13.05.2013 Views

PROSA SKRYFKOMPETISIE VIR NUWE SKRYWERS 2011 ... - ATKV

PROSA SKRYFKOMPETISIE VIR NUWE SKRYWERS 2011 ... - ATKV

PROSA SKRYFKOMPETISIE VIR NUWE SKRYWERS 2011 ... - ATKV

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DOEL

1

PROSA SKRYFKOMPETISIE VIR NUWE SKRYWERS 2011

aangebied deur

ATKV-AKSIE & WOORDVREUGDE

Om met behulp van ‘n kompetisie die geleentheid te bied aan Beginnerskrywers in die skryf van

Prosa.

KATEGORIË

Kategorie 1

• Kortverhale, Essays & Sketse deur jongmense onder die ouderdom van 18 jaar.

Kategorie 2

• Kortverhale, Essays & Sketse deur volwassenes. (LW Dui asseblief op die inskryfvorm aan

of u ‘n Afrikaanse Moedertaalspreker of ‘n Nie-Afrikaanse Moedertaalspreker is.)

TEMAS

Kies een (1) uit die volgende vyf (5) as tema van u Prosa skryfstuk:

• Wraak

• Verbode Liefde

• Ontsnapping

• Riller

• Spekskiet

NB Onderwerpe wat polities, godsdienstig en geslag- of ras diskriminerend van aard is, moet met

baie goeie oorleg en sensitiwiteit hanteer word.

PRYSE

Pryse sal in tyd aangekondig word en sluit onder andere die bywoning van die 2012 Herfskool te

Potchefstroom, korrespondensie skryfkursus, skryfwerkswinkel en boekpryse in.

REËLS

1. Maak seker dat u presies weet wat van u verwag word omtrent die reëls van hierdie

kompetisie aangesien inskrywings gediskwalifiseer sal moet word sou die reëls van

hierdie kompetisie nie noukeurig nagekom word nie.

2. Alle deelnemers ouer as 19 jaar moet aan die volwasse katergorië deelneem.

3. Die inskrywing moet in AFRIKAANS wees. Alle taliges mag deelneem, maar

inskrywings moet in Afrikaans geskied.

4. Die lengte van die skryfstukke kan enige aantal woorde wees maar mag nie die

maksimum van 3 000 (Drie duisend) woorde oorskry nie

5. Die inskrywing moet die eie oorspronklike werk van die outeur wees en elke outeur mag

net een verhaal per tema instuur. STUUR TIEN (10) AFSKRIFTE VAN DIE VERHAAL

SAAM.

6. Elke inskrywing moet vergesel wees van ’n inskrywingsvorm en tjek ter waarde van

R80.00 (tagtig Rand), uitgemaak aan die ATKV Aksie & Woordvreugde.

Direkte of internet inbetalings kan gemaak word. Rekeningbesonderhede: Naam

van rekening: ATKV Aksie & Woordvreugde, Bank: Eerste Nasionale Bank, Takkode

251045, Tipe rekening: Besigheids tjekrekening, Rekeningnommer: 62239018858. ’n

2

Afskrif van die inbetaalstrokie of die internet inbetaling moet u inskrywing

vergesel. Ongelukkig kan geen posorders ontvang word nie.

7. ’n Gefrankeerde koevert, GROOT GENOEG VIR U MANUSKRIP, moet saam

gestuur word. Skryf asseblief u eie adres voor op en die titel van die verhaal met

potlood agter op. Maak seker die posgeld is genoeg en maak voorsiening vir

moontlike prysstygings in posgeld. Indien u meer as een verhaal inskryf, MOET u ’n

aparte koevert vir elke inskrywing insluit. U kommentaar en afskrifte word in hierdie

koevert(e) aan u teruggestuur. Die ATKV Aksie & Woordvreugde kan nie vir verlore

posstukke verantwoordelik gehou word nie.

8. Die skrywer se naam mag slegs op die inskrywingsvorm verskyn en nie op die tien (10)

afskrifte van die verhaal self nie. Onthou: Dit word anoniem aan die keurders

voorgelê.

9. Verhale moet in dubbelspasiëring en in ’n leesbare lettertipe van minstens 12 ptgrootte

getik word. ’n Eenvoudige lettertipe soos ‘arial’ of ‘times new roman’ word

aanbeveel. Geen handgeskrewe inskrywings word aanvaar nie. Verhale mag

ongelukkig ook nie elektronies voorgelê word nie.

10. Slegs persone wat voldoen aan die bepalings van ‘n Beginnerskrywer mag aan die

kompetisie deelneem. Iemand wat alreeds by ’n erkende uitgewer (Lapa, Human en

Rossouw, ens.) gepubliseer het, mag nie aan die kompetisie deelneem nie. Ook nie

gevestigde skrywers wat al bekend geraak het vir verhale in kommersiële tydskrifte nie.

11. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag, 04 Maart 2011. Geen laat inskrywings sal

nie aanvaar word nie.

12. Pos inskrywings aan:

ATKV AKSIE & WOORDVREUGDE

Posbus 31291

Wonderboompoort

0033

Geen inskrywings mag direk aan enige van die organiseerders oorhandig word nie. Die

organiseerders kan ook nie verantwoordelik gehou word vir inskrywings wat verlore

raak nie.

13. Navrae:

Telefoniese navrae: Soekie Nel 084 208 5105 of Kleintjie van Zyl (012) 361 2314.

Navrae per faks: 086 691 3253.

14. Die inskrywings word aan onafhanklike beoordelaars voorgelê, nadat ’n paneel ’n

kortlys van die bestes saamgestel het. Elke beoordelaar het sy eie unieke manier van

beoordeel, maar u sal terugvoering ontvang. LW: U werk word anoniem aan die

beoordelaars en paneel voorgelê. Hy/sy gaan nie weet wie die skrywer is nie.

15. Die beoordelaars en/of organiseerders behou die reg voor om sommige of al die pryse

nie toe te ken nie, sou die standaard van die inskrywings dit nie regverdig nie.

16. Die tydperk vir beoordeling word bepaal deur die aantal inskrywings wat ontvang word.

Daar word gepoog om die finaliste skriftelik teen einde Junie/Julie 2011 in kennis te stel

en ‘n geselligheid waartydens die wenners aangekondig word gedurende

Julie/Augustus 2011 te hou.

ONS SIEN UIT NA U INSKRYWING(S).

GENIET U SKRYFWERK!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!