02.05.2013 Views

1 JAARVERSLAG 2011 - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

1 JAARVERSLAG 2011 - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

1 JAARVERSLAG 2011 - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

JAARVERSLAG 2011

VANUIT DIE SKOOLHOOF SE KANTOOR

2011 was weereens ‘n geseënde jaar – veral op sportgebied. ‘n Kykie na hierdie jaar se verslag bring ‘n mens

opnuut onder die indruk van die Here se guns en genade.

Baie geluk aan elke ouer, leerder en personeellid met ’n baie suksesvolle jaar – ek kyk graag met dankbaarheid

saam met u terug op die afgelope jaar.

BEHEERLIGGAAM

Enkele van die projekte wat hierdie jaar deur die Beheerliggaam voltooi is, is die volgende :

• Uitbreiding en opgradering van rekenaaronderrig;

• Die installering van veiligheidskameras op die terrein;

• Herstel van die skoolswembad;

• Oprig van ‘n balkon met afdak by die lapa;

• Oprig van ’n kriekethuis;

• Totale opgradering van krieketnette;

• Herstel en opgradering van skoolbadkamers;

‘n Groot mylpaal vir die Beheerliggaam, is die feit dat BL-personeel se salarisse vanaf 2012 in pariteit met hul

Departementele eweknie sal wees.

Die Beheerliggaam sien tans soos volg daaruit:

Mnr. Christo Coetzer - Voorsitter, Geboue en Terreine

Mnr. Johan Jordaan - Ondervoorsitter, Sport

Mev. Elsjé Raubenheimer - Finansiële voorsitter, Klerekomitee

Mnr. Adrie Hechter - Regsaspekte en Skoolbeleid

Mev. Sarietjie Musgrave - Akademie, Tegnologie

Mev. Ronel Potgieter - Sekretaresse

Mev. Lizeth van Vuuren - Administratief

Mnr. Thys Nel - Personeel, Bemarking

Mnr. Johan Pienaar - Skoolhoof

‘n Hartlike dank aan die Beheerliggaam vir hul ywer en onbaatsugtige diens.

Die landswye verkiesing van Beheerliggame vind vroeg in 2012 plaas. Ons sal u op hoogte hou van die proses.

PERSONEEL

Die volgende persone het aan die begin van die jaar by ons aangesluit:

Opvoeders:

Mev. Marié Beyleveld Kleinklassie

Mej. Michelle de Klerk Graad 2

Mev. Lize Fivaz Kleinklassie

Mej. Erika Machts Engels – Graad 5

Mej. Izél Olivier Graad 2

Mej. Carli Potgieter Graad 2

Tydelike aanstellings:

Mev. Lauraine Schultz Graad 3

Mej. Maritza Vorster Graad 3

Mej. Louise Engels Graad 4

Assistente:

Mej. Elisna Nel

Ons groet die volgende personeel wat ons deur die loop van die jaar of aan die einde van 2011 sal verlaat:

1

Mej. Louise Engels

Mev. Lize Fivaz

Mev. Zandra van der Walt

Ons bedank hulle graag vir die deernis waarmee hul ons skool en gemeenskap gedien het en wens hulle alle

voorspoed toe. ‘n Spesiale woord van dank aan mev. Zandra van der Walt vir die wyse waarop sy ons gemeenskap

vir soveel jare gedien het.

OUERKOMITEE

Jaarliks word die Graadhoofkomitee tydens die inligtingsaand vroeg in die jaar verkies. Die hoofdoel van hierdie

komitee is om ‘n ondersteunende (ook leidende) rol te speel om die onderwyspersoneel se hande te sterk tydens

funksies en uitstappies.

Vanjaar is die ouerfaksie hoofsaaklik ingespan tydens die wynveiling, die melodrama en die kermis. Daar het hulle

uitstekende diens gelewer. In enkele gevalle is hulle ook ingetrek om te help met vervoer en reëlings tydens

uitstappies.

Baie dankie aan elke komiteelid vir u lojale diens. U ywer, hulp en ook inisiatiewe word opreg waardeer.

FINANSIES

Ten spyte daarvan dat daar steeds moeilike ekonomiese toestande in die land heers, het ons weereens

rekordbedrae tydens funksies ingesamel. Die Wynveiling het ‘n ongelooflike R91 605 opgelewer, die Elvis Blue

konsert het R46 519 opgelewer en die Kermis R234 000. Ons ander groot fondsinsameling, die Gholfdag, vind op

4 November plaas.

Dankie aan elke ouer wat u finansiële verpligtinge t.o.v. skoolgeld nagekom het. Dankie vir elke addisionele bydrae

en donasie. Te danke aan u ondersteuning het ons nie net daarin geslaag om kwaliteit onderwys en onderrig te

verseker nie, maar kon ons ook kapitaalprojekte aanpak.

GEBOUE EN TERREIN

Hartlik dank aan die Terreinpersoneel, Tuinboukomitee, Beheerliggaam en ouers. Die Herfs- en Lentesaailing dae is

nou al gevestig as ‘n jaarlikse instelling. Te danke aan hierdie dae is ons tuine heeljaar gevul met blommeprag en

kleur. Danksy die Tuinboukomitee spog ons voortuin met ‘n heel nuwe aansig. Vir verdere projekte sien

BEHEERLIGGAAM.

KLEREKOMITEE

Ons amptelike leweransier is steeds Kloppers en ons kan met dank getuig dat hulle werklik gepoog het om alle

nodige kledingstukke betyds in voorraad te hê.

ONDERSTEUNERSKLUB

Hierdie jaar was daar ongelukkig nie baie geleenthede beskikbaar waar ons as skool saam kon kuier, idees kon

uitruil en sommer net mekaar se geselskap kon geniet nie. Die funksie wat wel plaasgevind het, was natuurlik ‘n

reuse sukses, om nie eers te praat van die smaaklike kosse wat bedien is nie en die groot aantal ouers wat betrokke

was. Die ander beplande funksies kon ongelukkig nie plaasvind nie, net oor die blote feit dat die jaar se program te

vol was.

Die ondersteunersklub poog om ten minste een keer per kwartaal ‘n funksie te hou. Natuurlik hang die sukses van

hierdie funksie van u as ouer se betrokkenheid af. Daar word gewoonlik ‘n week voordat die funksie plaasvind, ‘n

uitnodiging uitgestuur, waarop u dan kan reageer, indien u die funksie wil bywoon.

Ons tradisionele spitbraai, vind op 11 November plaas, waar die graad 7 leerders en hul ouers spesiaal uitgenooi

word. Natuurlik is AL die ouers van die skool welkom om hierdie laaste funksie van hierdie jaar by te woon en word

dan ook hiermee hartlik uitgenooi.

Dankie dat ons op u ondersteuning kan staatmaak.

2

NASKOOLSENTRUM

Die Naskoolsentrum is geprivatiseer en in die hande van Mev. Annemarie Vermeulen en haar bekwame personeel.

Dit bly steeds ‘n groot bate vir ons skool en voorsien in ‘n dringende behoefte van ouers wat heeldag moet werk.

Die smaaklike etes, wat teen ‘n baie bekostigbare prys deur Mev. Magriet de Beer verskaf word, maak dit ‘n

heenkome vir baie ours en leerders.

VOERTUIE

Vir noodsaaklike vervoer beskik die skool oor twee 15-sitplek kombi’s, een 12-sitplek kombi en een 34-sitplek

middelslag bus. Hierdie voertuie word hoofsaaklik aangewend om leerders na sportbyeenkomste en uitstappies te

vervoer.

MA’S WAT OMGEE

Dankie aan elke ouer wat ons skool in gebed dra. Dit is ‘n voorreg om te kan dien in ‘n skool en gemeenskap wat

weet waar sy krag lê. Ons “Ma’s wat Omgee” kom steeds elke Donderdagoggend bymekaar om in te tree volgens

die gebedsversoeke van personeel en ouers.

Indien daar ouers is wat met hierdie groepie in aanraking wil kom is u welkom om met mev. Mariëtte Kriek te

skakel.

MANNEBIDUUR

Ons kwartaallikse mannebyeenkomste was weereens ‘n hoogtepunt en bron van krag en inspirasie. Deur die loop

van die jaar is daar ook gesinsbyeenkomste aangebied, wat die potensiaal het om in die toekoms van krag tot krag

te gaan.

GRONDSLAGFASE

Soos altyd was die hart van Possieland die Grondslagfase.

Met opwinding en trane is ons nuwe kleingoed vir 2011 ontvang. Die poniesterte was met linte versier en

die kranige Posbulle het sonder huiwering die klaskamers betree.

Binne dae was die eens skugter Possies ‘n wenner en ‘n ster.

Op kultuur- en sportgebied het ons kinders staal getoon so met die wakende oog van ons betrokke en

trotse ouers.

Possieland is n “leerwêreld” van ontdekking en in die akademie het die kinders ontwikkel en gegroei. Met

die R.O. departement se insette is pragtige hoogtes bereik en elke verslag het getuig van saamstaan en

uithouvermoë.

Ons moet egter die Graad 3 maats groet wat volgende jaar die SP-fase betree.

Julle grondslag is gegiet, maak nou die meeste van jul lewe .

Ons personeel sorg ook vir opwinding en dis juffrou Elsie Haasbroek se klein seuntjie wat die jaar ons

lewens verryk het met sy geboorte. So met die wisseling van seisoene het daar ook nuwe leerkragte by ons

span aangesluit wat net ‘n aanwins was.

Hoeksteen-ouers.

Aan al die mammas wat afgelos het deur die jaar en veral die gebedsgroepie wat ons weekliks opgedra

het aan die Groot Meester van Possieland, baie dankie.

Die Posbulletjies- en Possie Poppie-verenigings was soos in die verlede ‘n groot lekkerte en ons dank aan

die komitees wat verantwoordelik was vir onvergeetbare uitstappies en funksies. Aan die ouers wat ons nou

moet verlaat omdat u kinders na die SP-fase verskuif, baie, baie dankie vir u insette en liefde.

3

KLEINKLASSIE

Die kleinklassie het Januarie sy deure geopen vir leerders met spesiale behoeftes (Outisme) onder leiding van

mevv. Isabel Homsek, Lize Fivaz en Marie Beyleveld as hulp assistant. Die leerdergetal was aanvaklik 7 en het

gedurende die jaar gegroei tot 11 leerders. Al die leerders was aanvanklik in een klas van grad 1 tot grad 4.

Na die eerste kwartaal is die apparaatkamer in die saal ontruim om ‘n nuwe klaskamer te skep vir juffrou Lize met

die graad 3 en 4 leerders. Juffrou Marie se klas is in die klein kombuisie waar sy individueel werk met die leerders in

spesifieke problem-areas.

Hoofstroom kurrikulum word gevolg en sekere leerareas word aangepas volgens ons leerders se potensiaal.

Assessering is deurlopend en op standard. Die leerders is ingeskakel in klasverband en deel saam in periods soos

biblioteek, rekenaars, sang en liggaamsoefeninge. Gesamentlike saalbyeenkomste word bygewoon saam met d ie

res van die skool. Die leerders is op verskeie uitstappies geneem gedurende die jaar wat hulle baie geniet en

leersaam gevind het.

Die skool het die juffrouens gestuur vir opleiding waat hulle baie opgevoed en toegerus is. Juffrou Isabel is na Unica

Skool vir Outistiese leerders en juffrou Lize het die “Fish Bowl” kursus bygewoon. Deur die jaar het ons verskeie

SAOU werkswinkels bygewoon om ons verder te sterk in ons opvoedingstaak.

Sprekers soos mevv. Annerie Maeder van Lettie Fouché en Annelize van Riyswyk van SNAP in Bellville het ons ouers

kom toespreek en toegerus met nuwe kennis oor ons spesiale kinders se gedrag en gesonde eetgewoontes. Die

behoefte het ontstaan onder die oeurs om ‘n ouer-ondersteuningsgroep te stig.

Aan die einde van die derde kwartaal het Juffrou Lize ons verlaat en ‘n pos by Lettie Fouché skool aanvaar. Juffrou

marie word as waarnemende juffrou aangestel in haar pos.

Al ons dank en eer aan Ons Hemelse Vader vir die krag, liefde en geduld wat Hy aan elke juffrou geskenk het om ‘n

verskil te kon maak in hierdié kinders se lewens.

REMEDIëRENDE ONDERRIG

In die Remediërende klasse word daar omgesien na leerders se individuele akademiese behoeftes.

R.O. bied aan leerders wat nie beduidende vordering maak in die gewone klasse nie, die geleentheid om spesifieke

leerprobleme aan te spreek en om te vorder volgens elke leerder se idividuele vermoëns. Klasonderwysers wat

bogenoemde leerders identifiseer in hul klasse word deur Mev. Margaret Olivier of Mev. Marindi Blignaut

geëvalueer vir moontlike inskakeling by Remediërende Onderrig. Indeling van leerders word so gedoen, dat daar

die minimum aantal leerders gedurende ‘n periode, remediëring ontvang, wat die kwaliteit onderrig tot nuwe

hoogtes bring.

JEUGWERK

Die hoof fokuspunt van jeugwerk is om emosionele steun te bied aan Willem Postma leerders. Leerders word

toegerus met ekstra lewensvaardighede om inter- en intraverhoudinge gebalanseerd te benader en hanteer.

Deur die jeugwerk , word erge gevalle geassesseer en verwys vir professionele hulp. Maatskaplike gevalle word met

sorg en takt hanteer.

In samewerking met die Kinderbeskermingseenheid, Kerklike en Maatskaplike dienste en die Polisie, kon ons

leerders se Kinderregte beskerm en so kan ons voortbou op ons leuse van Gelukkige Kinders

VANUIT DIE REKENAARLOKAAL

In ‘n tegnologie gedrewe era waar kinders met ‘smart phones’, ‘ipads’ en ‘netbooks’ op ‘n daaglikse basis te doen

het, kan die vraag opreg gevra word: “Wat kan ons ons kinders nog in vandag se tyd van rekenaars leer?”

Die antwoord is eintlik eenvoudig: Baie! Die feit dat ons kinders daagliks met die nuwe tegnologie in kontak is,

maak hulle nie beter gebruikers van die tegnologie nie, in teendeel leer hulle baie keer swak gebruikersvaardighede

4

aan. Speletjies, mxit, ‘Whatsapp’, ‘IM’ is opsigself nie swak of sleg nie. Dit gaan egter oor die feit dat die tegnologie

tot baie meer in staat is as om dit bloot te reduseer tot laevlak gebruik. Daarom dat ons by Willem Postma steeds

die kinders onderrig in rekenaarvaardighede soos die toepassing van bv. die Microsoft programme. Die kinders leer

dus van vroeg af dat rekenaartegnologie vir meer as net kommunikasie en speel gebruik behoort te word.

Die vraag word soms gevra hoekom mag ‘n kind nie sy projek by die huis doen en dan net ingee nie? Eenvoudig,

hoeveel kinders doen werklik totaal self daardie projek? Dit word dan moeilik om ‘n indrukspunt vir die

medehelper te gee. Die kinders doen vanaf graad 4 – 7 elke kwartaal ‘n projek. Per projek word daar gemiddeld 12

en self meer vaardighede aangeleer of vasgelê in of Word, Excel of Power Point. By Graad 1 en 2 konsentreer ons

meer op wiskundige patrone, hand-oog-koördinasie en muisvaardighede. In graad 3 word daar al meer op Word

vaardighede gekonsentreer. Die vaardighede wat ons kinders aanleer, is meestal ‘n integrasie van verskillende

pakkette.

Ons sou graag ander tegnologie ook wou betrek in die rekenaarlokaal en klasse, maar die kostes daarvan in die

Suid-Afrikaanse konteks maak dit baie duur. As voorbeeld kan ek noem dat in sommige skole in Amerika trek elke

leerder ‘n iPad en werk die hele periode al sy goed vir die betrokke vak daarop. Einde van die periode word die

werk na ‘n sentraleverwerker gestuur en die personeel trek die kinders se afgehandelde werk om te assesseer en

plaas dit dan weer terug. Ons moet egter vir onsself met dit wat ons beskikbaar het die beste doen. Die volgende

stap is dalk om die selfoon te begin gebruik! Ja, ek weet dit het sy eiesoortige probleme, maar met die regte

bestuur kan dit baie doeltreffend aangewend word. Google maar ‘how to use a cell phone in education’.

In die klasse waar rekenaars en dataprojektors al in gebruik is, is die terugvoer baie positief. Die kinders is meer

betrokke by die lesse en die multi-media aard van die lesse hou die kinders se belangstelling tydens die

aanbiedings. Van die personeel voel hulle sou na die volgende stap wou oorgaan betreffende die gebruik van

interaktiewe witborde, maar soos voorheen gestel, is die kostes nog te hoog.

Ons ‘School Communicator’ loop nou al mooi vir die afgelope jaar. Daar is sowat 57% van ouers wat dit gereeld

gebruik. Dit is ‘n baie effektiewe medium van kommunikasie, benut dit. Indien u dit nog nie tuis op rekenaar of by

die werk gebruik nie, vra vir ‘n cd by die skool en installeer dit. Stuur die cd net weer terug asseblief.

‘n Laaste woordjie aan ons ouers: “Enlighten yourselves people”. Ons kinders het lankal die begrip tegnologie geassimileer.

Moenie dink u sal wag tot die volgende nuwe tegnologiese uitvindsel of aanpassing nie, u sal altyd bly

wag.

BUITELUGSKOOL

Opgewondenheid, vrees vir die onbekende, vryheid vir ‘n week… Dié was maar net ‘n paar van die emosies wat die

graad 6- leerders ervaar het voor die Buitelugskool.

121 Graad 6- leerders is vergesel deur Mnr. Pienaar, Mnr. Meyer, Mnr. Venter en Mev. Douglas.

‘n Vol program met die volgende as hoogtepunte:

• Ottergat

• Foefie-slide

• Spoed- en vaardigheidsbane

• Musiekaande

• Kommunikasie- ontwikkeling

• Leierseienskapbesprekings

• Nagmars

• Bergklim

Elke kind se kreatiewe, emosionele, fisiese en geestelike sy is geprikkel.

5

Potjiekos het bewys dat die kinders wel in die natuur sal kan oorleef en laternbekruip het vele leerders die skrik op

die lyf gejaag te danke aan Mnr. Werner en Jan-Louis. Vrese is agtergelaat tydens die nagmars waar elke leerder tyd

onder die sterre spandeer het en net met ons Vader kon praat.

Die groot groep is in twee gedeel, onderskeidelik dogters en seuns, om hul sodoende te kan akkomodeer. Die

kinders is behoorlik besig gehou met al die aktiwiteite. Laat aande, min slaap en vuil lywe het gesorg dat elke kind

die huis meer waardeer.

Na vyf dae se leer, pret en spanbou het dit verseker dat die week ‘n reuse sukses was. Hordes foto’s, wat geneem is

tydens die week, bied pragtige herinneringe vir elke kind.

Namens al die graad sesse: Baie dankie vir die wonderlike geleentheid wat daar geskep is sodat ons die

Buitelugskool kon besoek.

Aan al die leerders: Baie dankie vir die week. Julle het die skool se naam hoog gehou en bewys dat elkeen ‘n goeie

leier is. Sterkte aan my mede kollegas, mag talle herinneringe op jul wag in 2012.

Dit is voorwaar die een plek waar kinders net kind kan wees!

OLIMPIADE

Daar is weer olimpiade eksamens geskryf gedurende die derde kwartaal. 112 Leerders het die eksamens afgelê in

verskillende vakke. Die finale uitslae word verwag teen die einde van November 2011.

VCSV

Daar is gereeld elke Vrydag tydens pouses CSV- byeenkomste gehou. Groot getalle leerders het getrou die byeenkomste

bygewoon.

Ons jaarlikse CSV-kamp is gedurende die eerste kwartaal by Camp Unity naby Edenburg gehou.

Ons het gereeld van besoekende sprekers gebruik gemaak

ESKOM EXPO VIR JONG WETENSKAPLIKES

Die Kovsie Wetenskap Expo vir jong wetenskaplikes het van 18 tot 21 Augustus in die Callie Humansaal by die

Universiteit van die Vrystaat plaasgevind.

Dit was weer ‘n besondere geleentheid vir elke Possie om hulle slag te wys met hulle projekte. Die projekte was

deurgaans van ‘n besondere hoë standaard. Twee Possies, Ly-Mari Marais en Mariné du Toit, het albei bronsmedaljes

verower.

Bai geluk aan die twee medalje wenners.

GRAAD 7-DOGTERSKLUB

Vanweë ons uiters talentvolle graad 7 dogters jaargroep, was dit so moeilik om tye te identifiseer waar al ons

dames bietjie kan ontspan en net saamkuier. Die vierde kwartaal bied aan ons hierdie geleentheid om ordentlik te

kan afskeid neem van ons geliefde Laerskool en so ook vriendskapsbande te smee wat ‘n leeftyd gaan hou.

Ons eerste funksie 20 Oktober, was ‘n lekker “funky dress”-geleentheid waar al die dames saam aan ‘n informele

modeparade by Oliewenhuis se tuine deelgeneem het. Wenners is aangewys wat spesiale pryse gewen het en

gelukkige trekkings is gehou wat die atmosfeer gelaai het met “gelukkige kinders”.

Ons tweede funksie vind plaas op 10 November. Dit word onder groot geheimhouding beplan, aangesien die

dogters die seuns ook wil bederf met spesiale aandag! ‘n Vroeë Kersfeestema is aan die orde van die dag..

Dankie aan elke graad 7 dame wat hierdie klub so spesiaal maak.

LEERDERRAAD

John C Maxwell: ” Leadership, by definition, means working with people. The best leaders are great team builders.”

6

Almal is nie beskore om te lei nie en daarom is dit ‘n groot verantwoordelikheid wat op dié rus wat wel gekies

word.

Om die leiers toe te rus met die nodige kennis en vaardighede, word daar ‘n kamp gehou kort na hul verkiesing om

sodoende die nuwe jaar aan te pak met al sy uitdagings. Daar word op verskeie vaardighede gefokus nl: Hoe om as

‘n span saam te werk, probleemoplossing, konflikhantering, kommunikasie en vele meer. Verantwoordelikheid,

lojaliteit, eerlikheid en ander eienskappe word ook ontwikkel wat die leerder help in die taak wat vir hom/haar

voorlê.

Die hoogtepunt op die kalender is die sokkies, vir Graad 6 en 7 leerders, wat twee keer per jaar plaasvind. Ander

fondsinsamelingsprojekte sluit Valentynsdag, Moeder-en Vadersdag in wat weer bydra tot die Graad 7- geskenk

aan die skool. Ouers word op gereelde basis gebruik, onder leiding van die 4 hoofleiers se ouers, om tot hulp te

wees met die projekte.

Om hulle leierseienskappe verder te ontwikkel, is daar deur die jaar geleenthede geskep op verskeie terreine. Dit

sluit in toesig gedurende pouse en saalbyeenkomste, asook die reëlings van beide sokkies. Elke prefek het ook sy

eie klas en is verantwoordelik vir dié se dissipline.

Nuwe rooibande is gemaak deur Mev. Steph Keyser en sal vir die volgende drie jaar gebruik word, elke leerder

ontvang wel ‘n balkie wat as herinnering dien vir die toekoms. Die rooibande help veral met die identifisering van

leerders, veral onder nuwe leerders.

‘n Groot dank ook aan Mnr. Klindt en Mev. Douglas, wat vanjaar as voogde opgetree het

MEDIASENTRUM

Die biblioteek het hierdie jaar oorgeskakel na ‘n rekenaarstelsel en weggedoen met die ou kaartjiestelsel.

Daar is ‘n hele paar nuwe boeke aan die biblioteek geskenk deur LAPA uitgewers, nadat hulle ‘n boekuitstalling by

die skool gehou het. Daar is ook ‘n paar nuwe boeke aangekoop.

Die Grondslagfase neem boekies uit tydens hul biblioteekperiode. Daar het heelwat meer leerders van die

Intermediêre- en Senior Fase boeke uitgeneem as vorige jare. Dit is ‘n riem onder die hart, aangesien dit van

kardinale belang is dat ons kinders moet lees.

Baie dankie aan die mediaprefekte wat hul pouses opgeoffer het om diens te doen in die mediasentrum.

MEDIASENTRUMPREFEKTE 2011:

Hoofmediaprefekte:

Paul Joubert

Helouise le Roux

Mediaprefekte:

Nadean Barkhuizen Weldré Peens

Corli Bekker Amor Prinsloo

Lynné Botha Minè Pulzone

Nicci Cilliers Chanté Rademeyer

Luanè Deyzel Alicia Smit

Danielle du Randt Carlí Strydom

Kayla Gerber Charlene Sutherland

Eldroné Kühn Annabelle Taljaard

Caitlyn Loudon Santana van As

Ly-Mari Marais Leandri van Rensburg

Sonja Paul Mizan Viljoen

Dit is voorwaar ‘n groot voorreg om saam met die betrokke groep te werk en elkeen het werklik hul kant gebring.

Julle is ware ambassadeurs vir ons skool.

KUNSWEDSTRYD

7

Mei 2011 se Vrystaatse Kunswedstryd het vir pragtige prestasies gesorg. Die sewe eksperimentele groepe het vyf

A++ en twee A’s losgeslaan. Altesaam 75 individuele deelnemers het gesorg vir 17 A++, 19 A+ en 16 A’s – voorwaar

puik prestasies.

MUSIEKONDERRIG

Sowat 80 leerders ontvang tans individuele klavier- en blokfluitonderrig by die skool, aangebied deur Mevv. Alba

Möller, Mariëtte Coetzee en Lynnette Liebenberg. 25 Leerders is hierdie jaar ingeskryf vir die praktiese eksterne

Unisa musiek-eksamens. Twee van ons leerders, Pieter Joubert (93%) en Enric Smith (91%), word op Unisa se ererol

geplaas vir die uistekende prestasie om bokant 90% te behaal. Verder slaag 6 leerders met lof (80% tot 89%), 7

leerders slaag met eervolle vermelding (70% tot 79%) en 10 leerders slaag. Verlede jaar het 31 leerders die Unisa

teorie-eksamens geskryf, en die volgende uitslae is behaal:

7 behaal ererol

14 met lof

3 met eervolle vermelding

5 slaag

Die 35 leerders wat hierdie jaar die Unisa teorie-eksamens geskryf het, se uitslae word eers laat in November

bekendgemaak.

Vanjaar het Willem Postma musiekleerders ook weer in groot getalle aan die Kunswedstryd deelgeneem en

uitstekende resultate behaal:

1 A+++, 10 A++, 5 A+, 78 A’s, 45 B+ en 20 B’s.

Paul Joubert het ook ‘n besondere prestasie behaal deur die prys te wen vir die beste uitvoering van ‘n Unisa

eksamenstuk in die afdeling Junior klavier.

POSSIE MOSSIES GRAAD 1-KOOR

Net soos verlede jaar was daar presies 72 opgewonde Mossies wat deel geword het van die Gr. 1 Possie Mossie

Koor. Dit was wonderlik om te kon sien hoe elke Mossie sy sangtalent ontgin en sy/ haar alles gee vir hierdie

koortjie. Elke Mossie het hul ouers se harte gesteel en ons is gevul met dankbaarheid teenoor ons Hemelse Vader

vir die voorreg van talente!

Hulle het weer soos gewoonlik in kerke opgetree, asook tydens die twee-jaarlikse Kunswedstryd en gaan ook weer

in November die nuwe Graad 1 maatjies van 2012 vermaak op hul Graad 1 dag.

Die Koor was ook die jaar so bevoorreg om uitgenooi te word om tydens die Grondslagfase Kongres by Kovsies

(UVS) te gaan optree. Tydens hierdie geleentheid was dit ideaal om die Mossies se tradisionele onderbaadjies te

vervang met die deftigste rooi en blou blink symateriaal onderbaadjies.

LOSLIT RITME EN REVUE GRAAD 2:

Die jaar het met groot opgewondenheid begin. Daar het 64 opgewonde Graad 2’s en 44 Graad 4’s met Revue

begin. Elke kindjie het regtig sy/ haar beste gegee tydens die Sand du Plessi Revuefees. Die musiek was meestal

ook hul eie keuse. Hulle het gedink die klere waarmee hul gaan optree, was baie “cool”.

Ons het die jaar van ‘n professionele fotograaf, mnr Gerhard Louw, gebruik gemaak Die foto’s en DVD sal vir altyd ‘n

pragtige herinnering vir elkeen wees.

Dankie aan die ouers se volgehoue ondersteuning, asook aankoop van klere, foto’s en kaartjies. Dit was die rede

hoekom hulle die optrede so geniet het en hulle so mooi gedans het.

Tot ons spyt het Marquard se skool hul Revue kompetisie gekanselleer.

JUNIORKOOR

Die Juniorkoor is ‘n jaar-aktiwiteit wat besondere getrouheid en uithouvermoë by die leerders kweek. Dit bestaan

uit Graad 2 en 3 leerders wat ‘n basiese kooroudisie geslaag het.

8

Die koor het met groot sukses deelgeneem aan die Kunswedstryd en ‘n A+ simbool verwerf. Hulle het ook

deelgeneem aan die Foyer produksie in die Stadsaal saam met Jakkie Louw.

SENIORKOOR

Vir ons Seniorkoor het ‘n suksesvolle koorjaar begin met ‘n heerlike oefenkamp op Mizpah Lodge. Hier het hulle

koormusiek aangeleer, mekaar beter leer ken en lekker geswem en gespeel.

Die vorige jaar al het ons Seniorkoor ‘n uitnodiging gekry om op te tree in die Drakensberge, tydens die Music in the

Mountains musiek- en kultuurfees. Gedurende die langnaweek aan die begin van Mei het die koor toe ‘n baie

suksesvolle toer na die Drakensberge onderneem, waarvan die hoogtepunt ons optrede in die groot McKenzie

ouditorium op die Seunskoor se terrein was. Die koor het tuisgegaan by die Drakensville omgewingsentrum, waar

die warm swembad die heel gewildste was. Almal het ook die uitstappies na die Koninklike Natalse Nasionale Park

en die Bosotho Kultuurstat baie geniet.

Tydens die Vrystaatse kunswedstryd behaal die koor ‘n A+ en ‘n A simbool, en tree ook op by die Willem Postma

musiek-aand. Tydens die streeksfees van die landswye Applous koorkompetisie behaal die koor ‘n pragtige goue

toekenning.

Die jaar word afgesluit met ‘n kerk-optrede by die NG Kerk Berg en Dal, asook die jaarlikse koorkonsert deur ons

drie kore op 7 November. Baie dankie aan al die koorlede wat hierdie jaar hulle musiektalent gebruik het om

Willem Postma se naam hoog te hou.

BLOEMFONTEIN KINDERKOOR

Twee van ons leerders, Helouise le Roux en Lee-Anne Dormehl, was hierdie jaar deel van hierdie pragkoor.

Die koor se optredes tydens 2011 sluit ondermeer in:

• Die Versoeningsaand van die Universiteit van die Vrystaat

• Internasionale Simposium van Kindermusik

• Vryfees in Die Fluitspeler van Hamelin en die huldeblykgeleentheid van Lucas Maree

• Voor die gradeplegtigheid van Oprah Winfrey asook die Volkkslied saam met Sibongile Khumalo

• Transnet Vrouedag Feesvieringe

• Vonk Estravaganza in Carnival City saam met kunstenare soos Sonja Herholt, Nadine, Jennifer Jones om ‘n

paar te noem wat op nasionale televisie uitgesaai word

• Vertrek op ‘n toer na Praag en Pole waat hulle saam met die Praagse konsertkoor sal optree en aan die

Krakow Koorkompetisie sal deelneem

• Verskeie kerkoptredes is ook gedoen

• Die Jaar konsert in die Sand du Plessis teater

SKOOLORKES

Die orkes het vanjaar bestaan uit 20 lede. Orkeslede bestaan uit Gr. 3 – 7 leerders. Die leerders doen dit vir hulle

plesier en die doel is om saam te kan speel en musiek te kan maak.

Die orkes het deelgeneem aan die kunswedstryd en het ‘n A+ behaal. Hulle het ook met Willem Postma se

Wynveiling op die stoep gespeel om die mense te verwelkom.

Die orkes sal graag by meer geleenthede wil optree en ons sal volgende jaar geleenthede kry om meer blootstelling

te kry.

MELODRAMA

Een van die grootste hoogtepunte op ons kalendeer vanjaar, was verseker die Melodrama. “Die Skoolklok”.

Aan die begin van die jaar is daar aan die personeel deurgegee dat ons ‘n spanbouprojek wil aanpak om gees onder

mekaar te bou en werklik mekaar op ‘n ander wyse te leer ken. Dit het beslis gebeur!

Hierdie projek was sowaar ‘n spanpoging deur elke personeellid, Van die skoolhoof, sekretaresses tot die terreinwerkers

was betrokke.

9

‘n Komitee is saamgestel en daar is begin idees rondgooi. Ons het dadelik begin oefen met danspassies en musiek.

Na lang aande se swoeg en sweet, was almal gereed vir die groot optrede aan die einde van die Tweede kwartaal.

Die saal was uitverkoop en die ouers het die saal volgesit.

Die aand, waar daar ‘n drie-gang ete bedien was, het die ouers geskaterlag van plesier en was vol verbasing oor wat

die personeel verrig het.

‘n Baie groot dankie aan die hele personeel vir hul entoesiasme en mej. Carli Potgieter wat aan die hoof van die

projek gestaan het.

SKOOLKOERANT

Ons het vanjaar besluit om te begin met ‘n skoolkoerantjie. Daar sal elke kwartaal ‘n uitgawe verskyn, naamlik “Die

Possie Posbus” en dit word uitgegee aan al die oudste en enigste kinders in die skool. Alles wat hierin verskyn is die

skryfwerk en kreatiwiteit van vyftien graad 6 en 7 redaksielede. Die hoofdoel van die koerantjie is dat die kinders

elke bladsy moet geniet en dus wil ons poog om gereeld kompetisies te hou.

Die “raai-raai” kompetisie wat in die eerste uitgawe verskyn het, waar die kinders moes raai watter onderwyser pas

by watter baba-foto, was ‘n reuse sukses en die kinders het dit baie geniet.Ons is baie opgewonde oor die toekoms

van hierdie opwindende nuwe projek.

VADER VISSER VOORTREKKERKOMMANDO

Baie dankie aan almal wat 2011 ‘n sukses gemaak het. Dit was weereens ‘n bedrywige jaar met baie uitdagings,

pret en plesier.

Ons eerste groot uitstappie was die jaarlikse Dieretuindut. In die eerste kwartaal het ons ‘n heerlike

waartlemoenfees gehou, asook die baie belangrike GGA-dag aangebied, waartydens Voortrekkers hulle kenteken

in plantekennis verwerf het.

Graad 4 – 7 Voortrekkers het in die tweede kwartaal ‘n kommadokamp te Camp Unity bygewoon. Tussendeur is

koekverkopings gehou ter stuiwing van ons fondse. Baie dankie vir almal se bydraes en ondersteuning.

Gedurende die derde kwartaal het graad 5 – 7 aan die Mara Theron Aksiekriekettoernooi deelgeneem. Daar is ook

weer van 1 – 5 Oktober te Doornkloof gekamp.

As deel van die Voortrekkers se 80-jarige feesvieringe, was ons betrokke by die opknapping van die Bron van

herinnering. Tydens die heringebruikneming hiervan op 24 September, is van ons nuwe lede tydens die seremonie

deur die hoof van die Voortrekkerbeweging, prof. Piet Strauss ingelyf.

12 graad 7 Voorslag PD Voortrekkers het hulle toekennings verwerf. Ons is baie trots op die 5 goue, 5 silwer en 2

brons toekennings wat ons ontvang het.

Graad 1 – 3 Voortrekkers se Kommandokamp het van 14 - 15 Oktober te Mizpah Lodge plaasgevind en dit baie

geniet.

Spanne het ook verskeie uitstappies gedurende die jaar onderneem, byvoorbeeld ‘n besoek aan die Boyden

Sterrewag, verskeie monumente en museums in die stad, die oud Springbokrugbyspeler Willie Meyer, ‘n seekamp

te Port Elizabeth, ‘n jagekspedisie en nog vele ander opwindende aktiwiteite. Dankie aan al die offisiere en ouers

wat hierdie geleenthede moontlik gemaak het.

Elke kwartaal is afgesluit met ‘n gesamentlike byeenkoms, soos die hou van ‘n waterkaskenades en roomys, ‘n

boeresport en pizza’s en ‘n bokjol en piekniek. Dit is deur verskillende spanne aangebied.

Ons jaarlikse afsluitingsfunksie en -kamp word op 4 November gehou en is gereël deur graad 5 as deel van hulle

kenteken. Baie dankie vir ‘n puik georganiseerde geleentheid om die bedrywige jaar af te sluit.

Baie geluk aan die Voortrekkerbeweging met hulle 80ste verjaarsdag! UITHOU, AANHOU, KOERS HOU!

VOORTREKKERS VOORSLAG P/D:

Corli Bekker Goud

Chantel Coetzee Goud

10

Lienke Botha Goud

Mariné de Toit Goud

Ly-mari Marias Goud

Paul Joubert Silwer

Gracia Booyens Silwer

Andries Bekker Silwer

Ruan Coetzee Silwer

Enrico Reitz Silwer

JP Pierdica Silwer

Wimpie Niebuhr Brons

Sonja Paul Brons

REDENAARS

Die afgelope jaar was daar ’n hele paar geleenthede vir die Possies om hul redenaarstalente te ontgin. Sommer

vroeg in die jaar, al op 15 Februarie, het die Gr. 1 en 2’s hul harte uitgepraat, sodat ons die deelnemers vir die ATKV

Kompetisie van 14 Mei kon kies. Willem Postma kon dus vanjaar vir die eerste keer vier Grondslagfase deelnemers

na die ATKV Redenaarskompetisie op 14 Mei stuur. Altesaam 13 Possies het aan hierdie kompetisie deelgeneem.

Brendan Rudman het deurgedring na die Vrystaat Kompetisie op 22 Mei. Ons is sommer baie trots op hom.

Willem Postma se Redenaarskompetisie vir Gr. 3 leerders het op 3 Augustus plaasgevind. Die wenners was Helmien

Smit en Frans-Noë Erasmus. Hulle twee het ons skool op 18 Augustus op Jim Fouché se Gr. 3 Redenaarsaand gaan

verteenwoordig.

Die Gr. 4 – 7 Redenaarskompetisie was op 7 September. Drie-en-twintig sprekers het deelgeneem. Die gr. 4 en 5

afdeling is deur Brendan Rudman en Lara Badenhorst gewen. In die Senior afdeling was Lizaré Danzfuss en Stephen

Pretorius die wenners.

’n Eerste vir Willem Postma was die Gr. 1 en 2 Redenaarsdag op 22 September. Dit het tydens skoolure plaasgevind

om die res van die leerders aan hierdie aktiwiteit bloot te stel. Die beoordelaars was werklik beïndruk met die

standaard. Rickus Prinsloo en Marjolijn Visser was die Gr. 1 wenners en Jason Schimper en Helené Janse van

Rensburg Gr. 2 se wenners.

Die negende Don Butler Interskole Afrikaanse Redenaarskompetisie het op 19 Oktober plaasgevind. Die

beoordelaars was dit eens dat ‘n baie hoë standaard gehandhaaf is. Twee van ons sprekers was onder die wenners.

Brendan Rudman het die Seunsafdeling gewen en Lizaré Danzfuss was derde in die Dogtersafdeling.

SKAAK

Die skaak het hierdie jaar 'n baie suksesvolle jaar beleef.

Aan die begin van die tweede kwartaal is die jaarlikse Sone-toernooi by Willem Postma aangebied. Hier het

heelwat skaakspelers deurgedring na die volgende rondtes. Ongelukkig het die Departementele toernooie

weereens net tot op Suid-Vrystaatvlak plaasgevind. Gevolglik kon daar nie hier ‘n Vrystaatspan aangewys word nie.

Tydens die Liga wat gedurende die tweede en derde kwartaal plaasgevind het, is altesaam drie Seniorspanne en

twee Juniorspanne hierdie jaar ingeskryf. Die Senior A-span en Junior A- en B-spanne het die liga gewen. Die

Senior D-span het ‘n tweede plek verower. Altesaam vyftien skaakspelers was bordwenners wat beteken dat hulle

al hulle wedstryde gewen het.

Hulle is:

Henru Dreyer Jan-Albert Pienaar

Andrelize van der Walt SJ Fourie

Charl Engelbrecht Johan Pienaar

Johan Fourie Jason Schimper

Delmarie Pretorius Joas Erasmus

Paul Joubert Dawie Kleynhans

Albertus van der Walt Nielbert Mostert

Phillip-Hendri Johnson

11

Heelwat skaakspelers het ook gedurende die jaar aan CHESSA-toernooie deelgeneem.

By die Blitsskaaktoernooi, wat hierdie jaar by Willem Postma aangebied is, het twee Junior- en twee Seniorspanne

deelgeneem. Die Junior A-span het hier met die beker huis toe gekom.

Die Senior A- en Junior A-spanne is ook uitgenooi om gedurende Oktober aan die “SA Top Schools”-toernooi deel te

neem.

Die Skaakkampioenskappe is afgehandel en die Kampioenskapbeker vir die Juniors word toegeken aan Albertus

van der Walt en die Seniorbeker aan Rudolph Myburg. Die beste dogter-skaakspeler is Corlé van der Walt, terwyl

Heinrich Wallice aangewys is as die skaakspeler wat hierdie jaar die beste gevorder het.

Baie geluk aan al die skaakspelers vir 'n wonderlike jaar. Dankie aan al die ouers en afrigters vir hul toewyding en

opoffering.

ATLETIEK

Die atletiekseisoen in 2011 het op ‘n baie hoë noot afgeskop, deurdat ‘n rekord aantal atlete aan die twee

atletiekbyeenkomste deelgeneem het. Dit kan ook deels daaraan toegeskryf word dat die skool se getalle gegroei

het. Sowat 94 atlete het by die Sone C byeenkoms die skool gaan verteenwoordig. Daar het Willem Postma

uitstekend gevaar deurdat ons ‘n algehele eerste plek behaal het.

Daarna is alle atlete wat verder gekwalifiseer het, uitgenooi om aan die Fichardtpark Byeenkoms te gaan deelneem

ter voorbereiding van die volgende groot byeenkoms. By die Motheo – Gariep byeenkoms in die Vrystaatstadion

het 56 atlete deelgeneem, waarin verskeie puik prestasies behaal is. Van daardie atlete het 23 gekwalifiseer om aan

die Vrystaatse Kampioenskappe in Sasolburg te gaan deelneem. Daar het vyf atlete deurgedring na die Suid –

Afrikaanse kampioenskappe wat in die Herman Immelman Stadion in Germiston plaasgevind het.

Tydens daardie byeenkoms het Christian Noordman ‘n driekuns behaal deur ‘n goue, silwer en bronsmedalje te

verower. Herman Agenbag het ewe eens baie goed gevaar deurdat hy ‘n silwer in gewigstoot behaal het en ook

aangewys is as een van die top 50 atlete op SA’S.

Alle atlete wat gedurende die 2011 seisoen vir die Suid – Vrystaatse sowel as Vrystaatse atletiekspan gekwalifiseer

het, word ook vanaand daarvoor beloon. Die atletiekseisoen van 2011 sal altyd bekend staan as een van die

grootste seisoene in die skool se geskiedenis. Ons dank en gelukwense gaan aan elke atleet wat vanaand erkenning

sal ontvang vir sy of haar prestasies op die atletiekbaan. Doen so voort Possies.

SWEM

‘n Pragtige en heerlike swemseisoen is agter die rug. Goeie uitslae was die sukses van harde werk, ure se oefen in

die swembad en deursettingsvermoë.

Ons swembad moes herstelwerk ondergaan en was nie beskikbaar vir swemoefening nie. Ons het van Hoërskool

Sentraal se swembad gebruik gemaak. Ons wil weereens vir Hoërskool Sentraal bedank vir die gebruik van hul

swembad. Ons sien uit na die volgende swemseisoen in ons nuwe herstelde swembad. Ons wil almal wat so hard

gewerk het om ons swembad te herstel, hartlik bedank.

Die leerders was baie opgewonde oor die swem en het in groot getalle by die swemoefeninge opgedaag.

Swemmers het baie goed gedurende die oefeninge gevorder.

Die beginnertjies het in groot getalle opgedaag. Die kleintjies het geleer swem, van bakke tot in die swembad.

Ons by Willem Postma doen baie moeite met ons beginner-swem, want dis daar waar die vaardighede reg vasgelê

moet word. Onder hierdie beginner-swemmertjies is daar baie talent en ons vertroetel ons beginners-swem, sodat

dit ons swem kan bevorder en sterk maak.

Die Willem Postma Kleuregala was weereens ‘n groot sukses. ‘n Groot getal swemmers het aan die gala

deelgeneem. ‘n Hoogtepunt van die gala was die kleintjies wat baie braaf die 25m aangedurf het en goeie

swemtalent is onder hulle opgemerk. Die gala is afgesluit met die Gr. 7 leerders wat in hul pajama’s moes swem.

Dit was groot pret. Die Geesbeker is verower deur die Blouspan en die Swembeker deur die Rooispan.

12

Die swemspan het bestaan uit 83 swemmers. Die gala teen Universitas het by hul swembad plaasgevind as gevolg

van herstelwerk aan ons swembad. Hierdie gala is ‘n oefengala vir Inter Primêr.

Gedurende die Inter Primêre Gala het ons 0/12 seuns algeheel eerste geëindig.

Hulle was dan ook die bekerwenners vir die beste 0/12 seunsspan. Tydens hierdie gala is 22 goue, 19 silwer en 43

brons medaljes verower. Baie geluk aan Joshua Hamilton wat aangewys is as die Victor Ludorum. Ons is baie trots

op ons swemmers. Vrugte van harde werk word gepluk.

Na die Inter Primêre Gala is 24 van ons swemmers gekies om teen Noord-Vrystaat te gaan meeding. Hierdie

swemmers het dan ook Suid-Vrystaat Klere ontvang.

Hierdie jaar het S.A. Swem nie plaasgevind nie. Die volgende swemmers het presteer tydens die gala teen Noord-

Vrystaat en het dus hul Vrystaat Klere vir swem verower:

Henk Cilliers Stephen Pretorius Stefan Visser

Louis Gouws Mizan Viljoen Carli Strydom

Wimpie Niebühr Juan-Luke Hamilton Joshua Hamilton

Westley Schutte Dané Steyn Charné Viljoen

‘n Paar van ons swemmers het ook die Midmar-Myl met sukses voltooi. Dit is ‘n ervaring wat nie misgeloop kan

word nie.

Baie dankie en geluk met die mooi swemprestasies. Baie dankie aan elke mamma en leerkrag wat met die swem

gehelp het.

TWEEKAMP

Ons kyk met trots terug op 2011 en die wonderlike prestasies wat ons Tweekampatlete behaal het. Die SA

Kampioenskappe was die jaar deur OP in Port Elizabeth aangebied op 2 en 3 April. Ons atlete het ook aan verskeie

Interprovinsiale byeenkomste deelgeneem, naamlik SVS Interprovinsiaal op 1 en 2 Oktober, Griekwa

Interprovinsiaal in Kimberley vanaf 15-16 Oktober en OP Interprovinsiaal in Port Elizabeth op 29 en 30 Oktober.

Die Suid-Vrystaat atlete van 2011 is:

A-span

Gean Viljoen

Rachelle Stockenström

Nicholas J. van Rensburg

Stephen Pretorius

Mizan Viljoen

Christina Olivier

Lize Jacobs

John Lamley

Carl Kellerman

Wimpie Niebuhr

Charné viljoen

B-span

Bernard du Raan

Neil Lamley

Coreen Hechter

Ontwikkelingspan

Hilda Olivier

Baie dankie vir elke atleet se harde werk die jaar en dat julle altyd betyds is vir elke byeenkoms en soos ‘n ware

Possie optree en deelneem.

LANDLOOP

13

Die landloop het die jaar baie goed begin met baie atlete wat aan die oefeninge deelgeneem het. Die atlete was nie

almal so ywerig met die oefeninge nie, en het later minder geword. Meeste van die atlete wat by die oefening was,

was daar om fiks te word vir hul spesifieke sportsoort. Die atlete wat dit professioneel doen, het privaatafrigters.

Die getal van die atlete het nooit werklik vermeerder deur die jaar nie. Die feit dat soveel meer leerders ook al

professionele afrigting kry veroorsaak ook ‘n groot leemte in die getalle. Die atlete wat nie professionele afrigting

gekry het nie, het elke oefening bygewoon en so hul beste vir die skool gelewer.

Al die atlete wat aan die ligas deelgeneem het, het voorwaar net die beste gelewer. Elke liga het nie altyd die

lekkerste weer gehad nie, maar die atlete het hul nie laat afskrik nie.

Ons het ‘n goeie jaar beleef en die volgende atlete het ook baie goed presteer in hul onderskeie ouderdomsgroepe:

Gean Viljoen, Mizan Viljoen, Christina Olivier, Jason Shcimpers, Hilda Olivier en Charné Viljoen.

Ons atlete het nie net met die liga byeenkomste goed presteer nie, maar het ook aan die SA byeenkoms

deelgeneem, waar hul ook baie goed presteer het en onder die top 40 atlete van die land was in hul onderskeie

ouderdomsgroepe.

Ter afsluiting wil ek baie dankie aan elke atleet sê vir die harde oefening. Dankie ook vir elke ouer wat hul kinders

so mooi ondersteun het deur die jaar. Ons sien uit na ‘n mooi en lekker seisoen volgende jaar.

TENNIS

Die tennis het afgeskop met ‘n heerlike en baie suksesvolle rondomtalie wat op 29 Januarie by Sentraalbane

plaasgevind het. Dit het baie gehelp om die Gr 4 – 7 leerders voor te berei vir die Suid-Vrystaat proewe.

Op Vrydag, 6 Mei word die 1ste dogterspan genooi om na die Amanda Coetzer Tennis-Uitdaagtoernooi te gaan kyk,

waar hulle deur die Leerderraad van Oranje getrakteer is.

Die volgende spelers het daarin geslaag om ‘n plek in die Suid-Vrystaat A- en B-span te haal.

Dogters 0/10 Seuns 0/10 Dogters 0/12 Seuns 0/12

Nicola Hefer Christiaan Duvenage Chanté Rademeyer Louis James

Johan Human Lienke Botha

Micarla du Plessis

Seuns 0/14 Dogters 0/14

Hubert Badenhorst Hanri Stofberg

Fritz Buhrman Lise Stofberg

Eduan Naudé Monique du Preez

Marieke le Roux

Hierdie seuns en dogters het teen Noordwes- en Oos-Vrystaat gespeel.

Hubert Badenhorst is ook deel van die 0/13 Vrystaatspan en word opgeneem in die S.A. skole 0/13 span.

Hubert Badenhorst het ook aan verskeie toernooie deelgeneem en pragtige prestasies behaal. Hy wen die

enkelspeltitel in die Grens, asook in die Oos-Kaap vir seuns 0/14. Verder wen hy die Free State Mini 4 Series vir

seuns 0/16 beide die enkel- en dubbelspel.

Lise Stofberg wen die 0/16 Kloppers toernooi. Chanté Rademeyer en Lienke Botha wen die 0/12 dubbels tydens

die Kloppertoernooi.

Wat die ligas betref, het die seuns en dogters ook pragtig gevaar. Ons het drie seuns- en drie dogterspanne vir die

liga ingeskryf. Al die wedstryde kon ongelukkig nie plaasvind nie.

Seuns:

Span: Gespeel: Wen: Verloor:

1ste 4 3 1

2de 5 3 2

3de 8 7 1

Dogters:

Span: Gespeel: Wen: Verloor:

1ste 2 1 1

2de 3 2 1

3de 4 4 0

14

Die eerste dogterspan is genooi om aan die Cradock Uitdaagtoernooi deel te neem wat vanaf 24 – 28 Augustus te

Cradock plaasgevind het. Hier het hulle tweede geeïndig uit ses skole, nl. Cradock, Clarendon Park, Hudson Park,

Oranje en Collegiate.

Met die skryf van hierdie verslag was die 0/11 - liga nog nie afgehandel nie. Ons het drie seunspanne en twee

dogterspanne vir hierdie liga ingeskryf.

Die Willem Postma-kampioenskappe se uitslae is as volg:

Seun enkelkampioen : Hubert Badenorst

Seuns dubbelkampioene : Hubert Badenhorst en Eduan Naudé

Dogter enkelkampioen : Hanri Stofberg

Dogters dubbelkampioene : Hanri Stofberg en Lise Stofberg

Gemengde Dubbels : Hubert Badenhorst en Lise Stofberg

0/11 Seun enkelkampioen : Brendan Rudman

0/11 Seuns dubbelkampioene : Rhyno Kriek en Walter Blake

0/11 Dogter enkelkampioen : Dané Redpath

0/11 Dogters dubbelkampioene : Dané Redpath en Marieke le Roux

0/11 Gemengde Dubbels : Rhyno Kriek en Lené Badenhorst

Die Debonair’s Tennistoernooi vanaf 3 – 6 Augustus na Bethlehem was ‘n groot sukses en twee seunspanne en

twee dogterspanne het ons skool verteenwoordig.

Die uitslae was as volg. In die seuns A-afdeling was ons seuns sesde. In die seuns B-afdeling was ons seuns tweede.

In die dogters A-afdeling was ons dogters vyfde en in die dogters B-afdeling was ons dogters tweede.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al die afrigters, asook mnr. Gustav Fichardt en sy hulpafrigters

wat met die afrigting gehelp het, te bedank.

Aan elke entoesiastiese en lojale tennisspeler en hul ouers, ‘n baie groot dankie vir jul positiewe bydrae.

MINI-TENNIS

Ons kyk graag terug op ‘n opwindende, vol mini-tennis jaar. Ons kan met reg trots wees op ons Gr. 1-3 mini-tennis

spelers. Daar is ywerig geoefen en 2 seuns- en 2 dogterspanne het in die derde kwartaal aan ligawedstryde

deelgeneem. Dankie vir elke speler wat so getrou kom oefen het.

Die wenners van die Willem-Postma Mini-tennis Kampioen-skappe is reeds tydens die GF-Afsluiting beloon, maar

ons noem hulle graag hier: Dogters enkels: Mikkela le Roux, Seuns enkels: Muller Esterhuyse, Dogters dubbels:

Mikkela le Roux en Simoné du Plessis, Seuns dubbels: Muller Esterhuyse en Du Toit Fourie, Gemengde dubbels:

Mikkela le Roux en Muller Esterhuyse.

Graag bedank ons ook elke afrigter en hulp-afrigter vir kosbare ure op ‘n soms warm en soms winderige tennisbaan

gespandeer. Die resultate aan die einde van die liga en ook om die gr. 1-spelertjies te sien ontwikkel het, van lomp

balslanertjies tot volwaardige tennis spelertjies, is die moeite werd!

HOKKIE

Wat ‘n seisoen vol hoogtepunte was dit nie! Baie geluk aan ons 47 spanne wat deelgeneem het aan die liga. Dit wil

gedoen wees. Ons spanne kan ook net so sterk wees, soos wat hul afrigters hul toelaat om te groei – aan elke

afrigter, ‘n besonderse woord van dank, sonder jul lojaliteit en werksetiek sou hierdie seisoen nie so ‘n groot sukses

kon wees nie.

Ons 0/13 hokkiegroep het ons skool se naam hoog gedra. Die eerstespanne van die seuns en meisies het ons naam

met trots verteenwoordig met ons jaarlikse hokkietoer te Brits. Pryse vir die mees belowendste tot die beste

vleuels en voorspelers is aan ons spelers toegewys onder die 14 skole wat die toer meegemaak het.

1 Meisie en 5 seuns is onderskeidelik verkies tot die Motheo-spanne by ons 0/13 jaargroep:

• Monique de Preez

• Mian Noordman

15

• Darryl Bruwer

• Brandon Lötter

• Eric Wesi

• Wesley Schutte

Baie geluk aan ons 0/13 seuns wat spesiaal genooi is om aan die Noord-Wes “School Challenge” deel te neem,

waar 10 van die beste hokkiespanne van die land bymekaar kom om kragte te meet. Hierdie seuns is as die

wenners gekroon en het met ‘n goue medalje huis toe gekom.

Hierdie was ‘n seisoen vol sukses en welverdiende welslae. Baie dankie aan elke speler wat deel was van ons

hokkiespan, julle verdien ‘n Possie applous!

KRIEKET

‘n Baie geslaagde krieket seisoen lê agter die rug en ons kan met dankbaarheid terugkyk na al die harde werk. Ons

het weereens sterk mededingende spanne gehad en hope talent is reeds geïdentifiseer. Self ons graad 1 groep het

gereeld aan wedstryde deelgeneem.

Die groot toeloop van spelers hierdie jaar het beslis baat gevind by die opgradering van ons bestaande nette. ‘n

Groot dank aan elke persoon wat ‘n bydrae gelewer het vir ons spog “nuwe” nette. Dit word opreg waardeer.

Hierdie fasiliteite het bygedra tot nog beter prestasies. Die seuns geniet elke oomblik in hierdie nette.

Ons spanne het waarlik van krag tot krag gegaan. Die afrigtingsspan het hard gewerk om die spelers se spel op ‘n

goeie vlak te kry en hul kennis oor die spel in geheel te verbeter. Sewe van ons spelers is gekies vir provinsiale

spanne wat werklik ‘n top prestasie is. Hulle is Fritz Bührman o/13 A, Franklin Damons o/13 B, Christo Diedericks

o/13 B en Brendan Rudman o/11 A, Corné Kruger o/11 B, Rhyno Kriek o/11 B en Gareth Kretsman o/11 B. Die seuns

is beloon vir harde werk en waarlik ons skool se naam hoog gehou. Mooi so, manne! Ons is trots op julle en elke

speler wat ons skool verteenwoordig het op die krieketveld.

T.o.v krieket in die geheel by Willem Postma wil ons graag baie dankie sê aan elke student, afrigter, speler en ouer

wat bygedra het tot hierdie seisoen se sukses.

MINI-KRIEKET

Ons seuns het hierdie jaar gewys hulle is ‘n krag om mee rekening te hou. Daar is niks wat die manne nie kan doen

nie. Al die harde werk, gereeld oefen, swoeg en sweet wat die manne insit, sal nog beloon word. Ons hou julle dop.

Van die graad 1 seuns het ook vir die eerste keer deelgeneem aan wedstryde die 1ste kwartaal. In die 4 de kwartaal

het die seuns elke Woensdag pragtige krieket gespeel en gewys ons het ‘n paar Proteaspelers in wording. Julle laat

elke krieketliefhebber se hart warm klop. Hou so aan.

Baie dankie aan elke kind, ouer, afrigter en onderwyser wat hulle volle gewig ingegooi het by die krieket. Ons is

waarlik trots op julle.

NETBAL

Die seisoen skop af met ‘n inligtingsvergadering by Fauna Primere Skool. Alle inligting insake die liga word tydens

die vergadering aan die skole deurgegee. Altesaam sewe skole speel in die A-liga: Willem Postma, Fichardtpark,

Bloemfontein Laerskool, Jim Fouche, President Brand, Universitas en Oranje Meisieskool.

Die gradering vind plaas by Fichardtpark Primere Skool. Altesaam dertien skeidsregters word hierdie jaar

gegradeer. Al hierdie skeidsregters het dan ook hul gradering verbeter.

Willem Postma skryf hierdie jaar 26 spanne in vir die liga. Die 0/7-, 0/8- en o/9-groepe het selfs E-spanne

beskikbaar. Daar is egter min of geen wedstryde teen ander skole beskikbaar vir die D- en E-spanne. Ons probeer

om hierdie spanne positief te hou deur intern wedstryde teen spanne van ons eie skool te organiseer.

Willem Postma het ‘n baie suksesvolle netbalseisoen beleef. Ons wen en speel gelykop in 62% van al ons

wedstryde en verloor net 38%. Die 0/7A-, 0/7D-, 0/11D- en 0/13A-spanne eindig eerste in die liga. 0/7B- en 0/8D-

16

spanne speel een wedstryd gelykop en wen die res. 0/7C speel in twee wedstryde gelykop en wen die res. Alle

dank en eer aan ons afrigters en spelers vir hul harde werk en toewyding.

Die 0/13A-span beleef ‘n buitengewone suksesvolle seisoen. Hulle eindig eerste in die liga en behaal ‘n tweede

plek op die Vrystaat-Challenge. Hierdie span neem dan ook op 5 en 6 Augustus saam met die top vyftien skole in

die land deel aan die SA-Challenge in Boksburg. Hulle behaal hier ‘n baie goeie agtste plek.

Die 0/7- tot 0/10-spanne woon ‘n baie suksesvolle en leersame afrigtingskursus vir afrigters en spelers by. Dit word

by President Brand Laerskool aangebied.

Die proewe het hierdie jaar goed verloop. Twee van ons spelers, Su-Helen Serfontein en Nicole de Witt, word

ingesluit in die Suid-Vrystaatspan. Ons is baie trots op hierdie twee dogters! Hulle is ook in die Vrystaat-span wat

aan die S.A-Challenge deelneem.

Die 0/12-en 0/13-spanne toer gedurende die Aprilvakansie saam met die rugby na Sportweni. Dit is onder leiding

van mnr. Thys Nel ‘n uiters geslaagde toer, met die 0/12-span wat twee wedstryde op die toer verloor en die 0/13span

wat net een wedstryd verloor. Onder leiding van bekwame afrigters het die afrigters en spelers baie geleer en

is ons goed voorberei vir die komende seisoen.

Ons maak gedurende die seisoen gebruik van ouers en studente as hulpafrigters. By elke ouderdom is egter ‘n

onderwyser, wat as afrigter en bestuurder vir die betrokke ouderdom optree. Daar is hierdie jaar gepoog om meer

afrigters (drie) per ouderdom aan die spanne toe te ken. Dit het beslis vrugte afgewerp en sal indien moontlik

voortgesit word in 2012.

Die 0/12A- en 0/13A-spanne neem deel aan Hoërskool Sentraal se aandliga. Dit reën ongelukkig die tweede dag

uit, maar die 0/13-span slag daarin om onoorwonne te eindig.

Jordania besoek ons in die eerste kwartaal vir die jaarlikse inter. Ten spyte van die baie nat velde is dit ‘n genotvolle

dag met gemengde welslae.

Die jaarlikse netbaldag vind plaas op 16 April. Al die A- en B-spanne neem deel. Dit is goeie voorbereiding vir die

komende seisoen. Al ons spanne het op hierdie dag baie goed presteer.

RUGBY

In die jaar van die wêreldbeker vir rugby het ons skoolspanne hulself deeglik laat geld.

Met die aandliga het ons 0/11 en 0/13 spanne uitstekend gevaar en reeds vroeg in die seisoen gewys dat hulle hul

man sal kan staan in die stadsliga.

‘n Baie suksesvolle Sportweni-toer is onderneem en die 0/13 span was die enigste onoorwonne span tydens die

toernooi.

Drie spanne is in elke ouderdomsgroep in die liga ingeskryf en daar is self vriendskaplike wedstryde vir die Dspanne

gereël.

Op provinsiale vlak het ons seuns hulself ook laat geld en die volgende seuns is in provinsiale spanne ingesluit.

Vrystaat 013A en Cravenweek: Jaco de Beer

Hewalt Sparkham

Vrystaat 0/13B: Malherbe Oosthuizen

Vrystaat 0/13C: Louhan Jordaan

Vrystaat 012A: Leandri Barnard

Henk Cilliers

Gerhard Roodt

17

Baie geluk aan die seuns met die pragtige prestasie. Dankie aan die afrigters vir die harde werk.

GHOLF

Ons het hierdie jaar begin met ‘n “Gholfakademie” en alhoewel dit nog in sy beginskoene staan, is ons baie

opgewonde met die resultaat. Die gholspelers geniet dit – en hopelik sal ons die resultate eersdaags sien.

LEERDERRAAD 2011

Hoofseun: Philip Schall Hoofdogter: Lise Stofberg

Onderhoofseun: Fritz Bührman Onderhoofdogter: Hanri Stofberg

Hubert Badenhorst Azeldri Annandale

Darryl Bruwer Lienke Botha

SJ Coetzee Lizaré Danzfuss

Jaco de Beer Nicolé de Wit

Christo Diedericks Monique du Preez

Chris Kotzé Nadia Gouws

John Lamley Mia Griesel

Eduan Naudé Esli Lamley

Malherbe Oosthuizen Marja-Lise Nel

Wesley Schutte Jaclyn Onderstall

Leander Snyman Sunandi Reinders

Hewalt Sparkham Su-Helen Serfontein

Ruan Squires Jeannie van Zyl

Hardus van Heerden Nica Zaayman

LEERDERRAAD 2012

Barnard Jandri Beukes Thérine

Cilliers Henk Botha Lienke

Coetzee Eduan Cilliers Nicci

Du Plessis Christiaan De Klerk Lisa-Mari

Gouws Louis Du Plessis Micarla

James Louis Engelbrecht Alicia

J. van Rensburg Theo-Niel Jacobs Lizanne

Jordaan Louhan Jacobs Lize

Joubert Van Niekerk Landman Mari

Kriek Gerrit Nel Alexa

Marais Barné Olivier Christina

Steenkamp Koot Prinsloo Amor

Van der Schyff Johann Pulzone Miné

Van der Schyff Lochner Van der Walt Corlé

Van Rooyen Pieter Viljoen Charné

Visser Stefan Viljoen Mizan

Die Hoofleiers word tydens die Afsluitingsfunksie aangekondig

18

GRAAD 7: AANTAL JARE IN WILLEM POSTMA:

(‘n Sterretjie dui aan dat dit die laaste kind van die gesin is wat die skool verlaat)

7 Jaar

Annandale, Azeldri

Archer, Jan-Hendrik *

Badenhorst, Hubert

Bekker, Andries *

Bekker, Corli *

Bosch, Ruben *

Boshoff, Luan *

Botes, Jason *

Botha, Lienke *

Botha, Lynné

Bruwer, Darryl *

Coetzee, Chantel

Coetzee, Henk

Coetzee, SJ

Da Silva, Miguel *

Danzfuss, Lizaré *

De Beer, Jaco *

De Bruin, Jacques *

De Vos, Altanja *

De Wit, Nicole *

Diedericks, Christo *

Dormehl, Lee-Ann

Du Preez, Monique *

Du Toit, Chinel *

Du Toit, Mariné *

Ezendam, Enco

Faber, Nico

Gouws, Nadia *

Groenewald, Wihan

Hanekom, Monique *

Janecke, DC *

Kotzé, Chris *

Lamley, John

Lötter, Brandon *

Lötter, Roché *

Ludeke, Kevin *

Marais, Ly-Mari

Mulder, Reinhard

Naudé, Eduan

Naudtter, Brandon *

Neethling, Dale *

Nel, Dené *

Nienkemper, Ezane

Noordman, Mian

Onderstall, Jaclyn

Oosthuizen, Malherbe *

Oosthuysen, Heike

Palm, Edwin *

Pierdica, JP *

Reinders, Sunandi *

Reitz, Enrico

Relihan, Bertie *

Richter, Pieter *

Rupping, Charlene *

Schall, Philip *

Schutte, Wesley *

Sephton, Dwayne *

Serfontein, Su-Helen

Smith, Cherize

Sparkham, Hewalt

Squires, Ruan *

Steyl, Chris *

Stofberg, Hanri *

Stofberg, Lise *

Taljaard, Annabelle

Theron, Jessica

Van Heerden, Hardus *

Van Jaardveldt, Benjamin *

Van Rhyn, Leonie

Van Zyl, Jeannie

Venter, Niel *

Wesi, Eric *

Westraadt, Kyla

Zaayman, Nica

6 Jaar

Bührmann, Fritz *

Kühn, Eldroné

Loudon, Caitlyn

Nel, Marja-Lise

Niebuhr, Wimpie

Pienaar, Lisa

Venter, Jay-Tee

5 Jaar

Dreyer, Henru

Griesel, Mia *

Landman, Jeandre

Schreuder, Petrus

Snyman, Leander

4 Jaar

Booyens, Gracia *

Coetzee, Ruan *

Hattingh, Stéfan *

Nieuwoudt, Glen *

Pienaar, Eddie

Pretorius, Pieter

Slabbert, Viann *

Spies, Estie *

Van der Walt, Ruan *

19

3 Jaar

Cijster, Marizanne *

Deyzel, Luané *

Hurter, Nicola

Joubert, Paul

Lamley, Esli

Le Roux, Helouise

Smit, Petrus *

Smuts, Jared *

Styger, Johnny *

2 Jaar

De Swardt, Iné *

Delport, Claragene *

Olivier, Claudia *

Paul, Sonja *

Peens, Weldré *

Sivewright, Samantha-Lee *

Van Rensburg, Leandri *

1 Jaar

Hills, Corné *

Pretorius, Joubert

Van Niekerk, Gerhardt

Wallace, Heindrich

GRAAD 7-AFSKEIDSLIED 2011

1. Dit is nou tyd, tyd, tyd, tyd

Om ons ou skooltjie te verlaat, laat, laat, laat

Om na die hoërskool toe te gaan, gaan, gaan, gaan

+Ons gaan jul almal baie mis, mis, mis, mis

Refrein: Maar skool gaan aan en aan en aan,

Ja, dit gaan aan en aan en aan!

Ja-a!

Elke vroeg-oggend, sweerlik dou voor dag

moet ons opstaan, kan nie laat slaap!

Eerste periode is ‘n grote pyn:

is nog so moeg, nie nou lus nie..

Maar Possieland is pret, wil niks anders hê!

Hoërskool kan maar wag, ons is nog nie klaar

SW, NW, Sport,

Kuns en dalk Engels

Hoërskool kan maar wag, ons is nog nie klaar!

2. Ons kan nie wag, wag, wag, wag

SW periode is net leer, leer, leer, leer

En NW werk is in beheer, heer, heer, heer

Maar Afrikaans, ek sê maar niks, niks, niks, niks

Refrein: Maar skool gaan aan....

3. Ons gaan jul Possies mis

Jul is al deel van ons bestaan

Maar ons moet nou voortgaan

Ek kan nie glo die tyd breek aan

Maar jy, jy, jy, kan net kyk

En jy, jy, jy, sal net soos ons sien, sal net soos ons sien

Hoe ons die hoërskool verstom

Ja, die hoërskool verstom

En die hoërskool verstom

Refrein: Elke oggend....

Wysie: Dynamite, Taio Cruz

Woorde: Heike Oosthuysen

20

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!