02.05.2013 Views

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

brandmerk bly brandmerk bly amptelike identifikasie ... - Agra

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

EG Verslag lei tot

AKSIEPLANNE

Tydens die Ring se onderhoud met Dr.

Archie Norval van die Direktoraat

Veeartseny, is ook navraag gedoen oor

die stand van sake rakende die Europese

Gemeenskap se verslag oor verlede jaar se

EG-inspeksies.

Hierop het Dr. Noval geantwoord: “Alle tegniese

aspekte wat onmiddellik deur die Direktoraat

aangespreek kon word, is reeds gehanteer.

Ander aspekte wat in die verslag uitgewys is

as onvoldoende (en wat nie noodwendig

Veearseny se sertifisering direk beïnvloed nie),

sal aangespreek word deur verskillende

rolspelers in die industrie. Die Direktoraat

Veeartseny is tans besig om regstellende aksies

in reaksie op die verslag te finaliseer vir

voorlegging aan die Kabinet.

Die wye implikasie van personeeltekortkominge

wat in die verslag uit gelig is,

kan byvoorbeeld alleenlik aangespreek word

indien die regering die Ministerie van Landbou,

Water en Landelike Ontwikkeling se voorstelle

soos voorgestel aan die Kabinet, sal aanvaar.

Regstellende aksies soos omskryf in die

aksieplan wat deur die Direktoraat Veeartseny

aan die EG voorgestel word, is redelik

ingrypend en behels nie net aksies wat binne

die Direktoraat se verantwoordelikheid val nie.

Dit lê baie beslis ook op die vlak van die

produsent en die industrie. Dit moet gesien

word as gesamentlike pogings van die hele

industrie om sy mark in die EG en die res van

die wêreld te behou.”

Die Ring sal meer inligting oor die aksies aan

produsente kommunikeer sodra dit bekend

gemaak is.

VEILING

DONDERDAG 8 APRIL 2004

10:00 AUAS VALLEY

INKOOPSENTRUM

AANBOD

• 1996 Toyota Camry 2000 N 28956 W

1996 Toyota Camry 2000 N 79781 W

1989 Ford Bantam 1600 N 45692 W

1996 Toyota Hilux 2200 N 1803 AR

Klerasie

Meubels

Kampeertoerusting

Navrae: Mev Y Burger Tel (061) 290 9257

Mnr M Holdt Tel (061) 290 9205

Doeltreffende lekaanvulling van Somer na Winter

Pieter Oosthuizen (KK Animal Nutrition)

Dit is algemeen bekend dat reënval en klimaat ‘n invloed op veld en grasproduksie het en dat dit ‘n proses is wat

geleidelik oor tyd plaasvind. Om dié rede moet lekaanvulling voortdurend by heersende veldtoestande aangepas

word ten einde volgehoue diereprestasie te verseker. Oorgangslekke word daarom aanbeveel gedurende die

oorgangsperiode van somer na winterweiding en dus die oorskakeling van fosfaat- na proteïenlekke.

Somerweiding aan die begin van die seisoen voorsien gewoonlik voldoende energie en proteïen om aan die

onderhoudsbehoeftes van weidende diere te voldoen, maar het ‘n tekort aan fosfor. Dit is daarom algemene praktyk

om sout -fosfaatlekke (verryk met spoorminerale) gedurende die somerseisoen te supplementeer (sien Lek 1). Die

vraag is egter of die proteïenvlak van veldweiding later in die somerseisoen steeds voldoende is?

Die meeste grasspesies skiet saad tydens die maand van maksimum reënval, waarna die proteïen inhoud weer

begin daal, die veselinhoud begin toeneem terwyl die verteerbaarheid van die weiding begin afneem. Namate die

reënval begin afneem en die grasse verouder, verander die verhouding tussen blaar en stam, en alhoewel die

inherente energiewaarde steeds genoeg is om aan die onderhoudsbehoeftes van diere te voldoen, kan die dier dit

vanweë die laer proteïeninhoud nie doeltreffend benut nie. Hierdie afname in voedingswaarde en verteerbaarheid van

weiding, beteken dat die dier minder voedingstowwe inneem, wat massaverlies tot gevolg het en diereprestasie

uiteindelik nadelig affekteer.

Dit is belangrik om daarop te let dat fosfor nie doeltreffend benut kan word as die proteïen en energie-inname van die

dier laag is nie. Gevolglik sal fosforaanvulling slegs ‘n respons gee wanneer die vlakke van veral proteïen (8.1 –

9.4%) en energie voldoende is en fosfor die voedingstof is wat prestasie beperk. Inname en vertering van weiding

word oor die algemeen beperk as die proteïen– inhoud daarvan minder as 7% (op ‘n DM-basis) is. Vleisbeesprodusente

moet dus oplet of diere kondisie behou op slegs sout- fosfaat aanvullings in die vroeë herfs seisoen.

Oorgangslekke word dus gebruik om die oorgang van groen weiding, wanneer fosfaat die grootste tekort is, na droë

volwasse weiding, wanneer proteïen die grootste tekort is, suksesvol te oorbrug. ‘n Oorgangslek is daarom niks anders

as ‘n sout - fosfaataanvulling waarby ‘n klein hoeveelheid ureum gevoeg word nie. Die ureum en fosfaatbron voorsien

beide proteïen en fosfor aan die dier en die mikrobes in die rumen, om optimale vertering en inname van volwasse

somerweiding wat saad geskiet het, te verseker. Kalori 3000/ Melasse meel (vinnig beskikbare energie-bronne) en

Voergraad Swael word ook by die lek gevoeg om die optimale benutting van ureum te verseker. (sien Lek 2).

Die doel met die gebruik van ‘n oorgangslek by vleisbeeste is om te verseker dat teeldiere die winter in ‘n goeie

kondisie tegemoet kan gaan, wat ook tot hoër speenmassas van kalwers behoort te lei. Die kondisie van teeldiere

gedurende die herfs tot lente (in somerreënvalgebiede) hou ook direk verband met hul vermoë om herbeset te raak in

die daaropvolgende somer. Om die redes word oorgangslekke reeds deur verskeie produsente as ‘n standaard

praktyk in hulle huidige supplementeringsprogram gebruik. ‘n Ander voordeel met die gebruik van ‘n oorgangslek is

dat diere reeds gedeeltelik op ureumbevattende lekke aangepas is by die aanvang van die winterseisoen. Diere

oorvreet hulle dus nie aan winterlekke nie en sodoende word die risiko van ureumvergiftiging verminder. Normaalweg

word oorgangslekke na die eerste goeie ryp met ‘n proteïenlek (winteronderhoudslek) vervang (sien Lek 3).

Tabel 1. Lekke vir Beeste.

Grondstowwe

Mieliemeel / Hominy chop*

Sout

Voergraad Ureum

Kimtrafos 12 / Fermafos 12

Kalori 3000 / Melasse Meel

Voergraad Swael

TOTAAL

Aanbevole inname g/ bees/ dag

Beraamde samestelling

Ruproteïen (%)

Ca (%)

P (%)

Lek 1

Somer- fosfaatlek

Kg/mengsel

450

500

50

1000

100 - 200

Lek 1: Somer- fosfaatlek waarin die belangrikste spoorminerale aangevul is in die regte verhouding tot fosfaat. KK

Animal Nutrition vervaardig ook klaargemengde Somer- fosfaatlekke nl. Kimtrafos 6 (P6) en Fermafos 6 (P6), wat

reeds die regte hoeveelheid sout bevat om innames te reguleer en kan dus ongemeng aan diere verskaf word.

Lek 2: Die Oorgangslek het ten doel om voldoende proteïen en fosfor aan die weidende dier te voorsien vir die

optimale benutting en vertering van volwasse somerweiding wat saad geskiet het.

Lek 3: Winteronderhoudslek (proteïen-lek) vir vroeg- dragtige vleisbeeskoeie sonder kalwers op droë winterweiding.

Samevatting

Lekaanvulling moet voortdurend by heersende veldtoestande aangepas word ten einde optimale benutting en vertering

van beskikbare weiding en sodoende volgehoue diereprestasie te verseker. Oorgangslekke sal verseker dat diere

nie onnodig massa verloor met die oorgangsfase van somer na winterweiding en dus van fosfaat- na proteïenlekke

nie. Hierdie aanpassing in lekaanvulling behoort gevolglik ‘n positiewe respons op die algemene produksie en

reproduksie van die kudde te hê.

Vir meer tegniese inligting of lekresepte skakel gerus ‘n KK Animal Nutrition Voedingkundige by (012) 663 4747

www.agra.com.na 3

Maart/March 2004

11.8

6.0

Lek 2

Oorgangslek

Kg/mengsel

450

75

300

120

5

980

250 - 300

23.2

7.6

3.8

Lek 3

Winter Onderhoudslek

Kg/mengsel

250

350

150

150

50

7

957

350 - 500

* Mieliemeel/ Hominy Chop kan met Melassemeel vervang word (1:1) in die Winteronderhoudslek. Melassemeel is smaaklik en innames moet gereguleer word.

50.9

4.2

2.0

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!