02.05.2013 Views

Everything Science Graad 10

Everything Science Graad 10

Everything Science Graad 10

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

12.1 HOOFSTUK 12. DIE DEELTJIES WAARUIT STOWWE BESTAAN

Molekuulvoorstelling ESDDS

Die struktuur van ’n molekule kan op talle verskillende maniere getoon word. Somstyds

is dit die maklikste om te wys hoe ’n molekuul lyk deur verskillende tipes diagramme te

gebruik, maar andersins kan ons eenvoudig besluit om om ’n molekule met die chemiese

formule of skriftelike naam voor te stel.

Gebruik formules om die struktuur van ’n molekuul aan te toon.

’n Chemiese formule is ’n verkorte (kort) manier om ’n molekuul, of ’n ander chemiese

stof, te beskryf. In die hoofstuk oor die klassifikasie van materie, het ons gesien dat

chemiese verbindings voorgestel kan word deur van element se simbole op die periodieke

tabel gebruik te maak. ’n Chemiese formule dui ook die aantal atome van elke element

in ’n molekuul asook hul verhouding in daardie molekuul aan. Die chemiese formule

vir ’n koolstofdioksied molekuul is byvoorbeeld CO2. Die genoemde formule word die

molekulêre formule van die verbinding genoem. Die formule vertel ons dat daar in een

molekuul koolstofdioksied een koolstofatoom en twee suurstofatome is. Die verhouding

koolstofatome tot suurstofatome is 1: 2.

DEFINISIE: Molekulêre formule

Dit is ’n verkorte manier om inligting oor die atome waaruit die bepaalde

kovalente verbinding opgebou is, weer te gee. Die molekulêre formule gee

die presiese getal van elke tipe atoom in die molekuul

’n Glukose molekuul het die molekulêre formule: C6H12O6. In elke glukose molekuul,

is daar ses koolstofatome, twaalf waterstof atome en ses suurstof atome. Die verhouding

van koolstof: waterstof: suurstof is 6:12:6. Ons kan hierdie verhouding vereenvoudig en

skryf as 1:2:1. Dit beteken dat daar vir elke koolstofatoom twee waterstofatome en een

suurstofatoom is. As ons nou die simbole van elke element gebruik, word die formule

geskryf as: CH2O. Dit word die empiriese formule van die molekuul genoem.

DEFINISIE: Empiriese formule

Dit is ’n manier om die relatiewe getal van elke soort atoom in ’n chemiese

verbinding uit druk. In die meeste gevalle wys die empiriese formule nie die

presiese aantal atome nie, maar eerder die eenvoudigste verhouding van die

atome in die verbinding.

210 Chemie: Matter en materials

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!