02.05.2013 Views

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BRANDMERK BRANDMERK BLY BLY AMPTELIKE AMPTELIKE IDENTIFIKASIE

IDENTIFIKASIE

Daar heers tans onduidelikheid oor watter

vereistes geld rakende die identifikasie

van beeste wanneer produsente

besendings bemark na abattoirs. Enkele gevalle

het onlangs weer voorgekom waar produsente

nie by Meatco beeste kon aflaai nie as gevolg van

brandmerke wat om een of ander rede nie

aanvaarbaar was nie.

Na aanleiding hiervan het die Ring ‘n onderhoud

met Dr. Archie Norval, Waarnemende Direkteur

van die Direktoraat Veeartseny, gevoer om meer

duidelikheid oor die onderwerp te bekom.

Volgens Dr. Noval is en bly die enigste amptelike

merk vir die identifikasie van die eienaar en dier,

die brandmerk soos neergelê deur die “Stock

Brands Act no. 24 van 1995”. “Weens die

onsekerheid oor hoe die Europese Gemeenskap

die identifikasie van beeste sou interpreteer, omdat

brandmerke soms onduidelik is, het Veeartseny ‘n

interim oplossing geimplimenteer waarvolgens die

brande van diere ondersteun kon word deur òf ‘n

oorplaatjie òf ‘n verfmerk (op die rug van die dier)

wat ooreenstem met die wettige onduidelike

brandmerk”, sê Dr. Norval.

Dié reëling is egter misbruik deurdat sommige

produsente in beginsel die aanbring van ‘n wettige

brandmerk op beeste ignoreer het en diere vir

verslagting gelewer het waarvan hetsy die

verfmerk, of die oorplaatjie nie met die wettige

brandmerk ooreengestem het nie. Volgens

VAN VAN BEESTE

BEESTE

Dr. Norval bly dit die hoofrede waarom sommige

produsente se diere nie by abattoirs vir bemarking

aanvaar kon word nie.

Dr. Norval het ook tydens die onderhoud bevestig

dat dié reëling nog van krag is. Die reëling behoort

egter binnekort herroep te word wanneer die

naspeurbaarheid van diere in totaliteit

aangespreek en toegepas word.

Gegewe hierdie inligting

voorsien deur Veeartseny, vind Agra

dit noodsaaklik om die volgende

aan produsente te kommunikeer:

Hoewel Veeartseny nog ‘n skriftelike verklaring

moet uitreik oor wat presies aanvaarbaar sal

wees en wat nie, kan produsente nou reeds

met 100% sekerheid aanvaar dat die wettige

brandmerk die essensiële identifikasie sal

wees wat op beeste sal moet verskyn.

Die brandmerk moet duidelik leesbaar

wees. Uitsonderings in die verband sal nog

steeds toegelaat word tot tyd en wyl finale

voorskrif deur Veeartseny gekommunikeer

word. Dit beteken dus dat waar ‘n besending

‘n persentasie swak leesbare brandmerke

vertoon en hierdie kleiner gedeelte van die

besending dan met oorplaatjies of selfs ‘n

verfmerk ondersteun word, dit dan voorlopig

nog so aanvaar sal word by die abattoirs.

Enkele onleesbare brande kan dus deur ‘n

oorplaatjie/verfmerk ondersteun word, maar

produsente moet verseker dat die plaatjie/

verfmerk ooreenstem met die laaste brand op

die bees.

Indien die hele besendings beeste onleesbaar

gebrand is sal dit nie aanvaar word nie, ten

spyte van die feit dat die diere dalk geplaat/

geverfmerk is.

Brandmerke moet korrek op die permit

(en plaatjie/verfmerk) aangedui word.

Diere met verskillende brande arriveer by die

abattoir in ‘n besending met slegs die eienaar

se brand (een brandmerk) op die permit

ingevul of op ‘n oorplaatjie aangebring. Die

dokumentasie en / of die ondersteunende

identifikasie stem dan nie ooreen met die merke

op die beeste nie. Sulke besendings lewer

oneindige probleme en sal teruggestuur word.

Alle aanduidings is dat

leesbare brandmerke noodsaaklik

is en beslis die voorskrif in die

nabye toekoms sal wees.

Agra adviseer dus produsente om te verseker dat

bees duidelik gebrand is by versending ten einde

probleme te voorkom.

BOK TELER PRESTEER UITSONDERLIK IN SUID AFRIKA

Mnr. Kobus van Wyk, ‘n bok teler uit die

Aranos-distrik, het in Januarie 2004 drie

Wêreldkampioene opgelewer tydens die

kampioenskap wat op Worcester gehou is.

Uit die 22 deelnemers het hy die algehele derde

plek behaal met sy inskrywing van 17 bokke (agt

ramme en nege ooie). Sy diere het drie eerste en

twee reserwe kampioen plekke verwerf. In die

afdeling 25-40kg is sy ramlam met die eerste plek

vereer terwyl hy ook die afdeling bo 70kg gewen

het. Sy ooilam het in die afdeling 35-45kg ‘n eerste

plek behaal. Die afdeling ooilam 20-35kg het hy

ook gewen.

Besoekers uit Amerika, Australië en Brasilië het

ook die kampioenskap bygewoon.

Pajero, mnr. van Wyk se Namibiese Kampioen

ram van 2003, het in sy afdeling die derde plek

behaal.

Mnr. van Wyk hou op 13 Mei 2004 ‘n

produksieveiling op Mariental.

www.agra.com.na 1

Maart/March 2004

Die Bemarkingsafdeling het verlede jaar

tydens ons kliëntediens navorsing

ook navraag by u as leser gedoen

oor die doeltreffendheid, aantreklikheid en

leesbaarheid van die Ring. Na maande se

beplanning lewer ons dié maand ons eerste

uitgawe met ‘n nuwe ontwerp en uitleg.

Hoewel die Ring se hoofdoel kommunikasie

na Agra lede is, in besonder die produsent,

sluit ons vanaf volgende maand ook twee nuwe

staande rubrieke vir die dames in – Tuinbou

en Huis wenke vir die vrou.

In hierdie uitgawe se hoofartikel word die

vereistes rakend die identifikasie van beeste

wanneer produsente besendings bemark na

abattoirs van nader beskou. U word ook op

hoogte gebring rakende die stand van die

Europese Gemeenskap se verslag oor

inspeksies.

Agra Otjiwarongo is tans besig met die

beplanning van die Omatjenne Inligtingsdag

wat plaasvind op 21 April 2004. Die verrigtinge

wat reeds vanaf vroeg die oggend begin sal

verskeie interessante onderwerpe vir beide

mans en dames bied. Die artikel op bladsy 2

vertel meer oor wat u daardie dag te wagte

kan wees.

Ingevolge ‘n direksie besluit wat in Junie 2003

geneem is om nie-winsgewende takke te sluit,

is die Otjiwaneho tak gedurende Oktober 2003

op ‘n tender uitgeplaas en toegeken aan Mnr.

B. Malan. Mnr. Malan huur tans die eiendom

van Agra waarvandaan hy sy besigheid

bestuur.

Ook die Kamanjab tak van Agra is op 29

Februarie 2004 gesluit. Mnr. en Mev.

Robberts wie voorheen werksaam was by

Agra, het die winkel oorgeneem en bedryf hulle

eie besigheid, North-West General Dealer,

vanaf 1 Maart 2004. Mnr. Robbers sal egter

voortgaan om ‘n agentskapsrol vir Agra

Lewendehawe op Kamanjab te vervul.

Met Paasnaweek wat voorlê wens die redaksie

u spesiale tyd saam met u familie toe.

Koöperasie groete

Lélanie Farmer

Bemarkingsbeampte

Tel. 061 - 290 9299

Fax. 061 - 290 9250

Privaatsak 12011

Windhoek

E-pos: lelanie@agra.com.na

Interessante Omatjenne Inligtingsdag word beplan

Na die suksesvolle Inligtingsdag wat verlede

jaar te Omatjenne aangebied is, beloof

dié dag om vanjaar nog meer besonders te

wees. Dié geleentheid wat weer deur die Otjiwarongo

tak van Agra aangebied word, sal vanjaar plaasvind op

21 April 2004. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan

Mnr. Wolfie von Wielligh wie weer vanjaar die Omatjenne

fasiliteite beskikbaar stel vir die geleentheid.

Standard Bank tree as hoof borg op, terwyl Virbac,

N-Wes Fosfaat en Intervet ook borgskappe vir die

geleentheid beskikbaar gestel het. Dié dag, wat

ondermeer ‘n heerlike saamkuier geleentheid vir die

boerdery gemeenskap is, het ook ten doel om inligting

rakende boerdery praktyke en produkte aan kommersiële

en kommunale boere oor te dra.

Die verrigtinge wat reeds vanaf 7h00 begin, sal verskeie

interessante onderwerpe vir beide mans en dames bied.

Sprekers tydens die geleentheid sluit in:

Arnold Klein, Hoofbestuurder van Handel by Agra, sal

‘n oorsig rakende die stand en toekoms van Agra gee.

Mnr. Pieter Hugo, Senior Bestuurder van Lewendehawe

by Agra, sal die onderwerp “Kleinvee produksie in

Namibia – Gister, Vandag en Môre”, hanteer. Standard

Bank sal inligting verskaf oor finansiële produkte wat tot

beskikking van die produsent is.

N-Wes Fosfaat se spreker, Prof. Izak Groenewald, is

verbonde aan die Sentrum vir Volhoubare Landbou aan

die Vrystaatse Universiteit en tree op as N-Wes Fosfaat

se voedingskundige. Die onderwerp waaroor hy sal

gesels is “Evaluering van ekstensiewe, optimale,

ekonomiese rooivleisstelsels en verskeie

bestuurspraktyke”. Phlip Niemann, die bestuurder van

N-Wes Fosfaat in Vryburg sal ook die dag teenwoordig

wees.

Virbac se Groep Produkbestuurder, Dr. Lourens

Havenga, sal die onderwerp “Die belangrikheid van

mikro-minerale in produksie, reproduksie asook in die

voerkraal”, hanteer. Ander Virbac verteenwoordigers wie

die dag teenwoordig sal wees, is Mnr Hendrik van

Niekerk, Mnr. Johan Louw en Mnr. Leon Burger.

Dr. Francois Malan of soos almal hom ken, Dr. Faffa,

wat gereeld die artikel “Vra vir Faffa” in die

Landbouweekblad behartig, is die hoof van Intervet se

VSD afdeling. Hy sal die namiddag ‘n praktiese

werkswinkel aanbied wat handel oor wurms. Mnr. Wolfie

von Wielligh van Omatjenne het vir die dag ‘n bees en ‘n

skaap geskenk wat geslag sal word om die hantering

van inwendige en uitwendige parasiete te illustreer. Die

werkswinkel staan bekend as “Dr. Faffa se wurm

werkswinkel”. Mnr. Louw van der Merwe, die

verteenwoordiger van Intervet in Namibia, sal ook die

dag teenwoordig wees.

Soos verlede jaar sal ‘n aparte program ook vir die

dames aangebied word. Barloworld Plascon sal die

dames vergas met verf idees and tegnieke, aangebied

deur Sharon Barnard en Henry Hoepfner. Mnr. Liebchen

van Namcas sal meer gesels oor “natuurlike worsderms

en speserye”. Dames sal ook meer inligting kan bekom

oor Efekto en nuwe produkte wat nou beskikbaar is,

aangebied deur Riaan Momberg van die Agra Distribusie

Sentrum.

Die Vleisraad in samewerking met Hartlief (Mnr. Raith)

sal ‘n praatjie aanbied oor die versnitting en verwerking

van ‘n karkas. En die reeds bekende Mev. Gretel

Briedenhann sal weer die dames se skat vermoëns

toets, met “Wat skat jy weeg die meel, of hoeveel knope

is in die bottel, of hoeveel kos die rok?” Aanloklike

pryse is op die spel met dié kompetisie.

Verskeie uitstallers het ook reeds hulle bywoning vir

dié dag bevestig en ‘n spesiale tydgleuf is ingeruim

vir besoeke aan die stalletjies. Uitstallers wie reeds

bywoning bevestig het, is:

Bayer: Mnr Marius Alberts, verteenwoordiger

Janssen Animal Health: Erwin Strubing,

verteenwoordiger

Willard Batteries: Christo Maritz, verteenwoordiger

Namox: Carlie Schafer en Arno van Wyk, verskaffers

van gas in Namibia

Harding Treated Timbers: Paul Coetzee, vanaf Natal.

Meadow Feeds: Johan Laubcher, vanaf Welkom in die

Vrystaat.

Alpha Cement wat nou bekend staan as Holcim

Group: Frank Reyneke, met sy bekende sleepwa wat

die musiek die aand sal verskaf.

Jovi Civils: Johan Theron, Sweis roosters, lekbakke,

donkies en baie ander produkte

BP: Leon Retief, vanuit Walvisbaai

Shell: Leon Coetzee, verteenwoordiger in Namibia

Pfizer: Adriaan Louw, verkoopsverteenwoordiger in

Namibia

Molatek: Henk van der Westhuizen, Streeksbestuurder

van Namibia, vanuit Bloemhof in SA, en David Botha,

verteenwoordiger van die Noorde van Namibia

Voermol: Barry van der Walt, verteenwoordiger in

Namibia

Voermeester: Willie Grobler, verteenwoordiger

Merial: Magda Engels: verteenwoordiger in Namibia

KK Animal Nutrition: Cecile Guest of Dirk Cloete, beide

vanaf Suid Afrika

Bushwacker: Peet Hatting, vanuit die Transvaal, met

bosgif

Total: Mias Vermaak, verteenwoordiger van Total in

Otjiwarongo

Namibia Beverages: Stel ‘n tent beskikbaar vir die dag

en pryse

Arcto: Piet van Zyl met sy robleerskoene

Springbokskoeisel: Jan Lucas vanaf Springbok in Suid

Afrika

Agra Distribusie Sentrum: Die uitstalling van die

volgende verskaffers se produkte, wat ook pryse geborg

het: Lister, Cemo pompe, Jooste silinders en Efekto

Safari Den: Buitelug en kampeer toerusting en

produkte

Wire Industries: Callie van Greunen

Starke Ayres: Sebulon Hansen met ‘n uitstalling van

saad

Al bogenoemde uitstallers het ook pryse geskenk wat

later die aand deur middel van ‘n prystrekking uitgedeel

sal word. Ons dank gaan ook aan Namib Mills, Meatco

en Agrinet wat donasies, pryse en geskenkpakke

beskikbaar gestel het.

Die amptelike verrigtinge sal teen ongeveer 18h00 ten

einde loop, waarna ‘n heerlike “steak” braai gehou sal

word en die prystrekkings en uitdeling sal plaasvind.

Heerlike musiek en saamkuier word beplan tot laat aand.

Indien u die dag graag wil bywoon, skakel

asseblief vir Mariaan by Agra Otjiwarongo,

by 067-303101 of 081 122 3314, voor

16 April 2004 om u bywoning

te bevestig.

2 Maart/March 2004

www.agra.com.na

EG Verslag lei tot

AKSIEPLANNE

Tydens die Ring se onderhoud met Dr.

Archie Norval van die Direktoraat

Veeartseny, is ook navraag gedoen oor

die stand van sake rakende die Europese

Gemeenskap se verslag oor verlede jaar se

EG-inspeksies.

Hierop het Dr. Noval geantwoord: “Alle tegniese

aspekte wat onmiddellik deur die Direktoraat

aangespreek kon word, is reeds gehanteer.

Ander aspekte wat in die verslag uitgewys is

as onvoldoende (en wat nie noodwendig

Veearseny se sertifisering direk beïnvloed nie),

sal aangespreek word deur verskillende

rolspelers in die industrie. Die Direktoraat

Veeartseny is tans besig om regstellende aksies

in reaksie op die verslag te finaliseer vir

voorlegging aan die Kabinet.

Die wye implikasie van personeeltekortkominge

wat in die verslag uit gelig is,

kan byvoorbeeld alleenlik aangespreek word

indien die regering die Ministerie van Landbou,

Water en Landelike Ontwikkeling se voorstelle

soos voorgestel aan die Kabinet, sal aanvaar.

Regstellende aksies soos omskryf in die

aksieplan wat deur die Direktoraat Veeartseny

aan die EG voorgestel word, is redelik

ingrypend en behels nie net aksies wat binne

die Direktoraat se verantwoordelikheid val nie.

Dit lê baie beslis ook op die vlak van die

produsent en die industrie. Dit moet gesien

word as gesamentlike pogings van die hele

industrie om sy mark in die EG en die res van

die wêreld te behou.”

Die Ring sal meer inligting oor die aksies aan

produsente kommunikeer sodra dit bekend

gemaak is.

VEILING

DONDERDAG 8 APRIL 2004

10:00 AUAS VALLEY

INKOOPSENTRUM

AANBOD

• 1996 Toyota Camry 2000 N 28956 W

1996 Toyota Camry 2000 N 79781 W

1989 Ford Bantam 1600 N 45692 W

1996 Toyota Hilux 2200 N 1803 AR

Klerasie

Meubels

Kampeertoerusting

Navrae: Mev Y Burger Tel (061) 290 9257

Mnr M Holdt Tel (061) 290 9205

Doeltreffende lekaanvulling van Somer na Winter

Pieter Oosthuizen (KK Animal Nutrition)

Dit is algemeen bekend dat reënval en klimaat ‘n invloed op veld en grasproduksie het en dat dit ‘n proses is wat

geleidelik oor tyd plaasvind. Om dié rede moet lekaanvulling voortdurend by heersende veldtoestande aangepas

word ten einde volgehoue diereprestasie te verseker. Oorgangslekke word daarom aanbeveel gedurende die

oorgangsperiode van somer na winterweiding en dus die oorskakeling van fosfaat- na proteïenlekke.

Somerweiding aan die begin van die seisoen voorsien gewoonlik voldoende energie en proteïen om aan die

onderhoudsbehoeftes van weidende diere te voldoen, maar het ‘n tekort aan fosfor. Dit is daarom algemene praktyk

om sout -fosfaatlekke (verryk met spoorminerale) gedurende die somerseisoen te supplementeer (sien Lek 1). Die

vraag is egter of die proteïenvlak van veldweiding later in die somerseisoen steeds voldoende is?

Die meeste grasspesies skiet saad tydens die maand van maksimum reënval, waarna die proteïen inhoud weer

begin daal, die veselinhoud begin toeneem terwyl die verteerbaarheid van die weiding begin afneem. Namate die

reënval begin afneem en die grasse verouder, verander die verhouding tussen blaar en stam, en alhoewel die

inherente energiewaarde steeds genoeg is om aan die onderhoudsbehoeftes van diere te voldoen, kan die dier dit

vanweë die laer proteïeninhoud nie doeltreffend benut nie. Hierdie afname in voedingswaarde en verteerbaarheid van

weiding, beteken dat die dier minder voedingstowwe inneem, wat massaverlies tot gevolg het en diereprestasie

uiteindelik nadelig affekteer.

Dit is belangrik om daarop te let dat fosfor nie doeltreffend benut kan word as die proteïen en energie-inname van die

dier laag is nie. Gevolglik sal fosforaanvulling slegs ‘n respons gee wanneer die vlakke van veral proteïen (8.1 –

9.4%) en energie voldoende is en fosfor die voedingstof is wat prestasie beperk. Inname en vertering van weiding

word oor die algemeen beperk as die proteïen– inhoud daarvan minder as 7% (op ‘n DM-basis) is. Vleisbeesprodusente

moet dus oplet of diere kondisie behou op slegs sout- fosfaat aanvullings in die vroeë herfs seisoen.

Oorgangslekke word dus gebruik om die oorgang van groen weiding, wanneer fosfaat die grootste tekort is, na droë

volwasse weiding, wanneer proteïen die grootste tekort is, suksesvol te oorbrug. ‘n Oorgangslek is daarom niks anders

as ‘n sout - fosfaataanvulling waarby ‘n klein hoeveelheid ureum gevoeg word nie. Die ureum en fosfaatbron voorsien

beide proteïen en fosfor aan die dier en die mikrobes in die rumen, om optimale vertering en inname van volwasse

somerweiding wat saad geskiet het, te verseker. Kalori 3000/ Melasse meel (vinnig beskikbare energie-bronne) en

Voergraad Swael word ook by die lek gevoeg om die optimale benutting van ureum te verseker. (sien Lek 2).

Die doel met die gebruik van ‘n oorgangslek by vleisbeeste is om te verseker dat teeldiere die winter in ‘n goeie

kondisie tegemoet kan gaan, wat ook tot hoër speenmassas van kalwers behoort te lei. Die kondisie van teeldiere

gedurende die herfs tot lente (in somerreënvalgebiede) hou ook direk verband met hul vermoë om herbeset te raak in

die daaropvolgende somer. Om die redes word oorgangslekke reeds deur verskeie produsente as ‘n standaard

praktyk in hulle huidige supplementeringsprogram gebruik. ‘n Ander voordeel met die gebruik van ‘n oorgangslek is

dat diere reeds gedeeltelik op ureumbevattende lekke aangepas is by die aanvang van die winterseisoen. Diere

oorvreet hulle dus nie aan winterlekke nie en sodoende word die risiko van ureumvergiftiging verminder. Normaalweg

word oorgangslekke na die eerste goeie ryp met ‘n proteïenlek (winteronderhoudslek) vervang (sien Lek 3).

Tabel 1. Lekke vir Beeste.

Grondstowwe

Mieliemeel / Hominy chop*

Sout

Voergraad Ureum

Kimtrafos 12 / Fermafos 12

Kalori 3000 / Melasse Meel

Voergraad Swael

TOTAAL

Aanbevole inname g/ bees/ dag

Beraamde samestelling

Ruproteïen (%)

Ca (%)

P (%)

Lek 1

Somer- fosfaatlek

Kg/mengsel

450

500

50

1000

100 - 200

Lek 1: Somer- fosfaatlek waarin die belangrikste spoorminerale aangevul is in die regte verhouding tot fosfaat. KK

Animal Nutrition vervaardig ook klaargemengde Somer- fosfaatlekke nl. Kimtrafos 6 (P6) en Fermafos 6 (P6), wat

reeds die regte hoeveelheid sout bevat om innames te reguleer en kan dus ongemeng aan diere verskaf word.

Lek 2: Die Oorgangslek het ten doel om voldoende proteïen en fosfor aan die weidende dier te voorsien vir die

optimale benutting en vertering van volwasse somerweiding wat saad geskiet het.

Lek 3: Winteronderhoudslek (proteïen-lek) vir vroeg- dragtige vleisbeeskoeie sonder kalwers op droë winterweiding.

Samevatting

Lekaanvulling moet voortdurend by heersende veldtoestande aangepas word ten einde optimale benutting en vertering

van beskikbare weiding en sodoende volgehoue diereprestasie te verseker. Oorgangslekke sal verseker dat diere

nie onnodig massa verloor met die oorgangsfase van somer na winterweiding en dus van fosfaat- na proteïenlekke

nie. Hierdie aanpassing in lekaanvulling behoort gevolglik ‘n positiewe respons op die algemene produksie en

reproduksie van die kudde te hê.

Vir meer tegniese inligting of lekresepte skakel gerus ‘n KK Animal Nutrition Voedingkundige by (012) 663 4747

www.agra.com.na 3

Maart/March 2004

11.8

6.0

Lek 2

Oorgangslek

Kg/mengsel

450

75

300

120

5

980

250 - 300

23.2

7.6

3.8

Lek 3

Winter Onderhoudslek

Kg/mengsel

250

350

150

150

50

7

957

350 - 500

* Mieliemeel/ Hominy Chop kan met Melassemeel vervang word (1:1) in die Winteronderhoudslek. Melassemeel is smaaklik en innames moet gereguleer word.

50.9

4.2

2.0

Decrease in Interest Rates

The Board of Directors of the Agribank, by a resolution

dated 25 February 2004, decreased interest rates with

effect from 15 March 2004 as follows:-

Long-term loans to decrease by 0.50% from 10.25%

to 09.75%

Medium-term loans to decrease by 0.50% from 10.75%

to 10.25%

Short-term loans to decrease by 0.50% from 11.75%

to 11.25%

National Agricultural Credit Programme (NACP) loans

to decrease by 0.50% from 10.25% to 09.75%

The above rate decreases will be monthly compounded

and adjustments on client accounts will be effected by

15 March 2004.

INVITATION TO TENDER

Tenders are hereby invited

for the purchase of the following

residential property together

with improvements:

Certain Erf No. 105

Situated in the Town

Kamanjab

Registration Division “A”

Measuring 1138 m 2

(One thousand one hundred

and thirty eight) Square

Meters

Held by Deed of Transfer

No. T 1033/1981

Tender Documents are available

at Agra Head Office,

8 Bessemer St. Southern

Industrial Area Windhoek or

North-West General Dealer,

Kamanjab (Old Agra Branch)

Closing Date: Tenders must

be submitted before Friday

16 April 2004 by 12:00 at Agra

Head Office, 8 Bessemer St.

Southern Industrial Area,

Windhoek.

Contact Person: Mr M Holdt

Senior Manager:

Agra Properties

Tel: (061) 290 9205

Fax: (061) 290 9250

P

R

E

S

S

R

E

L

E

A

S

E

IFTF RELEASES LATEST FUR SALES FIGURES – Worldwide Trade Continues To Rise

According to the latest survey undertaken by the International Fur Trade Federation (IFTF)

the global value of retail sales of fur garments, trim and accessories increased by some 4% in

the year 2002-2003 to a figure of $11.3 billion.

The figure, which covers the sale of fur in the 29 countries represented within IFTF’s membership,

marks the fifth annual increase since IFTF began compiling annual results.

“The increase in turnover represents a very strong achievement, considering the

economic difficulties faced by a number of countries included in the survey”,

commented IFTF Chairman Andreas Lenhart. “The fur trade has in fact done remarkably well

in the present climate, when many luxury brands have been having a very tough time.” Mr.

Lenhart went on to explain that the fur trade is holding its own so well because the sector has

transformed and re-invented fur to meet the needs and desires of the modern customer. New

techniques in manufacturing and dressing fur mean that it now has a lightness and versatility

that makes it ever more attractive to designers and consumers alike.

For further details: pressoffice@iftf.com

4 Maart/March 2004

www.agra.com.na

www.agra.com.na 5

Maart/March 2004

www.agra.com.na

KARAKOEL RAMVEILING

Onder die beskerming van die Karakoeltelersgenootskap van Namibië.

STAMPRIET BOERDERY

(CJS & JG van der Wath)

DONDERDAG, 22 APRIL 2004

10:00

KEETMANSHOOP SKOUGRONDE

AANBOD

18 Swart Geregistreerde Ramme

2 Grys Geregistreerde Ramme

10 Swart Nie-geregistreerde Ramme

1 Grys Nie-geregistreerde

Ram

2 Wit Nie-geregistreerde Ramme

Navrae:

George Pearson

063 - 240 378 of 081 288 2261

www.agra.com.na

Eerste Melkbees Produksieveiling

Ondjaba Holsteins - P Mutschler

29 April 2004

10:00

Plaas: Highlands Nr 600, Grootfontein

60 Geregistreerde Holstein Koeie:

10 Koeie vars in melk

30 Dragtige koeie in melk

20 Dragtige verse

asook

3 Holstein bulle

5 Jersey bulle

6 Maart/March 2004

www.agra.com.na

Navrae:

P Mutschler: 067 -243 652

Kiep Lepen: 061 - 290 9220 / 0811 240 648

E-pos: kiep@agra.com.na

Japie Bestebreurtje: 061 - 290 9263 / 0811 242 406

E-pos: japie@agra.com.na

AGRA Veilings: April 2004

Website: www.agra.com.na

Donderdag 01 Graal, Mariental 10:00

Otjiwarongo 10:00

Vrydag 02 Karakoel Ramveiling, Keetmanshoop 10:00

Gobabis 10:00

Losgoedveiling: Plaas Okaputa Nr 334, Otjiwarongo 10:00

Maandag 05 Windhoek Kleinvee 14:00

Dinsdag 06 Hoecon Dorpers, Uhlenhorst 10:00

Gibeon, Mariental 10:00

Rehoboth Grootvee 10:00

Woensdag 07 Bethanie 10:00

Losgoedveiling: Hannover Nr 549, Otavi 10:00

Donderdag 08 Berseba, Keetmanshoop 10:00

Dinsdag 13 Outjo 10:00

Woensdag 14 Asab, Mariental 10:00

Korridor 13, Gobabis 10:00

Grootfontein 10:00

Donderdag 15 Samehaling, Aroab 10:00

Otjiwarongo 10:00

Dinsdag 20 Sandputz, Keetmanshoop 10:00

Kamanjab 10:00

Okahandja 10:00

Woensdag 21 Nomtsas, Maltahöhe 10:00

Aranos 10:00

Otavi 10:00

Donderdag 22 Stampriet Boerdery, Mariental 10:00

Vrydag 23 Northern Select Female, Grootfontein 11:00

Mariental 10:00

Gobabis 10:00

Dinsdag 27 Keetmanshoop 10:00

Rehoboth Kleinvee 10:00

Woensdag 28 Karasburg 10:00

Grootfontein 10:00

Donderdag 29 Otjiwarongo 10:00

Windhoek Grootvee 10:00

Vrydag 30 J Adriaanse, D Oberholster, P A Karsten

& H Eberhardt, Karasburg 10:00

Kleinvee Aanteelveiling 10:00

www.agra.com.na

KARAKOEL RAMVEILING

Onder die beskerming van die Karakoeltelersgenootskap van Namibië.

GESOGTE PELS PRODUSERENDE RAMME

(WS/GAL en WS) WORD AANGEBIED

VRYDAG, 2 APRIL 2004

10:00

KEETMANSHOOP SKOUGRONDE

AANBOD

24 Swart Geregistreerde Ramme

2 Wit Geregistreerde Ramme

3 Swart Nie-geregistreerde Ramme

9 Wit Nie-geregistreerde Ramme

TELERS

Lovedale • P. Jacobs • Riethof • D. Louw • Stampriet Boerdery

H.J. van Wyk • R. von Hase

(Produsente wat sukkel met kwaliteit / te veel materiaal op die pels -

Hierdie is die geleentheid om die regte ram te koop)

Navrae:

George Pearson

063 - 240 378 of 081 288 2261

www.agra.com.na

KARAKOEL RAMVEILING

Onder die beskerming van die Karakoeltelersgenootskap van Namibië.

P.A. KARSTEN

VRYDAG, 30 APRIL 2004

10:00

KARASBURG VEILINGSKRALE

AANBOD

2 Swart Geregistreerde Ramme

20 Swart Nie-geregistreerde Ramme

(Gasverkoper tydens Jan Adriaanse se Dorperveiling)

Navrae:

George Pearson

063 - 240 378 of 081 288 2261

www.agra.com.na 7

Maart/March 2004

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!