02.05.2013 Views

Korttermynversekering trek nuwe baadjie aan

Korttermynversekering trek nuwe baadjie aan

Korttermynversekering trek nuwe baadjie aan

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Korttermynversekering

trek nuwe baadjie aan

Senwes sal vanaf 1 Junie vanjaar telefonies kwotasies verskaf en versekering reël vir

kliënte in die boerdery- en private mark.

Volgens Theo van Huyssteen (Bestuurder

Versekering) sal Versekeringsadviseurs

steeds beskikbaar wees om ter plaatse

ondersoeke te doen en advies aan kliënte

wat ongewone versekeringsbehoeftes het,

te lewer.

Gerief

Die publiek word deesdae met korttermynversekeringsreklame

gepeper. “Die sukses

van hierdie bemarkingsveldtogte is

nie omdat premies noodwendig goedkoper

is nie. Dit is eerder omdat die publiek

meer gewoond geraak het aan

bemarking deur die elektroniese media.

Korttermynversekeraars gebruik die internet

en veral die telefoon as ‘n uitstekende,

toeganklike middel van bemarking. Die

gerief om slegs ‘n telefoonoproep te

maak, is ‘n groot trekpleister vir die verbruiker,”

sê Theo.

Senwes Graan is besig om hul verkrygingstruktuur

uit te brei.

Volgens Wimpie Bouwer (Hoof Graanverkryging)

gaan Junior Verkrygers by

sekere handelswinkels of silo’s geplaas

word om produsente met hul graantransaksies

te help.

Deur dié stap wil Senwes Graan hul diens

aan produsente verder uitbrei sodat produsente

ingeligte bemarkingsbesluite kan

neem en graankontrakte optimaal tot hul

Persoonlike kontak

Baie van Senwes se kliënte is egter nog

steeds gretig om ‘n persoonlike verbintenis

met sy versekeraar of makelaar te

hê. Dit is juis die kombinasie van persoonlike

kontak en die gerief van telefoonnadering

wat Senwes se nuwe produk

uniek maak. “Sover bekend het geen

ander versekeraar of makelaar hierdie

kombinasie om ‘n kliënt van die beste

moontlike diens te verseker nie,” sê Theo.

Eise sal ook telefonies hanteer word en

dokumentasie, soos kwotasies en fakture,

sal steeds vanaf enige Senwes bedryfspunt

na die sentrale versekeringskantoor

versend kan word. Dit sal die afhandeling

van eise nóg verder versnel.

Navrae

Navrae kan gerig word aan Senwes se

Versekeringsafdeling by (018) 464-7492.

Verkrygingstruktuur verdubbel

voordeel kan benut. “Die uitbreiding en

nuwe kantore sal teen oestyd ten volle

operasioneel wees,” sê Wimpie.

Junior Verkrygers sal op Hartbeesfontein,

Vereeniging, Koppies, Bothaville, Odendaalsrus,

Bultfontein en Bloemfontein

aangestel word. Graanadministrasiekantore

gaan in Petrusburg en Jan Kempdorp

ingerig word.

Die nuwe verkrygingstruktuur sal teen

1 Mei in plek wees.

GRAAN HANDEL FINANSIËLE DIENSTE SENWESKO VOERE

Vol 2/2004 • Inligtingsblad vir klante van Senwes • April 2004

BREEK NUWE GROND

inhoud

Opsiedatum uitgestel

Bemarkingseisoen

verander nie

April 2004

16 April

Riemland Skou en Rooivleis Ekspo

op Heilbron

Navrae: Fanus Linde by 083 448 9076

16 April

Dewetsdorp Merino Veldskou

Navrae: Koot Pienaar by 082 775 1430

27 April - 8 Mei

Bloemskou

Navrae: Bloemskou kantore by (051) 448-9894

28 April

Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) inligtingsessie

met aandeelhouers in Potchefstroom

Navrae: Johan Grobler by (018) 464-7199

29 April

Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) inligtingsessie

met aandeelhouers op Kroonstad

Mei 2004

4 Mei

Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) inligtingsessie

met aandeelhouers in Bloemfontein

18 - 21 Mei

Nampo-oesdag

Wat gebeur in jou kontrei?

Boereverenigings en landbou-organisasies is welkom

om inligting vir Landbou Dagboek aan Estie Steyn

deur te gee by (018) 468-2716, infowrks@mweb.co.za

of faks dit na (018) 468-7782.

GRAAN

2 Senwes Scenario [April 2004]

Marksituasie vir grane

Christo Booyens Bestuurder Graanbemarking

Voor die goeie algemene reën wat sedert laat-Februarie en gedurende Maart vanjaar oor die mielieproduksiegebied voorgekom het,

was die someroeste vir ‘n groot aantal produsente in die weegskaal. Die goeie reën het egter verligting gebring en tot gevolg gehad

dat die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) sy jongste skatting vir somergewasse redelik skerp opwaarts aangepas het. Die besonderhede

van die skatting op 19 Maart word in Tabel 1 uiteengesit.

Tabel 1: Tweede oppervlakte- en oesskatting vir somergewasse –

2004-leweringseisoen (Nasionale Oesskattingskomitee – 19 Maart 2004).

Kommoditeit

Hektare

2003/2004

Internasionale situasie vir graan

Benewens plaaslike markfaktore behoort

rolspelers ook kennis te neem van

‘n aantal internasionale markfaktore wat

Suid-Afrikaanse graanpryse drasties

kan beïnvloed.

Aspekte wat pryse positief kan beïnvloed:

• Wêreldmielievoorrade is op ‘n 25 jaar

laagtepunt – Chicago pryse is as

gevolg hiervan op ‘n ses en ‘n half jaar

hoogtepunt.

• Wêreldsojaboonvoorrade is op ‘n

27 jaar laagtepunt met sojaboon- en

sojaboonoliepryse op 15 en ‘n half jaar

hoogtepunt.

• Die prysverhouding tussen mielies en

sojabone is sodanig dat mieliepryse sal

moet styg om ‘n swaai na sojabone af

te weer.

• Wêreldverbruik groei oënskynlik vinniger

as produksie.

• Ongunstige produksietoestande in

Argentinië en Brasilië.

• Skeepsvrag na Suid-Afrika het van

$18/ton tot $65/ton verhoog.

Aspekte wat pryse negatief kan beïnvloed:

• Beleggersfondse in die VSA besit

historiese, groot/lang posisies en sal

voor einde Mei 2004 hulle posisies

moet verkoop om lewering te vermy.

• Hoewel skerp dalings in skeepsvrag

oor die kort termyn onwaarskynlik is, is

‘n korreksie nie onmoontlik nie.

• China kan weer tot die mark toetree.

Vooruitsigte vir mielies

Projeksies uit Sagis se syfers dui daarop

dat Suid-Afrika vanjaar op 30 April 2004 ‘n

Tweede oesskatting

(19/03/2004)

tonne

Eerste oesskatting

(19/02/2004)

tonne

Verandering

vanaf

eerste skatting

Witmielies 1 727 600 4 555 700 4 167 000 + 9,32%

Geelmielies 918 000 2 892 500 2 632 000 + 9,89%

Totale mielies 2 645 600 7 448 200 6 799 000 + 9,50%

Sonneblom 526 125 588 150 551 425 + 6,67%

Sorghum 108 750 243 320 198 100 + 22,83%

Grondbone 62 300 80 565 77 410 + 4,08%

oordragvoorraad van 1,7 miljoen ton

(oorwegend witmielies) na die 2004/2005produksieseisoen

gaan oordra. Indien die

NOK se jongste oesskattingsyfer vir 2004

bygereken word, blyk dit dat Suid-Afrika

met normale verbruik en uitvoere

1,5 miljoen ton witmielies op 30 April 2005

as oordragvoorraad sal hê. In die geval

van geelmielies sal ten minste die Wes-

Kaapse verbruik ingevoer moet word om

voorrade te balanseer. Gegewe hierdie

situasie kan afgelei word dat geelmielies

waarskynlik grotendeels op invoerpariteitsvlakke

sal verhandel, terwyl witmielies

op vlakke van min of meer R40

laer as geelmielies ondersteuning kan kry.

Dit is belangrik dat die internasionale situasie

deeglik gemonitor word ten einde te

verseker dat produsente die beste moontlike

voordeel uit potensiële markbewegings

kry. Bly in kontak met jou Graanverkryger.

Vooruitsigte vir sonneblom

Gebeure in die plaaslike sonneblommark

word tans tot ‘n groot mate deur gebeure

op die internasionale mark beïnvloed.

Daar was bykans geen sonneblom om uit

die vorige seisoen na die 2004/2005seisoen

oor te dra nie. Hierbenewens is

die aanvang van oestyd deur nat toestande

vertraag, wat daartoe gelei het dat

die Maart 2004 sonneblomkontrak rekordhoogtes

bereik het.

Die jongste oesskatting vir sonneblom

dui daarop dat daar vanjaar nie genoeg

sonneblom vir die plaaslike mark

beskikbaar sal wees nie en as gevolg

hiervan op invoerpariteitsvlakke behoort

te verhandel. Daar is egter ‘n gevoel in

die mark dat die hektareskatting vir sonneblom

dalk te laag kan wees en dat die

oes uiteindelik groter as die skatting kan

wees. Kommer heers oor die groot

gedeelte sonneblom wat nog baie jonk

is en moontlik weens vroeë koue nie ‘n

hoë potensiaal sal hê nie.

Vooruitsigte vir sorghum

Die 22% opwaartse aanpassing in die

sorghum-oesskatting gee ‘n totaal nuwe

dimensie aan die sorghummark. Waar

daar voor hierdie verhoogde skatting

net genoeg sorghum vir die menslike

mark beskikbaar was, sal ‘n relatief

groot deel van die sorghum nou ook in

die veevoermark geakkommodeer moet

word. Gegewe die relatief groot verskil

tussen dít wat produsente graag vir

hulle sorghum wil hê (nagenoeg

R1 300/ton – R1 400/ton) en dit wat verwerkers

aanbied (R1 100/ton), behoort

produsente alle aspekte deeglik te

oorweeg ten einde te verseker dat hulle

nie geleenthede mis en hulle sorghum

uiteindelik in die veevoermark van die

hand moet sit nie.

Vooruitsigte vir koring

Die koringmark in Suid-Afrika verhandel ‘n

geruime tyd reeds op invoerpariteit.

Hoewel wêreldvoorrade op ‘n 22 en ‘n

halfjaar laagtepunt is, lyk internasionale

produksietoestande rooskleurig. Australië

verwag vanjaar ‘n rekordoes van

24,92 miljoen ton. Verder lyk toestande in

die VSA en Wes- en Oos-Europa goed vir

koringproduksie. Die verwagting is dat

internasionale pryse as gevolg hiervan

laer kan neig. Grootskaalse toetrede van

China as ‘n koper kan egter die uiteindelike

verloop beïnvloed.

Volgens die NOK se jongste syfers het

produsente aangedui dat hulle nagenoeg

13,8% meer koring as verlede jaar wil

aanplant. Goeie vogtoestande sedert die

laaste reëns kan egter die uiteindelike uitbreiding

in aanplantings selfs groter

maak. Plaaslike pryse kan as gevolg hiervan

verder onder druk kom.

BREEK NUWE GROND SENWES

GRAAN

Leweringsopdragte moet

vragte vergesel

Verskeie probleme ten opsigte van korrekte lewering is in die verlede by die silo’s

ondervind. Om die produsent en Senwes van verkeerde plasings te vrywaar, gaan

bedryfspunte, volgens Faan Schoeman (Bestuurder Graanhantering), geen vragte aanvaar

indien ‘n graanleweringsopdrag nie die vrag vergesel nie.

Enkele reëlings

• Die bedryfspuntpersoneel mag nie ‘n graanleweringsopdrag namens ‘n produsent

voltooi nie.

• As ‘n produsent op boerevoorraad lewer, moet die tariefkeuse op die graanleweringsopdrag

voltooi word.

• In die geval van mielies moet die kultivar wat geplant is en gelewer word op die graanleweringsopdrag

aangedui word.

• Indien ‘n produsent, waar van toepassing, goedkeuring vir die vrywillige vordering van

‘n heffing gee, moet die keuse op die leweringskaartjie omkring word.

• Indien die vrag nie aan die produsent se verwagte gradering voldoen nie en dit nie as

‘n swakker graad ontvang moet word nie, maar eerder na die plaas teruggestuur moet

word, moet dit in die notaveld aangedui word.

• Produsente kan koolpapier tussen opdragkaartjies gebruik om ‘n afskrif vir hulself te

genereer.

Graanleweringsopdragkaartjies is by die bedryfspunte beskikbaar en produsente word

gevra om nou reeds van die kaartjies te neem sodat dit gereed kan wees wanneer graan

gelewer moet word.

Só lyk die silotariewe

Die volgende bergings-, hanteringstariewe en reëlings geld vir die 2004/2005-seisoen:

Dagtarief

Dagtarief bestaan uit ‘n hanteringstarief per jaar en opbergingstarief per dag.

Hanteringstarief: Tarief per ton betaalbaar by lewering

Produk Tydperk Rand/ton

Mielies 1 Mei 2004 tot 30 April 2005 36

Sorghum 1 Mei 2004 tot 30 April 2005 36

Sonneblomsaad 1 Februarie 2004 tot 31 Januarie 2005 52

Sojabone 1 Februarie 2004 tot 31 Januarie 2005 36

Opbergingstarief: Tarief per ton per dag (maandeliks betaalbaar)

Produk Tydperk Sent/ton/dag

Mielies 1 Mei 2004 tot 30 April 2005 34

Sorghum 1 Mei 2004 tot 30 April 2005 34

Sonneblomsaad 1 Februarie 2004 tot 31 Januarie 2005 68

Sojabone 1 Februarie 2004 tot 31 Januarie 2005 34

Plafonbedrag

Wanneer produsente graan op uitgestelde opberging lewer, kan die maksimum bedrag wat

produsent betaal, oploop tot die plafonbedrag. Plafonbedrag is net vir produsente beskikbaar

wat graan vir eie gebruik of om later te verkoop, wil berg. Sodra produsente graan

verkoop aan ‘n derde party, stop die plafonbedrag vir die produsent en betaal die nuwe

eienaar van die graan dagtarief vanaf daardie datum. Indien produsente by lewering

dagtarief kies, sal die plafonbedrag nie van toepassing wees nie en sal koste op ‘n dagbasis

akkumuleer. Geen plafonbedrag is vir kopers en/of derde partye beskikbaar nie -

slegs dagtariewe.

Boereopberging

Produsente wat op boereopberging wil lewer, het ‘n keuse tussen ‘n uitgestelde tarief, ‘n

dagtarief of plafonbedrag en bedryspunte moet van die keuse in kennis gestel word.

Indien daar nie ‘n boerevoorraadkontrak bestaan nie, kan die nodige dokumente by die

silo voltooi en by Hoofkantoor geregistreer word.

* Die volledige inligting word, per pos, in ‘n produsente-inligtingstuk aan produsente gestuur.

BREEK NUWE GROND SENWES

Opsiedatum uitgestel

Produsente wat van Senwes se “kontantvloei;

prys later”-transaksie gebruik

gemaak het, het aanvanklik tot 20 Maart

vanjaar geleentheid gehad om hul finale

prysopsie uit te oefen.

Volgens Christo Booyens (Bestuurder

Graanbemarking) het die marksituasie

sedertdien egter sodanig verander dat

Senwes in staat was om produsente wat

teen 20 Maart nie finaal wou prys nie,

kon toelaat om hulle besluit tot 20 Julie

2004 uit te stel.

Tot op datum is sowat R85 miljoen

aan witmielieprodusente en

R18 miljoen aan geelmielieprodu-

sente uitbetaal. Bedrae wat uitbe-

taal is, wissel tussen R300/ton tot

R350/ton.

Senwes Mobile

nou gratis vir

klante

Senwes klante het sedert Maart vanjaar

nie meer nodig om ‘n maandelikse inskrywingsfooi

vir die Senwes Mobile-selfoondiens

te betaal nie.

Dié stelsel, wat produsente onmiddellike

toegang tot intydse prysinligting gee, se

eerste 20 oproepe (hits) per maand is ook

voortaan gratis vir Senwes klante beskikbaar.

Produsente wat nie klante van

Senwes is nie, sal ‘n inskrywingsfooi van

R150 per jaar en R1,50 per oproep

moet betaal.

Kontak jou naaste Graanverkryger vir

meer inligting.

Sê wie?

Senwes Graan sê só

Produsente kan elke Maandag, Woensdag en Vrydag

om 12:55 op RSG inskakel om die jongste graannuus

te ontvang.

Thys Grobbelaar (Graananalis van Senwes Graan)

gee Maandae en Vrydae ‘n volledige verslag vir produsente

van plaaslike en internasionale verwikkelings

op die graanmarkte asook vooruitskouings terwyl

Woensdae se praatjie prysbewegings asook ander

gespesialiseerde landbou-onderwerpe sal aanraak.

[April 2004] Senwes Scenario 3

GRAAN

Graderingsinligting: die bepaling van

hektolitermassa van koring (Deel 2)

Dr. Sierk Ybema Graanbedryf

Hektolitermassa word al vir baie jare op koring bepaal en baie mense verwys daarna as die skepelgewig. Hektolitermassa is die

massa in kilogram per hektoliter, maar word as gevolg van praktiese redes in ’n halflitermaat uitgevoer en daarna na hektolitermassa

omgereken.

Die apparate wat benodig word vir hektolitermassabepaling,

is ‘n tweevlaktregterapparaat,

halflitermaat, plat skraper

en weegskaaltjie met die akkuraatheid

van 0,1 g.

Indien hierdie toerusting korrek volgens

die regulasies gebruik word, is die resultate

wat verkry word baie betroubaar en

herhaalbaar. Die hektolitermassa kan wel

deur sekere elektroniese apparate outomaties

akkuraat uitgevoer word, maar

die graderingsregulasies maak nog nie

daarvoor voorsiening nie. Verder kan hektolitermassa

op skoon- of op vuilbasis volgens

die graderingsregulasies bepaal

word. Skoonbasis het die voordeel vir die

produsent dat die graad dikwels beter is

as gevolg van die hoër hektolitermassa

wat verkry word.

Hoekom word hektolitermassa

bepaal?

Hektolitermassa is die bepaling van die

digtheid van die koring. Dit is vir die meulenaar

’n sterk aanduiding van die

hoeveelheid meel wat verkry sal word uit

’n bepaalde hoeveelheid koring. Die hektolitermassa

is ’n sterk aanduiding van die

kommersiële waarde van koring. Dit maak

’n groot verskil of daar 77 ton of 72 ton

meel uit ’n 100 ton koring verkry word.

Dit is egter nie net ’n aanduiding van kommersiële

waarde nie, maar vertel ook baie

van die toestand van die koring. Vuil of

Bemarkingseisoen

verander

toe nie

Die bemarkingseisoen van mielies gaan

nie, soos in die Februarie-uitgawe berig

is, verander nie.

Volgens Christo Booyens (Bestuurder

Graanbemarking) het die graanbedryf ná

konsultasie besluit dat verdere gesprekke

nodig is alvorens die bemarkingseisoen

kan verander.

Die bemarkingseisoen bly dus onveranderd

van 1 Mei tot 30 April.

4 Senwes Scenario [April 2004]

beskadigde koring het ‘n laer hektolitermassa

as skoon of onbeskadigde koring.

Hetolitermassa is een van die hoof of

primêre graderingsfaktore en die nuwe

grade word soos volg volgens hektolitermassa

ingedeel:

Graad

Minimum

hektolitermassa

B1 77 kg

B2 76 kg

B3 74 kg

B4 72 kg

UT 70 kg

Klas Ander minder as 70 kg

Die volgende faktore beïnvloed hektolitermassa

en is nou gekoppel aan die toestand

van die koring:

• Teenwoordigheid van ander graan.

• Teenwoordigheid van ongedorsde are.

• Die hoeveelheid sifsels teenwoordig.

• Die teenwoordigheid van vreemde

voorwerpe.

• Die kultivar (sekere korreleienskappe

word met hoë hektolitermassas geassosieer).

• Die teenwoordigheid van beskadigde

graan soos insek gevreet, uitgeloopte

korrels en onryp korrels. Erg rypbeskadigde

korrels het ook ’n groot

invloed op hektolitermassa.

• Swambesmette korrels en veral

Fusarium-besmette korrels het ’n

negtiewe invloed op hektolitermassa.

Die predikant sukkel vreeslik om ‘n

preek voor te berei. Sy een kollega sê

hy sal hom met graagte help en

1-2-3 is hulle ‘n gedugte span: die

een skryf en die ander dra dit voor.

Die skrywer-dominee sit met flitskaarte

in die gemeentebanke en hou

dit in die lug sodat sy kollega dit kan

aflees. Nie lank nie of die gemeente

begin iets agterkom. Die dominee

gaan sit toe agter in die kerk,

weggesteek agter die potplante. Die

betrokke aand handel die preek oor

Adam en Eva. Die dominee op die

preekstoel sê: “Toe sê Adam vir

Eva...uhmm...vat weg daai blaar ek

kan niks sien nie!”

• Reën in oestyd veroorsaak dat korrels

swel en wanneer die koring ná die tyd

afdroog krimp hulle nie weer terug na

hulle oorspronklike grootte nie en die

hektolitermassa verlaag - daar bestaan

wel kultivarverskille in dié verband.

Die meeste van bogenoemde faktore het

’n negatiewe invloed op hektolitermassa

en indien daar meer as een van hulle op

relatief hoë vlakke teenwoordig is, kan die

koring maklik as Klas Ander gegradeer

word. Koring wat skoon en nie

beskadig is nie, sal die

meeste van die tyd aan die

vereistes van Graad 1

voldoen. Die waarde van hektolitermassa

word nie altyd deur

rolspelers in die koringbedryf

waardeer nie, maar dit sal altyd

’n belangrike deel van koringgradering

bly.

• Koringgradering val onder

die Wet op Landbouprodukstandaarde,

1990 (Wet No.

119 van 1990) en daar word

algemeen daarna

verwys as die

graderingsregulasies.

‘n Voorbeeld van ‘n tweevlaktregterapparaat en ‘n plat

skraper wat vir die bepaling van hektolitermassa

gebruik word.

Leer oor Safex

Onseker oor wat presies ‘n put of call is?

Of termynkontrakte dalk ‘n beter opsie is?

Produsente wat meer inligting oor die

werking van opsies op Safex wil bekom,

kan ‘n daglange kursus hieroor bywoon

en meer te wete kom oor bemarking in

die vryemark.

Volgens Wimpie Bouwer (Hoof Graanverkryging)

kan sulke kursusse op versoek

van klante aangebied word. “Gesels

gerus met jou Graanverkryger oor wat jou

behoefte is. Die kursus word deur Safexpersoneel

aangebied en is tans nog gratis

vir ons klante. Die groep moet net uit

minimum 20 en maksimum 30 lede

bestaan,” aldus Wimpie.

BREEK NUWE GROND SENWES

GRAAN

Verwagtinge en reëlings

vir 2004 grondbone-oes

Die grondbone-oes blyk in hierdie stadium groter te wees as die Nasionale

Oesskattingskomitee se verwagte 77 410 ton. Volgens Jos Cohn (Bestuurder

Grondbone) kan dit toegeskryf word aan verwagte beter opbrengste.

“Die groter oes en lae invoerpariteitspryse

vanweë die sterk rand, kan produsentepryse

afwaarts druk en daar word

nie ‘n styging in die huidige prysaanbiedings

verwag nie,” sê hy.

Senwes gaan vanjaar slegs ‘n beperkte

hoeveelheid grondbone van produsente

met wie kontrakte gesluit is en wie gesertifiseerde

Senwes saad gebruik het,

aankoop.

Ontvangspunte

Grondbone sal slegs by Bultfontein en

Jan Kempdorp ontvang word.

Plaaslaai

Plaaslaai is beskikbaar, maar die vragmotors

sal nie in lande kan laai nie en die

grondbone moet op ‘n aanvaarbare

laaipunt beskikbaar wees. Reëlings kan

vooraf met Schalk Keet (Bestuurder

Verkryging en Saadvermeerdering)

getref word.

HANDEL

SAP-wiel aan die rol

Die aanvanklike probleme wat met die

SAP Retail-stelsel by die handelswinkels

ondervind is, is na verwagting, uitgestryk.

Volgens Johan Schoeman (Projekbestuurder

SAP Retail) het probleme

tussen die kommunikasiestelsels van

SAP en Senwes se aanlynverkoopspunte

probleme veroorsaak, maar ná

die installering van ‘n nuwe Microsoftstelsel

(Biztalk) is die probleme uitgeskakel.

“Die bemagtiging van Winkelbestuurders

wat op bedryfsvlak uitgerol moet word, is

nou afgehandel,” sê Frans du Plessis

(Hoofbestuurder Handel). Die Handelkonferensie

wat in Januarie vanjaar in

Kroonstad plaasgevind het, is ‘n eerste

belegging in die langtermyn ontwikkeling

van Senwes se Winkelbestuurders.

“Ons wil ons Winkelbestuurders toerus

om die nuwe uitdagings in Handel en die

landboubedryf die hoof te bied en Senwes

BREEK NUWE GROND SENWES

Sakke

Sakke vir lewering kan met Schalk gereël

word en daar sal voldoende sakke vir kontrakhouers

en ander produsente by die

ontvangspunte beskikbaar wees. Die

sakke moet deeglik met ‘n toewerkmasjien

of met toerygsteke wat 20 mm

uitmekaar is, toegewerk word om te

voorkom dat die peule nie soos verlede

seisoen uitval nie.

Gradering

Ontvangsgradering sal op dieselfde basis

as in 2003 toegepas word.

Leweringspryse

Produsente kan die leweringspryse by

Schalk of by die ontvangspunte kry.

Navrae

Skakel Schalk by 083 273 7819 of (053)

474-1580 vir meer inligting oor lewering,

leweringspryse en algemene oesprosesinligting.

“Die Biztalk-stelsel is by Senwes se

bedryfstelsel aangepas, getoets en ons is

tevrede dat dit werk,” sê Johan.

Die SAP Retail-stelsel is gedurende

Augustus by Bothaville, Viljoenskroon en

Klerksdorp se handelswinkels uitgerol.

Hartbeesfontein, Ottosdal en Koppies het

gedurende Maart ook suksesvol na die

nuwe stelsel oorgeskakel en al die handelswinkels

sal voor die einde van Mei op

die SAP-stelsel oorgeskakel wees.

Bestuurders skuif agter boeke in

gaan veral in die verdere opleiding en

ontwikkeling van personeel belê.

Winkelbestuurders gaan eksterne kursusse

oor algemene besigheidsbeginsels

in die kleinhandel bywoon en genomineerde

personeel sal ‘n landbougerigte

universiteitskursus doen,” sê Frans. Hy

het bygevoeg dat Handel hierdeur die

onderbou van hul bestuurders wil verstewig

sodat hulle groter waarde tot die

besigheid en al sy belanghebbendes

kan toevoeg.

Hartswater

under one roof

The Hartswater shop and Mechanisation

division is in the process of doing business

under one roof. This building was previously

the Mechanisation premises and is

on the corner of DF Malan and Pokwani

Road in Hartswater. If everything goes

according to plan, business will be done at

this new building from 28 April 2004. The

official launch of the building will take place

on Friday 30 April 2004.

Meganisasie hou

tred met nuutste

tegnologie

Senwes het gedurende Januarie vanjaar

‘n dinamometer P600, die eerste van sy

soort in Senwes se werkswinkels,

geïnstalleer.

Volgens Connie van der Linde (Diensbestuurder

John Deere by Meganisasie)

het die gevorderde tegnologie van vandag

se trekkers Senwes genoop om só ‘n

masjien aan te koop. “Senwes moet tred

hou met die vinnig veranderde tegnologie

en vooruitgang in die meganisasiebedryf,”

sê Connie. “Ons wil steeds die beste diens

moontlik aan ons klante lewer.”

Die dinamometer word aan ‘n rekenaarstelsel

(service advisor) gekoppel en as ‘n

trekker (tussen 40 kW en 440 kW) gediens

word, word die trekker aan die

dinamometer gekoppel waar kW, brandstoftoevoer,

hitte op inlaatgasse sowel as

hitte op uitlaatgasse, enjinoliedruk en

kragverlies getoets word en kan op ‘n

grafiek aan die klante beskikbaar gestel

word. Dit maak dit moontlik om hierdie

rekenaardrukstuk saam met die rekening

vir die klant te stuur sodat hy kan sien of

die trekker reg funksioneer. Om ‘n trekker

op die dinamometer te toets kos R300/h.

Dinamometers sal in die toekoms ook vir

Bloemfontein, Wesselsbron en Kroonstad

aangekoop word.

Beste tegnikus uit

Senwes-geledere

Tydens ‘n glansgeleentheid by Graceland,

Secunda, is Blikkies Blignaut van

Bloemfontein werkswinkel as John Deere

se Tegnikus van die Jaar aangewys. Die

beoordeling het ‘n skriftelike sowel as

praktiese eksamen van John Deere

ingesluit. Baie geluk, Blikkies.

[April 2004] Senwes Scenario 5

FINANSIËLE DIENSTE

Kalkrekening

Hierdie rekening sal produsente in

staat stel om kalk toe te dien en kan oor

twee jaar terugbetaal word.

Voorwaardes

• Slegs kliënte wat van Senwes se

produksiekredietfasiliteite gebruik maak,

se aansoeke sal oorweeg word.

• Die rekening is in twee jaarlikse

paaiemente terugbetaalbaar.

• Rentekoerse is gekoppel aan die

produksierekening en word volgens

bepaalde kategorieë bepaal.

Reënvalneerslae aangeteken

Goeie reën het aan die einde van

Januarie tot middel-Maart oor die hele

Senwes-gebied voorgekom (gemiddeld

bo 150 mm). Brandfort, Buckingham,

Hartbeesfontein, Klerksdorp, Koppies,

Makokskraal, Melliodora, Regina, Weiveld,

Werda en Wolwehoek het hierdie

seisoen bo-gemiddelde reënval gehad.

Vooruitskouing

Langtermyn vooruitsigte vir reën in April

bly redelik gunstig, maar neem daarna

vinnig af. Die nuutste voorspelling van

die verwagte afwyking vanaf die normale

see-oppervlaktemperature in die El Niñogebiede

(voorspellingsdatum 2 Maart

2004) vir die volgende maande toon

steeds ‘n redelike normale of neutrale

prentjie. Dit is egter kommerwekkend dat

Op soek na ruvoer?

Senwes se Ruvoer-databank is ‘n

inisiatief om aanbieders en kopers van

ruvoer gratis met mekaar in kontak te

bring. Besoek gerus Senwes se webwerf

by www.senwes.co.za vir ruvoer-aanbiedinge

in u omgewing. Diegene wat

ruvoer beskikbaar het, kan ook hul

produkte gratis hier adverteer.

6 Senwes Scenario [April 2004]

Nuwe finansieringsprodukte

Kapitaaltoerusting vir

presisieboerdery

Produsente kan nou ook finansiering vir

presisieboerderytoerusting wat op trekkers,

stropers en implemente gemonteer

word, verkry.

Voorwaardes

• ‘n Deposito van 25% moet betaal word.

• Normale krediet- en sekuriteitsvereistes

geld.

• Die Presisieboerdery-afdeling moet die

lening aanbeveel.

• Die termynlening is vir ‘n maksimum

voorspellings die afgelope paar maande

konstant ‘n El Niño-ontwikkeling vanaf

Junie 2004 aandui.

Ryp

Na beraming is ongeveer 20% - 25% van

die totale mielie-oppervlakte, hoofsaaklik

in die westelike produksiegebiede, vanjaar

ná 20 Desember geplant. Hierdie aanplantings

sal tot ongeveer 10 April redelik

sensitief vir ryp wees. Die kanse vir ryp

voor dan is egter baie skraal.

Samevatting

Die laat reën was betyds om veral die

laatgeplante mielies in die meeste gevalle

van vog deur te sien.

• Uittreksel uit: Mielievisie No 57 – Inligting vervat

tot 8 Maart 2004. Senwes beroep hom op

‘n vrywaring van aanspreeklikheid.

Reël nou al vir

finansiering

Produsente kan nou reeds begin om aansoek

te doen vir finansiering van hul

somergewasse en somer-KVP. Aansoeke

sluit gedurende September.

Navrae

Kontak gerus u naaste Verhoudingsbestuurder

vir meer inligting.

bekend gestel

Die Finansieringsafdeling het twee nuwe produkte tot hulle produkpakket toegevoeg. Die nuwe produkte, ‘n kalkrekening en finansiering

van kapitaaltoerusting vir presisieboerdery, is gedurende Februarie vanjaar bekend gestel en behoort volgens Gerrit van Zyl

(Bestuurder Finansiering) produsente in staat te stel om hul produksiepraktyke te optimaliseer.

NUUT

NUUT

Vooruitsigte vir laat aanplantings

lyk beter ná goeie reën

Ina van Rensburg Landboudienste

termyn van drie jaar. Die paaiemente

kan maandeliks, sesmaandeliks of jaarliks

betaal word.

• Rentekoerse sal deur die bepaalde

kategorie bepaal word.

Aansoekvorm

Aansoek kan gedoen word deur die vorm

“Aansoek om krediet: Boerderykliënte” by

jou naaste handelswinkel te voltooi.

Navrae

Vir meer inligting kontak gerus jou

Verhoudings-, Klantediens- of Winkelbestuurder.

Elektroniese

aansoekproses in

vooruitsig gestel

Aansoeke om finansiering sal eersdaags

elektronies gedoen kan word. Volgens

Bernhard Coetzer (Senior Verhoudingsbestuurder)

is die rekenaarmaatskappy,

T-Systems, tans besig om ‘n program vir

Finansiering te skryf waarvolgens aansoeke

elektronies voltooi kan word.

Hierdie stelsel sal Senwes se

Klantediens- en Verhoudingsbestuurders

in staat stel om ‘n produsent se finansieringsaansoekvorm

op sy plaas per rekenaar

te voltooi en in elektroniese formaat

na Klerksdorp te versend.

Die program behoort vir die nuwe somerproduksieseisoen

gereed te wees.

Ons kan nie aan ons kinders

die toekoms gee nie, al

probeer ons hoe hard om dit

vir hulle veilig te maak. Maar

ons kan hulle vandag gee.

- Kathleen Norris

BREEK NUWE GROND SENWES

FINANSIËLE DIENSTE

Opskud met aansoeke

Produsente moet voor 30 April vanjaar aansoek doen vir finansiering van hul

wintergewasse en winter-KVP.

Volgens Bernhard Coetzer (Senior

Verhoudingsbestuurder) is dit die derde

seisoen wat Senwes hul winter-KVP-produk

bemark en bied dit, buiten gemoedsrus,

ook ‘n mededingende kostevoordeel

aan die produsent.

KVP stel markverwante finansiering aan

die graanprodusent beskikbaar met die

gemoedsrus dat die produsent se risiko’s

beperk word. Deur van die infrastruktuur

MAATSKAPPYNUUS

BREEK NUWE GROND SENWES

en adviesdienste van Senwes gebruik te

maak, is dit vir die produsent veiliger en

geriefliker om graan te produseer en te

bemark. Senwes Graan beperk die kliënt

se bemarkingsrisiko en uitbetaling van

graanverkope geskied binne 24 uur.

Navrae

Gesels gerus met jou naaste Verhoudingsbestuurder

oor winter-KVP.

Kom gesels saam oor Swart

Ekonomiese Bemagtiging

Produsente en aandeelhouers kan eersdaags

eerstehands met Johan Dique

(Besturende Direkteur van Senwes) oor

Senwes se strategie vir die implementering

van Swart Ekonomiese Bemagtiging

in die maatskappy gesels.

‘n Reeks inligtingsessies word gedurende

April en Mei in die Senwes-gebied

gereël waartydens Johan, Stef du Plessis

(‘n bekende leierskapontwikkelingsdeskundige)

en prof. Willie Esterhuyse

(Sakeskool van die Universiteit Stellenbosch)

oor hierdie sensitiewe aangeleentheid

sal gesels.

Daar sal onder andere gekyk word na hoe

‘n mens die dramatiese verandering kan

Die volgende Senwes en Senwesbel aandele

het gedurende Februarie en Maart

vanjaar verhandel:

Februarie 2004

Aandele Prys Aantal verhandel

Senwes 80c 189 425

Senwes 85c 625

Senwesbel 80c 782 864

Senwesbel 80c 625

Aandeleverhandeling

hanteer, die onvermydelike van Swart

Ekonomiese Bemagtiging, geleenthede,

bedreigings en hoekom Suid-Afrika nie ‘n

Zimbabwe kan en sal word nie.

Datums vir inligtingsessies

Die inligtingsessies begin om 09:00 op

28 April in Potchefstroom (Elgro Hotel),

29 April op Kroonstad (CR Swart-saal by

Korrektiewe Dienste) en 4 Mei in

Bloemfontein (CR Swart-saal op die

Kovsie kampus).

Navrae

Vir verdere inligting kan Johan Grobler

(Hoofbestuurder Korporatiewe Bemarking)

by (018) 464-7199 geskakel word.

Maart 2004

Aandele Prys Aantal verhandel

Senwes 80c 116 189

Senwesbel 80c 505 503

Belangstellende kopers of verkopers kan

Ansa van Vuuren by die Senwes Verhandelingskamer

skakel by (018) 464-7105 of

stuur ‘n faks na (018) 464-2228.

Onthou van jou

aandele!

Aandeelhouers het nog tot 23 April vanjaar

geleentheid om te reageer op Senwes se

aandele-aanbod. Die aanbod is gemaak

aan persone wat op 12 Januarie 2004 minder

as 10 000 aandele in Senwes of sy

beherende maatskappy, Senwesbel, het of

waar die aandele in die naam van ‘n

boedel geregistreer is.

Vir enige navrae kan die Groepsekretaris,

Elmarie Joynt, by (018) 464-7104

geskakel word.

First General

Manager BEE

appointed

As a historic first Senwes recently

appointed Joe Maswanganyi in the position

of General Manager Black Economic

Empowerment and Strategy.

Joe was previously a director of Acresa

Consulting, a strategic management and

organisational transformation company.

He is involved in various directorships

and has extensive experience in this field.

He qualified from the University of South

Africa and has also studied in Wales.

His portfolio entails contributing to the

overall strategic direction of Senwes and

driving the transformation process of

Senwes in line with the overall South

African process to ensure maximum

opportunities, expansion and growth.

Joe Maswanganyi

Nominasies vir Senwesbel direkteure kan nou ontvang word

Twee van Senwesbel se huidige direkteure,

Jimmy Shahim en Jannie Botma,

moet in terme van die Senwesbel statuut

by die maatskappy se eerskomende

jaarvergadering uittree.

Albei direkteure is egter weer verkiesbaar.

Volgens Elmarie Joynt (Groepsekretaris)

is die verkiesing van direkteure een van

die belangrikste regte van ‘n aandeelhouer

en dit is belangrik dat die aandeelhouers

hierdie reg uitoefen. Aandeelhouers

kan gedurende Mei nominasies

vir direkteure inhandig. Indien meer as

twee nominasies ontvang word, sal ‘n

direksieverkiesing plaasvind en sal die

verkose direkteure outomaties Senwesbel

se kandidate in Senwes wees.

Nominasievorms is vanaf Mei by Senwes

se handelswinkels of by die Groepsekretaris

by (018) 464-7104 beskikbaar.

[April 2004] Senwes Scenario 7

Wen! Wen! Wen!

Of jy nou 3 of 300 skape of beeste het, een of ander tyd takel

parasiete hulle toe. Een gelukkige leser kan 200 ml Ivomec

antiparasitiese middel ter waarde van R415 vir beeste, skape en

varke wen.

[8 ] Senwes Scenario [April 2004]

Beantwoord net die volgende

vraag: Waarvan sal u meer in

Scenario wil lees?

Stuur die koepon aan:

Infoworks

(Aandag: Wanda Potgieter)

Postnet Suite 32

Privaat sak X10

Flamwood

2572

Faks: (018) 468-7782

E-pos: info.iw@mweb.co.za

Tel: (018) 468-2716

Inskrywings, hetsy telefonies, per

e-pos, faks of pos, moet ons nie later

as Vrydag 7 Mei bereik nie.

Vorige wenner

Abraham Theron van Kroonstad was

die wenner van die Februarie-uitgawe

se verkyker en knipmes.

Inskrywingsvorm

Naam en van: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Senwes klantenommer: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Adres: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Poskode: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ Tel: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Antwoord: _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _

Reëls

Slegs klante van Senwes mag aan die kompetisie deelneem. Personeel van Senwes mag

nie deelneem nie.

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is Vrydag 7 Mei 2004.

Die prys kan nie vir kontant verruil word nie.

Die verlede het geen ander waarde nie as om

jou wysheid te leer vir die toekoms. ‘n Mens

moenie wanhoop put uit jou berou of hoogmoed

uit jou sukses nie.

- C.J. Langenhoven

My redenasie hieroor is soos volg: ná 1994 (dit het niks met die

nuwe Suid-Afrika te doen nie; dit was die jaar waarin ek my hartomleiding

gehad het) het ek darem nie nodig gehad om afstand

te doen van my plaas of bakkie nie; maar wel van my allerheerlikste

rookgewoonte.

Asof dit nie genoeg was nie, moes my smaakvoorkeur vir bier en

“polisiekoffie” oornag verander na ‘n smaak vir whiskey en water.

My ná-1994 leefwyse het dus dié verligting gebring dat die

genadelose jaarlikse verhoging in sondebelasting ‘n mindere

impak om my begroting het.

Van dié jaarlikse aankondiging nie meer so na aan die hart of

beursie lê nie, is die Minister van Finansies se besluit oor belastingverligting

op landbou-diesel bo-aan my lys. Die goeie werk

wat deur georganiseerde landbou gedoen is om dié korting in

2001 heringestel te kry het toe al ‘n besparing van miljoene rande

vir ons graanboere meegebring.

Hoewel die minister vanjaar die dieselkorting met 15 sent per liter

verhoog het, betaal boere steeds sowat 61% (of 58 sent per liter)

van die totale belasting op diesel. Sal iemand hom asseblief

bedank – en dan sommer noem dat die oorblywende belasting

op landbou-diesel in geheel afgeskaf behoort te word?

Rugpyn…

Vertel ‘n ou vriend nou die dag dat hy so ongemaklike rugpyn

ontwikkel het. Volgens sy huisarts is dit toe te skryf aan ‘n verrekte

rugspier. Dié afgetrede Weermag-offisier boer in die

Bothaville-distrik in die rigting van Wesselsbron.

Ná deeglike ondersoek en ‘n baie sistematiese ontleding van die

situasie, kom hy toe agter die kap van dié rugpynpyl. Op Senwes

se Bothaville-silo, waar hy gereeld verby ry op pad na Senwes se

handelswinkel, pryk ‘n reuse-banier waarop ‘n vriendelike man

besig is om te salueer. Voordat my vriend hom kan kry, strek en

salueer hy elke maal (sommer so agter die wiel) net soos dit ‘n

militaris in murg en been betaam.

Op aanbeveling van sy huisarts, fokus hy nou daarop om met ‘n

boere-ingesteldheid verby die saluerende man te ry, maar hy sê

sy rug bly seer.

R E D A K S I O N E E L

Senwes Scenario is 'n bedryfsinligtingsblad wat in opdrag van Senwes Korporatiewe Bemarking deur Infoworks saamgestel en uitgegee word.

REDAKSIE:

Johan Grobler (018) 464-7199 • 083 409 5229 • johan.grobler@senwes.co.za

Johan Smit (018) 468-2716 • 082 553 7806 • johan.iw@mweb.co.za

Estie Steyn (018) 468-2716 • 083 490 9449 • infowrks@mweb.co.za

BLADUITLEG EN DRUK:

Infoworks (018) 468-2716

Oor sondebelasting

en rugpyn

H artomleidingoperasies het heelwat direkte en indirekte

gevolge, maar ‘n mens dink nie aldag daaraan dat dit selfs ‘n

belasting-implikasie kan hê nie…

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario

word voorbehou ingevolge Artikel 12(7) van die

Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid

vir enige uitlatings deur skrywers of

medewerkers nie.

BREEK NUWE GROND SENWES

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!