02.05.2013 Views

Oktober

Oktober

Oktober

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Oktober 2012

SENWES

scenario

BINNE

GEEN UITDAGING TE

GROOT VIR GRAINLINK

CHRIS SCHOONWINKEL

Tegnologie sy

vennoot tot sukses

OP JUL MERKE,

GEREED, PLANT! – BL. 40

BREEK NUWE GROND

50 Jaar van Uitstaande Produkte & Diens

www.voermol.co.za

Vir meer inligting skakel 083 456 3636

Voermol Superfos, Regnr. V17422 (Wet 36/1947). Registrasiehouer: Voermol Voere (Edms) Bpk.Posbus 13, Maidstone, 4380.

VOERMOL

SUPERFOS

BEPROEF!

Met Voermol Superfos

word navorsing prakties

toegepas

Superfos is deeglik

beproef as:

Fosfaat en spoormineraal

aanvulling op groen weidings

soetveld waar inname van

tradisionele fosfaatlekke

laag is

Superfos het min sout in

en vroee lente om fosfor

en proteien aan te vul

Wat die natuur kort -

sal Voermol voorsien

Maak seker jy ontvang die

eScenario e-nuusbrief elke tweede maand

vir relevante maatskappy- en industrienuus.

Teken in by www.senwes.co.za

inhoud

REDAKTEURSBRIEF

2 Om weer op te staan

HOOFSTORIE

4 Geen uitdaging te groot vir Grainlink

KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL

8 Tegnologie my vennoot tot sukses

NUUS

16 Produsente beïndruk met puik bywoning

17 Vrystaat Landbou bestuur die volgende dekade

18 “Ons glo in Afrika” – Bunge

21 Drie in ’n ry vir drie van die bestes

23 Aangeplante weiding wat vet voer

24 Plaasveiligheid kry hupstoot danksy Senwes

26 Knap gedaan, personeel!

FOKUS OP: BREEK NUWE GROND

28 Variasie van grondsuurheid en ander

chemiese elemente

34 Wat kan ek verwag tydens planttyd?

40 Op julle merke, gereed, plant!

LANDBOU-TEGNIEK

65 Haal die swartskaap uit jou beplanning

SENWES VILLAGE

46 Focus on Efekto’s gardening range

48 Die Kaap is Hollands met nuwe vennootskap

50 Welsynsorganisasies baat steeds by veldtog

50 Kyk hoe lyk ons nou!

51 Apteekkonsep is dieremedisyne se voorland

SENWES GRAINLINK

52 Hoe pas landbouchemikalieë by die nuwe

wetgewing in?

55 Senwes werknemers blink uit

TEGNOLOGIE

56 Gaping in landelike telekommunikasie dalk

iets van die verlede

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

FUTURE FOCUS

66 The liquid gold rush – it’s all about water

ALGEMEEN

3 ALLES EN NOG WAT: Spotprent; Sê Wie; Uit

Ouma se medisynekas en meer

75 LEEFSTYL: Wen met Feather Hill Spa

RUBRIEKE

62 AGRI-WENKE: Droë najaar wek kommer

73 VIR DIE SIEL: Die groot ontferming van God

76 IN MY VISIER: Hoe mooier die pronker

DEVELOPING AGRICULTURE

58 Climatic factors that determine planting dates

KOMPETISIE

74 Geniet ’n welverdiende ruskans

Oktober 2012

PROMOSIE-ARTIKELS

6 Jonsson: Legendary. Remarkable and rugged.

For real men.

15 Feedpro: Grys word in die vroeë lente

25 Advance seed: Lucerne seed – be informed

37 Efekto: Waterbesparingswenke vir jou grasperk

en tuin

39 SKF-landboureeks – waarom nie?

72 All Sweet en Crimson Sweet-tipe basters palm

die waatlemoenmark in

OP O DIE VOORBLAD

Vir V Chris Schoonwinkel van

Wesselsbron W

is nuwe tegnologie

onontbeerlik. o

Sy vrou, Lizette,

is i sy regterhand en ondersteun

hom h in alle aspekte van sy

boerdery. b Die voorbladfoto is

geneem g deur Wayne Viljoen.

Dui Senwes Senwes Scenario-artikels o aaan

wat beskikbaar is op Senwes se

webwerf by www.senwes.co.za

1

2

••• REDAKTEURSBRIEF

Om weer op te staan

Na afloop van my eerste perdryles

is ek huis toe met ’n klomp stukkende merke,

bloukolle en ’n knop op my kop. Ek het afgeval op

presies dieselfde manier as heelwat ander onervare

ruiters – weens ’n perd wat te vinnig na my vermoë

gehardloop het.

Na jare se gekerm het my pa my uiteindelik op

sewejarige ouderdom vir perdrylesse gevat. Dit was

nie soseer ’n les nie, maar eerder ’n groot groep

mense wat op hulle perde al om ’n dam gery het.

Daar was ’n “vinnige” groep en ’n “stadige” groep.

Ek het my perd, Adelaar, sonder enige huiwering by

die stadige groep laat aansluit. Ons was rustig op

pad terug toe ’n perd wat iewers losgekom het,

verbysnel teen ’n spoed wat vir my soos 120 km/h

gevoel het. En daar besluit Adelaar om by die

speletjie aan te sluit en spring weg teen ’n spoed

wat ’n 3,0 liter Hilux bakkie sou laat bloos. Ek het

geskree en probeer stop maar nadat ek vir sowat

200 meter soos ’n bosluis aan die perd se nek

geklou het, het ek besluit om eerder te laat gaan en

moes toe maar met die vernedering wat met só ’n

episode gepaardgaan, saamleef.

My pa het net gelag en gesê: “Dis reg, jy moet

leer. ’n Mens kan eers perdry nadat jy sewe keer

afgeval het.” Ek het lankal die sewe-merk verby gesteek

en het al meer as net bloukolle en stukkende

SENWES SCENARIO

HOOFREDAKTEUR

Johan Grobler, Assistent-Hoofbestuurder:

Korporatiewe Bemarking,

Senwes, Tel: (018) 464-7199

E-pos: johan.grobler@senwes.co.za

UITGEWER

Johan Smit, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 553 7806

E-pos: johan@infoworks.biz

REDAKTEUR

Elmarie Schoeman, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 073 339 2920

E-pos: elmarie@infoworks.biz

MEDEWERKERS

Koos Barnard, ds Willie Botha, Dries Kruger,

Jacques Odendaal, Johan du Toit, Jaco

Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Castuff Sekgala,

Julias Ramohlabi, Theo Venter, Ruth Schultz,

Graham Lottering, Ansoné Venter, Elmarie Beyers,

Bernard Muller, Pieter van Eeden, Mariana

Purnell, Carel Nel, Riaan Botes, Peter Mascher,

Jenny Mathews.

elmboë opgedoen. Ek kan nou met sekerheid sê,

ek KAN perdry. Dit gaan nou wel nie keer dat ek

ooit weer met die aarde kennis maak nie want as

daardie perd besluit jy moet af, dan moet jy af! Die

belangrikste is om weer op te klim na jy afgeval het.

Net so het mens geen beheer oor die natuur nie.

Gaan dit genoeg reën hierdie seisoen om die grond -

vog en weiding te herstel? Al kan ’n mens nie hierdie

dinge voorspel nie, is goeie voorbereiding van kardinale

belang vir enige produsent. Op bladsy 42 deel

twee van Senwes se werkswinkelbestuurders handige

meganisasie-wenke vir planttyd. Lees ook op bladsy

28 meer oor die variasie van grondsuurheid en ander

grondchemiese elemente waarna ’n produsent moet

oplet.

Senwes het onlangs ’n 50%-aandeel in die

familie besigheid JD Implemente (JDI) in die Wes-

Kaap verkry. Leer ken die man agter JDI beter op

bladsy 46.

Mag dit dié seisoen reën waar jy jou gewasse

geplant het en mag die wind waai waar jou wasgoed

hang!

Elmarie

ADVERTENSIES

Ingrid Bailey, Infoworks

Tel: (018) 468-2716 Sel: 082 744 6971

E-pos: ads@infoworks.biz

UITGEGEE EN GRAFIES VERSORG

DEUR INFOWORKS

Uitlegkunstenaar: Mercia Venter

Tel: (018) 468-2716, Postnet Suite 32,

Privaat sak X10, Flamwood, 2572

SUBSKRIPSIE

JanDirk Engelbrecht

Tel: (018) 464-7604

Faks: 086 504 2313

E-pos: jandirk.engelbrecht@senwes.co.za

EIENAAR

Senwes, Posbus 31, Klerksdorp, 2570

Tel: (018) 464-7800

DRUKWERK

Colorpress

Tel: (011) 493-8622

• Alle regte van die inhoud van Senwes Scenario word voorbehou ingevolge die bepalings van Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg.

• Die eienaar en uitgewer aanvaar nie aanspreeklikheid vir enige uitlatings in advertensies, promosie-artikels of deur medewerkers nie.

Elmarie Schoeman

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Pieter & Tsepo

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

ALLES EN NOG WAT • THIS AND THAT •••

>> SAYS WHO?

A two-year-old is

kind of like having

a blender, but you

don’t have a top

for it.

– JERRY SEINFELD –

Try not to become a

man of success, but

rather try to become

a man of value.

– ALBERT EINSTEIN –

>> SÊ WIE?

Geleenthede gaan

by die meeste

mense verby, omdat

dit ’n oorpak aanhet

’n Apteekkonsep met betrekking tot dieremedisyne sal nou in Senwes Villages geïmplementeer

word. Dié besluit is geneem vanweë uiters goed georganiseerde sindikate wat en na werk lyk.

hulle toespits op die diefstal van dieremedisyne. Lees meer hieroor op bladsy 51. 1. – THOMAS EDISON –

The king of all sheep...

Altai Argali (Ovis Ammon Ammon) is referred to as

the king of all sheep. Bearing the heaviest horns with

the most beautiful shapes, Altai Argali is a dream for

any wildlife enthusiasts. Altai Argali's main habitats

are exposed hills and rocky pockets between the

snow-capped peaks of the Asian Altai Mountains of

Siberia and Mongolia. Altai Argali has a light brown

coat with a white rump patch. A male of Altai Argali

is over 120 cm - 125 cm tall, with a body length

of 150 cm and weighs 170 kg - 180 kg. The horns

curve in a spiral and normally measure 127 cm -

153 cm in length and 38 cm - 50 cm in circumference

on the base.

Source: http://en.wikipedia.org/wiki/Altai_argali

>> UIT OUMA MAA

SE MEDISYNEKAS

3

Somertyd is sandale

tyd en dan is dit

noodsaaklik om skurwe

en gebarste hakke aan te

spreek. Daar is verskeie mengsels wat kan help:

• Maak ’n oorryp piesang fyn, smeer aan hakke en los

aan vir ’n halfuur. Was voete met warm water en trek

kouse aan. ’n Teelepel heuning en ’n halwe teelepel

suurlemoensap kan ook by die piesang gevoeg

word. Vir erg gebarste hakke kan avokado ook

by die piesangmengsel gevoeg word.

• Smelt parafienwaks en meng met

kokosneutolie. Smeer aan die hakke, trek

kouse aan en was dit in oggend af.

• Skrop jou voete met ’n mengsel van heuning, appelasyn

en rysmeel (twee tot drie lepels rys fynge maak tot

’n growwe meel). As jou hakke baie erg gebars is, voeg

olyfolie by die mengsel, week jou voete vir sowat 20

minute in warm water en masseer dit dan met hierdie

mengsel. S

nis

ddit

m skkurwe

kke aan te

verskeie mengsels wat kan help:

yp piesang fyn, smeer aan hakke en los

ur. Was voete met warm water en trek

eelepel

eg

k

Source: http://www.myhomeremedies.net/2009/03/

SPOEDVRAAT

Die vinnigste wat ’n mens kan hardloop p

is 37,6 km/h, terwyl ’n jagluiperd

amper drie keer vinniger kan hardloop

teen 102,9 km/h.

4

••• HOOFSTORIE

Geen uitdaging te

groot vir Grainlink

DIE SILOBEDRYF VAN SENWES GRAINLINK SE

STREWE OM TEN ALLE TYE OPLOSSINGS VIR KLANTE

SE BEHOEFTES TE BIED, HET HIERDIE JAAR VERDER

TOT SY REG GEKOM. DIÉ SPESIFIEKE AFDELING

VAN SENWES GRAINLINK VERSEKER DAT KLANTE

OP ’N JAARLIKSE BASIS INTYDSE MARKTOEGANG

HET DEUR GEBRUIK TE MAAK VAN DROËR- EN

DEURLUGTING-TEGNOLOGIE.

> TEKS: GRAHAM LOTTERING

Hierdie jaar het Senwes egter sy

slagspreuk, “Breek nuwe grond”, gestand gedoen

deur vir klante geleent he de te skep om marktoegang

beter te benut teen geen addi sionele koste nie. Dit

het weer eens verseker dat die klante van Senwes

fokus op dit wat hul so suksesvol gemaak het tot op

hede, naamlik die vermoë om graan te produseer.

Senwes hanteer alle graansoorte en moet dus

deurlopend oplossings bied vir elke tipe graan se

unieke uitdagings. ’n Goeie voor beeld hiervan is

vog, siende dat dit ’n baie belangrike rol speel

wanneer graan gestroop word en daarom ook een

van die grootste risiko’s is wanneer graan opge berg

word. Indien graan nie teen die korrek te voginhoud

opgeberg word nie, kan dit groot ver liese tot gevolg

hê, veral wanneer in ag geneem word dat graan

vinniger gestroop word as wat dit gedroog word.

Ten spyte van die risiko’s verbonde aan graan, het

Senwes besluit om klante vanjaar tegemoet te

kom deur vergunnings in plek te stel sodat risiko’s

verminder word en geleenthede in die mark benut

kon word:

• Mielies met ’n voginhoud van tot 14,5% is by

alle silo’s ontvang, selfs silo’s waar daar nie

droogfasiliteite beskikbaar is nie. Mielies met

’n voginhoud van tot en met 16% is by alle

silo’s wat oor droogfasiliteite beskik, ontvang,

sonder enige droogkoste vir die klant (vergunning

was beskikbaar vanaf 16 Mei 2012). Massaaanpassings

is wel gedoen volgens die normale

www.senwes.co.za • Oktober 2012

industrienorm. Hierdie vergunnings was ’n eerste

in die industrie en die produsente het werklik

gebruik gemaak van hierdie geleentheid.

• Sonneblom kan groot opbrengsverliese tot

gevolg hê weens voëlskade en oesverlies tydens

die stroopproses. Die besluit is geneem om

sonneblom te ontvang met ’n vogpersentasie

van tot en met 10,5%, sonder droogkoste by

die silo’s waar deurlugting en droogfasiliteite wel

beskikbaar is.

• Soja het selfs ’n groter opbrengsverliesrisiko

tydens die afdroog- en stroopproses. Met

hierdie risiko in gedagte, is besluit om sojabone

te ontvang met ’n vogpersentasie tot en met

15%, waar droogfasiliteite beskikbaar is.

Geen droogkoste is verhaalbaar vir sojabone

met ’n voginhoud van tot en met 13,5% nie,

om sodoende behulpsaam te wees om die

opbrengsverliesrisiko te verminder.

Indien in ag geneem word dat koste deurlopend

styg, is dit duidelik dat Senwes fokus op sy klante,

om deur middel van kostebestuur vir die klant, geld

terug te sit in hul sak.

Die fisiese verliese-aftrekking is ook onder die

vergrootglas geplaas en voortspruitend hieruit is die

WINTERGRAANTARIEWE VIR DIE NUWE SEISOEN

HANTERING/TON

1. Opbergingsopsies en -tariewe: 1 Oktober 2012 - 30 September 2013

OPBERGING

1.1 Algemene Opberging R39,50 (BTW uitgesluit) R0,66 (BTW uitgesluit) per ton per dag

R45,03 (BTW ingesluit) R0,75 (BTW ingesluit) per ton per dag

1.2 Volume Opberging (sekere silo’s) R61,85 (BTW uitgesluit)

R70,51 (BTW ingesluit)

Ingesluit by hantering

1.3 Seisoentarief: Onmiddellike keuse R105,50 (BTW uitgesluit)

R120,27 (BTW ingesluit)

Ingesluit by hantering

Uitgestelde keuse R110,00 (BTW uitgesluit)

R125,40 (BTW ingesluit)

1.4 Periode Opberging (sekere silo’s) 90 dae

2. Uitgestelde Opberging

3. Oordragvoorrade: 1 Oktober 2012

R66,10 (BTW uitgesluit)

R75,35 (BTW ingesluit)

Ingesluit by hantering

Klante het tot 31 Maart 2013 om

‘n opbergingsopsie te kies

R0,66 (BTW uitgesluit) per ton per dag

R0,75 (BTW ingesluit) per ton per dag

Tot maksimum van R66,00 (BTW uitgesluit)

* Klante moet hulself vergewis van die volledige tariewe en reëls soos in die Inligtingsbrief uiteengesit.

Klante kan hul graanbetalingsadvies elektronies

ontvang. Indien jy dit so verkies, sms jou e-posadres

en klantnommer na 086 586 4540.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

HOOFSTORIE •••

volgende byvoeging gemaak wat tot voordeel van

produsente is:

• Die standaard 1%-aftrekking vir mielies is steeds

van toepassing, maar word slegs toegepas indien

die sifselspersentasie meer as 2% onder die

6,35 mm-sif is.

• ’n Nuwe aftrekking van 0,85% is bygevoeg vir

mielies ontvang met ’n sifselspersentasie van

minder as 2% onder die 6,35 mm-sif.

Aangesien sekere dele in die tradisionele Senwes gebied

droogteskade ondervind het, het dit gelei tot

mielies met pitte wat kleiner is as die normale grootte.

Dit het sy eie uitdagings daargestel en om hierdie

klante te help om steeds te deel in die mark, is die

opsie op die tafel geplaas wat behels dat die fisiese

sifsels afgetrek word deur middel van ’n sif-aksie.

Senwes Grainlink se silobedryf is verbind tot

eersteklasdiens en tegnologiese verbetering om

sodoende by klante se behoeftes aan te pas en

derhalwe markgeleenthede te kan benut. S

Graham Lottering is ’n Streeksbestuurder by Senwes

Grainlink se silobedryf. Vir meer inligting, skakel hom by

079 883 7503 of stuur ’n e-pos na

graham.lottering@senwes.co.za.>>

Vir meer inligting, kontak Pieter Malan (Assistent

Hoofbestuurder: Grainlink Bedryf) by (018) 464-7395 of

stuur ‘n e-pos na pieter.malan@senwes.co.za.>>

5

6

••• PROMOTIONAL ARTICLE: JONSSON

LEGENDARY

WORK JACKET

Legendary.

Remarkable and rugged. For real men.

LEGENDARY

SHORT-SLEEVED

SHIRT

LEGENDARY

MULTI-POCKET

CARGO PANTS

LEGENDARY

MULTI-POCKET

CARGO SHORTS

The new Jonsson “Legendary” range is inspired

by the hardworking men of the 1950’s – real, rugged and

stripped of excess, baring just the essentials. Hard-wearing, fit for

purpose. The original workwear reconstructed.

“Legendary” is a stylish and casual workwear range for REAL

MEN. “Legendary” admires men who take on life and win. It respects

men with values and ambition. “Legendary” calls them

“True Men”, men with guts, men with character. “Legendary” is

always inspirational. It’s bold, motivating and instills pride.

The “Legendary” range consists of the following garments:

• Short-sleeved shirts;

• Long-sleeved shirts;

• Multi-pocket cargo pants;

• Multi-pocket cargo shorts;

• Work vests; and

• Work jackets.

The Jonsson “Legendary” range is 100% cotton, triple needle

posted (enhancing the durability of the garment) and has been

put through a hard stone abrasive wash – giving the range the real

rugged, washed-in and worn-in look. S

LEGENDARY

WORK VEST

LEGENDARY

LONG-SLEEVED

SHIRT

> www.senwes.co.za • OOktober

2012

BASF Area-verkoopsbestuurders:

Vrystaat (Oos): Dieter Terblanche 079 513 8371

Vrystaat (Wes): Leon Botha 072 615 6468

Noord-Wes (Oos): Olivier Slabbert 082 900 1614

Noord-Wes (Wes): Jéan Roy Holmes 082 900 0746

Mpumalanga (Oos): Richard Schulze 083 375 0038

Mpumalanga (Wes): Waldo Bosho 076 981 1879

KwaZulu-Natal (Noord): Mynhardt Noeth 072 615 6483

KwaZulu-Natal (Suid): Gavin Smit 082 900 8440

Noord-Kaap: Heinrich Havemann 082 498 4437

Laeveld: Zander Kotze 082 900 1619

Limpopo: Jacques Bredenkamp 082 900 1635

Oos- en Suid-Kaap: Eduard Louw 082 886 3731

Wes-Kaap: Cobus Wiersma 072 615 6208

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461 Epos: AgCelence-za@basf.com.

Abacus ® Reg. No. L8048 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Piraklostrobien 62,5 g/l. Epoksikonasool 62,5 g/l. Skadelik.

Verwys asseblef na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Abacus ® en AgCelence TM is geregistreerde handelsmerke van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe marketing A07168/SS

8 ••• KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL

Tegnologie my

vennoot tot sukses

OP ’N PLAAS IN DIE VRY STAAT, DAAR

WAAR DIE PAD JOU VAN WESSELS BRON

NA HOOP STAD LEI, VIND EK ONLANGS

’N ONUITPUTBARE BRON VAN KENNIS.

’N VOOR STAANDER VAN NIE NET NUWE

TEGNOLOGIE IN DIE LANDBOUBEDRYF NIE,

MAAR OOK VAN BESPARINGSPRAKTYKE

WAT ’N BLINK TOEKOMS VIR LANDBOU

IN SUID-AFRIKA KAN VERSEKER. IEMAND

WAT NIE SKROOM OM SY MENING OOR

LANDBOUSAKE TE LUG NIE EN DUIDELIK

PASSIEVOL IS OOR SY BOERDERY. CHRIS

SCHOONWINKEL SE PA HET HOM MOS

GELEER: “DOEN DIT WAT JY GRAAG WIL

DOEN, WANT DIT SAL JY DIE BESTE

DOEN.”

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

> FOTO’S: WAYNE VILJOEN

Chris het op die plaas Welgegund, geleë

tussen Wesselsbron en Hoopstad, waar hy ook tans boer,

grootgeword. Hy het op Wesselsbron skoolgegaan en

gematrikuleer en is daarna weermag toe. Later het hy

BAgric aan Kovsies studeer en vanaf 1991 saam sy pa

begin boer. Sy pa het gedeeltelik uit die boerdery getree

en woon tans op Wesselsbron, vanwaar hy die boerdery

se veefaktor, wat uit vleisbeeste bestaan, bestuur.

Op Welgegund plant Chris tans 1 100 ha mielies,

250 ha koring en 150 ha sonneblom op droëland. Hy

werk op ’n russtelsel, waarvan ongeveer 15% - 20% van

die gronde gerus word. Chris gaan vanjaar vir die eerste

keer sojabone plant. “Ons was altyd onder die indruk dat

sojabone nie die vreeslike hitte van die omgewing kan

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Chris is ’n groot John Deere aanhanger,

omdat hy glo die kwaliteit van hulle

produkte is van onskatbare waarde.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL •••

hanteer nie, maar die bone wat verlede

jaar in die omgewing geplant is, het baie

goeie resultate gelewer. Sojabone het ook

die voordeel dat dit stikstof in die grond

terugplaas,” sê Chris.

Chris is ’n voorstaander van presisieboerdery,

maar nie tot op die mate

waar hulle kunsmis en saad varieer

nie. Die lande word deur Senwes se

grondkarteerders “gegrid” en die

grond se kalkbehoeftes word ook

aangespreek. Volgens Chris

spaar hy ongelooflik baie

geld hierdeur. “Ons is ook in

die proses om die res van die

chemiese ontledings variërend

reg te stel,” sê hy.

’n Praktyk waarin Chris hom

roem, is die feit dat hulle driekwart

van die benodigde kunsmis twee tot

drie maande voor die tyd plant. “Ek kom

al baie jare met die praktyk saam, maar

dit het nou eers standaard geword in die

omgewing. Tyd het bewys dat dit baie beter is

om dit so te doen,” noem hy.

PRAKTYKE WAT SPAAR WORD

DEEL VAN LANDBOU

Massahantering van kunsmis is ’n praktyk waaroor

Chris baie te sê het en hy kan nie uitgepraat raak

oor die voordele wat dit vir ’n produsent inhou

nie. Volgens hom is dit koste-effektief en kan jy

tussen R200 en R300 per ton spaar net omdat die

kunsmis nie meer in 50 kg-sakke gekoop word nie.

Chris koop ook kunsmis wat op die internasionale

markte beskikbaar is. “Die res van die wêreld het

hierdie praktyk reeds deel van hulle boerderye

gemaak; slegs in Suid-Afrika is hier nog 50 kgsakke

kunsmis beskikbaar. Op die vraag of die

meganisasie wat vir hierdie praktyk benodig word,

’n mens nie baie uit die sak jaag nie, was Chris se

antwoord: “’n Mens moet ’n bietjie meganiseer vir

massakunsmishantering, ja, maar dit wat jy daaruit

wen is baie en jy spaar heelwat tyd. Dit wat jou

gewoonlik vier weke gevat het om te doen, sal jy

nou in drie weke doen met dié praktyk.” Chris sal

ook graag in die toekoms wil sien dat Suid-

Afrika dieselfde rigting as die res van

die wêreld moet inslaan wat die

massahantering van saad betref.

Nog ’n besparingspraktyk

WELGEGUND

WELGEG W

vervolg op bladsy 10

9

10

••• KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL

Tegnologie my

vennoot tot sukses

vervolg van bladsy 9

waarvan Chris gebruik maak, is om hoogloopspuite

in plaas van sleep spuite te gebruik, omdat dit

volgens hom meer effektief is en baie minder water

gebruik. “Omdat jy vinniger met ’n hoogloopspuit as

’n sleepspuit kan ry, gebruik jy laer volumes water

en dus minder glifosaat,” sê hy.

Die afgelope plantseisoen het maar moeilik op

Welgegund verloop weens verskeie redes. Chris kon

eers laat begin plant as gevolg van die laat reën en

die droogte het, soos met meeste produsente in

die land, die verloop van sy produksie gekniehalter.

Rooispinmeit, wat oor die algemeen in die Vaalharts-besproeiingsgebied

voorkom, het ook gemaai

onder sy mielies. Chris het sedert verlede seisoen

besluit om die rye tussen sy mielies te vernou. “Ek

het my rye van 1,25 m na 0,93 m vernou, omdat

ek gesien het die mielies moet so vinnig as moontlik

’n ‘canopy’ maak om die rye toe te maak sodat

daar nie sonlig op die grond kom nie. Wanneer die

son te veel deurkom en die sand te warm word,

Agter elke suksesvolle man is daar ’n vrou wat hom steun. Lizette Schoonwinkel is

Chris se regterhand en staan hom in alle aspekte van sy boerdery by.

ontkiem die onkruid vinniger,” meen Chris. Hy het sy

plantpopulasie effens gelig, maar nie veel nie. Die

rye is wel nou nouer, maar die mielies staan verder

uitmekaar in die rye. “Daar is ’n klomp tegniese

bestuurspraktyke waarop mens bedag moet wees.

As jy jou kunsmis per hektaar en die plantestand

dieselfde hou, verdeel jy jou kunsmis en saad

tussen die rye en dus raak die kunsmis heelwat

minder per ry,” sê hy.

DAAR IS NET EEN TREKKER EN DIT IS

’N JOHN DEERE TREKKER

As daar nou één John Deere aanhanger is, is dit

Chris Schoonwinkel. “Alles op my plaas is John

Deere en die rede is eenvoudig: Die kwaliteit is

onmeetbaar. Ek kry sonder uitsondering meer vir

daardie produk na 10 - 15 jaar se diens as wat ek

vir hom betaal het en dit kan jy nie van die ander

fabrikate sê nie. John Deere se naverkoopdiens

vervolg op bladsy 13

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Tegnologie my

vennoot tot sukses

vervolg van bladsy 10

is ook uitstekend en hier op Wesselsbron is ’n

goeie werkswinkel wat na die implemente omsien.

Jy spandeer nie so baie op die produk ná jy hom

gekoop het nie, al is hy ook hóé oud en al het hy

ook hóéveel ure se diens agter die rug,” sê hy.

Volgens Chris is John Deere se nuwe tegnologie ook

baie gebruikersvriendelik. “My een werker, wat nie

eers kan lees of skryf nie, kon die nuwe tegnologie

baasraak.”

Chris maak van al Senwes se dienste gebruik

en is baie beïndruk met die manier waarop Senwes

probleme hanteer en oplos. “Hier was moeilikheid

by Wesselsbron se werkswinkel en ons is baie

dankbaar dat hulle dit reggestel het. Senwes het

nie net die probleem opgelos nie, hulle het dinge

sommer baie beter gemaak. Al die produsente in die

omgewing is beïndruk dat Senwes ons klagtes en

vrese aangehoor het en dadelik tot aksie oorgegaan

het. Dit gee ’n mens gemoedsrus,” sê Chris.

>> AGTER DIE SKERMS

• Chris is getroud met Lizette en hulle het drie

kinders, naamlik Louis (15), William (14) en

Benita (11).

• Een ding waarsonder hy nie kan klaarkom

nie, is om ’n nou pad met die Here te stap.

• Gunsteling-kos: Sushi.

• Gunsteling-nagereg: Melktert.

• Vir ontspanning geniet hy en sy gesin graag

’n vakansie op hul plaas langs die Vaalrivier en

hulle het ook onlangs begin boogskiet.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

KOLLIG OP CHRIS SCHOONWINKEL •••

Dit is vir Chris

onontbeerlik

dat die

nuutste

tegnologie

in sy

implemente

geïnstalleer

is. Volgens

hom spaar dit

tyd en geld,

en dit is basies

waarheen enige

produsent werk.

GEORGANISEERDE LANDBOU

LOOP STERK DEUR SY ARE

Chris het al op die bestuur van menige boereverenigings

gedien en dien tans ook as ’n lid op

Graan SA se Dagbestuur namens Streek 21.

Wanneer jy met hom gesels, kom jy vinnig agter

dat hierdie man ’n passie het vir georganiseerde

landbou. “Georganiseerde landbou is eenvoudig

onontbeerlik. Geen produsent kan alleen sy saak

gaan veg nie. Daar word slegs notisie geneem

wanneer ’n instansie of ’n groep mense ’n kwessie

aanspreek. As dit nie vir Graan SA of Agri SA

was nie, sou daar nog meer probleme met die

grondeienaarskap-kwessie gewees het. ’n Produsent

se waardevolste besitting is grond en sonder grond

kan ons niks doen nie.”

Wat is sy wens vir landbou in Suid-Afrika?

“Grondeienaarskap, want dit sal verseker dat die

produsente van die land genoeg kos produseer

en sodoende voedselsekerheid bewerkstellig.

Produsente moet net ’n geleentheid gegun word.”

Vir Chris is dit eintlik ’n groot verligting dat die Suid-

Afrikaanse regering tot ’n groot mate nie inmeng

in die produsente se sake nie. “Ek het gesien

wat dit aan produsente in ander lande doen. Die

wetgewing bind daardie produsente sodat hulle

nie kan maak wat hulle wil nie en dit inhibeer hul

produksievermoë. Dié produsente is eenvoudig

gefrustreerd.” Chris voel tog daar is funksies wat

die regering moet verrig, soos om byvoorbeeld die

landbousektor teen invoere te beskerm. S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

elmarie@infoworks.biz vir meer inligting.>>

13

Uit die hart van die beeswêreld

“Bekend maak bemind” bly nou maar eenmaal ‘n waar sêding. FeedPro, ‘n suksesvolle veevoervervaardiger wat op Vryburg

geleë is, is geen nuweling in die beeswêreld van Suid-Afrika nie. Inderdaad is ons jou vennoot in diere voeding úít jou omgewing,

vír die eiesoortige behoefte van jou omgewing.

Deur FeedPro te gebruik, kry die veeboer ononderhandelbare kwaliteit, veeprestasie en effektiewe omset van koste. Ons

omvattende produkreeks bestaan uit meer as 70 verskillende dierevoedingsprodukte en bied verskeie winsgewende voordele.

Kontak ons span in die veld om jou te besoek...of kom loer gerus in vir soveel meer en beter.

Industriaweg 10 Industria Road • Posbus/PO Box 927 • Vryburg • 8600

Tel: +27 (53) 927 5406 • Faks/Fax: +27 (53) 927 5509

E-pos/Email: feedpro@feedpro.co.za • www.feedpro.co.za

Grys word in die

vroeë lente

LENTE IS HIER EN TEN SPYTE VAN ’N

NUWE SEISOEN WAT AANGEBREEK

HET, IS DIT OOK DIE TYDPERK WAARIN

DIE MEESTE VEEPRODUSENTE GRYS-

HARE BYKRY, SOOS DIE AFGELOPE

SEISOEN DIE GEVAL WAS. TEEN

HIER DIE TYD IS DIE OESRESTE KLAAR

OPGEVREET, IS DIE VELDWEIDING

SE VOEDINGSWAARDE NIE NET OP

SY LAAGSTE VLAKKE NIE, MAAR OOK

UITGETRAP, EN KOM KOUE TOESTANDE

NOG VOOR.

> TEKS: STEPHAN VAN DER WESTHUIZEN

Weens sulke heersende toestande

is dit algemeen dat diere se lekinnames met be trekking

tot ’n winterlek/onderhoudslek verhoog en dat

ureumvergiftiging (pasop vir onvoorsiene reënbuie)

en liggaamsmassaverliese van tot 80 kg/dier by

beeste voorkom, veral by reproduserende diere.

Tydens die laat winter/vroeë lente begin die energiebehoefte

van veral dragtige tot lakterende diere

die energievoorsiening van die veldweiding oorskry

en probeer die diere om met hoër lekinnames in hul

voedingsbehoefte te voorsien. Dit raak daarom dus

nodig om beide proteïene en energie aanvullend

vir hierdie diere te verskaf tesame met die nodige

minerale en vitamiene.

Hierdie aanvullings kan gedoen word met

behulp van ’n produksielek of ’n oorgangslek wat

genoegsame energie, proteïene, minerale en

vitamiene bevat. ’n Produksielek en ’n oorgangslek

se aanbevole daaglikse innames per dier is hoër

as dié van ’n winterlek/onderhoudslek en is dus

gevolglik duurder per kop per dag. Met die gedagte

van ’n 10% liggaamsmassaverlies en ’n 30%

herkonsepsieverlaging van reproduserende diere,

maak dit die voorsiening van ’n produksielek of

oorgangslek aanvullend tot laat winter- en vroeë

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

PROMOSIE-ARTIKEL: FEEDPRO •••

lente-veldweiding ’n noodsaaklikheid.

Dit is raadsaam om diere vir die eerste sewe

tot twaalf dae met ’n produksielek of oorgangslek

aan te pas om sodoende oorvretings en gevalle van

vergiftigings te voorkom. ’n Aanpassingspraktyk, met

die oorskakeling van een lek na ’n ander, behels

dat klein toenemende hoeveelhede van ’n lek aan

diere beskikbaar gestel word totdat die sewe-tottwaalf-dag-termyn

verby is. Minder, maar gereelde,

innames van ’n lek is baie meer doeltreffend as

groot eenmalige innames met lang tussenposes

van 24 uur en langer. Die voorsiening van ’n P6fosfaatlek

is ook ’n goeie praktyk om moontlike

souttekorte by diere te bevredig.

FeedPro Animal Nutrition het die volgende

produksie- en oorgangslekke beskikbaar:

1. FeedPro Vrymol 20 (V21943):

• Inname vir grootvee: 1 000 g tot

1 500 g/dier/dag.

• Inname vir kleinvee: 150 g tot 250 g/dier/dag.

2. FeedPro Produksielek 25 (V15171):

• Inname vir grootvee: 600 g tot

1 000g/dier/dag.

• Inname vir kleinvee: 100 g tot 200 g/dier/dag.

3. FeedPro Somer/Winter 30 (V15886):

• Inname vir grootvee: 500 g tot 600 g/dier/dag.

• Inname vir kleinvee: 100 g tot 150 g/dier/dag.

Bogenoemde lekke is volledige produkte wat net

uit geskud kan word. ’n Produksielek kan ook met

die volgende lekke op ’n 50/50-basis vermeng

word met ’n aanbevole inname van 1 000 g tot

1 500 g/dier/dag vir grootvee en 100 g tot

250 g/dier/dag vir kleinvee.

1. FeedPro Winterlek 40 (V15175); en

2. FeedPro Vrymol 45 (V21944).

Kom kleur nou daardie gryshare met behulp van

FeedPro Animal Nutrition se reeks lekke en maak

jou boerdery en kudde soveel beter. S

Vir meer inligting, kontak Stephan van der Westhuizen

(Bestuurder: Tegniese Dierevoeding, FeedPro Animal

Nutrition) by (053) 927-5406 of stuur ‘n e-pos na

stephan@feedpro.co.za.>>

15

16

••• NUUS

Produsente beïndruk

met puik bywoning

SENWES IN SAMEWERKING MET

MAKOKSKRAAL BOEREVERENIGING

HET OP 26 JULIE ’N UITERS

GESLAAGDE BOEREDAG GEHOU

WAARVAN DIE OPKOMS UITSTEKEND

WAS; SOVEEL SO DAT WILLIE LOUW

(ASSISTENT BESTUURDER: UNIVISION)

DIE BOERE DAGGANGERS IN SY

TOESPRAAK BEDANK HET: “’N MENS

SUKKEL DEESDAE OM SO ’N GROOT

GROEP PRODUSENTE BYMEKAAR TE

KRY. DIT IS VOORWAAR VIR MY ’N

MOOI GESIG,” HET HY GESÊ.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Frans du Plessis (Hoofbestuurder:

Senwes Village) het die boeredaggangers verwelkom

en hulle oor Senwes se pad vorentoe toegespreek.

Hy het genoem dat Senwes gedurende die laaste

tydperk baie gediversifiseer en gegroei het. Frans

Tydens die

demonstrasie dag

het Dries Kruger

(Senior Agronoom:

Senwes) gepraat

oor aangeplante

weiding.

Thys Grobbelaar

lewer ’n mieliemarkvoor

uitskouing

tydens die

boeredag.

het ook die geleentheid gebruik om die elemente

wat vir Senwes die belangrikste is, te bespreek.

Hierdie elemente sluit vennootskappe in, omdat

niemand volgens hom in isolasie kan funksioneer

nie. Ander elemente wat ook bespreek is, is onder

andere diversifikasie, volhoubaarheid, korporatiewe

beheer, risikobestuur en ’n gesonde besigheidsetiek.

Thys Grobbelaar (Senior Graananalis: Senwes

Grainlink) het ’n mieliemark-vooruitskouing gelewer

en die prysdrywers in die mark, naamlik makroekonomie

asook vraag en aanbod, bespreek.

Die winsgewendheid van die Suid-Afrikaanse

vee- en graanboerdery is deur Ramondé Odendaal

(Landbou-ekonoom: Senwes Landboudienste)

tydens die dag bespreek. Sy het ook verskeie ander

brandpunte in die landboubedryf aangeraak, soos

hoe Suid-Afrikaanse boerderye op internasionale

vlak vergelyk, insetkostes vir die komende seisoen

asook meganisasie.

Tydens die dag het boeredaggangers ook

demonstrasies, wat deur verskeie afdelings

aangebied is, geniet. S

Bernard Muller

(Agronoom: Senwes) het

’n profielgat gegrawe

en ook die verskillende

tipes grondbewerking

bespreek.

Almero Olwagen

(Hulpbron (Hul tegno loog:

Senwes) Se bespreek

Senwes S Landbou

b dienste se

karterings diens te

asook die koste en

vvoordele

daaraan

vverbonde.

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of

stuur ’n e-pos na elmarie@infoworks.biz.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Nuutverkose Visepresident van Vrystaat Landbou, Kobus Breytenbach

(links), Louw Steytler (voormalige President) en die nuwe President,

Dan Kriek.

VRYSTAAT LANDBOU HET OP 1 EN

2 AUGUSTUS ’N VRUGTEVOLLE

JAARKONGRES IN BLOEMFONTEIN

GEHOU. DIE TWEE DAE IS GEKEN-

MERK DEUR UITNEMENDE SPREKERS

WIE SE TOESPRAKE AANGESLUIT HET

BY DIE TEMA VAN DIE KONGRES.

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Volgens Louw Steytler (voormalige

President: Vrystaat Landbou) streef Vrystaat Landbou

daarna om voedselsekuriteit en -sekerheid daar

te stel in dié provinsie, die land asook die globale

omgewing. “Vrystaat Landbou verbind homself om

’n verskil te maak met die breë uitdagings waarmee

ons gekonfronteer word, vandaar ons tema:

‘Vrystaat Landbou bestuur die volgende dekade.’”

Steytler bedank ook die lede van Vrystaat Land -

bou vir hul volgehoue ondersteuning tot die organisasie.

“Ons is trots daarop dat Vrystaat Landbou

as die enkele grootste provinsiale landbou-unie van

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Foto onder: Die manne van Senwes

geniet iets te ete. Van links: Frans du

Plessis (Hoofbestuurder: Senwes Village),

Francois Strydom (Besturende Direkteur:

Senwes) en Johan Grobler (Assistent

Hoofbestuurder: Korporatiewe Bemarking).

Vrystaat Landbou bestuur

die volgende dekade

kommersiële produsente erken word.” Steytler het

ook verskeie ander kwessies aangeraak, waaronder

grondhervorming, die Lesothogrens-hofsaak en die

veiligheid van landbouers in die Vrystaat.

Max du Preez (gewese koerantredakteur en

televisiepersoonlikheid), Lincoln Mali (Standard

Bank), Nicky Weimar (Senior Ekonoom: Nedbank)

en Marieta Groenewald het die kongresgangers

toegespreek.

Dan Kriek (voormalige Visepresident: Vrystaat

Landbou) is onbestrede verkies tot die President van

Vrystaat Landbou, na Steytler se uittrede. Kobus

Breytenbach is verkies tot Visepresident.

Francois Strydom (Besturende Direkteur: Senwes)

het gedurende die jaarkon gres-aandfunksie, waar

Senwes as hoofborg opgetree het, kongres gangers

toegespreek. “Senwes se siening is dat produsente,

net soos landboubesighede, hul eie toekoms moet

skep. Ek vind dus aanklank by Vrystaat Landbou

se kongrestema, wat daarop toegespits is om die

volgende dekade te bestuur.” S

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir Senwes

Scenario. Vir meer inligting, skakel haar by

(018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

ansone@infoworks.biz.>>

17

18

••• NUUS

“Ons glo in Afrika”

– Bunge

“TEEN 2050 SAL DIE WÊRELD-

BEVOLKING OP NEGE MILJARD TE

STAAN KOM. NA BERAMING SAL

BYNA EEN UIT ELKE VIER MENSE IN

DIE WÊRELD IN AFRIKA WOON – DIE

MEERDERHEID IN STEDE.”

> TEKS: RUTH SCHULTZ

Met hierdie statistiek het Jean-

Louis Gourbin (voormalige Uitvoerende Hoof: Bunge

Europa, Midde-Ooste en Afrika) die Bunge Afrika

Forum, wat gedurende Augustus in Johannesburg

aangebied is, se program ingelei. Hoe daar steeds

’n volhoubare voedselwaardeketting in Afrika geskep

kan word ten spyte van dié statistiese uitdaging

is deur Bunge, Senwes en ander kundiges van

verskillende dele in Afrika by die forum bespreek.

Afrika het die verantwoordelikheid om die wêreld

te help. “Die grootste uitdaging in die volgende 40

jaar is dat die wêreld 1,5 miljard ton meer graan en

oliesade gaan benodig. Dit is 70% meer as wat tans

geproduseer word,” het Alberto Weisser (Voorsitter

en Besturende Direkteur: Bunge Limited) tydens ’n

mediasessie by die forum gesê.

Volgens Weisser sal die volgende vier sleutel aspekte

in Afrika ’n volhoubare voedselwaardeketting

verseker:

• Vennootskappe met regerings,

landboumaatskappye, produsente,

insetverskaffers en finansieringsmaatskappye.

• Infrastruktuur.

• Winsgewendheid.

• Smart beleide (vryehandel en grondbesit is

belangrik).

“Ons het verlede jaar ’n gesamentlike onderneming

met Senwes gestig omdat ons in Afrika glo,” het

Weisser verduidelik. Die gesamentlike onderneming

het reeds kantore in Mosambiek, Malawi, Kenia en

Zambië geopen.

Francois Strydom (Besturende Direkteur: Senwes)

het by Weisser aangesluit en gesê dat vennoot skappe

soos dié van kardinale belang is om die waar-

Van die Bunge Afrika-forumgangers wat ingesit het op

die mediasessie is Japie Grobler (Voorsitter: Senwes),

Alberto Weisser (Voorsitter en Besturende Direkteur:

Bunge Limited), Francisco Ganzer (Besturende Direkteur:

sub-Sahara Afrika, Bunge EMEA) en Francois

Stry dom (Besturende Direkteur: Senwes).

deketting te ontwikkel. “Hierdie is ’n vennootskap

tussen Bunge, ’n multinasionale rolspeler wat die

ontwikkeling in verskillende streke van die wêreld

verstaan, en Senwes, ’n plaaslike rolspeler wat

ons plaaslike kennis asook ons eie 2020-strategie

gebruik om ons besigheid te internasionaliseer.”

Senwes is ernstig oor dié nuwe sake-onderneming

en dit is hoekom dié landbou maatskappy

die onderneming ’n langtermyn volhoubare

besigheid wil maak, “maar vir al die skakels in die

ketting om winsgewend te wees, moet Afrika eers

op globale vlak mededingend wees. In die verlede

was Afrika as ’n bestemming gesien, maar ons wil

Afrika nou die produksie- en verkrygingsbron maak,”

het Strydom gesê.

Ten einde te reageer op die groeiende proteïen-

en plantoliemark in Suid-Afrika is Bunge Limited

en Senwes Beperk besig om ondersoek in te stel

na die moontlikheid om ’n grootskaalse persaanleg

vir oliesaad in Suid-Afrika op te rig. Die mark sal

mettertyd ingelig word oor die vordering van dié

projek. S

Ruth Schultz is ’n gereelde medewerker vir Senwes

Scenario. Vir meer inligting, skakel haar by

(011) 869-4465 of stuur ’n e-pos na

ruth@infoworks.biz.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Mycofix ®

die-

Biomin Suid-Afrika,

MYCOTOXIN RISK

M A N A G

M Y C OF IX

E M E N T

Met Frontier ® Optima

is dit altyd mooiweer ...

... sodat jy die beste uit jou seisoen kan kry.

Met Frontier ® Optima kan jy jou seisoen voorspel omdat die gevorderde

tegnologie van die onkruiddoder jou in ’n verskeidenheid van gewasse,

verbeterde vooropkomsbeheer teen gras-, breëblaaronkruide en geeluintjies

gee, sonder dat jy aan seisoenale fl uktuasies blootgestel word.

Frontier ® Optima – Bly in beheer. Of dit nou reën, hael of skroei.

Frontier ® Optima Reg. No. L7011 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddeel: S-dimeteenamied 720 g / ℓ. Versigtig.

Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Frontier ® Optima is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF.

uppe marketing A07120/SS

’n Groep

opkomende produsente

wat die boeredag

bygewoon het.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Drie in ’n ry vir drie van die bestes

DIE OVERVAAL BONSMARA-GROEP,

IN SAMEWERKING MET SENWES EN

BAYER, HET OP 21 JULIE VIR DIE

DERDE AGTEREENVOLGENDE JAAR

’N UITERS GESLAAGDE BOEREDAG

AANGEBIED OP DIE PLAAS VAN HEN-

DRIK BEYERS (TIGANE BONS MARAS).

> TEKS: ELMARIE BEYERS

Die bywoning van nagenoeg

80 opkomende produsente het weer eens bewys

dat die jaarlikse boeredag van krag tot krag gaan.

Diegene wat die boeredag bygewoon het, het van

so ver as Polokwane en Theunissen gekom om na

die talle sprekers te luister en hul kennis rakende

Bonsmara-beeste te verbreed.

Johan du Toit (Bestuurder: Senwes Landboudienste)

en Castuff Sekgala (Veekundige: Senwes)

het die dag se lesings begin deur aan die hand

van praktiese illustrasies die noodsaaklikheid en

die gebruikswaarde van volledige en akkurate

hulpbronbeplanning (bepaling van drakrag en

kampstelsel) asook die belangrikheid van veerekordhouding

(“om te meet is om te weet”) te

verduidelik.

André Noeth en dr Phumzile Qwalela, onderskeidelik

’n Streeksbestuurder en Veearts verbonde

aan Bayer, het ook bygedra tot die dag se sukses.

Qwalela het onder andere oor die algemene gesondheid

van vee gepraat. Hy het ook oor die voordele

van Zeropar Aerosol uitgebrei. Zeropar Aerosol

is verantwoordelik vir die dood van bloubosluise,

beskerm vee teen lasvlieë, help met die genesing

van wonde, voorkom die infeksies van wonde en

bevat ’n kleurstof wat aanwending vergemaklik.

Daarna het Qwalela die produsente se aandag

opnuut vasgevang deur sy lesing met ’n vraag-enantwoord

sessie af te sluit.

Jantjie Manjedi, ’n opkomende produsent van

Mmabatho, het daarna vertel hoe hy op een hektaar

grond, met net ’n bul en ’n paar koeie, begin boer

het. Manjedi het sedertdien sulke groot vordering

in sy boerdery beleef dat hy eersdaags sy kudde as

stoet by Bonsmara SA gaan registreer.

Praktiese demonstrasies het na afloop van Manjedi

se lesing gevolg. Daar is op die keuringsproses

van beeste, wat deur Johan de Jager van die Overvaal

Bonsmara-groep en Senior Keurder van die Bonsmara-genootskap

behartig is, gefokus. ’n Paar van

die opkomende produsente is ook die geleent heid

gegun om self ’n aantal keurings te doen. Danksy

Senwes het die personeel van Axxon Tru Test ’n

demonstrasie behartig in verband met skale en die

belangrikheid van die weegproses beklemtoon.

Overvaal Bonsmara-groep bedank al die borge

opreg vir hul jarelange ondersteuning en volgehoue

hulp in verband met die boeredag:

• Senwes Bpk en Bayer vir ’n baie suksesvolle en

leersame dag.

• Bonsmara SA, vir die skenk van Bonsmarajoernale

en ’n geskiedenisboek wat aan die

hoofborge en sprekers oorhandig is. S

Vir meer inligting, skakel Elmarie Beyers by

(018) 431-2033 of stuur ’n e-pos na

beyersboerdery@lantic.net.>>

21

Johan (links),

sy seun, Riaan

Jurgensen en

Jaco de Beer,

al die pad van

Ventersdorp, het

die Weidingsdag

bygewoon.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

NUUS •••

Aangeplante weiding wat vet voer

’N GOED-AFGERONDE SPEENKALF KAN

JOU BEURSIE BEHOORLIK LAAT BULT,

MAAR MET AL DIE VERSKILLENDE

PRO DUKTE OP DIE MARK BLY

SOM MIGE PRODUSENTE STEEDS

WINSLOOS. PANNAR SE JAARLIKSE

WEIDINGSDAG HET EGTER AAN

PRODUSENTE DIE GE LEENTHEID

GEBIED OM HUL OPSIES TE HER OOR-

WEEG EN DIE BESTE KULTI VARS VIR

HUL BOERDERY AAN TE KOOP.

> TEKS: ANSONÉ VENTER

Pannar en NWK het op 5 Sep tember

saamgespan om van Weidingsdag 2012 ’n groot

sukses te maak. Die proefplaas buite Lichtenburg

Ansoné Venter is ’n gereelde medewerker vir S enwes

S cenario. Vir meer inligting, kontak haar by

(018) 468-2716 of stuur ’n e-pos na

ansone@infoworks.biz.>>

Corné van der

Westhuizen

(Agronoom:

Pannar Saad)

het die

produsente

meer oor

Pannar se

groenvoerpakket

vertel.

het vanjaar meer as 200 produsente van verskeie

streke gehuisves.

Kundige sprekers het produsente meer oor

die aanplant van weiding en die voordele van

hul aangeplante kultivars vertel. “Pannar se

Weidingsdag is die grootste van sy soort. Ons

probeer om jaarliks iets ekstra vir die produsente

wat dit bywoon, te gee,” het Jan Coetzer

(Weidingsprodukbestuurder: Pannar Saad) gesê.

Volgens Deon van Rooyen (Besturende Direkteur:

Pannar Saad) gaan kommersiële produsente in die

toekoms ’n belangrike rol in voedselsekuriteit speel.

Van Rooyen het klem gelê op die belangrikheid

van tegnologie in die saadbedryf en bygevoeg dat

Pannar deur middel van voortdurende navorsing

en ontwikkeling sal voortgaan om produkte van

hoogstaande gehalte aan hul klante te lewer. S

Produsente help mekaar

na brandskade

Produsente van die Groenebloem-boerevereniging

in die Viljoenskroon-distrik het altesaam 33 ton

mielies aan produsente in die Dewetsdorp-distrik

geskenk wat onlangs groot skade gely het weens

verwoestende veldbrande. Van die produsente het

100% van hulle weiding asook baie vee verloor. Peter

Southwood van Southtrans het die vervoer van

die vrag mielies na Dewetsdorp behartig. Op die

foto, van links na regs, is: AC Botma (Produsent en

Groenebloem-lid), Peter Southwood (Southtrans),

Coenie Venter (Produsent en Groenebloem-lid) en

Adam Allem (Allem Bros). S

23

24 ••• NUUS

Plaasveiligheid kry

hupstoot danksy Senwes

> TEKS: SENWES SCENARIO REDAKSIE

’n Agri Securitas Gholfdag

gehou by die Val de Grace Gholfbaan buite Parys

op 30 Augus tus, het R100 000 ten bate van die

veiligheid van produsente en plaas werkers ingesamel.

Fondse wat gedurende die dag ingesamel is, sal

gebruik word om van die inisiatiewe wat Agri Securitas

aanpak, te befonds. Die oprigting van valhekke

in die Vrystaat, traumaberadingswerkwinkels, verskaffing

van toerusting aan die SAPD en Agri SA

se Transformasie Kommunikasie Inisiatief, om net

’n paar te noem, vorm deel van die meer as 100

projekte wat Agri Securitas vanaf sy ontstaan in

1999 geloods het.

“Landbou is ons passie en daarom is Senwes

besorg oor die veiligheid van landbouprodusente,

hul gesinne en hul werkers. Teen hierdie agtergrond

is ek opgewonde daaroor dat Senwes en sy inset-

Monsanto-produkte en -tegnologie het nog altyd bygedra tot jou sukses. Soos ons chemiese ie iese se

produkte, ons gevorderde katoen-, groente- en mieliesaad, ons biotegnologie. Ons wil deel ee eel

wees van jou besigheid en die toekoms met sy vele uitdagings saam met jou aanpak. Uitdagings dag ag agin in ings gs

soos volhoubare landbou saam met uitstekende diens, kwaliteit produkte en rotsvaste waar waardes. arde des. s.

Jy kan op Monsanto vertrou ...

vir jóú sukses.

Meer oor Monsanto Maatskappy

Monsanto-maatskappy is ’n toonaangewende, globale verskaffer van tegnologiegebaseerde oplossings sings ngs en e en

landbouprodukte wat die produktiwiteit op die plaas en die kwaliteit van voedsel verbeter. Monsanto anto nto is

daarop gefokus om die kleinboere sowel as die grootskaalse boere by te staan om meer uit hul grond ro rond nd te

kry terwyl hul toenemend die wêreld se natuurlike hulpbronne, soos water en energie, bewaar.

Kliënte is welkom om ons kliëntedienslyn te skakel by 011 790-8201 of stuur ’n e-pos aan: customercare.sa@monsanto.com.

nsanto.com. m.

Om meer te wete te kom oor ons besigheid en ons verbintenisse, gaan na: www.monsanto.com. Volg ons bedrywighede op Twitter ® by

www.twitter.com/MonsantoCo, op Facebook ® ter

by www.facebook.com/MonsantoCo, of teken in op ons NewsRelease RSS Feed.

® by

’n Deelnemer slaan af tydens ’n onlangse Agri Secu ritas

Gholfdag ten bate van landelike beveiliging.

verskaffers weer eens kon saamwerk om dié netjiese

bedrag van R100 000 in te samel. Die landboubedryf

is bevoorreg om oor ’n organisasie soos Agri Securitas

te beskik, wat landelike bevei liging bevorder,”

het Francois Strydom, Besturende Direkteur van

Senwes, na afloop van die gholfdag gesê.

Volgens Japie Grobler, Voorsitter van die Agri

Securitas Trustfonds, was dit die grootste gholfdag

nóg wat deur Agri Securitas gereël is. Die aanbied

van gholfdae as ’n fondsinsamelingsgeleentheid is

een van die maniere waarop die trustfonds fondse

bekom. S

uppe marketing A06632SS

PROMOTIONAL ARTICLE: ADVANCE SEED •••

Lucerne seed

– be informed

ADVANCE SEED PROVIDES INSIGHT

INTO THE EFFECTIVE USE OF COATED

SEEDS WHEN SEEDING LUCERNE PAS-

TURES.

There is a big misunderstanding among

producers with regards to seeds, seeing as they

believe that there are less coated seeds in a 25 kg

pocket than there are in a 25 kg pocket of uncoated

seeds. Establishing stands that have the required

population is thus compromised as a result.

According to Niels Harmuth (Chief Agronomist: Advance

Seed) there are approximately 400 000 seeds

in a kilogram of uncoated lucerne seed, whereas

there is an approximated average of 220 000 seeds

in a kilogram of coated seed. This may vary slightly

depending on the size of the original seed before

coating.

Generally speaking, 25 kg of uncoated lucerne

seed is recommended to establish a one hectare

field or stand. This equates to approximately

10 000 000 seeds, broken down at 25 bags x

400 000 seeds per kilogram.

However, what is important to note is that three to

six months after sowing, a well-established lucerne

pas ture will present approximately 60 - 90 plants per

square metre with a total of 600 000 - 900 000

actual plants per hectare. The balance would either

have been crowded out or died due to natural

causes; in addition to this, approximately 5% of

seeds simply don’t germinate.

The essence of the matter is that a final stand of

60 - 90 plants per square metre is more than sufficient

to achieve optimum yields.

“Now let’s take coated seeds. After crunching

the numbers, when sowing 25 kg of Agricote-coated

lucerne seeds, the actual number of seeds sown

totals approximately 5,5 million per hectare,” adds

Harmuth. “The coating provides a more sustainable

seedling during the germination phase, as the nutrients

it requires are in the coating. As a result, the

final population of plants, three to six months after

planting, will also be at 60 - 90 plants per square

metre.”

According to Harmuth, Advance Seed has proven,

through qualified research, that there is simply

no need for a producer to plant more than 25 kg

of seed per hectare, whether the seeds are coated

or not. This being said, the following needs to be

taken into consideration: Seedbed preparation (fine

tilth), depth of planting as well as the availability of

moisture throughout the germination phase. If any

of the above is, for whatever reason, not achievable,

then, and only then, should consideration be given

to seeding at rates in excess of 25 kg per hectare,

for both coated and uncoated seeds.

He also adds that soil temperature during germination

is critical. Lucerne will germinate at low

soil temperatures, and ideal temperatures vary

between 10°C and 18°C. Seeds bedded in soil at

temperatures between 1°C and 5°C will take longer

to germinate (three to four weeks). During this period,

seedlings are subjected to unnecessary stress

and it is in such instances that coated seeds have an

advantage.

However, according to Harmuth, one should

avoid planting at these temperatures if possible. He

adds that accurate and even placement of seed is

critical to ensure a suitable total stand. Good seedto-soil

contact is enhanced when using Agricote

seed; something that rolling after sowing can also

improve significantly. S

For more information, contact Dean Miller (Group

Marketing: Advance Seed) at (011) 762-5261 or visit

http://www.advanceseed.com.>>

25

26 ••• NUUS

Johan du Plessis (Bestuurder:

Bultfontein Village) is

as Entrepreneur van die

Jaar aangewys. Die Beste

Meganisasie Aanbodtoekenning

het ook aan

Bultfontein Village gegaan.

Willie Dietrechsen

(Bestuurder

Meganisasie:

Senwes Village) is

die wenner in die

Groep Finansiële

Toekenningkategorie

en

het die Village

Meganisasieafdeling

se netto

wins met 1 330%

verhoog.

Knap gedaan,

personeel!

SENWES SE JAARLIKSE

PRESTASIETOEKENNINGSFUNKSIE VIR PERSONEEL

IS OP 7 SEPTEMBER BY DIE OUDITORIUM VAN DIE

NOORDWES-UNIVERSITEIT IN POTCHEFSTROOM

GEHOU. TYDENS DIE GESELLIGHEID IS DIE WENNERS

VAN DIE VERSKILLENDE KATEGORIEË

AANGEKONDIG EN MET ’N SERTIFIKAAT EN

KONTANTBEDRAG BELOON.

Grainlink se Bin Scraperspan

het met die Beste

Span-toekenning weggestap.

Van links staan: Thys

Albertse (Voorman),

Barend Botha (Assistent

Silobestuurder: Magogong),

Dawie Oberholzer

(Voorman) en Frik Boshof

(Instandhoudingsbestuurder).

Die Innovasieprys het aan

Ryno Viljoen (Ketelmaker:

Senwes Grainlink) vir sy

vervoerbandkatrol gegaan.

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Barry Hutchinson (Werkswinkelbestuurder, middel) het met die

Bedryfsuitnemendheidstoekenning weggestap. Gerhard Louw

(Bestuurder: Viljoenskroon Village, links) was in die derde plek en

Johan Smith (Besigheidsanalis: Senwes Credit) in die tweede plek.

Lizell van der Westhuizen (Bestuurder:

Graanbemarking) neem hier die BDtoekenning

in ontvangs van Francois

Strydom (Besturende Direkteur).

P 2653 WB

Puik vir watertafelgronde. Puik vir hoë potensiaal omgewingstoestande.

NUUS •••

Die Kliëntedienstoekenningwenner

was Ferdie Pieterse

(Bemarkingsbestuurder:

Heelwerktuie). Hier ontvang Ferdie

(links) sy toekenning van

Frans du Plessis.

Die Volhoubaarheidstoekenning

het aan

Dirk Theron (Bestuurder:

Hoopstad Village) gegaan.

Hoopstad Village is ook as

die Beste Gekombineerde

Winkel bekroon. S

Tel: +27 12 683 5700 www.pioneer.com

27

28 Fokus

op BREEK NUWE GROND D

Variasie van grondsuurheid

en ander grondchemiese elemente

’N BETEKENIS VOLLE

VARIASIE VAN

GROND SUURHEID

EN ANDER

GROND CHEMIESE

ELEMENTE KOM

BINNE LANDE VOOR

ASOOK BINNE ’N

GROTER STREEK

WAT TRADISIONEEL

AS HOMOGEEN

BESKOU EN

BESTUUR WORD.

> TEKS: BERNARD MULLER

Dit is nie vreemd dat daar

letterlik duisende hektaar grond is waar ’n

“standaard behande lingsresep’’ (“one-sizefits-all”)

vir plantvoeding en bekalking gevolg

word omrede die grondchemiese variasie

nie in ag geneem is nie. Met “standaard

behandelingsresep” word bedoel dat min

of meer dieselfde hoeveelheid kalk of

bemestingstowwe toegedien word binne ’n

plaas en selfs ook op verskillende plase binne

’n streek. ’n Mens kan die redenasie aanvoer

dat die werkswyse nie te ver verkeerd kan wees

nie, omrede dit tog goed gaan met van die produsente

wat wel die resepte volg en nie bekalk

of bemes volgens variasie nie.

Wat as ’n mens krities is en die vraag vra of

die “goed gaan” nie moontlik eerder “uitstekend

gaan” kon gewees het nie? ’n Ander

vraag is of dit regtig so goed gaan met al die

resep-volgelinge?

BESPREKING

Senwes Landboudienste lewer ’n omvattende

diens waar grondkartering gedoen word en

ruit patroon-grondmonsters geneem word.

Hierdie opnames identifiseer die ruim telike

verspreiding van grondfisiese en -chemiese

eienskappe binne landerye. Die gebruikswaarde

van hierdie inligting staan op drie bene,

naamlik die korrekte identifikasie van variasie,

interpretasie van inligting asook ’n optimale

behandelingsplan. Dit verg lang verduidelikings

om die variasie asook belangrikheid van al

die plantvoedingselemente en grondsuurheid

uiteen te sit, wat nie binne ’n eenmalige

tydskrifartikel geakkommodeer kan word nie.

Daar is gevolglik net gefokus op die variasie

van twee makro-elemente, naamlik fosfor en

kalium asook grondsuurheid wat pH (KCl) en

www.senwes.co.za • Oktober 2012

suurversadiging insluit. Die ander makro-elemente,

naamlik swawel, kalsium en magnesium asook

mikro-elemente soos boor, mangaan, molibdeen,

koper, yster en sink speel ook ’n belangrike rol en

moet nie as onbelangrik beskou word nie. Dit is

belangrik om te verstaan dat alles wat te doen het

met plantegroei en opbrengs in

sinergie moet wees en dat enige tekorte, oormaat

of wanbalans van die bogenoemde elemente

plante groei belemmer en opbrengs kortwiek.

Daar bestaan verskeie denkmodelle en filosofieë

oor bemestingsaanbevelings en opheffing van

grondsuurheid. Alhoewel daar raakpunte en ooreenstemmings

tussen sekere beginsels/metodes

mag wees, is daar ook teenstrydighede. Dit is

belangrik dat die produsent homself moet vergewis

of die beginsel/filosofie wat deur sy adviseur voorgehou

word op wetenskaplik beproefde beginsels

gegrond is of nie. Daar bestaan ook verskeie norme

en riglyne waarbinne die bogenoemde voeding -

stow we wat as voorbeeld gebruik is, asook grondsuurheid

beoordeel en gekategoriseer kan word.

Tabel 1 is ’n voorbeeld van hoe fosfor, kalium, %

suurversadiging en pH se ontledingsdata ingedeel

kan word in groepe volgens ’n bepaalde betekenis

of norm (die tabel is saamgestel uit inligting uit

verskeie bronne).

MATERIAAL EN METODES

8 059 bogrondmonsters is binne ’n radius van

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

BREEK NUWE GROND

Fokus

op

28 km by 27 verskillende produsente in die

Noordwes-Vrystaat op 61 plase op ’n ruitpatroon-

basis (grid basis) geneem. Die totale oppervlakte is

nagenoeg 18 000 hektaar. Mielies is die hoofgewas

op hier die hoëpotensiaal saaigrond wat oorwegend

uit watertafelgronde bestaan, met die gevolg dat die

bespreking ook rondom mielieverbouing ressorteer.

Die grondontledingsresultate van fosfor, kalium,

pH en suurversadiging is gegroepeer volgens die

uiteensetting in Tabel 1, waaruit sirkelgrafieke

geskep is wat die persentasiebydrae van elke

groepering aantoon. ’n Mens behoort ook te

aanvaar dat die resultate nie “te sleg” behoort te

wees nie omrede die produsente wat hierdie tipe

van opnames laat doen as ’n reël ’n hoë vlak van

bestuur handhaaf en die belangrikheid van goeie

grondgesondheid deeglik besef.

RESULTATE

Die belangrikheid van fosfor (mg/kg; Bray1), kalium

(mg/kg), pH (KCl) en suurversadigingpersentasie

asook die variasie daarvan wat binne die 18 000

hektaar waargeneem is, word kortliks bespreek.

FOSFOR

Fosfor is noodsaaklik vir die verdeling van selle

aan die groeipunte van plante se wortels onder die

grond asook vir die groeipunte van bogrondse groei.

vervolg op bladsy 30

TABEL 1: INDELING VAN FOSFOR, KALIUM ASOOK PH (KCI) EN % SUURVERSADIGING SE WAARDES

VOLGENS KATEGORIEË.

Indeling Fosfor mg/kg Kalium mg/kg Grondsuurheid % SV pH (KCI)

Laag >15 >60 Uiters suur >60 45 >180 Matig suur 20 - 30 4,3 - 4,5

Grondtekstuur kan bogenoemde norme beïnvloed

Effens suur

Bevredigend

10 - 20

0

4,5 - 5,0

>5,0

29

30

Fokus

op

Variasie van grondsuurheid en

ander grondchemiese elemente

vervolg van bladsy 29

BREEK NUWE GROND

Indien plante te min fosfor opneem, groei dit stadig

en raak verpot. Voldoende fosfor word benodig vir

vinnige en sterk wortelgroei sodat die plante die

ander plantvoedingstowwe en water in die grond kan

gebruik.

Fosfor

25 - 35

Fosfor

25 - 35

FOSFOR mg/kg

14%

Fosfor

>45

35%

7% 7%

Fosfor

>15

37%

Fosfor

15 - 25

Figuur 1: Sirkelfiguur van die variasie van fosfor en die

persentasie bydrae van elke indeling.

Beide fosfor en kalium se indelings/norme moet

binne die konteks van die spesifieke gronde se kleiinhoud

beoordeel word. Meegaande bespreking is

ter wille van eenvoud gestandaardiseer met die aanname

dat die kleipersentasie in die bogrond

min der as 12% is. Die laagste waar des is 2,4 mg/kg

en die hoogste 74 mg/kg met ’n gemiddeld van

28 mg/kg. Volgens Figuur 1 is dit duidelik dat

daar 7% of 1 260 hektaar was waarvan die fosfor

as laag beskou kan word en dringende aanvulling

vereis. Onder hier die toestande kan plantegroei en

oesopbrengs sonder twyfel nadelig beïnvloed word.

37% of 6 660 hektaar was medium wat ook ’n

addisionele fosforaanvulling benodig buiten die fosfor

wat normaalweg in die bemes tingsprogram ingesluit

word. 35% of

6 300 hek taar se fosfor is medium-hoog en onderhouds

bemesting van fosfor kan hier as voldoende

beskou word. 21% (14% + 7%) of 3 780 hektaar

was hoog tot baie hoog met voldoende fosfor.

KALIUM

Kalium speel ’n belangrike rol by die plantsappe

binne-in die plantselle, deurdat dit die plant help

om sekere ander stowwe te vervaardig wat belang -

rik is vir groei. Kalium aktiveer ensieme en verrig

ook ’n belangrike funksie by verbeterde weerstand

teen siektes, koue en droogtetoestande. Voldoende

K-opname deur die plante bewerkstellig goeie stamsterkte,

graankwaliteit, graanvorming, houvermoë en

grootte van graan.

Kalium

>180

Kalium

120 - 180

KALIUM mg/kg

20%

Kalium

>60

44%

1%

5%

Kalium

60 - 80

30%

Kalium

80 - 120

Figuur 2: Sirkelfiguur van die variasie van kalium en die

persentasie bydrae van elke indeling.

Die laagste waardes is 21 mg/kg en die hoogste

572 mg/kg met ’n gemiddeld van 145 mg/kg.

Volgens Figuur 2 is dit duidelik dat 1% of

180 hek taar se kalium baie laag is en dringende

www.senwes.co.za • Oktober 2012

www.infoworks.biz

aanvulling/regstelling word vereis. 5% of 900 hektaar

se kalium is as medium geïdentifiseer en

dringende aanvulling word ook hier benodig. 30%

of 5 400 hektaar se kalium is medium-hoog en ’n

mens kan steeds kalium in die bemestingsprogram

insluit onder hoë potensiaal toestande. 44% of

7 920 hektaar kan as hoog geklassifiseer word

en daar kan selfs nog oorweeg word om met

’n klein bietjie kalium (10 kg) te plant, veral by

waardes nader aan die 120 mg/kg waardes onder

hoëpotensiaal toestande. 20% of 3 600 hektaar

se kalium kan as baie hoog beskou word en geen

addisionele kaliumaanvulling word benodig indien

mielies aangeplant sou word nie.

PH (KCI)

Alhoewel die waterstof-ioon konsentrasie logaritmies

toeneem soos wat die pH verlaag, is dit nie regtig

die pH wat die groei en ontwikkeling van plante

benadeel nie, maar die aluminium (asook mangaan)

in die grond wat by lae pH oplosbaar is en die

opname-kanale in die wortels blok sodat kalsium nie

opgeneem kan word nie. Aktiwiteite van natuurlike

mikrobes word ook belemmer óf kom selfs tot

stilstand onder suur grondtoestande. Sodoende is

skadelike fungi geneig om die aktiwiteite van nuttige

mikrobes oor te neem.

In suurgrond verbind fosfate met aluminium en

yster om komplekse verbindings te vorm wat nie

geredelik vir die plant beskikbaar is nie. Dit staan

bekend as fosfor-vaslegging. Met ander woorde,

daar ontstaan ’n kunsmatige tekort aan fosfate.

Hou in gedagte dat fosfaat die duurste makrovoedingselement

is.

Die laagste pH (KCl) waardes is 3,5 en die hoogste

7,3 met ’n gemiddeld van 4,66. 1% of 180

hektaar se pH is tussen 3,5 en 3,8 en val binne

die indeling van baie sterk suur. Ernstige opbrengsverliese

kan onder hierdie omstandighede verwag

word. 9% of 1 620 hektaar se pH is in die kate gorie

van sterk suur wat tussen ph 3,81 en 4,0 is. Hierdie

situasie is ook nie wenslik vir plantegroei nie en

Afrika se spil van sukses

Vanaf 1994

BREEK NUWE GROND

pH

>5,1

pH

4,51 - 5,0

pH (KCI)

pH

3,5 - 3,8

20%

29%

1%

9%

pH

3,81 - 4,0

17%

24%

Fokus

op

pH

4,31 - 4,5

pH

4,1 - 4,30

Figuur 3: Sirkelfiguur van die variasie van pH en die

persentasie bydrae van elke indeling.

dringende regstelling sal moet plaasvind.

24% of 4 320 hektaar se pH is tussen

4,1 en 4,30 wat as suur ingedeel

is. Opbrengsverliese kan verwag word

en opheffing van grondsuurheid sal

moet plaasvind. 17% of 3 060 hektaar

se pH is as matig suur ingedeel. Ten einde

volhoubaar te produseer, sal bekalking ook

hier moet plaasvind. 29% of 5 220

hektaar se pH is tussen 4,5 en 5 wat as

effens suur beskou kan word. ’n Mens kan

verwag dat kalk ook benodig gaan word op

veral die ontledings waar die pH-waardes

minder as 4,8 is. Slegs 20% of 3

600 hektaar se pH het meer as 5,0

ontleed wat as bevredigend beskou

kan word. Die bespreking van pH

is heelwat vereenvoudig en die pH,

suurversadiging, kalsiumvlakke asook

magnesiumvlakke moet in ag geneem

word (veral by hoë pH-lesings van 4,7>)

om ’n ingeligte besluit rondom

bekalking te neem.

vervolg op bladsy 33

PASSIEVOL OOR ’N SPILPUNT!

By SENTER 360 is spilpunte vir ons ’n passie. Juis daarom bou ons nie net

’n buitengewone sterk en taai struktuur nie – ons bestee ook heelwat tyd en

aandag aan die klein besonderhede wat ’n groot verskil aan jou dag kan

maak soos ’n standaard I-Wob sprinkelpakket en ’n patent wat

die laaste spuite permanent skoonhou!

Tel: +27 (18) 469-1331

E-pos: info@senter360.co.za

www.senter360.co.za

31

Variasie van grondsuurheid en

ander grondchemiese elemente

vervolg van bladsy 31

% SUURVERSADIGING

Aluminium (Al) en waterstof (H), ook genoem uitruilbare

suur, bepaal hoe hoog die suurversadiging

is tesame met ander basiese katione, naamlik

kalsium, magnesium, kalium en natrium.

% SV

21 - 30

% SV

10 - 20

% Suurversadiging

% SV

31 - 40

1%

2%

10%

34%

% SV

41 - 50

20%

33%

Figuur 4: Sirkelfiguur van die variasie van suur versadiging

en die persentasie bydrae van elke indeling.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

% SV

1 - 10

% SV

0

Die laagste suurversadiging is nul en die hoogste

67% met ’n gemiddeld van 9,35%. Net soos pH kan

suurversadiging ook nie net in isolasie beoordeel

word nie omrede ander elemente soos kalsium,

magnesium, kalium en natrium ook ’n belangrike rol

speel in die besluitnemingsproses. Die bespreking

wat volg is ook ietwat vereenvoudig ter wille van

praktiese verduideliking. 33% of 5 940 hektaar se

suurversadiging was nul wat as bevredigend beskou

kan word en teoreties geen kalk benodig nie. 8% of

1 440 hektaar se suurversadiging is 1% - 5% wat

ook onder die definisie van bevredigend ressorteer

en ook nog nie groot hoeveelhede kalk benodig nie.

12% of 2 160 hektaar se suurversadiging is

5% - 10% en die waarskynlikheid is goed dat daar

wel meriete in sal wees om te bekalk. 34% of

6 120 hek taar se suurversadiging is tussen 10%

en 20% wat as effens suur beskou kan word.

Opbrengs verliese kan in die situasie verwag word

en bekal king is noodsaaklik. 10% oftewel 1 800

hektaar se suurversadiging is tussen 20% en 30%

wat as matig suur beskou kan word. Betekenisvolle

opbrengsverliese kan verwag word en bekalking

BREEK NUWE GROND

Fokus

op

moet vinnig aandag geniet. 3% of 540 hektaar

se suurversadiging is meer as 30% wat opbrengs

ernstig kan kortwiek en bekalking is uiters

noodsaaklik.

SLOTOPMERKINGS

Die gemiddelde waardes uit die 8 059 bogrondontledings

is 28 mg/kg vir fosfor, 145 mg/kg vir kalium,

pH (KCl) 4,66 en suurversadiging 9,35 wat as

redelik bevredigend beskou kan word vir mielieverbouing.

Hierdie waardes is opgemaak uit

lae/swak ontledingsresultate asook hoë/goeie

ontledingsresultate wat dan “goeie” gemiddeldes

gee. Dieselfde tendens van variasie word ook as ’n

reël binne lande en plase waargeneem. Stikstofbehoefte

word bepaal deur die grond poten siaal,

klimaat en die mikpuntstelling. Kombineer die

fout faktor wanneer konstante stikstoftoedienning

plaasvind sonder om die grondpotensiaal, wat baie

binne lande wissel, in ag te neem, tesame met ’n

situasie waar die ander elemente soos die variasie

van fosfor en kalium ook nie volgens variasie

bestuur word nie. Die antwoord is dan “standaard

behandelingsresep’’ wat nie die werklike behoeftes

aanspreek nie en nie die werklike grondpotensiaal

kan ontsluit nie. Bemestingskoste maak maklik

30% - 35% uit van die direkte produksie koste.

Die gemiddelde bemestingskoste vir ’n mielieopbrengsmikpunt

van 5,5 ton/ha is tans in die orde

van R2 200/ha. Indien die 18 000 hektaar wat in

die artikel ter sprake is met die bemestingskoste

van R2 200/ha vermenigvuldig word, is dit ’n bedrag

van R39,6 miljoen – genoeg om oor deeglik te gaan

nadink. S

Die artikel is saamgestel deur Bernard Muller

(Bestuurder: Akkerbou en Grondkartering, Senwes

Landboudienste). Skakel hom by 083 458 1293 vir

meer inligting. >>

Die volgende persone kan gekontak word vir meer

inligting rondom grondkartering en ruitpatroongrondmonsterneming:

• Noordwes-Vrystaat – Jacques Odendaal: 083 458 1296

• Sentraal-Vrystaat – Pieter Snyman: 082 302 3992

• Noordwes en Gauteng – Almero Olwagen: 083 320 0599

Dankbetuigings:

• Produsente wat Senwes Landboudienste getrou ondersteun.

• LNR-Kleingraansentrum vir die grondontledings.

• Jacques Odendaal van Senwes Landboudienste wat die

grondmonsters fisies geneem het.

33

34

Fokus

op

BREEK NUWE GROND ND

Wat kan

ek verwag

tydens

planttyd?

VERBRUIKERS IN DIE NOORDELIKE

HALFROND SAL HUL GORDELS STYF

OM DIE MAAG MOET TREK TEN EINDE

HULSELF DEUR TE SIEN TOT DIE

VOLGENDE SEISOEN. DAAR WORD

NOU STAATGEMAAK OP DIE SUIDELIKE

HALFROND OM TOT DIE REDDING

TE KOM; DIT IS EGTER ’N GROOT

TAAK. WÊRELDVOORRAAD SAL DUN

GESMEER BLY VIR DIE VOLGENDE

TWAALF MAANDE.

> TEKS: THEO VENTER

BYDRAE TOT WÊRELDMIELIEPRODUKSIE

3%

13%

11%

7%

30%

36%

Noord-Amerika Ander

Oos-, Suid- en

Suid-Amerika

Suidoos-Asië

Europa en voormalige Sub-Sahara Afrika

Sowjetunie

Brasilië en Argentinië dra slegs

12% van die wêreldmielieproduksie by en selfs

rekordoeste hier sal slegs ’n druppel in die emmer

wees. Die hele Suidelike Halfrond dra minder as ’n

kwart tot die wêreld se mielieproduksie by.

Die kanse is goed dat pryse stewig sal bly, selfs

tydens die Suidelike Halfrond se produksieseisoen.

Met planttyd om die draai, kan plaaslike produsente

dus breed glimlag oor graanpryse asook oor

die vooruitsigte vir ’n kookwater-seisoen.

As die weer ook nog gunstig is, sal daar van hoek -

paal tot hoekpaal geplant kan word. Die oppervlak

onder mielies het reeds verlede jaar met ’n indrukwekkende

14% uitgebrei tot 2 699 200 ha. Daar

sal waarskynlik nog meer mielies in die komen de

seisoen geplant word. Gedurende die laaste tien

jaar was die grootste oppervlak onder mielies die

3 184 950 ha in 2003. Die daar opvolgende nege

jaar het egter nie die 2 900 000 ha-merk oorskry

nie. Sojabone is op rekordoppervlakte geplant vir die

OPPERVLAK ONDER MIELIES, SOJABONE

EN SONNEBLOM

Totale mielies Sojabone Sonneblom

vervolg op bladsy 36

www.senwes.co.za • Oktober 2012

36

Fokus

op

BREEK NUWE GROND

Wat kan ek verwag tydens planttyd?

vervolg van bladsy 34

afgelope drie jaar. Sonneblom se aandeel hang van

die prysverhouding met mielies en sojabone af.

Die Julie-termynkontrak lok die meeste belangstelling.

Die prys van die kontrak tydens planttyd

bepaal tot ’n groot mate hoeveel geplant sal word.

Die onderstaande grafiek toon hoe die hoë Juliepryse

aanplantings ook verhoog. Indien die Julie

2013-kontrak met vorige seisoene vergelyk word,

staan dit kop en skouers bo die ander uit.

GEMIDDELDE JULIE-PRYS TYDENS PLANTTYD

Jul 08 Jul 09 Jul 10 Jul 11 Jul 12 Jul 13

OPPERVLAK GEPLANT

Produsente sal egter nog kopkrap oor watter gewas

om te plant. Meksiko het verlede seisoen

1 162 100 ton witmielies en hierdie seisoen al

484 238 ton witmielies tot einde Augustus ingevoer.

Meksiko sal na alle waarskynlikheid egter nie

meer smag na Suid-Afrika se witmielies nie. Die

Meksikane se oes kan tot soveel as 22 miljoen

ton wees, na droogte die vorige oes tot ’n skamele

18,1 miljoen ton geplunder het. Dit beteken hulle

sal genoeg produseer vir hul tortillas en slegs

geelmielies invoer vir veevoer. Witmieliepryse kan

dus laer as die van geelmieliepryse verhandel. Die

wêreld sal egter nie so vol fiemies wees wat die

kleur van mielies betref nie, aangesien daar maar

min beskikbaar is. Misoeste in Afrika kan ook die

situasie verander.

Mieliepryse is baie aanloklik, maar sojaboonpryse

is selfs meer indrukwekkend en kan ’n paar hek taar

by mielies afneem. Verlede jaar is 472 000 ha

geplant, maar die komende seisoen sal waar skynlik

nog rekords laat spat. Plaaslike verwerkingskapasiteit

is besig om uit te brei, maar nie so vinnig

as wat aanvanklik verwag is nie. Ten spyte hiervan is

daar nog ’n groot vraag uit die buiteland. Veral die

Midde-Ooste en Suid-Asië sal wil weglê aan Suid-

Afrika se soja.

DIE VRAAG NA SA SE SOJABONE

Gepers vir olie en oliekoek Uitvoere

Sonneblom bly nog ’n goeie opsie vir vroeë aan plantings

en produsente kan probeer om van die stewige

Maartpryse gebruik te maak. Met die Maartprys

nog ongeveer R750 bo dié van Meimaand, sal

produsente graag vroeër wil lewer. Reën het

reeds vroeg in Septembermaand geval, wat vroeë

aanplantings aangehits het.

Op die oomblik is daar nog min sekerheid oor wat

die weer vir die seisoen inhou. Produsente sal egter

steeds reeds hul planters begin afstof soos wat ’n

blink seisoen op die horison wink. S

Theo Venter is ’n Graananalis by Senwes Grainlink. Vir

meer inligting, skakel hom by (018) 464-7723 of stuur ’n

e-pos na theo.venter@senwes.co.za.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

BREEK NUWE GROND

Promosie-artikel: Efekto

Waterbesparingswenke

vir jou grasperk en tuin

In die somermaande verdubbel

munisipale waterverbruik. Dit is die seisoen wanneer

Suid-Afrikaners hulle grasperke en tuine natmaak

en hierdie someraanvraag plaas enorme druk op

munisipale waterstelsels. Soos watervoorrade

verminder gedurende tydperke van lae reënval, moet

sommige munisipaliteite waterbeperkings verklaar

wat die natmaak van grasperke en tuine betref.

Deur die volgende handige wenke toe te pas, kan

jou grasperk en tuin droogtetoestande hanteer

en kan jy terselfdertyd die vermorsing van water

verminder:

• Hou altyd die hoeveelheid reën in gedagte. Gebruik

’n Efekto-reënmeter op die werf om jou

te help om reënval te monitor (maak dit een keer

per week leeg). Alhoewel die gemiddelde tuin

25 mm water per week benodig, kan die wenke

hierlangsaan gevolg word om te bepaal hoeveel

water bygevoeg behoort te word. Dit is ook ’n

Vir meer inligting, skakel Nico van der Westhuis by

031 700-1024 of stuur ’n e-pos na

nicovdw@efekto.co.za.>>

Fokus

op

goeie idee om enige waterbeperkings wat in jou

area mag geld, in gedagte te hou.

• Gee water in die vroeë oggend asook voor 09:00 in

die voormiddag om verdamping en die skroei van

blare deur die son te verminder. Lei op wind stil dae

nat om “wind drift” en verdamping te voorkom.

• Stel jou Efekto-sproeier om harde oppervlaktes

soos opritte en patio’s te vermy.

• Lei stadig nat om afloop te vermy en om te ver se -

ker dat die water deur die grond geabsorbeer word.

• Gaan gereeld jou tuinslangtoerusting en

besproeiingsisteem na vir lekkasies of blokkasies.

• As jy ’n Efekto-sproeier kies, kies een wat naby

aan die grond bespuit. Die gebruik van ’n Efekto-

“timer” saam met die Efekto-sproeier sal ook

help om die vermorsing van water te bestry. S

37

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

BREEK NUWE GROND

Promosie-artikel: SKF

SKF-landboureeks

– waarom nie?

SKF BIED ’N VERSKEIDENHEID

KOEËL LAERS (BEARINGS), SEËLS,

KRAG TRANS MISSIES EN OLIE-

SME RINGS PRODUKTE AAN DIE

LANDBOUSEKTOR. SENWES IS EEN

VAN DIE AMPTELIKE LANDBOUVER-

SPREIDERS VAN SKF-PRODUKTE. MET

AGENTE REGOOR DIE LAND, STREEF

ONS DAARNA OM VOLHOUBARE DIENS

AAN DIE LANDBOUSEKTOR TE LEWER.

SKF Y-koeëllaers, ook bekend

as invoegselkoeëllaers, is basies verseëlde diepgroef

koeëllaers in die 62- en 63-reeks wat ’n

konveksie buitering bevat. Hierdie koeëllaers word

in verskillende groottes vervaardig en is beskikbaar

met ’n standaard binne- of buitering wat verleng is

aan albei kante. Die verskeidenheid invoeringsreeks

verskil in so ’n mate dat die koeëllaer op die skag lê.

Koeëllaers vervul ’n uiters belangrike rol in die

werksomgewing waarin dit gebruik word. Verminderde

wrywing veroorsaak dat masjinerie makliker werk

asook minder krag en smering gebruik. SKF is

voortdurend besig met verbeterde werksverrigting

ten einde effektiewe produkte en toerusting aan

die mark te voorsien. Die vervaardigingstegnieke

van SKF word só beplan en geïmplementeer dat

dit beskerming aan natuurlike bronne verleen. SKF

verbind hulle tot omgewingsvriendelike, volhoubare

en verantwoordelike groei.

Verhoog landbouproduktiwiteit deur van SKF Agri

Hub vir planterkouters gebruik te maak.

• Geen hersmering.

• Verhoog produktiwiteit met 150%.

• Uitgawes verminder met 30%.

• Bestuurskoste verminder tot met 90%.

• ’n Oplossing wat omgewingsvriendelik is.

• Maklike instandhouding.

• Koste-effektief.

• Verkoopsvoordele:

- Verhoog landbouproduktiwiteit.

- Maklike installering en vervanging.

Fokus

op

Die SKF Agri Hub is ’n volledige eenheid wat beide

geseël en geghries is vir ’n leeftyd lank. S

Vir meer inligting, skakel u naaste Senwes Village

onderdele afdeling, of ons produkbestuurder, Pieter

Redelinghuys by (018) 464-7320 of stuur ’n e-pos na

pieter.redelinghuys@senwes.co.za.>>

39

40

Fokus

op

BREEK NUWE GROND

Op julle merke,

gereed, plant!

DIE EERSTE TEKENS VAN REËN

IS AL IN DIE LUG EN DAAR WORD

GEWERSKAF OM DIE GROND VIR DIE

KOMENDE PLANTSEISOEN VOOR TE

BEREI. DAAR IS EGTER ’N PAAR DINGE

WAARAAN AANDAG GEGEE MOET

WORD VOORDAT DIE PLANTSEISOEN

AANBREEK.

> TEKS: PIETER VAN EEDEN EN RIAAN BOTES

Uit ’n werkswinkel-oogpunt is

die belangrikste hiervan die onderhoud van werktuie.

Dit is raadsaam vir ’n produsent om sy trekkers

vroegtydig, verkieslik voor die aanvang van die

plantseisoen, te diens en te hersien. Onnodige

probleme wat vroegtydig voorkom kan word,

veroorsaak gewoonlik ’n lang staantydperk van

werktuie, wat weer ’n ongelukkige produsent tot

gevolg het.

TREKKERS

Produsente moet eerstens ’n lys opstel van al die

toerusting wat benodig word vir planttyd en elkeen

se huidige toestand asook die vorige seisoen se

probleme daarmee op die lys aanbring sodat hulle

die nodige voorbereiding of herstelwerk kan doen.

Gaan die dienstydperke van trekkers na en maak

seker alle dienste is gedoen voor die aanvang van

die plantseisoen. Belangrike aspekte waarop gelet

moet word, is veral die inlaat- en verkoelingstelsel.

Lugfilters moet ook nagegaan word vir diens baarheid.

’n Lugfilter wat vuil en vol stof is, gaan nie

die hele seisoen hou nie. Vervang dit dadelik as

’n stel, met ander woorde beide die primêre en

sekondêre filters. Onthou die goue reël: As jou neus

toe is, kry jy nie asem nie; dieselfde geld vir jou

vervolg op bladsy 43

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Wanneer dit by

groei kom, moet

jy groot dink …

Deur samewerking waar ons kennis en idees uitruil, streef ons voortdurend daarna om aan

jou innoverende, kwaliteit oplossings te bied. Sodoende kan jy en jou gewasse jul volle

potensiaal behaal. BASF bied jou, as produsent, die voordeel van globale kundigheid in

diverse industrieë. Terselfdertyd kry jy toegang tot wêreldklas innovasie en wetenskap,

want … as produsent, is jy die middelpunt van ons bestaan; is jou volhoubare sukses ook

ons sukses.

BASF - Bereik jou volle potensiaal.

BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk Sestiendestraat 852, Midrand, 1685Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

uppe marketing A07122/SS

Op jul merke, gereed, plant!

vervolg van bladsy 40

enjin se lugfilters. Gaan ook klampe van inlaatpype

na, aangesien dit as ’n risiko beskou word waar

stof die enjin kan binnegaan en die enjin sodoende

beskadig.

Daar bestaan by sommige produsente die

gewoonte om lugfilters skoon te blaas; dit is egter

nie ’n goeie praktyk nie. Hoewel jy geld spaar deur

nie ’n nuwe filter te koop nie, word die stof steeds

deur saamgeperste lug deur die papier-element

van die filter forseer en beskadig dus só die filter.

Mettertyd word die papier só erg beskadig dat groot

stofdeeltjies deurgelaat word. As die sekondêre

filter dit nie meer kan hanteer nie, gaan stof in

die enjin ingesuig word en die enjin erg beskadig.

’n Beskadigde enjin wat binne ’n kort tydsperiode

herstel moet word, sal hoë koste tot gevolg hê.

Die verkoelingstelsel is ook baie belangrik.

Verskeie produsente verkeer onder die wanindruk

dat ’n verkoelingsmiddel slegs in die winter benodig

word, maar in die somer is die verkoelingsmiddel

net so belangrik. Dit hou die enjin skoon van roes

en beskerm die verskillende komponente daarvan.

Die verkoelingsmiddel verhoed ook lugborrels wat

die suiers laat deurput en sodoende water in die olie

laat beland. Dit laat ook die enjin koeler luier, wat

weer enjinkomponente se slytasie verminder. Maak

seker dat die verkoelerprop en v-belt nie beskadig

is nie en dat die verkoeler nie toegepak is met stof

en blare nie. Maak ook baie seker dat waterpype

behoorlik vasgeklamp is en nie teen die trekker se

raam of ander komponente kan deurskuur nie.

Gaan die turbine na vir eksterne olielekkasies wat

moontlik kan aandui dat die turbine foutief is. Die

enjin moet ook nagegaan word, sodat alle olielekkasies

wat seëls en pakstukke (“gaskets”) benodig,

herstel word. Herstel ook enige diesellekkasies om

te verhinder dat stof daar aanpak en sodoende

brand stof vermors, wat uiteindelik jou brandstofkoste

gedurende die seisoen gaan verhoog. Dit is ook ’n

goeie idee om jou herstelwinkel opdrag te gee om

die masjien se inspuiters (“injectors”) elke 2 000

enjinure te toets en te herstel indien nodig. Dit is

ook dieselfde aantal ure waarop klepspeling (“valve

clearance”) nagegaan en verstel moet word. Ten

einde ’n lang enjinlewe te verseker, is dit absoluut

noodsaaklik dat die herstelwerk deur korrek-op geleide

persone hanteer en gedoen word.

Gaan hidrouliese- en transmissie-olie na vir die

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

BREEK NUWE GROND

Fokus

op

korrekte vlakke asook vir diensbaarheid. Hidrouliese-olie

wat vir ’n lang tydsperiode in diens is,

verloor nie net smering nie, maar veroorsaak

ook slytasie van hidrouliese komponente asook

transmissiekomponente en sy-aste. Die koste vir die

aankoop van olie en filters is goedkoper as die koste

met betrekking tot die staantyd van trekkers asook

die aankoop van onderdele vir die herstel van ’n

groot meganiese fout.

Gaan lugversorgerfilters na en vervang dit indien

nodig. ’n Filter wat met saamgeperste lug skoongemaak

word, word mettertyd beskadig en dit gaan

vir seker ander komponente nadelig affekteer en

beskadig. Maak ook seker dat die lugversorging

voldoende werk, sodat dit betyds herstel kan word

indien dit foutief is.

PLANTERS

’n Planter is ’n baie belangrike werktuig vir die

korrekte plasing van saad asook kunsmis. Indien

voorafplasing nie gedoen word nie, word die kunsmisapplikasie

deur die planter hanteer en moet

bakke en awegare ook sodoende nagegaan word.

Die belangrikste is dat die saaduitmeet meganis

me nagegaan word. Jou Senwes handelaar kan

dit nagaan, toets en herstel voor die plantseisoen ’n

aanvang neem, of jy kan self seker maak dat dit reg

is. Op ’n vingeruitmeetmeganisme is dit belangrik om

te kyk dat al die vingers heel is en dus nie geslyt is

vervolg op bladsy 44

43

44

Fokus

op

BREEK NUWE GROND

Op jul merke, gereed, plant!

vervolg van bladsy 43

nie asook dat al die veertjies wat hulle bymekaar hou,

nie gebreek is nie. Die “papbord” waarop die vingers

loop, moet ook nie weggeslyt wees nie. Laastens

moet die speling op die vingers korrek wees en die

koppelaar wat die meganisme aandryf, mag nie geslyt

wees nie; dus wanneer die uitmeetmeganisme en

bak aanmekaar is en in die planterraam gesit word,

moet die koppelaar se vingers met die aandryfrat se

vingers oplyn.

By vakuumplanters is die uitmeetmeganisme net

so belangrik. Maak seker dat saadplate nie te veel

weggeslyt is nie en dat die rubberseël wat vir die

vakuum op die bak verantwoordelik is, onbeskadig is

en behoorlik seël. Indien jy twyfel, vervang die rubber.

Gaan ook die dubbel-illuminator na en maak seker

dat dit so verstel is dat dubbelpitte afgeslaan word,

maar wel ook dat dit nie al die pitte afslaan nie.

Soos die geval met die vingerplanter, het die

vakuumplanter ook ’n koppelaar wat koppel na die

ry-eenheid vir aandrywing. Die koppelaar moenie te

veel geslyt wees nie, terwyl daar ook seker gemaak

moet word dat die koppelaar se vingers, waar dit

koppel met die rat se vingers, behoorlik oplyn, die

vingers oormekaar klim en gaan daar probleme met

plantestand wees.

Laastens is dit ’n goeie praktyk om die vakuumblaser

oop te maak en dit behoorlik skoon te maak.

Die talkpoeier en gif op die saad is geneig om ’n

taai aanpaksel binne die blaser te vorm, dit uit

balans te gooi en sodoende die blasermotor te

beskadig. Wanneer daar met ’n John Deere masjien

gewerk word, moet daar ook seker gemaak word dat

die blasermotor se pype wat op die trekker koppel,

wel die korrekte hidrouliese koppeling met die

pennetjie bevat waar dit met die trekker koppel.

Spuit aandryfkettings vroegtydig met kettingolie

(“chain lube”) of laat lê dit in diesel, sodat die

kettings los en vrylik oor die ratte kan beweeg.

Die moontlike spring van kettings word sodoende

verhoed, terwyl die plantestand ook nie beïnvloed

word nie. Gaan jou handleiding na vir die hoeveelheid

plante wat jy per hektaar wil plant en doen die

kalibrasie daarvolgens; die boek is net ’n riglyn. Die

belangrikste is egter om die kalibrasie in die land na

te gaan.

’n Planter se trekstang moet ten alle tye oplyn

met die trekker se trekstang, anders is die ry-

eenhede geneig om te “bulldose” of te diep te loop.

Gaan alle laers na voor die begin van die seisoen

sodat dié wat riskant is, vervang kan word voordat

dit jou in die steek laat. Maak ook seker vanwaar

jy die kunsmis en saad wil toedien, en gaan elke ry

na. Verstel die saaddiepte en maak seker dat die

drukvere van ry-eenhede reg is.

Terwyl jy plant, gaan ry-eenhede na en maak

seker dat saadbakke gelyk leeg word; maak ook die

saadbuise gereeld skoon. Indien jy ’n saadmonitor

gebruik, toets dit vooraf en sorg dat dit korrek werk.

PRESISIETOESTELLE

Voordat jy begin werk, sorg dat jy die tydperk vir wat

die sein nog geaktiveer is, nagaan, en koop betyds

nuwe sein vir die tydsperiode wat jy wil werk.

WERKSWINKELS

Senwes werkswinkels is gerat vir die komende

seisoen en sal gedurende planttyd langer ure oop

bly om tot die produsente se diens te wees. Diens

en herstel masjiene vroegtydig, sodat wanneer

planttyd ’n aanvang neem, daar nie ’n oponthoud is

met masjiene wat by die werkswinkels staan nie.

’n Aksie is geloods om die voorraadvlakke te

verhoog, veral nou met John Deere se pakhuis wat in

die proses is om te verhuis. Dit sal verseker dat jou

Senwes handelaar altyd voorraad beskikbaar sal hê.

Die nagaan van alle John Deere produkte kan

vergemaklik word deur tegnikusse na die plaas te

stuur en saam met die produsent en operateur

die betrokke toerusting te ondersoek en só alle

herstelwerk te doen.

Die onderdele-afdeling het ook ’n groot aantal

John Deere planter-aanlegstukke bestel, wat reeds

op ’n allokasiebasis aan sekere klante se name

gekoppel is. S

Riaan Botes is die Werkswinkelbestuurder by Senwes

Village: Bultfontein. Vir meer inligting, skakel hom by

078 450 6849 of stuur ’n e-pos na

Bultfontein.werkswinkel1@senwes.co.za.

Pieter van Eeden is die Werkswinkelbestuurder by Senwes

Village: Bothaville. Vir meer inligting, skakel hom by

074 282 8695 of stuur ’n e-pos na

bothaville.werkswinkel01@senwes.co.za.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

46 ••• SENWES VILLAGE: FOCUS ON EFEKTO'S GARDENING RANGE

Green fingers

for sale!

Keith Kirsten’s

garden tips

Have the right tools to garden with. Essentials

are: spade, fork, hand trowel, secateurs, loppers,

rake, hosepipe and watering can.

Preparation is key: Dig decent sized holes

for plants and dig over garden beds

thoroughly before planting.

Source: http://www.houseandleisure.co.za/

www.senwes.co.za • Oktober 2012

SENWES VILLAGE: FOCUS ON EFEKTO'S FEKTO'S FE GARDEN

GARDENING EN E ING RA RRANGE

SPRING IS IN THE AIR AND SUMMER IS

ON ITS WAY. MANY PEOPLE REGARD IT

AS THE PERFECT TIME OF THE YEAR TO

START GARDENING AGAIN AND AS SUCH

GET RID OF THE EVIDENCE OF WINTER.

FOR OTHERS, IT CAN BE A DAUNTING

TASK, ESPECIALLY IF GARDENING IS NOT

IN YOUR BLOOD. WITH EFEKTO’S NEW

GARDENING RANGE, AVAILABLE AT ALL

SENWES VILLAGES, GARDENING WILL

NOT ONLY BE EASIER, BUT ALSO MUCH

MORE ENJOYABLE.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

HEAVY DUTY

BYPASS

PRUNER

• Cast aluminium

handle with

soft-touch grip.

• 4,5 cm blade

manufactured from

Japanese SK5 steel.

• Ergonomic design.

PINK NITRILE

GLOVES

• High-quality soft nitrile garden

gloves.

• Nitrile gloves are three times more

puncture resistant than regular latex gloves.

• Lower resistance to friction, making them

easier to put on and take off your hands.

SHOULDER

PRESSURE

SPRAYER

5 LITRE

• Fully equipped

5 litre sprayer.

• Manufactured

from high-quality

engineering ABS

Plastic.

• Tap connector for

26,5 mm garden tap.

• Manufactured from

high-quality engineering

ABS Plastic.

• Soft-touch grip.

TAP

CONNECTOR

19 MM

SOFT FACE

STARTER SET

• Soft-touch grip.

• Adjustable hand-held spray nozzle.

• Manufactured from high-quality engineering

ABS Plastic.

• Hose connectors for 12 mm - 15 mm hosepipe.

• Tap connector for 21 mm - 26,5 mm garden tap.

S

47

48

••• SENWES VILLAGE

SENWES HET ONLANGS ’N 50%-

AANDEEL IN DIE FAMILIEBESIGHEID

JD IMPLEMENTE (JDI) IN DIE WES-

KAAP VERKRY. VOLGENS EMILIUS

TOMLINSON, EIENAAR VAN JD

IMPLEMENTE, HOU HIERDIE VEN-

NOOTSKAP VIR ALBEI MAATSKAPPYE

VOORDELE IN, WAT VERDER KAN

BYDRA TOT HUL SUKSES. SENWES

SCENARIO HET MET EMILIUS GESELS

OM MEER UIT TE VIND OOR HOM,

DIE BESIGHEID EN MOONTLIKE

TOEKOMSPLANNE.

> TEKS: ELMARIE SCHOEMAN

Die Kaap is Hollands

met nuwe vennootskap

Emilius Tomlinson (middel) en sy twee seuns,

Emile (links) en Jason.

Emilius is op Swellendam

gebore en het ook daar grootgeword. Na

voltooiing van sy skoolloopbaan is hy vir

twee jaar weermag toe, waarna hy ’n kursus in

Bestuur aan Tygerberg Kollege voltooi het.

In 1896 het Emilius se oupagrootjie die familiebesigheid

DM Tomlinson en Kie gestig, wat merendeels

gefokus het op die invoer van Massey

Ferguson ysterwieltrekkers uit Engeland. “In die

vroeë veertigs het hulle baie gesukkel om onderdele

vir die Massey Ferguson trekkers te kry en dit is toe

dat my oupagrootjie na ’n ander fabrikaat begin

soek het.” Gedurende die vyftigs het hy begin om

John Deere’s te verkoop. Intussen het my pa,

Simon, en my oom, Lindenberg, by hom begin werk

as verkoopsmanne. In 1960 het my pa en oom

die maatskappy JD Implemente gestig. Dit is ook

die jaar waartydens John Deere ’n agentskap op

Nigel geopen het. “Sedertdien is ons ’n volwaardige

John Deere handelaar.” In 1980 het Emilius by JD

Implemente in die onderdele-afdeling begin werk.

JD Implemente dryf al vir 52 jaar handel en is

daarom die oudste aaneenlopende John Deere

handelaar in die land. “Dit is voorwaar iets om

op trots te wees,” sê Emilius. In 1994 het die

werkswinkel op Swellendam te klein geword en is

daar dus ’n nuwe gebou opgerig. Weens die goeie

trekkerverkope in die Bredasdorp-area, het hy

www.senwes.co.za • Oktober 2012

“My toekomswens is dat ek en my twee

seuns ’n lang pad saam met Senwes

kan stap en dat albei maatskappye

nuwe hoogtes sal bereik.”

besluit om ’n handelswinkel daar te open. In 2004 het

John Deere SA Emilius genader in verband met verdere

uitbreiding in die Oos-Kaap. “Ek was baie opgewonde

en het dadelik ingestem.” Dieselfde jaar het hy ’n

handelswinkel op Hankey in die Oos-Kaap gekoop. Dit

is ’n groot sitrus-, aartappel- en melkarea.

JD Implemente se hoëkwaliteit diens het daartoe

gelei dat die besigheid ’n goeie naam in die area

opgebou het; soveel so dat Emilius in 2009 nog ’n

volwaardige John Deere handelswinkel kon open, die

keer op Cradock. Na drie jaar is hulle besig om ’n

nuwe gebou daar op te rig, wat ’n groter werkswinkel

en onderdele-afdeling insluit. Intussen het Emilius ’n

dienshandelaar op Addo aangestel om namens JD

Implemente die nodige diens in verband met John

Deere’s in daardie area te verskaf. In Januarie 2010

het Emilius se oudste seun, Emile, by JD Implemente

begin werk. Hy behartig die verkope van heelgoedere

in die Swellendam/Heidelberg- en Barrydale-omgewing.

Aan die begin van 2012 het Emilius se ander seun,

Jason, ook by die besigheid aangesluit. Jason word

in presisieboerdery opgelei om die hele JDI-area te

bedien.

JD Implemente se hoofkantoor is op Swellendam

met handelswinkels op Bredasdorp, Hankey, Cra dock

en Addo. Emilius en sy span beplan om binne die

volgende vier jaar nog drie John Deere han dels winkels

in die Oos-Kaap te open. “Dit was nogal ’n aanpassing

om van ’n privaat- na ’n kor poratiewe maatskappy oor

te gaan. Die same smel ting hou vir albei maatskappye

baie voordele in, wat wedersyds gebruik kan word,” sê

Emilius.

“Vir JDI se klante is daar nou meer heelgoedere

beskikbaar. Ons seisoene oorvleuel, wat uitruiling van

voorraad vergemaklik. Ons wil graag die hele Senwes

mandjie na die JDI-area bring tot voordeel van die

klante.

“My toekomswens is dat ek en my twee seuns ’n

lang pad saam met Senwes kan stap en dat albei

maatskappye nuwe hoogtes sal bereik.” S

Elmarie Schoeman is die Redakteur van S enwes S cenario.

Skakel haar by (018) 468-2716 vir meer inligting of stuur

’n e-pos na elmarie@infoworks.biz.>>

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

JD Implemente se

onderskeie handelswinkels

Swellendam

(Hoofkantoor)

Cradock

Addo

SENWES VILLAGE •••

Bredasdorp

Hankey

49

50 ••• SENWES VILLAGE

Welsynsorganisasies

baat steeds by veldtog

Vanjaar se “From Greens 2 Dreams”veldtog

werk effens anders as verlede jaar. Die veldtog, Senwes

Village se sosiale verantwoordelikheidsprojek, dien as basis vir

die allokering van fondse aan verskeie welsynsorganisasies.

Die genoemde fondse word tydens die jaarlikse Senwes Village

Verskaffersgholfdag ingesamel.

Geregistreerde welsynsorganisasies kan hul behoeftes per

e-pos na web@senwes.co.za stuur om in aanmerking te kom vir ’n

moontlike donasie. Die behoeftes wat geregistreer word, sal op ’n

maandelikse basis deur ’n Senwes Village paneel geëvalueer word,

waarna donasies aan die suksesvolle instansies gemaak sal word.

Klante word versoek om die boodskap van die projek in hul

gemeenskappe te versprei ten einde behoeftige organisasies in

kennis te stel, sodat hulle hulself kan nomineer.

Verwys asseblief alle belangstellendes en kwalifiserende

organisasies na die Senwes webblad, waar meer inligting

beskikbaar is oor die proses, tipe organisasies wat kwalifiseer en

die inligting wat voorsien moet word. S

K yk hoe lyk ons nou!

Donald Lemme

(Dieregesondheid)

SENWES VILLAGE

WERKNEMERS BE-

DIEN KLANTE TANS

IN KLEREDRAG WAT

EIE IS AAN SY/HAAR

AFDELING EN MAKLIK

DEUR KLANTE UIT-

GEKEN KAN WORD.

DIE WERKNEMERS

VAN VERSKEIE

AFDELINGS BINNE

SENWES VILLAGE:

KLERKSDORP HET

MODEL GESPEEL. S

Justine Poonsaib

(Geldlaai)

Johannes Motsumi

en William Tau (Stoor)

McPherson Nazaba

(Besproeiing)

Silas Chupoeng

(Ontvangs)

www.senwes.co.za • Oktober 2012

SENWES VILLAGE •••

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

51

Apteekkonsep

is dieremedisyne se

voorland

VANWEË UITERS GOED GEORGA-

NISEERDE SINDIKATE WAT HULLE

TOESPITS OP DIE DIEFSTAL VAN

DIEREMEDISYNE IN SENWES VILLAGE

SE BEDIENINGSGEBIED, WORD

VILLAGE GENOODSAAK OM ANDER

MAATREËLS TOE TE PAS TEN EINDE

SY AANDEELHOUERS SE BELANG TE

BESKERM.

Die handelswinkels wat tans

die hardste getref word, is in die nabye omgewing

van mynbedrywighede geleë. Dit is egter

ongelukkig nie die enigste handelswinkels wat

deur hierdie sindikate geteister word nie. Die

konsep wat geïmplementeer word, het slegs ten

doel om geordende toegang tot dieremedisyne te

verseker en diefstal daardeur te beperk. In sekere

gevalle word daar van toesluitbare draadmandjies,

soortgelyk aan sekere apteekgroepe se werkswyse,

gebruik gemaak om dieregesondheidmiddels te

neem vanaf die bedieningsgebied tot by die kassier

waar betaling plaasvind.

Oberholzer en Theunissen is die eerste twee

handelswinkels waar hierdie konsep met groot

sukses geïmplementeer is. Stelselmatig sal

al meer handelswinkels oorskakel na hierdie

werkswyse. Senwes Village vertrou dat sy klante

en aandeelhouers die rede vir sodanige maatreëls

terdeë besef en terselfdertyd wil Village ’n woord

van dank uitspreek teenoor sy klante vir hul

volgehoue ondersteuning. S

52

••• SENWES GRAINLINK

Hoe pas landbouchemikalieë by

die nuwe wetgewing in?

DIE VERBRUIKER BEÏNVLOED

AL JARE LANK DIE PRODUSENT

SE KEUSE VAN VARIËTEIT,

LANDBOUPRAKTYKE EN SELFS

DIE HANTERING EN BEMARKING

VAN DIE KOMMODITEIT. DIE NUWE

VERBRUIKERSBESKERMINGS-

WETGEWING KAN EGTER LEI TOT

NOG ’N GROTER INVLOED DEUR DIE

VERBRUIKER EN ’N VERHOOGDE

AANSPREEKLIKHEID VIR ALLE

ROLSPELERS IN DIE VOEDSELBEDRYF.

> TEKS: MARIANA PURNELL

Voedselveiligheid, ’n openbare

gesondheidskwessie van toenemende belang, is ’n

inherente aspek van verbruikersbeskerming. Mense

het die reg om te verwag dat die kos wat hulle eet

veilig is en geskik is vir verbruik. Naspeurbaarheid

word gevolglik al hoe belangriker om verbruikers

gemoedsrus te gee dat sekere prosedures tydens

produksie, hantering, vervoer, verwerking en

verpakking streng volgens protokol uitgevoer is.

WAT BETEKEN DIT VIR DIE GRAANBEDRYF?

Wêreldwye tendense in voedselveiligheid bied ’n uitdaging

vir die graanprodusent om ’n produk van hoë

kwaliteit te lewer wat voldoen aan voedsel veilig heid -

standaarde. Die belangrikste voedselveiligheidsrisiko’s

in die graanbedryf is mikrobiese siektes soos

mikotoksiene wat gevorm word deur swamme wat

op die graan groei en residue wat verband hou met

die gebruik van landbouchemikalieë. Laasgenoemde

is ten volle onder die produsent se beheer.

Die gebruik van chemiese middels en beperkings

daarop op die graan wat gelewer sal word, is veral

ter sprake. Wetlike voorskrifte bepaal die gebruik

van onkruiddoders, insekdoders en verskeie ander

landboukundige chemikalieë en die residu-vlakke

van sodanige produkte wat in die kommoditeit

teenwoordig mag wees. Produsente moet hulle

vergewis van hierdie wetlike vereistes en voldoen

aan die standaarde wat daarin neergelê is.

Behalwe vir die gradering van graan en oliesade

volgens die Wet op Landbouprodukstandaarde

(Wet Nr. 119 van 1990) word wetenskaplike

toetse ook deesdae gedoen om produkgehalte te

staaf. Kopers vereis egter toenemend inligting oor

die landbouchemikalieë wat gebruik is om seker

te maak die graan is veilig en geskik vir verbruik.

Bykomende inligting oor produksiepraktyke en

die gebruik van chemiese middels word dus al

belangriker om naspeurbaarheid te verseker.

LANDBOUCHEMIESE MIDDELS

Die produsent moet kennis dra van die landbouchemiese

middels en beperkings daarop op die

onderskeie tipes graan en oliesade soos gestipuleer

in die Wet op Misstowwe, Veevoedsel, Landboumiddels

en Veemiddels (Wet Nr. 36 van 1947).

Hierdie wet omskryf standaarde vir die gebruik van

sekere onkruiddoders, insekdoders en verskeie

ander landboukundige chemikalieë. Die lys van

geregistreerde middels word

gereeld aangepas – nuwe

landbouchemikalieë word

geregistreer vir verskeie

aanwendings, terwyl

verouderde

middels verwyder en die

gebruik daarvan onwettig

verklaar word. Dit is dus baie

belang rik om op hoogte te bly

van die lys van geregistreerde

middels.

Die Wet op Voedingsmiddels,

Skoonheidsmiddels en Ont smettingsmiddels

(Wet Nr. 54 van

1972) bepaal die maksimum

residu-vlakke van landbou chemikalieë

wat in voedselprodukte

www.senwes.co.za • Oktober 2012

in Suid-Afrika mag voorkom en word deur die

Departement van Gesondheid toege pas.

Senwes het in die verlede vereis dat produsente

’n chemiese verklaring indien alvorens enige graan

by ’n Senwes silo gelewer mag word, maar dit

is onlangs vervang met die verklaring wat op die

agtersy van elke leweringstrokie gedruk is. Deur

hierdie lewering strokie te teken, bevestig die

produsent dat hy kennis dra van die riglyne soos

deur Wet Nr. 36 van 1947 voorgeskryf en is hy

aanspreeklik vir die chemiese produkte wat op die

graan en oliesade gebruik is.

HULPMIDDELS VIR DIE PRODUSENT

1. Rekordhouding

Rekordhouding op plaasvlak word al hoe belang ri ker

om naspeurbaarheid te verseker. Dit is raadsaam

vir die produsent om self ’n tabel op te trek vir noukeurige

rekordhouding op plaasvlak. Voorgestelde

inskrywings op sodanige tabel is soos volg:

Inligting oor die gewas:

• Plaasnaam/Standplaasnommer;

• Kultivar;

• Landnaam/Landnommer;

• Hektaar; en

• Datum van landbouchemiese toediening.

Inligting oor bespuiting van onkruid doder of

beheermiddel vir ’n plaag/siekte:

• Aktiewe bestanddeel;

• Lotnommer;

• Verskaffer;

• Verskaffer se ACDASA-nommer;

• Konsentrasie toegedien liter/ha;

• Toegedien deur; en

• Rede vir landbouchemiese toediening.

2. Etikette

Dit is belangrik om te let op die etiketvoorskrifte

rakende registrasie van landbouchemiese middels

vir die onderskeie tipes graan en oliesade om

’n bepaalde onkruid, swam of plaag te beheer.

Behalwe die lotnommer, is dit ook raadsaam

om die vervaardigingsdatum van die houers te

bewaar. Let veral na gif wat oorbly van die vorige

oes. Die invloed van tipe spuitpunte, tyd van

toediening, spuitlewering, gebruiksbeperkings,

mengbaarheid met ander produkte en algemene

veiligheidsmaatreëls moet in ag geneem word.

Gif moet ook ’n lotnommer ophê, wat beteken

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

SENWES GRAINLINK •••

Senwes se graankwaliteit- en voedselveiligheidlaboratorium

toets elke seisoen nuwe lewerings vir landbouchemikalieë

om te verseker dat geen skadelike

chemiese residu in die graan en oliesade voorkom nie.

die middel is geregistreer vir gebruik in Suid-Afrika.

Die produsent moet ook aandring op ’n “Material

Safety Data Sheet” (MSDS) vanaf die verskaffer. Die

MSDS verskaf alle inligting oor die produk, selfs die

tipe noodhulp wat toegepas kan word. Die MSDS

word kosteloos voorsien met die aankoop van

landbouchemiese middels.

3. Aanbevelings deur agente

Dring altyd daarop aan dat alle aanbevelings ten

opsigte van landbouchemiese toedienings op

skrif gestel word. Maak seker dat die agent of

verteenwoordiger wat aanbevelings maak aan

die nodige vereistes voldoen, soos deur ACDASA

(Agricultural Chemical Distribution Association of

South Africa) voorgeskryf word.

Indien toedienings deur ’n landbouchemiese

adviseur hanteer word, maak seker die persoon

verskaf sy naam en P-nommer op die aanbeveling.

Die P-nommer word deur die Departement van

Landbou, Bosbou en Visserye uitgereik nadat

die adviseur die nodige opleiding ondergaan het.

Die operateur se P-registrasie moet ook in die

toepaslike veld van toediening wees, byvoorbeeld

onkruidbeheer, beroking en lugbespuiting is almal

aparte registrasievelde.

4. Produksieriglyne

Die Landbounavorsingsraad (LNR) se Instituut

vir Graangewasse in Potchefstroom en die

Kleingraaninstituut op Bethlehem publiseer jaarliks

riglyne in dié verband in die Mielie-inligtingsgids en

die Handleiding vir die Produksie van Kleingrane. Die

publikasies word gratis aan produsente verskaf. S

Vir verdere navrae, skakel Mariana Purnell (Bestuurder:

Spesiale Produkte, Senwes Grainlink) by

(018) 464-7271 of 082 336 8534.>>

53

S enwes werknemers blink uit

AL DRIE SENWES SE NOMINASIES VIR AGRISETA SE

JAARLIKSE UITNE MENDHEID-TOEKENNINGS IS AS

FINALISTE VIR DIÉ TOEKENNINGS AANGEWYS.

SENWES GRAINLINK •••

AgriSETA (Agricultural Sector Education Training

Authority) hou vanjaar hul derde toekenningsgeleentheid wat gerig is op

erkenning en beloning vir diegene wat uitgeblink het in die landbousektor op

die gebied van vaardigheidsontwikkeling.

Die kategorieë waarvoor ingeskryf is, sluit die volgende in:

• Chantelle du Plessis (Assistent Silobestuurder: Wesselsbron Silo): Beste

presteerder in ’n leerlingskapprogram;

• Thabang Ramagodi (Kwaliteit-analis: Senwes Grainlink Laborato rium):

Beste presteerder in ’n ervaringsleerprogram; en

• Die Senwes Graduate-program: Leier-werkgewer – AgriSETA vaardig heidsontwikkeling,

werksplek-ervaring. Dit is die eerste keer dat Senwes vir dié

toekenning ingeskryf het. S

Thabang Ramagodi

55

Chantelle du Plessis

56 ••• TEGNOLOGIE

Gaping in landelike

telekommunikasie dalk

iets van die verlede

Vodacom Business en Agri SA

het op 31 Julie ’n vennootskapsooreenkoms aangekondig

met betrekking tot ’n satelliet-gebaseerde

kommunikasie-oplossing vir die breër landelike

gemeenskap.

Hierdie ooreenkoms volg op ’n besluit tydens

Agri SA se 2011-kongres waartydens Agri SA opdrag

gegee is om alternatiewe telekommunikasiestelsels

vir landelike gebruikers te ondersoek.

“Die agteruitgang in landelike vastelyn-telefoon -

infrastruktuur beteken dat doeltreffende tele kom mu -

nikasie in verskeie streke feitlik onmoontlik geraak

het, veral wat betref toegang tot die internet, e-posfasiliteite

en meer onlangs, spraakkommunikasie.

Telekommunikasie is belangrik vir produsente en die

breër landelike gemeenskap vir transaksiedoeleindes

asook vir veiligheidsredes,” sê Johannes Möller,

President van Agri SA.

“Vodacom is bewus van die feit dat landelike

dele van Suid-Afrika onderbedien is wat betref

dienslewering. Dit het werklike uitdagings tot gevolg

– nie slegs vir die boeregemeenskap nie, maar

ook vir hul klante, diensverskaffers en landelike

gemeenskappe in die algemeen,” meen Chris

Lazarus, Uitvoerende Bestuurder van Vodacom

Business Services.

“Landbou is ’n belangrike sektor vir ontwikkeling,

indiensneming en die ekonomie van die land. Om sy

volle potensiaal te bereik, benodig rolspelers in die

landbousektor gevorderde tegnologie om hul besig-

hede te bemark en uit te brei. Hierdie vennoot skap

met Agri SA sal dien as katalisator om ’n werklik

mobiele, toeganklike en bekostigbare oplossing na

hierdie gebiede te bring,” aldus Lazarus.

Vodacom het ’n verbandhoudende aankondiging

gemaak om die eerste 1 000 satelliet-kommuni ka -

siestelsels gratis vir gebruikers te installeer. Hierdie

aanbieding geld tot 30 November 2012.

Produsentelede wat op hierdie aanbod reageer

deur 082 1930 te skakel, kan ’n besparing van

R4 118 verwag met ’n standaardinstallasie. S

Vir meer inligting, skakel Kobus Visser van Agri SA by 082

388 0010 of (012) 643-3400.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

FOSBLOCK

FOSFAAT-SPOORMINERAALAANVULLING VIR HERKOUERS

HOË DIEREPRESTASIE ... ... HOOGS OPNEEMBAAR

MOLATEK MO FOSBLOCK:

• Is

weerbestand

• VVerskaf

voldoende fosfaat- en spoormineraalaanvulling aan herkouers

• Is

die ideale aanvulling gedurende die groen, sappige weidingsperiode

• VVerseker

hoë diereprestasie

• SSorg

vir verhoogde winsgewendheid

INDIEN JY NIE FOSBLOCK WIL GEBRUIK NIE, BIED MOLATEK JOU OOK

FOSLEK AS UITSTEKENDE AANVULLING VIR BEESTE EN SKAPE.

Skakel Molatek by Tel: +27 (0)13 791-1036 • Faks: +27 (0)13 790-0095 • E-pos: molatek@tsb.co.za • www.molatek.co.za

Fosblock Reg. No. V22502 (Wet 36 van 1947) N-FF 2471 • Foslek Reg. No. V16059 (Wet 36 van 1947) N-FF 1407

uppe marketing A07502

58

••• DEVELOPING AGRICULTURE

The producer should take into

account soil moisture content and

temperatures, among other things,

before planting outside normal

timeframes.

Climatic factors

that determine planting dates

SEVERAL FACTORS SHOULD BE CON-

SIDERED WHEN DECIDING ON THE

OPTIMUM PLANTING TIME OF MAIZE

AND THESE INCLUDE PLANNING

FOR THE PREDICTABLE MIDSUMMER

DROUGHT AND FROST, AMONG OTHER

THINGS.

> TEXT: JULIAS RAMOHLABI

Planting maize without considering

climatic conditions such as heat units, rainfall,

drought and frost, the producer is faced with the

risk of harvesting low yield. This article thus basically

explains the role played by climatic factors on the

planting time of maize.

HEAT UNITS

Heat units are the most important environmental

factors, making the largest contribution to the

growth rate of the maize plant. This includes the

development of the roots, stem and leaves. The

plant cannot develop from one stage to the next advanced

stage without receiving the necessary heat

units. The optimum temperature for development of

the maize plant is approximately 30°C. At temperatures

below 6°C and above 45°C, photosynthesis

comes to a standstill. The following formula was

specifically developed for the maize plant.

Heat units = max + min – 10°C

2

www.senwes.co.za • Oktober 2012

The maximum and minimum temperatures are recorded

over a 24 hour period (per day). The reason

for subtracting 10°C from the average temperature

is that the maize plant stops developing below 10°C.

The maize plant can be regarded as a starch factory.

The plant utilises water and nutrients from the soil,

CO2 from the atmosphere and sunlight (heat units)

as the energy source to manufacture plant food, of

which starch is the main component. In the process,

heat units play an essential role in determining the

final yield and quality of the grain. This means that as

days shorten, the quicker they mature.

The shorter the days get, the less heat units are

available per day and the quicker grain filling comes

to an end. This is one of the reasons why late planting

tend to give disappointing yields and poor quality

grain. The growth period is shortened by insufficient

heat units.

Typical symptoms seen in late plantings are

purple leaves, which indicate that the sugar translocation

from the leaves to the crop is taking place at

a reduced rate because of low temperatures. Sugar

starts to accumulate in the leaves and causes the

purple colour. Optimum plant dates vary between

production regions. The long-term temperatures

(heat units) play an extremely important role. When

cultivating dry land maize, it is also important to

consider long-term rainfall and distribution.

SOIL WATER

It is of the utmost importance to use the stored

soil water before planting as an indicator of possible

risk of crop failure and yield potential. A good

rule of thumb is that it is very helpful to commence

planting at a point where the soils are wet up to

the effective routing depth of the soil or up to the

restrictive layer.

Initially the moisture requirement is low and

builds to a maximum during the flowering period

of the maize plant. During this period the water

requirement can be up to 8 mm of water per day.

Thereafter the moisture requirement progressively

decreases until the plants are physiologically mature.

In practice it is important to remember that the

moisture requirement is at its highest approximately

two weeks before and two weeks after pollination.

During this period all the leaves will have unfolded

and the first critical stages of grain development will

take place. The definition of a stress day is when

the plant starts to wilt early in the morning. In other

words, it did not recover from the previous day’s

drought stress.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

DEVELOPING AGRICULTURE •••

MIDSUMMER DROUGHT

The midsummer drought experienced from 15 January

to 15 February in the Senwes area played an

increasing role in the choice of the planting date.

It is important to select your cultivars and planting

date to ensure that pollination does not take place

during this period. The planting date should be such

that the bulk of the maize production flowers after

the traditional midsummer drought.

The effect of midsummer drought and a situation

of low stored water can cause silks not to receive

pollen; thus the kernels are not fertilised and do

not develop. Developing kernels can also abort for

several weeks after pollination. Drought later in

grain fill has a less serious effect on yield, though

root function may decrease and kernels may not fill

completely.

While effects of a prolonged period of drought

can never be eliminated in rain fed maize production,

there are some techniques that help to reduce

the effect of drought on yield. Lying 30% of your

arable land fallow is one of the techniques that have

been benefiting most producers. It is important to

store as much rainwater as possible during this

fallow period and weed control must be properly

maintained at all cost. Depending on the climate

pattern, one can adjust the planting date to help

adjust/move the pollination period into a time period

of better water supply. For instance, it takes a

maize plant 69 days from planting to flowering – it

would be wise to plant before 15 October or after

8 November. Seed companies use the formula for

heat units to calculate the approximate number of

days to flower and physiological maturity for cool

and warm production regions. Seed companies also

class their cultivars as ultra short, short, medium

short, medium and medium late. These are broad

guidelines to differentiate between different types of

hybrids.

continued on page 60

59

60

••• DEVELOPING AGRICULTURE

Climatic factors that

determine planting dates

continued from page 59

FROST

It is important for the producers to take into consideration

the 30% probable occurrence of early

frost which normally takes place in the Senwes area

around 25 April to 10 May (see Table 1).

Late frost is another climatic threat. The first

five leaves of a maize plant develop from the underground

node. If frost occurs while the growing

point is still underground, the plant will recover, but

frost will seriously damage any growth above surface.

Remember that it takes about 35 days from

planting to the five-leaf stage for early planting (see

Table 2).

TABLE 1: 30% PROBABILITIY OF FROST EARLIER THAN...

TABLE 2: SUGGESTED MAIZE PLANTING DATES

CONCLUDING REMARK

The deviations from planting dates should be

treated with caution. The producer should take into

account soil moisture content and temperatures,

among other things, before planting outside normal

timeframes. S

References

• NN (2000). How corn plants develop? University

of Illinois, Extension Publication C 1389, Iowa

State University.

• Know maize plant: Pannar

• Agri Santam weather focus

Julias Ramohlabi is an

Agronomist at Senwes Developing

Agriculture. For more information

on this article or the references

used, send an email to

julias.ramohlabi@senwes.co.za or

contact him at (018) 464-7156

or 083 314 7579.>>

District

Free State

Short grower Medium grower

Bothaville 20 November to 31 December 5 November to 15 December

Hoopstad 20 November to 4 January 5 November to 15 December

Kroonstad 15 November to 20 December 1 November to 7 December

Viljoenskroon 15 November to 21 December 1 November to 5 December

Welkom 15 November to 25 December 5 November to 15 December

Wesselsbron

North-West

20 November to 31 December 5 November to 15 December

Potchefstroom

Moderate Eastern North-west

20 November to 25 December 10 November to 18 December

Randfontein

Southern Free State

1 October to 30 November 1 October to 20 November

Bloemfontein 20 November to 31 December 5 November to 10 December

www.senwes.co.za • Oktober 2012

62

••• AGRI-WENKE

Droë najaar wek kommer

IN TEENSTELLING MET DIE VORIGE

SEISOEN, IS DAAR HIERDIE SEISOEN

BAIE MINDER OORGEDRAAGDE

GRONDWATER EN INDIEN GOEIE

LENTEREËN NIE VOORKOM NIE, SAL

DAAR DUS OOK NIE BAIE VROEË

AANPLANTINGS (BYVOORBEELD

SONNEBLOM) KAN WEES NIE. DIT IS

VERAL DIE GRONDE MET ’N HOËR

KLEIPERSENTASIE, DIE DIEP ROOI

GRONDE, WAT ALGEMEEN IN DIE

NOORDWES PROVINSIE VOORKOM

ASOOK DIÉ WAAROP DIE GRONDBONE

EN SONNEBLOM DIE AFGELOPE

SEISOEN VERBOU IS, WAT DROOG IS.

Kyk ’n mens na die hoeveelheid

aangeplante weidings wat omgewerk word met

die doel om kontantgewasse te plant, is daar

rede tot kommer. Indien die gronde wat onder

aangeplante weidings was nie ten minste vir een

seisoen braak/skoon gelê het nie, sal die reserwegrondvog

aan die lae kant wees. Daar is ook dele

waar die reserwe-grondvog op bestaande lande aan

die lae kant is. Indien die seisoen se reënval nie

goedverspreid en genoeg gaan wees nie, is die kans

goed dat die oes op een of ander stadium in die

groeiseisoen waterstremming gaan kry. Die effek van

hierdie stremming kan wissel van katastrofies tot

aanvaarbaar en gaan afhang van die intensiteit van

5.

3.

1. Johan du Toit

2. Castuff Sekgala

3. Jacques Odendaal

2.

4.

4. Gerrit Oosthuizen

5. Jaco Vermeulen

6. Dries Kruger

watertekort asook die groeifase van die plante. Die

vraag is egter of jy jouself wil blootstel aan hierdie

risiko net ter wille van die hoë kommoditeitspryse.

Die meeste van ons het al vergeet hoe dit lyk

as dit regtig droog raak. Die afgelope seisoen was

so ’n ligte voorsmakie van wat kan gebeur indien

die reën (nie net die hoeveelheid nie, maar ook

die verspreiding daarvan) nie saamspeel nie. In

sommige streke was die effek van die droogte egter

meer intens en is die oesopbrengste erg daardeur

geraak.

’n Goeie beginsel bly egter om die opge gaarde

grondwater te bepaal wanneer daar opbrengsmikpuntstellings

(wat bemestingspeile beïnvloed)

gemaak word. Dit is veral van toepassing op die

watertafelgronde. Indien die seisoen se reënval nie

saamspeel nie, dien hierdie opgegaarde grondwater

dan as buffer om die oes te help deurtrek. Die

evapotranspirasiebehoefte vir ’n 3 ton/ha-mielieoes

is in die koers van 300 mm. 50% hiervan

beteken dat daar ten minste 150 mm opgegaarde

grondwater voor planttyd beskikbaar moet wees.

Vir ’n 5 ton/ha-mielie-oes moet daar weer ten

minste 234 mm voor planttyd in die grond opgegaar

wees. ’n Landboukundige kan jou help met hierdie

grondwatermetings om die presiese hoeveelheid

plantbeskikbare water te bepaal. Alternatiewelik kan

’n duimreël gebruik word waar die grondprofiel ten

minste deurnat moet wees tot op die diepte wat as

die effektiewe worteldiepte beskou word.

VAALHARTS BESPROEIINGSKEMA

Koring- en garslande moet nou gemonitor word

vir luis-, blaarmyner- en valsbolwurmbesmetting.

Hierdie plae kom sporadies voor en kan drastiese

www.senwes.co.za • Oktober 2012

6.

1.

oesverliese tot gevolg hê indien dit nie vroegtydig

beheer word nie. Die plae word tans gemonitor

met lokvalle en inligting sal per SMS deurgegee

word indien dit blyk of daar drastiese probleme

voorkom. Die verwagting is dat daar vanjaar weer

soos voorverledejaar drastiese uitbrake kan wees,

aangesien die veld baie droog is buitentoe en kos

vir die insekte redelik beperk is. Wanneer beheer of

bespuitings nodig is, moet daarop gelet word dat

slegs sekere produkte geregistreer is. Gesels eers

met jou chemiese verteenwoordiger voordat beheer

toegepas word. Hou asseblief dan ook hierdie

inligting beskikbaar vir die invul op jou chemiese

paspoort.

VEE EN WEIDINGS

Dit is daardie tyd van die jaar wanneer koeie kalf en

bulle by koeie geplaas word. Fosfaat-gebaseerde

voer moet toegedien word teen 0,25 kg per dier

per dag om vrugbaarheid te stimuleer. Soos gras

se voedingswaarde verander, moet diere teen

metaboliese siektes ingeënt word.

Die inenting van beeste word onderhuids of

binne spiers toegedien; die etiket van die produk wat

toegedien word sal aandui watter metode gevolg

moet word. Vir albei die genoemde toedienings is

die nek die beste plek om in te ent. Die nekgedeelte

is die goedkoper vleis aan die karkas, sou daar

naald- of entstofskade ontstaan weens die aksie.

Die praktyk om diere in die agterkwart of in die

skouergedeelte in te ent, moet liefs vermy word,

aangesien dit van die duur snitte aan die karkas is.

Vir onderhuidse toediening in die nek, trek die vel

aan die hare weg van die spier en druk die naald

teen ’n hoek tussen die vel en die spier in. Vir

binnespierse toediening word die naald direk in die

dikspier van die nek ingedruk.

Die driehoek wat vorm van agter die oor, die

bokant van die nek tot voor die blad en die bokant

van die nekwerwels, is die ideale plek om in te ent.

BOERDERYBESTUUR

In ons reeks oor strategiese bestuur, kyk ons in

hierdie uitgawe na Taak 2, naamlik die saamstel van

langtermyn-boerderydoelwitte (doelstellings).

Strategiese doelwitte verwys na die toekomstige

besigheidsprofiel (produkte, kliënte en markte) van

die boerdery-onderneming.

Dit is belangrik om daarop te let dat strategiese

doelwitte en die visie met mekaar belyn moet wees.

Langtermyndoelwitte behoort die volgende drie

areas te dek en kan aspekte insluit soos:

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

AGRI-WENKE •••

1. Strategiese doelwitte:

• Produseer ’n beter kwaliteit produk.

• Laer kosteverhoudings.

• Verhoogde produksie/reproduksie.

• Uitbrei van markaandeel.

• Beter omgewingsvriendelike produksiepraktyke.

2. Finansiële doelwitte:

• Verhoogde opbrengs op totale kapitaalbelegging.

• Verhoogde rendement op eie kapitaal

geïnvesteer.

• Verhoogde bruto en netto winsmarge.

• Volgehoue positiewe netto kontantvloei.

• Gediversifiseerde inkomstebasis.

• Volgehoue verbetering in ekwiteit (eie kapitaal).

3. Persoonlike doelwitte:

• Persoonlike welvaart.

• Ontspanning.

• Werk/leef-balans.

• Selfontwikkeling.

• Opvolging.

Ten einde volgehoue fokus te verseker, behoort die

aantal doelwitte wat nagestreef wil word nie meer as

vyf tot ses te wees nie. Namate doelwitte bereik of

hersien word, kan bestaandes deur nuwes vervang

word. Onthou, strategie is ’n dinamiese proses! S

Die artikel is saamgestel deur Johan du Toit, Jaco

Vermeulen, Gerrit Oosthuizen, Dries Kruger, Castuff

Sekgala en Jacques Odendaal (Senwes Landboudienste).

Skakel hulle by (018) 464-7604

vir meer inligting.>>

63

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

LANDBOU-TEGNIEK •••

Haal die swartskaap

uit jou beplanning

IN DIE VORIGE UITGAWE VAN

SENWES SCENARIO HET ONS ’N

INLEIDING OOR LAPAROSKOPIESE

BEVRUGTING GEGEE ASOOK DIE

VOORDELE EN NADELE DAARVAN

BESPREEK.

> TEKS: CAREL NEL

Wanneer jy sou besluit om jou

ooie laparoskopies te bevrug, is tydige beplanning

van kardinale belang. ’n Mens moet tydens laparoskopiese

bevrug ting ’n tydwaardering doen wat

terug werkend ge skied vanaf die tyd of oomblik van

aksie, in hierdie geval die lamdatum. Ooie dra 150

dae, wat beteken dat jou afspraak met die veearts

dieselfde hoeveel heid dae voor die lamdatum moet

plaasvind.

Die sinchronisasie van die ooie met sponsies vind

16 dae voor die dag van laparoskopie (ook bekend

as lapa-dag) plaas. Twee dae voor laparoskopie

word die sponsies onttrek en word die hormoon

DMS op aanbeveelde dosis binnespiers toegedien.

Hierdie laaste twee aksies is uiters bepalend tot

die sukses van laparoskopiese bevrugting. Daar is

egter ’n klomp ander faktore wat ook ’n rol speel

om optimale reproduksie uit die ooie te kry wat

vir laparoskopiese bevrugting geïdentifiseer is. Die

voorbereiding van die ooie vir en die behandeling

van die ooie na laparoskopie is eweneens belangrik.

Nie net moet die ooie in ’n groeifase wees nie, hulle

moet ook onder geen omstandighede vet wees op

die dag van laparoskopie nie.

Beplande voorbereiding begin ses weke voor

die aanvang van laparoskopiese bevrugting. Die

ooie moet een vir een ondersoek word sodat dié

wie se uiers nie reg is nie of enige ander probleem

onder lede het, geëlimineer word. Die ondersoek

bied ook sommer ’n geleentheid om die ooie met

’n goeie breëspektrummiddel, wat ook minerale

en vitamienes bevat, te behandel en met entstof

soos One Shot Ultra, Ultrachoice 7, Glanvac 6 of

iets soortgelyk in te ent. Dit is ook uiters belangrik

dat die geïdentifiseerde ooie van nou af geensins in

kondisie afneem nie. Alhoewel genoegsame weiding

met ’n lek vir eers voldoende is, is dit belang rik dat

die ooie se lek drie weke voor die datum aangepas

word na Maxiwol, aangesien dit verbyvloei-proteïe ne

bevat. Dit is die beste lek om vir die ooie te gee

gedurende dié tydperk, selfs al sou voedingstoestande

wissel in die tydperk tot en met die lamtyd.

Dit is ook raadsaam om die ooie ’n maand voor

laparoskopiese bevrugting plaasvind, in te ent teen

ensoötiese aborsie en ’n week later teen blou-uier.

Al die genoemde voorsorgmaatreëls is daarop gemik

om die ooie direk na laparoskopiese bevrugting so

min as moontlik te hanteer en hulle verkieslik eers

’n maand later weer te kraal. Teen daardie tyd is

die embrio’s nie net al geheg nie, maar het dit ook

reeds begin ontwikkel. Die dragtigheidsperiode is

’n belangrike en bepalende tydperk waartydens die

fetus groei; dit is dus goed om die ooi tydens dié

tydperk van die nodige hulp te voorsien ten einde

optimale produksie te waarborg.

Na agt weke word die ooie gesonar om dragtigheid

te bepaal. Eenling- en meerlingooie word

geïdentifiseer en duidelik gemerk sodat hulle net

voor lamtyd geskei kan word. Ooie wat nie dragtig is

nie, word uit die trop verwyder. Dit is ook raadsaam

om ooie weer ses weke voor lamtyd te doseer met

’n breëspektrummiddel wat neuswurm dek. Intussen

moet daar gesorg word dat Maxiwol-lek steeds

beskikbaar is en word daar dan voorberei vir die dag

wat die eerste lammetjie gebore word. S

65

REGSTELLING: Die artikel, “Skapie, skapie, waar

kom jy vandaan?” op bladsy 52 van ons Augustusuitgawe,

verwys daarna dat ooie tydens lamtyd in

kleiner lamgroepe verdeel word en gereeld nagegaan

word om te verseker die laparoskopiese bevrugting

verloop suksesvol. Laasgenoemde word egter gedoen

om seker te maak alles verloop suksesvol – nie net die

bevrugting-proses nie. Verder kry elke ooi ’n antibiotikainspuiting

wat snelle inwendige herstel verseker nadat

sy gelam het – en nie na afloop van die laparoskopiese

bevrugting (soos in die artikel genoem nie). Die

redaksie stel graag hierdie feite reg – Redakteur.

Vir meer inligting, skakel Carel Nel by 082 828 1984 of

besoek Ramsem se webblad by www.ramsem.com. >>

66 ••• FUTURE FOCUS

The liquid gold rush

– it’s all about water

HAVE YOU EVER STOPPED TO CON-

SIDER HEADLINES LIKE: “IF YOU HAD

A CUP OF COFFEE, A COUPLE OF

SLICES OF TOAST AND AN EGG THIS

MORNING, YOU ALSO INADVERTENTLY

CONSUMED AROUND 4 000 LITRES OF

WATER – ENOUGH FOR THREE BATHS!

(ALERTNET, THOMSON REUTERS

FOUNDATION’S HUMANITARIAN NEWS

SERVICE)” AND “IT TAKES 50 LITRES

TO PRODUCE ONE TOMATO, 125 LI-

TRES TO PRODUCE AN APPLE, 160

LITRES TO GROW A LARGE BANANA,

170 LITRES TO PRODUCE A PINT OF

BEER, 255 LITRES TO PRODUCE ONE

GLASS OF MILK, 1 265 LITRES FOR A

BLOCK OF CHEESE AND 3 850 LITRES

TO PRODUCE ONE PORTION OF STEAK

(WATERTRUST.ORG).”

> TEXT: JENNY MATHEWS

The Organisation for Economic

Co-operation and Development (OECD) observes

that farming around the world uses 70% of the

water resources available. Strategic planners for

Southern Africa believe we will be running out of

adequate water

supplies by 2025

and the main agents

causing this crisis will be global

warming, the population increase, agriculture

usage, pollution and urbanisation.

Should Sh Should ld farmers be concerned about b the th the

water crisis, especially when they are

named and blamed as being being (i) the largest

consumers of the world’s land- and freshwater,

and (ii) responsible for the levels of

toxic or contaminated runoff from farm- farm-

land, which is one of the greatest concerns

to policymakers?

Environmental E i t l analyst l t Lester L t Brown, B founder f d of f th

the

Worldwatch Institute, believes the battle for water

will reshape our world. The growing demand for

food, by implication, means there will be a growing

demand for water and conversely, water shortages

mean food shortages. He also says the most underpriced

commodity in the world today is water.

Clearly agriculture needs to play a critical role in

the shift towards a more environmentally sustainable

future. Increasingly the pressure is on farmers

with slogans like “We need more crop per drop!”

and on consumers to “Eat less beef and more

fish!” and to have “Meatless Mondays!”.

I believe it is critical that farmers understand the

issues and organise themselves to address the increasing

pressures that will come from politicians

and policymakers:

• We will have to keep our slate as clean as possible

whilst pursuing our livelihoods as farmers who

www.senwes.co.za • Oktober 2012

...agriculture needs to play a critical role in the shift

towards a more environmentally sustainable future.

will be producing food in a food insecure world

(OECD statistics predict that up to 2030, agriculture

will face the challenge of having to produce

50% more food and by 2050, production needs

to be doubled – with less water).

• We should be preparing our lobby with accurate

facts and figures in an environment where agricultural

issues have been used as a punching

bag and emotional outcries have blurred the

realities of farming. This is not a time to be passive

on any level, it is a time to measure and

manage our use of water as well as the quality of

our used water.

• Farmers will have to employ increasingly more

efficient technologies to measure water usage,

ensure efficiency in application and pay attention

to optimum water management. Terms like “mitigation”

and “adaptation” must be understood,

defined in real terms and practised so as to justify

farmers’ water use.

• Understanding the international recognition that

skilled farmers are a vital link to a sustainable

future is empowering. We are recognised custodians

of the soil, producers of food and creators of

employment. Vice-president for sustainable development

at the World Bank, Rachel Kyte, says

one of the biggest changes underway in agriculture

is efforts to make apparent the connections

between agricultural success and the health of

natural ecosystems.

• At the Rio+20 United Nations Conference on

Sustainable Development during June 2012,

the World Bank launched the 50/50 Campaign,

which aims to get 50 governments and 50 companies

to commit to support Natural Capital Accounting.

What is this? Essentially it is a system

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

FUTURE FOCUS •••

which measures natural resources, acknowledges

their value and incorporates these values into decision

making. Understanding the value of natural

resources empowers governments and companies

to recognise the impact of their activities on

these resources. UK Deputy Prime Minister Clegg

said: “National governments must move beyond

a narrow understanding of wealth. Right now we

judge how well a country is doing by looking almost

exclusively at the money it makes, ignoring

the state of assets like forests or coastal areas –

vital natural capital.”

(http://www.worldbank.org/en/news/2012/06/20)

• The global food crisis triggered as early as 2007,

saw countries accustomed to importing produce,

suddenly realising they had a food security

problem when exporting countries closed their

borders to better secure their own food supplies

and control food price inflation. Realising they

could not totally depend on imports, they began

the process now known as land grabs. We need

to understand that land grabs are also water

grabs.

• A greater awareness of water issues on the African

continent could also empower the farmer

lobby. One example is the current dam building

activity in Ethiopia.

THE ETHIOPIAN DAM BOOM

Lori Pottinger, a water advocate who monitors developments

in Africa for her organisation International

Rivers, creates awareness of current events on the

continent. The picture she paints is a tangled web

of people, politics and power which leaves one

aghast at what is already happening. What we see

continued on page 68

67

68

••• FUTURE FOCUS

The liquid gold rush

– it's all about water

continued from page 67

is the active pursuit of access to water by foreign

countries and how powerless local communities are

when governments pursue their own agendas.

Ethiopia is currently the biggest dam-building

country on the African continent with a multibilliondollar

programme being rolled out. Pottinger says

there is a worrying lack of transparency, since it is

not exactly clear as to who is benefiting or who is

paying the costs and neither is there any evidence

of research into the impact of the dam builds on the

ecosystems and watersheds below the dam walls.

The Gibe III Dam on the Omo River being built

for hydro-electricity and irrigation is creating havoc

into the Lower Omo Valley and beyond. The valley

is home to 500 000 people who are primarily

agro-pastoralists dependent on the flow of the river

and the nutrient-rich sediment which it brings to

their cultivated lands. Important fish migrations will

be ended and will impact the commercial fishing

activities on the river. Forests along the river supply

material for construction and medicinal plants.

They are also a habitat for wildlife and honeybees,

all essential food sources for the locals. Not only will

food security be threatened, but regional peace and

security as well, seeing as tensions build between

different tribes which ultimately lead to cross-border

conflicts.

Furthermore, there has been little consideration

of the impact further downstream into the catchment

area of Lake Turkana, a desert lake in

Kenya which supports up to 300 000 people. The

lake is recognised as “an outstanding laboratory for

the study of plant and animal communities”, which

together with the rich fossil finds being discovered in

the area, saw it recognised as a World Heritage

Site in 1997. The Gibe III Dam

in Ethiopia would likely take

at least a full year to

store water

...as agriculturalists on the African continent,

we should probably be paying attention to

the “chess game” being played around water

and land supplies.

and this would irrevocably change the river’s cycle,

cause a drop in the water levels of Lake Turkana in

Kenya, increase the lake’s salt content and change

the ecosystem permanently.

This debate sees activists like the Human Rights

Watch calling for the World Bank to stop its reckless

funding of Gibe III projects, which is undermining

the rights of indigenous people and the environment

with its approval on 12 July 2012 of a $684

million loan. On the other side, voices favouring

progress see the projects as a way forward for Africa.

The World Bank released a media statement in

July 2012 in which it states that it sees the Eastern

Electricity Highway as a transformational initiative

which will connect Ethiopia’s electricity grid with Kenya

and will “create power sharing between the two

countries, reduce energy costs, promote sustainable

and renewable power generation, better protect the

regions environment” (worldbank.org). The benefits

of improved power supplies, transport linkages and

job creation are highlighted. However, the same

statement very specifically points out: “Contrary to

claims, the World Bank is not financing the Gibe III

Dam in Ethiopia.”

It is hard to choose sides in this debate. Suffice

it to say that as agriculturalists on the African continent,

we should probably be paying attention to the

“chess game” being played around water and land

supplies.

Brazil’s proactive approach to these issues has

them recognised as world leaders. Their interventions

have improved agricultural production within

an environmentally friendly approach. That country

has the advantage of considerable investment in

agricultural research which has seen a 178%

boost in food production on 37% more land over

20 years. The focus was multidisciplinary, from increasing

production to a programme encouraging

their youth to become farmers. We need to rise to

the challenge and make known wherever we are addressing

issues effectively.

continued on page 71

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Ons grootste

prestasie is ... NIKS!

Presies waarna jy op soek is wanneer dit kom by onkruidbeheer!

Skoon, onkruidvrye lande.

BASF se na-opkoms onkruiddoder, Stellar ® , neem behoorlike beheer en

speel klaar met die breedste spektrum van onkruide by mielies, selfs al

weet jy nie watter onkruide kop uitgesteek het nie. Stellar ® beskerm jou

opbrengs met een oplossing sodat jy die beste uit jou oes kan haal.

Met Stellar ® beteken niks vir jou ... méér!

NEEM BEHEER

Stellar ® Reg. No. L8522 Wet No. 36 van 1947. Aktiewe bestanddele: Topramesoon 50 g / ℓ. Dikamba 160 g / ℓ. Versigtig.

Verwys asseblief na die produketiket vir volledige gebruiksaanwysings. Stellar ® BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk. Sestiendestraat 852, Midrand, 1685 Posbus 2801, Halfweghuis, 1685 Tel: +27 11 203 2400 Faks: +27 11 203 2461

is ’n geregistreerde handelsmerk van BASF Suid-Afrika (Edms) Bpk.

uppe marketing A07144/SC

The liquid gold rush

– it's all about water

continued from page 68

The water crisis requires that we seek solutions beyond

commercial producers, solutions that involve

every individual who strives to earn a living on the

land of the African continent. We also need to be

informed and able to lobby politicians and policy-

makers, so we need to address issues like:

• Efficient water management – We must learn

how to use “non-conventional” rather than “blue”

water. Blue water is from natural sources such as

underground aquifers, rivers and lakes, whereas

non-conventional sources are those which are

considered safe to re-use, like treated waste water

and even desalinated water. According to one

United Nations water report, over 80% of waste

water worldwide is not collected or treated.

• Seed quality – Improved varieties with shorter

growing periods.

• Improving soil fertility while still monitoring seepages

into water systems.

• Crop protection – Making crops less vulnerable to

extreme weather and pests.

• Building farmer capacity.

• Monitor and measure the impact of the agricultural

industries which are seen to threaten the

environment.

• Land audits and large-scale land purchases by

foreigners should be monitored.

• The growing competition between agriculture,

industry and human settlements for water, needs

consideration. Some of the biggest users of water

locally include Eskom and Sasol as well as

the mining industry. Interestingly, they are considered

strategic water users and are unlikely to

have their supply curtailed. Speaking at the World

Water Forum in France earlier this year, Sasol’s

sustainable water manager, Andries Meyer, said

they would be focusing on improving water use

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

FUTURE FOCUS •••

If food is the new oil, land and water are the new gold.

efficiency, but regarded other areas as significant

risks, such as municipal water conservation

management and the agricultural sector, which

also needs to manage water use more effectively.

They reported that many municipalities lose a

quarter to a third of the water they use through

leakages and they pointed fingers at producers

who are illegally abstracting water.

• Prepare to adapt to climate change through

implementation of conservation agriculture practises.

• Efficient water storage facilities could help farmers

regulate water supply and use.

• Look to wider use of solar power rather than

hydro-power.

• Plant indigenous trees which build resilience in

the face of climate change by helping conserve

water and prevent soil erosion, making farmlands

more productive and drought-resistant.

Food prices are rising steadily with no

prospect of going back down. If food is

the new oil, land and water are the new

gold. The role of politicians is crucial and

agriculture’s role players need to

participate in assessments of the impact

of water shortages on agriculture – and

the impact of agriculture on water

quality. We need to develop a common

vision, agree on shared values, be

transparent and address inefficiencies. S

Food prices are rising steadily with no

prospect of going back down. If food is

the new oil, land and water are the new

gold. The role of politicians is crucial and

agriculture’s role players need to

participate in assessments of the impact

of water shortages on agriculture – and

the impact of agriculture on water

quality. We need to develop a common

vision, agree on shared values, be

transparent and address inefficiencies. S

Jenny Mathews is a contributor to S enwes S cenario. For

more information, contact her on 082 805 6851 or send

an email to jenjonmat@gmail.com.

71

72

••• PROMOSIE-ARTIKEL: STARKE AYRES

All Sweet en Crimson Sweet-tipe basters

palm die waatlemoenmark in

DIE VERSKEIE VOORDELE WAT PRODU-

SENTE ONDERVIND WANNEER HULLE

F1-BASTERWAATLEMOENE PLANT, HET

VEROORSAAK DAT DIE GROOTSTE DEEL

VAN DIE TRADISIONEEL OOPBE STUIFDE

MARK BEGIN OORBEWEEG NA ALL

SWEET-TIPE BASTERMARKLEIERS SOOS

STAR 9905 EN STAR 9906 ASOOK

CRIMSON SWEET-TIPE BASTERS SOOS

AUDRY EN SERENA.

Tipies basters, is hulle kragtige

groeiers wat hoë opbrengste eenvormige vrugte van

uitstaande gehalte met klein pitjies lewer. ’n Verdere

voordeel van basters is dat jy minder hektaar benodig

om dieselfde aantal vrugte te produseer.

STAR 9905 is ’n vroeë- en hoofseisoen All Sweettipe

baster met groeikragtige ranke en kenmerkende

groot blare, wat die hoë opbrengs ondersteun.

Groot tot jumbo-grootte vrugte (10 kg tot 15 kg)

word gelewer. Die variëteit is ideaal vir droëland- en

besproeiingsproduksie en presteer selfs in koeler

toestande goed. Die voordele van ’n hoër opbrengs

en siekteweerstand teen Fusarium 1 en Antraknose 1

laat STAR 9905 kop-en-skouers bo die ou, oopbestuifde

variëteite soos All Sweet, uittroon.

STAR 9906 is ook ’n All Sweet-tipe baster en is

veral geskik vir die hoofseisoen. Dit presteer goed

op sowel droëland as onder besproeiing. Star 9906

se ranke is groot en lewenskragtig met ’n uiters hoë

opbrengspotensiaal van medium tot groot vrugte

(10 kg tot 13 kg) van ’n uitstekende gehalte met

helderrooi vleis en ’n hoë suikerinhoud. STAR 9906

bied sterk weerstand teen Antraknose 1 en Fusarium

1, wat hom ’n staatmaker in uiterste toestande

maak.

AUDRY is ’n Crimson Sweet-tipe baster wat

regdeur die seisoen geplant kan word. Die groeikragtige

plant het ’n hoë toleransie teen Fusarium 0

en Fusarium 1 en produseer eenvormige groot

vrugte (10 kg tot 13 kg) met uitstekende interne en

eksterne kwaliteit. AUDRY het oor die jare al oor en

oor sukses behaal deur konstante hoë produksie van

smaaklike vrugte te lewer. Produ sente wat hierdie

variëteit plant, word ook bevoor deel deur sy vroeë

bekwaamheid (83 tot 85 dae) en kan dus ’n week

voor meeste ander variëteite op die mark wees.

SERENA is ook ’n Crimson Sweet-tipe baster wat

ná sy bekendstelling verlede jaar vinnig besig is om

aanplantings oor te neem in ’n hele paar areas.

Die vrugte het ’n diep rooi kleur, ’n heerlike smaak,

weeg tussen 11 kg en 16 kg en raak bekwaam in

84 tot 86 dae. Die bykomende voordeel van Fusa -

rium 1- en Antraknose 1-toleransie maak SERENA

’n móét vir enige Crimson Sweet-tipe waatlemoenprodusent.

Vir meer inligting rakende waatlemoensaad, skakel

Starke Ayres se Produkbestuurder, Riaan Duvenhage,

by 071 106 0066. S

Vir inligting oor Starke Ayres se ander voortreflike

groentesaad, skakel kliëntedienste by 0860 782 753 of

besoek www.starkeayres.co.za.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Ds Willie Botha

Lees Matt 18:21 - 35 en Rom 12:1 - 2

Romeine is al dikwels beskou

as ’n soort kommentaar op die vier Evangelies.

Dit is ’n geliefde boek omdat dit die essensie

van ons Christelike geloof op ’n treffende manier

verduidelik. In hoofstuk 12 begin die skrywer met

die woorde: “En nou doen ek ’n beroep op julle

broers, op grond van die groot ontferming van

God...” Ons is geneig om die belangrikheid van die

woord “ontferming” mis te lees. God se ontferming

is in wese niks anders as God se genade vir ons

nie. God se genade beteken dat God vir ons die

teenoorgestelde gedoen het as wat ons verdien het.

God se genade word soms beskryf as God se vrye

guns. Dit is egter meer as dit. Wanneer jy vir iemand

’n guns doen, hou dit nie rekening met die gevolge

sou die guns nie gedoen gewees het nie. Sonder

die ontferming van God sou ons verlore wees. In die

>> DINK HIEROOR NA

God het Hom ontferm oor mense wat dit

nie verdien het nie.

Sonder God se ontferming sou ons verlore

gewees het.

God se ontferming wil dat ons ook ontferm.

Die Heilige Gees maak ons sensitief vir God

se groot ontferming.

Oktober 2012 • www.senwes.co.za

VIR DIE SIEL •••

Die groot ontferming van God

taal van Romeine word ons vryspraak wat ons deur

die geloof verkry ook as ’n tipe hofsaak verstaan.

Ons is skuldig en staan reg om veroordeel te word.

Dan kom Jesus Christus egter en hy neem ons straf

op Hom. Van daardie oomblik af word die hofsaak

nietig verklaar. Christus het in ons plek die straf

uitgedien. Dit is die groot ontferming van God!

Die verhaal van die koning wat sy boeke nagaan

en ontdek dat een van sy amptenare hom ’n groot

som geld skuld, is ’n goeie voorbeeld van die

ontferming van God (Matt 18:21 - 35). Nadat die

skuldenaar voor die koning gebring is, is beveel

dat sy vrou, kinders en al sy besittings verkoop

moet word ten einde die skuld te delg. Dan val die

skuldige egter voor die koning en smeek hom om

genade. Die koning het die man innig jammer gekry

en al sy skuld afgeskryf. Ongelukkig weet ons dat

daar ’n ander nadraai was omdat dieselfde man

nie ’n ander persoon wat hom maar ’n paar rand

geskuld het, se skuld afgeskryf het nie. In wese

gaan die verhaal egter oor die groot ontferming van

die Koning, wat natuurlik sinspeel op God.

God se ontferming oor ons wil dat ons ook

ontferm. Ons word ’n verlengstuk van God se

genade wanneer ons ook genade aan ander betoon.

Dit is egter wesenlik dat ons verstaan dat al die

goeie en mooi dinge wat ons doen nie aan ons eie

vroomheid toe te skryf is nie. Dit is maar net die

liefde en genade van God wat deur die werking van

die Heilige Gees ons onherroepbaar verander het. S

Ds Willie Botha is van die Nederduitsch Hervormde Gemeen

te op Lydenburg. Skakel hom by 082 786 3458 of

stuur ’n e-pos na wbot@absamail.co.za.>>

73

74 ••• KOMPETISIE

Geniet ’n

welverdiende

ruskans

DIT MAAK NIE SAAK OF JY VERKIES

OM MET JOU VOETE IN DIE SAND

TE SIT EN MET DIE GELUID VAN

BRANDERS IN DIE AGTERGROND

AAN DIE SLAAP TE RAAK OF EERDER

NA ’N BRULLENDE LEEU EN ANDER

SOORTGELYKE BOSGELUIDE WIL

LUISTER NIE – ’N VAKANSIE IS ’N

MOET! DIE JAAR IS BYNA WEER OP

SY KOP EN MEESTE VAN ONS HET

NET ’N VINNIGE RUSKANS NODIG

VOORDAT ONS DIE LAASTE DEEL VAN

2012 AANDURF.

Een gelukkige leser kan ’n

wegbreeknaweek ter waarde van R5 000 vir

twee volwassenes en twee kinders (onder die

ouderdom van twaalf) by enige van die genoemde

bestemmings op TradeUnipoint.com wen. Kies jou

bestemming en skryf in! Die bewys is geldig tot 21

Februarie 2013.

HOE SKRYF JY IN?

SMS die woord Senwes + Scenario

+ jou naam + jou e-posadres na

31022. Standaard SMS-tariewe geld. Die

sluitingsdatum is 2 November 2012. S

WENNER AUGUSTUS 2012: Theo van

Ellunckhuyzen van Bloemfontein het die

Leatherman gewen. Baie geluk!

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag

nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar

naam sal in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys

sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word

• Die prys kan nie vir kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur

Infoworks Media Publishing in Klerksdorp behartig.

www.senwes.co.za • Oktober 2012

SKRYF SÓ IN

SMS Senwes + Spa

+ jou naam en van

+ e-posadres na 31022.

Oktober Okt b 2012

• www.senwes.co.za

Standaard SMS-tariewe geld.

Sluitingsdatum:

2 November 2012

LEEFSTYL: FEATHER HILL SPA •••

Vriendinne,

kom kuier saam by

F eather H ill Spa

Tien vroue kan op 16 November

elk ’n vriendin saambring om ’n dag van

pret, vermaak en ontspanning by Feather

Hill Spa (Potchefstroom) te geniet. Die

dag se verrigtinge sal om 08:00 begin en

omstreeks 17:00 eindig. Aangesien hierdie

maand se tema oor selfversorging handel,

sal die kompetisiewenners en hul vriendinne

onder andere meer leer oor hoe die Bruid vir

Christus haarself na Gees, Siel en Liggaam

moet versorg. Dit is ’n gebeurtenis wat

eenvoudig nie misgeloop kan word nie! S

www.featherhillspa.com

(018) 285-1050

073 776 7756

WENNERS AUGUSTUS 2012

Die volgende persone het elkeen ’n Spa-dag by Feather Hill gewen. Baie geluk!

Hannie Carstens (Ventersdorp), Let van Aswegen (Ventersdorp), Rochelle Viljoen (Potchefstroom), Colleen Wilkinson (Ottosdal), Mardine

Jersich (Klerksdorp), Herman Fourie (Klerksdorp), Rensche Nortje (Carletonville), Veronica Meiring (Ventersdorp), Carien van der Merwe

(Leeudoringstad), Annalize Brits (Bothaville), Charlotte Cilliers (Potchefstroom), Tillie Bosman (Potchefstroom), Susan Hamilton-Hall

(Klerksdorp), Koba Jacobs (Klerksdorp), Ronel Fourie (Lichtenburg), Sanet Venter (Wolmaransstad).

Werknemers van Senwes en naaste familie van ’n Senwes werknemer mag nie inskryf nie • Die wenner sal telefonies in kennis gestel word en sy/haar naam sal

in die volgende uitgawe van Senwes Scenario verskyn • Die prys sal na die naaste Senwes Village gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys kan nie vir

kontant verruil word nie • Die prystrekking word deur Infoworks Media Publishing in Klerksdorp behartig.

75

Manne geniet ’n welverdiende ruskans

Die wenners van die mannedag, wat op 17 Augustus

by Feather Hill Spa gehou is, is deur Johan Grobler

welkom geheet en het die dag terdeë geniet. Op

die foto is, voor: Dirk Cilliers en Janel Grobler

(Bestuurder: Feather Hill Spa).

Agter: Johan Meyer, Toenie Nieuwoudt,

JB Reynders, Gustav Kruger en Johan Grobler.

76 ••• IN MY VISIER

Hoe mooier die pronker

Sy geel sokkies. Dit is wat die

bul weggegee het. Njalabulle het pragtige helder,

oranje-geel onderbene en dit is een van dié bene

wat my oog gevang het.

Die son het nog op die rand van sy kooi gesit,

traag om die dag aan te pak, toe ek die Toyota

parkeer en die windrigting toets. Oorkant ’n kloof

het ses kameelperde langnek vir my staan en kyk.

Ek het die 30-06 oor my skouer gegooi en met ’n

draai begin aanstap in die rigting van die kloof waar

ek en ’n njalabul die vorige dag skramsweg kennis

gemaak het.

Dit was koud en daar was reeds tekens dat die

wind oor die rante en deur die klowe wou galop. Ek

het onder by die groot dwarskloof, die een waarin

die rivier loop, gaan draai en teen die fris windjie op

genavigeer na waar die bosbedekte hang skuinslinks

voor my gelê het. Met die verkyker voor my

oë het ek kort-kort minute lank getalm om elke

sonkolletjie noukeurig te betrag. Sou ’n njala daar

hitte kom soek, was dood sy voorland. Die oop kolle

het egter my leeg bly koggel.

Die kloof onderkant die hang waarteen ek gesoek

het, het amper reg wes geloop en vorentoe in

twee vertak met een loper wat skerp suid geswaai

het. Bo daardie uitloperkloof het die rant ’n hang

gemaak wat lokkend in die oggendson lê en sluimer

het. Ek het onder ’n kiepersolboom gaan sit en my

verkyker die soekwerk laat doen. Na 20 minute was

ek oortuig dat ook daar geen lewe was nie. Miskien

moes ek aanvaar dat ’n njala my nie beskore was

nie. My voete het buitendien begin koud raak, dus

het ek opgestaan en aanstaltes gemaak om aan

te stap. Ek het egter nog een maal die verkyk-oë

oor die hang laat gly en dit is toe dat die stukkie

geel skielik in die lens vassteek. Dit was net ’n klein

stukkie geel agter ’n groot donkergroen bos wat

bewegingloos in die verkyker se beeld bly talm het.

En toe…Na minute beweeg dit effens vorentoe. Dit

was inderdaad ’n njala.

Ek sou reguit moes afstap teen die rant en ’n

diep, digbegroeide sloot kruis. Dan sou ek al langs

Koos Barnard

die digste bosse teen die oorkantste hang moes

beweeg na waar die uitloper suid draai. Eens daar,

sou ek hopelik oor die kloof ’n skoot op die bul

kry…As hy nog daar was en as hy groot genoeg

was. Ek het stadig gevorder, maar gelukkig was die

wind, wat met groter ongeduld aan my klere begin

pluk het, in my guns.

So 50 treë van die kloof af het die bome effens

minder dig begin bondel en ek het een vlugtige blik

op die njala gekry voor die bos hom weer ingesluk

het. Hy was ’n mooi bul. Ek het plat op my boude

gaan sit en versigtig aangeskuifel na ’n doringboom

vanwaar ek ’n groter gedeelte van die hang sou kon

sien. Daar aangekom, kon ek nie verder nie, want

vier koedoes het onder in die kloof, skaars 50 treë

weg, teen die koue wind geskuil. Die njala het

skielik weer verskyn, maar voordat ek kon reageer

agter ’n bos gestop met net sy agterkwart sigbaar…

Steeds geen skoot nie. Dit was baie koud, die wind

het moedswillig sterk geraak en kwaai begin dwarrel

waar ek gesit het. Die koedoes móés my een of

ander tyd ruik.

Toe die onvermydelike gebeur, het hulle vinnig

laat spaander en so ook die njala. Ek het bewend in

die koue wind bly sit en gelate aanvaar dat my jag

verby was. Sekondes later sien ek dit egter weer…

Oranje-geel kouse effens hoër op teen die rant. Die

volgende oomblik kom vyf njalabulle in sig waarvan

die agterste een ’n pragbul was. Die 30-06 het

outomaties my skouer gesoek en die kruishaar het

teen die bul se blad op gebewe en toe vasgeklou.

Dertig treë. Dit is hoe ver die bul gevorder het

nadat die koeël getref het. Ek het ’n paar minute

doodstil bly sit. Was dit nie vir daardie pragtige

oranje-geel bene van die eerste bul nie, sou ek nie

my bok gehad het nie. Tog snaaks, het ek gedink,

hoedat skoonheid soms ’n Achilleshiel kan wees. By

mense ook; as jy wil pronk met iets moet jy bereid

wees om die gevolge te dra…Almal van hulle. S

Koos Barnard is ’n voltydse jagskrywer.>>

www.senwes.co.za • Oktober 2012

Ko

THE LEGEND

AT WORK

NEW JONSSON LEGENDARY RANGE NOW AVAILABLE

AT SELECTED SENWES STORES

Bultfontein, Heilbron, Koppies, Parys, Oberholzer, Ventersdorp, Wesselsbron, Welkom,

Vereeniging, Jan Kempsdorp, Potchestroom

www.senwes.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!