Gauteng 700 ml

Kwa Zulu-Natal 750 ml

Limpopo 525 ml

Mpumalanga 120 ml

Noordwes 675 ml

Noord-Kaap 300 ml

Wes-Kaap 200 ml

b) Wat is die verskil in reënval tussen die provinsie wat die meeste reënval en

die provinsie wat die minste reënval gehad het?

c) Bereken die som van die reënval van al die provinsies wat minder as 400 ml

reën gehad het.

d) Wat is Mpumalanga se gemiddelde reënval per maand?

e) Wat is Gauteng se gemiddelde reënval vir 10 maande as die reënval per jaar

700 ml is?

f) As Pretoria se reënval 75 ml/maand is, wat is die gemiddelde reënval vir

Pretoria in ’n jaar as dit glad nie gedurende Mei, Julie en Augustus reën nie?

3. In die onderstaande sketse is daar 10 glase met water. Die hoeveelheid water

in elke glas word in breuke aangedui. Skryf die breuke as persentasies.

a b c d e

f g h i j

4. Probleme

a) Die inhoud van ’n vol emmer water is 7,5 l. Vyf 700 ml bekers water word

vanuit die emmer verwyder. Hoeveel water het in die emmer oorgebly?

b) Daar gaan 450 ml water elke uur deur ’n lekkende kraan verlore. Hoeveel

liters water gaan verlore in een dag?

c) Bereken die koste van 15 bottels vrugtesap as elke bottel 1,250 l sap wat 95

c/l kos bevat.

d) Uit een liter koeldrank kan jy 4,5 glasies vul. Hoeveel liter het jy nodig as jy

vir ’n klas van 27 leerders, elkeen ’n glasie koeldrank wil gee?

e) ’n 3 liter waterhouer is gevul tot by die 750 ml vlak. Hoeveel water moet nog

ingetap word om die kan vol te maak?

Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009 7

1

4

3

8

1

2

8

8

3

4

2

5

2

3

4

5

5

6

8

10

Skole bestel

Leer en

Presteer

en WEN ’n

Elektroniese

wiskunde bord

vir klasgebruik

Skakel die kantoor –

Lizelle

011 713 9147

Elize: 083 380 1800

Riana: 082 852 8814

om te bestel

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

HIER KRY ONS VLERKE
WEN! WEN! WEN!

Die skool wat 2009 die beste aan

Beeld in Onderwys programme

deelneem, kan ‘n skootrekenaar

van Dell ter waarde van

R9 000 wen!

Skole, bestel Leer

en Presteer en wen

vakansies as pryse

vir fondsinsameling

Skakel:

011 713 9147

Tegnologie

Graad 4: Kragprobleme in Suid-Afrika

Aktiwiteit 1

Kragonderbrekings kan veroorsaak word deur ’n klomp faktore, soos weerlig wat

drade of kragpale raakslaan, vandalisme, motors wat teen kragpale bots, storms

waar takke dié drade stukkend val, voëls, veldbrande en wanneer padwerkers

per ongeluk kabels raakgrawe.

Die grootste kragkrisis in Suid-Afrika is egter die instelling van beurtkrag deur ons

land se energieverskaffer, Evkom (ESKOM). Evkom staan vir Elektrisiteitsvoorsieningskommissie.

Omdat aanvraag of behoefte vir elektrisiteit groter is as die

beskikbare voorraad elektrisiteit, word daar van beurtkrag gebruik gemaak om

elektrisiteit te spaar.

Ons word ook gedwing om na ander bronne van elektrisiteit te kyk, bv. wind en

water. Dit is ook “skoon” energie. “Skoon” energie is elektrisiteit wat opgewek

word met natuurlike middele wat glad nie die omgewing besoedel nie. Windkrag

en waterkrag wat by hidroëlektriese sentrales opgewek word, is silwerskoon.

Windmeulens is sedert antieke tye gebruik om graan te maal en water te pomp.

Vrae:

1. Noem 3 faktore wat kragonderbrekings kan veroorsaak.

2. Wat is die grootste kragkrisis in S.A.?

3. Wie is ons land se energieverskaffer?

4. Waarvoor staan dié afkorting?

5. Ander moontlike bronne van elektrisiteit is wind en water.

6. Verduidelik wat “skoon” energie is.

7. Hoe kan ek sonder elektrisiteit ondergrondse water uitpomp?

Aktiwiteit 2: Projek: Maak jou eie windpomp

Probleemstelling

Jy woon in ’n landelike gebied sonder elektrisiteit en ver van ’n rivier. Julle wil

graag julle eie water van onder die grond d.m.v. ’n windpomp uitpomp.

Graad 5: Vervoer van water in landelike gebiede

Julle het nou al geleer hoe belangrik water vir mense is. In die plattelandse

gebiede het almal nie lopende water tot hul beskikking nie. Dr. Michael Hunt het

’n kruiwa verander om dit vir die mense makliker te maak om die water te

vervoer en te gebruik.

Opdrag 1

Gaan doen navorsing oor Dr. Michael Hunt se “Water Wonder Barrow”. Kyk hoe

dit werk en wat die koste daaraan verbonde is.

Opdrag 2

Probleem: Almal kan nie die “Water Wonder Barrow” bekostig nie. Gebruik jou

navorsing en ontwerp ’n ander patent. Dit moet vir almal bekostigbaar wees.

Nog aspekte om in gedagte te hou, is die volgende:

• Water moet nie vermors word met die vervoer nie.

• Kinders moet ook die patent kan gebruik.

• Dit moet 100 liter water bevat.

• Jy moet ook wasgoed en skottelgoed op die patent kan was.

Water is veeldoelig. Ons bad nie net om ons skoon te maak nie. Ons kan ook

ontspan in die bad. Vir mammas is daar niks so lekker as om na ’n harde dag se

werk in ’n geurige bad te ontspan nie.

Ons gaan vir Mamma wys hoe lief ons vir haar is deur haar te bederf met ’n

spesiale geskenk. Ons gaan badsout in ’n mooi verpakking maak.

Verpakking:

Idee 1: Om die verpakking te maak, kan jy enige boksie gebruik. Maak dit oop

by die gomflappies.

Gebruik geskenkpapier en trek die vorm op die papier af.

Plak die geskenkpapier deeglik op die boksie vas.

Vou die boksie op sy voue en plak die gomflappies weer vas.

Nou het jy ’n mooi boksie wat jy kan gebruik.

Graad 6: Waterwiel

Gebruike van die

waterwiel:

Die gebruik van water as ’n

dryfkrag dateer terug tot

ten minste die Griekse en

Romeinse beskawing .

In antieke tye en die

Middeleeue was waterkrag

blykbaar grootliks beperk

tot besproeiing en om

graan te maal, sodat meel

verkry kon word om brood

te bak.

(www.mieliestronk.com)

Plek-plek is waterwiele ook

vir iets anders gebruik, bv.

om hout te saag.

Vallende (of lopende) water

kan ook turbines laat draai

om elektrisiteit op te wek.

Hoe werk die

waterwiel?

Water vloei vanweë

swaartekrag altyd van ’n

hoër geleë plek na ’n laer geleë plek.

Gevolglik kan die krag van afwaarts vloeiende water ingespan word deur dit oor

(of onderdeur) ’n wiel te lei wat dan in die rondte draai as gevolg van die krag

van die vallende water.

Ontwerpopdrag

Ontwerp en maak ’n windpomp wat voldoen aan die volgende spesifikasies:

• Die windmeul moet met behulp van die energie van die wind draai.

• Die struktuur van die windpomp moet stewig genoeg wees om die wiel te dra.

• Gebruik sosatiestokkies, strooitjies of balsahout.

• Die windpomp moet netjies vertoon en kleurvol wees.

Hoe om ’n windmeul te maak:

• Trek twee lyne op ’n vierkantige stuk stywe papier van hoek tot hoek.

• Kleur albei kante van papier kleurvol in.

• Knip op hierdie lyne langs tot halfpad middel toe.

• Vou die vier hoeke na die middel toe.

• Steek ’n duimspyker deur die vier punte in die middel van die vierkant.

• Druk die duimspyker ook in ’n stokkie of die uitveërkant van ’n potlood.

Idee 2: Knip hierdie vorm op

karton uit en vou op die

stippellyne.

Plak die gomflappies vas.

Versier die boksie. Jy kan die

vorm vergroot op

’n fotostaatmasjien.

Plak die flappie vas as jy

dit klaar gevou het.

Plak die flappies vas as jy dit

klaar oor mekaar gevou het.

Plak die

flappie

vas as jy

dit klaar

gevou

het.

Resep vir badsout

200 ml growwesout • 2 ml potpourri-olie • 2 druppels koekkleursel

Metode:

Gooi alles bymekaar en meng baie goed. Pasop dat jy nie te veel kleursel ingooi

nie. Om dit ekstra-spesiaal te maak, kan jy droë roosblare ingooi.

As jy meer wil maak, moet jy die resep verdubbel of as ju mider wil maak, halveeer.

Dui die nuwe hoeveelhede aan:

2 keer meer: Die helfe van die resep:

_____ ml growwesout _____ ml growwesout

____ml potpourri-olie ____ ml potpourri-olie

___ druppels koekkleursel ___ druppels koekkleursel

Onthou om aan Mamma te verduidelik dat sy nie te veel badwater moet gebruik

nie. Ons moet altyd water spaarsamig gebruik.

Die beginsels van die waterenergie is eenvoudig.

Illustrasies:

Lowell National

Historical Park

Handbook U.S.

National Park

Service

’n Waterkragstelsel gebruik die potensiële energie wat in water geberg is wat op ’n

hoër vlak lê en verander dit in kinetiese energie deur sy natuurlike val te beheer.

Water word op ’n sekere hoogte uit ’n rivier gelei en na ’n punt gebring waar dit na

’n laer vlak kan val. Soos dit val, vul dit die bakke in ’n waterwiel en die gewig van

die water in die bakke laat dan die wiel in die rondte draai.

Beantwoord die volgende vrae:

1. Noem 4 gebruike van die waterwiel. (4)

2. Hoe werk die waterwiel? (4)

3. Wat is waterenergie? (2)

TOTAAL 10

8 Leer en Presteer graad 4 - 6, bylaag tot Beeld, Dinsdag 24 Februarie 2009