05.05.2013 Views

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

HOËRSKOOL NETBAL

Die netbalseisoen het met volwaardige proewe begin om die spanne vir die seisoen uit te sorteer. Die

keurders was mevv. Radyn en Dawes. Die hoërskool het 4 spanne gehad, nl. 0.14, 0.15, ‘n 1ste en 2de

span.

Na afloop hiervan is daar volstoom op Dinsdag- en Donderdagmiddae begin oefen.

Mev. Lisa Steyn het die 0.14- en 0.15-spanne afgerig.

Mev. Danél Dawes het hoofsaaklik die 1ste en 2de Netbalspanne afgerig.

Die 0.14- en 0.15-spelers het die meeste wedstryde gespeel, aangesien die meeste skole in ons Kluster

net 0.14- en 0.15-spanne het. Daar is egter vir die eerste- en tweede spanne wedstryde teen Ladismith

Sekondêr, Hoërskool Calitzdorp en Langenhoven op Riversdal gereël.

Die netbalspelers het ook twee sportdae bygewoon, nl. by:

• Hoërskool Heidelberg

• Amalienstein Primêr

Hulle het hier teen verskeie ander skole deelgeneem.

Al het die netbalspelers gemengde welslae behaal, het hul die deelname terdeë geniet.

Twee van ons leerders, Kealen Fortuin en Mi-Landrea Jafta, is by die streekproewe op Riversdal gekies

om aan die SWD-proewe deel te neem.

Op Vrydag 13 April is ‘n Netbalkursus deur Lynette Gerber aangebied. Agtien volwassenes, wat lede

van die personeel en ouers ingesluit het, het die kursus bygewoon. Veertien van ons netbalspelers is

gebruik om die tegnieke te demonstreer.

Ons wil graag vir mev. Aletta Theron vir haar hulp as skeidsregter bedank.

Ons moes met leedwese verneem van die afsterwe van Danél Dawes. Sy het ons dogters geïnspireer

om altyd hul bes te lewer. Sy laat ‘n groot leemte agter en ons sal haar beslis in die 2013 seisoen mis.

LAERSKOOL NETBAL

Die Intermediêre Fase het hierdie jaar met drie spanne gespog en 2012 het gevolglik met proewe vir

hierdie ouderdomsgroep afgeskop. Die proewe het afrigters en spelers geïnspireer om direk na afloop

daarvan vir die beplande netballiga-wedstryde te begin oefen.

Die 0.11’s, 0.12’s en 0.13’s is gesamentlik deur mevv. L. Radyn, S. Oosthuizen en L. Butrymowics

afgerig. Die spanne het baie goed gevaar en elke netbalspeler het haar bes gelewer. Die 0.13-span was

ons spogspan. Baie dankie aan tannie Lettie wat elke oefensessie teenwoordig was.

Ons is besonder trots op die volgende twee leerders: Alika Steyn is 0.10 maar sy het aan die 0.12proewe

deelgeneem en tot by die tweede rondte gevorder. Sy verdien half erekleure vir hierdie

besondere prestasie en ontvang ook die Aletta Theron wisseltrofee vir beste vordering in laerskool

netbal. Cara Steyn verdien ook uitsondering vir haar briljante spel. Alhoewel sy slegs 0.13 is, het sy vir

die skool se eerste netbalspan gespeel. Dis die eerste keer in Hoërskool Ladismith se

netbalgeskiedenis dat hierdie uitsonderlike prestasie behaal word.

Ons netbalseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wedstryd tussen dames uit die gemeenskap en

die onderwysers. Van die manspersoneel wat gespeel het, het ons stoutste verwagtinge oortref! Meneer

Walters het as een van die skeidsregters opgetree. Die volgende dag het die onderwysers teen die

eerste netbalspan gespeel, en, nodeloos om te sê, kon die ou bene dit nie hou nie.

Ons visie vir volgende jaar is om voort te bou op hierdie prestasies en om in elke opsig ons skool se

leuse, Excelsior, te handhaaf.

MINI-NETBAL

Grade R en 1 het aan slegs twee wedstryde deelgeneem. Die O.8-span het elke wedstryd met groot

entoesiasme benader, alhoewel hul nie altyd as wenners uit die stryd getree het nie. In die O.8-span is

Jennie-Lee Whitaker as die beste speler aangewys en Micheala Lottering as die speler wat die beste

vordering getoon het.

Vanjaar was die O.9-span regtig iets om op trots te wees en het weinig van hul wedstryde verloor. Hulle

het hul harte uitgespeel en hul beste met elke wedstryd gegee. In die O.9-span is Patricia Farao as die

beste speler aangewys en Anjah Bell as die speler wat die beste vordering getoon het. Hul sukses is te

danke aan getroue bywoning van oefeninge – dankie, outjies!

Dankie aan mej. LM Swart en mevv. A Jacobs en I de Wit vir die afrigting. Baie dankie aan alle ouers

wat langs die veld ondersteun en met die vervoer gehelp het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!