02.05.2013 Views

Untitled - Impak

Untitled - Impak

Untitled - Impak

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

WELKOM BY IMPAK

DIE ONDERWYSBONDGENOOT WAT OUERS ONDERSTEUN IN HUL TAAK OM HUL

EIE KINDERS VOOR TE BEREI VIR DIE VOLWASSE LEWE DEUR:

„N Eenstop-Onderwysdiens Te Voorsien,

Doeltreffend, Aanpasbaar En Koste-Effektief Te Wees,

Geldige En Gesogte Akademiese Kwalifikasies Aan Te Bied,

„N Kultuur Van Sakevernuf By Leerlinge Te Kweek,

Oplossings Vir Sosialisering, Sport En Kultuur Aan Te Bied, En

Leerlinge Voor Te Berei Om Op Elke Lewensterrein Mededingend Te Wees.

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 2

INHOUDSOPGAWE

1. ONTMOET DIE NUWE IMPAK VAN 2013 4

Ons visie

Die eienaars

Ons plan om u gesin se opvoedingswaarde en -styl te pas

Ons onderwysmodel

Ons kwalifikasie

2. IMPAK SE PRODUKTE EN DIENSTE VIR 2013 5

Impak se produktereeks

Impak se kliëntesteundienste

3. KIES U PAKKETOPSIE 7

Volpakket

Hulpsentrumpakket

Eie-keuse pakket

4. REGSASPEKTE EN GRATIS REGSDIENSTE 9

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 3

1. ONTMOET DIE NUWE IMPAK VAN 2013

ONS VISIE

Impak wil ouers deur middel van topgehalte onderwysprodukte en -dienste ondersteun in hul taak om

hul eie kinders suksesvol te begelei na gebalanseerde en afgeronde volwassenheid.

DIE EIENAARS

Impak Onderwysdiens is „n maatskappy waarin PSG Private Equity „n meerderheidsaandeel besit. Die

res word deur privaat beleggers gehou. Die aandeelhouers is gesteld op die lewering van unieke

produkte en uitstekende kliëntediens deur professionele en gekwalifiseerde bestuurders en personeel

aan te stel en deur beproefde administratiewe, finansiële en kommunikasiestelsels te implementeer.

ONS PLAN OM U GESIN SE OPVOEDINGSWAARDE EN -STYL TE PAS

Impak bedien kliënte met wyd uiteenlopende standpunte. Impak se kliënte wissel van uiters vrydenkend

tot uiters behoudend. Impak respekteer elke kliënt se beginsels en waardes en skep graag

ruimte daarvoor. Impak bied die opsie van twee planne om vir hierdie diversiteit voorsiening te maak.

U kan kies tussen die volgende:

Die Impak Progressiewe Plan is ontwerp, onderhewig aan Impak se visie, om diegene te

huisves wat hulself as vrydenkend ten opsigte van opvoedingswaardes en -norme bestempel.

Die plan is ook nommerpas vir gesinne wat hulself as Afrikaanses, deel van die groot Suid-

Afrikaanse nasie, beskryf.

Die Impak Identiteitsplan is ontwerp, onderhewig aan Impak se visie, om diegene te huisves

wat hulself definieer as behoudend en konserwatief ten opsigte van Bybelse beginsels,

opvoedingswaardes en norme. Die plan is ook nommerpas vir gesinne wat as gelowiges die

uitlewing van nasieskap, taal, kultuur en geskiedenis as „n sleutelaspek van opvoeding beskou.

ONS ONDERWYSMODEL

Impak het oor meer as 10 jaar „n onderwysmodel ontwikkel wat met groot sukses gebruik word in

tuisskole, hulpsentrums, mikroskole en privaat skole. Die model bestaan uit „n kombinasie van unieke

produkte en dienste wat daarop gemik is om:

leerlinge toegang te gee tot uitstekende akademiese materiaal, in ooreenstemming met die

Nasionale Kurrikulumverklaring, en relevant vir die behoeftes van die Suid-Afrikaanse en

internasionale bedryf en verdere akademiese opleiding;

ouers stap vir stap te begelei in vakke en tegnieke sodat hulle met selfvertroue hul eie kinders

kan ondersteun en lei in hul ontdekkingsreis na volwassenheid;

leerlinge se leervaardigheid te verbeter deur hulle gewoond te maak aan „n selfgedrewe

omgewing;

leerlinge die geleentheid te gee om teen hul eie pas te vorder (met sekere voorbehoude) en

dus eers die leemtes in vakke onder die knie te kry voordat hulle met nuwe werk voortgaan;

„n kombinasie van assesseringstegnieke te gebruik (soos byvoorbeeld mondelinge-assessering

of projekassessering) om sodoende die spanning van eksaminerings te verlig.

Impak het reeds groot sukses met hierdie model behaal deurdat ons tuisskool Matrieks elke jaar „n

slaagsyfer van meer as 93% bereik. Uitstekende uitslae is veral in vakke soos Wiskunde, Fisiese

Wetenskap en Rekeningkunde behaal, en van Impak se kandidate in hierdie vakke was voorheen

onder die toppresteerders in die Republiek.

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 4

ONS KWALIFIKASIE

Impak is ingeskakel by 'n eksamenraad wat by Umalusi geakkrediteer is om die Nasionale Senior

Sertifikaat (NSS) aan te bied. Hierdie eksamen word jaarliks in Oktober/November by

eksamensentrums regoor Suid-Afrika afgeneem. By suksesvolle aflegging van dié eksamen reik

die staat, deur Umalusi, „n amptelike Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) aan die leerling uit.

Indien die regte vakkombinasie geneem en universiteitvrystelling behaal word, verleen die NSS

toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit. Die NSS word, met sekere voorbehoude, ook

internasionaal aanvaar.

Leerlinge kan slegs tot Graad 12 toegelaat word mits hulle:

geldige rapporte vir Graad 10 en 11 besit, óf

‟n ekwivalente kwalifikasie kan toon, óf

„n toelatingseksamen tot die toetredingsgraad slaag.

Umalusi se NSS-eksaminering beskou Graad 10 tot 12 as „n eenheid, met ander woorde,

die Graad 12-eindeksamen handel in die meeste gevalle oor die werk van sowel Graad 10, 11 en 12.

Geen leerling kan na Graad 11 vorder sonder „n geldige Graad 10-rapport nie, en geen leerling kan

tot Graad 12 toegelaat word sonder „n geldige Graad 10-en 11-rapport nie.

2. IMPAK SE PRODUKTE EN DIENSTE VIR 2013

IMPAK SE PRODUKTEREEKS

Die produktereeks vir 2013 bestaan uit:

Die Leerlinghandleiding of -handboek. Impak se span vakskrywers skep akademiese

materiaal, bestaande uit „n stel lesse wat met die jongste leerplanvereistes en onderwysontwikkelinge

tred hou. Dit is kindervriendelik en volgens die leesvermoë van die betrokke

ouderdomsgroep saamgestel, sodat leerlinge graag self met die lesstof wil werk en

eksperimenteer. Die handboek is resepmatig geskryf, en kan dus die ervare onderwyser se

plek in tuisonderwys volstaan en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers en ouers.

DVD-lesse (sekere vakke). In bepaalde vakke in Graad 8 tot 12 vergesel ‟n DVD die

handleiding. Die DVD bevat videomateriaal van lesse waarin vakkundiges die werk in die

leerlinghandleiding verduidelik en demonstreer. Dit verbeter die leerervaring deurdat leerlinge

die les of eksperiment kan sien en hoor.

Antwoordboeke. Antwoordboeke verskaf antwoorde met puntetellings vir die vrae wat in die

handleiding gestel word.

Fasiliteerdersgidse. Die fasiliteerdersgidse bevat stap vir stap begeleiding aan die ouer oor

die maniere waarop tuisonderwys en die betrokke vak aangepak kan word. Dit sluit in

werkskemas, die assesseringsbeleid en -riglyne, toetse en memorandums, eksamens

(eksamens kan in Impak se diskresie elektronies beskikbaar gestel word), asook

projekopdragte en take.

Ander leesmateriaal (sekere vakke). Sekere vakke sluit addisionele leesmateriaal in

(byvoorbeeld voorgeskrewe werke in Afrikaans en Engels).

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 5

IMPAK SE KLIËNTESTEUNDIENSTE

Die kliëntesteundiens vir 2013 bestaan uit:

Impak se vakforums op Internet. Leerlinge met toegang tot die internet kan by geselekteerde

vakke se vakforums inskakel. Deur middel van hierdie forums is gereelde kommunikasie tussen

die leerling en die vakadviseur maklik en bekostigbaar. Die onderwyser word met behulp van

vakforum-tegnologie in u huis of sentrum geplaas!

Vaksteundiens. Navrae ten opsigte van vakke waarvoor daar nie vakforums beskikbaar is nie,

kan op gespesifiseerde tye per telefoon, faks of e-pos aan Impak se vakadviseurs gerig word.

Navrae wat intensiewe en tydrowende verduideliking verg, word as ‟n ekstra les beskou. U mag

met vakadviseurs onderhandel om teen ‟n addisionele fooi ekstra lesse aan te bied of

nasienwerk te verrig.

Assesseringsdiens en rapporte/vorderingsverslae vir Graad 1 tot 11.

Alle eksamens vanaf Graad 1 tot 11 word tuis, of by Impak se hulpsentrums afgeneem.

Impak stel die eksamenvraestel vir alle grade ekstern op en bied die eksamen slegs op „n

geskeduleerde basis aan. Daar kan nie vir leerlinge wat teen hul eie pas werk buite die skedule

voorsiening gemaak word nie. Indien die leerling se antwoordstelle binne die geskeduleerde

nasientye ingedien word, sal die nasieners hulle nasien. Impak sal dan ‟n geldige rapport op

grond van die uitslae uitreik. As die antwoordstelle buite die nasiengleuf ingedien word, moet

die leerling en ouer tot die volgende nasiengleuf wag om die werk te laat nasien, of die ouers

kan memorandums van Impak aanvra en dit self nasien.

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

Indien die ouer self nasien, sal Impak „n rapport uitreik waarin verklaar word dat die uitslag die

betrokke ouer se mening oor die leerling se vordering weerspieël. Impak se eindeksamen tel

75% van die finale rapportpunt. Ouers en sentrums stuur die jaarpunte (deurlopende

assessering of DASS), wat 25% tel, in. Jaarpunte word verkry deur kwartaal 1, 2 en 3 se

toetsuitslae en projekpunte in berekening te bring. Kwartaal 1, 2 en 3 se toetse, met

memorandums, en die projekopdragte word in die ouer- of fasiliteerdersgids van elke vak

voorsien. Impak verwerk die eindeksamen en jaarpunte en reik „n geldige rapport of

vorderingsverslag vir Graad 1 tot 11 uit. Indien die jaarpunt met meer as 20% van die

eindeksamenuitslag verskil, verval die jaarpunt en tel slegs die eindeksamenuitslag. Hierdie

maatreël verseker die integriteit van Impak se rapporte en vorderingsverslae.

Psigometriese toetsing en hulp met studiemetodes en vakkeuse. Dit is vir Impak van groot

belang dat leerlinge die regte vak- en beroepskeuses maak. Die dienste van gegradueerde

beroepsvoorligters en geregistreerde psigometriese evalueerders word tot Impak-leerlinge se

beskikking gestel. Die dienste word gelewer teen „n spesiale tarief, wat net vir ingeskrewe

Impak-leerlinge beskikbaar is. Konsultasies en toetsing geskied per voorafgereëlde afspraak.

Sosialiseringsdiens. Impak se Afdeling vir Sosialisering en Geestelike Ontwikkeling sien om

na avontuurkampe, leierskampe, ons matriekafskeid, staptoere en uitstappies, sportdae vir

winter- en somersportsoorte, kultuuraktiwiteite en die inskakeling van Impak se sport- en

kultuurpresteerders by erkende instansies.

Kongresse. Impak poog om jaarliks streekkongresse in Gauteng, die Wes-Kaap, die Noord-

Kaap en Namibië aan te bied, indien belangstelling dit regverdig. Die kongresse lig ouers in en

lei hulle op ten aansien van uiteenlopende aspekte van tuisonderwys.

Winter- en afrondingskole. Die winterskool vind gewoonlik tydens die Junie/Julie-vakansie

plaas. By die winterskool word daar op Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, tale en

praktiese komponente van die tegniese vakke gefokus. Om koste en tyd te bespaar, vind die

avontuur- en leierskampe gelyktydig met die ouerkongres op dieselfde terrein plaas.

bladsy/page 6

3. KIES U PAKKETOPSIE

Impak bied „n keuse uit drie pakketopsies, naamlik:

Volpakket. Kies hierdie opsie indien u „n formele en gestruktureerde onderwysbenadering wil

volg en deel wil wees van die Impak-familie. Hierdie opsie is beskikbaar vir leerlinge vanaf

Graad 0 tot Graad 12.

Hulpsentrumpakket. Kies hierdie opsie as u kind by „n geregistreerde hulpsentrum of

mikroskool ingeskryf word. Let asseblief op dat die kontraktuele verhouding (insluitende

betaling) nog steeds tussen die ouer en Impak gesluit word, en dat die hulpsentrums slegs die

koste van addisionele dienste, soos met u ooreengekom, van u sal hef.

Eie-keuse pakket. Kies hierdie opsie indien u „n informele, minder gestruktureerde

onderwysbenadering (soms ook genoem “un-schooling”) wil volg. Hierdie opsie is slegs

beskikbaar vir leerlinge vanaf Graad 0 tot Graad 9, waarna die leerling moet oorslaan na „n

Standaarpakketopsie om te verseker dat hy/sy wel aan die toelatingsvereistes van „n Nasionale

Senior Sertifikaat (NSS) voldoen.

VOLPAKKET

Die volpakket bevat die korrekte aantal en mengsel van verpligte en keusevakke en is so saamgestel

dat dit u help om die korrekte vaksamestelling te kies met die oog op u kind se verdere studies. Die

pryse word in die aansoekvorm verduidelik.

Die volpakket sluit die volgende in:

Al die produkte (leerlinghandleidings, DVD-lesse waar beskikbaar, antwoordboeke,

fasiliteerdersgidse en addisionele materiaal, soos voorgeskrewe werke) per vak. Geen

praktiese apparaat of addisionele programmatuur vir vakke met praktiese of tegniese

komponente word by die pakketprys ingesluit nie.

Kwartaaltoetse en memorandums, eksterne eindeksamen en nasiendiens per vak (eksamens

en memorandums kan in Impak se diskresie elektronies beskikbaar gestel word).

Alle druk- en produksiekoste, asook verpakking en posgeld (geregistreerde pos deur die Suid-

Afrikaanse Poskantoor) binne Suid-Afrika. Kliënte buite die grense van Suid-Afrika betaal die

gekwoteerde prys plus enige addisionele belastings en pos-/koeriergelde, behalwe in gevalle

waar Impak moontlik die oorsaak van veelvuldige versendings is.

Jaareindrapporte en vorderingsverslae.

BTW en agentekommissie.

Toegang tot ander Impak-dienste, teen die betrokke addisionele koste, insluitende die kongres,

avontuur- en leierskamp, winter- en afrondingskool.

Regsbeskerming binne Suid-Afrika deur die Pestalozzi Trust.

HULPSENTRUMPAKKET

Impak het verskeie goedgekeurde en gelisensieërde hulpsentrums en mikroskole wat deel vorm van die

Impak-familie. „n Hulpsentrum bestaan uit vyf of meer gesinne wat in „n spesifieke omgewing saamwerk

om kundige hulp te voorsien aan ouers in die beste belang van hulle kinders se onderrig. Sien ons

webtuiste (www.impakonderwys.co.za) vir „n lys van gelisensieërde hulpsentrums. Pryse word in die

aansoekvorm verduidelik, en die hulpsentrumpakket is nagenoeg 20% goedkoper as Impak se

volpakket.

Impak-hulpsentrums en mikroskole word jaarliks goedgekeur en gelisensieër op grond van vooraf

bepaalde minimum vereistes. Hulpsentrums moet „n sertifikaat kan toon dat hulle wel gelisensieerd is.

Let asseblief op dat die kontraktuele verhouding (insluitende betaling) nog steeds tussen die ouer en

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 7

Impak gesluit word, en dat die hulpsentrums u slegs vir die koste van addisionele dienste, soos met u

ooreengekom, aanspreeklik sal hou.

Die Hulpsentrumpakket sluit die volgende in:

Leerlinghandleidings, DVD-lesse (waar beskikbaar) en addisionele materiaal, soos

voorgeskrewe werke per vak. Let op dat die pakket nie enige fasiliteerdersgidse of

antwoordboeke insluit nie. Geen praktiese apparaat of addisionele programmatuur vir vakke

met praktiese of tegniese komponente word by die pakketprys ingesluit nie.

Kwartaaltoetse, eksterne eindeksamen en nasiendiens per vak.

Alle druk- en produksiekoste, asook verpakking en posgeld (geregistreerde pos deur die Suid-

Afrikaanse Poskantoor) binne Suid-Afrika. Kliënte buite die grense van Suid-Afrika betaal die

gekwoteerde prys plus enige addisionele belastings en pos-/koeriergelde, behalwe in gevalle

waar Impak moontlik die oorsaak van veelvuldige versendings is.

Jaareindrapporte en vorderingsverslae.

BTW en agentekommissie.

Toegang tot ander Impak-dienste teen die betrokke addisionele kostes, insluitende die kongres,

avontuur- en leierskamp, winter- en afrondingskool.

Regsbeskerming binne Suid-Afrika deur die Pestalozzi Trust.

Ouers kan, bykomend tot Impak se produkte en dienste, die volgende van „n hulpsentrum verwag:

Fasilitering van „n leerling se keusevakke by Impak. U word direk deur Impak voorsien van

enige akademiese boeke en materiaal.

Beskikbaarstelling van vakkundiges in veral Wiskunde, Fisiese Wetenskap en tegniese vakke.

Administratiewe hulp met verskeie Impak-prosesse, insluitende inskrywings, veranderings en

gereelde kommunikasie.

Fasilitering by die afneem van toetse, take en eksamens.

Bevrediging van die sosialiseringsbehoefte vir tuisonderwys-leerlinge.

Moontlike spesialisering in addisionele vakke (soos Musiek, Kuns of Drama) of sportsoorte wat

as belangrike onderwys- en kulturele dienspole in die gemeenskap kan dien.

Let egter daarop dat hulpsentrums nie die ouer se verantwoordelikheid vir die kind se onderrig mag

vervang nie, maar slegs as addisionele hulp kan dien. Indien u meer inligting verlang oor ons

Hulpsentrumbeleid, of belangstel om „n hulpsentrum te registreer, sien asseblief die brosjure “Impak

Onderwysdiens BK Hulpsentrumbeleid vir 2013”.

EIE-KEUSE PAKKET

U mag, op eie risiko, self kies hoe u vakke wil meng en pas. U moet egter seker maak dat u wel in die

beste belang van u kind optree en dat u u deeglik vergewis het van die moontlike effek wat u keuse op

u kind se verdere studieloopbaan kan hê. Die pryse van eie-keuse-vakke word in die aansoekvorm

verduidelik. Die Eie-keuse pakket is beskikbaar as „n individuele (Vollpakket) opsie of „n

Hulpsentrumpakket opsie. Hierdie opsies sluit dieselfde produkte en dienste per vak in wat u ontvang

as deel van die vol- of hulpsentrumpakkette.

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 8

4. REGSASPEKTE EN GRATIS REGSDIENSTE

U het „n grondwetlike reg om u eie kinders tuis te onderrig. In Suid-Afrika word onderwys deur die SA

Skolewet (84 van 1996: “SASA”) en verskeie ander wette en regsbepalings beheer. Artikel 3, 4 en 51

van SASA maak voorsiening vir tuisonderwys. Alle gebruikers van Impak Onderwysdiens se produkte

en dienste is en bly self daarvoor verantwoordelik om hulle van die toepaslike wetgewing te vergewis.

Ten einde gebruikers in hierdie verantwoordelikheid te ondersteun, bied Impak gratis regsbeskerming

vir alle Impak-leerlinge deur die Pestalozzi Trust, die regsfonds vir tuisonderwys.

Indien u as ingeskrewe Impak-kliënt deur enige persoon/persone of instansie gedreig of bedreig word

omdat u u kinders tuis onderrig, van „n sentrum se ondersteuning gebruik maak of „n hulpsentrum

bedryf, kan u dadelik by die onderstaande adres met u regsfonds vir gratis ondersteuning

in verbinding tree:

Tel: 012 330 1337

Faks: 011 507 5997

E-pos: defensor@pestalozzi.org

Webadres: www.pestalozzi.org

Posadres: Posbus 12332, Queenswood, 0121

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 9

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 10

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!