01.05.2013 Views

1 SOSIALE WETENSKAPPE HULPBRONPAKKET ...

1 SOSIALE WETENSKAPPE HULPBRONPAKKET ...

1 SOSIALE WETENSKAPPE HULPBRONPAKKET ...

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SOSIALE WETENSKAPPE

HULPBRONPAKKET

GEMEENSKAPLIKE TAAK VIR ASSESSERING

Aantal bladsye: 16

Gestandaardiseerde assessering

Afdeling A

Graad 9

2009

LEERDERHULPBRONPAKKET

SOSIALE WETENSKAPPE GRAAD 9 GESTANDAARDISEERDE ASSESSERING: LEERDERHULPBRONPAKKET 1

Johannesburg

Xenofobiese geweld het na Kaapstad

versprei terwyl verarmde buitelandse

burgers in ses van Suid-Afrika se nege

provinsies na die aanvalle maniere probeer

vind om na hul lande van herkoms terug te

keer.

Ten minste 42 mense, waarvan 23, volgens

die Mosambiekse adjunkminister van

binnelandse sake, Jise Mandra,

Mosambiekse burgers is, het reeds gesterf.

Meer as 17,000 mense is ontwortel en meer

as 400 skuldiges is gearresteer.

Gewelddadige aanvalle teen buitelandse

burgers het ongeveer twee weke gelede in

die Alexandra township aan die noorde van

Johannesburg begin en het vinnig na ander

areas in Gauteng, Suid-Afrika se rykste

provinsie, versprei.

Die Mosambiekse Minister van Buitelandse

Sake, Oldemiro Baloi, het oor die nasionale

televisiekanaal, Televisao de Mozambique,

gesê die Nasionale Operatiewe

Noodhulpsentrum, ook bekend as NONSE,

verwag dat hulle ’n invloei van tussen

12,000 en 15,000 Mosambiekers, wat deur

die geweld uit die aangrensende Suid-Afrika

gedryf is, sal moet bestuur.

Bron: http://allafrica.com/stories

’n Vergadering wat verkeerd loop

Na ’n vergadering van die inwoners van

Kaapstad se Du Noon-informele

nedersetting, om ongeveer 9 nm op 22 Mei,

is, volgens die plaaslike media, verskeie

plakkershutte vernietig, winkels wat deur

buitelanders besit word, gestroop en het een

persoon gesterf toe ’n skare buitelandse

burgers met klippe en bottels aangeval is.

Ongeveer 500 buitelanders het skuiling in

die nabygeleë Milnertonpolisiestasie gesoek.

Mosambiek voorsien busse aan hul burgers

wat Suid-Afrika wil verlaat terwyl Malawië

se hoofsekretaris vir buitelandse sake, Ben

Mbewe, op 23 Mei in ‘n verklaring vanuit

Blantyre, Malawië se tweede grootste stad

gesê het: "Meer as 850 Malawiërs is deur

die huidige geweld beïnvloed. Alle

Malawiërs wat vrywillig wil terugkeer huis

toe, sal ontruim word."

Zimbabwe het soortgelyke planne bekend

gemaak, alhoewel talle van hul burgers as

gevolg van voedseltekorte, naverkiesings-

geweld en die inflasiekoers, wat nieamptelik

op 1 miljoen persent geraam word,

na Suid-Afrika gevlug het.

Daar word geraam dat tussen een en drie

miljoen Zimbabwiërs sedert 2000 na die

aangrensende Suid-Afrika gevlug het en dat

hulle die meerderheid van die geraamde

buitelandse vreemdelinge in die land van

tussen een en tien miljoen, waarvan die

meeste immigrante sonder wettige

dokumente is, uitmaak.

Die Du Noon-vergadering was belê as ’n

poging om xenofobiese aanvalle op

buitelanders stop te sit.

Die uitbreek van xenofobiese geweld is nie

’n nuwe verskynsel in Kaapstad nie.

Volgens ’n segsman vir die Somaliese

vlugtelinggemeenskap het 29 van die stad se

bevolking van 4,000 Somaliërs in 2006 oor

’n periode van drie maande in xenofobiese

aanvalle gesterf. Die polisie betwis die syfer

en beweer dat slegs 10 Somaliërs gesterf het

2

en dat dit nie die resultaat van xenofobie

was nie, maar van misdaad was.

Sanda Kimbimbi, die verteenwoordiger van

die VN se vlugtelinge-agentskap, VNHKV,

in Suid-Afrika, sê op sy webwerf :“

VNHKV is diep bekommerd oor die

wydverspreide voorkoms van xenofobiese

aanvalle in die Gautengprovinsie in Suid-

Afrika met buitelanders as teiken.

Geaffekteerdes sluit vlugtelinge en

asielsoekers, wat na Suid-Afrika gevlug het

om vervolging in hul lande van herkoms te

ontvlug, in."

"Ons is baie bekommerd en vra om

verskoning vir die ongerief wat deur die

(xenofobiese) insidente veroorsaak is. "

Die adjunkpresident van Suid-Afrika,

Phumzile Mlambo-Ngcuka, het herhaaldelik

aan afgevaardigdes tydens ’n bilaterale

konferensie in die hoofstad van Nigerië,

Bron: http://allafrica.com/stories

Regering veroordeel xenofobiese aanvalle

16 Mei 2008

Die Suid-Afrikaanse regering het die week

se uitbreek van aanvalle teen buitelandse

burgers in Johannesburg se Alexandra

township en ander dele van die land “in die

sterkste taal moontlik” veroordeel en die

xenofobiese aanvalle as ’n front vir

kriminele om te plunder, uitgemaak.

In ’n baie sterkverwoorde verklaring het die

kabinet, na ’n vergadering Donderdag in

Kaapstad, die geweld veroordeel en ’n

beroep op Suid-Afrikaners gedoen om

versigtig te wees en nie toe te laat dat hul

deur aanhitsers, wat mense se vrese en

bekommernisse probeer uitbuit,

gemanipuleer word nie.

Bron : www.south africa.info/about/democracy/xenophobia

Abuja, gesê: "Ons is baie bekommerd oor en

vra omverskoning vir al die ongerief wat die

(xenofobiese) insidente tot gevolg het."

Die Suid-Afrikaanse regering, wat troepe ter

ondersteuning van die polisie ontplooi het,

blameer ’n verskuilde mag as die aanhitsers

vir die xenofobiese aanvalle.

Politieke analiste skryf die redes vir die

xenofobiese aanvalle aan ’n reeks faktore

wat die volgende insluit, toe: hoë

werkloosheid, porieuse grense, een van die

wêreld se hoogste misdaadsyfers, armoede,

korrupsie in die polisie en regering,

oneffektiewe dienslewering en ’n

onduidelike buitelandse beleid ten opsigte

van die oplossing van die onseker politieke

toekoms van Zimbabwe.

"Hierdie aanvalle verteenwoordig ’n

gevaarlike tendens wat vreemd aan die Suid-

Afrikaanse geskiedenis en bewustheid is,"

het die stelling gelees. "Suid-Afrikaners het

vir baie jare in Alexandra en ander dele van

die land in vrede met buitelandse burgers

sonder enige voorvalle van geweld

saamgeleef."

"Suid-Afrika het die Geneefse Protokol oor

Vlugtelinge onderteken en sal daarom die

bepalings uitgespel in die protokol uitvoer.

Suid-Afrikaanse wette beskerm alle

buitelandse burgers, of hul wettig hier is, of

nie, daarom moet enige gewelddadige

optrede teenoor buitelandse burgers deur

almal afgekeur word."

3

Polisie veg om beheer van townships

Geweld het Sondag in Alexandra uitgebreek

toe ’n skare inwoners deur die strate van die

township gestorm het terwyl hulle

vreemdelinge, wat hulle vir die hoë misdaad

blameer en beskuldig dat hulle hul werk en

huise "steel", aangeval het.

’n Groot skare, hoofsaaklik Zimbabwiese en

Mosambiekse burgers, het, uit vrees vir hul

lewens, by die polisiestasie gekamp terwyl

Bron : www.southafrica.info/about/democracy/xenophobia

'Front om te stroop en te steel'

Die regering het die xenofobiese geweld as

’n front vir kriminele strooptogte veroordeel.

Die Minister van Binnelandse Sake,

Nosizwe Mapisa-Nqakula, het Donderdag,

na ’n vergadering met ander ministers en

afgevaardigdes van die Gautengse

provinsiale regering by die Alexandra

polisiestasie, aan joernaliste gesê dat die

kriminele elemente beide Suid-Afrikaanse

burgers en vreemdelinge aangeval het.

"Die indruk word geskep dat vreemdelinge

in die spervuur is, maar die feit is dat die

kriminele elemente almal in die gemeenskap

teiken," het Mapisa-Nqakula gesê.

Gautengse LUK vir Veiligheid, Firoz

Cachalia, het gesê dat geen twyfel bestaan

dat sterk kriminele elemente die dryfkrag

agter die aanvalle is nie. "Artikels van

materiële waarde, soos televisies, klere en

Bron : www.southafrica.info/about/democracy/xenophobia

die polisie by die gevegte om beheer van die

strate in die townships betrokke was.

Teen Donderdag was die situasie in

Alexandra rustiger maar soortgelyke geweld

het in die township Diepsloot, suidwes van

Johannesburg, uitgebreek. Aanvalle teen

buitelandse burgers het ook in Port Elizabeth

en Oos-Londen in die Oos-Kaap opgevlam.

elektriese toebehore is by slagoffers afgevat,

en is ’n duidelike bewys dat die doel nie net

was om vreemdelinge uit hul huise te dryf

nie, maar ook om hul besittings te vat," het

Cachalia gesê.

Die Kabinet het in ’n verklaring gesê dat "

geen vlak van ekonomiese ontbering of

misnoeë die kriminele aktiwiteite wat

hierdie aanvalle verteenwoordig, kan

regverdig nie en dat enige suggestie dat

swak dienslewering en stygende

lewenskoste vir die aanvalle geblameer moet

word, met die minagting, wat dit verdien,

verwerp moet word.

"Terselfdertyd is die suggestie dat slegs

vreemdelinge vir die hoë misdaadvlakke

verantwoordelik is, misplaas en is dit ’n

poging om die aandag van die feit dat baie

Suid-Afrikaners by kriminele aktiwiteite

betrokke is, af te trek."

4

Stappe om die geweld te stop

Die regering het ’n hoëvlak

interdepartementele taakspan saamgestel om

die oorsake vir die geweld vas te stel en ’n

aksieplan op te stel om die geweld te

beëindig en ’n herhaling daarvan te

verhinder.

Tot tyd en wyl, sê die Kabinet, sal die

polisie "die volle mag van die wet gebruik

om te verseker dat geen verdere geweld

plaasvind nie en dat diegene, wat dit doen,

Bron : www.southafrica.info/about/democracy/xenophobia

Reuters

Noodhelpers in Johannesburg

sukkel om voedsel en

skuiling aan duisende

immigrante, wat as gevolg

van die vlaag van

Xenofobiese geweld waarin

24 mense gesterf het,

gevlug het, te verskaf.

Die Instituut vir

Rasseverhoudinge, ’n

gerespekteerde dinkskrum,

blameer die regering vir

die geweld, wat as die

ergste sedert die laaste dae

van apartheid beskou

word. Hul hoofuitvoerende

beampte, Frans Cronje, het

gesê dat tanende wet en

orde, ekonomiese wanbestuur

en ’n gebrek aan

behoorlike grensbeheer

"bygedra het om ’n

perfekte vlaag van

wetteloosheid, armoede en

onvervulde verwagtinge te

skep wat nou in die vorm

van geweld uitgebreek

het."

Lede van die administrasie

het beweer dat ’n sogenaamde

"derde mag" aan

die werk was. Hulle het in

gebreke gebly om te sê

wie die mag was, maar

het gewapende, dronk

kriminele vir die geweld

geblameer. ’n Segsman het

gesê dat die Nasionale

Intelligensie Agentskap by

die ondersoek na die

oorsake vir die uitbreek

van die aanvalle in die

Alexandra township 11

dae gelede, betrek is.

Sedertdien is op

vlugtelinge van Zimbabwe,

Mosambiek en

Malawiër en ander

Afrikanasies geskiet, is

hulle verkrag, aangerand

en uit hul huise gedryf wat

daartoe aanleiding gegee

het dat hul by polisiestasies

en gemeenskapsale

skuiling gaan soek het.

Die polisie het hulp uit

omliggende provinsies

aangevra en vanaf laasnag

aanmoedig of gemeenskappe aanhits om

buitelandse burgers aan te val, so gou as

moontlik daarvoor te laat boet. "

"Die regering doen ’n beroep op alle

gemeenskapsorganisasies kerkleiers,

politieke organisasies, besigheidsektore en

jeugorganisasies om op te staan en onder die

wat die praktyke ontmoedig, gereken te

word en om elke geleentheid te gebruik om

Suid-Afrikaners op te voed oor die

noodsaaklikheid om in vrede met

buitelandse burgers saam te leef."

is soldate tot hul barakke

beperk.

Die owerhede skat dat

ongeveer 10,000 mense in

townships, plakkerskampe

en die armer voorstede in

en om Johannesburg, uit

hul huise gevlug het.

Tydens een van gister se

aanvalle het ’n skare ’n

hostel in Reigerpark, oos

van die stad in hul soektog

na vreemde werkers,

bestorm. Hulle het vier

Mosambiekse mans, wat in

die myne werk, aangetref.

Een is in sy kamer

doodgeslaan, terwyl die

ander drie na buite gesleep

is, met ysterpale geslaan is

en na ’n nabygeleë

grasveld gesleep is waar

hulle vir dood agtergelaat

is. Teen die tyd dat

paramediese opgedaag het,

het een reeds gesterf. Die

ander twee is hospitaal toe

geneem, maar hul toestand

was teen gisteraand nie

bekend nie.

5

Die instituut het gesê: "Die

feit dat pogings om

gemeenskappe teen kriminele

elemente te beskerm

en die kriminele elemente

te verwyder gefaal het, het

daartoe aanleiding gegee

dat die kriminele beheer

van die situasie kon neem

deur te roof, te verkrag en

te stroop. Die verval van

grensbeheermaatreëls het

daartoe aanleiding gegee

dat letterlik miljoene

mense Suid-Afrika onwettig

binnegestroom het.

Swak besluitneming deur

die polisie en die

onbevoegdheid van die

grenspolisie het direk tot

die teenwoordigheid van

’n groot onwettige

bevolking is Suid-Afrika

aanleiding gegee. Hierdie

mense het maklike en

sagte teikens vir bendegeweld

geword omdat hul

nie wettig hul regmatige

plek in gemeenskappe kan

inneem nie.

’n Geskatte vyf miljoen

vlugtelinge woon in Suid-

Afrika, waarvan 3.5

miljoen na alle waarskynlikheid

Zimbabwiërs,

wat van die geweld en

ekonomiese chaos onder

Robert Mugabe gevlug

het, is. Bendes wat die

vlugtelinge teiken beweer

dat immigrante voorkeur-

Bron: www.southafrica.info/about/democracy/xenophobia

JOHANNESBURG

(Reuters)–Duisende mense

het Saterdag ’n optog deur

Suid-Afrika se grootse

stad gehou om ’n oproep

te doen dat die geweld,

waarin ten minste 50

immigrante uit Afrika

gesterf het en wat tienduisende

gedwing het om

uit hul huise te vlug,

beëindig moet word.

Oproeriges, wat plakkate

gedra het wat gesê het

"Xenofobie maak so seer

soos apartheid" en "Ons

staan op teen xenofobie"

het verkeer in die

Johannesburgse middestad

tot stilstand gebring.

Mense in die Hillbrowdistrik,

tuiste vir talle

immigrante uit Afrika, het

die optog, wat deur kerke

Bron : http:allafrica.com/stories

en vakbonde gereël was,

toegejuig.

Die polisie het gesê dat die

townships om Johannesburg

stil was, maar dat

winkels Vrydag buite

Kaapstad gestroop en

afgebrand is.

President Thabo Mbeki het

gesê dat Suid-Afrikaners

nie teen ander Afrikane

moet draai nie en belowe

dat sy regering daarop

toegespits is om geweld te

stop.

"’n Skande, ’n vernedering

vir die nasie, staar ons

vandag in die gesig omdat

ons toegelaat het dat ’n

handjievol mense misdaad

teen ander Afrikane wat in

ons land woon, pleeg," het

Mbeki tydens ’n besoek

behandeling vir huise kry,

die min werksgeleenthede

opneem en misdaad

bedryf.

Die opposisie, die Demokratiese

Alliansie, het

weereens ’n beroep op die

regering gedoen om

soldate in te bring om orde

te herstel. Die leier van die

party in Gauteng, waar die

moorde plaasgevind het,

Jack Bloom, het gesê dat

soldate van twee militêre

basisse maklik ontplooi

kon word.

aan ’n sendingskool in die

Oos-Kaap gesê.

Die geweld het in die

Johannesburgse Alexandra

township op 11 Mei uitgebreek

en na die Kaapstadse

en die Durbanse

hawestede in die ooste van

die land versprei.

Die polisie het gesê dat ten

minste 50 mense in en om

Johannesburg gesterf het.

Meer as 25,000 mense is

gedurende die 13 dae van

die aanvalle deur bendes,

wat immigrante uit ander

dele van Afrika doodgesteek,

geslaan en aan die

brand gesteek het en hulle

daarvan beskuldig het dat

hul werksgeleenthede

opneem en misdaad

beoefen, uit hul huise

gedryf.

6

Die Departement van Behuising van

Gauteng het in die laaste vyf jaar groot

vooruitgang om huise in die provinsie te

voorsien, getoon en die menswaardigheid

van diegene wat in arm gemeenskappe

woon, te verhoog.

Dinsdag tydens ’n gesprek met die media in

Johannesburg het die LUK vir Behuising,

Nomvula Mokonyane, gesê dat haar

departement in die huidige finansiële jaar

alleen 63 484 huise gelewer het. Dit oorskry

hul teiken van 58 552 huise teen die einde

Maart 2008.

"Dit het daartoe aanleiding gegee dat 317

435 mense behoorlike skuiling gehad het

en die sekuriteit van eiendom vir die eerste

keer in hul lewe ondervind het.

Tussen Junie 2004 en Oktober 2006 is meer

as 160 000 nuwe behuisingsgeleenthede

deur die departement geskep terwyl 100 000

erwe van dienste soos lopende water en

elektrisiteit voorsien is.

In 2006 het die departement meer as 12 000

emmertoiletstelsels vervang en is ’n

addisionele 13 588 teen 2007 geïdentifiseer

en vervang.

"96 persent van die huise ontvang, in lyn

met ons interne beleid, gratis water en 78

persent ontvang gratis elektrisiteit. Dit is

Bron : http://lowcosthousing.blogspot.com/

Die Minister van

Behuising, Lindiwe Sisulu,

het die voorgestelde

belastingverligting vir

werkgewers, wat bekostigbare

laekostebehuising aan

hul werkers in ooreenstemming

met die

Belastingwysigingswetsontwerp,

verskaf,

verwelkom.

Die Belastingwysigingswetsontwerp

is deur die

Minister van Finansies,

Trevor Manuel, gedurende

sy

Middeltermynbegrotingsbeleidverklaring

in die

Parlement ter tafel gelê.

Finansminister, Trevor

Manuel, het beide die

Belastingwysigingswet en

duidelik dat ons dienste nader aan die harte

van arm mense bring," het me Mokonyane

gesê.

Die departement het in 2004 met ’n proses

begin om alle informele nedersettings te

registreer en ’n totaal van 405 nedersettings

is gerekordeer. Tot op datum is 68 van hulle

opgegradeer, wat daartoe aanleiding gegee

het dat 325 000 mense toegang tot water en

sanitasie gekry het.

"Ons is tans besig om dienste aan 56

nedersettings te installeer wat ’n totaal van

380 000 mense gaan bevoordeel. Ons stel dit

ten doel dat ons teen 2009 noodsaaklike

dienste en behuising aan 710 000 mense wil

verskaf," het LUK Mokonyane gesê.

Ander behuisingsprojekte, wat tans van die

grond af kom, is 2 800 huise wat in

Pennyville gebou word, 5 389 in Chief

Albert Luthuli Uitbreiding 6 en ’n totaal van

4 452 huise wat in Olievenhoutbosch voltooi

word.

Teen 2014, het me Mokonyane gesê, sal

haar departement 14 projekte oor die

provinsie heen voltooi het wat in totaal 150

000 verskillende behuisingseenhede oor ’n

vyf jaar periode sal lewer.

die Tweede Wysigingswetsontwerp

op Belasting,

wat veredere belastingwysigings

wat hy in sy

begrotingstoespraak in

Februarie aangekondig

het, effek sal laat neem, ter

tafel gelê.

Die Wet maak vir die

wysiging van sekere

7

seksies van die

Oordragbelastingwet van

1949 voorsiening.

Die minister het in ’n

verklaring gesê dat sy die

wysigings verwelkom.

Volgens die wet

kwalifiseer die werkgewer

jaarliks vir ’n belastingtoegewing

indien ’n

werknemer ’n rentevrye

lening van die maatskappy

ontvang om eiendom te

koop.

Verder is die bestaande

Bron : http://lowcosthousing.blogspot.com

belastingtoegewings ten

opsigte van eenhede wat

deur ’n werkgewer

verhuur word, aangepas.

Hierdie belastingtoegewings

stel nou die

waarde van huise (grond

en infrastruktuur

uitgesluit) op R200 000 en

op R250 000 vir

woonstelle vas. “Die

voorgestelde belastingwysigings

op veral die

verkoop van bekostigbare-

en laekostebehuising aan

werknemers lei ’n

interessante nuwe era in

om die huismark vir al hoe

meer Suid-Afrikaners

toeganklik te maak,” het

die minister gesê. Dit

ondersteun verskeie ander

inisiatiewe vir behuising

soos byvoorbeeld die R42

biljoen wat die banksektor

vir bekostigbare behuising

geoormerk het en die

fassilitering van ander

innoverende toegang tot

behuisingsfinansiering

soos byvoorbeeld die

Nasionale Behuisingsfinansieringskoöperasie.

Die OOS-KAAPSE Departement vir Behuising is tans met ’n ondersoek teen kontrakteurs van

laekostebehuising vir hul swak vakmanskap met die bou van duisende huise in die provinsie,

besig.

“Die Departement is met ’n ondersoek teen die kontrakteurs van die huise besig in ’n poging om

van die geld wat aan hulle betaal is, terug te kry,” het LUK Thobile Mhlahlo in ’n verklaring

gesê.

Die segsman vir die departement, Lwandile Sicwetsha, het gister gesê dat hy nie die name van die

kontrakteurs bekend kan maak nie. Dit is as gevolg van die feit dat hulle vir die loodsing van die

departement se omkeerplan op 30 September wag. “Deel van die teenbedrogstrategie wat die

departement wil loods, is juis die omkeerplan om misdaad en bedrog in behuising te hanteer,” het

Sicwetsha gesê.

Die ondersoek kom twee maande nadat die Minister vir Behuising, Lindiwe Sisulu, met

opkomende kontrakteurs as deel van die assessering van waar behuising in die provinsie staan,

vergader het. Dit het plaasgevind nadat haar departement ’n nasionale taakspan amptenare

uitgestuur het in ’n poging om die lewering van huise in die provinsie te versnel. Die parlement

het in April die besluit geneem om die taakspan uit te stuur nadat die provinsie se onvermoë om

huise te lewer uit ’n verslag van die provinsie duidelik geblyk het. Dit was nadat die voorsiening

van huise vanaf 37000 eenhede in 2005 na 11750 in die laaste finansiële jaar gedaal het wat tot

gevolg gehad het dat R500 miljoen op die behuisingsbegroting nie gespandeer is nie. Die geld

moes aan die nasionale tesourie teruggegee word en is aan ander provinsies toegewys. Volgens

Mhlahlo is R75m geallokeer om defekte in ongeveer 19000 huise, wat na 1994 gebou is, te

herstel.

“Die standaard van die huise was so laag dat ons nie meer mense kon toelaat om dit te bewoon

nie omdat die huise onveilig was,” het hy gesê. Defekte sluit disfunksionele mure, fondasies,

deure en dakke in.

8

“Ons moet huise waarin mense kan woon en waarop hulle trots kan wees, oorhandig. Ons begin

dus die projek om huise te herstel sodat mense hoë standaard huise kan hê,” het Mhlahlo gesê.

Werk aan defekte huise het reeds in projekte in die omgewing van Buffalo City en die

distrikmunisipaliteite Chris Hani en Ukhahlamba ’n aanvang geneem. Werk sal binnekort in King

Sabata Dalindyebo munisipaliteit en die distrikmunisipaliteite van Alfred Nzo en OR Tambo

begin.

Nasionale tegniese komitees het verlede week die persele besoek om die omvang van die skade

en vereistes vir die herbou van die eiendomme vas te stel. “Die proses om tenders toe te ken, is

reeds begin,” het Mhlahlo gesê.

Die departement is een van die vier wat deur Premier Mbulelo Sogoni as prioriteit vir die

parlement se ingrypestrategie geïdentifiseer is.

- Deur MAYIBONGWE MAQHINA - Senior politieke korrespondent.

Bron : Daily Despatch aanlyn

Dae van laestandaardbehuising getel, sê LUK

Yolandé Hayward HERALD VERSLAGGEWER.

Die dae vir die bou van laestandaard HOP-huise in die Oos-Kaap is verby en die wat hulle

daaraan skuldig gemaak het, sal die gevolge moet dra, het die LUK vir Veiligheid en Openbare

Betrekkinge, Thobile Mhlahlo, gister in Port Elizabeth gesê. Mhlahlo het Port Elizabeth gister

besoek om vas te stel watter uitdagings kontrakteurs ondervind en om ’n toekomsstrategie te

bespreek.

Hy het dit duidelik gestel dat kontrakteurs wat nie hoë standaarde stel nie, nie geduld sal word

nie. “ Ons sal nie oor gehalte onderhandel nie. Ons wil verseker dat mense die hoogste standaard

huise ontvang.”

Hy het gesê dat sy departement met ondersoeke teen verskeie kontrakteurs in die provinsie, wat

nie hoëstandaard huise gelewer het nie, besig is en ook poog om van die gelde wat aan die

kontrakteurs betaal is, terug te kry.Sodra die ondersoek afgehandel is, sal ’n verslag saamgestel

word en sal die skuldiges “gehanteer” word. “ Ons is terselfdertyd besig om huise, wat as gevolg

van die probleem uitmekaar val, te herstel”. Ongeveer R75-miljoen sal aangewend word om die

probleme te herstel.

Tydens die vergadering het die kontrakteurs gesê dat van die uitdagings wat hulle ondervind

probleme met die goedkeuring van omgewingimpakstudies en BTW-eise is.

Mhlahlo het gesê dat sy kantoor met die betrokkenes sal skakel om te help om probleme op te los.

Hy het hom daartoe verbind om die kommunikasiekanale tussen die kontrakteurs en sy

departement, oop te maak. Hy ook die kwessie van uitgawes aangeraak deur te sê dat R750

biljoen teen die einde van die finansiële jaar deur sy departement gespandeer behoort te wees om

in die proses 15000 huise te lewer en het ’n beroep op alle betrokkenes gedoen om hom te

ondersteun om die doel te bereik.

Bron : Herald Aanlyn

9

Ongeveer 20000 huise in die Oos-Kaap is as

defektief geklassifiseer, het die Minister vir

Behuising, Lindiwe Sisulu, die Nasionale

Raad vir Provinsies meegedeel. In antwoord

op ’n geskrewe vraag van Watty Watson

(DA), het die minister gesê dat 19953 huise

wat in die Oos-Kaap gebou is, defek is met

’n verdere 150 eenhede “in verskillende

fases van voltooiing”. Die totale koste om

die huise te herstel, sal ongeveer R99,7miljoen

wees. Sisulu het gesê dat provinsiale

behuisingsdepartemente ’n proses van stapel

gestuur het om die aantal huise met defekte

te bepaal. Verskeie metodes, soos opnames

en aansoeke deur bevoordeeldes in die

Bron: Herald Aanlyn

JOHANNESBURG – Meer as 60 000 mense

in vyf provinsies is twee keer die afgelope

14 jaar deur die regering in die steek gelaat,

omdat hul steeds nie behoorlike dakke oor

hulle koppe het nie.

Die burgers woon steeds in plakkershutte ten

spyte van die feit dat die Minister vir

Behuising, Lindiwe Sisulu, drie jaar gelede

R2 biljoen geoormerk het om huise, wat in

1994 aan hulle belowe is, te voltooi.

Die City Press het gister gesê dat politieke

analiste die probleem voor die deur van die

ANC en binnegevegte, wat die aandag van

amptenare van hul mandaat om diens te

lewer, afgetrek het gelê. Sementblaaie om

huise op te bou is in sommige provinsies

gegooi maar die huise is nooit gebou nie.

Korrupsie deur gewetenlose ontwikkelaars,

wat betaal is maar nooit die huise gebou het

nie, het ’n groot persentasie van die fondse

verorber. Nasionale behuisingsegsman,

Xolani Xundu, het gesê dat sekere projekte

geblokkeer is omdat kontrakteurs beweer het

dat hul nie betaal is nie terwyl hulle wél is.

Die departement het gesê dat die nasionale

tesourie vir fondse genader is om uitstaande

projekte te voltooi.

Bron: SABCnews.com

huise is gebruik om die omvang van die

projekte en die aantal huise wat herstel moet

word, te bepaal. Die dienste van die

Nasionale Huisbouersregistrasieraad

(NHBR) word gebruik “om te verseker dat

die kontrakteurs wat aanvanklik die huise

gebou het, nie weer aangestel word om dit te

herstel nie en dat slegs kontrakteurs wat aan

die nodige vereistes voldoen, aangestel

word.” Sy het gesê dat die verifikasieproses

tot op datum substandaard vakmanskap in

sekere projekte blootgelê het en dat die

bevindinge “vir verdere ondersoek” aan die

toepaslike provinsiale departement

deurgegee is.

Behuisingsberaad spreek toenemende

agterbuurtes in Afrika aan

Die konferensie het ten doel om oplossings

vir die toename in die aantal agterbuurtes

regoor Afrika te vind.-Julie 28, 2008, 17:30-

Afgevaardigdes na ’n behuisingskonferensie

in die hoofstad van Nigerië beraadslaag oor

metodes om die kontinent se toename in

agterbuurtes hok te slaan. Behuisingsministers

van regoor die kontinent en

afgevaardigdes van hulporganisasies het in

Abuja, as deel van die tweede Afrika

Ministeriële Konferensie oor Behuising en

Stedelike Ontwikkeling, bymekaargekom.

Afgevaardigdes staan voor ’n geweldige

groot uitdaging omdat meer as 70% van die

kontinent se inwoners in agterbuurtomstandighede

lewe. Hulle sê om die

aanhoudende instroming van mense in

Afrika se stede en om die stygende tekort

aan behuising vir die armes aan te spreek,

word al hoe meer noodsaaklik.

Die liggaam, onder voorsitterskap van Suid-

Afrika, is in 2005 in die lewe geroep. Suid-

Afrika se Minister vir Behuising, Lindiwe

Sisulu, het gesê dat die tekort aan behuising

in Afrika ’n tydbom is wat wag om te

ontplof.

10

Die beraad ondersoek die moontlikheid om

’n Afrikafonds onder beheer van die Bank

van Afrika te stig in ’n poging om

agterbuurtes op die kontinent te verminder.

Die jongste navorsing toon dat 1.6 biljoen

Afrikane teen 2020 in agterbuurtes kan

woon.

Die weermag staan gereed om die provinsie

se infrastruktuur – met die agterstande in

behuising as prioriteit – te herstel. Die

ingrypingsplan volg na ’n vergadering wat

die Minister vir Behuising, Lindiwe Sisulu,

die afgelope week met opkomende

kontrakteurs in Bisho gehad het om na hul

probleme te luister. Die LUK vir Behuising,

Tokozile Xasa, het gesê haar departement

verwelkom die betrokkenheid van die

Nasionale Weermag (SANW).

Die terreine waarop hul betrokke kan wees

sal Maandag tydens ’n vergadering

uitgeklaar word. “Die SANW behoort te

weet wat van hul verwag sal word,” het sy

gesê. Dinsdag se vergadering is gereël nadat

die adjunkminister vir Verdediging, Mluleki

George, ondersteuning aan Sisulu met haar

departement se ondersoek hoe die

infrastruktuur verbeter kan word, beloof het.

“Hy het na my gekom en gesê: “Ek is in

beheer van soldate. As daar enigiets is wat

ek kan doen om jou by te staan, is ek in staat

om dit te doen.”

Sisulu het, nadat sy dit self aan die plaaslike

kontrakteurs in die Skenjana Roji-saal in

Bisho oorgedra het, die pers oor haar planne

ingelig.

Sy het gesê die gedagte dat die weermag kan

help, het ontstaan nadat “ besef is dat hul

Bron: Daily Dispatch Aanlyn

’n Prioriteit van die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram

kapasiteit baie beperk is”.

Sisulu het gesê dat die provinsie massiewe

infrastruktuurprobleme in die gesig staar en

dat hulle gefaal het om die

behuisingsprogram te implementeer en

kontrakteurs op te lei.George het gesê dat

die weermag oor ingenieurs beskik wat

infrastruktuur op enige plek, insluitende die

Oos-Kaap, kan herstel of skep.

Adjunkpresident Phumzile Mlambo-Ngcuka

het reeds in die verlede die SANW versoek

om ingenieurs en ander gekwalifiseerde

mense beskikbaar te stel om oorhoofse

infrastruktuur soos water en sanitasie te

skep.

“Ons het onsself daartoe verbind,” het hy

gesê, “wanneer daar nie oorlog is nie, is daar

geen rede waarom soldate nie in hul

spesialiteitsareas aangewend kan word nie.

Ons sou graag die situasie wil verander.

As Departement van Verdediging aanvaar

ons die verantwoordelikheid.”

Die skuif kom nadat die United Democratic

Movement se president, Bantu Holomisa, ’n

beroep op President Thabo Mbeki in

Januarie gedoen het om ingenieurs van die

SANW beskikbaar te stel om die

uitgediende infrastruktuur van die Transkei

op te knap. Die nasionale kabinet het in

April besluit om ’n span na Bisho te stuur

nadat ‘n verslag van die provinsie oor hul

mislukking om huise te lewer, ontvang is.

Dit het gevolg op die feit dat die voorsiening

van huise van 370000 eenhede in 2005 tot

11750 in die afgelope finansiële jaar gedaal

het.

Nadat die African National Congress (ANC) in 1994 aan bewind gekom het, het hulle onderneem

om 1 miljoen laekostebehuising, as prioriteit in die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP)

in vyf jaar te bou. Die doelwit moes bereik word deur ’n subsidieskema met staatskapitaal plus

betrokkenheid van die privaatsektor by die finansiering en konstruksie.

11

Die bedoeling was dat sommige bevoorregtes die subsidies met banklenings kon aanvul om hul in

staat te stel om groter huise te bou en dat ander hul huise met tyd kon aanbou. Banke het egter, as

gevolg van die risiko’s daaraan verbonde en die klein opbrengs, op ’n baie beperkte skaal by die

laekostebehuisingsmark betrokke geraak ten spyte van die meganismes wat die regering

ontwikkel het om hul betrokkenheid te verseker.

Die behuisingsubsidieskema was aanvanklik baie ontoeganklik vir mense en moeilik om te

verstaan omdat dit so ingewikkeld was. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die meeste subsidies

aan groot behuisingsontwikkelingsprojekte, beplan deur munisipaliteite en opgerig deur private

konstruksiemaatskappye, gegaan het. Talle projekte was afhanklik van oorbruggingsfinansiering

totdat subsidies uitbetaal is.

Alhoewel subsidies voortdurend aangepas is, het die waarde as gevolg van die stygende

konstruksiekoste en die feit dat ’n groot deel van die subsidies aangewend is om infrastruktuur te

skep, afgeneem. Die gevolg was dat baie klein huise gebou is, in sommige gevalle so klein as 15

vk/m, ander kon daarin slaag om tot 40 vk/m huise te bou. Die meeste was egter ‘kernhuise’, die

meeste sonder afwerking soos vloere, plafonne en binnedeure met geen water of

warmwaterstelsels nie.

Laekostebehuising is meestal op goedkoop munisipale gronde aan die buitewyke van dorpe, ver

van dienste en werksgeleenthede met gevolglike hoë vervoerkoste, opgerig en het daarom die

apartheidsgeografie en die agterstande van die armes in Suid-Afrika verhoog. Die

behuisingskonsep van die apartheidstownships – die alleenstaande huis op ’n klein standplaas ( ’n

miniweergawe van die blanke voorstede) – het dominant na 1994 in gesubsidieerde behuising

voortbestaan.

Die probleme van minimum standaarde en die afgeleë ligging van die gesubsidieerde behuising

ten spyt, het die SA-regering steeds daarin geslaag om 2 miljoen huise sedert 1994 vir arm

families, wat andersyds steeds in plakkershutte, in baie gevalle sonder basiese dienste sou

gewoon het, te bou. Die meeste van die huise word as bates deur die bewoners besit. Baie huise

is, in lyn met die kernhuisbeginsel, met tyd opgegradeer en talle ander aangebou. Die prestasie

behaal met die projek tel onder die top regeringsgedrewe laekostebehuisingsvoorsiening in

ontwikkelende lande in die afgelope dekade.

In ’n poging om die behuisingsituasie van die armes te verlig, is ’n nuwe wet, wat die rol van

provinsies, munisipaliteite en gemeenskappe in die lewering van laekostebehuising duidelik

uitspel, in 1997 gepasseer. Die Behuisingsproses vir Mense (BPM) is ook ontwerp as ’n poging

om behuising deur die betrokkenheid van begunstigdes, te verbeter.

12

Die konsep van hoëdigtheidsbehuising het in die laaste dekade baie veld gewen. Die nuwe

behuisingsbeleid, 'Breek Nuwe Grond', wat ten doel het om geïntegreerde gemeenskappe eerder

as slegs behuisingsareas te skep, is ’n duidelike teken van die veranderende inisiatief. Oor die

algemeen begin mense besef dat goedgeleë, hoëdigtheidsontwikkelings huishoudingskoste, as

gevolg van beter toegang tot sosiale- en kommersiële dienste en openbare vervoer bespaar en laer

infrastruktuur- en dienskostes tot gevolg het. Hoër digthede maak dit dus moontlik om groter,

beter gehalte huise te bou, omdat dit tot die besparing van ander koste aanleiding gee.

Sosiale behuising is ’n verdere ontwikkeling in Suid-Afrika se hedendaagse uitgebreide

behuisingsprogramme. Die nuwe Sosiale Behuisingsbeleid het ten doel om middel- tot

hoëdigtheidsbehuising, veral vir huurders, aan individue en gesinne, wat vir behuisingsubsidies

kwalifiseer, te verskaf. Die beleid vereis dat sosiale behuising deel uitmaak van munisipaliteite se

Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP’e) omdat die regering ’n baie klein deel van hul

subsidies aan sosiale behuising afstaan.

Die nuwe sosiale behuisingsinstrument vul ander verwante sosiale behuisingsinstrumente, soos

behuisingsubsidies deur instellings en die herontwikkeling van hostelle aan. Die instrument het

met die herdefiniëring van sosiale behuising en nuwe befondsing, aan instellings geleenthede

gebied om kapasiteit te bou. Die Sida Stedelike Program het ten doel om hulp te verleen om

beleide, prosesse en beter praktyke, eerder as massaproduksiebehuising, te ontwikkel. Die

program moedig volhoubare ontwikkeling van innoverende laekostebehuising om die standaard

van behuising vir armes in stede te verhoog, as oplossing aan. Projekte sluit die

beskikbaarmaking van fondse, sosiale behuisingsverenigings en

behuisingsondersteuningsentrums, volhoubare konstruksie van huise en die ondersteuning van die

Behuisingsproses vir Mense, in.

Die projekte in die boekie dra by tot die begrip dat behuising ’n proses en nie ’n einddoel

opsigself is nie en daarom gebruikersvriendelik behoort te wees. Alle projekte moedig daarom

gemeenskapsbetrokkenheid, geïntegreerde beplanning, innoverende ontwerpe, ekonomies-

lewensvatbare standaarde vir laekostebehuising en hoër digthede in hoër standaard stedelike areas

aan. Sida-ondersteunde projekte het ook ten doel om lewensvatbaar in finansiële en ander aspekte

te wees deur spaarskemas te vestig en aandag aan omgewingsprobleme en geslagskwessies te gee.

Die Departement vir Plaaslike behuising in Limpopo het oor die laaste drie jaar stappe gedoen om

die aantal formele huise in die provinsie te vermeerder. Die Nasionale Departement van behuising

het sedert 1994 ongeveer 2.6 miljoen huise gebou en Limpopo het ’n groot bydrae tot die getal

gelewer deur meer as 300 000 huise te bou.

13

Volgens die Statistiekdiens van Suid-Afrika (SDSA) se Gemeenskapsopname 2007, het formele

huise in die provinsie tot 968 696 toegeneem en het die getal informele en tradisionele huise tot

108 954 afgeneem.

In die vorige finansiële jaar het die departement daarin geslaag om 100 persent van hul

behuisingstoewysing te spandeer, iets wat die oog van die nasionale Minister vir Behuising,

Lindiwe Sisulu, gevang het.

Minister Sisulu was genoodsaak om die departement se toewysingsbegroting met R300 miljoen

vir die huidige finansiële jaar te lig.

Die provinsiale departement, wat voorheen as die swakste departement in die land bekend was,

het erkenning ontvang toe hulle die toekenning vir beste provinsiale departement in die

behuisingsdepartment-vir-die-jaar kompetisie in 2008 ontvang het.

Die toekenning bewys dat die departement ’n grootse poging ingesit het om diens te lewer.

Die Nasionale Govan Mbeki-behuisingstoekennings wat verlede week in Durban deur die

Nasionale Departement vir Behuising gereël was, beloon rolspelers in die behuisingsindustrie wat

saam met die departement toegewyd is om lewensvatbare huise te bou en om die

milenniumontwikkelingsdoelwitte vir 2014 haalbaar te maak.

Die adjunkdirekteur van die departement vir behuising, Joseph Leshabane, het aan Bua-nuus

bekend gemaak dat provinsiale departement in terme van die lewering van huise oor die laaste

drie jaar uitstekend gepresteer het.

"Limpopo was in terme van dienslewering een van die swakste provinsies, maar dit het drasties

verander. Dit is ’n duidelike bewys dat die [Limpopo] provinsiale departement baie hard gewerk

het om te verseker dan diens vinnig aan die publiek gelewer word," het hy verduidelik.

Mnr. Leshabane het gesê dat die nasionale departement verskeie programme, soos die

Operasionele kapitale begrotingsprogram, wat ten doel het om die implementering en die bestuur

van goedgekeurde provinsiale behuisingsprogramme, projekte en ander prioriteite, ingestel het.

In terme van die verbetering van lewenstandaard en die ontwikkeling van die ekonomie, het die

departement bevestig dat 82 persent van die mense in Limpopo toegang tot elektrisiteit het.

14

Limpopo bly egter ’n provinsie met ’n groot skaarste aan water alhoewel die departement meer

hulpbronne aan die munisipaliteite beskikbaar gestel het, veral in die vorm van

infarstruktuurtoewysings spesifiek vir massawatervoorsiening en netwerkvoorsiening.

Die departement sê dat, ondanks die probleme, 72,8 persent van die bevolking toegang tot skoon

water uit pypleidings het en dat verskeie damme voltooi is terwyl ander onder konstruksie is

sodat verseker kan word dat meer plaaslike inwoners toegang tot skoon water kan kry.

Die Departement beplan om, in terme van infrastruktuurontwikkeling en investering in

dienslewering, meer as R3.6 biljoen aan munisipale infrastruktuurtoewysings, R1 biljoen vir

elektrifisering van landelike gebiede en meer as R600 miljoen ter ondersteuning van

munisipaliteite en grondafbakenings oor die volgende drie jaar te bestee.

Die Departement het ook jaarliks sowat 2000 werksgeleenthede deur die Uitgebreide Publieke

Werkprogram (UPWP) geskep om sodoende armoede in die provinsie te verlig.

Hierdie program het ten doel om tussen 2004 en 2009 vir ’n minimum van een miljoen mense

(ten minste 40% vroue, 30% vir die jeug, en 2% vir gestremdes) addisionele werksgeleenthede in

Suid-Afrika te skep.

Die departement het verder gesê dat hulle sal aangaan om munisipaliteite met strategieë om meer

belasting in genereer, te ondersteun sodat die beskikbaarheid van hulpbronne vir beter

dienslewering ook kan verbeter.

"As deel hiervan staan ons munisipaliteite by om die Eiendombelastingwet te implementeer deur

waardasielyste te genereer, lugfoto’s en plaaslike wette en beleide oor belasting te ontwikkel, "

het die departement gesê.

In haar begrotingsrede in Mei 2008 het die LUK van die Departement vir Plaaslike Regering,

Maite Nkoana-Mashabane, gesê dat departement terdeë daarvan bewus is dat inwoners hul

regering in aksie wil sien.

"Ons glo dat ons die gety deur ons aksies gekeer het. Ons algehele prestasie, desnieteenstaande

die toenemende uitdagings, op die terrein van plaaslike regering toon duidelik dat vordering

gemaak is.

15

Sy het gesê dat die opname deur SSA ’n duidelike prentjie van merkwaardige verbetering in die

standaard van lewe van mense in die provinsie skets en dat die regering insiggewende vordering

gemaak het om die armoedesiklus en onderontwikkeldheid te breek.

"Hierdie suksesse is bakens wat net op een ding wys: die gety het gedraai. Ons het die meeste van

ons uitdagings oorbrug en is nou gereed om ons prestasies te konsolideer. Ons doelwitte is

duideliker," het die LUK op daardie stadium gesê.

Bron: http://lowcosthousing.blogspot.com

Deur Linda Daniels

Die vinnig- naderende sperdatum van 2014

waarop die regering alle informele

nedersettings as iets van die verlede wil sien,

het tot die vestiging van ’n nuwe

behuisingsontwikkelingsagentskap gelei in

’n poging om die huise betyds te lewer. Die

Behuisingsminister, Lindiwe Sisulu, het

Donderdag tydens ’n persverklaring

aangekondig dat die agentskap die

ontwikkeling van huise regoor die land sal

bestuur en ko-ordineer.

Die agentskap sal ook help om grond vir die

ontwikkeling van huise te identifiseer en aan

te koop.

Sisulu het gesê dat ontwikkelaars en die

banksektor, as gevolg van die stadige tempo

waarteen plaaslike en provinsiale regerings

projekte goedkeur, dit moeilik vind om

laekostebehuising te bou.

In sommige gevalle het dit solank as drie

jaar geneem om goedkeuring van die

owerhede te kry voordat bouwerk kon begin.

Die Behuisingsminister het toegegee dat

sommige munisipaliteite lank geneem het

met ooreenkomste om grond aan

ontwikkelaars beskikbaar te stel en dat die

meeste munisipaliteite nie oor die kapasiteit

Bron: SABCnews.com

beskik om die lewering van huise te

fasiliteer nie.

Sisulu het gesê dat die N2

Gatewaybehuisingsprojek in Kaapstad ’n

bewys is dat, om huise teen ’n snelle tempo

te lewer, die verantwoordelikheid weer in

die provinsiale regering gesetel moet wees.

"Ons het oor die afgelope jaar besef dat ons

nie in staat is om teen die verwagte tempo

huise langs die N2 te lewer nie omdat die

stad nie die ooreenkomste om die grond

beskikbaar te stel, waarvan die projek

afhanklik is nie, afgehandel het nie. Dit is

eers ’n paar dae gelede afgehandel," het sy

gesê.

"As ons as regering vertraag kan word, kan

jy self dink hoe moeilik dit vir ’n

privaatontwikkelaar is. "

Die minister het bygevoeg dat die druk wat

ontwikkeling van die infrastruktuur vir die

2010-wêreldbeker op die konstruksiebedryf

plaas, die lewering van huise, wat ’n

grondwetlike reg is, verder bedreig.

Haar departement werk ten nouste met die

2010-organiseringskomitee en ander

regerings oor die moontlikheid om

boumateriaal, wat nodig is om huise te bou,

in te voer.

16

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!