02.05.2013 Views

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KOSTE VAN KREDIET

Administratiewe kostes (b-Smart) R 20.00 per maand

Kaartfooie:

Kaartfooi vir elke addisionele kaart R 48.00 per jaar

Kaartversekering R 5.70 per jaar

Kaartfooi by vervanging R 48.00

Betalingsfooie:

Ons sal die volgende fooie verhaal:

Kontantbetalings by Eerste Nasionale Bank -

Kontant deposito fooi (per R100.00): R 0.65

(Minimum fooi van R5.50 van toepassing)

Tjek deposito fooi R 5.50

Elke betaling by die Poskantoor R 9.81

Elke betaling by Shoprite Geldmark R 5.63

SMS balansnavraag (opsioneel) R3.00 per SMS

Rentekoers:

Ons sal rente hef teen Eerste Nasionale Bank se prima uitleenkoers

plus 6% per jaar op enige bedrag wat nie op die betaaldatum

betaal is nie. Hierdie koers sal wissel saam met Eerste Nasionale

Bank se prima uitleenkoers.

Bonus:

U verbeur u bonus op enige bedrag wat nie op die betaaldatum

betaal is nie.

Transaksiefooie

Transaksiefooi (per transaksie): 60c

Maandeliks:

Heffing op aankope:

Die onderstaande heffings is u bydrae tot u bonus wat in November

elke jaar uitbetaal word:

Alle aankope by Shoprite, Checkers, Checkers Hyper,

Liquor Store, House & Home en OK Grocer/

Mini Market/Food/Meubelwinkels: 2.50%

Woolworths, Spar-Groep, Tops Drankwinkels,

Pick n Pay Familiewinkels, Pick n Pay Drankwinkels,

Seven Eleven en Fruit & Veg City: 2.00%

Builders Warehouse, DionWired, Game en Game Drankwinkels: 1.25%

Alle aankope by apteke (geen bonus): 1.25%

Alle maandelikse petrolaankope (geen bonus): 2.50%

Bogenoemde heffings en kostes is onderhewig aan verandering en

indien daar ’n verandering is sal ons u in kennis stel.

TERME EN VOORWAARDES:

1. DEFINISIES:

1.1 “ooreenkoms” beteken die kwotasie saamgelees met hierdie

terme en voorwaardes;

1.2 “rekening” beteken u rekening by ons;

1.3 “wet” of “NKW” beteken die Nasionale Krediet Wet Nr 34 van

2005 en die Regulasies wat gepubliseer is in terme van

die NKW.

1.4 “aansoek” beteken die skriftelike aansoek aan ons vir ’n

b-Smart kaart;

1.5 “Kaapse Verbruikers” of “ons” of “kredietverskaffer”

beteken Kaapse Verbruikers (Edms) Bpk, registrasie

nr1955/003218/07, van Laer Burgstraat 20, Kaapstad;

1.6 “kaart” beteken die geldige elektroniese kaart wat ons uitreik

aan verbruikers om te gebruik vir transaksies tussen die

verbruiker en die verskaffer;

1.7 “verbruiker” of “u” beteken die persoon wat ‘n ooreenkoms

met ons aangegaan het op hierdie terme en voorwaardes vir

‘n kredietfasiliteit en kaart en wat as “koper” beskryf word in

ons Akte van Oprigting en Statute;

1.8 “kredietburo” beteken:

Experian (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 105 665,

TransUnion (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 482 482,

Compuscan (Hoofkantoor), kontaknommer 0861 514 131,

Expert Decision Systems (XDS) (Hoofkantoor),

kontaknommer 0860 937 000

1.9 “kredietlimiet” beteken die maksimum bedrag volgens die

kwotasie wat die verbruiker in enige handelsperiode kan

spandeer;

1.10 “betaaldatum” beteken die laaste werksdag van elke

kalendermaand;

1.11 “fasiliteit” beteken die kredietfasiliteit wat ons aan die

verbruiker gee in terme van die ooreenkoms;

1.12 “primakoers” beteken die prima uitleenkoers van Eerste

Nasionale Bank Beperk;

1.13 “kwotasie” beteken die skriftelike kwotasie wat die

kredietlimiet en ander inligting soos deur die wet vereis,

spesifiseer;

1.14 “verskaffer” beteken enige verskaffer van goedere of dienste

met wie ons gekontrakteer het om goedere of dienste aan ‘n

verbruiker te verskaf teen betaling met die kaartfasiliteit;

1.15 “handelsperiode” beteken die periode wat begin op die

16de dag van elke maand en eindig op die 15de dag van

die volgende maand, of enige ander periode wat ons

bepaal;

1.16 “koste van krediet” beteken die tabel wat deel van die

ooreenkoms vorm met die titel “KOSTE VAN KREDIET”.

2. AANSOEK:

2.1 Die verbruiker het vir ‘n fasiliteit en kaart aansoek gedoen

by ons. Kaapse Verbruikers het ‘n kwotasie en vooraf –

ooreenkoms soos die NKW vereis aan die verbruiker voorsien

en die verbruiker het die terme daarvan aanvaar.

2.2 Die ooreenkoms sal die verhouding tussen Kaapse

Verbruikers en die verbruiker met betrekking tot die fasiliteit

en die kaart se gebruik reël.

2.3 Die NKW is van toepassing op die ooreenkoms.

3. BETALINGS:

3.1 Die verbruiker moet die volle bedrag vir die betrokke

handelsperiode verskuldig op die laaste werksdag van elke

kalendermaand betaal. Die eerste betaling is verskuldig op

die laaste dag van die eerste maand wat die verbruiker

sy/haar kaart ontvang het.

3.2 Indien die verbruiker die kaart eers na die 15de van enige

maand ontvang het, moet die verbruiker die aankope wat

daarna gemaak is op die laaste werksdag van die volgende

kalendermaand, na die maand waarin die kaart ontvang is,

betaal.

4. REKENINGSTAAT:

4.1 Kaapse Verbruikers sal maandeliks ’n rekeningstaat aan u

lewer deur dit te pos, of e-pos, soos u verkies.

4.2 Die rekeningstaat sal die volgende wys:

4.2.1 Die totale bedrag verskuldig op die datum van die

rekeningstaat;

4.2.2 Die totale aankope vir die maand;

4.2.3 Die totale heffing vir die maand;

4.2.4 Die jaarlike rentekoers wat op enige uitstaande balans van

toepassing sal wees;

4.2.5 Die rente verskuldig vir die maand.

4.3 Dit is u plig om seker te maak dat u die rekeningstaat

ontvang. Indien u dit nie ontvang het nie, moet u ons skriftelik

in kennis stel. Indien u vir enige rede nie ‘n rekeningstaat

ontvang het nie, beteken dit nie dat u die bedrag wat

verskuldig en betaalbaar is, nie hoef te betaal nie.

4.4 Indien u kies om ons met ’n tjek deur die pos te betaal, dra

u alle risiko daarvan. Dit sluit in, maar is nie beperk nie, tot

bedrog deur ‘n derde party, diefstal of die tjek wat verlore

raak.

4.5 Dit is belangrik dat u die rekeningstaat nagaan om seker te

maak dat dit korrek is. Indien u nie saamstem met enige item

of inskrywing op die rekeningstaat nie, moet u binne 30

(DERTIG) dae van die datum van die maandstaat vir ons

skriftelik in kennis stel sodat ons dit kan ondersoek, die

relevante dokumentasie kry en die regte navrae maak.

Intussen moet u steeds die bedrag wat volgens die

rekeningstaat verskuldig is, betaal.

5. ADMINISTRASIEKOSTES BY WANBETALING:

Ons sal die volgende kostes hef indien u nie betaal voor of

op die betaaldatum nie:

Onbetaalde debietorders/tjeks: R 78.10

Fooi vir aanmaningsbrief: R 33.06

6. VROEË AFLOSSING:

Die verbruiker kan die totale uitstaande balans enige tyd

aflos. U hoef ons nie voor die tyd in kennis te stel nie, maar

as u die volle bedrag wil aflos, moet die totaal van die

onbetaalde balans van die hoofskuld op die betrokke tyd,

saam met enige onbetaalde rente en alle ander fooie en

kostes wat aan ons verskuldig is, betaal word.

7. VERBRUIKER SE REGTE TOT BEëINDIGING:

7.1 U kan die ooreenkoms beëindig deur die volle bedrag wat

aan ons verskuldig is te betaal, soos in terme van klousule 6.

7.2 Voor u betaal, moet u die volle verskuldigde bedrag van ons

aanvra en ons sal u telefonies, deur e-pos of faks daarvan inlig.

8. ADRES VIR KENNISGEWING:

8.1 Kaapse Verbruikers kies die adres op die aansoekvorm as

die adres waar hulle dokumente, pleitstukke en

kennisgewings met betrekking tot die ooreenkoms, sal

ontvang.

8.2 Die verbruiker kies die woonadres op die aansoekvorm

as die domicilium citande et executandi (die adres waar ’n

dagvaarding en ander belangrike regsdokumente aan u

afgelewer sal word) adres waar u die diening van alle

dokumente, pleitstukke en kennisgewings met betrekking tot

hierdie ooreenkoms, sal ontvang.

8.3 Indien Kaapse Verbruikers of die verbruiker hierdie adres wil

verander, moet die ander party skriftelik in kennis gestel

word van die nuwe adres.

Aansoeker se paraaf:

Gade:

9. VERMINDERING VAN KREDIETLIMIET:

U kan enige tyd skriftelik versoek dat ons u kredietlimiet

verminder of ‘n maksimum limiet vir die fasiliteit vasstel.

10. KREDIETBURO INLIGTING:

Die verbruiker bevestig, stem toe en aanvaar dat:

10.1 ons enige inligting oor u aansoek, opening en sluiting van ‘n

rekening aan die kredietburo mag gee en die kredietburo

mag hierdie inligting met ander geregistreerde

kredietverskaffers deel;

10.2 ons inligting van ander geregistreerde kredietverskaffers

mag ontvang, oorweeg en verifieer wanneer ons u aansoek

en kredietwaardigheid oorweeg;

10.3 ons navrae by derde partye mag doen om te kyk of die

inligting wat u aan ons gegee het tydens aansoek of enige

ander tyd tydens die ooreenkoms, korrek is.

10.4 indien u nie die ooreenkoms nakom nie, ons dit aan die

Kredietburo sal rapporteer. Ons sal u 20 dae voordat ons

beplan om dit te doen, in kennis stel dat ons hierdie inligting

gaan bekend maak;

10.5 die kredietburo ‘n kredietprofiel en ‘n krediettelling van u

kredietwaardigheid verskaf;

10.6 Kaapse Verbruikers die bogenoemde inligting aan enige

ander derde party kan verskaf indien:

10.6.1 dit tot u voordeel sal wees;

10.6.2 ons in terme van die reg dit moet doen;

10.6.3 ons glo dat dit in ons of die publiek se belang is om dit te doen;

10.7 wanneer dit vereis word, ons u persoonlike inligting aan die

kredietburo mag voorsien. Alle intekenare van die kredietburo

het toegang tot die inligting;

10.8 u die Kredietburo kan kontak en versoek dat u rekords aan u

beskikbaar gestel word. U kan ook daarop aandring dat

enige inligting wat verkeerd is, reggestel word;

10.9 u ‘n klagte by die Nasionale Krediet Reguleerder by

0860 627 627 of by die Nasionale Krediet Tribunaal kan lê.

11. ALGEMEEN:

11.1 U bevestig dat u die ooreenkoms se terme en die gevolge

en effek daarvan verstaan. Indien u dit nie verstaan nie sal u

vir Kaapse Verbruikers vra om dit aan u te verduidelik.

11.2 Kaapse Verbruikers sal die verskaffers wat goedere en

dienste aan u gelewer het, namens u betaal wanneer ons ‘n

geldige eis van die verskaffer ontvang.

11.3 Ons sal ’n b-Smart Kaart aan u uitreik nadat u die ooreenkoms

met ons aangegaan het. Ons het die diskresie om toe te stem

om kaarte aan ander partye wat u aanwys, uit te reik.

11.4 Die verbruiker kan die b-Smart Kaart en alle voordele wat

daarmee saamgaan, gebruik en benut in terme van die

ooreenkoms.

11.5 Die kaart sal altyd ons eiendom bly en wanneer ons dit

versoek moet u dit aan ons teruggee.

11.6 Die verbruiker moet behoorlik na die kaart kyk, wat insluit om

alle redelike stappe te neem om te voorkom dat iemand die

kaart gebruik wat nie gemagtig is nie, of om te voorkom dat

die kaart verloor, gesteel of beskadig word.

11.7 Indien die kaart verloor of gesteel word of indien iemand

sonder magtiging dit gebruik, moet u ons dadelik by

(021) 409 7600 tydens kantoorure op besigheidsdae

(08:30 - 16:30) of vir Nedbank, ons agent na-ure by die

tolvrye nommer 0800 110 929 bel en in kennis stel.

11.8 Nadat u ‘n verlore of gesteelde kaart aangemeld het, sal ons

u nie aanspreeklik hou indien iemand die kaart gebruik het

nadat u ons in kennis gestel het nie, behalwe indien:

11.8.1 u handtekening op die kwitansie, koopbewys of soortgelyke

dokument voorkom wat wys dat u die kaart gebruik het; of

11.8.2 Kaapse Verbruikers ander bewyse het wat in hulle opinie

redelikerwys aandui dat u iemand gemagtig het om die kaart

te gebruik.

11.9 Ons sal u skriftelik in kennis stel indien die koste van krediet

verander. Ons koppel ons rentekoers aan die primakoers

van Eerste Nasionale Bank Beperk.

12. VERBRUIKER SE REGTE:

12.1 U sal ‘n maandelikse kredietlimiet hê, soos ons dit in die

kwotasie uiteengesit het.

12.2 U sal ’n jaarlikse bonus van tot 5% van u aankope tydens die

vorige finansiële jaar, naamlik Julie tot Junie, ontvang. Let

asseblief op dat die persentasie wat ons gebruik om die

bonus vir die jaar te bepaal, van jaar tot jaar kan verskil,

afhangende van hoe goed Kaapse Verbruikers gedurende

die jaar gedoen het. Die bonus sal bereken word en op die

November rekeningstaat as ‘n krediet toegeken en gewys

word. Verbruikers dra by tot die bonus deur middel van die

heffing, soos uiteengesit in die koste van krediet en

rekeningstaat.

04/5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!