02.05.2013 Views

Untitled - Impak

Untitled - Impak

Untitled - Impak

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

IMPAK SE KLIËNTESTEUNDIENSTE

Die kliëntesteundiens vir 2013 bestaan uit:

Impak se vakforums op Internet. Leerlinge met toegang tot die internet kan by geselekteerde

vakke se vakforums inskakel. Deur middel van hierdie forums is gereelde kommunikasie tussen

die leerling en die vakadviseur maklik en bekostigbaar. Die onderwyser word met behulp van

vakforum-tegnologie in u huis of sentrum geplaas!

Vaksteundiens. Navrae ten opsigte van vakke waarvoor daar nie vakforums beskikbaar is nie,

kan op gespesifiseerde tye per telefoon, faks of e-pos aan Impak se vakadviseurs gerig word.

Navrae wat intensiewe en tydrowende verduideliking verg, word as ‟n ekstra les beskou. U mag

met vakadviseurs onderhandel om teen ‟n addisionele fooi ekstra lesse aan te bied of

nasienwerk te verrig.

Assesseringsdiens en rapporte/vorderingsverslae vir Graad 1 tot 11.

Alle eksamens vanaf Graad 1 tot 11 word tuis, of by Impak se hulpsentrums afgeneem.

Impak stel die eksamenvraestel vir alle grade ekstern op en bied die eksamen slegs op „n

geskeduleerde basis aan. Daar kan nie vir leerlinge wat teen hul eie pas werk buite die skedule

voorsiening gemaak word nie. Indien die leerling se antwoordstelle binne die geskeduleerde

nasientye ingedien word, sal die nasieners hulle nasien. Impak sal dan ‟n geldige rapport op

grond van die uitslae uitreik. As die antwoordstelle buite die nasiengleuf ingedien word, moet

die leerling en ouer tot die volgende nasiengleuf wag om die werk te laat nasien, of die ouers

kan memorandums van Impak aanvra en dit self nasien.

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

Indien die ouer self nasien, sal Impak „n rapport uitreik waarin verklaar word dat die uitslag die

betrokke ouer se mening oor die leerling se vordering weerspieël. Impak se eindeksamen tel

75% van die finale rapportpunt. Ouers en sentrums stuur die jaarpunte (deurlopende

assessering of DASS), wat 25% tel, in. Jaarpunte word verkry deur kwartaal 1, 2 en 3 se

toetsuitslae en projekpunte in berekening te bring. Kwartaal 1, 2 en 3 se toetse, met

memorandums, en die projekopdragte word in die ouer- of fasiliteerdersgids van elke vak

voorsien. Impak verwerk die eindeksamen en jaarpunte en reik „n geldige rapport of

vorderingsverslag vir Graad 1 tot 11 uit. Indien die jaarpunt met meer as 20% van die

eindeksamenuitslag verskil, verval die jaarpunt en tel slegs die eindeksamenuitslag. Hierdie

maatreël verseker die integriteit van Impak se rapporte en vorderingsverslae.

Psigometriese toetsing en hulp met studiemetodes en vakkeuse. Dit is vir Impak van groot

belang dat leerlinge die regte vak- en beroepskeuses maak. Die dienste van gegradueerde

beroepsvoorligters en geregistreerde psigometriese evalueerders word tot Impak-leerlinge se

beskikking gestel. Die dienste word gelewer teen „n spesiale tarief, wat net vir ingeskrewe

Impak-leerlinge beskikbaar is. Konsultasies en toetsing geskied per voorafgereëlde afspraak.

Sosialiseringsdiens. Impak se Afdeling vir Sosialisering en Geestelike Ontwikkeling sien om

na avontuurkampe, leierskampe, ons matriekafskeid, staptoere en uitstappies, sportdae vir

winter- en somersportsoorte, kultuuraktiwiteite en die inskakeling van Impak se sport- en

kultuurpresteerders by erkende instansies.

Kongresse. Impak poog om jaarliks streekkongresse in Gauteng, die Wes-Kaap, die Noord-

Kaap en Namibië aan te bied, indien belangstelling dit regverdig. Die kongresse lig ouers in en

lei hulle op ten aansien van uiteenlopende aspekte van tuisonderwys.

Winter- en afrondingskole. Die winterskool vind gewoonlik tydens die Junie/Julie-vakansie

plaas. By die winterskool word daar op Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Rekeningkunde, tale en

praktiese komponente van die tegniese vakke gefokus. Om koste en tyd te bespaar, vind die

avontuur- en leierskampe gelyktydig met die ouerkongres op dieselfde terrein plaas.

bladsy/page 6

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!