04.05.2013 Views

primêre skool willem postma - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

primêre skool willem postma - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

primêre skool willem postma - Willem Postma "Gelukkige Kinders"

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PRIMÊRE SKOOL WILLEM POSTMA

28176, Danhof, 9310 051 436 2730 / 1 wpps@wpps.co.za http://www.willempostma.co.za

Uitgawe 24

UIT DIE KANTOOR

Ná drie dae by die buitelugskool was daar

gister behoorlik chaos by ons hekkie. Ek het

voor die hek stilgehou en Spencer en sy

kleinsus, Anny, het met die normale stertswaai,

natneus en oopbek aangedraf

gekom. Toe hulle egter sien dat dit hul baas

is wat vir “so lank” weg was, het pandemonium

losgebars. Spencer het soos „n

wildsbok, wat pronk ná „n reënbui, met stywe

bene al in die rondte op-en-af gehop, skielik

in „n rigting in gestorm, bo-oor „n struik gaan

spring en dan weer al hoppende teruggekom.

Anny weer, het reg voor die hek plat

op haar stert gaan sit en begin huil (nie tjank

nie, huil – „n droewige huil soos „n kind wat

pas gehoor het dat sy troetelhaas weg is).

Dit het my twaalf minute en vyf-en-veertig

sekondes geneem om haar te troos en

Spencer van sy bok-hop af te kry. Hoewel

ek elke oomblik van hierdie oordadige liefde

geniet het, het ek ook besef dat my honde

dalk té afhanklik van my teenwoordigheid is.

Dit laat my dink aan die skeidingsangs

waarmee skole gereeld te doen het in die

laer grade en ook tydens toere. Ek stem

veral saam met Ferdinant W. van Wyk

(kinderontwikkelaar) se menings rondom

skeidingsangs. Ek deel graag met u enkele

redes vir skeidingsangs en hoe om dit aan te

spreek.

Hoewel alle kinders 'n mate van skeidingsangs

beleef, is dit by sommige kinders erger

as by ander. Hier is faktore wat 'n rol kan

speel :

1. Sommige kinders is meer sensitief as

ander.

2. Vroeë trauma, soos skeiding van ma

weens hospitalisasie, egskeiding, ens.

kan skeidingsangs verhoog.

3. Oorangstige ma's kan skeidingsangs

vererger, omdat hulle by hul kind die

indruk wek dat die wêreld 'n onveilige en

gevaarlike plek is. Oorbeskerming stuur

'n boodskap na die kind uit dat hy/sy nie

sterk genoeg is om dit alleen te kan hanteer

nie.

4. Skeidingsangs kan vererger as 'n ma nie

emosioneel beskikbaar is nie, omdat sy

byvoorbeeld aan depressie ly of haar

beroep deurentyd eerste stel.

5. In die meeste gevalle word skeidingsangs

veroorsaak deurdat ouers nie genoegsame

tyd spandeer saam met hul

kinders nie.

6. Skeidingsangs kan vererger as jy met

verlating dreig ("Ek gaan wegloop as jy

stout is").

Hoe om skeidingsangs te hanteer

1. Gee jou kind 'n voorspelbare omgewing

wat hom/haar veilig laat voel.

2. As jou kind intense skeidingsangs het,

bring meer tyd saam met hom/haar deur.

Hoe meer veiligheid jou kind by jou er-

POSDUIFIE

vaar, hoe gouer sal hy/sy van jou af

begin wegbeweeg.

3. Maak seker dat jy self die skeiding kan

hanteer en moenie onsekerhede op

jou kind oordra nie.

4. Maak die afskeid makliker deur vooraf

vir jou kind te verduidelik wat hy/sy kan

verwag en nie vooraf op jou kind se

gevoel te speel met dinge soos

“Mamma gaan jou so mis nie”.

5. Moenie die groetery uitrek nie : Gee

jou kind „n drukkie en soentjie, draai

om en klim ferm in jou voertuig en ry.

As jou kind hom/haar verset en jy stel

die ryery uit, sal hy/sy weet dit werk en

daarmee aanhou.

6. As jou kind erg kapsie maak, kan dit

help om hom/haar neer te sit sodat

een van die juffrouens jou kind kan

optel en met fisiese kontak en liefde

koester.

7. Hou by 'n vaste roetine. Jou kind sal

vinnig agterkom wat volgende gaan

gebeur (en ook dat jy elke dag gaan

terugkom) en sal dus meer emosionele

sekuriteit ervaar.

8. Maak seker dat jy positief ingestel is

oor jou kind se skool en hulle werklik

vertrou, sodat jy nie onbewustelik jou

vrese aan jou kind oordra nie.

9. Maak seker dat jou kind nie oorafhanklik

van jou raak nie. Oorafhanklikheid

kan gekweek word wanneer :

ouers bel vir huiswerk (die kind leer

dan nie om self verantwoordelikheid te

neem vir die afskryf van huiswerk nie);

„n kind se vergete boeke na skool in

die klas te kom soek namens die kind;

dikwels tussenbeide te tree in die

argumente wat „n kind met maatjies

het; die part van „n kind te neem teen

„n onderwyser sonder om eers met

laasgenoemde te gesels.

BEHEERLIGGAAM

SELFONE TYDENS TOERE

Tydens die afgelope Beheerliggaamsvergadering

is die verbod van selfone op

toere weer onder die loep geneem. Die

Beheerliggaam het gevoel dat hierdie

skoolreël steeds van pas is en wel om die

volgende redes :

Selfone is duur artikels en raak maklik

verlore op toere.

Die opvoedkundige waarde van „n toer

moet nooit onderskat word nie – dit is

nodig dat kinders persoonlike en emosionele

vaardighede aanleer soos om

bv. met tye onafhanklik van hulle

ouers te kan funksioneer. Die afwesigheid

van selfone dwing die kinders

ook om met mekaar te sosialiseer.

17 Augustus 2012

Aangesien ons met laerskool kinders

toer, gebeur dit dat kinders na hulle

ouers verlang en soms tranerig is. „n

Oproep van „n tranerige kind huistoe

vererger die situasie en ontstel ouers

onnodig.

Nie alle ouers het „n blok op die

internetfunksie van hulle kinders se

selfone nie. Wanneer kinders op „n

toer bymekaar is, kan dit gebeur dat

kinders aan negatiewe webtuistes

blootgestel word – moenie die invloed

van groepsdruk gering skat nie.

Die meeste selfone beskik oor die

funksie van video en kamera. Aangesien

kinders tydens „n toer slaap-

en badkamergeriewe deel, wil ons nie

kinders in die versoeking stel om

mekaar se privaatheid te skend deur

die neem van onvanpaste foto‟s of

videos nie.

Dankie dat die skool en Beheerliggaam

op u samewerking en eerbiediging van

hierdie reël kan staatmaak.

KERMIS – 7 SEPTEMBER

Die wiele is aan die rol vir ons

jaarlikse skoolkermis

en ons sien uit na hierdie

hoogtepunt van die jaar.

Verskeie skrywes is uitgestuur -

raak gerus betrokke

by hierdie geleentheid.

POSSIE PARADE

AANDAG OUERS!!

Kom neem deel aan die

Possie Parade in die skoolsaal

tydens die kermis en wen

GROOT pryse.

Daag jou vriend uit op die verhoog!

Watter graad se ouers sal

met die louere wegstap?

Betaal jou R20 by

juffrou Carli se klas

voor 31 Augustus.

TEMA : As ek eendag groot is…

TYD : 19:00

Speletjies

16 Opwindende speletjies

R100 verseker onbeperkte speel vanaf 10:00 -

16:00 of individuele speletjies teen R5

Betaal nou om jou bandjie vir toegang te kry

KULTUUR

REVUE GR. 2 & 4

Baie dankie aan al ons ouers vir u ondersteuning

en bydrae om van die Revueoptrede

„n groot sukses te maak. „n Groot

dank ook aan al die Mammas wat gehelp het

met die fotosessie. Aan die Loslit Revue

Possies - julle was pragtig!

Hiermee het ons dan aan die einde gekom

van die kwartaal se Revue-oefening. Ons

volgende optrede sal wees tydens die 2013

Graad 1-dag in Oktober. U sal later meer

inligting hieroor ontvang.

Juf. Louise

REDENAARS

Baie geluk aan Stephen Pretorius wat

tydens die tweede rondte van die Vrystaatse

Youth Summit, „n tweede plek in die

Gr. 7 – 9 afdeling, verower het. Hy dring

nou deur na die derde rondte wat op

29 Augustus plaasvind. Possieland hou

duim vas dat dit dan ook baie goed sal gaan.

Inskrywings vir die Gr. 4 – 7 Redenaarskompetisie

sluit die 5 de September. Kom kry

betyds die vorms by juf. Helena in kamer

111.

Juf. Helena

SPORT

SKAAK

Tydens die Liga gedurende die tweede

kwartaal is die volgende spanne as die

wenners aangewys :

Senior A-span

Albertus van der Walt

Charl Engelbrecht

Emile Streicher

Enric Smith

Ettienne Botes

Marco Pretorius

Rudolph Myburg

Zirk de Klerk

Junior B-span

Christiaan Beukes

Conrad Grobbelaar

Dawie Kleynhans

Helené Janse van Rensburg

Jason Schimper

Johan Pienaar

Novice-span

Adriaan van Deventer

Albert Smit

Hendrik Jonker

Mikael Pretorius

Stef Zondagh

Wean Pretorius

Tydens die Blitsskaaktoernooi het die Senior

A-span „n 3 de plek verower en daarmee „n

trofee ontvang.

Emile Streicher

Ettienne Botes

Marco Pretorius

Rudolph Myburg

Die bordwenners (spelers wat al hul wedstryde

gewen het) is :

Senior A-span

Albertus van der Walt

Charl Engelbrecht

Enric Smith

Marco Pretorius

Zirk de Klerk

Senior B-span

Gustav du Plessis

Senior D-span

SJ Fourie

Novice-span

Adriaan van Deventer

Albert Smit

Hendrik Jonker

Mikael Pretorius

Stef Zondagh

Wean Pretorius

Junior A-span

Conrad Grobbelaar

Helené Janse van Rensburg

Jason Schimper

Johan Pienaar

Baie geluk aan al hierdie spanne en

spelers. Ons is baie trots op julle!

Die volgende skaakspelers neem deel aan

die Suid-Afrikaanse Junior Skaaktoernooi

op 7 en 8 September :

Onder 10

Groep A

Dawie Kleynhans

Johan Pienaar

Wean Pretorius

Groep B

Helené Jansen van Rensburg

Onder 12

Groep A

Albertus van der Walt

Enric Smith

Marco Pretorius

Groep B

Emile Streicher

Jan-Albert Pienaar

Phillip-Hendri Johnson

Groep C

Zirk de Klerk

Hendrik van der Walt

Onder 14

Groep A

Ettienne Botes

Rudolph Myburg

Groep C

Charl Engelbrecht

Baie geluk en ook baie sterkte aan julle

almal!

Juf. Veronica

TWEEKAMP

Die Suid-Vrystaatproewe vind plaas op

Dinsdag 4 September by Pelliespark.

Alle atlete word uitgenooi om deel te

neem aan die proewe, al het jy nog nooit

voorheen aan tweekamp deelgeneem nie.

Inskrywingsvorms is by juf. Jarine beskikbaar

en voornemende deelnemers moet

dit voor of op 28 Augustus by haar inhandig.

Let veral op na die nuwe ouderdomsgroepe.

Lekker oefen!

Juf. Jarine

HOKKIE – SEUNS

Uitslae gespeel teen Grey :

Gr. 1 A Verloor 1 – 7

Gr. 1 B Verloor 0 – 1

Gr. 1 C Verloor 0 – 7

Gr. 2 A Wen 2 – 3

Gr. 2 B Verloor 2 – 5

Gr. 2 C Verloor 2 – 5

o/9 A Wen 4 – 2

o/9 B Verloor 0 – 3

o/9 C Verloor 2 – 3

o/9 D Verloor 0 – 9

o/10 A Verloor 2 – 4

o/10 B Verloor 2 – 3

o/10 C Verloor 0 – 7

o/10 D Verloor 0 – 3

o/11 A Gelyk 1 – 1

o/11 B Verloor 3 – 5

o/11 C Verloor 0 – 1

o/11 D Wen 2 – 3

o/13 A Verloor 0 – 2

o/13 B Gelyk 1 – 1

Sterkte aan al die spanne wat Saterdag

deelneem aan die St. Michael‟s toernooi.

Gr.1 tot o/10 speel vanaf 08:00 tot 11:00

en o/12 en o/13 speel vanaf 11:00 tot

14:00. Speel vir „n wen! Toegang is R5

vir toeskouers.

Donderdag 23 Augustus speel die seuns

teen Brebner by WP.

Juf. Helene

HOKKIE - DOGTERS

Uitslae gespeel teen Eunice :

Gr. 1 A Verloor 1 – 3

Gr. 1 B Gelyk 1 – 1

Gr. 1 C Verloor 0 – 6

Gr. 1 D Verloor 1 – 3

Gr. 2 A Wen 6 – 4

Gr. 2 B Verloor 1 – 2

Gr. 2 C Verloor 1 – 3

Gr. 2 D Verloor 1 – 3

o/9 A Verloor 2 – 4

o/9 B Wen 6 – 0

o/9 C Wen 4 – 0

o/10 A Verloor 4 – 5

o/10 B Verloor 2 – 4

o/10 C Wen 5 – 1

o/11 A Verloor 0 – 5

o/11 B Verloor 0 – 3

o/13 A Wen 1 – 0

Geniet die laaste toernooi van die seisoen

hierdie Saterdag 18 Augustus. Sterkte

aan die o/11 tot o/13 dogters wat Woensdag

22 Augustus hulle beurt kry om teen

Oranje ligawedstryde te speel. Ons liga-

wedstryde teen St. Michael‟s vind plaas

op Donderdag 23 Augustus op hulle

velde.

Dit gebeur soms dat inligting rakende

wegwedstryde laat ontvang word vanaf die

gasheerskool. Ons deel u frustrasie en al

die ongerief wat daarmee gepaard gaan.

Dankie vir u begrip met ons afrigters in

hierdie verband.

Juf. Marindi

TENNIS

Baie geluk aan ons seuns en dogters wat

aan die Debonair‟s toernooi deelgeneem het

in Bethlehem. Ons spelers het baie goed

gevaar. Die Seuns A-span het 13 de geëindig

van 24 skole. Die Seuns B-span het 4 de

geëindig in hulle afdeling. Die Dogters Aspan

het 7 de geëindig van 20 skole en ons

Dogters B-span het 3 de geëindig in hulle

afdeling. Baie dankie vir elke speler se

entoesiasme op en van die baan.

Liga-uitslae :

Seuns 1 ste span wen met 65 spelle teen

Fichardtpark A.

Seuns 3 de span wen met 71 spelle teen

Fichardtpark B.

Dogters 2 de span wen met 37 spelle teen

Universitas.

Sterkte ook aan die volgende spanne wat

volgende week liga speel, wedstryde begin

om 14:00 :

Span Datum Plek Opp

1 ste D 20 Aug Oud St. Oranje

2 de D 20 Aug F/park F/park

1 ste S 22 Aug Bfn Laer Bfn Laer

2 de S 22 Aug. Oud St. Brandfort

NB: Neem asseblief kennis dat die seuns

nog volgende week gebruik maak van

Oud Studente se bane. Hou die Posduifie

dop vir verdere kennisname.

Die inskrywings vir die Willem Postma

Kampioenskappe het gesluit. Sodra al die

inskrywings verwerk is, sal ons die inligting

deurgee.

Die 1 ste sewe seuns en dogters van die

skool se tennisspanne gaan vanaf 22 tot

25 Augustus aan „n Uitdaagtoernooi vir

Laerskole te Cradock deelneem. Dit is ‟n

wonderlike geleentheid vir hierdie spelers.

Baie sterkte! Ons weet dit gaan vir julle ‟n

onvergeetlike toernooi wees en dat julle

hierdie toernooi sal gebruik om Possies se

naam hoog te hou. Baie dankie aan

mnre. Johan Pienaar en Jan-Louis Venter

en juf. Carli Potgieter wat die kinders gaan

vergesel.

Die Suid-Vrystaatspelers neem ook hierdie

naweek deel teen Noord- en Oos-Vrystaat.

Baie sterkte aan al ons spelers wat ons daar

gaan verteenwoordig. Geniet die tennis.

Juf. Mariaan

RUGBY

Ons is trots op Henk Cilliers wat ingesluit is

in die Vrystaat se “7‟s Rugbyspan” wat vanaf

1 tot 3 Oktober aan die Nasionale toernooi in

Pretoria gaan deelneem.

Mnr. Nel

LIEF EN LEED

Ons dink met liefde aan juf. Alba Möller en

haar gesin met die afsterwe van Martin die

afgelope naweek – baie sterkte Alba!

Geluk aan juf. Johlette Aldrich met die

geboorte van klein Paul en Marlé. Mag

hierdie tweetjies vir jou en jou man baie

geluk en seën bring.

BUITE-AKTIWITEITE

Perdry

Francois Ferreira neem deel aan

SAWESA Skoleskou en behaal 2 de en 3 de

plekke in die perdry-afdeling.

Golf

Llewellyn Booysen behaal die volgende :

Junior Schoemanspark Ope „n 1 ste plek.

Verteenwoordig die Vrystaat / Noordkaapspan

by Boland Interprovinsiaal waartydens

die span 4 de eindig.

Tydens die Magersfontein Junior Ope

behaal ons leerders die volgende plekke :

Llewellyn Booysen 1 ste plek

Du Toit Fourie 1 ste plek

Paul-Hendrik Zietsman 4 de plek

Janco Niemann 5 de plek

Herman Fourie 15 de plek

Dans

Tydens ‟n danskompetisie behaal ons

leerders die volgende plekke :

Nicole Twigge

- Slow dance 2 de plek

- Solo dans 1 ste plek

Zendré du Plessis

- Rising Star Slowdance 6 de plek

- Solo 4 de plek

- Medal Couples 3 de plek

- Rising Star Solo 2 de plek

- Slowdance 2 de plek

- Rock ‟n Roll 2 de plek

Suné Foord

- Medal Couples 3 de plek

- Freestyle Solo 2 de plek

- Rock ‟n Roll 2 de plek

Marlé Strauss

- All Girls 5 de plek

- Slow Dance 2 de plek

- Hustle 1 ste plek

- Rock „n Roll 1 ste plek

- Medal Couples 1 ste plek

Judo

Charné Venter behaal die volgende prestasie

tydens die SA Kampioenskappe :

- Kata (Groep 1 seuns en dogters

gemeng), goue medalje

- Individuele gevegstyl (groep 1 vir

dogters) 7 de plek

Gimnastiek

Tydens ‟n Vrystaat Trampolien kompetisie

behaal ons leerders die volgende

plekke :

Nielbert Mostert

- Black Top, Silwer

- Mini Trampolien, Goud

- Behaal Suid-Vrystaatkleure

Jan-Albert Mostert

- Double Mini Level 4, Goud

- Euro Tramp Level 3, Goud

- Tuimel Level 2, Goud

- Behaal Suid-Vrystaatkleure

Marinel Mostert

- Mini Trampolien, Silwer

- Black Top, Goud

- Behaal Suid-Vrystaatkleure

Carmi van Niekerk

- Double Mini, Goud

- Euro Trampolien, Goud

Tydens ‟n interklub byeenkoms behaal

hulle die volgende :

Marinel Mostert

- Artisties Vloer 1 ste plek

- Artisties Skills 1 ste plek

- Algeheel 2 de plek

Carmi van Niekerk

- Tuimel, Goud

- Algehele 1 ste plek

GEDAGTE VIR DIE WEEK

As die winde van

Augustus jou vreugde

wil steel

onthou net

dat hierdie winde

die aankondiger is

van nuwe lewe

wat oppad is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!