02.05.2013 Views

Solidariteit MIV/Vigs beleid - Solidariteit Blog

Solidariteit MIV/Vigs beleid - Solidariteit Blog

Solidariteit MIV/Vigs beleid - Solidariteit Blog

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Bylaag 13 Vigsbeleid van Solidariteit

Inleiding

Daar word in die media so baie oor MIV/Vigs geskryf dat dit lyk asof daar nie

enigiets nuuts bygevoeg kan word nie. Die stryd teen MIV/Vigs kan nie alleen

aan sekere drukgroepe oorgelaat word nie, maar is almal se

verantwoordelikheid. MIV/Vigs raak almal, òf regstreeks deur besmetting, òf

onregstreeks deur die maatskaplike en ekonomiese gevolge daarvan, wat vir

die hele land en al sy mense geld.

Die houding van die regering ten opsigte van MIV/Vigs was lank

kontraproduktief, wat die stryd teen MIV/Vigs beslis belemmer het. Die

onlangse ommeswaai in die regering se houding lyk steeds nie oortuigend

nie. Die verantwoordelikheid vir die bekamping van MIV/Vigs lê egter nie net

by die regering nie, maar ook by die rolspelers van die ekonomie, soos sakeondernemings

en vakbonde.

Op vakbonde as rolspelers in die ekonomie rus daar ’n groot

verantwoordelikheid om die verdere verspreiding van MIV/Vigs te stop, die

gevolge te hanteer en om saam met ander rolspelers ’n pro-aktiewe plan op

te stel. Solidariteit steun die onderskeie rolspelers in die stryd teen MIV/Vigs,

maar voeg sy eie stem met ‘n eiesoortige klem by.

Die stryd teen MIV/Vigs kan net suksesvol wees as ook die morele en

verantwoordelike gedrag van alle Suid-Afrikaners aangepas word. ‘n

Herwaardering van morele en Christelike waardes, wat ook deur ander

gelowe gedeel word, kan bydra om die verspreiding van MIV/Vigs te keer.

Solidariteit het reeds ’n groot stap vorentoe geneem deur saam met die

National Union of Mineworkers (NUM) by Gold Fields en Anglo Gold ’n

ooreenkoms te bereik oor die bekamping van MIV/Vigs in die goudmynbedryf.

Dit is egter net ’n eerste stap en daar moet gestreef word na ’n ooreenkoms

wat bindend is vir alle bedrywe. As verteenwoordigers van die werknemers,

speel vakbonde ook ’n baie belangrike rol om te help met die toepassing van

die beleid ten opsigte van MIV/Vigs.

’n Paar feite oor die verspreiding van MIV/Vigs wêreldwyd en in Suid-

Afrika

Dit is nie die doel van hierdie beleid en agtergrond om ‘n diepgaande

ondersoek oor die verspreiding van MIV/Vigs te doen nie, maar die debat oor

die verantwoordelikhede van die vakbonde kan nie gevoer word sonder om

kennis te neem van ’n reeks harde feite wat die erns van die probleem

aantoon nie.

Die oordrag van MIV/Vigs geskied:

1. Deur die uitruil van liggaamsvloeistof, wat by geslagsgemeenskap

plaasvind.

1

2. Deur die oortapping van besmette bloed. Dit kan in hospitale gebeur

indien nalatig en onhigiënies gewerk word. Die kans om MIV/Vigs op

die manier op te doen, is egter uiters skraal. Behalwe bloedoortapping

in hospitale, kan die gebruik van besmette naalde by dwelmverslaafdes

MIV/Vigs oordra.

3. Deur moedersmelk vanaf ’n besmette ma na haar kind in die proses

van borsvoeding.

Aanvanklik het Vigs prominent in die homoseksuele gemeenskappe in VSA

en Wes-Europa voorgekom en is dit as “gay”-siekte afgemaak. Dit het toe

later geblyk dat dit net so wel deur heteroseksuele gemeenskap oorgedra

word. In Afrika is heteroseksuele oordrag die oorweldigende bron van die

verspreiding van MIV/Vigs. In Oos-Europa is die oordrag deur besmette

naalde veral prominent. In die VSA en Wes-Europa het die besmetting van

homoseksualiste wel sterk afgeneem weens veranderde gedrag, maar dit bly

nog steeds prominent onder homoseksualiste. Vroue word in Afrika die

meeste deur MIV/Vigs geraak. Hier is 55% van alle vigslyers vroue. (Dit geld

nie vir Suid-Afrika, waar mans meer besmet is as vroue nie.)

Die tendens is omgekeerd in die meeste ander dele van die wêreld. In Wes-

Europa is die meerderheid (75%) van die vigslyers mans, en in Noord-

Amerika selfs 80%. Die hang saam met die homoseksuele gedrag in die dele

van die wêreld.

Hier is enkele feite oor die verspreiding van MIV/Vigs in die wêreld en

spesifiek in Suid-Afrika:

• Vigs is die eerste keer in die laat sewentigerjare aangemeld en is

vermoedelik vanuit Afrika afkomstig. Vandaar het dit na alle dele van

die wêreld versprei. Oos-Europa is weens politieke isolasie die laaste

getref, naamlik eers aan die begin van die jare negentig.

• Wêreldwyd was veertig miljoen mense in 2001 MIV-positief. In

dieselfde jaar is 3 miljoen mense aan vigsverwante siektes dood en 5

miljoen het die MIV-virus opgedoen.

• Die grootste deel van die vigslyers, naamlik 28 miljoen, woon in

Subsahara-Afrika. 2,3 miljoen het in 2001 aan vigsverwante siektes

gesterf en 3, 4 miljoen het in dieselfde jaar Vigs nuut opgedoen.

• Suid- en Suidoos-Asië word eweneens hard deur Vigs getref. Meer as

6 miljoen mense het die siekte in 2001 gehad en 400 000 het in die

jaar daaraan gesterf. In Oos-Europa is die MIV-besmetting nog relatief

laag, maar dit versprei daar die vinnigste. In ander dele van die wêreld

kon die verspreiding van MIV/Vigs beperk word deur suksesvolle

bewusmaking en verandering van gedragspatrone.

• Wêreldwyd is Vigs net die vierde grootste oorsaak van sterftes, maar in

Afrika suid van die Sahara is dit die hoofoorsaak van sterftes.

Botswana is die land in die wêreld met die hoogste MIVbesmettingsyfer,

naamlik 35%.

• Tans is tussen 5 en 7 miljoen mense in Suid-Afrika MIV-positief. Dit is

13% van die hele bevolking. Die presiese getalle kan net terugwerkend

vasgestel word en die huidige gegewens berus op skattings. Dit

2

eteken dat meer as 10% van alle MIV/Vigsgevalle wêreldwyd in Suid-

Afrika voorkom.

• In 1991 was 1,9% van alle Suid-Afrikaners tussen 15 en 49 MIVpositief.

In 2001 het die syfer na 25% gestyg. Die syfer is die hoogste

in Kwazulu-Natal (36%) en Mpumalanga (30%) en die laagste in die

Noord-Kaap (11,2%) en Wes-Kaap (8,7%).

• Vir mans tussen die ouderdom van 21 en 55 jaar (dus die groep wat

die grootste bydrae tot die ekonomie lewer) staan die besmettingsyfer

op 27,6%.

• Weens die voorkoms van MIV/Vigs het die gemiddelde

lewensverwagting in Suid-Afrika gedaal van 63 in1996 na 47 jaar tans.

• Na beraming kan vigsverwante sterftes in 2015 tot 9 miljoen styg.

Vanaf 2016 kan die bevolking dienooreenkomstig begin daal.

• In 2001 het sowat 300 000 Suid-Afrikaners weens Vigs gesterf. Dit is

moontlik dat die getal sterftes van jaar tot jaar verdubbel. 40% van alle

sterftes tans hou verband met Vigs teenoor 9% in 1995.

• Teen 2010 sal daar meer as 2 miljoen vigswesies in Suid-Afrika wees.

• Rasgewys is Vigs veral in die swart gemeenskap prominent. Onder

blankes is die besmettingsyfer 2%, onder kleurlinge 3% en onder

Indiërs 2%. Daar is egter ‘n sterk styging by al drie laasgenoemde

groepe te bespeur.

Witmense beskou MIV/Vigs nog dikwels as ‘n siekte van die swart

gemeenskap. In die wit gemeenskap, veral onder Afrikaners, word feitlik nie

oor MIV/Vigs gepraat nie omdat dit as ‘n groot skande beskou word om dit te

hê. Dit bring mee dat inligting oor vigsverspreiding in die Afrikaanse

gemeenskap baie moeiliker bekombaar is as onder swartes. Daar word

beraam dat tot 50% van wit mans en 30% van wit vroue een of ander tyd seks

buite die huwelik het. Die reeks advertensies vir prostitute en gesellinklubs in

Afrikaanse koerante bewys ook dat witmense nie so kuis optree soos hulle

voorgee nie. Daar word selfs intussen al gepraat van die derde golf van

MIV/Vigs wat nou begin. Die eerste golf het die homoseksuele wit mans

getref, daarna het die tweede golf begin, wat veral heteroseksuele

swartmense raak, en nou kom die derde golf wat heteroseksuele witmense

tref.

Daar is ‘n dodelike skakel tussen die besmetting met die MIV-virus en

tuberkulose (TB). Wêreldwyd is 2 miljoen mense dood aan TB. Veral in Afrika,

waar MIV/Vigs die meeste voorkom, is TB ook prominent aanwesig. Daar

bestaan ‘n wisselwerking tussen die twee siektes. Mense wat met die MIVvirus

besmet is, is meer geneig om TB op te doen omdat die liggaam se

immunstelsel verswak is. MIV/Vigs verhoog nie net die risiko om TB op te

doen nie, maar laat die siekte ook vinniger verloop en lei tot ‘n voortydige

dood. Na skatting doen 282 uit 100 000 Suid-Afrikaners TB op, en by 53%

van hulle is dit weens MIV/Vigs. Weens die uitbreiding van MIV/Vigs het ook

TB sterk toegeneem. Terwyl dit vroeër veral onder ou mans voorgekom het,

kom dit vandag veral onder jong vroue voor, wat ook die meeste deur

MIV/Vigs geraak word.

3

Die groot aandag wat MIV/Vigs in die media en die openbaar geniet het die

aandag afgetrek van TB, wat eweneens ‘n groot gesondheidsrisiko inhou en

saam met MIV/Vigs bestry moet word. Die regering het sy befondsing aan

SANTA, die Suid-Afrikaanse Nasionale Tuberkulosevereniging, opgeskort. Dit

dra die verkeerde boodskap oor dat TB ‘n geringe probleem is en minder

aandag nodig het.

Wat die provinsiale verspreiding van MIV/Vigs betref, word die noordelike

provinsies (veral Kwazulu-Natal, Mpumalanga, Gauteng en Noordwes) die

ergste getref, terwyl die westelike provinsies (Wes-Kaap, Noord-Kaap) relatief

lae besmettingsyfers het (sien onder). Daarby moet egter in ag geneem word

dat MIV/Vigs baie vinniger groei in die provinsies met ’n relatief lae

besmettingsyfer. Dit hang daarmee saam dat die uitbreek van MIV/Vigs net

later in die westelike deel van die land begin het as in die noordelike deel. Dit

kan dus verwag word dat MIV/Vigs binnekort in die Kaapprovinsies net so ’n

groot probleem sal wees as in die noordelike provinsies.

Vigsbesmetting van vroue wat voorgeboorteklinieke besoek

Gebied 1995 1996 1997 1998 1999 2000 Persentasi

e groei

Suid-Afrika 10,4 14,1 16 22,8 22,4 24,5 235,6

Oos-Kaap 6,0 8,1 12,6 9,9 18,0 20,2 336,7

Vrystaat 11,0 17,5 19,6 22,8 27,9 27,9 253,7

Gauteng 12,0 15,5 17,1 22,5 23,9 29,4 245,0

KwaZulu-Natal 18,2 19,9 26,9 32,5 32,5 36,2 198,9

Mpumalanga 16,2 15,8 22,6 30,0 27,3 29,7 183,3

Noordwes 8,3 25,1 18,1 21,3 23,0 22,9 275,9

Noord-Kaap 5,3 6,5 8,6 9,9 10,1 11,2 211,3

Limpopo

4,9 8,0

8,2

11,5 11,4 13,2 269,4

Westelike

Provinsie

1,7 3,1 6,3 5,2 7,1 8,7 511,8

(Bron: Van Aard, 2002)

[Opmerking deur taalversorger: Is daar ‘n rede waarom die ANC se nuwe

name vir die porvinsies gebruik moet word?]

Redes vir die vinnige verspreiding van Vigs in Suid-Afrika

Suid-Afrika is ’n oorgangsamelewing, dit beteken ’n land wat tussen eerste en

derde wêreld lê. Oorgangsamelewings word deur ’n groot mate van

ontwrigting, onstabiliteit en onsekerheid gekenmerk. Dit het ook ’n uitwerking

op die verspreiding van MIV/Vigs. Die vernaamste redes vir die vinnige

verspreiding van MIV/Vigs is die volgende:

• Maatskaplike ontwrigting: Gevestigde tradisionele strukture is verbreek

weens die eise van ‘n moderne samelewing. Met die stelsel van

trekarbeiders na die stede het tradisionele maatskaplike strukture soos

4

die familie in die gedrang gekom omdat die broodwinner vir lang tye

afwesig was van sy gesin en nuwe, kortstondige verhoudings in die

stad aangeknoop het, sonder om die bande met die familie op die

platteland te breek. (Van Aard, 2002)

• Groter mobiliteit: Suid-Afrika is ook gekenmerk deur groot mobiliteit. Dit

beteken dat mense baie rondbeweeg, veral om te werk. Die

tuislandstelsel, waar werk buite die tuisland gevind moes word, het die

grondslag daarvoor gelê. Die trek na die stede, die agterlaat van die

gesin en die aanknoop van nuwe verhoudings het ook ‘n uitwerking op

die verspreiding van MIV/Vigs. Veral mynwerkershostelle is ’n groot

trekpleister vir prostitusie (Van Aard, 2002).

• Groot promiskuïteit en gevaarlike sekspraktyke: Suid-Afrika is volgens

’n onlangse peiling die land met die derde meeste seksuele aktiwiteit.

Mense begin gemiddeld vroeër seksueel aktief raak as in die meeste

ander lande van die wêreld, naamlik op 16. Dikwels wisselende

seksmaats verhoog ook die risiko van besmetting. Bowendien is die

gebruik van kondome nog te laag. Prostitusie, veral rondom die myne

waar groot getalle enkelmans gekonsentreerd is, is eweneens ’n groot

probleem (Van Aard, 2002).

• Afhanklikheid en lae status van vroue: Vroue is dikwels onder aan die

inkomstepiramiede. Talle vroue is ekonomies afhanklik van hulle mans

of minnaars en word teen hulle wil tot seks gedwing. Dit geld selfs vir

kinders wat deur familielede seksueel misbruik word en dit nie kan

weier nie. Prostitusie uit blote nood is ook ’n bydraende faktor (Van

Aard, 2002).

• Seksuele misdaad: Aanvullend tot bogenoemde speel die ontsettend

hoë voorkoms van verkragtings wat in die klimaat van wetteloosheid in

die land gedy ook ’n rol by die verspreiding van MIV/Vigs. In 1998 het

50 000 verkragtings in die land voorgekom (van Aard, 2002).

• Onvoldoende opleiding: Baie Suid-Afrikaners is nog onkundig oor

MIV/Vigs en verkies om die probleem te ignoreer. Die

bewusmakingsveldtog skiet tekort weens sy eensydige klem op die

gebruik van kondome, en die eie verantwoordelikheid en morele

optrede wat te min beklemtoon word (Leclerc-Madlala, 2002).

Die regering se houding oor MIV/Vigs

Die Suid-Afrikaanse regering, en by name president Mbeki, is een van die

aanhangers van die omstrede en wetenskaplik onhoudbare veronderstelling

dat Vigs deur armoede veroorsaak word en dat daar geen verband tussen die

opdoen van die MIV-virus en die uitbreek van Vigs bestaan nie.

Die siening het daartoe gelei dat die regering halfhartig optree teen MIV/Vigs.

Volgens president Mbeki moet die oorsake van Vigs eers vasgestel word voor

dit beveg kan word. Om die rede beveg die regering die beskikbaarstelling

van die teenvigsmiddel AZT/nevirapien, wat die oordrag van Vigs vanaf ’n ma

na haar kind tydens swangerskap kan verhoed. Mnr Mbeki se houding word

gekenmerk deur halwe waarhede, bygeloof en irrasionaliteit. Dit is een van

die grootste twispunte tussen die regerende ANC en sy koalisievennoot, die

IFP, asook tussen die ANC en sy bondgenoot COSATU. Verder word die

5

egering ook vanuit die buiteland en deur die pers en drukgroepe gekritiseer

oor sy houding ten opsigte van MIV/Vigs.

Die regering se houding ten opsigte van MIV/Vigs spruit uit verskillende

redes. President Mbeki is ‘n aanhanger van die onwetenskaplike wanindruk

dat Vigs met armoede verband hou, wat ten spyte van oorweldigende bewyse

tot die teendeel nog steeds deur ’n minderheid wetenskaplikes aangehang

word.

Verder is die regering ook van mening dat die teenvigsmiddel ’n

gesondheidsrisiko inhou en eers behoorlik getoets moet word. Alhoewel dit

teoreties goed klink, is dit in die praktyk rampspoedig, omdat duisende mense

sterf wat dalk nog kon lewe as hulle met die teenvigsmiddel behandel was. Dit

geld veral vir die behandeling van swanger vroue met AZT/neravipien, wat die

oordrag van die MI-virus op babas kan verhoed. President Mbeki glo dat hy

die vroue se gesondheid beskerm deur nie die teenvigsmiddel aan hulle

beskikbaar te stel nie.

Die hof het selfs onlangs beslis dat die regering verplig is om die

teenvigsmiddel aan swanger vroue in hospitale waar vigstoetse gedoen kan

word, beskikbaar te stel. Intussen gaan provinsies wat nie uitsluitlik deur die

ANC beheer word nie (Kwa-Zulu Natal, Westelike Provinsie) en Gauteng

voort om die teenvigsmiddel teen regeringsbesluit in beskikbaar te stel.

Taamlik onlangs het die regering, blykbaar eerder weens geweldig negatiewe

publisiteit oor sy houding as vanweë ‘n veranderde oortuiging, ‘n omkeer ten

opsigte van Vigs gemaak. Die regering het homself verbind tot die

beskikbaarstelling van teenvigsmiddels aan swanger vroue en president

Mbeki het mense tot ‘n verantwoordelike gedrag opgeroep.

Die uitwerking van Vigs op die bevolkingsgroei

Die uitwerking van MIV/Vigs op die bevolkingsgroei kan net beraam word. ‘n

Klomp veranderlikes sal op die toekomstige syfers inwerk. So, byvoorbeeld,

kan net vermoed word of toekomstige geslagte ’n gedragsverandering

ondergaan wat die verspreiding van MIV/Vigs beïnvloed. Huidige beraminge

oor die demografiese uitwerking van MIV/Vigs is gemaak tot 2015.

Ten spyte van al die skokkende feite hierbo genoem, sal MIV/Vigs nogtans

die bevolking tot en met 2015 nie laat afneem nie, maar net baie stadiger laat

styg of selfs stagneer. Teen 2015 sal Suid-Afrika se bevolking net minder as

50 miljoen mense wees. Dit is net effens meer as vandag se 45 miljoen. Of

die bevolking vanaf 2016 sal daal, is nog nie duidelik nie.

Die lewensverwagting sal egter daal. In 1996 was die gemiddelde

lewensverwagting 63 jaar, in 1999 55 jaar en dit sal in 2008 waarskynlik onder

45 wees.

6

Die uitwerking van Vigs op die bevolkingsgroei

Op sigself is ’n stagnerende bevolkingsgroei voordelig. Suid-Afrika se

hulpbronne en werksgeleenthede sou kwalik ’n ekstra 20 miljoen mense kon

bekostig. Dit sou die geval wees sonder MIV/Vigs. Ander lande, soos Egipte

70000000

60000000

50000000

40000000

30000000

20000000

10000000

0

2000 2005 2010 2015

AIDS inclusive No AIDS

en Nigerië, waar vigsbesmetting relatief laag is, is vandag reeds oorbevolk,

maar hulle bevolking sal nog verdubbel tot in 2015. Die blote

bevolkingstagnasie is egter nie so eenvoudig vir Suid-Afrika nie. MIV/Vigs lei

tot derduisende Vigswesies wat geen gesin meer het wat vir hulle sorg nie.

Die mediese koste van die wat aan Vigs ly sal ook ’n enorme druk op die staat

en die gemeenskap plaas. Die humanitêre drama wat MIV/Vigs meebring kan

nie gemeet word nie.

Die groep wat die meeste deur Vigs geraak word is jong volwassenes. By

mans is dit die groep tussen 35 en 40 wat die ergste deurloop. By vroue is die

mees geraakte groep heelwat jonger, naamlik 25 tot 30 (sien statistiek

hieronder).

Figuur 1: Vergelyking van sterftes onder mans tussen die ouderdom van

20 tot 64 met die beraamde sterftes in die afwesigheid van MIV/Vigs vir

die jaar 2000.

7

25000

20000

15000

10000

5000

0

20-

24

25-

29

30-

34

35-

39

8

40-

44

45-

49

50-

54

55-

59

60-

64

MALE DEATHS: MRC MALE DEATHS: NO AIDS

(Bron; Van Aardt, 2002)

Figuur 2: Vergelyking van sterftes onder vroue tussen die ouderdom van

20 tot 64 met die beraamde sterftes in die afwesigheid van MIV/Vigs vir

die jaar 2000.

20000

15000

10000

5000

0

20-

24

25-

29

30-

34

35-

39

40-

44

45-

49

50-

54

55-

59

FEMALE DEATHS: MRC FEMALE DEATHS: NO AIDS

(Bron: Van Aardt, 2002)

Alhoewel MIV/Vigs waarskynlik nie tot ’n totale afname in die bevolking sal lei

nie, sal dit’n ingrypende uitwerking op vrugbaarheid hê. Eerstens is vroue in

die ouderdomsgroep tussen 20 en 30, waar die vrugbaarheid die hoogste is,

besonder sterk met MIV/Vigs besmet en sal talle van hulle sterf in die tyd van

hulle lewe wanneer hulle kinders kon gebaar het. Tweedens sal MIV/Vigs

vrugbaarheid verlaag weens die fisiologiese uitwerking van die siekte.

Derdens kan die vermeerderde gebruik van kondome ook tot ‘n laer

bevolkingsaanwas lei.

60-

64

Die uitwerking van MIV/Vigs op die ekonomie en arbeidsmark

Vigs raak veral die nywerheid- en mynbousektor in Suid-Afrika. Net ’n

minderheid van Suid-Afrikaanse maatskappye het tot dusver hulle werkers vir

MIV laat toets. Dit beteken dat daar nog heelwat onaangename verrassings

voorlê.

In die mynbedryf is MIV-besmetting besonder hoog. By Gold Fields is 26%

van die werknemers MIV-positief en by AngloAmerican is die syfer 25%. By

die Lonmin Platinumgroep word die syfer op 25% beraam. 5000 werknemers

by Lonmin sal waarskynlik teen 2005 Vigs hê. By De Beers verskil die syfers

sterk tussen die verskeie aanlegte. Die laagste syfer by De Beers word in

Namakwaland se myne aangetref en die hoogste, sowat 17%, in Gauteng.

Gemiddeld is 27% van die mans in die ekonomies aktiewe ouderdomsgroepe

van 21 tot 55 MIV-positief. Dit beteken dat omtrent ’n kwart van die

maatskappye se werksmag MIV-positief is. Verdeel tussen die onderskeie

groepe in die ekonomie is MIV/Vigs die hoogste onder die ongeskoolde en

halfgeskoolde werkers en nie onder die werkloses nie. Dit hang saam met die

hoë mobiliteit van die groep werknemers. Onder hoogsgeskoolde

werknemers, die belangrikste komponent, is die besmettingsyfer tans weens

groter bewustheid nog laer, maar dit sal vorentoe nog drasties styg.

Die koste wat maatskappye vir MIV/Vigs betaal, kan ingrypend wees. Daar

word reeds van ’n “Aids tax” gepraat wat maatskappye meer moet betaal

weens Vigs. Die ekstra koste kan tot 10% van die arbeidskostes wees en sluit

produktiwiteitsverlies weens gereelde afwesigheid, verhoogde mediese koste,

begrafniskoste en koste vir werwing en opleiding van nuwe werkers in. Die

ekstra koste vir die goudmynbedryf weens MIV/Vigs word op 4 tot 6 dollar per

fynons goud (of 44 tot 66 rand) beraam.

Die uitwerking wat MIV/Vigs op die ekonomie het en sal hê, word veral

beïnvloed deur die gebrek aan voldoende mannekrag, wat ’n demper op

ekonomiese groei plaas. Na beraming sal die ekonomiese groei in 2010 net

0,5% wees, teenoor ’n moontlike 3,75% sonder MIV/Vigs.

Ook die regering se fiskale struktuur word deur MIV/Vigs geraak. ’n Groter

deel van die begroting sal aan gesondheid gespandeer moet word. Reeds

nou spandeer die provinsies omtrent 4 miljard rand aan Vigs-verwante

siektes. Dit is veral nou die geval nadat die hof beslis het dat die regering

verplig is om anti-Vigsmedisyne aan swanger vroue beskikbaar te stel. Na

beraming kan teen 2005 tot 75% van alle gesondheidsuitgawes hulle weg na

Vigs en verwante siektes vind. Inkomste sal natuurlik ook minder wees

namate minder mense aktief in die formele werksmark betrokke is en

belasting betaal.

Indirekte gevolge van MIV/Vigs vir die ekonomie is dat dit beleggers afskrik en

hoogs geskoolde werknemers en ondernemers uit die land dryf. Dit tel saam

met misdaad en ekonomiese en maatskaplike agteruitgang tot die

stootfaktore wat mense uit die land stoot en beleggers uithou.

9

Die verantwoordelikheid van maatskappye en georganiseerde arbeid by die

bekamping van MIV/VIGS

Die regering het lank volhard om MIV/Vigs as werklikheid te ontken. Selfs na

‘n vermoedelik gedwonge houdingsverandering is daar ‘n gebrek aan geesdrif

om MIV/Vigs werklik as ’n dringende probleem te erken. Blaam op die verlede

en die buiteland oorheers nog steeds die debat oor MIV/Vigs in die

binnekamers van die regering.

Alhoewel die regering sy weerstand teen die deur die hof opgelegde

verpligting om antiretrovirale medisyne aan swanger vroue beskikbaar te stel

nou laat vaar het, bly dit twyfelagtig of hulle werklik ‘n sterk vennoot in die

stryd teen MIV/Vigs sal wees.

Dit laat die hoofstryd teen MIV/Vigs oor aan nie-regeringsorganisasies soos

Treatment Action Campaign (TAC). Die sake- en die arbeidsorganisasies het

egter ook ’n groot rol om te speel omdat MIV/Vigs, soos hierbo uiteengesit,

hulle ingrypend raak.

Maatskappye en arbeidsorganisasies het maar eers onlangs bewus geword

van hulle verantwoordelikheid. Gold Fields was een van die eerste

maatskappye wat proaktief optree en wat in samewerking met MWU-

Solidariteit en NUM (National Union of Mineworkers) ’n ooreenkoms oor die

bestryding van vigs opgestel en gesluit het. ‘n Soortgelyke ooreenkoms is ook

met Anglo Gold gesluit.

Maatskappye besef dat MIV/Vigs vir hulle bykomende kostes beteken en dat

dit in hulle eie belang is om dringend iets te doen om MIV/Vigs aan bande te

lê. Arbeidsorganisasies verteenwoordig ‘n al hoe groter wordende getal

werkers wat vigslyers is en moet hulle belange verdedig. Gelyktydig is die

stopsit van die verspreiding van MIV/Vigs ook vir die vakbonde van

lewensbelang.

Enkele probleme rondom die bewusmaking van MIV/Vigs

MIV/Vigs raak die intiemste deel van die menslike samelewing, naamlik die

seksuele, en werk in op mense se gevoelens en godsdienstige oortuigings. ’n

Sensitiewe hantering van die kwessie is daarom noodsaaklik. Ongelukkig is

talle bewusmakingsveldtogte onsensitief. Hier word spesifiek na Love Life

verwys. Die vertoning van geslagsdele en die eensydige klem op kondome en

“veilige” sekspraktyke, wat nie die morele aspek van MIV/Vigs raak nie, skrik

talle mense af, laat die bewusmaking geloofwaardigheid inboet en maak dat

hulle MIV/Vigs liewers ignoreer.

Die vigsbewusmaking word tans hoofsaaklik vanuit ’n amorele en Westersliberale

hoek bedryf met ’n oormatige klem op kondome en ’n afskeep van

onthouding en beperking van seks tot die huwelik. Nie net Christene nie,

maar, ook Moslems, Jode en mense wat in die Afrika-tradisie gewortel is,

word deur die soort veldtog afgeskrik.

10

Die bekende ABC-formule (abstain, be faithful, condoms, gerangskik volgens

belangrikheid), word in praktyk gereduseer tot CCC (“condoms, condoms,

condoms”).

Veral talle swartmense beskou kondome nog steeds as kultuurvreemd. Daar

bestaan ook die persepsie dat kondome die genot van seks verminder en dat

dit onmanlik is om dit te gebruik. Dit is belangrik om hulle te oortuig dat

kondome kan help om MIV-besmetting te keer, maar nog belangriker is die

bewusmaking van ’n morele lewenstyl wat die gebruikmaking van prostitute

en wisselende seksmaats ontmoedig.

’n Verdere probleem wat in ag geneem moet word is die reg op privaatheid

wat teenoor die noodsaaklikheid om ’n werknemer se MIV/Vigs-status te

toets, staan. Werkgewers het presiese inligting oor hulle werknemers se

MIV/Vigs-status nodig om hulle vigsprogramme te kan opstel. Maar die

werknemers is bekommerd dat hulle benadeel en afgedank word indien hulle

MIV/Vigs het. Hulle is dus skrikkerig om hulle te laat toets of om hulle status

bekend te maak. Vakbonde kan ’n groot rol speel om die vertroulikheid van

vigstoetse te verseker en om die werknemers te oortuig om vrywillig aan

vigstoetse deel te neem.

Maniere om die verspreiding van MIV/Vigs te bekamp

Vigstoetse: Die eerste stap by die bekamping van MIV/Vigs in die

maatskappye is om presies te weet hoeveel van die werksmag MIV-positief is.

Vakbonde is verteenwoordigers van die werknemers en moet hulle oortuig om

vrywillig aan vigstoetse deel te neem. Dit moet egter verseker word dat

absolute vertroulikheid gehandhaaf word en dat werknemers met MIV/Vigs

nie benadeel word nie.

Bewusmaking en opleiding: Maatskappye moet baie meer geld aan

doeltreffende bewusmaking spandeer. ’n Goeie stap sou wees om in elke

aanleg minstens een voltydse Vigs-koördineerder te hê wie se taak dit is om

die werknemers bewus te maak van die gevare van MIV/Vigs. Daar moet

gereeld inligtingsessies en werksessies plaasvind en werknemers moet

aangemoedig word om dit by te woon. Vakbonde speel hierby ook ’n

belangrike rol om die werknemers te help bewus word van MIV/Vigs, om hulle

aan te moedig om inligtingsessies by te woon en om hulle gedrag te verander.

Buiten die voltydse Vigs-koördineerder moet werknemers as “peer-educators”

opgelei word. “Peer-educators” het beter toegang tot hulle medewerknemers

en ken hulle omstandighede beter as ’n koördineerder wat op ’n ander vlak

beweeg.

Gedragsverandering: Inligting oor MIV/Vigs help min as dit nie tot

gedragsverandering lei nie. Die beste sal wees as werknemers vanself hulle

gedrag verander en byvoorbeeld afstand doen van seksuele promiskuïteit,

wisselende seksmaats en prostitusie. Gedragsverandering kan egter ook deur

die maatskappye aangemoedig word. Die konsekwente bekamping van

prostitusie, veral naby myne en fabrieke, kan ook ’n groot rol speel in die

11

estryding van MIV/Vigs. Laastens kan die beskikbaarstelling van kondome

ten minste op die korttermyn help om MIV/Vigs aan bande te lê. ’n

Gedragsverandering bly egter die doeltreffendste metode. Vakbonde verkeer

in ’n vertrouensposisie teenoor die werknemers en moet die voortou neem by

die stryd om gedragsverandering. Hulle geniet ook groter geloofwaardigheid

as die werkgewers by die werknemers.

Uganda as voorbeeld vir suksesvolle MIV/vigsbestryding

Suid-Afrika het verreweg die beste infrastruktuur en die meeste middele van

alle Afrikalande om die verspreiding van MIV/Vigs te keer. Nogtans is Suid-

Afrika se anti -vigsveldtog tot dusver ’n taamlike mislukking. Uganda, ’n arm

land met beperkte middele, daarteenoor, kan groot sukses met betrekking tot

die keer van die vigsepidemie wys, waarvan Suid-Afrika baie kan en moet

leer. In tien jaar se tyd, van 1991 tot 2001, het Uganda die MIVbesmettingsyfer

van 21% tot 6% verminder. Wat daarby besonder interessant

is, is dat die radikale omswaai in die besmettingsyfer niks met vermeerderde

gebruik van kondome te doen het, wat in Suid-Afrika as die enkele grootste

voorkomingsmaatreël gepropageer word. Trouens, in Uganda was werklike

gedragsverandering weg van promiskuïteit heen na onthouding en getrouheid

binne die huwelik die rede vir die groot afname van die besmettingsyfer. Dit

word in die liberale kringe wat tans die anti-vigsveldtog bestuur as onhaalbaar

en uit tred met huidige gedragspatrone beskou om mense tot onthouding en

getrouheid aan te moedig. Maar Uganda het bewys dat juis dit die manier is

om die verspreiding van die virus te keer. Volgens ’n studie van die Harvard

Universiteit het promiskuïteit (seksuele verhoudings met meer as een

persoon) afgeneem van 18% in 1989 na 8% in 1995 en dit neem verder met

2% elke jaar af. ’n Verteenwoordiger van die Wêreldgesondheidsorganisasie

(WHO) het beweer dat Uganda se model om onthouding en getrouheid binne

die huwelik te propageer die verspreiding van MIV/Vigs met tot 80% kan

verminder in die lande wat die ergste getref word deur die pandemie. Die

veldtog in Uganda word gerugsteun deur ’n breë koalisie bestaande uit die

regering, kerke, gemeenskapsorganisasies, kultuurorganisasies,

navorsingsinrigtings en indiwidue. Dit verleen groter geloofwaardigheid en

trefkrag aan die boodskap.

In teenstelling daarmee word die anti-Vigsveldtog in Suid-Afrika eensydig

deur liberale organisasies en persone gevoer. ’n Persoon soos Pieter-Dirk

Uys, wat die veldtog onder Afrikaners lei, is vir baie mense onaanvaarbaar

weens sy konfronterende en anti-waardegeoriënteerde aanbiedings, wat

eerder ’n veldtog teen die kerk en die Afrikaanse waardestelsel is as teen

MIV/Vigs.

Die kerke se raad en waarskuwings word as werklikheidsvreemd afgemaak

en ook die tradisionele swart veldtog soos maagdelikheidstoetse word met net

afkeur deur die media begroet.

Waar verskeie organisasies teen mekaar veg, is MIV/Vigs die wenner.

12

Die mislukking van Suid-Afrika se veldtog word duidelik in die onbeheerde

verspreiding van MIV/Vigs, waaraan bakke vol kondome in elke badkamer

geen verskil kon maak nie.

Solidariteit se beleid

Solidariteit aanvaar die uitdaging om die stryd teen MIV/Vigs saam met die

maatskappye en ander vakbonde aan te durf.

Solidariteit verbind homself tot die volgende doelwitte:

• Om die anti-vigsprogram in die werksplek in werking te stel.

• Om die werkgewer te ondersteun by die hantering van vigsverwante

gesondheids-, lewens-, veiligheids- en werksomstandighede van

werknemers.

• Om in samewerking met die werkgewer ’n omgewing te skep

waarbinne die Vigspandemie hanteer kan word.

• Om betrokke te wees by programme en prosesse wat sal bydra om die

verspreiding van MIV/Vigs onder werknemers so laag moontlik te hou.

• Om te verseker dat die regte van werknemers wat MIV/Vigs het ten

volle gerespekteer word.

• Om die verspreiding van vigs in die werkplek te moniteer en te

evalueer

• Om ’n leidende rol in die bestuur van die vigspandemie in Suid-Afrika

te speel

Die vigsbeleid van Solidariteit bevat die volgende uitgangspunte:

1. Die familie en die gemeenskap: Die familie en gemeenskap van die

werknemers wat aan MIV/Vigs ly, speel ’n rol by die sukses van die veldtog

teen MIV/Vigs. Werknemers, wat MIV/Vigs deur byvoorbeeld prostitusie

opdoen, besmet onwetend hulle eie vrouens. ’n Bewusmaking van ‘n morele

en verantwoordelike sekslewe, wat geslagsgemeenskap net binne die huwelik

beoefen, is van uiterste belang vir die gesin van die werknemer.

2. Nie-diskriminasie teen werknemers op grond van MIV/Vigs: Daar mag

nie teen werknemers wat MIV-positief is of aan Vigs ly, gediskrimineer word

nie. Dit beteken ook dat werknemer met MIV/Vigs nie op grond daarvan

ontslaan mag word nie.

3. Vrywilligheid: Die deelname van werknemers aan MIV-toetse,

beradingsprogramme en gesondheidsbestuursprogramme moet vrywillig

geskied. Die werkgewer mag hulle nie dwing om dit te doen nie. Die

vakbonde moet egter 'n rol speel om werknemers te oortuig om aan vrywillige

toetse, beradings- en gesondheidsprogramme deel te neem.

4. Vertroulikheid en reg tot privaatheid: Alle persone wat met MIV of Vigs

besmet is het die reg op privaatheid. Hulle kan nie verplig word om hulle

vigsstatus bekend te maak. Indien die werknemer sy status aan die

werkgewer bekend maak, moet die werkgewer dit as vertroulik hanteer en dit

13

nie sonder toestemming van die werknemer aan ’n derde persoon bekend

maak nie.

5. Voordele: ’n Werknemer wat aan MIV/Vigs ly mag nie van enige

werknemersvoordele ontneem word op grond van sy MIV/Vigs-status nie.

6. Werksekerheid: ’n Werknemer met MIV/Vigs mag nie op grond daarvan

afgedank word nie. As ’n vigslyer nie meer geskik is om sy pligte as

werknemer na te kom nie, is hy geregtig op dieselfde aftreevoordele as wat vir

medies ongeskikte werknemers geld.

7. Verantwoordelikheid van die werknemer: Dit lê binne die vermoë van

elke werknemer om die risiko om MIV/Vigs op te doen te beperk deur

verantwoordelike gedrag te beoefen. Van werknemers word verwag om

afstand te doen van gevaarlike en onverantwoordelike seksuele gedrag, wat

wisselende seksmaats, prostitusie en onveilige seks insluit. Die bewusmaking

van gevaarlike gedrag ten opsigte van geslagsomgang en die aanmoediging

van seksuele onthouding en getrouheid aan die huweliksmaat moet deel vorm

van die MIV/Vigs-programme van maatskappye.

8. Verantwoordelikheid van die werkgewer: Die werkgewer moet minstens

een voltydse Vigs-koördineerder aanstel wat:

a) gereelde MIV/Vigsbewusmakingsprogramme aanbied wat klem lê op

verantwoordelike gedrag;

b) werknemers oplei in die doeltreffende bekamping van MIV/Vigs;

c) die behandeling van vigsverwante siektes aanmoedig en die

werknemer adviseer oor behandeling;

d) kondome beskikbaar stel binne die raamwerk van die ABC-program;

e) ’n omgewing skep vir aanvaarding en respektering van vigslyers

deur hulle kollegas

f) berading vir Vigslyers aanmoedig en hulle na opgeleide beraders

verwys;

g) vigstoetse deurvoer en die vigssituasie by die werkplek moniteer en

evalueer

9. Die verantwoordelikheid van die vakbonde: Vakbonde moet sorg dat

die program in werking gestel word en moet nou saamwerk met maatskappye

en vigs-koördineerders. Vakbonde dra verder ’n groot verantwoordelikheid om

hulle lede in te lig oor die gevare rondom MIV/Vigs en om hulle tot

gedragsverandering aan te moedig.

10. Beskikbaarstelling van medisyne: Die regering moet, indien moontlik,

anti-retrovirale medisyne wat die oordrag van Vigs kan keer, spesifiek in die

geval van swanger vroue, aan die familie van werknemers beskikbaar gestel

word.

11. Finansiering: Die kostes vir die teenvigsveldtog in die werkplek moet

gedra word deur die maatskappye. Vakbonde moet ook vir

bewusmakingsprogramme begroot.

14

Gedragskode MIV/Vigs

MWU-Solidariteit ondersteun die volgende gedragskode uit die Wet op Gelyke

Indiensneming, soos vertaal en aangepas deur Solidariteit Regsdienste,

GEDRAGSKODE: MIV/VIGS

1. Oogmerke

1.1 Die hoofoogmerk van hierdie kode is om riglyne neer te lê

waarvolgens werkgewers en vakbonde kan verseker dat daar nie in

die werkplek onbillik teen indiwidue met MIV-besmetting

gediskrimineer word nie. Dit sluit die volgende maatreëls in:

• Om ’n nie-diskriminerende werksomgewing daar te stel;

• die hantering van MIV-toetsing, vertroulikheid en

openbaarmaking;

• die voorsiening van gelyke werknemervoordele;

• die hantering van ontslagte; en

• die bestuur van ’n grieweprosedure.

1.2 Die sekondêre oogmerk van hierdie kode is om vir werknemers,

werkgewers en vakbonde riglyne neer te lê waarvolgens MIV/Vigs

in die werkplek bestuur behoort te word:

• Deur die daarstelling van ’n veilige werksomgewing vir alle

werknemers en werkgewers;

• die ontwerp van prosedures om beroepsongevalle en

vergoedingseise te bestuur;

• die bekendstelling van maatreëls om die verspreiding van

MIV/Vigs te voorkom;

• die ontwikkeling van strategieë om die uitwerking van die

epidemie in die werkplek te bepaal en te verminder; en

• die ondersteuning van daardie indiwidue wat deur MIV/Vigs

aangetas of besmet is, sodat hulle so lank as moontlik

produktief kan aanhou werk.

15

2. Beginsels

2.1 Die bevordering van gelykheid en nie-diskriminerende praktyke

tussen MIV-besmette persone en diegene wat nie daarmee besmet

is nie, en tussen MIV/Vigs en ander vergelykbare mediese /

gesondheidstoestande.

2.2 Die skepping van ’n ondersteunende omgewing sodat MIVbesmette

werknemers in staat is om in normale omstandighede in

hulle huidige betrekkings aan te hou werk vir so lank as wat hulle

medies geskik is.

2.3 Die beskerming van menseregte en die waardigheid van mense

met MIV of Vigs is noodsaaklik om MIV/Vigs te voorkom en te

beheer.

2.4 MIV-Vigs het ’n disproporsionele impak op vroue. Hierdie feit moet

in aanmerking geneem word by die ontwikkeling van

werkplekbeleidsbepalings en -programme.

2.5 Die beginsels van oorlegpleging, inklusiwiteit en die aanmoediging

van volle deelname deur belanghebbendes is onderliggend aan

hierdie MIV-kode.

3. Die bevordering van ’n nie-diskriminerende werksomgewing

3.1 Daar sal nie in die diensverhouding of in enige diensbeleid of -

praktyk, onbillik teen enige persoon met MIV of Vigs gediskrimineer

word nie, insluitende en met betrekking tot:

• Werwingsprosedures, advertensies en selekteringsmaatstawwe;

• aanstellings en die aanstellingsproses, insluitende rangplasings;

• werkklassifisering of -gradering;

• besoldiging, diensvoorwaardes en diensvoordele;

• werknemerhulpprogramme;

• werksopdragte;

• die werkplek en fasiliteite;

• beroepsgesondheid en veiligheid;

• prestasie-evaluasie;

16

• bevordering, oordrag en demovering (rang- en/of

statusverlaging);

• dissiplinêre maatreëls anders as ontslag; en

• diensbeëindiging.

3.2 Ten einde ’n nie-diskriminerende werksomgewing gegrond op die

beginsel van gelykheid te bevorder, behoort werkgewers en

vakbonde toepaslike maatreëls aan te neem om te verseker dat daar

nie onbillik teen werknemers met MIV en Vigs gediskrimineer word

nie en om hulle deur sulke positiewe maatreëls teen viktimisasie te

beskerm, soos:

• Voorkoming van onbillike diskriminasie en stigmatisering van

persone wat aan MIV of Vigs ly deur die ontwikkeling van MIV-

Vigs-beleidsbepalings en -programme vir die werkplek;

• bewusmaking van en opleiding in die regte van alle persone ten

aansien van MIV en Vigs;

• meganismes om aanvaarding en openlikheid ten aansien van

MIV en Vigs in die werkplek te bevorder;

• Verskaffing van ondersteuning aan alle lyers aan MIV en Vigs,

of aan alle persone wat daardeur geraak word; en

• grieweprosedures en dissiplinêre maatreëls om MIV-verwante

klagtes in die werkplek te hanteer.

4. MIV-toetsing, vertroulikheid en openbaarmaking

4.1 MIV-toetsing

• Geen werkgewer mag van ’n werkaansoeker of werknemer

vereis om ’n MIV-toets te ondergaan ten einde daardie

werknemer/aansoeker se MIV-status te bepaal nie. Werkgewers

mag egter die Arbeidshof nader om magtiging vir toetsing te

bekom.

• ’n Werknemer kan bewustelik afstand doen van die beskerming

teen MIV-toetsing deur te versoek om getoets te word vir

doeleindes van deelname aan ’n mediese diens wat ’n

werkgewer verskaf.

17

4.2 Gemagtigde toetsing

• Toetsing mag gedoen word in die volgende omstandighede

waar ’n werknemer sodanige toetsing versoek:

4.3 Toelaatbare toetsing

- gedurende ’n aansoek om ’n betrekking;

- as ’n diensvoorwaarde;

- gedurende prosedures wat met die beëindiging van

diens verband hou;

- as ’n toegangsvereiste om werknemervoordele te

bekom; en

- as ’n verkose vereiste vir opleiding of

personeelontwikkelingsprogramme.

• Toetsing mag gedoen word in die volgende omstandighede

waar ’n werknemer sodanige toetsing versoek:

- as deel van ’n gesondheidsorgdiens wat in die werkplek

verskaf word;

- in die geval van ’n beroepsongeval wat die risiko van

blootstelling aan bloed of liggaamsvog inhou;

- vir doeleindes van ’n aansoek om vergoeding

voortspruitend uit ’n beroepsongeval wat die risiko van

blootstelling aan bloed of liggaamsvog inhou.

• Sodanige toetsing mag slegs in die volgende omskrewe

omstandighede plaasvind:

- op die werknemer se inisiatief;

- in ’n gesondheidswerker- en werknemer-pasiënt

verhouding;

- met ingeligte toestemming en voor- en natoetsingberading

deur die Departement van Gesondheid

se nasionale beleid oor toetsing vir MIV; en

- volgens streng prosedures met betrekking tot die

vertroulikheid van ’n werknemer se MIV-status.

18

• Alle toetsing, insluitende gemagtigde en toelaatbare toetsing,

behoort ooreenkomstig die Departement van Gesondheid se

nasionale beleid oor toetsing vir MIV, uitgereik ingevolge die

”National Policy for Health Act” 116 van 1990, te geskied.

• Ingeligte toestemming beteken dat die indiwidu van inligting

voorsien is, dit verstaan en hierop gegrond, tot die MIV-toetsing

toegestem het. Dit impliseer dat die indiwidu verstaan wat die

toets is, waarom dit nodig is, die voordele, die risiko’s, die

alternatiewe en enige maatskaplike en sosiale implikasies van

die uitslag.

• Anonieme, onbetrokke waarneming of epidemiologiese MIVtoetsing

in die werkplek mag plaasvind op die voorwaarde dat

vir navorsing onderneem word. Waar sodanige navorsing

gedoen word, mag die inligting wat bekom is, nie aangewend

word om onbillik teen indiwidue of groepe persone te

diskrimineer nieIndien daar ’n redelike moontlikheid bestaan dat

’n persoon se MIV-status uit die resultate afgelei kan word, sal

die toetsing nie as anoniem beskou word nie.

4.4 Vertroulikheid en openbaarmaking

• Alle persone met MIV en Vigs het die reg op privaatheid. ’n

Werknemer is dus nie regtens verplig om sy MIV-status aan ’n

werkgewer of ander werknemers te openbaar nie.

• Waar ’n werknemer vrywillig verkies om sy MIV-status aan die

werkgewer of ander werknemers te openbaar, mag hierdie

inligting nie sonder sy uitdruklike skriftelike toestemming aan

ander openbaar word nie. Waar skriftelike toestemming nie

bekom kan word nie, moet stappe gedoen word om te bevestig

dat die werknemer verkies om sy status te openbaar.

• Meganismes behoort geskep te word om openlikheid,

aanvaarding en ondersteuning vir werknemers en werkgewers

wat vrywillig hulle MIV-status binne die werkplek openbaar, aan

te moedig, insluitende:

- om persone wat openlik met MIV of Vigs leef, aan te

moedig om deel te neem aan onderrig-, voorkoming- en

bewusmakingsprogramme, of om dit te onderneem;

- die ontwikkeling van ondersteuningsgroepe vir

werknemers wat met MIV of Vigs leef, aan te moedig; en

19

- verseker dat daar nie onbillik teen persone wat openlik

oor hulle MIV- of Vigs-status is gediskrimineer word nie

of om hulle te stigmatiseer nie.

5. Die bevordering van ’n veilige werksomgewing

5.1 ’n Werkgewer is verplig om so ver dit redelik prakties is, ’n veilige

werkplek sonder risiko’s vir die gesondheid van sy werknemers te

verskaf en te onderhou.

5.2 Die risiko van MIV-oordrag in die werkplek is minimaal.

Beroepsongevalle waarby liggaamsvog betrokke is kan veral in die

gesondheidsorgberoepe plaasvind. Elke werkplek moet aan die

bepalings van die Beroepsgesondheid en -Veiligheidswet, insluitende die

Regulasies oor Gevaarlike Biologiese Stowwe en die Myngesondheid en

-Veiligheidswet voldoen. Die werkplekbeleid moet onder meer die

volgende hanteer:

- Die risiko, indien enige, van beroepsoordrag in die

betrokke werkplek;

- toepaslike opleiding, bewusmaking, onderrig aangaande

die gebruik van universele besmettingsbeheermaatreëls

ten einde die risiko van MIV-oordrag in die werkplek te

identifiseer, daarmee te handel en dit te verminder;

- die verskaffing van toepaslike toerusting en materiaal

om werknemers teen die risiko van blootstelling aan MIV

te beskerm;

- die stappe wat voortspruitend uit ’n beroepsongeval

gedoen moet word, insluitende die toepaslike bestuur

van beroepsblootstelling aan MIV en ander

bloedoordraagbare patogene (bakterieë, kieme),

insluitende toegang tot post-blootstellingprofilakse

(voorkoming);

- die prosedures wat gevolg moet word by die aansoek vir

vergoeding vir beroepsbesmetting;

- die aanmelding van alle beroepsongevalle; en

- voldoende monitering van beroepsblootstelling aan MIV

om te verseker dat daar aan die vereistes van moontlike

vergoedingseise voldoen word.

20

6. Kompensasie vir beroepsverkreë MIV

6.1 ’n Werknemer kan ingevolge die Wet op die Vergoeding vir

Beroepsbeserings en -siektes vergoed word as hy as gevolg van ’n

beroepsongeval met MIV besmet raak.

6.2 Werkgewers behoort redelike stappe te doen om werknemers by te

staan met die aansoek om voordele, insluitend:

- deur inligting oor die prosedures wat gevolg moet word

om vir ’n vergoedingseis te kwalifiseer aan die

werknemers wat geraak word te voorsien; en

- behulpsaam te wees met die insameling van inligting om

te bewys dat die werknemers in hulle beroep aan MIVbesmette

bloed blootgestel was.

6.3 Beroepsblootstelling behoort ooreenkomstig die Wet op die

Vergoeding vir Beroepsbeserings en -Siektes hanteer te word.

Werkgewers behoort te verseker dat hulle aan die bepalings van

hierdie Wet en enige prosedure of riglyn wat ingevolge daarvan

uitgereik is, voldoen.

7. Werknemervoordele

7.1 Werknemers wat MIV of Vigs onderlede het mag nie aan onbillike

diskriminasie in die toewysing van werknemervoordele blootgestel

word nie.

7.2 Werknemers wat Vigs onderlede het behoort net soos enige ander

werknemers met ’n vergelykbare dodelike siekte behandel te word

wat toegang tot werknemervoordele betref.

7.3 Inligting wat uit voordeleskemas verkry word oor die mediese status

van ’n werknemer behoort vertroulik hanteer te word en behoort nie

onbillik diskriminerend aangewend te word nie.

7.4 Waar ’n werkgewer ’n mediese skema as deel van die

werknemervoordelepakket aanbied, moet hy seker maak dat hierdie

skema nie regstreeks of onregstreeks onbillik teen enige persoon op

grond van sy MIV-status diskrimineer nie.

8. Ontslag

21

8.1 Werknemers met MIV-Vigs mag nie uitsluitlik op grond van hulle MIV-

/Vigsstatus ontslaan word nie.

8.2 Waar ’n werknemer te siek geword het om sy huidige werk te verrig,

is ’n werkgewer verplig om die aanvaarde riglyne aangaande ontslag

weens onbekwaamheid voor die beëindiging van ’n werknemer se

dienste, soos vervat in die Kode vir Goeie Praktyk van Bylae 8 van

die Wet op Arbeidsverhoudinge, te volg.

8.3 Die werkgewer behoort so ver as moontlik te verseker dat die

werknemer se reg op vertroulikheid aangaande sy MIV-status

eerbiedig word gedurende enige onbekwaamheidsprosedure. ’n

Werknemer kan nie verplig word om ’n MIV-toets te ondergaan of om

sy MIV-status as deel van sulke verrigtinge te openbaar nie, tensy die

Arbeidshof so ’n toets magtig.

9. Grieweprosedures

9.1 Werkgewers behoort toe te sien dat werknemerregte met betrekking

tot MIV/Vigs, asook hulle beskikbare remedies in geval van die

skending van sulke regte, in bestaande grieweprosedures vervat

word.

9.2 Werkgewers behoort ’n bewuswording van, ’n begrip vir en die

aanwending van die grieweprosedure by werknemers tuis te bring.

9.3 Spesiale maatreëls behoort ontwikkel te word om vertroulikheid

tydens sodanige verrigtinge te verseker, wat maatreëls insluit om te

verseker dat sodanige verrigtinge privaat geskied.

10. Die bestuur van MIV in die werkplek

’n Geïntegreerde strategie word vereis om MIV/Vigs in die werkplek te

bestuur. So ’n strategie behoort onder meer die volgende elemente te

bevat:

10.1 ’n Begrip vir en ’n evaluering van die uitwerking van MIV/Vigs op

die werkplek;

10.2 lang- en korttermynmaatreëls om die uitwerking te absorbeer en te

verlig, insluitende:

10.2.1 ’n MIV/Vigs-beleid vir die werkplek;

22

10.2.2 MIV/Vigs-programme wat die volgende kan insluit

a) Voortdurende en volgehoue voorsorg teen die verspreiding

van MIV onder werknemers en hulle gemeenskappe;

b) die bestuur van MIV-besmette werknemers sodat hulle vir so

lank as moontlik produktief kan werk; en

c) strategieë om vir die regstreekse en onregstreekse koste

van MIV/Vigs in die werkplek voorsiening te maak.

11. Evaluering van die uitwerking van MIV/Vigs op die werkplek

11.1 Werkgewers en vakbonde behoort geskikte strategieë te ontwikkel

om die uitwerking van MIV/Vigs te begryp en te evalueer, asook om

in die werkplek en nuwerheidsektor daarop te reageer. Dit behoort in

samewerking met regeringsinisiatiewe op sektorale, plaaslike,

provinsiale en nasionale vlak te geskied.

11.2 Impakevaluering behoort breedweg die volgende in te sluit:

11.2.1 Risikoprofiele; en

11.2.2 Evaluering van regstreekse en onregstreekse koste van

MIV/Vigs;

11.3 Risikoprofiele mag die evaluering van die volgende insluit:

11.3.1 Die weerloosheid van indiwiduele werknemers of kategorieë

werknemers om MIV-besmet te raak;

11.3.2 Die aard en bedryf van die organisasie en hoe dit die

vatbaarheid vir MIV-besmetting verhoog (byvoorbeeld migrasie

of hostelbewoning);

11.3.3 ’n profiel van die gemeenskappe waaruit die werknemers

afkomstig is;

11.3.4 ’n profiel van die gemeenskappe wat in die werkgewer se

omliggende omgewing is;

11.3.5 ’n evaluering van die uitwerking van MIV/Vigs op die teikenmark

en klantebasis.

11.4 Die evaluering behoort ook te oorweeg watter uitwerking ‘n

MIV/Vigs-epidemie op die volgende mag hê:

23

11.4.1 Regstreekse koste, soos koste verbonde aan

werknemervoordele, mediese koste en verhoogde koste wat

met personeelomset soos opleiding en werwingskoste en die

koste betrokke by die inwerkingstelling van MIV/Vigsprogramme

verband hou;

11.4.2 onregstreekse koste, soos koste wat aangegaan is weens

toenemende afwesigheid, werknemermorbiditeit,

produktiwiteitsverlies, ’n algehele afname in die moreel van die

werkmag en moontlike ontwrigting in die werkplek.

11.5 Die koste-effektiwiteit van enige MIV/Vigs-intervensies behoort ook

as deel van die impakevaluering gemeet te word.

12. Maatreëls om MIV/Vigs in die werkplek te hanteer

12.1 ’n MIV/Vigs-werkplekbeleid

12.1.1 ’n Werkplek behoort ’n MIV/Vigs-beleid te ontwikkel. Dit moet

gedoen word om te verseker dat daar nie in ’n diensbeleid of -

praktyk onbillik teen MIV/Vigs-besmette werknemers

gediskrimineer word nie. Die beleid behoort die volgende te dek:

i. Die organisasie se posisie oor MIV/Vigs;

ii. ’n omskrywing van die hooftrekke van die MIV/Vigsprogram;

iii. besonderhede van diensbeleidrigtings (byvoorbeeld

posisie oor MIV-toetsing, werknemervoordele,

prestasiebestuur en prosedures wat gevolg moet word

om mediese onbekwaamheid en ontslag te bepaal);

iv. Uitdruklike gedragstandaarde wat van werkgewers en

werknemers verwag word, asook toepaslike maatreëls

om enige afwyking van hierdie standaarde te hanteer;

v. ’n Grieweprosedure ooreenkomstig hierdie kode;

vi. ’n uiteensetting van die wyse van kommunikasie oor MIV/

Vigs-verwante aangeleenthede in die organisasie

vii. besonderhede van werknemerbystand beskikbaar aan

persone wat deur MIV/Vigs geraak word;

viii. Besonderhede van inwerkingstelling- en koördinasieverantwoordelikhede;

en

24

ix. Monitering- en evalueringsmeganismes.

12.1.2 Alle beleidsrigtings behoort in oorleg met belanghebbendes in

die werkplek insluitende vakbonde,

werknemerverteenwoordigers, beroepsgesondheidpersoneel en

die menslikehulpbronnedepartement ontwikkel te word.

12.1.3 Die beleid behoort die aard en behoeftes van die betrokke

werkplek te weerspieël.

12.1.4 Die ontwikkeling van ’n beleid en die inwerkingstelling daarvan

is ’n dinamiese proses, wat noodsaak dat die werksplekbeleid:

i. aan alle betrokkenes bekend gemaak word;

ii. gereeld in die lig van epidemilogiese en wetenskaplike inligting

hersien word; en

iii. gemoniteer word om die suksesvolle inwerkingstelling en

evaluering van die doeltreffendheid daarvan te bepaal.

12.2 Ontwikkeling van MIV/Vigs-werkplekprogramme

12.2.1 Daar word aanbeveel dat elke werkplek streef na die

ontwikkeling en inwerkingstelling van ’n MIV/Vigswerkplekprogram

wat daarop gemik is om nuwe besmetting te

voorkom, om ondersteuning en versorging van werknemers wat

besmet of geraak is te verskaf, en die uitwerking van die

epidemie in die organisasie te bestuur.

12.2.2 Die aard en omvang van ’n werkplekprogram behoort deur die

behoeftes en kapasiteit van elke werkplek gelei te word. Daar

word egter aanbeveel dat elke werkplekprogram behoort te

poog om, in samewerking met sektorale, plaaslike, provinsiale

en nasionale inisiatiewe vir die volgende voorsiening te maak:

i. Die aanbied van gereelde MIV/Vigs-bewusmakingsprogramme;

ii. Die aanmoediging van vrywillige toetsing;

iii. Die onderneming van onderrig en opleiding oor MIV/Vigs;

iv. Die bevordering van kondoomverspreiding en -gebruik

v. Die aanmoediging van gesondheidsbewuste gedrag ten aansien

van seksueel oordraagbare siektes;

vi. Die afdwinging van die gebruik van universele

besmettingsbeheermaatreëls;

25

vii. Die skep van ‘n omgewing wat vir openlikheid, openbaarmaking

en aanvaarding onder alle personeel toeganklik is;

viii. Die instelling van ’n welstand- (fisiologiese en psigologiese) -

program vir werknemers wat deur MIV/Vigs geraak word;

ix. Voorsiening van toegang tot berading en ander vorme van

maaskaplike ondersteuning vir sodanige persone,

x. Die maksimalisering van die prestasie van geraakte werknemers

deur ondersoeke na alternatiewe siekverlof vir doeleindes van

redelike akkommodering;

xi. Die ontwikkeling van strategieë om regstreekse en

onregstreekse poste wat met MIV/Vigs in die werkplek

geassosieer word te skep;

xii. Die gereelde monitering, evaluering en hersiening van die

program.

12.2.3 Alle redelike stappe moet deur werkgewers gedoen word om

werknemers met verwysing na toepaslike gesondheid-, welsyn-

en psigososiologiese fasiliteite in die gemeenskap behulpsaam

te wees, indien sulke dienste nie in die werkplek beskikbaar is

nie.

13. Inligting en onderrig

13.1 Werkgewers behoort die kode in hulle oriënteringonderrig en

opleidingsprogramme van werknemers in te sluit.

13.2 Vakbonde behoort die kode in hulle onderrig en

opleidingsprogramme vir verteenwoordigers en werknemers in te

sluit.

26

Bronnelys

Agreement between the National Union of Mineworkers, the United

Association of South Africa and the Mineworkers’ Union-Solidarity and Gold

Fields, regarding HIV/AIDS in the workplace. Desember 2001.

Altenroxel, L: “Positive news amid gloom in Aids report.” The Star, 29

November 2001.

Barrell, H en Kindra, J: “Shocking Aids report leaked.” Mail & Guardian, 5 -11

October 2001.

Basson, A: “Meer vigsverwante sterftes as geboortes in 2016.” Beeld, 14

Desember 2001.

Beresford, B: “Wising up to the business implications of HIV/Aids.”

Mail&Guardian, 14 tot 19 Desember 2001.

Bhengu, C: “Staring into the abyss of Aids.” Sowetan, 30 November 2001.

Garrun, T: “Don’t panic about Aids”, Workplace, 23 Januarie 2002.

Govender, P en Venter, Z: “Victory for Nevirapine.” Pretoria News, 12 Maart

2002.

Grawitzky, R: “HIV in the workplace”. SA Labour Bulletin, vol. 26, no. 1,

Februarie 2002.

Lackay, A: “10% van wêreld-MIV in SA”. Beeld, 17 Oktober 2001.

Leclerc-Madlala, S: “Prevention means more than condoms”. Mail &

Guardian, 4 -10 Oktober 2002.

Molakeng, S en Mquqo, H: “Chief players lead the way in lighting candles”.

Sowetan, 30 November 2001.

Pienaar, A: “Vigs: Afrika-vroue ly die ergste.” Beeld, 29 November 2001.

Taitz, L: “From despair to a gleam of hope,” Sunday Times, 25 November

2001.

Van Aard, C: “The demographic and economic impact of HIV/AIDS in South

Africa. Intreerede gelewer by Unisa, 14 Maart 2002.

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!