02.05.2013 Views

Jaargang23, Nr 1, 2007 - Van Der Walt Bond

Jaargang23, Nr 1, 2007 - Van Der Walt Bond

Jaargang23, Nr 1, 2007 - Van Der Walt Bond

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Volksverhuising ca. 440 D.C.

Die Friese se ontstaan spruit grootliks uit die volksverhuising ca. 440 n.c.

In die derde eeu v.c. het die Hunne, of "Xiongnu" soos hulle genoem was

deur die Chinese, getrek van die oostelike gebied van sentraal Asië na Sjina

en weswaarts na die Ural gebergtes en verdryf ander groepe voor hulle uit.

Attila, genoem "the Scourgeoj' God"(ca. 406-453), Koning van die Hunne (ca.

433 - 453).

Die Duitsers het hom Etzel genoem en die Hongare Ethele.

Baie min is bekend van Attila's se vroeëre lewe, behalwe vir die feit dat hy 'n

lid van die heerser familie van die Hunne, 'n nomadiese ruiter volk was, wat

waarskynlik afstam van die Turke, Tartare, of van Oekraïnse oorsprong, wat

die Russiese slawe (Hunne) volke was, en wat verspreid was in die Kaspiese

steppe, rondom die Kaspiese see en later die Noordelike dele van die

Kaspiese see en het herhaaldelike aanslae op die Romeinse Ryk gemaak.

Hulle verdwyn uit Europa na Attila se dood in 453. Hulle was van die

Koninkryk van Attila die oorspronklike Slawiese volke tot ca. 400 n.c.

genoem die Hunne, nomadiese Asiërs.

Hulle was gedugte ruiters en het glad nie huise of tente gehad nie, dus ook nie

'n grondgebied as hul land nie. Hulle het baie min van hul perde afgeklim, het

rondbeweeg van area tot area op die perde, onderhandelings met ander volke

vanaf hul perde se rue gedoen.

Die Hunne was al so vroeg as die Middeleeue aan die Noordekant van

Vlaandere/België en dit sluit 'n groot gedeelte van die huidige Nederland in.

In 1300 was hulle in die huidige gebied waar Friesland nou min of meer geleë

is.

Hierdie inligting van die berede Hunne laat my dink aan 'n Tsjeg van

Tsjeggo-Slowakye wat in 2001 vir my die volgende vertel het:

Ek het hom nooit gevra wanneer dit plaasgevind het nie, maar volgens sy

ouderdom moes dit net voor die Eerste Wêreldoorlog gewees het (hy het

vertel hoe hy as 10-jarige soms moes vlug en oor hope lyke loop om weg te

kom), ek het probeer om die outentisiteit vas te stel maar kon geen inligting

kry om dit te bevestig nie. Die oorloë het wel plaasgevind, maar is nie in

detail opgeteken nie. Dat die Turke in die Ottomaanse ryk die Beskans

ingeneem en oorheers het, is korrek.

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!