02.05.2013 Views

Lees meer - ATKV

Lees meer - ATKV

Lees meer - ATKV

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Spesiale aanbod vir ATKV-lede: sluit aan by PRAAG se ebiblioteek

Enkele maande gelede het PRAAG die boekpryse vir die Laventelbossie-tak se

opstelwedstryd aan die Wesrand geborg. Onder andere het die graad-7-wenner 'n Prestigio

e-leser ontvang.

Die ATKV doen wonderlike werk om Afrikaans te bevorder en LAPA se kinderboeke en

gewilde fiksie verkoop soos soetkoek. Iemand moet egter in Afrikaans die hele

eboekrevolusie lei en daarom het PRAAG dié tegniese en literêre uitdaging aangeneem.

Ons ervaring met webwerwe het ons in staat gestel om ook eboeke met groot sukses vir

Afrikaanse lesers aanlyn beskikbaar te stel.

Pleks van eboeke te hoef te koop, kan lesers hulle nou net soos 'n gewone biblioteekboek

by http://www.praag.org.za/ uitneem.

Spesiale aanbod aan alle ATKV-lede: u kan teen slegs R30 per maand by PRAAG se

ebiblioteek, Klub digiTAAL, aansluit. Vul die vormpie in by digitaal.org.za of stuur 'n epos

aan inlig@praag.org. Daarmee kan u 'n onbeperkte aantal eboeke uitneem, en dra u ook by

tot die skepping van nuwe Afrikaanse eboeke.

Soos gedrukte koerante en tydskrifte is die tradisionele boek 'n duur item om te vervaardig

en te versprei. Hierteenoor bied eboeke 'n goedkoop en vinnige manier om leesstof aan

mense waar ook al ter wêreld via die internet beskikbaar te maak.

Hoewel eboeke goedkoper as tradisionele boeke is, kan so 'n reuseversameling eboeke

egter miljoene rande kos om aan te koop.

Dis hier waar PRAAG met die briljante idee vorendag gekom het om 'n ebiblioteek op te rig.

Die ebiblioteek by praag.org.za werk net soos 'n aanlynwinkel om eboeke te koop, behalwe

dat 'n mens "betaal" deur die opsie "klub digitaal" pleks van 'n kredietkaart of ander

betaalmetode te kies. Die Amerikaanse reus Amazon.com wat die markleier met eboeke is,

beskik oor 'n soortgelyke stelsel waar sekere ouer boeke gratis "gekoop" kan word of meer

onlangse boeke geleen kan word.

Tradisionele boeke beskik gewis oor 'n onnabootsbare sjarme. Wie het nie 'n paar mooi

leergebonde eksemplare van klassieke werke in sy versameling nie? Of ou Afrikaanse

boeke uit die veertiger- en vyftigerjare wat keurig met linne oorgetrek en op goeie, duursame

papier gedruk is?

Hoewel digitaal en byna onpersoonlik soos net nog 'n epos wat in jou inkassie beland, is 'n

eboek egter steeds volwaardig boek.

Trouens, dit is amper iets wat ons by PRAAG as 'n roeping beskou: dat die begrip "boek"

behoue moet bly. Amazon en enkele plaaslike Engelse nabootsers het reeds begin om

korter eboeke wat iewers tussen 5000 en 30 000 woorde lank is as 'n sogenaamde "single"

of enkelsnit te bemark. Hierdeur word die integriteit van die boek egter aangetas.

Boeke bestaan reeds sedert die vroegste tye in die Westerse kultuur. Ons lees nou nog

boeke wat 400 of 500 jaar voor Christus geskryf is. Dink maar aan die Bybel of die

beroemde epiese gedigte van Homerus, die Ilias en die Odusseia. Terloops is albei in die

1950s uitstekend in Afrikaans vertaal.

Die gevaar bestaan egter dat die boek as 'n eenheid en as 'n werk - 'n opus soos dit in Latyn

heet - deur die nuwe tegnologie verdring mag word. Daarom verg eboeke steeds dieselfde

liefde en aandag in hul skepping en voorbereiding as papierboeke. 'n Mens kan dadelik sien

as 'n boek afgeskeep of amateuragtig saamgeflans is. Dit was so in die tyd van papierboeke

en dit is tans steeds die geval.

Die voorblad, tipografie, afwerking, struktuur en lengte van 'n eboek is daarom steeds

bepalend vir sy status as "boek" en selfs as literêre werk.

Kan 'n mens 'n eboek op jou rekenaar lees? Uiteraard is dit die maklikste en goedkoopste

uitweg met die verskeidenheid gratis programme wat beskikbaar is, maar die gerief van 'n

boek is juis dat jy dit oral kan saamdra en op die rusbank, in die bed, in die trein of op die

vliegtuig kan lees. Daarvoor is 'n eleser soos 'n Kindle of Prestigio, wat albei op praag.org.za

te koop is, baie nuttig. Of natuurlik 'n tablet, maar wat effens groter en swaarder as die

eleser is. Veral elesers van die e-ink-tipe in swart en wit, is baie gemaklik op die oë, net soos

'n papierboek.

Die meeste slimfone kan ook as elesers dien, maar die kleiner skerm bemoeilik weer die

leesaksie.

Persoonlik besit ek 'n Prestigio-tabletrekenaar en 'n Kindle waarop ek ten minste 'n paar

boeke elke week lees. Soms skrik ek in die nag wakker en tas na die tablet. Met die skerm

dowwer gestel, kan ek heerlik sommer op my sy verder in die donker lees aan die verhaal

waarmee ek besig is. Om om te blaai, verg net 'n ligte tikkie van my voorvinger.

Terwyl die kenmerkende geur van papier, ink ek stof nie deur die eboek oorgedra word nie,

beskik hy oor heelwat ander voordele. Soos om jou boek te mag annoteer, of vreemde

woorde onmiddellik met 'n ingeboude woordeboek te kan opsoek deur eenvoudig jou vinger

op die woord te druk. Veral as 'n mens boeke in vreemde tale soos Italiaans, Frans of Duits

lees, kan dit nogal nuttig wees!

En weg is daardie afstof en regpak. Nou kan jy al jou boeke netjies op jou rekenaar of eleser

organiseer en presies weet watter boeke jy in jou besit het en watter nie. As jy skielik moet

trek, dan hoef jy nie 'n ekstra vragmotor te huur net om jou boekversameling te vervoer nie,

maar dra jy dit sommer in jou sak saam.

Die boek is dood; lank lewe die boek!

Dr. Dan Roodt

Direkteur, PRAAG

Posbus 3103

Dainfern

2055 Suid-Afrika

dan@praag.org

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!