02.05.2013 Views

Dolf Bam Lesing Junie 2011 - Voermol

Dolf Bam Lesing Junie 2011 - Voermol

Dolf Bam Lesing Junie 2011 - Voermol

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Optimale Benutting van Natuurlikehulpbronne en Bestuurspraktyke

vir Winsgewende Slaglamproduksie

Inleiding

Dolf Bam – Junie 2011 www.aan-de-vallei.co.za

Wat is die belangrikste winsdrywer in slaglamproduksie?

- Dit is die massa vleis geproduseer per KVE op die plaas.

- Elke ooi moet 76% van haar eie massa in kg lam op 100 dae (lewende

massa) elke 8 maande produseer.

- Dit is dus 114% per jaar.

ʼn 21 tot 24kg A2/3 karkas aan die mark

gelewer op die ouderdom van 100 tot 120 dae.

Hoe gaan ons bg. Winsdrywer behaal?

-Ekstensiewe omgewing plaas ʼn natuurlike beperking op die produksieen

reproduksie vermoë van die ooi weens tekorte aan kritieke voedingstowwe

wat verhoed dat sy volgens haar genetiese potensiaal presteer.

(Dr Jasper Coetzee, 2011)

-Om die winsgewendheid van skaapboerdery te verhoog, moet die

genetiese potensiaal van die kudde gemaksimeer word (Hatcher, 2005;

Feruson et al, 2007). Hierdie genetiese potensiaal moet ontsluit word

deur doeltreffende bestuur- en voedingspraktyke.

-Dit sal dwaas wees om diere se geneties samestelling deur seleksie en

die gebruik van meerderwaardige genetiesemateriaal te probeer verander

as die voeding van die diere nie korrek is nie (Scott, 2001).

-Om maksimum wins te genereer, is dit noodsaaklik dat die ooi asook haar

vervangings ooitjie optimum voeding regdeur die produksiesiklus ontvang

(Milton, 1999). Voorafgaande is noodsaaklik vir ʼn hoë reproduksietempo,

hoë lamoorlewing en hoë lamgroei om die genetiese potensiaal van die

kudde te ontsluit (Fogarty, 1984).

-Volg ʼn holistiese benadering deur wetenskaplik gefundeerde bestuurseleksie-

en telingspraktyke optimaal te integreer. Skaapboerdery is

lankal nie meer ʼn kuns soos baie produsente dink nie, maar ʼn hoogs

tegnologiese en wetenskaplike sake-onderneming (Schiller, 2002)

Hoe kan maksimum wins gegenereer word?

-Deur meer en swaarder lammers te speen. Dit word verkry deur die

lampersentasie te verhoog; lamvrektes te verlaag en die groeitempo

van die lammers te verhoog. ʼn Ooi wat ʼn tweeling speen, produseer

meer kilogramme lam per jaar en gedurende haar leeftyd en genereer

ʼn hoër inkomste as ʼn ooi wat ʼn enkeling speen.

-Volgens ʼn bekende Australiese konsultant, Andrew Vizard (2002), is

die resep om meer geld uit skape te maak, die verlaging van die

Produksiekoste van die bemarkbare produk (vleis en wol ). Dit moet

geskied deur nie noodwendig insetkoste (voer- doseer- en entkoste)

te verlaag nie, maar deur meer bemarkbare produk (bv. Meer en

swaarder lammers, fyner en meer wol) te produseer deur aanpassings

in boerderypraktyke te maak en deur ʼn meer produktiewe genotipe

(bloedlyn) te boer. Deel hiervan is die strategie om spesiale aandag

te gee aan die grootmaak en versorging van vervangings ooitjies.

-Waar die voervloei dit toelaat, moet die lamfrekwensie (meervoudige

lamseisoene, bv., lam elke 8 maande of sterstelsel waar 5 x in 3 jaar

gelam word) verhoog word.

-By wolskaap kuddes, pas oordeelkundige terminale kruising op minstens

20% of meer van die ooi toe om basterkrag te benut (Met die huidige goeie

wol- en vleispryse kan die praktyk die winsgewendheid van ʼn wolskaap

kudde aansienlik verhoog. U benut beide hoë wol- en vleisprys).

-Die benutting van differensiële voeding (di. Voeding volgens behoefte en

potensiaal) op strategiese tye maak byvoeding meer koste-doeltreffend

en gee terselfdertyd ʼn groter en ʼn meer koste-doeltreffende respons.

(Jasper Coetzee, 2011).

-Volhoubare winsgewende skaapboerdery is slegs moontlik indien

doeltreffendheid op alle vlakke van die boerdery verhoog word. Kry

skaapboerdery meer doeltreffend deur die boerdery se produktiwiteit te

verhoog. Wins word hoofsaaklik op grond van doeltreffendheid en nie

soseer net op produkprys nie, behaal. Gebruik die nuutste en

doeltreffendste wetenskaplike boerderypraktyke en tegnologie. Volgens

dr. Johan Willemse (2001) gaan 'n produsent baie moeilik sy inkomste

teenoor uitgawe verhoog sonder om nuwe tegnologie en bestuursmetodes

te gebruik. In hierdie verband is Australiese konsultante dit eens dat die

gewilligheid van 'n produsent om nuwe tegnologie en bestuurspraktyke in

sy kudde te gebruik, grootliks sy winsgewendheid bepaal.

-Produsente word daarom versoek om die beste kundiges in die verband

te konsulteer om op hoogte te kom van die nuutste tegnologie asook die

mees winsgewende produksiestelsel(s) vir sy spesifieke omstandighede.

-Waarde moet tot die produk (bv. lammers) geproduseer, toegevoeg word

deur van die lammers in 'n voerkraal, op weimielies of aangeplante weiding

af te rond.

-Om maksimum wins te genereer, moet die regte dinge op die regte tyd

reg gedoen word, dit sluit die gebruik van die regte produkte in.

Die duurste produk is altyd dié een wat nie gewerk het nie.

-Fokus op maksimum wins, nie die laagste moontlike produksiekoste nie,

voer dus vir produksie en wins (Kenny & Kemp, 2009).

-Leer by ander hoogs suksesvolle produsente wat hulle gedoen het om

hoogs suksesvol te wees. Hierdie produsente het altyd nuwe idees en

beter maniere om dinge te doen.

-Rykdom lê nie in die aantal ooie nie, maar in die aanwending van

tegnologie (Jasper Coetzee, 2011).

-Wat is die belangrikste praktyke wat die winsdrywers beïnvloed?

Genetika (Teling en seleksie)

10%

20% 70%

Bestuur Voeding/Omgewing

Produksiestelsel

-Om ʼn gesonde kontantvloei te verseker is daar besluit om die vrugbaarheid,

moederseienskappe en groeivermoë van die Dormer Ras optimaal te benut

deur ʼn versnelde lamstelsel te implementeer.

-Hier is besluit op ʼn variasie van die Stêrstelsel waar jy byvoorbeeld twee

paartye met intervalle van 73 dae kan hê, en dan oor ʼn krisisperiode soos

die Kerstyd of oestyd, of oor ʼn seisoenale fase van kosskaarste, die volgende

paarinterval doelbewus rek na 146 dae. ʼn Ooi wat twee keer 7.2 maande

uitmekaar uit lam en dan 9.6 maande later weer, lam ook 3 keer in 24 maande,

of dan 3 keer in 2 jaar.

-Ooie word gesinkroniseer en in groepe van 300 gelaparoskopie sodat daar

ongeveer 250 ooie binne 4 dae per siklus lam. Die onderdak lamhok huisves

252 ooie. Daar word tans 10 sulke siklusse deur die jaar versprei.

-Ooie word een week voor lam individueel in die lamhokke geplaas en bly

dan nog ʼn week na lam in die hok vir suksesvolle binding tussen ooie en

lammers asook om verliese as gevolg van probleemdiere, ongure weer en

komplikasie tydens lamtyd te beperk. Die hokke werk dan ook uitstekend vir

die behoorlike rekordhouding, wat die identifikasie van ramme se nageslag

in die kommersiële kudde insluit om sodoende ramme te toets (Groei en

bloktoetse) vir gebruik in die kernkudde.

-Daar is ʼn voervloei bepanning gedoen in samewerking met Voermol, met

die klem op die maksimum benutting van self geproduseerde voer asook

die natuurlike hulpbronne op die plaas. Hierdie voedings bronne sluit die

volgende in; natuurlike weiding in die somer maande, oesreste (mielies en

sojabone) asook weimielies in die winter, volvoer vanaf 5 weke voor lam,

in die lamhokke asook 4 weke na lam (hier word slegs konsentrate

aangekoop die res word self geproduseer); aangeplante weidings op

beperkte skaal. Bogenoemde word aangevul deur die toepaslike lek en

konsentraat aanvullings vir die tipe voedings bron wat gebruik word.

-Dit is belangrik om daarna te streef om beslis oor 200% te speen, maar

verkieslik 250% per jaar. Om dit reg te kry moet die lampersentasie hoër

as 165% per siklus wees. Die hulp van Dr Dave Midgley

(Pfizer Diergesondheid) is gebruik om die stelsel te beplan.

-Lammers ontvang reeds van 10 dae ouderdom ʼn kruipvoer mengsel met

ʼn baie hoë persentasie deurvloei-proteïen met die regte aminosuur-profiel

omdat die jong lam hoofsaaklik liggaamsproteïen (spierweefsel) sintetiseer

(vervaardig), feitlik geen vet aansit nie en omdat weiding ʼn baie lae

deurvloei-proteïen inhoud het.

-Ooie met goeie melkproduksie en die goeie kruipvoer verseker dat lammers

op 60 dae gespeen kan word op ʼn massa van 22 tot 26 kg (gemiddelde

daaglikse toename van 375gr per dag ). Hierdie rantsoen met slegs geringe

aanpassings word gebruik om lammers af te rond, waar hulle dan ʼn 21 tot

24kg A2/3 karkas op tussen 100 en 120 dae lewer.

-Daar word verseker dat die geselekteerde vervangings ooitjies ook hierdie

mengel met ʼn baie hoë persentasie deurvloei-proteïen met die regte

aminosuur-profiel ontvang tot op 120 dae ouderdom waarna hulle

voortdurend moet groei (80 tot 100gr per dag) en in geen stadium voor

paring massa verloor nie. Geen hoë-energie rantsoen word aan vervangings

ooie gevoer om vetneerlegging in die uierweefsel en rondom die eierstokke

te voorkom. Vervangings ooie moet tussen 10 en 12 maande ouderdom 80%

van hulle volwasse gewig weeg. Hierdie bestuurspraktyke verseker optimale

groei en is direk gekoppel aan die lampersentasie.

-Teelramme moet spesiale sorg en behandeling ontvang. Die fokus is op

maksimale testisgroei en spermproduksie, asook goeie gesondheid en hoë

fiksheidspeil.

Kritieke Fisiologiese Stadiums om op te Fokus

-Na speen en voor paring

•Optimale uitgroei van speenooilammers en jongooie verhoog hulle

leeftydproduksie en reproduksietempo. Indien ooilammers op enige

stadium van geboorte totdat hulle die eerste keer self lam massa

verloor, kan hulle leeftydproduksie en reproduksietempo permanent en

onomkeerbaar verlaag word. Die teikenmassa wat jongooie moet bereik

is 80 % van volwasse liggaamsmassa met paring op 12 maande en

jonger en 90 % indien ouer as 12 maande gepaar word. Daar moet

gestrewe word om vrektes van speen tot eerste paring minder as 3 %

te hou (Cottle, 2003).

·Teelramme moet vanaf twee maande voor die paarseisoen 'n

deurvloeiproteïengebaseerde ramprikkelrantsoen gevoer word om

testisgroei en spermproduksie te maksimeer wat noodsaaklik is vir 'n

hoë lampersentasie. Sodra byvoeding 'n aanvang neem, moet met die

oefening (30 minute vinnig stap twee maal daagliks) van die ramme

begin word.

·Energie (oftewel vetheid) "dryf" reproduksie (Adams et al., 2005),

m.a.w. hoe beter die kondisie (minstens 3.5 kondisiepunt) van die teelooie

met paring, hoe hoër is die lampersentasie (Ferguson et al., 2007). Meerling

geboortes is hoogs afhanklik van die kondisie van ooie met paring

omdat dit een van die hooffaktore is wat ovulasietempo bepaal

(Tempest, 1990). Die ovulasietempo (aantal eiselle per hittesiklus afgeskei)

bepaal die boonste limiet van 'n ooi se fekunditeit en word geneties beheer

(Downing & Scaramuzzi, 1991). Die mate waarin 'n ooi haar genetiese

reproduksiepotensiaal bereik, is afhanklik van omgewingsfaktore, waarvan

voeding die belangrikste is (Downing & Scaramuzzi, 1991). Die doelwit met

voeding is om te poog dat die ooie met die aanvang van die paarseisoen in

'n uitstekende kondisie (minstens 3.5 kondisiepunt) is en dat hulle massatoename

op daardie stadium 'n stygende tendens toon (verhoog ovulasietempo)

om te verseker dat minstens 50 % van die ooie tweelinge produseer. Die

nuutste navorsing toon dat dit ekonomies geregverdig en ononderhandelbaar

is om prikkelvoeding te voorsien aan ooie wat hulle vorige lamseisoen

tweelinge gelam het

Voermol Maxiwol bevat "rumen-aktivators" wat die besetting van ooie,

wat die vorige lamseisoen tweelinge gelam het, in proewe met 2 tot 5

persentasie- eenhede tot gemiddeld 97 tot 100 % verhoog het.

Die lampersentasie van hierdie ooie was gemiddeld 149 tot 160 % wat

'n verhoging van 20 tot 25 persentasie-eenhede verteenwoordig.

Dit is dus 'n uiters koste-doeltreffende aanvulling omdat slegs 6 ekstra

lammers per 100 ooie gepaar vir die prikkellek- koste betaal. As prikkellek

word 'n Maxiwollek teen 300 tot 400 g/ooi/dag vanaf drie weke voor die

paarseisoen vir 'n periode van minstens ses weke op alle tipes weiding

voorsien.

-Paarseisoen (paring en bevrugting)

•Alle ooie word gesinkroniseer en laparoskopies geïnsemineer.

•Op dag 14 na inseminasie word opvolgramme slegs vir 7 dae by die

ooie gesit.

-Vroeë dragtigheid (eerste 30 dae van dragtigheid)

•Hier moet nie onnodig met die ooie gekarring en gewerk word nie.

•Enige massaverlies moet by beide die jong en volwasse ooie

gedurende die paarseisoen voorkom word, want dit kan embrio-

resorpsie tot gevolg hê. Daar moet gepoog word om resorpsie en

fetale afsterwing tot minder as 0.5 % te beperk. Indien dit meer as 2 %

is, moet ondersoek onverwyld ingestel word.

•Ooie word geskandeer 42 dae na die verwydering van opvolgramme.

-Middragtigheid (maand 2 en 3 van dragtigheid)

•Gedurende middragtigheid is die belangrikste doelwit om voldoende

voeding te verskaf om optimale plasentagroei te verseker.

•Dit lewer 'n belangrike bydrae dat lammers hulle teikengeboortemassa

(4.5 tot 5.5 kg) vir maksimum lamoorlewing bereik asook om maksimum

uierontwikkeling te verseker.

-Laatdragtigheid (laaste twee maande van dragtigheid)

•Dit is ʼn baie belangrike produksiestadium van die ooi, dit is hier waar jou

lammersoes gemaak of gebreek word.

•Daar is 'n dramatiese verhoging in die deurvloeiproteïenbehoefte van die

ooi gedurende die laaste drie weke voor lam weens die vinnige groei van

die ongebore lam(mers), uierontwikkeling en biesproduksie.

(Robinson, 1983)

•Laatdragtige ooie wat geen of te min deurvloeiproteïen inneem, toon nie

net swak uierontwikkeling nie, maar produseer min asook abnormale taai

en dik bies wat hoë lamvrektes tot gevolg het. Abnormale taai en dik bies

hou verband met lae biesproduksie (Banchero, 2004); is moeilik om uit te

suig (Holst, 1997); vertraagde aanvang van laktasie (Holst et al., 1996) en

die lammers drink nie binne drie uur na geboorte nie (McCance &

Alexander, 1959). Hoe taaier en dikker die bies, hoe groter die kans dat

een van 'n tweeling kan vrek (Holst et al., 1996). Uierontwikkeling en

totale melkproduksie is hoogs gekorreleerd (Bencini & Purvis, 1990).

Volgens Robinson (1990) is uierontwikkeling direk afhanklik van

hoeveelheid deurvloeiproteïen ingeneem.

•Die uier begin al vyf weke voor lam groei waarvan ± 70 % van die

uiergroei gedurende die laaste 4 weke voor lam is met die meeste groei

die laaste drie weke (Robinson et al., 1978). Ooie moet dus vanaf minstens

ses weke voor lam, voldoende deurvloeiproteïen; energie; minerale en

sekere kritieke spoorelemente en vitamines inneem om uierontwikkeling

te maksimeer vir maksimum biesproduksie en om optimum

geboortemassa (4.5 – 5.5 kg) te verseker om hoë lamoorlewing (> 95 %)

te verseker.

•Omdat die ooie in lamhokke lam, moet 'n volledige lammerooirantsoen

gevoer word. Ooie met 1-lingfetusse moet na aanpassing ± 2.5 % en dié

met 2-lingfetusse ± 3 % van liggaamsmassa gevoer word. Ooie met

1-linglammers word ± 3 % en dié met 2-linglammers ± 4 % van

liggaamsmassa gevoer.

•Ooie moet 5 weke voor lam met 'n multiklostridiale entstof geënt word wat

die ooi teen 'n reeks klostridiumsiektes asook Pasteurella immuniseer om so

maksimum beskerming aan die lammers deur teenliggame in die bies

oor te dra.

•Aanpassing op die lammerooirantsoen begin ook 5 weke voor lam.

Ooie word gelydelik aan gepas om dan ten minste 2 kg van die mengsel te

vreet as hulle in die lamhokke geplaas word.

-Lamtyd

•Die omvang van lamverliese is 'n maatstaf van die bestuursvermoë

van die produsent (Wassmuth et al., 2001). Lamhokke is onlosmaaklik

deel van bestuursmaatreëls om lamverliese te beperk.

•Sodra die eerste ooi in die aanpassings kampies lam word al die ooi

in die lamhokke geplaas. Ooie ontvang lammerooirantsoen ad lib in

die lamhokke.

•Lamhokke skep vir lammers die geleentheid om die eerste dag na

geboorte onbeperk (Goursaud & Nowak, 1999) en ongestoord te kan

suip. Voldoende voorsiening van bies gedurende die eerste paar uur na

geboorte voorsien die lammers van die energie, vog en teenliggaampies

(immunoglobuliene) wat lewensbelangrik is vir oorlewing (Milton, 2005).

•Beperk lamvrektes tot < 5 %, deur korrekte voeding en bestuur.

-Vroeë en midlaktasie

•Ooie met 1-linglammers word ongeveer 5 dae na geboorte; die met

2-linglammers 7 dae en die met 3&4-linglammers 10 dae na geboorte

uit die lamhokke gehaal (Sien lamhok bestuur vir detail).

•Die voedingspeil gedurende die eerste twee maande na lam moet

sodanig wees dat ooie nie meer as 10 % van hulle massa verloor nie.

Proewe toon dat waar die ooie meer massa verloor het, hulle daaropvolgende

lampersentasie tot 25 en in een geval tot 51 persentasie-eenhede

laer was. Die doelwit moet wees dat jongooie wat vir die eerste keer lam,

nie meer as 3 % en volwasse ooie nie meer as 7 % in massa gedurende

die eerste twee maande van laktasie verloor nie.

•Lammers ontvang kruipvoer vanaf 10 dae ouderdom. Weens die uiters

doeltreffende voeromsetting van die jong lam, moet alles moontlik gedoen

word om te verseker dat die lam volgens sy maksimum genetiese

groeipotensiaal groei.

•Kruipvoeding verhoed speenskok en maak dit moontlik om lammers

alreeds op 60 dae ouderdom op 'n minimum massa van 22 kg vir ooi- en

25 kg vir ramlammers, vroeg te speen.

-Speentyd

•Waar lammers weens kruipvoeding vroeër gespeen en gouer bemark

word weens vinniger afronding met 'n aanvulling op die weiding en/of in

'n voerkraal, kan tot 10 – 20 % meer ooie aangehou word, waardeur

vleis- en wolproduksie per hektaar aansienlik verhoog word.

•Tot R100/lam ekstra wins kan tans gegenereer word deur lammers in 'n

voerkraal af te rond. Om maksimum wins in 'n voerkraal te realiseer, is

dit van kritieke belang om die voerkoste per kg massatoename te verlaag

hoofsaaklik deur verbetering van die voeromsetting (kg voer ingeneem/kg

massatoename). Voeromsettingverhouding (VOV) verbeter soos die

energie-konsentrasie van die rantsoen verhoog deurdat die voerinname

daal terwyl die groeitempo (GDT) toeneem. Maksimum winsgenerering kan

egter nie geskied deur die voerkraalrantsoen goedkoper te maak deur

goedkoper grondstowwe (bv. laegraadse ruvoer, newe- en/of afvalprodukte)

met 'n lae energiedigtheid en voedingswaarde te gebruik nie omdat dit tot

'n drastiese verlaging van voeromsetting sal lei. 'n Hoë insluiting van

deurvloeiproteïenbronne (bv. 10 tot 15 % Voermol Procon) in voerkraal-

rantsoene is hoogs aan te beveel, want dit verbeter VOV en bevorder

spiergroei wat op sy beurt die uitslagpersentasie verhoog (Beerman, 1986).

Soos die deurvloei-proteïeninname toeneem, verbeter die VOV en die uitslagpersentasie.

Hoe beter die gehalte van die ruvoer hoe hoër die verteerbaarheid

en hoe smaakliker is dit wat dus 'n hoër energieinname en 'n beter VOV

verseker. Aangesien die gehalte van die lammers wat afgerond word ook 'n

groot invloed op die voeromsetdoeltreffendheid en groeitempo en gevolglik

die winsgewendheid van voerkraalafronding het, moet slegs goeie gehalte

lammers wat oor 'n uitstekende genetiese voeromsettingspotensiaal beskik,

afgerond word. Hoe jonger voerkraallammers met inname in die voerkraal is,

hoe beter en doeltreffender is hulle voeromsetting en gevolglik hoe hoër die

winsmarge. Minimum innamemassa verkieslik nie ligter as 25 kg nie.

Lamhokke

Voordele van die gebruik van lamhokke

-Die feit dat lamhokke die binding tussen die ooi en haar lam(mers)

bevorder, dra grootliks daartoe by dat lamvrektes tot minder as 5 %

beperk kan word, mits die korrekte en 'n goed gebalanseerde rantsoen

gevoer word. Waar ooie met hulle lam(mers) kort na geboorte in

lamhokke gesit is, was die lamvrektes slegs 3 % teenoor die 12 tot 23 %

waar ooie in kampe gelam het (Putu et al., 1988a, b).

-Lamhokke vergemaklik bestuur en toesig gedurende lamtyd en probleemgevalle

kan spesiale aandag kry wat lamoorlewing bevorder.

-Lamhokke bevorder lamoorlewing tydens ongure weersomstandighede

asook vir ooie met meerlinge en jongooie wat vir die eerste keer lam.

-Lamhokke bevorder akkurate rekordhouding wat op sy beurt weer

teelvordering versnel. Volgens dr. George Anderson van Australië is

ongeveer 9 % van enkelinge, 15 % van tweelinge en 24 % van drielinge se

stamboominligting onder Australiese toestande onakkuraat. Die grootste

rede hiervoor is weens die hoë voorkoms van lamdiefstal veral waar hoë

konsentrasie ooie in lamkampe aangehou word. Lamhokke verhoed die

inmenging met en lamdiefstal van lammers van ooie wat besig is om te lam

of wat pas gelam het deur ooie wat op die punt is om te lam.

-Lamhokke verhoed dat een van 'n tweeling van die geboorteplek wegdwaal

of nie saam met sy ma stap nie en so van sy ma geskei word. Voorspeense

lamvrektes is baie hoog by lammers wat op dié manier van hulle moeders

geskei word. Slegs ongeveer 32 % van sulke lammers oorleef in die praktyk

(Anderson, 1984). Volgens Nowak (1996) kan tot 40 – 50 % van tweelinge

van hulle moeders, in die geval van Merino's, binne die eerste 48 uur na

geboorte, geskei word omdat hulle haar nie volg as sy wegstap nie.

-Lamhokke maak dit makliker om ooie te identifiseer wat geboorte skenk aan

dooie lammers; met geboorte gehelp moet word; lam(mers) weggooi; min of

geen melk het nie; speenprobleme het, ensovoorts. Beide hierdie ooie en

hulle lammers moet gemerk en uitgeskot word en nie vir verdere teling

gebruik word nie.

-Lamhokke verhoed dat ongediertes pasgebore lammers vang.

-Lamhok Bestuur

•Plaas ooie in lamhokke sodra eerste ooie buite begin lam.

•Gebruik saagsels vir beddegoed. Top op om hok droog te hou.

•Voer lammerooirantsoen ad lib 2 x per dag.

•Haal ou kos elke oggend uit en voer aan buite skape.

•Maak water daagliks skoon.

•Ontsmet naelstring en kloutjies onmiddellik na geboorte.

•Spuit lammers ʼn penisillien net na geboorte.

•Maak seker dat die lammers binne die eerste halfuur begin suip.

•Kyk of die speenkanale van die ooi oop is.

•Merk die lammers sodra hulle droog is.

•Vlieg beheer in die somer is baie belangrik.

•Sit sterte af sodra die lammers uit die hokke gehaal word.

•Maak hokke skoon na elke lam siklus en ontsmet.

Baie Dankie – Dolf Bam (084 491 0310)

dolf@aan-de-vallei.co.za

www.aan-de-vallei.co.za

Produksie Veiling – Woensdag 17 Augustus 2011

ʼn Mens moet nooit te

slim wees om raad te

vra nie, maar ook nie te

dom wees om jou eie

kop te volg nie.

(AF Kriel – Sonde met die Boere)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!