02.05.2013 Views

amesa wiskunde olimpiade conquesta olimpiade - Hoërskool ...

amesa wiskunde olimpiade conquesta olimpiade - Hoërskool ...

amesa wiskunde olimpiade conquesta olimpiade - Hoërskool ...

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AMESA WISKUNDE OLIMPIADE

AMESA is ‘n Wiskundekompetisie wat jaarliks deur die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit in Port

Elizabeth aangebied word. Hierdie kompetisie word aan sy hoë standaard gekenmerk en bied die leerders goeie

blootstelling.

Hier volg ‘n tabel wat leerderdeelname aantoon. Die getalle in hakies dui 2010 se deelname aan.

Graad Eerste Finale

rondte rondte

3 2 2

5 2 1

7 9 2

9 7 2

11 5 2

Totale: (11) 25 (7) 9

Die nege leerders wat aan die finale rondte deelgeneem het, het almal sertifikate ontvang. Deon Radyn (Gr 11)

en Jacques Tredoux (Gr 5) het besonder goed presteer en goue diplomas verwerf. Ons glo dat die leerders

hierdie uitdaging geniet het en daardeur verryk is.

Die getal deelnemers het hierdie jaar gegroei en ons poog om hierop voort te bou.

CONQUESTA OLIMPIADE

Conquesta is ‘n Internasionale Meervoudige-keusevraag Olimpiade vir leerders van Grade 1 tot 7. Hierdie jaar

kon ons met besonder goeie deelname spog. Baie dankie aan elke leerder vir sy/haar entoesiastiese deelname.

Hou so vol!

Hierdie kompetisie dien ‘n tweeledige doel: dit dui vir ons die leerders se huidige standaard aan en dit slyp hulle

vermoë om vreemde vrae te beantwoord.

Die Conquesta Olimpiade is hierdie jaar na skool geskryf en het baie goed afgeloop. Hier volg die tabel wat

leerderdeelname in die afsonderlike grade aantoon.

Graad Deelname Bo 80%

Graad

1

9 6

Graad

2

12 6

Graad

3

17 8

Graad

4

9 3

Graad

5

6 2

Graad

6

6 3

Graad

7

14 3

Totaal 78 31

Baie geluk aan Zoe Davids en Alet Roux wat 100% in Geletterdheid behaal het. Ons is trots op julle prestasie!

Vl.n.r. Alet Roux en Zoe Davids

OPVOEDKUNDIGE KAMP

Die Gr 4- tot 6-leerders het gedurende die 2de kwartaal ‘n unieke

geleentheid gehad om weer ‘n avontuurbelaaide Opvoedkundige kamp in

Schoemanspoort te ervaar. Dit is deur mnr Hendry Fourie, asook deur die

opvoeders van die betrokke fase, aangebied. Twee en veertig opgewonde

leerders het by hul aankoms die terrein vinnig verken - almal het

saamgestem dat dit ‘n pragtige plek is, ver van die dorp se lawaai. Nadat

die kampreëls bespreek is, het die program in alle erns afgeskop.

Spanindelings, spanspeletjies en ‘n aanbieding oor die San het almal tot

laat die Vrydagaand konstruktief besig gehou.

Saterdagoggend vroeg, net na ontbyt, het die leerders medisinale plante en slange as vriende van die mens,

prakties beleef. Hierna het elkeen ‘n stapstok gemaak. Saterdagaand se kampkonsert het vir puik vermaak

gesorg. Sondagoggend, na ‘n kort kerkboodskap, het ons na Cheetaland vertrek waar ons ‘n besonder volledige

praktiese aanbieding oor diere, van visse tot leeus, ontvang het. Hierna

moes ons huiswaarts keer. Almal het saamgestem – die naweek was te kort.

Baie dankie aan al die betrokke opvoeders wat hul naweek opgeoffer het om die kamp moontlik te maak. Baie

dankie ook aan al die leerders wat met puik gedrag die kamp vir elkeen ‘n heerlike ervaring gemaak het. Ons is

trots op julle! Beplanning vir 2012 se kamp is reeds aan die gang en beloof om weer iets besonders te wees.

GRAAD 8-TOER

Die jaarlikse graad 8-toer kon ongelukkig nie plaasvind nie. Dertien van die leerders se ouers kon nie die

toergeld bybring nie. Dit was ‘n jare lange tradisie, wat as gevolg van die huidige nasionale ekonomiese

toestand, nou tot ‘n einde kom. Die moontlikheid om in die toekoms slegs ‘n naweek-motiveringskamp te hou,

word tans oorweeg. Dit is hartseer wanneer tradisies verdwyn, maar daar word gelukkig reeds aan alternatiewe

oplossings aandag gegee.

MUSIEKONDERRIG

Die skool maak dit steeds moontlik dat leerders musiekonderrig ontvang, hoewel dit nou deur privaat persone

aangebied word.

In die afwesigheid van mev. Inge van Tonder het mev. Hester Krige een maal per week Ladismith toe gekom om

klavierlesse in die gemeenskap aan t bied. Sy sal tot die einde van die jaar daarmee voortgaan. Vanaf volgende

jaar sal dit weer afhang of daar ‘n persoon is wat sou belangstel om dit te doen. Ons hoop dat mev Van Tonder

weer haar weg sal oopsien om belangstellende leerders te onderrig.

Mev Jacobs onderrig vyf leerders in klavier- en klawerbord. Mnr. Jean Dekker het vanjaar aan ses leerders

kitaaronderrig gegee.

REDENAARSKOMPETISIE

Die redenaarskompetisie het in die vierde kwartaal plaasgevind. Altesaam 16 leerders het daaraan deelgeneem.

Ilke Heneke het in die Senior afdeling die eerste plek verower, met Cindy Joubert en Jadri du Plessis

gesamentlik tweede. Die deelnemers het met goeie navorsing beïndruk.

Een van die Senior onderwerpe was: Wat ek graag in my dorp of land sou verander of behou indien ek kon.

Die Junior Redenaarskompetisie het ook ‘n paar sterre opgelewer. Chrisstoffel Jumaar, Terry-Ann Klink en

Jacolette du Plessis het onderskeidelik eerste, tweede en derde plek behaal.

Een van die Junior onderwerpe was: Watter kenmerke van my rolmodel sou ek graag eendag self wou

openbaar?

Die leerders het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Met sulke blootstelling sal hul eendag in staat wees om met

vertroue in die openbaar op te tree.

SA TAALBOND

Die Suid-Afrikaanse Taalbondeksamen is oudergewoonte in April afgelê. Vier senior en vier junior

leerders het hierdie jaar deelgeneem. ‘n Mens moet altyd in ag neem dat beide tale op huistaalvlak

geëksamineer word. So ‘n kwalifikasie op ‘n CV sal beslis tot voordeel van daardie persoon strek.

REKENAAR OLIMPIADE

Die Rekenaar Olimpiade vind jaarliks regoor die land plaas. Die klem val nie soseer op rekenaarvaardighede

nie, maar kandidate se vermoë om veral wiskúndig logies te redeneer, word getoets. Rekenaarvelde soos

webtuiste- en databasis- ontwikkeling, asook programmering vereis ’n besonder hoë vlak van wiskundige- asook

konsentrasievermoë. Die olimpiade poog om leerders wat aan hierdie kriteria voldoen, te identifiseer en te

beloon.

Die moeilikheidsgraad van die olimpiade is besonder hoog - internasionale rekenaarfirmas soos Oracle gebruik

byvoorbeeld dieselfde tipe toetsing wanneer hulle beursaansoeke oorweeg. Vanjaar se olimpiade was geen

uitsondering nie.

’n Groot gros graad 10- tot 12-leerders het aan die olimpiade deelgeneem – baie dankie! Die volgende

prestasies is behaal:

Danél Verwey: Beste in Graad 12 asook algehele beste prestasie in Hoërskool Ladismith.

Donwald Hartman: Beste in Graad 11

Manie Rosslee: Beste in Graad 10

Mnr Dekker is onlangs genader om bystand te verleen met die samestelling van 2012 se olimpiade. Ons hoop

en vertrou dat volgende jaar vir nóg groter deelname sal sorg!

VISRIVIER STAPTOG

Ons skool het vanjaar vir die tweede keer aan die Visrivier Skoonmaak Projek deelgeneem. Die volgende graad

7-leerders het die projek meegemaak: JJ Nel, Nelmari Saayman, Marcel Simpson, Melissa Crawley, Anke Steyn

en Alecia Lourens. Die groepie is deur Hannes en Antoinette Nel vergesel.

Die groepie was vanjaar vir twee weke weg en het ‘n kort toer deur Namibië onderneem. Die ervaring en

blootstelling wat die leerders opgedoen het, is van onskatbare waarde. Hulle het positiewe en opbouende

terugvoer gegee en hul ervaring deur middel van videovertonings en foto’s met die res van die leerders gedeel.

Hulle sou nie die toer beleef het sonder Hannes en Antoinette se bereidwilligheid om hulle te vergesel nie. Baie

dank is aan hulle verskuldig!

GRAAD R

Ons het vanjaar begin met 28 Graad R’s en sluit die jaar af met 27. In Graad R word die leerders gereedgemaak

vir formele skoolonderrig in Graad 1. Die leerders word opvoedkundig, verstandelik, liggaamlik, geestelik, sosiaal

en emosioneel gestimuleer. Die Graad R’s volg hoofsaaklik 4 leerareas, naamlik Syferkundigheid, Geletterdheid,

Lewensvaardigheid en Kuns & Kultuur. Alle ander aktiwiteite word in hierdie 4 leerareas vervat. Die huidige

HNKV sal van volgende jaar af deur die nuwe “CAPS” vervang word. Die Gr. R’s skakel ook sover moontlik by

die Eko-projekte van die skool in.

Soos elke jaar het ons weer ‘n hele paar uitstappies onderneem wat by ons weeklikse temas ingeskakel het. Gr

R skakel ook by ander skoolaktiwiteite in, soos byvoorbeeld deelname aan sport, gereelde besoeke aan die

rekenaarlokaal, optrede tydens skoolgeleenthede en die Prysuitdeling. Verder het hulle hierdie jaar begin

inskakel by die IT-projekte, ‘n voorreg vir die kleinstes van die skool!

Rekenaar

IT-projek

Atletiek

Krieket

Rugby

Netbal

Die volgende plaaslike instansies is gedurende 2011 besoek:

Klein Karoo-Slaghuis

Polisiestasie

Poskantoor

Hospitaal

Brandweer

In Graad R word ‘n uitgewerkte dagprogram gevolg. Gedurende klastyd word daar gewerk aan syfers, tale, kuns,

musiek, liggaamlike bewegings, opvoedkundige speletjies en Godsdiensonderrig. Hulle kry die geleentheid om

iets wat by die tema pas van die huis af saam te bring vir die “uitstaltafel” in die klas.

Afhangende van die weeklikse tema, word kinders na oop ruimtes om die skool geneem om sekere aktiwiteite te

verrig, soos byvoorbeeld om rommel op te tel, ‘n boom te help plant en insekte en voëlneste te soek vir

besigtiging. Die Gr. R’s help gereeld in hul tuintjie: gee water, trek onkruid uit en sorg vir die voëltjies se water-

en kosbak. Die kleintjies besoek ook soms die weerstasie by die skool!

Ons tel rommel op

Boomplantdag

Ons soek insekte

Tuinwerkies

Ander opvoedkundige aktiwiteite sluit in:

Voëlkuns

Weerstasie

Die Graad R’s het daagliks twee buite-pouses van 30 minute elk (vryspel) in hul eie speelruimte en daar is ook

tyd vir vryspel in die klas.

Soms bak en brou ons, maak ons vrugteslaai, hou ‘n aansit-ete en Lentedag word gevier.

Daar word baie aandag aan die vier leerareas bestee en wel deur middel van praktiese interaksie, mondelinge

aktiwiteite, spel en skriftelike werk op hul eie vlak!

Die Graad R-klas het oudergewoonte aan RATEM op Riversdal deelgeneem. Hulle het Dubbelgoud vir

hul slagorkes verwerf. Dit is nou die vyfde agtereenvolgende jaar dat HSL se Gr. R’s hierdie prestasie

behaal! Nogmaals baie dankie aan die ouers wat ons so wonderlik ondersteun het!

Drie van die Graad R-dogtertjies het ons uitgehelp met ons Junior Primêre Trompoppies (Gr. 1-3).

Ons Gr R-Opedag was ‘n reusesukses. 16 nuwe Gr. R’s het ons besoek en 18 is reeds vir 2012

ingeskryf.

Die Graad R’s ontvang hul “grade” op die Grondslagfase se jaarlikse prysuitdeling.

Ons beleid in Graad R is om kwaliteit onderrig te gee en leerders te lei in selfontwikkeling. Hulle word blootgestel

aan optredes en deelname, sodat hulle met ‘n stewige fondament en vol selfvertroue hul skoolloopbaan kan

begin.

VRL EN LEERLINGRAAD

Die VRL van 2011 het onder leiding van Fabian Aysley en Christelle van Niekerk die jaar met groot entoesiasme

aangepak. Tydens die opleidings- en beplanningskamp is die jaar se bedrywighede deeglik beplan. Al hul

beplande aktiwiteite het gerealiseer, sommiges suksesvol, ander minder so. Van die suksesse was die jaarlikse

Valentynsdag, Heldedag (leerlinge kon soos hul helde aantrek) en ‘n speletjiesdag vir die hoërskool. Die leerders

het dit baie geniet. Die VRL het vanjaar ook begin om ‘n groter rol t.o.v. die skool se dissipline te speel. Hul

bydrae tydens pouses en in die rye het daartoe meegehelp dat ons algemene dissipline verbeter het.

Vanjaar was die VRL by die organisasie van die SPUR ADVENTURE FUN-RUN betrokke. Dit was ‘n nuutjie vir

Ladismith en het behels dat deelnemers sowat 3 kilometer in die berg moes hardloop. Hulle het na afloop

daarvan elkeen ‘n medalje en ‘n glanstydskrif oor die natuur ontvang. Volgens almal teenwoordig, was die dag ‘n

groot sukses.

Die VRL het hierdie jaar ‘n goeie fondament gelê waarop die VRL van 2012 kan voortbou.

LEERLINGRAAD - LAERSKOOL

Die 2011-leerlingraad het uit die volgende leerlinge bestaan:

Graad 7: Marcel Simpson, Alecia Lourens, Darren Muller, J.J. Nel.

Graad 6: Cara Steyn, T.L. Steyn, Philip Crafford, Coenie Blignaut.

Hulle was verantwoordelik vir toesig gedurende pouses en ryediens nadat die klok gelui het. Hulle het hul goed

van hul taak gekwyt.

Probleme wat opgeduik het, kon tydens vergaderings onder leiding van die skakelonderwyser aangespreek

word.

Die leerlingraadslede is hierdie jaar van 6 na 8 leerlinge vermeerder. Ons evalueer die situasie elke jaar om by

die behoeftes van die laerskool aan te pas.

KULTUUR

Die skool doen jaarliks moeite om geleenthede te skep wat leerders aan aantreklike kulturele aktiwiteite

blootstel. Hulle kry afrigting in musiek, sang, dans, toneel en skryf en neem in groot getalle deel aan RATEM in

Riversdal.

GEMEENSKAPSKUNSTEFEES

Die Gemeenskapskunstefees word elke tweede jaar deur Hoërskool Ladismith aangebied. Die doel hiervan is

om leerders van die landelike skole en buurdorpe ‘n geleentheid te gee om saam met die plaaslike skole deel te

neem en blootstelling te kry. Altesaam ses skole het aan Kuns, Musiek, Voordrag en Dans deelgeneem. In elke

afdeling is ‘n trofee vir die beste prestasie van die dag oorhandig. Die wenners was as volg:

Voordrag EK Primêr

Kuns Towerkop Primêr

Musiek Hildred Swart van HSL

Koor Towerkop Primêr

Dans EK Primêr

Baie geluk aan die wenners. Hildred, ons is trots op jou dubbel-goud en die trofee wat jy ingepalm het! Elle van

Rooyen en Marina Jacobs het elk ‘n pragtige goue toekenning ontvang! Baie geluk!

Marina, Hildred en Elle

Baie dankie aan elke skool wat hierdie geleentheid gebruik het om leerders in te skryf. Dit was ‘n groot sukses!

Dankie ook aan elke beoordelaar wat, ten spyte van ‘n besige program, bereid was om te help.

Ons wil Ladismith se dorp- en landelike-skole aanmoedig om volgende keer met groter entoesiasme deel te

neem. Dit strek tot die leerders se voordeel om aan die kunste blootgestel te word.

EK Primêr – dansitem

GRAAD R- TOT 3-GLANSAAND

Aangesien alle ouers nie hul kinders na RATEM in Riversdal kon vergesel nie, is ‘n Kultuur Glansaand by die

skool gehou. Dit was op Graad R-3 leerders gemik wat aan RATEM en die Ladismith Gemeenskapskunstefees

deelgeneem het. Hoofsaaklik bydraes in kuns, voordrag, musiek en sang is weer vertoon. ‘n Paar ander items is

ook met sukses aangebied. Almal wat teenwoordig was, het die aand baie geniet! Baie dankie vir die

teenwoordigheid van al die ouers, familie en vriende.

RATEM

Die Riversdal Amateur Toneel en Musiek Eisteddfod (RATEM) vir Musiek, Drama en Kuns, is gedurende die

derde kwartaal by Laerskool Volschenk aangebied. ‘n Week word spesiaal afgesonder vir Drama en Musiek.

Kunswerke is oudergewoonte in die voorportaal van die skool en in die saal uitgestal.

Van ons leerlinge het besondere prestasies in Kuns behaal.

In die Junior Primêre afdeling:

Gr. R: 5 goud en 10 silwer sertifikate.

Gr. 1: 4 goud en 3 silwer.

Gr. 2: 4 goud, 2 silwer, 4 brons.

Gr. 3: 2 goud.

Die Gr. 4- tot 6-leerders het ook baie goeie werk gelewer en is met die volgende toekennings beloon: 2

dubbelgoud, 9 goud, 7 silwer en 9 brons.

Vanjaar se Voordrag was van hoogstaande gehalte. Die goedgekose gedigte het die leerders se individuele

talente belig. Ons is baie trots om te sê dat die volgende toekennings verwerf is:

Junior Primêr:

Gr. 1: 1 dubbelgoud, 1 goud, 3 silwer,1 brons. Gr. 2: 2 dubbelgoud, 2 goud, 1 silwer.

Gr. 3: 1 goud.

Die Gr. 4- tot 6-leerders het ook uitmuntend voorgedra en het 3 dubbelgoud, 5 goud, 2 silwer en 3 brons

sertifikate verwerf.

Skryfkuns: Een leerder in Gr. 6 het 2 sertifikate (Goud) verwerf.

Musiek:

Gr. R: Orkes: 1 dubbelgoud. Klaviersolo’s: 2 silwer; 1 brons. Klawerbord: 1 goud; 1 silwer.

Gr. 1: Klaviersolo: 1 silwer. Solosang: 1 silwer.

Gr. 3: Klaviersolo: 1 silwer. Solosang: 1 goud.

Gr. 4: Klawerbord: 1 goud.

Weer eens geluk aan al die deelnemers. Baie dankie aan die entoesiastiese onderwysers wat die leerders met

raad, hulp en afrigting ondersteun het - voorwaar ‘n wenspan!

Die graad 7’s het met groot entoesiasme aan die Kunsafdeling deelgeneem en het die volgende medaljes

verower: 5 goud ; 4 silwer en 1 brons.

Graad 7 het die volgende medaljes in Voordrag verower: 2 goud en 3 silwer.

Die volgende prestasies is in die Skryfkuns behaal:

Graad 12: 1 goud

Graad 9: 1 goud

Graad 7: 1 silwer en 1 brons

Shani Hough, in Graad 12, het dubbelgoud in Kuns verower.

VCSV (KOMPAS)

Die Kompasperiode se visie was om ‘n nuwe generasie tot ‘n nuwe lewenstyl in Christus te begelei. As

Christelike organisasie vorm ons deel van die liggaam van Christus wat God se wil verheerlik deur die krag van

die Heilige Gees.

Vanjaar se VCSV was besonders omdat dit gedurende skooltyd plaasgevind het. Leerders van Grade 10 en 11

was by die Kompasperiode betrokke. Daar is weekliks oor verskeie Christelike onderwerpe gesels. Onder

leiding van Irenké is elke periode met lofsang en aanbidding geopen. Daarna is leerders in kringe verdeel, waar

hulle deur kringleiers begelei is. Ons kernoortuigings vir die jaar was:

Wat beteken hierdie periode vir die leerders van ons skool? Dit is ‘n periode waar hulle een of meer jare van

hulle lewe met die Here kan deel en ongelooflike ervarings kan meemaak. Dit is ook ‘n periode waartydens daar

daadwerklik waarde tot hul lewens toegevoeg word. Dit gebeur deur middel van gesprekvoering oor ‘n

verskeidenheid temas soos deur die leerders self versoek.

Ons doelstelling vir die jaar was om die:

• Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, soos in Sy Woord geopenbaar, aan ons leerders te

verkondig.

• Leerders aan te moedig om as dissipels van Jesus te leef.

• Leerders aan te moedig tot getroue Bybelstudie.

Ons sê dankie aan elke onderwyser, kringleier en leerder vir hulle insette en bydraes tot die sukses van die

kompasperiode.

Baie dankie aan mev. Anna-Marie Vermeulen, mev. Linda Radyn, en Irénke Berko wat sinvolheid aan ons

werksaamhede verleen het.

OMGEWINGSKOOL

HOËRSKOOL EKO-AKTIWITEITE

Ons het uiteindelik die Internasionale Groen Vlag Status bereik!

Ons werksaamhede in 2010 was deurslaggewend vir hierdie toekenning. Lorraine McGibbon van Wessa Skole

het die oorhandiging van die vlag op 21 Februarie 2011 tydens ‘n saalbyeenkoms behartig.

Gedurende 2011 moes ons steeds hard werk om hierdie status te behou. Die 5 temas vir vanjaar was:

1) Hulpbrongebruik,

2) Omgewing en biodiversiteit,

3) Plaaslike- en globale kwessies,

4) ‘n Gesonde leefwyse en

5) Gemeenskap en erfenis.

Moeë leerders rus tydens wandelpad

skoonmaak-sessie

Eko-aktiwiteite het onder andere die herstel van die Towersig wandelpad ingesluit. Gr 8 en 10 was hierby

betrokke. Die wandelpad word tans ook gebruik as deel van die roete vir die Extreme Mountain Running groep

wat die afgelope 2 jaar na Stanley se liggie gehardloop het.

Verskeie groen dae (Aardedag, Herwinningsdag, Erfenisdag, Toerismedag, Loslitdag, Boomplantdag,

Habitatdag, Wêreld Dieredag, Wêreld Voedseldag, Marinedag en Internasionale Dag vir Vrede) is elkeen

volgens die eko-kalender gevier.

Ons grondslagfase leerders het aan die “Walk for Water” deelgeneem as deel van die Waterweek -program. Ter

viering van Voëlweek het ons senior leerders ’n praatjie oor die voël van die jaar, die Europese Swawel,

bygewoon. Ter viering van “Treecaring week “ het die Gr 7 – 9 leerders ‘n spekboomlaning aan die binnekant

van die skool se heining aangeplant. Die leerders moes die steggies self voorberei en grootmaak tot dit

uitgeplant kon word. Die NW-leerders was hierby betrokke.

Verskeie take wat ooreenstem met die hoof- onderwerp, Woude en Vleilande, is deur leerders aangepak.

Beide die Boom en Voël van die jaar is met die leerders behandel. Lorraine het self ‘n praatjie oor hierdie

migrerende voëltjie kom lewer. Vir Marine Week het ons met die VRL-leerders in Jongensfontein gaan kampeer.

Die Gr 4 tot 6- leerders het ‘n kamp te Schoemanspoort bygewoon waar hulle beoog het om ‘n rivierstudie, ter

viering van Omgewingsweek, te doen. Die weer het hulle hierin geboikot, maar gelukkig kon hulle as alternatief

die “Cango Wildlife Range” besoek. Wat ‘n leersame uitstappie!

Visrivier-stappers besig om te

oefen

Ons het weer 5 leerders gehad wat aan die Visrivier-Skeurvallei Skoonmaak-operasie deelgeneem het. Dit sluit

aan by “World Clean-up Week”. Ons was een van net 3 skole wat hierdie voorreg gesmaak het. Beslis die

moeite werd!

Die Kansa-stap, Vasbyt-stap, MTB-bergfietsuitdaging en die Ladismith Gemeenskaps Eisteddfod was maar ‘n

paar van die ekstra aktiwiteite waarby ons hierdie jaar betrokke was.

Gr 10 – 12 het gefokus op navorsing oor Bewaar ons erfenis. Die temas was:

• Verdwyning van skilpaaie (die padlopertjie- en die suurpootjiespesies)

• Bewaring van ons renosters

• Die Oewerkonyn (Doekvoetjie)

• Die Aalwynwoud tussen Ladismith en Zoar

• Voël van die jaar (Europese swael)

• Boom van die jaar (Pappea Capensis – Bruidsboom of beter bekend as die Doppruim)

• Verdwyning van woude in SA

• Verdwyning van vleilande in SA

LAERSKOOL EKO-AKTIWITEITE

Omgewingsaktiwiteite maak leerders daarvan bewus dat hulle deel vorm- en afhanklik is van die natuur. Hulle

moet dit versorg en bewaar. Vanaf Gr. R maak die leerplan voorsiening vir ‘n studie van die natuur. Opvoeders

spits hul daarop toe om dit in alle leerareas te inkorporeer. So word weerstasielesings in syferkunde gebruik, die

buitelugklaskamer vir taallesse en die skoolgrond vir die bestudering van insekte en voëls. Die leerplan maak

ook voorsiening vir die viering van omgewingsdae (sien Hoërskool Eko–aktiwiteite). Die gebeurtenisse word

gevier met kort staproetes,

deelname aan kunskompetisies, besoeke aan die dorp se hospitaal en ouetehuis, bome plant, die optel van

rommel en die verfraaiing van die skoolterrein. Leerareas soos NW, LO, SW en Tegnologie hou direk hiermee

verband.

Opvoeders het vanjaar ‘n naweekkamp na Cheetahland vir die graad 4- tot 6-leerders gereël. Hulle het

medisinale plante bestudeer en ‘n studie van die Sanbevolking gemaak.

Graad 1- tot 3-leerders het in die laaste kwartaal ‘n uitslaapaand op die rugbyveld geniet, kompleet met ‘n

worsbraai, sterrekyk en boeresport.

“WALKING FOR WATER”

“Walking for Water” word elke jaar in die week van 22 Maart, Internasionale Waterweek, gehou.

Die konsep van “Walking for Water” het 8 jaar gelede in Nederland ontstaan. In 2010 het 400 skole wêreldwyd

daaraan deelgeneem.

Met “Walking for Water” word mens daarvan bewus gemaak dat baie kinders in ontwikkelende lande elke dag tot

6 km moet stap om skoon water te kry. Vandaar die idee dat kinders tussen 10 en 13 jaar as ‘n

fondsinsamelingsprojek 6 km met 6 ℓ water moet stap. Die doelwit is: Kinders moet leer omtrent wêreldwye

waterkwessies en ook leer hoe om dit op te los. Die grondslagfase–leerders het op 25 Maart ‘n roete van 3 km

gestap. Elke leerder het 3ℓ water gedra. By die dorp se opgaardam is daar eers gerus en padkos geniet.

Leerders het gesien hoeveel drinkwater nog beskikbaar is en hoe afhanklik ons daarvan is. Terug by die skool is

alle waterbottels op die grond om die boomstamme leeggemaak. Leerders is opnuut van waterskaarste en –

besparing in ons omgewing asook die voorreg om elke dag lopende water tot ons beskikking te hê, bewus

gemaak.

SPORT

Die buitemuurse kurrikulum bied geleentheid vir die leerders om deel te neem aan ’n groot verskeidenheid

tradisionele sportsoorte, soos Atletiek, Krieket, Netbal, Rugby en Tennis.

ATLETIEK

KLEURESPORT: 2011

Die volgende spanne het in die onderskeie afdelings met die skild weggestap:

Spanskild : Blou

Aankoms : Blou

Pawiljoen : Geel

Sang : Geel

Die volgende leerders het in die Senior afdeling uitgeblink:

Engela Uithaler - Victrix Ludorum;

Fabian Aysley - Victor Ludorum.

INTERSKOLE

Die jaarlikse Interskole het op Hoërskool Ladismith se atletiekbaan plaasgevind. Hoërskool Calitzdorp en

Ladismith Sekondêr het teen ons meegeding.

SWD-ATLETIEK

Op Saterdag 5 Maart 2011 het die hoërskoolleerders in Oudtshoorn aan die SWD-kampioenskappe

deelgeneem.

Die leerders wat presteer het, se uitslae was as volg:

Anika Els Diskus 3de

Rano Africa 3000 m 3de

Veels geluk aan Annika en Rano wat vir die SWD-span gekies is. Ons is baie trots op julle!

AFRIGTINGSKURSUS

Die grootste gedeelte van HSL se personeel, asook ouerafrigters, het ‘n intensiewe afrigtingskursus by die

Hoërskool Bredasdorp bygewoon. Dit is deur verskeie spesialisafrigters, van so ver as Pretoria, aangebied. Die

kursus het ons in staat gestel om leerders meer intensief af te rig.

LAINGSBURG TOP 10 - BYEENKOMS

Op 22 Oktober 2011 neem ons leerders aan die Laingsburg Top 10-Atletiekbyeenkoms deel. Die uitslae is soos

volg:

R van Zyl o.17 2de 100 m

R Africa o.17 4de VS

1ste 1500m

Dankie aan die volgende persone wat gedurende die afgelope jaar met die Hoërskool Atletiekafrigting gehelp

het: Stefanus Kotzé, Antoinette Nel, Trudie Blignaut, Francois van Zyl en Marius Brewis.

ATLETIEK: LAERSKOOL

Tydens ons jaarlikse Kleure-atletiekbyeenbyeenkoms het die volgende leerders in die Junior afdeling uitgeblink:

JJ Nel (Victor Ludorum) en Alika Steyn (Victrix Ludorum).

SWD-kleure is by ‘n byeenkoms in Oudtshoorn aan die volgende atlete toegeken: JJ Nel (verspring), TL Steyn

(spiesgooi), Llyle Metembo (100m) en Anke Steyn (skyfwerp). Hierna het hulle aan die Weskaap-byeenkoms in

die Paarl gaan deelneem.

Die volgende leerders het aan die Top 10-Atletiekbyeenkoms op Laingsburg deelgeneem en het die volgende

plekke verower:

TL Steyn 0/12 2de SG

J Tredoux 0/12 1ste GS

JJ Nel 0/13 1ste VS

2de SG

A Steyn 0/13 3de SW

Elf Grondslagfase-leerders het aan die Kleinspan-atletiekbyeenkoms op Heidelberg deelgeneem. Hulle het 7

silwer en 5 brons medaljes verower. HSL het die 2de plek uit 8 skole verower. Menwhill Kamfer (60 en 80m),

Alika Steyn (60m en hoogspring) en Dwayne Klink (verspring) het in November aan die Kannaland Buksie

Atletiekbyeenkoms op Oudtshoorn deelgeneem.

Baie geluk aan alle atlete - ons is trots op julle! Baie dankie aan elkeen wat by die atletiekafrigting betrokke was -

julle het aan die onderskeie atlete die geleentheid gebied om hul beste te lewer.

Baie dankie aan al die ouers wat met vervoer gehelp het.

Ons bou voort op die fondamente wat gelê is.

V.l.n.r TL Steyn, Anke Steyn, JJ Nel, Llyle Metembo

BERGFIETSREN: SEWEWEEKSPOORT

Die Seweweekspoort Bergfietsren het weer vir groot opwinding in ons dorp en omgewing gesorg. Ten spyte van

‘n nypende ekonomie het die inskrywings ons stoutste verwagtinge oortref. Daar was 878 deelnemers teenoor

900 in 2010. Ses leerders van die laerskool en 2 van die hoërskool het aan die 25 km-roete deelgeneem.

Ons skoolkermis word elke jaar saam met die bergfietsren gehou en maak deel uit van ons grootste

fondsinsamelingspoging. Daar het oudergewoonte ‘n feestelike atmosfeer by al die kosstalletjies en speletjies

geheers. Die skool het ongeveer R14 000,00 met die verkope ingesamel. Baie dankie aan al ons ouers vir

donasies en vir hulp tydens die fondsinsameling. ’n Baie spesiale woord van dank aan al die dames (ouers en

oud–onderwysers) wat met die pannekoek gehelp het. Mense wat só ‘n gesindheid teenoor ons skool openbaar,

is vir ons ‘n riem onder die hart.

Nogmaals baie dankie aan almal vir so ‘n grootse poging. Kom ons kyk of ons dit in 2012 tot selfs hoër hoogtes

kan voer.

GHOLF

Vanjaar was daar nie ‘n amptelike gholfspan nie, maar ‘n paar leerders het belangstelling getoon en saam met

hul ouers aan borgdae deelgeneem. Dit sal gaaf wees indien die skool volgende jaar ‘n spannetjie op die been

kan bring.

KRIEKET : LAERSKOOL

Ons het vanjaar werklik goeie vordering in krieket gemaak. Die feit dat baie min skole in ons omgewing krieket

as sportsoort aanbied, het egter nie ons entoesiasme gedemp nie. Ons speel steeds addisionele wedstryde

buite ons streek. Gedurende die eerste kwartaal moes ons tevrede wees met wedstryde teen Laerskool Van

Reede, Laerskool Volschenk asook Wynand’s Cricket Academy. Ongelukkig het ons al die wedstryde verloor,

hoewel party net-net was. Tans het ons in die o.11’s, sowel as o.13’s, ‘n baie goeie boulaanval. Kolfwerk kort wel

meer aandag en die nodige aggressie ontbreek nog in hierdie afdeling. Ons werk baie hard hieraan.

Na vele onderhandelinge, het ons streek vanjaar by Wynand’s Cricket Academy ingeskakel vir addisionele

afrigting in veldwerk en boulwerk. So het baie van ons spelers reeds deelgeneem aan twee “ses-aan-‘n-kantdae”

waar al die spelers elke keer drie wedstryde gespeel het. Hierdie nuwe formaat is met groot entoesiasme

verwelkom en geniet.

Drie o.11’s, Wernich Binedell, Joshua Willemse en Quiren Grispe, het aan die o.11 SWD-proewe deelgeneem,

terwyl Darren Muller gekies is om deel

te wees van die 0.13 SWD-Winterslypskool. Uit die o.10’s was Jay-Lee Willemse, Calver Frans en

Adian Januarie gekies om die o.10 SWD-Winterslypskool, te Oudtshoorn, by te woon. Dit was waardevolle

blootstelling vir al die seuns.

Gedurende die laaste kwartaal is nog wedstryde teen Towerkop Primêr en Hoërskool Heidelberg gespeel.

Almal het entoesiasties daarna uitgesien om al die nuwe vaardighede wat aangeleer is, toe te pas. Die tegniese

sy van krieket verg geweldig baie tyd en doelgerigte oefening.

Ons is veral baie trots op hierdie twee groepe seuns wat vanjaar gewys het dat hulle met goeie dissipline en

toewyding nie ‘n tree hoef terug te staan vir enige van die bogenoemde groter skole nie. Wel gedaan, seuns!

Baie dankie aan al die ouers wat met vervoer en ondersteuning langs die veld, krieket tot sy reg laat kom.

KRIEKET : HOËRSKOOL

Die krieketseisoen van 2010 / 2011 het baie goed begin. Die span was gemotiveerd en het goed presteer deur al

hul wedstryde te wen. Drie van ons sterkste spelers het ons skool verlaat en die span moes gevolglik weer

opgebou word. Al het ons die afgelope drie wedstryde verloor, toon die span baie

belofte. Met harde werk en baie oefening sal ons weer binnekort ‘n gerekende span wees.

Mnr. Hendry Fourie het ‘n krieket-afrigtingskursus bygewoon en is tans ‘n vlak 1-afrigter. Die skool is besig met

onderhandelinge met die oog op nuwe kleredrag vir die krieketspan. Hopelik sal dit die span tot groter hoogtes

motiveer.

MINI-KRIEKET

Mini-krieket is ‘n sagtebal-aktiwiteit waartydens seuns en dogters vir die eerste keer kennis maak met krieket.

Alle leerders vanaf graad R tot 3 ontvang afrigting wat deur Mevv. Jacobs, De Wit en Fourie behartig word. Dit

vind twee maal per week gedurende die somerkwartale plaas. Vanaf 2012 sal hierdie aktiwiteit ook aan

belangstellende dogters tot en met die ouderdom van 13 aangebied word. Gedurende die eerste kwartaal het

die o.9-spelers 2 wedstrydgeleenthede gehad, waarvan een

wedstryd mediadekking geniet het!

Die vierde kwartaal het, soos beloof, volop aksie en blootstelling vir die spelers gebied:

‘n Krieketfees op Oudtshoorn, ‘n Krieketdag op Heidelberg en ons eie Krieketdag, was geleenthede wat almal

baie geniet het. ‘n Groot dankie aan ons lojale ouers wat altyd bereid is om met die vervoer van ons spelers te

help.

Die betrokke onderwysers voer opwindende planne in die mou vir 2012.

NETBAL : LAERSKOOL

Die Intermediêre Fase het hierdie jaar met drie spanne gespog. Die jaar het met volwaardige proewe vir hierdie

ouderdomsgroep afgeskop. Die proewe was van ‘n hoë standaard en het ons geïnspireer om direk na afloop

daarvan vir die beplande netballigawedstryde te begin oefen.

Die o.11’s en o.12’s is deur mej. L. Swart afgerig en die o.13’s deur mev. L. Steyn. Mev. S. Oosthuizen het hier

as hulpafrigter opgetree. Die spanne het baie goed gevaar en elke netbalspeler het haar bes gelewer.

Die o.13-span was ons spogspan! Hulle het slegs by uitsondering wedstryde verloor. Hierdie span was ook een

van die min netbalspanne wat hul Interskole- wedstryd teen Albertinia gewen het. Ons visie vir volgende jaar is

om voort te bou op hierdie prestasies en om in elke opsig ons skool se leuse, Excelsior, te handhaaf!

V.l.n.r Mignon Dowries, Jo-Licé Binedell, Cara Steyn, Marcel Simpson, Jevoney

Jantjies, Alecia Lourens, Jamie-Lee Roodman en Nelmari Saayman

MINI-NETBAL

Grade R tot 2 het nie aan wedstryde deelgeneem nie, maar is balvaardig gemaak met die oog op die komende

seisoen. Een van die o.8-netbalspanne het

vanjaar een wedstryd gespeel. Dit was vir hulle ‘n goeie geleentheid om hul staal te wys. Die o.9-netbalspan het

sewe wedstryde gespeel. Hulle het dit terdeë geniet en elke wedstryd met hart en siel aangepak. Baie dankie

aan mevv. Anthea Jacobs en Ina de Wit wat met die Grondslagfase- netbal gemoeid was. Baie dankie aan al die

ouers wat deur hul entoesiastiese meelewing ons tydens wedstryde mooi ondersteun het en met die vervoer van

die spelers gehelp het.

NETBAL : HOËRSKOOL

o.18 op die aanval – Lainsburg Sportdag

Vanjaar was vol verrassings vir die o.14 tot o.18 spanne. In die eerste kwartaal het 3 van ons eerstespan-spelers

op Riversdal gaan deelneem aan uitdunproewe vir die Suid-Afrikaanse span wat in Singapoer sou gaan toer. Die

kompetisie was uiters straf en ongelukkig het nie een van ons dogters die finale span gehaal nie. Die

ondervinding om op hierdie vlak te speel, was van onskatbare waarde.

Aan die einde van April kon die ander spanne ook aan proewe deelneem. Drie van die o.14- en o.15-dogters,

Armo-Lee Bell, Terry-Ann Klink en Marlize Rosslee, het gaan deelneem. Ook hier was dit ‘n taai stryd. Uit die

o.13-groep het Anke Steyn en Mi-Landrea Jafta deurgedring tot by die SWD-uitdunne. Mi-Landrea het die SWDspan

gehaal wat in Worcester gaan deelneem het. Daar het hulle plekke uitgespook vir die Wes-Kaap span.

Dankie dat julle die skool se naam hoog gehou het, meisies!

Die o.18’s het vanjaar tydens die Sportdag op Laingsburg die sertifikaat vir die beste doelgemiddeld per span

verwerf. Die O.16’s het moedig probeer. Dankie vir julle mooi gesindheid en toewyding tydens oefeninge. Die

o.14’s het hierdie seisoen onoorwonne uit die stryd getree.

Baie dankie aan Lana wat die eerste 2 spanne vir die Laingsburg Sportdag en die Interskole afgerig het. Dankie

aan juf. Linda Radyn wat die reëlings vir die nuwe klere getref het, asook aan die ouers wat die klere geborg het.

RUGBY : LAERSKOOL

Aan die begin van die tweede kwartaal het dit maar gelol om Kannaland Laerskole se geskeduleerde wedstryde

afgehandel te kry. Die spelrooster het laat verskyn en gevolglik was van die skole nie gereed vir die eerste

wedstryd nie. Gelukkig het die situasie verbeter namate die seisoen verloop het. Die o.11-span het vanjaar

grotendeels uit o.10’s bestaan. Hulle het onder die leierskap van JJ vd Vyver beslis hul kant gebring en met elke

wedstryd net hul beste gelewer. Die o.11- uitslae is as volg:

Skool Plek Uitslag

Gamka- Oos Calitzdorp Verloor

Excelsior Tuis Wen

HS

Calitzdorp

Tuis Wen

Amalienstein Zoar Verloor

Towerkop Tuis Verloor

Albertinia Albertinia Gelykop

Buiten die ligawedstryde het die span ook aan twee Sportdae deelgeneem, nl. dié van Heidelberg en Oakdale.

o/9-span

Dit was ‘n harde seisoen en elke o.11-speler kan trots voel op sy aandeel wat

tot die span se sukses bygedra het. Dit was voorwaar ‘n voorreg om hul afrigter

te wees. Baie dankie aan al die ouers en mede-leerders vir hul ondersteuning

gedurende die seisoen.

Die o.9-span was vanjaar die mees suksesvolle span in die Laerskool met slegs

een verloorwedstryd. Dit word ook weerspieël in die uitslae van die Junior

Sportdag waar hulle as o.9-wenspan aangewys is. Hulle was die enigste

rugbyspan wat hul Interskole- wedstryd oortuigend gewen het.

o/7-spelers

Die paar o.8’s het saam met die o.7’s gespeel in die enkele wedstryde wat deur die skool gereël kon word. Skole

is telkens uitgenooi, maar het nooit sover gekom om ‘n o.7-span te stuur of ons te akkommodeer nie. Die

ulletjies kon darem vier wedstryde speel, nl. op die Heidelberg Sportdag, HSL Sportdag en ‘n laaste wedstryd

teen Towerkop. In 2012 beoog ons om meer toerusting vir die Juniors aan te skaf wat terselfdertyd die afrigters

se taak sal vergemaklik.

Baie dankie aan oom Piet en Francois Oosthuizen wat baie moeite met hierdie opkomende sterre gedoen het.

RUGBY : HOËRSKOOL

Na die 2010 Interskole is daar met groot verwagting na die 2011 Rugbyseisoen uitgesien. Daar is dan ook

onmiddellik beplan dat ons in 2011 in die Hessequastreek sou deelneem. Dit sou beteken dat ons 0.18- en 0.15spanne

‘n minimum van 8 ligawedstryde kry, teenoor die 1 of 2 van die vorige jare in die Kannalandstreek.

Ongelukkig het die entoesiasme gou verflou as gevolg van die volgende faktore:

• ‘n Paar goeie spelers het die skool verlaat.

• Die rugbyspelers wat oorgebly het, het nie dieselfde verantwoordelikheid, trots en toegewydheid t.o.v. rugby

openbaar nie.

• Rugbyoefeninge is baie swak bygewoon - in die afgelope seisoen was daar nie een dag waarop albei

volledige spanne kon oefen nie. Hoe kan ‘n afrigter sy wedstrydbeplanning, hardlooplyne en

verdedigingspatrone oefen as spelers nie toegewyd is nie?

Die 0.15- en 0.18- spanne het desnieteenstaande bogenoemde probleme al hulle liga-verpligtinge in Kannaland

en die Hessequastreek nagekom, al moes ons van geleende spelers gebruik maak.

‘n Baie geslaagde sportdag is teen die Hoërskool Heidelberg gehou. Die uitslae was as volg:

• 0.15 verloor 7 – 5

• 0.18 speel gelykop 10 elk

Interskole te Albertinia

Die interskole is deur ‘n groot getal leerders van HSL bygewoon. Baie dankie aan almal wat gehelp motiveer het.

Die uitstappie het die skool ‘n paar duisend rand uit die sak gejaag. Ongelukkig kon ons nie dieselfde sukses

van die vorige jaar herhaal nie en albei rugbyspanne is deur Albertinia oorskadu. Baie geluk Albertinia.

Wat ons hieruit geleer het, is dat leerders toegewyd, begeesterd en trots daarop moet wees om vir hul skool deel

te neem.

Baie dankie aan ons skool se eie Noodhulpspan – julle was puik.

‘n Woord van spesiale dank aan Johan Watkins (oudleerling) wat hulp verleen het met die afrigting. Die

oorgrote meerderheid van ons leerders is volgende jaar 0.16. Ons moet weer in Hessequa meeding, want dit

gee ons baie wedstryde vir die 0.15- en 0.16-span. Ons behoort dus na twee of drie jaar die vrugte van hierdie

beplanning te pluk. Ouers, moedig asb. u kinders aan om sportoefeninge by te woon.

Rugbyfilosofie

Ten einde sukses in rugby te behaal, sal ons na ons rugbyfilosofie moet kyk:

• Rugby moet die middel wees om die skool en gemeenskap saam te snoer.

• Die belangrikheid van gesonde deelname en betrokkenheid van al ons leerders, moet alreeds by die laer

spanne aandag geniet.

• Fokus eerder op die genot van die spel en toegewydheid, as op die wenmotief.

• Blootstelling aan sterker opponente, sportdae en toernooie sal belangstelling in die sport aanwakker.

• Beklemtoon verantwoordelikheid en dissipline en skep ’n besondere band tussen spelers en afrigters.

• Wen moet nooit so belangrik wees dat sportmanskap, sportetiek en vriendskappe tussen skole in gedrang

kom nie.

• Aanmoediging en opmerkings langs die veld moet opboudend van aard wees.

‘n Gesonde liggaam huisves ‘n gesonde gees.

TENNIS : BEGINNERS

Vanjaar het 13 ywerige Graad 3 tot 5 seuns en dogters met tennis begin. Dit is ‘n groot sprong om van minitennis

na die volwaardige sportsoort oor te skakel en daarom het hulle intensiewe aandag nodig. Hulle het deur

middel van twee oefeninge per week die nodige vaardighede en tegnieke begin aanleer. Die spelers het

ongelukkig geen wedstryde gespeel nie, maar het elke oefening terdeë geniet en mooi ontwikkel. Hopelik sal ‘n

paar van die spelers in 2012 begin uitblink en wys dat die harde werk en toewyding van 2011 vrugte afwerp. Mej

Lize-Marie Swart het die woelige tennisspelers in toom gehou, terwyl mnr Hennie van Zyl hulle met sy

uitsonderlike tennisvaardighede touwys gemaak het. Baie dankie vir die tyd wat hy in ons spannetjie se

ontwikkeling belê het.

V.l.n.r.: Brandon Diniz, Jay-Lee Willemse, Fanie Vermeulen, Josua Willemse, Natie Lötter, Calver Frans en Alika Steyn

TENNIS: HOËRSKOOL

Tennis het oor die afgelope klompie jare stelselmatig uit die Kannaland kluster verdwyn – belangstelling in die

sport het as gevolg daarvan getaan en amper opgedroog! Die fondament van basiese vaardighede moes dus

van vooraf gelê word – dit was ons fokus die afgelope drie jaar lank.

Ons bedank graag mnr Hennie Van Zyl, wat die laerskool vanjaar onder sy vlerk geneem het, asook me Jo-Dene

Crafford (Hoërskool, 2010) en mnr Stephanus Kotzé (Hoërskool, 2009-2010) vir hulle bystand tydens die

opboufase.

Ons is vroeër vanjaar deur mnr André de Beer, ’n professionele tennisafrigter, in verband met ’n moontlike

tenniskliniek gekontak. Dit is die eerste keer in baie jare dat ’n afrigter ’n bekostigbare pakket aanbied.

Omstandighede buite die skool se beheer het egter daartoe gelei dat die kliniek uitgestel is. Ons poog egter om

die kliniek vroeg in 2012 van stapel te stuur.

Wat mededinging betref, is die fokus na skole binne die Hessequa-area verplaas.

’n Gekombineerde Hoërskool- en Laerskoolspan het onlangs teen ’n sterk span van Heidelberg gespeel. Die

Heidelberg-span ontvang gereeld professionele afrigting en bestaan grootliks uit SWD-spelers. Vroeër vanjaar

het hulle ons effe gestoomroller – dit was egter nie hierdie keer die geval nie. Die finale telling was as volg:

Heidelberg 28 potte, Ladismith 26.

Die dubbels was grootliks gelykop. Wat die individuele wedstryde betref, die volgende uitslae: Ju-André Jordaan

(5-4) en TL Steyn (8-1) klop hul teenstanders. JJ Nel verloor net-net met 4-5 en Anke Steyn buig met 3-6 die

knie. Die wedstryde het onder moeilike omstandighede plaasgevind aangesien ’n stormsterk wind sake ontwrig

het. Hierdie span beskik egter oor die rare kombinasie van talent, veggees en goeie sportmanskap. Ons is baie

trots op hulle!

Ju-André Jordaan toon groot potensiaal – hy het ’n natuurlike aanvoeling vir balplasing. Vanweë sy natuurlike

talent, kragtige voorarm asook werketiek, is TL Steyn vanjaar in die Hoërskoolspan opgeneem. Voorwaar ’n

besondere prestasie as in ag geneem word dat hierdie jongman vanjaar slegs in Graad 6 is! Anke Steyn se

algemene taktiese spel, asook afslane, het met rasse skrede verbeter terwyl JJ Nel veel meer krag,

akkuraatheid asook aggressie begin toon.

By die jaarlikse prysuitdeling is die volgende leerders vereer:

JJ Nel: Beste Senior Seunspeler

Anke Steyn: Beste Senior Damespeler

TL Steyn: Beste Junior Speler

V.l.n.r.: Anke Steyn, JJ Nel en TL Steyn

Baie dankie aan almal wat getrou kom oefen. Julle volgehoue harde werk is die fondament vir toekomstige

sukses.

TROMPOPPIES

Die doel van die Trompoppies is om die dogters se verantwoordelikheidsin, konsentrasie, netheid, trots,

getrouheid en spanwerk te ontwikkel. Hulle leer dat sukses van baie harde werk afhang en ontwikkel

terselfdertyd ‘n goeie postuur.

Altesaam 19 dogters, van Graad 1 tot 3, het hierdie jaar deel gevorm van ons Junior Trompoppiespan. Die span

moes noodgedwonge gebruikmaak van 3 Graad R-dogtertjies. Ons kan met trots sê dat die vierde jaar

weereens baie suksesvol verloop het en dat elkeen haar deel gedoen het om die naam van ons skool uit te dra.

Die trompoppies het by vier geleenthede opgetree, naamlik: die Ladismith Eko-fees, Hoërskool Ladismith se

Sportdag, die NG Kerkfees en by ‘n 10-jaar Reünie van oudskoliere. By elke optrede het hierdie kleine mensies

hulle uitstekend van hul taak gekwyt! Baie dankie aan Stephanus Kotze wat ons musiek-cd gesny het en Jean

Dekker wat

gesorg het vir die musiek tydens optredes. Sonder hierdie twee manne was ons verlore! Dankie ook aan al die

fotograwe en Charl Jacobs vir die video-opnames. Mej. Lize-Mari Swart het die tweede groep van 20 dogters,

Graad 4-7, hierdie jaar grotendeels alleen hanteer, soms onder moeilike omstandighede. As gevolg van

sportverpligtinge en ander faktore kon hulle slegs tydens die Mini-Atletiekbyeenkoms en die 2001-Reünie optree.

Hoërskool Ladismith spog tans met twee Trompoppiespanne! Hul visie is om hard te werk sodat hulle in die

toekoms by meer geleenthede kan optree om sodoende groter blootstelling te kry. Die Junior Primêre-groep

gaan poog om ‘n nuwe uniform te laat ontwerp. Hou hulle dus dop!

Jun Primêre Groep

Baie dankie aan elke ouer vir al die geduld en opofferings tydens oefentye en optredes! Ook ‘n groot dankie aan

mev. M Whitaker vir haar bystand.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!