05.05.2013 Views

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

HOËRSKOOL NETBAL - Hoërskool Ladismith

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Ons netbalseisoen het op ‘n hoë noot afgesluit met ‘n wedstryd tussen dames uit die gemeenskap en

die onderwysers. Van die manspersoneel wat gespeel het, het ons stoutste verwagtinge oortref! Meneer

Walters het as een van die skeidsregters opgetree. Die volgende dag het die onderwysers teen die

eerste netbalspan gespeel, en, nodeloos om te sê, kon die ou bene dit nie hou nie.

Ons visie vir volgende jaar is om voort te bou op hierdie prestasies en om in elke opsig ons skool se

leuse, Excelsior, te handhaaf.

MINI-NETBAL

Grade R en 1 het aan slegs twee wedstryde deelgeneem. Die O.8-span het elke wedstryd met groot

entoesiasme benader, alhoewel hul nie altyd as wenners uit die stryd getree het nie. In die O.8-span is

Jennie-Lee Whitaker as die beste speler aangewys en Micheala Lottering as die speler wat die beste

vordering getoon het.

Vanjaar was die O.9-span regtig iets om op trots te wees en het weinig van hul wedstryde verloor. Hulle

het hul harte uitgespeel en hul beste met elke wedstryd gegee. In die O.9-span is Patricia Farao as die

beste speler aangewys en Anjah Bell as die speler wat die beste vordering getoon het. Hul sukses is te

danke aan getroue bywoning van oefeninge – dankie, outjies!

Dankie aan mej. LM Swart en mevv. A Jacobs en I de Wit vir die afrigting. Baie dankie aan alle ouers

wat langs die veld ondersteun en met die vervoer gehelp het.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!