02.05.2013 Views

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

Aansoekvorm: b-Smart-kaart - Welkom by Lekker Kampplekke

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

12.3 Kaapse Verbruikers kan in hul diskresie besluit om bydraes

tot die verbruiker se Reserwefonds te maak. Ons Akte van

Oprigting en Statute (hierdie verwys na sekere maatskappy

dokumentasie wat bepaal wat ons mag en nie mag doen

nie) laat ons toe om hierdie fondse proporsioneel aan

verbruikers te betaal wanneer die ooreenkoms beëindig

word. Indien die ooreenkoms beëindig word weens u

kontrakbreuk, sal geen betaling aan die verbruiker gemaak

word nie.

12.4 Indien die verbruiker daarvoor vra, sal ons ‘n lys van

verskaffers aan die verbruiker gee.

12.5 Die verbruiker kan die kaart vir betaling van goedere en

dienste aanbied tot die maksimum bedrag van die verbruiker

se kredietlimiet en Kaapse Verbruikers sal die verskaffer

namens die verbruiker betaal in terme van die ooreenkoms.

12.6 Kaapse Verbruikers is nie aanspreeklik om enige handelaar

wat nie ‘n verskaffer in terme van die ooreenkoms is, namens

‘n verbruiker te betaal nie.

12.7 Die verbruiker kan vir ‘n begrotingsfasiliteit aansoek doen 6

(SES) maande nadat die ooreenkoms aangegaan is. Ons

mag besluit of ons dit wil goedkeur of afkeur. Indien ons dit

goedkeur, sal ons u toelaat om die uitstaande

begrotingsfasiliteitbedrag oor ’n langer tydperk (maksimum

van 36 maande) terug te betaal. U sal ‘n aparte ooreenkoms

vir hierdie begrotingsfasiliteit aangaan. U mag dit slegs

gebruik vir aankope van R300,00 of meer.

12.8 Die verbruiker kan vir ‘n lening aansoek doen 6 (SES)

maande nadat die ooreenkoms aangegaan is. Ons mag

besluit of ons dit wil goedkeur of afkeur. Indien ons dit

goedkeur, sal ons u toelaat om die uitstaande leningsbedrag

oor ’n langer tydperk, in terme van ‘n aparte ooreenkoms,

terug te betaal.

12.9 Indien u u kredietlimiet enige tyd wil verhoog, kan u dit

skriftelik vra en ons aansoekvorm voltooi. Ons sal die

aansoek oorweeg. Hierdie versoek vir ‘n verhoging is nie

dieselfde as die jaarlikse outomatiese verhoging waarvoor u

moontlik in die korrekte spasie op die aansoekvorm,

aansoek gedoen het nie.

12.10 Indien u ons versoek het om outomaties die kredietlimiet van

tyd tot tyd te verhoog, sal ons dit in terme van die NKW doen.

12.11 Indien u enige probleme met hierdie ooreenkoms ondervind,

kan u:

12.11.1 aansoek doen by ’n skuldberader om te verklaar dat u te

veel skuld het;

12.11.2 ‘n geskil met ons deur middel van ‘n alternatiewe dispuut

oplossingsagent, verbruikershof of ombud met jurisdiksie,

oplos;

12.11.3 ’n klagte teen ons by die Nasionale Kredietreguleerder

indien; en

12.11.4 ’n aansoek by die Tribunaal indien.

12.12 Die Nasionale Kredietreguleerder se besonderhede is:

15de Straat 127, Randjespark, MIDRAND

Skakelbord: 011 554 2600

Oproepsentrum: 0860 627 627 of 0860 NCR NCR

E-pos: info@ncr.org.za of complaints@ncr.org.za,

Webtuiste: www.ncr.org.za

12.13 Die Ombudsman vir Krediet se besonderhede is:

Oproepsentrum: 0861 662 837 of 0861 OMBUDS

E-pos: ombud@creditombud.org.za,

Webtuiste: www.creditombud.org.za

13. VERBRUIKER SE VERPLIGTINGE:

13.1 Die verbruiker stem toe om alle kostes soos ons in die

kwotasie uiteengesit het, te betaal. Die kwotasie sal deel van

hierdie ooreenkoms vorm. Ons sal die kostes in die

maandelikse rekeningstaat uiteensit. Dit sal die administrasiekostes

en rente insluit.

13.2 Die verbruiker moet alle bedrae wat op die rekeningstaat

aangedui word voor of op die betaaldatum betaal. Hierdie

verpligting is van toepassing ongeag of:

13.2.1 die verbruiker of enige derde party vir goedere of dienste

met die kaart betaal het;

13.2.2 die bedrag op die rekeningstaat reg is of nie;

13.2.3 daar ‘n geskil tussen die verbruiker en die verskaffer(s) is;

13.2.4 die verskaffer betaling van ‘n derde party kan ontvang.

13.3 Die maandelikse rekeningstaat is prima facie (op die oog af)

bewys van die verbruiker se verpligtinge teenoor Kaapse

Verbruikers ten opsigte van aankope van verskaffers en u

stem toe dat indien u dit betwis, u die teendeel moet bewys.

13.4 Die verbruiker stem toe om nie die kredietlimiet in terme van

die kwotasie te oorskry nie. Indien die NKW van toepassing is

13.4.1 mag die verbruiker nie sy kredietlimiet oorskry nie, tensy ons

skriftelik toestemming gee. Indien ons in ons diskresie

besluit om ‘n koopbewys of aankoop te vereffen wat die

kredietlimiet oorskry, beteken dit nie dat ons die kredietlimiet

permanent verhoog het nie.

13.5 Indien Kaapse Verbruikers en die verbruiker ander

ooreenkomste vir ‘n begrotingsfasiliteit of ‘n lening soos in

klousule 12.7 en 12.8 genoem, aangaan, sal alle bedrae wat

aan Kaapse Verbruikers in terme van alle ooreenkomste

tussen die partye verskuldig is, onmiddellik verskuldig en

betaalbaar wees indien u nie betaal in terme van enige van

die ooreenkomste nie.

13.6 Indien u meer as een ooreenkoms met ons het, moet u

duidelik aandui in terme van watter ooreenkoms u ‘n betaling

maak indien u ‘n vroeë betaling op die lening of

begrotingsfasiliteit maak.

14. KONTRAKBREUK EN BEëINDIGING VAN DIE

OOREENKOMS:

14.1 Die ooreenkoms is nie vir ‘n bepaalde tyd nie en sal vir ’n

onbepaalde tyd voortgaan totdat ‘n party die ooreenkoms in

terme van hierdie ooreenkoms beëindig.

14.2 Kaapse Verbruikers mag die ooreenkoms vir enige rede

kanselleer indien hulle 10 dae skriftelike kennisgewing aan

die verbruiker gee dat hulle die fasiliteit gaan toemaak.

14.3 Indien die verbruiker kontrakbreuk pleeg mag ons die

ooreenkoms beëindig, te alle tye onderhewig aan die NKW.

Ons sal u van die kontrakbreuk in kennis stel en as u nie dit

wat u verkeerd gedoen het binne 10 dae regstel nie, sal ons

die kontrak beëindig.

14.4 Die volle bedrag wat aan ons verskuldig is, sal onmiddellik

opeisbaar en betaalbaar wees indien ons die ooreenkoms

beëindig.

14.5 Alle uitstaande bedrae op persoonlike lenings en

begrotingsrekeninge sal by beëindiging van die ooreenkoms

na die verbruiker se kaartrekening oorgedra word.

14.6 Indien die verbruiker ’n afbetalingsreëling met ons tref,

nadat die rekening gesluit is, beteken dit nie dat ons die

rekening of fasiliteit weer oopmaak nie.

15. EFFEK VAN KONTRAKBREUK:

15.1 Indien die verbruiker enige terme van die ooreenkoms

verbreek, het Kaapse Verbruikers die reg om sonder enige

benadeling van hul regte die verbruiker se kaart/e te

kanselleer en op te eis, die rekening te sluit, en die volle

bedrag verskuldig aan Kaapse Verbruikers onmiddellik te

vorder.

15.2 Indien die verbruiker die ooreengekome kredietlimiet

oorskry, sal dit neerkom op kontrakbreuk en sal alle bedrae

wat aan Kaapse Verbruikers verskuldig is onmiddellik

opeisbaar en betaalbaar word sonder kennisgewing.

15.3 Indien ons regstappe teen die verbruiker neem vir die

verhaal van enige bedrag verskuldig, stem die verbruiker toe:

15.3.1 tot die jurisdiksie van die Landdroshof, selfs al is die bedrag

wat geëis word meer as wat normaalweg in ‘n Landdroshof

geëis kan word; en

15.3.2 om alle regskostes op prokureur- en kliëntskaal te betaal. Dit

sal rente, opsporingsfooie en invorderingskommissie insluit.

15.4 Die partye kom ooreen dat hierdie ooreenkoms aangegaan

word by die plek waar die verbruiker vir Kaapse Verbruikers

meedeel dat hy of sy die kwotasie en ooreenkoms aanvaar.

15.5 Die verbruiker sal die voorregte en gelde, insluitend die

jaarlikse bonus (klousule 12.2) en die verbruiker se aandeel

in die Reserwefonds (klousule 12.3) verbeur indien die

verbruiker kontrakbreuk pleeg.

15.6 Die verbruiker stem toe dat ons ‘n opsporingsagent kan

aanstel indien die verbruiker kontrakbreuk pleeg en ons

hom, of haar nie kan opspoor nie.

16. AANSOEK OM SKULDHERSIENING:

16.1 Die verbruiker het die reg om aansoek te doen by ’n

skuldberader om oorverskuldig verklaar te word.

16.2 Die verbruiker mag nie hiervoor aansoek doen indien ons

reeds met regsaksie teen hom of haar begin het nie.

16.3 Die skuldberader sal bepaal of u oorverskuldig is en indien u

beweer dat ons roekeloos krediet verleen het, sal die

skuldberader ook ’n bevinding hieroor maak.

16.4 Die skuldberader kan u aansoek verwerp of aanbeveel dat

beide van ons oorweeg om ooreen te kom om die skuld te

herrangskik.

16.5 Die skuldberader kan ‘n voorstel maak waarin hy aanbeveel

dat die landdroshof ‘n gepaste bevel maak, indien hy bevind

dat u wel oorverskuldig is.

16.6 Indien die skuldberader se aanbeveling deur albei partye

aanvaar word, kan die ooreenkoms in die vorm van ’n bevel

vervat word en indien al die partye toestem daartoe, sal die

skuldberader dit liasseer as ’n bevel by ooreenkoms.

16.7 Die verbruiker kan met die toestemming van die gepaste

landdroshof direk na die hof gaan vir ‘n gepaste bevel indien

die skuldberader ‘n voorstel verwerp.

16.8 Die kontakbesonderhede van die National Debt Mediation

Association (NDMA) is as volg:

Hulplyn: 086 111 6362 of 086 111 NDMA

E-pos: info@ndma.org.za, Webtuiste: www.ndma.org.za

17. INVORDERINGSPROSES:

17.1 Ons sal u skriftelik in kennis stel indien u nie u betalings in

terme van die ooreenkoms maak nie en ons sal voorstel dat

u die ooreenkoms na ‘n skuldberader, ’n alternatiewe

dispuut oplossingsagent, die Verbruikershof of die ombud

met jurisdiksie verwys, met die bedoeling dat die partye die

dispuut oplos of op ’n plan ooreenkom om betalings op

datum te bring.

17.2 Indien u vir skuldhersiening aansoek gedoen het in terme

van artikel 86 van die Wet en die hersiening nie binne 60

(sestig) besigheidsdae nadat u aansoek gedoen het

afgehandel is nie, kan ons ’n kennisgewing in terme van

Artikel 86 (10) van die Wet stuur, in terme waarvan die

skuldhersiening beëindig word.

17.3 Ons sal slegs met regsaksie voortgaan indien:

17.3.1 u op die tydstip meer as 20 (twintig) besigheidsdae in

versuim is om te betaal in terme van die ooreenkoms; en

17.3.2 daar reeds ten minste 10 (tien) besigheidsdae verloop het,

nadat die aanmaningsbrief of kennisgewing afgelewer

is (die 10 dae-periode kan dieselfde tyd as die 20 dae-

periode loop); en

17.3.3 u nie gereageer het op die kennisgewing wat ons gestuur

het nie, of u die voorstel wat ons gemaak het om die saak

te verwys na ’n skuldberader, ‘n alternatiewe dispuut

oplossingsagent, die Verbruikershof of die ombud met

jurisdiksie, verwerp het.

18. SESSIE:

18.1 Die verbruiker stem toe dat ons enige regte, titel en belang

in terme van die ooreenkoms aan ‘n derde party kan sedeer

(oordra).

18.2 Die verbruiker mag net enige regte, titel en belang in terme

van die ooreenkoms aan ‘n derde party sedeer (oordra) met

ons skriftelike toestemming.

19. GEEN-WYSIGING:

Hierdie is die volle ooreenkoms en geen veranderinge sal

enige effek hê behalwe indien dit skriftelik is en albei partye

dit onderteken nie.

20. AFSTANDDOENING:

Ons doen nie afstand van enige van ons regte indien ons nie

‘n reg uitoefen waarop ons geregtig is nie.

21. VIR EN NAMENS REGSENTITEITE:

Indien die verbruiker ‘n regspersoon is, waarborg die

persoon wat die kwotasie/kredietfasiliteit namens die

regspersoon aanvaar dat hy behoorlike magtiging het en

aanvaar hy as borg en medehoofskuldenaar van die

regspersoon aanspreeklikheid vir die betaling van alle

verskuldigde bedrae in terme van die ooreenkoms.

VIR KANTOORGEBRUIK

Bestuurder Datum

Aanvaar te Kaapstad

Kredietlimiet

Aansoeker se paraaf:

Gade:

05/5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!