02.05.2013 Views

Oktober

Oktober

Oktober

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

2

••• REDAKTEURSBRIEF

Om weer op te staan

Na afloop van my eerste perdryles

is ek huis toe met ’n klomp stukkende merke,

bloukolle en ’n knop op my kop. Ek het afgeval op

presies dieselfde manier as heelwat ander onervare

ruiters – weens ’n perd wat te vinnig na my vermoë

gehardloop het.

Na jare se gekerm het my pa my uiteindelik op

sewejarige ouderdom vir perdrylesse gevat. Dit was

nie soseer ’n les nie, maar eerder ’n groot groep

mense wat op hulle perde al om ’n dam gery het.

Daar was ’n “vinnige” groep en ’n “stadige” groep.

Ek het my perd, Adelaar, sonder enige huiwering by

die stadige groep laat aansluit. Ons was rustig op

pad terug toe ’n perd wat iewers losgekom het,

verbysnel teen ’n spoed wat vir my soos 120 km/h

gevoel het. En daar besluit Adelaar om by die

speletjie aan te sluit en spring weg teen ’n spoed

wat ’n 3,0 liter Hilux bakkie sou laat bloos. Ek het

geskree en probeer stop maar nadat ek vir sowat

200 meter soos ’n bosluis aan die perd se nek

geklou het, het ek besluit om eerder te laat gaan en

moes toe maar met die vernedering wat met só ’n

episode gepaardgaan, saamleef.

My pa het net gelag en gesê: “Dis reg, jy moet

leer. ’n Mens kan eers perdry nadat jy sewe keer

afgeval het.” Ek het lankal die sewe-merk verby gesteek

en het al meer as net bloukolle en stukkende

SENWES SCENARIO

HOOFREDAKTEUR

Johan Grobler, Assistent-Hoofbestuurder:

Korporatiewe Bemarking,

Senwes, Tel: (018) 464-7199

E-pos: johan.grobler@senwes.co.za

UITGEWER

Johan Smit, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 553 7806

E-pos: johan@infoworks.biz

REDAKTEUR

Elmarie Schoeman, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 073 339 2920

E-pos: elmarie@infoworks.biz

MEDEWERKERS

Koos Barnard, ds Willie Botha, Dries Kruger,

Jacques Odendaal, Johan du Toit, Jaco

Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala,

Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz,

Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Beyers,

Bernard Muller, Pieter van Eeden, Mariana

Purnell, Carel Nel, Riaan Botes, Peter Mascher,

Jenny Mathews.

elmboë opgedoen. Ek kan nou met sekerheid sê,

ek KAN perdry. Dit gaan nou wel nie keer dat ek

ooit weer met die aarde kennis maak nie want as

daardie perd besluit jy moet af, dan moet jy af! Die

belangrikste is om weer op te klim na jy afgeval het.

Net so het mens geen beheer oor die natuur nie.

Gaan dit genoeg reën hierdie seisoen om die grond -

vog en weiding te herstel? Al kan ’n mens nie hierdie

dinge voorspel nie, is goeie voorbereiding van kardinale

belang vir enige produsent. Op bladsy 42 deel

twee van Senwes se werkswinkelbestuurders handige

meganisasie-wenke vir planttyd. Lees ook op bladsy

28 meer oor die variasie van grondsuurheid en ander

grondchemiese elemente waarna ’n produsent moet

oplet.

Senwes het onlangs ’n 50%-aandeel in die

familie besigheid JD Implemente (JDI) in die Wes-

Kaap verkry. Leer ken die man agter JDI beter op

bladsy 46.

Mag dit dié seisoen reën waar jy jou gewasse

geplant het en mag die wind waai waar jou wasgoed

hang!

Elmarie

ADVERTENSIES

Ingrid Bailey, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 744 6971

E-pos: ads@infoworks.biz

UITGEGEE EN GRAFIES VERSORG

DEUR INFOWORKS

Uitlegkunstenaar: Mercia Venter

Tel: (018) 468-2716, Postnet Suite 32,

Privaat sak X10, Flamwood, 2572

SUBSKRIPSIE

JanDirk Engelbrecht

Tel: (018) 464-7604

Faks: 086 504 2313

E-pos: jandirk.engelbrecht@senwes.co.za

EIENAAR

Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570

Tel: (018) 464-7800

DRUKWERK

Colorpress

Tel: (011) 493-8622

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Elmarie Schoeman

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!