02.05.2013 Views

Wen ‘n tropiese vakansie

Wen ‘n tropiese vakansie

Wen ‘n tropiese vakansie

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Wen ‘n

tropiese

vakansie

Fokus op:

Diereproduksie

Tydskrif van die Senwes Groep • Mei 2005

Estie Steyn

Hier bring

elkeen sy kant

Jan van Biljon van die plaas Niekerksrust het geen bekendstelling in die telerswêreld nodig nie. Sy

Sussex en SA Vleismerino kudde se nageslagte is van ons land se top teeldiere. Estie Steyn van

Senwester het n draai op sy plaas gaan maak.

Reeds as seuntjie het hy met hoenders en

kapokkies op hulle kleinhoewe net buite

Viljoenskroon geboer. Vandag is Jan van

Biljon een van Suid-Afrika se bekendste

SA Vleismerino- en Sussex telers.

Hy is n bekende gesig by skoue en

kampioenskappe en sit jy in sy kantoor

kan jy nie help dat jou oë na al die

rosette, bekers en trofeë dwaal wat sy

beeste en skape al by sulke geleenthede

ingepalm het nie.

Sover vanjaar het hy tydens die

Nasionale Sussex Kampioenskappe op

Vryburg die Kampioen Bul gehad en in

Bloemfontein by die SA Vleismerino

Kampioenskappe met wol het hy die SA

Kampioen Ooi JVB 3254 en SA Senior

Kampioen Ram JVB 3222 opgelewer.

Waar het dit begin?

Oom Job, Jan se pa, het in 1952 met die

SA Vleismerino en in 1954 met die

14 Senwester, Mei 2005

Sussex stoet begin. In 1968 het Jan saam

met sy pa op die plaas Niekerksrust

tussen Viljoenskroon en Bothaville

begin boer.

1968 was ook die eerste jaar wat

hulle n produksieveiling gehou het en

op 15 Junie vanjaar sal dit Jan se 37ste

produksieveiling wees n gebeurtenis

wat skaap- en vleisbeestelers van regoor

die land na dié Vrystaatse plaas trek.

Teelseleksie baie streng

Jan doen lynteling en konsentreer hoofsaaklik

op die verskillende vroulike

lyne. Ek het n passie vir n vroulike

dier en daarom is my seleksie op my

vroulike diere baie streng, sê hy. Hy kry

van tyd tot tyd nuwe bloed in sy kudde

in. Uitskotdiere op die plaas word summier

geslag.

Op n vraag wat sy all time

favourite bul en ram nog was, antwoord

1

hy met n groot glimlag: Dié een wat ek

volgende jaar gaan teel .

Diversifikasie is noodsaaklik

Jan glo dat diversifikasie in n boerdery

uiters noodsaaklik is. Sy boerderyvertakking

bestaan uit SA Vleismerino s,

Sussex beeste en n saai-afdeling

(mielies, saadsorghum en sonneblom).

Buiten die teelkudde het hy ook n

kommersiële bees- en skaapkudde.

Ons voeg self waarde tot die diere toe

dit hang net af waar die mark is, vertel

Jan.

Daarby saam het hy ook nog

Spaanse donkies, Anatoliese skaapwagterhonde

en perde wat deur veewagters

gebruik word.

Donkies en honde pas

die vee op

Loop jy op die plaas rond, sal jy merk

dat daar tussen elke trop beeste n

17

1. Dié 2002 Kampioen Ram se nageslag het

die skoue die afgelope twee jaar

oorheers.

2. Snow White ( n Anatoliese skaapwagterhond)

tussen haar trop skape.

2

As n mens na dié ramme kyk, kan jy sien hoekom Jan van Biljon van Viljoenskroon as een van ons land se voorste telers beskou word.

hoofstorie

Senwester, Mei 2005

15

14 ⊳

donkie is. Dié donkies is met n doel

tussen die beeste geplaas: hulle sorg dat

die bulle nie baklei nie (die bul kan dalk

net n skop kry sou hy hom astrant hou)

en as n koei gekalf het, beskerm die

donkie die koei en kalf.

Dit is ook nie n vreemde gesig om

n hond tussen die skape te sien nie. Die

Van Biljons was van die eerste telers in

Suid-Afrika wat die Anatoliese skaapwagterhonde

van Australië ingevoer het.

Dié honde, wat oorspronklik in

Turkye skape en bokke opgepas het,

word reeds op ses weke tussen die

skape in die veld geplaas en die honde

bly so op hulle eie tussen die skape. Jy

hoef net n selfvoerder met hondepille

vir hulle by die skape te sit. Volgens Jan

het hulle geen jakkalsverliese sedert hul

dié honde tussen die skape laat bly nie.

Josefsbeleid

Met so n groot vee-komponent moet n

boer se voerbestuur goed wees. Janhulle

plant op n derde van die grond

kontantgewasse, op nog n derde aangeplante

weiding en die ander derde is

onder natuurlike weiding. Hulle glo aan

die Josefsbeleid: op enige stadium is

daar ses maande vooruit se voer op die

plaas.

Jan glo dat n mens alle advies wat jy

nodig het, in die Bybel kry. n Mens

kom dit net nie altyd na nie! . Sy plaas is

ook deel van die Amos bediening en

elke week word Bybelstudie saam met

van die plaaswerkers gehou.

Pa-en-seun-boerdery n

uitdaging

Jan se seun, Bertus, boer saam met sy pa

en is aan die saaikant van die boerdery

betrokke en soos wat enige ander pa-enseun-kombinasie

weet, stel só n verbintenis

unieke uitdagings aan n boerdery.

Volgens Jan is dit n verhouding

waaraan gedurig gewerk moet word juis

omdat geaardhede verskil en dit tot konflik

kan lei. Jan het immers saam met

sy pa geboer en nou boer hy saam met

sy seun.

Sy raad aan enige seun is: Daar is

altyd iets wat jy by jou pa kan leer al

is dit hoe om iets nie te doen nie.

Beginnerboeredag

Jan-hulle gaan vanjaar vir die tweede

agtereenvolgende jaar n beginnerboeredag

vir skaapboere op hulle plaas

aanbied. Dit is die eerste Dinsdag ná die

Nampo Oesdag (24 Mei).

Daar was n behoefte by ouens wat

nou met skape begin boer om die

basiese dinge van skaaptelery te leer. Ek

het verlede jaar begin om so n dag aan

te bied. Dit is n baie basiese kursus jy

moet tog eers weet waar die bakkie se

petrol- en rempedaal is voordat jy kan

hoofstorie

begin bestuur, verduidelik Jan.

Hy nooi enige belangstellende

jongboer uit om hom te skakel by (056)

343-1073 en met n kursusaanbieder

soos Jan en sy boerderyervaring kan

so n dag vir beginnerboere net leersaam

wees.

Die Van Biljons was van die eerste telers in Suid-Afrika wat die Anatoliese skaapwagterhonde

van Australië ingevoer het. Die honde word reeds op ses weke tussen die skape in die veld

geplaas.

Tydens die Vryburg skou gedurende April vanjaar is dié bul van Jan aangewys as die

Nasionale Kampioen Sussex Bul. Sy vrou, Trix, behartig die beeste en skape se boekwerk, sit

die vragmotors deur die toets en die kinders deur matriek!

Senwester, Mei 2005

17

Johan Mouton

Landboudienste

fokus op diereproduksie

Weimielies kan help

Johan Mouton van Landboudienste vertel watter rol weimielies in die voervloeibehoeftes van

die kleinveeproduksiestelsel kan speel.

Met die lae graanpryse tans is een van

die alternatiewe bemarkingskanale die

benutting van weimielies.

Dit gaan ongelukkig nie die antwoord

tot die mielieoorskot wees nie

aangesien meer as 30 miljoen lammers

benodig word om die oorskot weg te

vreet, meer as die land se totale kleinveestapel!

Weimielies kan wel n baie

groot rol speel in die voervloeibehoeftes

van kleinveeproduksiestelsels.

Hou in gedagte dat weimielies n

duur aangeplante weiding is en dat die

beginsels van aangeplante weiding geld,

naamlik dat die produk wat hier geproduseer

word direk geld moet inbring.

Aanwending van die gewas is soos volg:

★ Afrond van speenlammers

★ Oorbruggingsvoer vir lammerooie

★ Beperkte aanwending vir koggel- en

dekfases

20 Senwester, Mei 2005

Waar dit nie aangewend moet word nie:

★ Oorwintering - dit is eenvoudig te

duur

★ Dragtige ooie

★ Lamproses

★ Beeste - sommige produsente benut

wel weimielies met beeste, maar

die beperkte navorsing wat daarop

gedoen is, het teleurstellende resultate

gelewer

Dit is duidelik dat weimielies direk

met groenvoer kompeteer vir n plek in

die voervloeiprogram. Groenvoer

lewer in sommige jare uitstekende

resultate en in ander jare weer geen

resultate nie.

Groenvoer

Die rede is dat die produksie van groenvoer

staatmaak op winterreën wat nie

betroubaar in die Senwes-gebied is nie.

Daarteenoor word mielies geproduseer

gedurende die somer wanneer reënval

meer betroubaar is. Weimielies het

n raklewe wat geen ander gewas het

nie. Die voedingswaarde en weikapasiteit

daarvan is in Meimaand en September

dieselfde.

Die bekende syfer van n 1 000

kleinveeweidae vir elke ton graan

geproduseer maak dat jy teen Meimaand

weet hoeveel skape jy vir hoe

lank kan laat wei. Die keuse wanneer jy

dit gaan benut, is joune.

Plant dit in kombinasie

Wat daarvan om mielies in kombinasie

met groenvoer (hawer, rog en radyse)

te plant? Uit n voedingsoogpunt is

daar mos n proteïen sowel as energiekomponent.

Die vee verstaan nie die

teorie nie aangesien drakrag verlaag en

23

20 ⊳

geen verbetering in diereprestasie

plaasvind nie.

n Verskeidenheid navorsing is in

dié verband gedoen en die beste kombinasie

met mielies, is mielies. Wit- of

geelmielies gee beide goeie resultate.

Indien wit mielies oorweeg word, kan

diere met vitamien A behandel word.

Die praktyk wat gevolg sou word vir die

verbouing van kontantgewasmielies vir

jou gebied sal ook die beste resultate vir

weimielies lewer. Indien groenvoergewasse

oorweeg word, is dit beter om dit

in monokultuur te produseer en

dienooreenkomstig te bestuur.

n Hoë bestuursgewas

In die vorige uitgawe van Senwester is

getoon dat mielies wel teen n beter prys

verkoop kan word indien dit as

weimielies deur speenlammers benut

word. Hetsy vir die afrond van lammers

of as oorbruggingsvoer vir lammerooie

bly dit n hoë bestuursgewas.

Enting

Dit is noodsaaklik om diere teen bloednier

sowel as pasteurella te ent aangesien

die nagte koud is en hierdie

stresverwante siektes is.

ONS ONDERSTEUN SENWES

Daar is ‘n MDB verteenwoordiger

in jou Senwes-area:

Reghard (Bloemfontein)

082 857 2132

Tewie (Hoopstad)

084 240 0459

Hendrik (Hoopstad)

083 631 8340

Awie (Potchefstroom)

083 574 1007

Schalk (Lichtenburg)

072 393 4888

Frikkie (Frankfort)

082 495 5630

fokus op diereproduksie

Dosering

Maak seker diere is skoon van haarwurm

en melklintwurm. Wees altyd op

die uitkyk vir koksidiose aangesien

hierdie stresverwante toestand maklik,

veral gedurende die aanpassingsfase,

kan voorkom.

Asidose (Suurpens)

Aanpassing en observasie is hier noodsaaklik.

Begin diere met 150 g

mielies/dag en verhoog oor n ses dae

periode tot 400 g terwyl diere nog op

die veld is. Jaag die diere nou in die

mielies in terwyl die aanvulling volgehou

word. Na n paar dae sal jy merk die

diere vreet nie meer die aanvullingmielies

nie waarna die aanvulling eers

gestaak kan word. Alternatiewelik kan

die diere elke dag uitgejaag word en

geleidelik oor n tien dae periode elke

dag langer in die mielies gelaat word totdat

hulle aangepas is. Dit is dan nog

steeds goeie praktyk om aanvullingmielies

ook uit te strooi.

Vanselfsprekend moet n lek wat asidose

voorkom saam gegee word. Kommersieel

is daar uitstekende lekke

beskikbaar, maar selfmenglekke werk

ook goed. n Selfmenglek moet so

geformuleer word dat diere 10 g koeksoda

inname per dag realiseer. En nee,

moet dit nie in die water gooi nie. Dit

kan vir n ondervinding sorg wat jy nie

nodig het nie.

Jy gaan wel diere waarneem met asidose,

gekenmerk met n opgeblaasde

rumen en wat styf loop. Doseer met twee

eetlepels koeksoda wat in 200 ml water

opgelos is. Behandel daarna ook voorkomend

vir pasteurella. Hou in gedagte

dat voerkalk slegs n kalsium bron is en

nie n buffer is teen asidose nie.

Weimielies het dus n plek in n

voervloeiprogram, maar moet as n hoë

koste, hoë bestuursinset gewas gesien

word met konstante diereprestasie.

Hoewel dit n goeie wyse van bemarking

in n veevertakking is, is dit nie n

alternatiewe bemarkingskanaal vir

mielies nie.

Navrae

Johan Mouton by (056) 212-2291.

Erkenning

Inligting in die artikel is verkry uit omvangryke

navorsing deur Nooitgedacht L.O.S. en Athole

proefplaas wat gedurende die negentigerjare gedoen

is.

Dries Kruger

Landboudienste

landbouwenke

Landbouwenke

vir die vroeë winter

Die winter is ophande en die eerste ryp kon plek-plek reeds voorgekom het. Dries Kruger van

Landboudienste gee n paar beplanningswenke vir dié tyd van die jaar. Die seisoen het oor die algemeen

laat begin en die groot oesproses sal eers in Julie begin.

Koring

Mei en Junie, met Junie in die meer

sentrale dele, is piek planttyd vir droëland

koring in die Senwes-gebied.

Behandel die saad met swamdoder

voor plant om n goeie stand te

verseker.

Plant die onderskeie kultivars volgens

aanbevole riglyne.

Besproeiingskoring kan kultivarspesifiek

vanaf 1 Junie geplant word.

Gars

Waar vrotpootjie n probleem in

besproeiingskoring is, kan gars n

oplossing wees.

Moet egter nie sommer net plant nie,

sluit eers n kontrak aangesien die

vraag na die produk beperk is en net

by sekere Senwes silo s ontvang word.

Kanola

Kanola kan onder besproeiing dieselfde

tyd as koring geplant word.

Op lande waar voëlskade en vrotpootjie

n gevaar is, kan kanola oorweeg

word.

Verkry eers n kontrak voordat die

aanplanting gedoen word.

Droë erte

Droë erte kan vanaf einde Junie tot

middel Julie aangeplant word.

Die gewas is baie gevoelig vir ryp

30 Senwester, Mei 2005

tydens die blomstadium.

Senwes hanteer nie erte nie. Maak

dus seker dat jy n koper vir die produk

het alvorens jy plant.

Aartappels

Kry die grond gereed vir die aanplant

van someraartappels (Aug/Sept).

Bestel vroegtydig moere vir die

Augustus/September aanplantings.

Winteraartappels moet nou toegegooi

word.

Groente

Sekere ui kultivars kan nog geplant

word.

Groenerte kan geplant word.

Boorde

Vrugteboorde en wingerde kan vanaf

Junie gesnoei word.

Spuit dieselfde tyd ook Kalkswawel

om plae te bekamp.

Mielies

Die verwagte groot oes plaas druk op

die mielieprys.

Wees op die hoede vir enige prysaanbiedinge

beter as die heersende,

niemand betaal vir n produk meer as

heersende markprys nie.

Kry die oestoerusting in orde.

Vee

Voorsien n goeie proteïenlek.

Mielies is goedkoop, gebruik die

geleentheid om dit as voer te

benut.

Hou waterkrippe skoon veral waar

oesreste bewei word.

Raak betyds ontslae van ou en surplus

vee indien winterweiding volumegewys

n probleem is.

Maak seker die brandbestrydingsapparaat

is in n goeie, werkende toestand.

Iets om aan te dink

n Oormaat miershope in die veld neem

nie net spasie op waar gras kan groei

nie, maar verwyder ook groot hoeveelhede

gras van die veld.

Breek die hope op gedurende die

winter as dit goed koud is anders word

die neste weer herbou.

Navrae

Vir enige landboukundige navrae kontak

gerus een van Senwes se Landboukundiges

by:

Bloemfontein: (051) 430-2071

Klerksdorp: (018) 464-7385

Kroonstad: (056) 212-2291

Hartswater: (053) 474-9600

Esmond Coen

Agricultural Services

Fine-tuning

on the farm

Esmond Coen and Dr Neil du Sautoy of Senwes Agricultural Services explain the importance and

effect of spatial analysis methods on precision maps.

The space age has brought many benefits

through advances in technology. The

value of information technology innovations

using GPS (global positioning system)

plotting and GIS (geographic information

system) mapping of soil surveys

is a prime example.

Numerous techniques have been

developed to interpret data collected at

points so that a map can be produced to

give an illustration of the variability

occurring in a land. This is referred to as

spatial analysis.

It is difficult to identify trends across

the land from a table of numbers presenting

information collected from

points in a field; hence the practice of

32 Senwester, Mei 2005

taking the average and treating the

whole field as a unit. By plotting the data

as a map, one can easily identify the

variability occurring in a land. Once

good or poor zones have been identified,

it is possible to adjust management

Scientific solutions

for sensible farming.

and remedial practices. Most important

is the correct identification of changes in

morphology and characteristics; this is

where the correct spatial analysis

method is important.

Each method of spatial analysis has

strong or weak points and one must be

aware of these when selecting an analysis

method. To illustrate this, four spatial

analysis methods, namely Inverse

Distance Weighted (IDW), Spline,

Kriging and Thiessen polygons, have

been applied and the results of these

techniques are presented in Figure 1.

In this example the data was collected

on a 100 m x 100 m grid (1 ha) for a

100 ha field. The measured value for

this exercise is the physical rooting

depth of the soil, referred to as effective

depth (ED), recorded in cm.

Figure 1: Examples of maps produced by four different spatial analysis methods using the same data set; a) IDW, b) Spline, c)

Kriging and d) Thiessen polygons. Note the two arrows indicating the locality of the cross-section analysis shown in Figure 2.

Dr Neil du Sautoy

Agricultural Services

Defining the spatial analysis

methods:

IDW - assumes that each input point

has a local influence that diminishes

with distance.

Spline - an interpolation method that

fits a minimum curvature surface

through the input points.

Kriging - a method of interpolation

that predicts unknown values from

data observed at known locations

using procedures that include

weighting from distant points.

Theissen polygons - constructed

using geometric techniques to create

polygons having the same value as

the original data point, i.e. the measured

point value is converted to a surface

area that the point measurement

represents.

The first point to note is the differences

in the images produced. (Figure 1) Each

analysis method produces different

images! This raises the question: Which

is the correct image? To answer this, a

comparison of the actual measured values

to the method predictions was

done along a line indicated by the

arrows in Figure 1. The results of this

comparison are presented in Figure 2.

In Figure 2 it is once again seen that

there are big differences in the results

from the different spatial analysis tech-

niques. The results obtained using the

Thiessen polygon method match the

actual measured values. The IDW and

Spline methods pass through the measured

values for each measurement point

but show differences for the interpolated

values between measured values. The

IDW method tends to produce individual

camel humps that gives the concentric

circle image in Figure 1a. The

results achieved through Kriging show

very little resemblance to the actual

measured values. Evidently the weightings

from other points are too dominant

resulting in the interpolated values

being severely distorted from the actual

measured values in this case.

Spatial analysis techniques

affect the maps produced

Generally, because one is familiar with

the idea of contour maps, we readily

accept a similar format for a soil survey.

As seen above, this approach can be

very misleading. The polygon method is

actually the more correct representation

of the actual field situation.

One must also remember that a soil

is mainly a solid medium. Thus diffusion,

dispersion or mixing of plant nutrients

or soil features according to a gradient

in relation to distance does not occur

as in the case of solutions or gases. If this

landbou in praktyk

was the case, one could dump fertiliser

at the gate of the land and it would

move to areas of low concentration!

Thus the smoothing of values between

points can introduce inaccuracies. This

is why the interpolated values from certain

techniques are not really a true

reflection of the measured value.

New trend in Senwes farm

mapping service

It is due to these features that the Senwes

Agricultural Services division has decided

to use the Thiessen polygon spatial

analysis method in their farm mapping

service; the emphasis being on correct

representation of field observations. The

division is able to determine the yield

potential of the land, the required plant

nutrient applications and the area (ha) of

each zone. For example, fertiliser application

can be calculated for each area

(ha) providing for variable application

and better management of input costs.

Enquiries

If you require further information on this

aspect, do not hesitate to contact

Senwes Agricultural Services for sound

advice or visit our stand in the Senwes

hall at the Nampo Harvest Day. Or

phone Neil du Sautoy at (018) 464-7391

or Esmond Coen at (018) 464-7524.

Figure 2: Comparison of actual measured values (Blocks) to values generated by four spatial analysis methods (lines for

Kriging, IDW and Spline; dumbbell for Thiessen) along a cross-section between two arrows in Figure 1.

Senwester, Mei 2005

33

Jaco Vermeulen

Landboudienste

34

landbou in praktyk

Gars kan met sukses

in Noord-Kaap verbou word

Met die huidige swak graanpryse, is die winsgewende verbouing van produkte en die saamstel van

n gesonde wisselboustelsel nie altyd haalbaar nie. Gars is tans een van die produkte wat met sukses

ingeskakel kan word. Jaco Vermeulen, Akkerboukundige van Landboudienste en Burrie

Erasmus van SAB Maltings gee meer agtergrond en riglyne.

Graanpryse is tans laag weens faktore

soos onder andere wêreldvoorrade, oorproduksie,

invoere en die wisselkoers.

Besluitneming vir die tradisionele besproeiingsboer

rakende die samestelling

van sy produksieplan en die keuse van n

gesonde wisselboustelsel is baie moeilik.

Alternatiewe kry jy ook nie om elke

hoek en draai nie aangesien meeste produkte

dieselfde probleme ondervind.

Die verbouing van moutgars is n alternatief

om in die winter saam met koring

in te bring. Die eerste kommersiële aanplanting

van moutgars onder besproeiing

is in 1998 in Vaalharts aangeplant.

Die voordele van garsverbouing en

die verbetering in opbrengste met die

nuwe kultivars het produsente met

nuwe oë na die gewas laat kyk.

Afgelope seisoen

Ongeveer 65 000 ton is die afgelope

seisoen onder besproeiing in Vaalharts,

Douglas, Barkly-Wes en die Modder-

rivier gebied geproduseer. Hiervan is

ongeveer 47 000 ton in Vaalharts en

Taung alleen geproduseer. Produksie

onder besproeiing het die potensiaal om

tot 150 000 ton/jaar te groei sodra vermoutingskapasiteit

vergroot word. Uitbreidings

hang af van die rand/dollarwisselkoers

en die invloed van invoere.

Tans kan goeie kwaliteit goedkoper

ingevoer word as die koste van plaaslike

Figuur 1: Opbrengsgemiddeldes van gars in 2003 en 2004.

produksie. Die produksiebeplanning vir

2005 sal waarskynlik dieselfde wees as

in 2004 met geen uitbreidings in hektare

nie. Gars moet, waar moontlik, saam

met koring in wisselbou gebruik word

om risiko te versprei. Die kultivar Puma,

wat Chariot vervang het, het die produksie

van gars n hupstoot gegee

aangesien soortgelyke opbrengste as

met koring verkry kan word, maar teen

Plante met dieselfde plantdatum (linkerkant van die foto), wat te diep geplant was (>2 cm) het nie dieselfde wortelontwikkeling, stoel en staanvermoë

as die ander nie en het derhalwe n kleiner aantal halms per plant. Daar is n direkte negatiewe effek op die opbrengspotensiaal.

36

34 ⊳

laer produksiekoste.

Figuur 1 dui daarop dat die opbrengste aansienlik verbeter

het, daarom die drastiese toename in belangstelling.

Die opbrengste van Vaalharts sluit die Taung skema se

opbrengste in.

Die voergraad op Vaalharts gelewer, word hoofsaaklik

aan lae persentasie korrelstikstof (proteïeninhoud) en reënskade

in die stroopseisoen toegeskryf. Garsplante onder klimaatstres

(te nat of te droog) is redelik gevoelig vir koue temperature

in die korrelvul periode gedurende September,

asook oormaat reën gedurende oestyd.

Ekonomie

Die produksie van gars is vir die kommersiële boer baie

aantreklik. Daar is verskeie redes hiervoor.

Die opbrengste tussen gars en koring verskil nie meer so

drasties soos in die verlede nie.

Die produksiekoste van gars is laer as dié van koring (hoofsaaklik

saad en bemesting).

Gars word voor plantyd met n kontrak en prys vasgemaak

wat bemarking vergemaklik.

Gars is nie so gevoelig vir wortelsiektes soos vrotpootjie

nie (risiko laer).

Bogenoemde is nie al die redes nie, maar van die belangrikste

ekonomiese redes in die besluitnemingsproses.

Verskeie navorsingsprojekte is

in proses om verbouingspraktyke van

gars te optimaliseer.

Sensitiwiteitsanalise van garsproduksie

Tabel 1 toon die sensitiwiteit van gars vir prys en opbrengs.

Die prys is vir die voorbeeld geraam op R1 300/ton en die

opbrengs op 6,5 ton/ha. Die totale produksiekoste (direkte)

beloop R5 559/ha.

Produksieknelpunte

In die verlede was boere nie gemaklik om gars te produseer

nie, hoofsaaklik weens probleme wat met omval, N-inhoud,

vetkorrelmassa en opbrengs ondervind is. Die kultivar

PUMA het meeste van dié probleme oorkom en voldoende

kundigheid is tot die boer se beskikking om gars suksesvol

te verbou.

SA Maltsters (SAM) het hul eie voorligtingspersoneel

in die veld om boere gereeld van raad te bedien, sowel as

landboudienste afdelings van verskeie maatskappye en

koöperasies. Kunsmismaatskappye het ook landboukundiges

wat die boer van raad kan bedien.

Al hierdie voorligting word ook gekoördineer en gereelde

vergaderings word onder toesig van SAM gehou waar produksieknelpunte

aangespreek word. Korrekte plantdiepte is

een van die produksieknelpunte (Foto) waarmee rekening

gehou moet word.

Navorsing

Verskeie navorsingsprojekte is tans in proses om die

verbouingspraktyke van gars te optimaliseer. Dit sluit die

volgende in:

Toetsing van nuwe genetiese materiaal verkry van oorsese

telers en plaaslike teellynevaluasies.

Die korrelasie van plantstikstofinhoud

met graan korrelstikstofinhoud,

om bemestingsaanbevelings te verbeter.

Proewe om plantdigtheid en bemesting

te optimaliseer en voedingstofdraers

te evalueer.

Gewasfaktorbepaling vir effektiewe

besproeiingskedulering.

Tabel 1: Garsproduksie (ton) onder besproeiing vir die 2004-seisoen.

Instansie Kultivar % Korrelstikstof Voergraad Totaal

1,50 - 1,64 1,65 - 2,10

Senwes Puma 16 847 24 436 1 594 42 876

SSG 585 868 3 088 0 3 956

GWK Puma 6 499 5 855 0 12 354

SSG 585 159 846 0 1 005

OVK Puma 1 245 944 0 2 189

Privaat Puma 185 1 715 0 1 900

Aliwal Noord Chariot 707 466 0 1 173

Totaal 26 511 37 350 1 594 65 454

Tabel 2: Sensitiwiteitsanalise van garsproduksie.

Begrote surplus bo gespesifiseerde koste rand/ha

landbou in praktyk

Om op te som

Garsproduksie in die Noord-Kaap kan

suksesvol geïmplementeer word. Akkerboukundige

struikelblokke van die verlede

is nie meer so beperkend nie.

Verwerkingskapasiteit word tans ten volle

benut en die aanbod van produksie is

groter as die aanbod van kontrakte.

Die toedeling van kwotas per gebied

sal weer vanjaar van toepassing wees en

produsente moet onthou dat hul nie

sonder n kontrak gars kan lewer nie.

Navrae

Vir enige navrae kan jy vir Jaco Vermeulen

by (053) 474-9648 of 082 948 2557 of

Burrie Erasmus van SAB Maltings by (053)

474-1795 en 082 921 7967 skakel.

Totale produksiekoste: R5 559

1 150 1 200

Geskatte produsenteprys rand/ton

1 250 1 300 1 350 1 400 1 450 1 500

5 511 748 985 1 222 1 459 1 696 1 933 2 170

5,5 996 1 257 1 518 1 778 2 039 2 300 2 560 2 821

Opbrengs

6 1 481 1 766 2 050 2 334 2 619 2 903 3 188 3 472

Ton/ha

6,5 1 966 2 274 2 583 2 891 3 199 3 507 3 815 4 123

7 2 451 2 783 3 115 3 447 3 779 4 110 4 442 4 774

7,5 2 937 3 292 3 648 4 003 4 359 4 714 5 070 5 425

Kalkaanbevelings

kan self gedoen word

Produsente kan deesdae self hul kalkaanbevelings

maak. Dit is danksy jare se

navorsing by die LNR-IGG wat tot

gevolg gehad het dat n rekenaarmodel

ontwikkel is waarmee kalkaanbevelings

self gedoen kan word.

Hierdie model is op velddata

gegrond. Die relevante kalk-kwaliteitsfaktore

is in berekening gebring en die

model is vir drie kalke vereenvoudig om

sodoende meer gebruikersvriendelik te

wees.

Senwes beveel aan dat suurversadiging

die aangewese parameter is waarvolgens

grondsuurheid bestuur behoort

te word. Sodra suurversadiging 0% is, is

die gevaar van aluminiumtoksisiteit, die

belangrikste opbrengsbeperkende faktor

geassosieer met grondsuurheid, uitgeskakel.

Daar is twee modelle ontwikkel wat

onderskeidelik op veranderinge in

suurversadiging of pH(KCl) gebaseer is.

Bekalking met die oogmerk om die

pH(KCl) met 0,5 te verhoog het ontnugterende

hoeveelhede kalk nodig.

Om hierdie model te kan gebruik,

benodig jy die katioonuitruilkapasiteit

(KUK) en suurversadiging van die grond.

Indien uitruilbare suur (US) nie bepaal is

nie, kan die modelle nie gebruik word

nie, soos in gevalle waar die pH(KCl)

hoër as 4.5 is en suurversadiging dan

laer as 20% is.

By pH(KCl) 4,8 kan US as 0,001

geneem word en kan die pH(KCl) model

nog gebruik word.

Die volgende formules geld:

KUK = US +(Ca/200) + (Mg/122) +

(K/391) + (Na/230)

Suurversadiging = (US/KUK) x 100

Ca, Mg, K en Na in mg/kg

Voer vir die kalk van jou keuse die

formule (Tabel 1) in n enkele blokkie

van n spreivel soos Excel in saam

met die verskil in suurversadiging of

pH(KCl) wat jy in n 15 cm grondlaag

wil bewerkstellig asook die KUK van

die grond. Die kalkaanbeveling wat jy

kry, is in kg/ha.

landbou in praktyk

Rekenaarvaardige produsente in die Senwes bedieningsgebied kan nou self akkurate kalkaanbevelings

maak. Dr Hendrik Venter van Landboudienste verduidelik hoe dit gedoen kan word.

Deur 20% verandering in suurversadiging

en n KUK van 1,6 te

gebruik moet jy dieselfde syfer as die

toets (Tabel 1) kry om vir jou die

gemoedsrus te gee dat jou prosedure

reg werk.

Navrae

Skakel gerus vir dr Hendrik Venter by

(018) 464-7239 of 083 557 0404 vir

meer inligting.

* Data in hierdie studie gebruik, is verkry vanuit

projekte wat deur LNR-IGG geloods is.

Danksy jare se navorsing kan produsente nou deur middel van n rekenaarmodel, wat

ontwikkel is deur die LNR-IGG, kalkaanbevelings self doen.

Tabel 1: Kalkmodelle vir geselekteerde kalke en toetswaardes (kg/ha) wat ooreenstem

met kalkaanbevelings vir ‘n grond met KUK van 1,6 cmol(+)/kg en ‘n beoogde

verandering in suurversadiging van 20% of 0,5 verandering in pH(KCl).

Kalk Formule Toets

Marico

dolomiet

Vaalbrug

dolomiet

Mooiplaas

dolomiet

Marico

dolomiet

Vaalbrug

dolomiet

Mooiplaas

dolomiet

((SV/(0,0031808*(KUK^(-0,8587))))^(1,299883))/67,5 2 168

((SV/(0,003435*(KUK ^(-0,8587))))^(1,299883))/102 1 298

((SV/(0,0032899*(KUK ^(-0,8587))))^(1,299883))/90,82 1 542

((pH/(0,0000584509*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/67,5 5 685

((pH/(0,0000616482*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/102 3 497

((pH/(0,000060328*(KUK ^(-0,6346))))^(1,3748))/90,82 4 046

SV: Verskil in suurversadiging wat in n 15 cm grondlaag bereik wil word.

pH: Verandering in pH(KCl) wat in n 15 cm grondlaag bereik wil word.

KUK: Katioonuitruilkapasiteit

Senwester, Mei 2005

Dr Hendrik Venter

Landboudienste

39

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!