02.05.2013 Views

Untitled - Impak

Untitled - Impak

Untitled - Impak

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ONS KWALIFIKASIE

Impak is ingeskakel by 'n eksamenraad wat by Umalusi geakkrediteer is om die Nasionale Senior

Sertifikaat (NSS) aan te bied. Hierdie eksamen word jaarliks in Oktober/November by

eksamensentrums regoor Suid-Afrika afgeneem. By suksesvolle aflegging van dié eksamen reik

die staat, deur Umalusi, „n amptelike Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) aan die leerling uit.

Indien die regte vakkombinasie geneem en universiteitvrystelling behaal word, verleen die NSS

toelating tot enige Suid-Afrikaanse universiteit. Die NSS word, met sekere voorbehoude, ook

internasionaal aanvaar.

Leerlinge kan slegs tot Graad 12 toegelaat word mits hulle:

geldige rapporte vir Graad 10 en 11 besit, óf

‟n ekwivalente kwalifikasie kan toon, óf

„n toelatingseksamen tot die toetredingsgraad slaag.

Umalusi se NSS-eksaminering beskou Graad 10 tot 12 as „n eenheid, met ander woorde,

die Graad 12-eindeksamen handel in die meeste gevalle oor die werk van sowel Graad 10, 11 en 12.

Geen leerling kan na Graad 11 vorder sonder „n geldige Graad 10-rapport nie, en geen leerling kan

tot Graad 12 toegelaat word sonder „n geldige Graad 10-en 11-rapport nie.

2. IMPAK SE PRODUKTE EN DIENSTE VIR 2013

IMPAK SE PRODUKTEREEKS

Die produktereeks vir 2013 bestaan uit:

Die Leerlinghandleiding of -handboek. Impak se span vakskrywers skep akademiese

materiaal, bestaande uit „n stel lesse wat met die jongste leerplanvereistes en onderwysontwikkelinge

tred hou. Dit is kindervriendelik en volgens die leesvermoë van die betrokke

ouderdomsgroep saamgestel, sodat leerlinge graag self met die lesstof wil werk en

eksperimenteer. Die handboek is resepmatig geskryf, en kan dus die ervare onderwyser se

plek in tuisonderwys volstaan en dien as kragtige hulpmiddel vir onderwysers en ouers.

DVD-lesse (sekere vakke). In bepaalde vakke in Graad 8 tot 12 vergesel ‟n DVD die

handleiding. Die DVD bevat videomateriaal van lesse waarin vakkundiges die werk in die

leerlinghandleiding verduidelik en demonstreer. Dit verbeter die leerervaring deurdat leerlinge

die les of eksperiment kan sien en hoor.

Antwoordboeke. Antwoordboeke verskaf antwoorde met puntetellings vir die vrae wat in die

handleiding gestel word.

Fasiliteerdersgidse. Die fasiliteerdersgidse bevat stap vir stap begeleiding aan die ouer oor

die maniere waarop tuisonderwys en die betrokke vak aangepak kan word. Dit sluit in

werkskemas, die assesseringsbeleid en -riglyne, toetse en memorandums, eksamens

(eksamens kan in Impak se diskresie elektronies beskikbaar gestel word), asook

projekopdragte en take.

Ander leesmateriaal (sekere vakke). Sekere vakke sluit addisionele leesmateriaal in

(byvoorbeeld voorgeskrewe werke in Afrikaans en Engels).

IMPAK Tuis- en Hulpsentrumonderrig/Home and Support Centre Education 2013 Brosjure/Brosjure

DIREKTEURE/DIRECTORS

P.B. Botha | S. Botha | P.N. de Waal | W.E. Kitshoff | M.A.H. Koen

Reg. No.: 2011/011959/07

bladsy/page 5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!